Skip to content
Practical assessment task

Mechanical Technology PAT GRADE 10 2016 Afr

Grade 10 Mechanical Technology practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 41 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Mechanical TechnologyGrade 10201641 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com MEGANIESE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GRAAD 10 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 41 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 2 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. ONDERWYSERRIGLYNE 4 2.1 Administrasie van die PAT 4 2.2 Assessering van die PAT 4 2.3 Moderering van die PAT 4 3. LEERDERRIGLYNE 5 4. GENERIESE INHOUD 6–15 5. PAS-EN-MASJINERING – SPESIFIEKE INHOUD 16–20 6. MOTOR – SPESIFIEKE INHOUD 21–27 7. SWEIS- EN METAALWERK – SPESIFIEKE INHOUD 28–38 8. AFWESIGHEID EN TAKE NIE INGELEWER NIE 39 9. TYDSKEDULE 39 10. VERKLARING VAN EGTHEID 40 11. GEVOLGTREKKING 41 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 3 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 1. INLEIDING Die 16 Nasionale Kurrikulumverklaring-Vakke wat 'n praktiese komponent insluit, bevat almal 'n Praktiese Assesseringstaak (PAT). Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landbou-Bestuurswetenskap, Landbou-Tegnologie  KUNS: Dans, Ontwerp, Drama, Musiek, Kuns  MBW: Lewensoriëntering  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie  DIENSTE: Verbruikerswetenskap, Gasvryheidstudie, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, MEGANIESE TEGNOLOGIE en Ingenieursgrafika en Ontwerp. 'n PAT stel die onderwyser in staat om direk en stelselmatig toegepaste vaardigheid waar te neem. Die PAT bestaan uit die toepassing/uitvoer van die kennis, vaardighede en waardes war spesifiek aan daardie vak is en tel 25% (d.i. 100 punte) van die totale promosie-/sertifiseringspunt uit 400 vir daardie vak. Die PAT word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Enige professie vereis dat sy lede grondige kennis in beide teorie en praktyk moet hê, Meganiese Tegnologie is geen uitsondering nie. Daar word beklemtoon dat die doel van die praktiese assesseringstaak nie is om opgeleide ambagsmanne op te lewer nie, maar 'n Meganiese Tegnologie-leerder in die breedste sin. 'n Nasie se ware rykdom lê in sy mannekrag en die doel van onderwys/opleiding moet dan wees om die talente van leerders te ontwikkel sodat hulle 'n bydrae tot die welstand van die gemeenskap kan maak deur wetenskaplike en tegnologiese hulpbronne met die grootste effektiwiteit te gebruik en voortgaan om dit te ontwikkel. Om 'n Meganiese Tegnologie-leerder vir een of meer van hierdie aktiwiteite voor te berei, moet sy/haar opleiding die volgende ontwikkel/kweek: • 'n Ingesteldheid/Houding waar die leerder selektief idees kan verwerk, bewyse en feite kan insamel, logiese afleidings kan maak en dit met kreatiwiteit en verbeelding op goeie wyse kan gebruik • 'n Vermoë om idees en inligting duidelik deur middel van spraak, skryf en tekeninge weer te gee • 'n Bereidwilligheid en vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar en uit te voer, om besluite te maak en om deur ervaring te leer Hierdie eienskappe kan nie alles in die klaskamer bereik word nie. 'n Grondige kennis van ingenieurswetenskap is noodsaaklik vir die MEGANIESE TEGNOLOGIE-leerder met die vereiste praktiese kennistoepassingsvermoë vir die nodige prosesse. Daar is nie 'n plaasvervanger vir die praktiese werk wat in 'n werkswinkel gedoen word nie en die fokus moet dan wees om die teorie en die praktyk in lyn te bring. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 4 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Praktiese toepassing in die werkwinkel moet derhalwe 'n interessante en 'n uitdagende ondervinding wees wat die leerder fisies en intellektueel uitdaag. Die leerders moet hul inisiatief, nuuskierigheid en volhoubaarheid ten toon stel. Leer deur toe te kyk, moet beperk word. Om leerders 'n mate van verantwoordelikheid tydens praktiese toepassing te gee, is baie belangrik as 'n prikkel en om selfvertroue te kweek. 2. ONDERWYSERRIGLYNE 2.1 Administrasie van die PAT Onderwysers word versoek om kopieë van die verskillende fases en die assesseringskriteria van die PAT te maak. Hierdie dokumente moet aan die begin van die jaar aan die leerders uit te deel. Die praktiese assesseringstaak vir graad 10 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern geassesseer. Onderwysers moet teikendatums vir die verskillende fases van die PAT aanheg (verwys na die KABV-dokument) Op hierdie manier kan die leerders hul eie vordering maklik assesseer. Wanneer formele assessering plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om dit te administreer. Die PAT (alle fases) moet binne die eerste drie kwartale afgehandel word. Die PAT moet onder gekontroleerde omstandighede afgehandel word (verwys na die Meganiese Tegnologie KABV Graad 10–12). 