Skip to content

Mathematical Literacy Grade 10 P2 2019 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 10201910 pages

Grade 10 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 NOVEMBER 2019 PUNTE: 75 TYDSDUUR: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye, 3 BYLAES en 1 ANTWOORDBLAD. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 2 NW/November 2019 NSS – Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die BYLAE om die volgende vrae te beantwoord: BYLAAG A vir VRAAG 1.1 BYLAAG B vir VRAAG 2.1 BYLAAG C vir VRAAG 3.1 ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.2.3 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy. 5. Jy mag ‘n goedgekeurde sakrekenaar gebruik (nie-programmeerbaar en nie-grafies), tensy anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik. 7. Rond ALLE finale antwoorde af tot TWEE desimale plekke, indien anders vermeld. 8. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangetoon. 9. Skryf netjies en leesbaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 3 NW/November 2019 NSS – Graad 10 VRAAG 1 Mnr. Litlake het ‘n rekening by Exclusive Clothing winkel en ontvang ‘n rekeningstaat elke maand. BYLAAG A is EEN van Mnr. Litlake se rekeningstate. 1.1 Gebruik die rekeningstaat in BYLAAG A om die vrae wat volg, te beatwoord. 1.1.1 Wys deur middel van die nodige bewerkings hoe die aankope van die maand bereken word. (3) 1.1.2 Bereken die ontbrekende waarde, A (rente op die uitstaande bedrag) (4) 1.1.3 Exclusive Clothing winkel bereken die bedrag uitstaande deur gebruik te maak van ‘n persentasie. Bereken die persentasie wat hulle gebruik om die bedrag wat Mnr. Litlake verskuldig is, te bereken. (3) 1.2 Mev. Litlake verkoop “Bunny Chows” vanaf haar huis om haar man te ondersteun met die finansiële aspekte van die huishouding. Die onderstaande grafiek is ‘n voorstelling van haar verkope in een maand. AANTAL “BUNNY CHOWS” VERKOOP IN EEN MAAND AANTAL BUNNY CHOWS DAE Let Wel: ‘n Bunny Chow is ‘n kwart brood waarvan die sagste binneste deel van die brood verwyder word. Die holte word dan gevul met verskeie vulsels en dan word die sagte gedeelte weer bo-op gesit. Verwys na die grafiek hierbo om die volgende vraag te beantwoord: Mev. Litlake beweer dat sy meer Bunny Chows oor naweke verkoop as gedurende die week. Kan daar met sekerheid gesê word dat hierdie bewering waar is? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 4 NW/November 2019 NSS – Graad 10 VRAAG 2 Mev. Litlake het ‘n eetkamerstel met 6 stoele gekoop. Sy moet hulle self aanmekaar sit. Die diagram hier langsaan toon ‘n voltooide stoel. 94 cm 42 cm 41 cm 2.1 BYLAAG B wys die dele en nodige hoeveelhede om die stoel aan mekaar te sit, asook die nodige stappe om te volg. 2.1.1 Gebruik BYLAAG B om te bepaal hoeveel JCBC skroewe (F) benodig sal word om EEN stoel aanmekaar te sit. (3) 2.1.2 Deur te verwys na die diagram hier bo, bepaal watter deel of dele van die stoel (vanaf BYLAAG B) nog gebruik moet word om die stoel aan mekaar te sit in STAP 2 van BYLAAG B. (3) 2.1.3 Volgens die diagram van die voltooide stoel, sal die stoel ‘n oppervlak van 42 cm x 41 cm in beslag neem. Bereken die minimum vloeroppervlakte wat elke stoel in beslag sal neem. Gebruik die volgende formula: Oppervlak = lengte x breedte (3) 2.2 Die werklike hoogte van die stoel, soos aangedui op die diagram, is 94 cm. Indien dit verpak word en 1 cm aan weerskante van die stoel gelaat word vir spasie, wat is die afmetings van die houer. (4) 2.3 Waarvoor sal stuk K, in monteerstukke, gebruik word? (2) 2.4 Lees die volgende inligting sorgvuldig deur om die vrae te beantwoord:  Materiaal wat gebruik word om die stoel oor te trek kos R64,50 per meter.  