2.2 Assessering van die PAT Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is benodig om die leerder te ondersteun en te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering moet toegepas word op die verskillende fases waaruit die PAT bestaan. Informele assessering kan toegepas word om slegs die vordering van die fase waarin die leerders is, te monitor. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en dit moet aangeteken word. 2.3 Moderering van die PAT Gedurende die moderering van die PAT moet die fasetake (fase 1–4) tesame met die assesseringskriteria en punte behaal aan die moderator oorhandig word. Waar nodig, moet die moderator die leerder kan versoek om die funksies en werksbeginsels te verduidelik. Die leerder kan ook versoek word om die vaardighede wat deur die vermoënstake aangeleer is, te toon vir modereringsdoeleindes. Teen voltooiing kan die moderator, indien nodig, die punte van die groep op of af aanpas, afhangende van die besluit wat uit die moderering voortspruit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 5 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3. LEERDERRIGLYNE • Die Praktiese Assesseringstaak (PAT) bestaan uit 'n generiese sowel as 'n spesifieke inhoudstaak vir Pas en Masjinering, Motorkunde en Sweis- en Metaalwerk. Die praktiese werk word oor drie kwartale versprei, soos in elk van die spesialiseringrigtings uiteengesit. • Alle take moet voltooi word volgens die tydsbestek wat vir elke taak uiteengesit is. • Leerders moet aktief aan alle praktiese assesseringstake deelneem. • Leerders wat nie saam werk nie, sal punte verloor of selfs 'n nulpunt ontvang vir daardie betrokke afdeling van die werk. • Leerders wat onveilig in die werkswinkel optree en ander leerders in gevaar stel, sal uit die werkswinkel verwyder word en addisionele korrektiewe take gegee word om hulle veiligheidsbewustheid te bevorder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 6 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4. PRAKTIESE ASSESSERINGSRIGLYNE – GENERIES 4.1 GEREEDSKAP: BASIESE HANDGEREEDSKAP Kwartaal: 1 Aanvang: Januarie 2016 Voltooi: Maart 2016 Puntetoekenning: 20 Tydsduur van assessering: 1 uur Leerder moet die volgende gereedskap identifiseer en TABEL 1 voltooi. TABEL 1: GEREEDSKAP VRAAG BESKRYWING PUNT 1 Noem die gereedskap hieronder. a 1 b 1 c 1 d 1 e 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 7 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VRAAG BESKRYWING PUNT f 1 g 1 h 1 Bestudeer die moersleuteldiagram hieronder en 2 beantwoord die vrae wat volg: Wat is die grootte van die moersleutel? a 1 Wat is die eenheid van die moersleutel? b 1 Waar het die grootte en eenheid ontstaan? c 1 Bestudeer die gereedskapstuk hieronder 3 en beantwoord die vrae wat volg. Wat is die grootte van die gereedskapstuk? a 1 Waarvoor word dit gebruik? b 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 8 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VRAAG BESKRYWING PUNT Bestudeer die moersleutel hieronder 4 en beantwoord die vrae. Watter tipe gereedskapstuk word getoon? a 1 Waarvoor word dit gebruik? b 1 Watter grootte word geïllustreer? c 1 5 Beskryf die moersleutel hieronder. 2 Los- en vasdraai van 'n moer-en-boutkombinasie 6 met 'n stel ringsleutels. Op watter onderdeel word die hoofkrag toegepas? a 1 Wat is die aard van die toegepaste (trek, skuif, ens.) b 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 9 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VRAAG BESKRYWING PUNT Wat is die voordele van 'n ringmoersleutel in vergelyking met 'n plat moersleutel? 7 2 8 Noem die sokaanhegsels soos hieronder geïllustreer. a 1 b 1 c 1 d 1 e 1 Beskryf kortliks die verskil tussen 'n ½ duim- en 'n ¼ duim-aandrywing. 9 2 TOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 10 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.2 HEGTINGMETODES Kwartaal: 2 Aanvang: April 2016 Voltooiing: Junie 2016 Puntetoekenning: 50 Tydsduur van assessering: 3 uur Gebruik afmerkgereedskap om 2 plate (ten minste 5 mm dik) met 5 gate af te merk. FIGUUR 4.1: HEGTINGSMETODES MATERIAAL: ITEMNR. BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE AANTAL 1 Afmerkplaat Sagte staal 75 x 75 x 5 2 Proses: Afmerkplaat en boorwerk • Vyl die skerp rande glad op sagtestaalplaat • Sny kante af weg van die afgemerkte lyn • Vyl metaal totdat akkuraatheid verkry is • Boor en tap die sentergat met 'n M6 x 1,0-tap (Boor 'n Ø 5 mm-gat) • Boor 'n Ø 6 mm-gat in elk van die plate en posisies • Gebruik 'n M6 x 1,0-bout en heg die plate aanmekaar Nasienrubriek: Plaat Proses Puntetoekenning 1. Sny en maak haaks 5 2. Vyl tot korrekte grootte 10 3. Merk gate af 15 4. Boor elke gat 5 5. Tap die sentergat 5 6. Heg die twee plate 5 7. Korrekte gebruik van gereedskap 3 8. Volg van veiligheidsmaatreëls 2 TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 11 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.3 KRAGTE Kwartaal: 2 Aanvang: April 2016 Voltooiing: Junie 2016 Puntetoekenning: 30 Tydsduur van assessering: 1 uur 4.3.1 Bestudeer die vektordiagram hieronder met verwysing na die parallelogram van kragte en bepaal grafies die resulterende en ewewigskragte FIGUUR 4.2: KRAGTE Teken 'n kragtediagram en gebruik 'n skaal van 10 mm = 1 N (10) Resulterende krag = ____________________________________________ (5) Ewewigskrag = _________________________________________ (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 12 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.3.2 Bereken die las aan die regterkant van die balk. (5) FIGUUR 4.3: MOMENTE 4.3.3 Bereken die grootte van drukspanning op die onderdeel, soos in die diagram hieronder getoon. (5) FIGUUR 4.4: SPANNING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 13 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.4 INSTANDHOUDING Kwartaal: 2 Aanvang: April 2016 Voltooiing: Junie 2016 Puntetoekenning: 5 Tydsduur van assessering: ½ uur Analiseer en voorspel wat sal gebeur indien die senterdraaibank, wat daagliks in die werkswinkel gebruik word, nie gereeld in stand gehou word nie. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 14 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.5 MATERIAAL Kwartaal: 3 Aanvang: Julie 2016 Voltooiing: September 2016 Puntetoekenning: 20 Tydsduur van assessering: ½ uur 4.5.1 Noem enige VYF nie-ysterhoudende metale wat in meganiese ingenieurswese gebruik word. Noem EEN gebruik van elk. (10) 4.5.2 Noem enige VYF nie-ysterhoudende allooie wat in meganiese ingenieurswese gebruik word. Noem EEN gebruik van elk. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 15 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.6 ENJINS Kwartaal: 4 Aanvang: September 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 10 Tydsduur van assessering: ½ uur Die diagram toon die posisie van 'n suier van 'n binnebrandenjin. Beskryf die werkbeginsels van die 2- en 4-slag-binnebrandvonkontstekingsenjins en benoem die onderdele wat in die skets getoon word. (10) FIGUUR 4.5: ENJIN A B C D Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 16 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 5. PRAKTIESE ASSESSERINGSRIGLYNE – SPESIFIEK 5.1 PAS-EN-MASJINERING – TERMINOLOGIE KERSHOUER – BASISPLAAT Kwartaal: 1–4 Aanvang: Januarie 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 70 Tydsduur van assessering: 12 uur WERKSTEKENING: FIGUUR 5.1: BASISPLAAT ITEM- BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE AANTAL NR. 1 Kershouer – basis Sagte staal 100 x 100 x 6 mm 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 17 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Voorbereiding van die kershouerbasis: • Vyl die skerp rande op die sagtestaalplaat af. • Merk die seskant af. • Sny oorbodige materiaal af. LET WEL: Laat genoeg materiaal vir vylwerk. • Vyl werkstuk volgens die grootte in die skets. • Merk jou NAAM en JAAR op die werkstuk. • Verwyder alle skerp rande. • Boor Ø5 mm-gate en taps die 6 gate M6, soos per illustrasie. • Boor die sentergat Ø5 mm, soos per illustrasie. • Versink gat SLEGS aan een kant van die plaat. • Verf onderlaag en verf die finale kleur. Nasienrubriek: Basisplaat van die kershouer Proses Puntetoekenning Vyl die skerp rande op die sagtestaalplaat af. 5 Merk die seskant af. 15 Sny oorbodige materiaal af. LET WEL: Laat genoeg 5 materiaal vir vylwerk. Vyl die werkstuk volgens die grootte in die skets. 10 Merk jou NAAM en JAAR op die werkstuk. 5 Verwyder alle skerp rande. 5 Boor Ø5 mm-gate en taps die 6 gate M6, soos per 10 illustrasie. Boor die sentergat Ø5 mm, soos per illustrasie. 5 Versink gat SLEGS aan een kant van die plaat. 5 Verf onderlaag en verf die finale kleur. 5 Korrekte gebruik van gereedskap. 