Elke stoel benodig ongeveer 1,1 meter.  Arbeid kos R75 per stoel. 2.4.1 Bereken hoeveel materiaal Mev. Litlake moet koop, sodat sy al die stoele kan oortrek. (2) 2.4.2 Bereken die koste van materiaal benodig. (2) 2.4.3 Bereken die totale kostes, van materiaal en arbeid. (4) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 5 NW/November 2019 NSS – Graad 10 VRAAG 3 Mnr Letlake se jongste seun Thabang en sy verloofde gaan trou. Hulle het ‘n sekere saal gekies vir die onthaal en het besluit hoe die vloerplan vir die tafelplasings moet lyk. Die vloerplan met die tafelplasings word aangedui op BYLAAG C. Verwys na die vloerplan met tafelplasings in BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Hoeveel gaste het die paartjie genooi? (2) 3.2 Waarom is daar geen stoele gerangskik aan die kort kante van die tafels nie? (2) 3.3 ‘n Persoon wat by Tafel 6 sit, naby die hooftafel, wil haar geskenk na die geskenktafel neem. Beskryf ‘n moontlike roete wat die persoon kan volg sonder om oor die dansvloer te loop. (2) 3.4 Tafels 1, 2 en 3 is gereserveer vir die bruidspaar, ouers van die bruidspaar, 1 strooimeisie en 1 strooijonker. Bereken die waarskynlikheid, dat as jy genooi is as ‘n gas, jy by ‘n tafel sal sit wat met ‘n ewe getal genommer is. Rond jou finale antwoord af tot drie desimale plekke. (2) 3.5 Die opsigter van die saal sê dat die oppervlakte van die dansvloer ‘n 1 van die totale 4 vloeroppervlakte van die saal is. Die lengte is 16 m en die breedte is 12 m. Bereken die oppervlakte van die dansvloer. Jy mag die volgende formula gebruik: Oppervlakte = lengte × breedte (4) 3.6 Die bruidspaar spandeer baie geld op hul onthaal wat gehou word vanaf 17:00 tot middernag. Hulle uitgawes is as volg: Huur van saal: R6 500,00; Drapering en décor: R7 750,00 Platejoggie (DJ): R350 per uur of deel daarvan. Spyseniering: R350 per persoon vir die eerste 100 gaste en R200 vir elke persoon oor ‘n 100 LET WEL: Die platejoggie se ete word ook ingesluit by die spysenieringskostes. Die bruidspaar beweer hulle hele onthaal gaan hul R50 000 kos. Verifieer, deur al die nodige bewerkings te toon, of hierdie stelling korrek is. (10) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 6 NW/November 2019 NSS – Graad 10 VRAAG 4 Me. Kishma Litlake, ‘n Graad 10 Wiskundige Geletterdheid onderwyseres van Bishoki Hoërskool, het die volgende resultate (as persentasie) van haar klastoets neergeskryf: 56 58 38 70 30 56 67 85 32 25 58 35 74 67 84 30 76 58 35 29 4.1 Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord: 4.1.1 Bereken die mediaan persentasie van die klas. (3) 4.1.2 Bereken die omvang van die uitslae. (2) 4.1.3 Bepaal die modale persentasie van die klas. (2) 4.2 ‘n Skaal van prestasievlakke (uitgedruk as persentasies) word gebruik om leerders se vordering en prestasie aan te dui. Die uitslae van die Graad 10 Wiskundige Geletterdheid