5 Veiligheid 5 TOTAL 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 18 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 KERSHOUER – DRAAIWERK Kwartaal: 1–4 Aanvang: Januarie 2016 Voltooiing: Novembe2016 Punte toekenning: 100 Tydsduur van assessering: 12 uur ITEMNR. BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE AANTAL 2 Kershouer Aluminium Ø 50 x 85 1 FIGUUR 5.2: KERSHOUER Kershouer: Prosesse Stap 1: Stel werkstuk en snybeitel in die draaibank op. Stap 2: Vlak ('Face') albei ente na lengte (volgens werkstekening). Stap 3: Senterboor albei ente. Stap 4: Boor beide ente volgens werkstekening. Stap 5: Tap die gat volgens die werkstekening. Stap 6: Stel snybeitel op senterhoogte. Stap 7: Draai werkstuk volgens spesifikasies. Stap 8: Bereken die ingeslote hoek om taps te sny. Stap 9: Verstel die saamgestelde slee. Stap 10: Sny die taps. Stap 11: Poleer die werkstuk. Stap 12: Voeg onderdele saam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 19 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Proses Puntetoekenning 1. Stel werkstuk en snybeitel in die draaibank op. 5 2. Vlak ('Face') albei ente na lengte (volgens 10 werkstekening). 3. Senterboor beide ente s. 5 4. Boor beide ente volgens werkstekening. 5. Tap die gat volgens die werkstekening. 10 6. Stel snybeitel op senterhoogte. 5 7. Draai werkstuk volgens spesifikasies. 5 8. Bereken die ingeslote hoek van die taps. 15 9. Verstel die saamgestelde slee. 10 10. Sny die taps. 10 11. Poleer die werkstuk. 15 12. Voeg onderdele saam. 5 TOTAL 100 Rubriek vir Pas-en-masjinering: DRAAIWERK VYL DIAMETER LENGTE Op 6 plekke gemeet TOLERANSIE + 0,03 + 0,09 + 0,09 – 0,03 – 0,09 – 0,09 7 0,05 = 100% 0,10 = 100% 0,10 = 100% 6 0,10 = 80% 0,20 = 80% 0,20 = 80% 5 0,15 = 70% 0,30 = 70% 0,30 = 70% AFWYKING 4 0,20 = 60% 0,40 = 60% 0,40 = 60% 3 0,25 = 40% 0,50 = 40% 0,50 = 40% 2 0,30 = 20% 0,60 = 20% 0,60 = 20% 1 0,35 = 0% 0,70 = 0% 0,70 = 0% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 20 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 5.2 PAS EN MASJINERING – STELSELS EN BEHEER Kwartaal: 1–4 Aanvang: Julie 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 15 Tydsduur van assessering: 1 uur 5.2.1 Jy moet 'n ratstelsel ontwerp wat 20 tande het wat teen 240 r/min draai. Hierdie rat moet nog 'n rat met 120 tande aandryf. Bereken die rotasiefrekwensie van die gedrewe rat. (5) Gedrewe rat: 120 tande Drywerrat: 20 tande FIGUUR 5.3: RATTE 5.2.2 'n As wat teen 780 r/min roteer, het 'n 250 mm diameter katrol wat 'n tweede katrol met 'n diameter van 130 mm deur middel van 'n dryfband aandryf. Om by 'n fabriek te werk, moet die gedrewe as teen 1 800 r/min roteer. (i) Bepaal, deur middel van berekeninge, of die stelsel sal werk. Indien nie, wat sou 'n moontlike oplossing wees om behoorlike aandrywing te verseker? (5) (ii) Bereken die bandspoed in die stelsel. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 21 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 6. PRAKTIESE ASSESSERINGSRIGLYNE – SPESIFIEK 6.1 MOTOR – TERMINOLOGIE Kwartaal: 3 Aanvang: Julie 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 100 Tydsduur van assessering: 10 uur VERWYDERING EN INSTALLERING VAN REMSKOENE GEREEDSKAP BENODIG: ratelsleutel ('ratchet'); onderbrekerstaaf ('breaker bar'); verskeidenheid verlengstukke ('extensions'); verskeidenheid sokke; verskeidenheid oopbeksleutels; G-klamp; hidrouliese domkrag; motorstutte; rubberhamer; draadborsel; handskoene SKYFREMUITLEG: Rigting van krag FIGUUR 6.1: SKYFREMUITLEG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 22 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 SOORTE REMKNYPERS: FIGUUR 6.2: VASTE DUBBELSUIER-REMKNYPER Knyper (beweegbaar) Reaksiekrag b Krag a (vas) Skyfrotor (vas) FIGUUR 6.3: SWEWENDE REMKNYPER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 23 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 KOMPONENTE BENODIG: • Remskyfwieluitleg • Remskoene • Remvloeistof • Handgereedskap PROSES: VERVANG REMSKOENE • Stap 1: Kry remskoene. • Stap 2: Maak wielmoere op wiel los. • Stap 3: Lig motor op. • Stap 4: Verwyder wiel van die voertuig en voldoen aan alle nodige veiligheidsaspekte. Maak remknyper los. Ondersoek remskyf vir roes, krappe, krake en oneweredige slytasie. • Stap 5: Maak remknyperomhulsel los en verwyder dit. • Stap 6: Plaas die remknyper behoorlik; moet dit nie aan die rempyp laat hang nie. • Stap 7: Druk suier versigtig terug om die skyfskoene (remskoene) los te maak. Ondersoek die remskoene vir slytasie. (Wrywingsoppervlak is steeds dik genoeg.) • Stap 8: Druk die suier in die remknyper saam. • Stap 9: Installeer die nuwe remskoene. • Stap 10: Plaas onderdele wat verwyder is, terug; herhaal vir al die wiele. • Stap 11: Bloei die remme om enige lug in die stelsel te verwyder. • Stap 12: Remskoene en remstelsel moet ingeloop word. SPESIFIKASIE: VERWYDER EN INSTALLEER REMSKOENE: STAPPE METODE Keramiek blyk die beste te wees want dit gee goeie remgevoel en die langste Kry remskoene beskerming teen remvervaging, alhoewel stof op jou wiel kan neerslaan. Onthou, jy moet slegs los maak, NIE verwyder NIE. Kry die oorboute ('lugs') los Maak wielmoere op genoeg sodat jy dit met 'n gewone ratelsleutel ('ratchet') kan losdraai. wiel los Maak parkeerrem los wanneer die wiel verwyder is. Plaas die hidrouliese domkrag onder motor se raam of opligpunte. Lig motor op Die opligpunte kan duidelik waargeneem word. Plaas motorstutte onder motor en maak seker dat die gewig nie kan skuif nie. Verwyder nou die wiele. Verwyder die 17 mm- of 19 mm-boute aan die agterkant van die naaf/stompas Verwyder remknyper- wat die remknyperomhulsel vashou. Gebruik 'n onderbrekerstaaf ('breaker bar') omhulsel met 'n rubberhamer want dit is styf vas. Sit remknyper- Plaas die omhulselboute terug en draai dit vas deur 'n slagmoersleutel of 'n omhulsel aanmekaar onderbrekerstaaf ('breaker bar')/sterkarmsoksleutel te gebruik. Gebruik die G-klamp en een van die ou remskoene en druk die knypersuier Druk remknyper saam saam totdat dit met die remknyperomhulsel gelyk is. Maak seker dat die prop nie op die remreservoir is nie want jy wil nie hê 'n leiding moet blaas nie. Installeer die remskoene in die omhulsel en gebruik 'n bietjie antipiepghries aan Installeer skoene en die buitekant van die skoen om gladde werking te verseker. Installeer die remknyper knyperboute en maak seker dat die knyper vrylik beweeg. Draai die boute vas en maak dubbel seker die werk is reg. Draai die oorboute/wielmoere/wielboute met die hand vas terwyl in die lug, en Plaas wiele terug wanneer die wiele op die grond is, met 'n wringsleutel of onderbrekerstaaf ('breaker bar')/sterkarmsoksleutel. Herhaal vir al 4 wiele Bloei die remme Jy behoort drukking te voel na DRIE pompe van die pedaal. Die remme raas of skuur dalk gedurende die eerste paar kilometer. Dit is Remskoene en normaal. Om die nuwe komponente in te loop, versnel na 60 km/h en geleidelik remstelsel moet stadiger tot 40 km/h, en herhaal 'n paar keer, dan 50– 30 km/h 'n paar keer. ingeloop word Bestuur dan gewoonweg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 24 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 PUNTETOEKENNING: VERVANGING VAN REMSKOENE PROSES PUNTE TOEKENNING Stap 1: Kry remskoene. 5 Stap 2: Maak wielmoere op wiel los. 15 Stap 3: Lig motor op. 5 Stap 4: Verwyder wiel van die voertuig en voldoen aan alle 15 nodige veiligheidsaspekte. Maak remknyper los. Ondersoek remskyf vir roes, krappe, krake en oneweredige slytasie. Stap 5: Maak remknyperomhulsel los en verwyder dit. 5 Stap 6: Plaas die remknyper behoorlik; moet dit nie aan die 5 rempyp laat hang nie. Stap 7: Druk suier versigtig terug om die skyfskoene 15 (remskoene) los te maak. Ondersoek die remskoene vir slytasie. (Wrywingsoppervlak is steeds dik genoeg.) Stap 8: Druk die suier in die remknyper saam. 5 Stap 9: Installeer die nuwe remskoene. 5 Stap 10: Plaas onderdele wat verwyder is, terug; herhaal vir al 15 die wiele. Stap 11: Bloei die remme om enige lug in die stelsel te 5 verwyder. Stap 12: Remskoene en remstelsel moet ingeloop word. 5 TOTAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 25 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 6.2 MOTORKUNDE – TERMINOLOGIE HOE OM 'N VERKOELERTOETS UIT TE VOER Kwartaal: 3 Aanvang: Julie 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 50 Tydsduur van assessering: 6 uur (2 x 3 uur vir elke toets) AGTERGROND Wanneer die enjintemperatuur van jou motor styg, soos gesien in die temperatuurmeter in die konsole, moet 'n verkoelertoets uitgevoer word. Eksterne koelmiddellekkasies is redelik maklik om op te spoor, maar interne lekkasies is iets anders. 