leerders in Me. Kishma se klas is opgesom in TABEL 1 hieronder. TABEL 1: Prestasievlakke met ‘n opsomming van die leerders se prestasies. Prestasievlak Beskrywing van bevoegdheid Persentasie Frekwensie 7 Uitmuntende prestasie 80–100 2 6 Verdienstelike prestasie 70–79 3 5 Beduidende prestasie 60–69 2 4 Voldoende prestasie 50–59 5 3 Matige prestasie 40–49 P 2 Basiese prestasie 30–39 Q 1 Ontoereikend 0–29 2 4.2.1 Bereken die waardes van P en Q. (2) 4.2.2 Bereken die waarskynlikheid dat ‘n leerder lukraak gekies word uit Me Kishma se klas 60% of meer het vir die toets. Skryf jou antwoord as ‘n persentasie vorm. (3) 4.2.3 Voltooi die grafiek op die ANTWOORDBLAD deur gebruik te maak van die inligting in TABEL 1. (3) 4.2.4 Me Kishma het ‘n bedrag van R500 as beloning vir die leerder wat ‘n prestasievlak van 6 of 7 behaal, belowe. Hulle moet die beloning tussen mekaar in die verhouding 2:3 onderskeidelik verdeel. Hoeveel sal elke leerder wat ‘n 7 behaal het ontvang? (3) [18] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 7 NW/November 2019 NSS – Graad 10 BYLAAG A VRAAG 1.1 Rekeningstaat van Mnr. Litlake vir April 2019 Luxury Clothing Winkel 18 Riverwalk, Sea View, Potchefstroom Besigheidsure: Maandae tot Vrydae Tel. 018 123 4567 Sel. 089 878 6533 8:30 vm. tot 5:00 nm. Saterdae: 8:00 vm. tot 12:00 nm. STAAT Rekeninghouer: Datum 01 April 2019 Mnr. Y. Litlake 01 Maart 2019 – 31 Maart 2019 Rekeningtydperk Humming Bird Straat 29, Bladsy 1 van 1 Potchefstroom Rekeningnommer 3658190 OPSOMMING BEDRAG VERSKULDIG OP VORIGE AANKOPE: R1 215,80 Rente op uitstaande bedrae word bereken op 31% per jaar. Hierdie maand Vorige maand Bedrag ontvang: R450,00 R320,00 Totale aankope vir die maand: R975,00 R215,50 Totale terugbetalings: R135,50 R0,00 TOTAAL VERSKULDIG: R1 636,71 MINIMUM PAAIEMENT VEREIS: R327,34 BESKRYWENDE OPSOMMING VAN AANKOPE Datum Beskrywing Kode Debiet Krediet 01/04/2019 Rente op uitstaande bedrag A 06/03/2019 Betaling ontvang ----------- R450,00 10/03/2019 Mansbaadjie J145875 R476,00 15/03/2019 Damesrok L552632 R135,50 19/03/2019 Kinderskoene C398710 R99,50 23/03/2019 Terugbetaling op item terug ontvang ----------- R135,50 26/03/2019 Damesbykomstighede L764318 R77,50 27/03/2019 Kinderonderklere C444654 R129,50 29/03/2019 Mans slaaphemp M265498 R57,00 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 8 NW/November 2019 NSS – Graad 10 BYLAAG B VRAAG 2.1 Dele van die stoel Vir stoel x 6 dele 6 x stoelruglening 6 x Voorste voetraam 12 x Kantreling 6 x Stoelsitplek 12 xDraagbaar 24 x JCBC Skroef 12 x JCBC skroef 36 x Veer wasser 42 x CB skroef 24 x houtpen 1 x L-sleutel Stappe om die stoel aanmekaar te sit. STAP 1 6X STAP 2 6X B 4X K C A C G 2X C H K D F 4X H B Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 9 NW/November 2019 NSS – Graad 10 BYLAAG C VRAAG 3.1 Trou tafelplasings HOOF TAFEL Geskenktafel DANSVLOER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskundige Geletterdheid/V2 10 NW/November 2019 NSS – Graad 10 ANTWOORDBLAD VRAAG 4.2.3 NAAM: _____________________________________ KLAS: ________________ AANTAL LEERDERS PER PRESTASIEVLAK FREKWENSIE Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5 Vlak 6 Vlak 7 PRESTASIEVLAK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Mathematical Literacy

View all