'n Enjin wat oorverhit kan deur baie faktore veroorsaak word, soos lae koelmiddelvlakke, foutiewe termostate of 'n deurgeblaasde silinderkoppakstuk. Eksterne Koelmiddellekkasies Gaan die enjinstel na vir enige lekkasies wat soos die kleur van die enjinkoelmiddel lyk. Die meeste lekkasies is as gevolg van gekraakte waterpype as gevolg van ouderdom of foutiewe installering. Vervang die pype indien nodig. Onthou dat 'n warm enjin, 'n uiters warm koelmiddel in die verkoeler tot gevolg sal hê. Silinderkoppakstuk Wit rook wat by die uitlaatpyp uitblaas, bruinerige koelmiddel in die reservoir, 'n kleurverandering van die enjinolie of 'n styging in die olievlak kan 'n silinderkoppakstukfaling of 'n foutiewe enjinverkoelingstelsel beteken. Dit kan deur 'n koelmiddeldruktoets of verkoelertoets gediagnoseer word. Verkoelerdruktoets 'n Verkoelingdruktoetser word gebruik om hierdie toets uit te voer en word in die plek van die verkoelerdop geïnstalleer. Wees versigtig wanneer die verkoelerdop van 'n warm enjin verwyder word, omdat die opbou van druk ernstige brandwonde en blase kan veroorsaak. Prosedure 1: 1. Installeer die drukmeter en pomp tot 'n druk van 69 kPa. 2. Gaan uitwendige oppervlakke na vir lekkasies wanneer die meter 'n verlies aan druk aandui. 3. Gaan die verkoelerpype, waterpomp en verwarmerkern na. Dit is die algemene probleemareas wat vatbaar is vir lekkasies. 4. Skakel die verwarmerwaaiers aan en neem die lug waar wat uit die ventilasieopeninge kom. 'n Soet reuk dui aan dat die verwarmer lek. 5. Gaan voort met die druktoets totdat die verkoelingstelsel nie meer druk verloor nie. Prosedure 2: 1. Begin met 'n koue enjin. Verwyder die verkoelerdop en installeer die druktoetser. 2. Skakel die enjin aan met 'n nul lesing op die drukmeter. 3. Neem die druktoename op die drukmeter waar. 'n Verkoelingstelsel wat behoorlik funksioneer sal gewoonlik 'n druk van 48 kPa tot 55 kPa druk op die drukmeter aandui. 4. Indien die meter 'n styging van 103 kPa of hoër druk aandui, is 'n interne lekkasie by een van die silinders duidelik. Dis as gevolg van 'n foutiewe silinderkoppakstuk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 26 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Nasienrubriek vir prosedure 1: STAPPE PUNTE 1. Installeer die drukmeter en pomp tot 'n druk van 69 kPa. 10 2. Gaan uitwendige oppervlakke na vir lekkasies wanneer die 10 meter 'n verlies aan druk aandui. 3. Gaan die verkoelerpype, waterpomp en verwarmerkern na. 10 Dit is die algemene probleemareas wat vatbaar is vir lekkasies. 4. Skakel die verwarmerwaaiers aan en neem die lug waar wat uit die ventilasieopeninge kom. 'n Soet reuk dui aan dat die 10 verwarmer lek. 5. Gaan voort met die druktoets totdat die verkoelingstelsel nie 10 meer druk verloor nie TOTAAL 50 Nasienrubriek vir prosedure 2: STAPPE PUNTE 1. Begin met 'n koue enjin. Verwyder die verkoelerdop en 10 installeer die druktoetser. 2. Skakel die enjin aan met 'n nul lesing op die drukmeter. 10 3. Neem die druktoename op die drukmeter waar. 'n Verkoelingstelsel wat behoorlik funksioneer sal gewoonlik 15 'n druk van 48 kPa tot 55 kPa druk op die drukmeter aandui. 4. Indien die meter 'n styging van 103 kPa of hoër druk aandui, is 'n interne lekkasie by een van die silinders duidelik. Dis as 15 gevolg van 'n foutiewe silinderkoppakstuk. TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 27 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 6.3 MOTORKUNDE – ENJINS Kwartaal: 1 Aanvang: Januarie 2016 Voltooiing: Maart 2016 Puntetoekenning: 30 Tydsduur van assessering: 4 uur FIGUUR 6.4: ENJINONDERDELE Benoem en gee die funksies van die onderdele van 'n enjin. Prosedure: 1. Sny verskillende nommers uit. Gebruik A5-papier 2. Plak die nommers op 'n enjin. 3. Gee aan die leerders 'n werkkaart om te voltooi. 4. Verduidelik die doel van elk van die onderdele. ONDERDEEL FUNKSIE MARKS Verdeler 3 Silinderkop 3 Inlaatspruitstuk 3 Nokas-katrol 3 Waterpomp 3 Tydreëlkettingkatrol 3 Oliepan 3 Dreineerbout 3 Enjinblok 3 Uitlaatspruitstuk 3 TOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 28 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 7. SWEIS- EN METAALWERK – TERMINOLOGIE 7.1 T-STUK Kwartaal: 1–4 Aanvang: Januarie 2016 Voltooiing: November 2016 Puntetoekenning: 65 Tydsduur van assessering: 12 uur BESKRYWING T-stukke word algemeen in die mynbedryf gebruik waar sytakke vanaf die hooftoevoer vir water- of lugtoevoer aangelê moet word. FIGUUR 7.1 toon 'n tipiese T-stuk met hoof- en takpype wat ewe groot is. Takpyp FIGUUR 7.1: T-STUK ITEMNR. BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE AANTAL Sagte staal 1. Takpyp 120 x 60 x 1,6 1 (1,6 mm)/karton Sagte staal 2. Hoofpyp 240 x 120 x 1,6 1 (1,6 mm)/karton Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 29 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 ONTWIKKEL EN VERVAARDIG 'N T-STUK MET HOOF- EN TAKPYPE WAT EWE GROOT IS Gebruik die tekening en ontwikkel en vervaardig 'n T-stuk met hoof- en takpype wat ewe groot is. FIGUUR 7.2: T-STUK Die volgende standaarde moet bereik word: 1. Al die uitleghoeke moet binne ±1° van die vereiste hoeke wees. 2. Al die uitleggroottes moet binne ± 1,0 mm van die vereiste afmetings wees. 3. Al die afmetings van die vervaardigde pype moet binne ± 1,5 mm van die vereiste groottes wees. 4. Al die hoeke van die vervaardigde pype moet binne ± 1,5° van die vereiste hoeke wees. 5. Die gereedskap en toerusting mag nie beskadig wees nie. 6. Al die betrokke veiligheidsprosedures moet gevolg word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 30 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 FIGUUR 7.3 toon 'n volledige tekening van 'n T-stuk wat bestaan uit die vooraansig wat die meetkunde toon om die patrone van die takpyp en die gat in die hoofpyp te ontwikkel. FIGUUR 7.3: ONTWIKKELING VAN DIE T-STUK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 31 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 METODE OF PROSEDURE – ONTWIKKELING VAN DIE TAKPYP • Teken die vooraansig volgens grootte – FIGUUR 7.4. • Trek 'n halfsirkel met 'n radius gelyk aan die helfte van die diameter van die pyp, en verdeel dit in ses ewe groot gedeeltes. Nommer hierdie gedeeltes soos aangetoon. • Projekteer loodregte lyne afwaarts van hierdie punte om die hegtingslyn te sny. • Wanneer die pype ewe groot is, sal hierdie snylyne as reguitlyne verskyn. FIGUUR 7.4: ONTWIKKELING VAN DIE SYPYP – PROSEDURE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 32 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 • Bereken die omtrek van die pyp, gebruik die buitediameter (BD) van die pyp: Formule: Omtrek = π x BD. Die buitediameter word gebruik om 'n templaat te maak waarvan al die lyne en punte op die pyp geprojekteer sal word. • Trek 'n lyn gelyk aan die omtrek van die pyp. Verdeel die lyn in 12 gelyke dele en nommer soos in FIGUUR 7.4. • Trek loodregte lyne op hierdie punte. • Gebruik passers en dra die lengtes van lyne 1 tot 7 oor. • LET WEL: Meting moet plaasvind vanaf die ent van die pyp en nie vanaf die halfsirkel nie. • Gebruik 'n buigsame kurwe ('flexi-curve') om die kurwe tussen die punte te voltooi. ONTWIKKELING VAN DIE HOOFPYP FIGUUR 7.5: ONTWIKKELING VAN DIE HOOFPYP – PROSEDURE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 33 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VERVAARDIGING VAN DIE T-STUK • Teken die twee patrone op die korrekte dikte staalplaat en gebruik 'n prikpons om die snylyne af te merk. • Sny al die patrone uit met gebruik van oksiasetileentoerusting. • Rol die twee pype. LET WEL: Onthou om die effektiewe diameter te gebruik om die omtrek van die pyp te bepaal sodat daar voorsiening gemaak kan word vir die dikte van die materiaal, d.i. omtrek = π x ED, waar ED = binnediameter + dikte van die materiaal. LET WEL: Rol eers die pyp voordat die gat in die hoofpyp gesny word. • Gebruik 'n boogsweiser en hegsweis die pyplasse/pypvoeë. • Hegsweis die twee pype aanmekaar en toets vir haaksheid. • Gaan al die groottes na en maak die vereiste aanpassings, waar nodig. • Voltooi die sweis van die T-stuk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 34 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 12 GETAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: PYP-T-STUK MET HOOF- EN BLADSY: VAN TAKPYPE WAT EWE GROOT IS NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Alle uitleghoeke is binne ±1° van die vereiste 10 hoeke. Al die uitleggroottes is binne ± 1,0 mm van die 10 vereiste afmetings. Al die afmetings van die vervaardigde pype is binne 20 ± 1,5° mm van die vereiste groottes. Al die hoeke van die vervaardigde pype moet 10 binne ± 1,5 van die vereiste wees. Die gereedskap of toerusting is nie 10 beskadig nie. Vier duidelike senterlyne is teenwoordig op die 5 voltooide werkstuk. TOTAAL 65 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 35 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 7.2 SWEISWERK – POTPLANTSTAANDER/MUURSTUT Kwartaal: 1–4 Aanvang: Januarie 2016 Voltooiing: Julie/Augustus 2016 Puntetoekenning: 100 Tydsduur van assessering: 12 uur BESKRYWING Potplantstaanders word in baie huise gebruik om blompotte te ondersteun. FIGUUR 7.6 en 7.7 toon die werkstekening in eerstehoek ortografiese projeksie en die isometriese aansig van die produk. MATERIAALLYS EN SPESIFIKASIES ITEMNR. BESKRYWING MATERIAAL GROOTTE AANTAL 1. Raam Hoekyster 30 x 30 x 5 4 van 2. Basis Sagtestaalplaat 300 x 300 x 5 1 van 3. Muurstut Hoekyster 200 x 5 2 van 4 Versterking Hoekyster 300 x 5 2 van Die volgende spesifikasies is van toepassing: • Al die uitleghoeke moet binne ±1° van die vereiste hoeke wees. • Al die uitleggroottes moet binne ± 1,0 mm van die vereiste afmetings wees. • Al die afmetings van die vervaardigde potplantstaander moet binne ± 1,5 mm van die vereiste groottes wees. • Al die uitleghoeke van die vervaardigde potplantstaander moet binne ± 1,5° van die vereiste hoeke wees. • Gereedskap en toerusting mag nie beskadig wees nie. • Al die betrokke veiligheidsprosedures moet gevolg word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 36 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 FIGUUR 7.6: UITSKUIFAANSIG VAN DIE POTPLANTSTAANDER FIGUUR 7.7: ISOMETRIESE AANSIG VAN DIE POTPLANTSTAANDER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 37 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 METODE OF PROSESOORSIG BOONSTE RAAM • Merk hoekyster af, vier stukke van 300 mm. • Skuins kante af teen 'n hoek van 45° by 300 mm-merke. • Buig by die afgeskuinste merke sodat die dele 90° tot mekaar staan. • Sweis die gebuigde stukke aanmekaar om die raam te voltooi. MUURSTUT • Merk af en sny twee stukke hoekyster, 200 mm lank. VERSPANSTUKKE (VERSTERKINGS) • Merk af en sny twee stukke hoekyster van 300 mm. RAAMBOPLAAT • Merk af en sny een stuk sagtestaalplaat van 300 x 300 x 5 volgens grootte. SAMESTELLING • Sweis raam aan muurstut, verspanstukke (versterkings) en raamboplaat vas, soos in die werkstekening getoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 38 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 VAK: MEGANIESE TEGNOLOGIE SKOOL: JAAR: 2016 ONDERWYSER: GR: 10 GETAL LEERDERS: DATUM BEGIN: DATUM VOLTOOI: PROJEK: POTPLANTSTAANDER BLADSY: VAN NAME VAN LEERDERS FASETTE PUNTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Al die uitleghoeke is binne ±1° van die 15 vereiste hoeke. Al die uitleggroottes is binne ± 1,0 mm van die 25 vereiste afmetings. Al die afmetings van die vervaardigde potplantstaander is binne 25 ± 1,5 mm van die vereiste groottes. Al die uitleghoeke van die vervaardigde potplantstaander is binne 25 ± 1,5° van die vereiste hoeke. Daar is geen skade aan gereedskap en 10 toerusting nie. TOTAAL 100 HANDTEKENING VAN ONDERWYSER: HANDTEKENING VAN DEPARTEMENTSHOOF: HANDTEKENING VAN HOOF: HANDTEKENING VAN MODERATOR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 39 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 8. AFWESIGHEID/TAKE NIE INGELEWER NIE Indien 'n leerder se praktiese assesseringstaak vir 'n geldige rede onvolledig of onbeskikbaar is, sal die leerder drie weke voor die aanvangsdatum van die finale jaareindeksamen gegee word om die uitstaande taak in te lewer. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal 'n nulpunt aan die leerder vir daardie PAT komponent toegeken word. 'n Leerder se uitslae word as onvolledig beskou indien hy/sy nie enige komponent van die PAT ingedien het nie. Gebaseer op die Hoof van die Assesseringsliggaam se besluit, sal hy/sy nog 'n geleentheid gegun word. Sou die leerder versuim om aan die uitstaande PAT-vereiste te voldoen, sal die punte vir hierdie komponente uitgelaat word en die finale punt vir Meganiese Tegnologie sal aangepas word vir bevorderingsdoeleindes ten opsigte van die voltooide take. sal aangepas word vir bevorderingsdoeleindes in terme van die voltooide take. 9. TYDSBESTEK 9.1 GENERIES Januarie–Maart Basiese handgereedskap Hegtingsmetodes April–Junie Kragte Onderhoud Julie–September Materiale September–November Enjins 9.2 SPESIFIEK – PAS EN MASJINERING Terminologie – Basis Januarie–November Terminologie – Kershouer Julie–November Stelsels en Beheer 9.3 SPESIFIEK – MOTORKUNDE Januarie–Maart Enjins Terminologie – Remme Julie–November Terminologie – Verkoeler 9.4 SPESIFIEK – SWEIS- EN METAALWERK Terminologie – Ontwikkeling Januarie–November Terminologie – Potplantstaander Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 40 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 10. VERKLARING VAN EGTHEID NAAM VAN SKOOL: NAAM VAN LEERDER: (VOLLE NAAM EN VAN) EKSAMENNOMMER: NAAM VAN ONDERWYSER: SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die projek ingedien vir assessering my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie. ______________________________ ____________ HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is sy of haar eie is. ________________________________ ____________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie 41 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 11. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 10 Mechanical Technology.

More papers and memos for this grade and subject.