You're offline
Skip to content
Document

SPSC PAT Instructions to candidates 2020 Afr hlayiso.com

Subject: Sport And Exercise ScienceGrade 1220204 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Sport en Oefenkunde Praktiese Assesseringstaak (PAT) Graad 12 – 2020 Instruksies aan kandidate IEB Copyright © 2020 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Bladsy 2 van 4 Die doel van hierdie Praktiese Assesseringstaak (PAT) is om aan jou 'n geleentheid te gee om die kennis en vaardighede wat jy geleer het, in 'n werklike situasie toe te pas. Hierdie PAT assesseer Onderwerp 1 van die IEB se Vakassesseringsgids. Jy moet die uitwerking van oog- en driloefeninge op die prestasie van atlete ondersoek. Om die PAT te voltooi, moet jy DRIE atlete kies. Hulle moet die program wat jy gaan uitwerk, met gemak kan volg. Hulle hoef nie almal aan dieselfde sport deel te neem nie en hulle hoef nie ewe oud te wees nie. Jy mag seuns en dogters in jou studie gebruik. Jy moet die proses, waarvan die detail volg, voltooi. Lees al die PAT-dokumente (Instruksies, Raamwerk en Rubriek) voor jy begin. PLAN VAN AKSIE Stel 'n persoonlike plan van aksie op wat die proses uiteensit wat jy beoog om te volg om die PAT te voltooi: wat gaan gedoen word, waar, wanneer, deur wie en hoe. Dit is 'n werksdokument en jy mag dit verander soos jy aangaan. Dit sal aandui dat jou proses uitvoerbaar is en dat jy georganiseerd is. FASE 1: • Ontwerp 'n vraelys wat jy kan gebruik om 'n opname van 'n steekproef van atlete te maak. Jy sal die data wat jy in die opname insamel, gebruik om drie atlete te kies om aan die PAT deel te neem. Die vraelys moet ten minste die volgende inligting verskaf: − Naam, ouderdom en geslag van atleet. − Sport waaraan die atleet deelneem. − Vlak waarop die atleet deelneem, d.i. beginner, intermediêr of elite, bv.: Speel die atleet vir die eerste span of die vyfde span of dalk net sosiaal? − Is dit 'n individuele of spansport? − Aan watter ander aktiwiteite neem die persoon deel? − Vir hoe lank oefen die persoon? − Hoe gereeld is die kompetisies / deelname? − Dra die persoon 'n bril of kontaklense? − Indien wel, wat is die rede daarvoor? (Bysiende, versiende, ens.) − Ondervind die persoon probleme op die baan of veld soos om die bal te laat te sien of mis te slaan? − Het die persoon las van hoofpyn of moeë oë? − Is daar 'n geskiedenis van beserings? Indien wel, wat het die beserings veroorsaak? − Sommige oogprobleme word deur 'n verkeerde dieet veroorsaak. Stel die vrae in jou vraelys só dat jy kan sien of dit op hierdie persoon van toepassing is. IEB Copyright © 2020
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Bladsy 3 van 4 Formuleer die vrae en formateer die vraelys op so 'n manier dat jy die inligting kry wat jy nodig het. Sluit enige ander vrae wat jy voel van toepassing is in. • Doen die opname op minstens ses atlete. Kies drie van hierdie atlete om mee te werk. Jy moet die redes vir jou keuses kan verduidelik. 'n Brief van elke atleet se ouers waarin hulle toestemming gee dat hul kind aan die voorgeskrewe program mag deelneem, moet verskaf word. • Ontleed en interpreteer die data wat jy deur die vraelyste ingesamel het. Identifiseer enige moontlike kwessies wat hul prestasie negatief kan beïnvloed. Die voltooide vraelyste en enige onderhoude wat met die drie gekose atlete gevoer is, moet by jou ontleding ingesluit word. Die voltooide vraelyste van die atlete wat jy nie gekies het nie, moet ook by die bylaag van die taak ingesluit word. FASE 2: Verkry/ontwerp 'n geskikte verpersoonlikte hand-oog-toets of voet-oog-toets vir elke atleet EN verkry 'n basiese oogtoets. • Doen 'n basislyntoets met elke atleet en teken die resultate aan. Fotografiese en/of videobewyse moet verskaf word om te toon dat elke toets uitgevoer is. Motiveer jou keuse van die basislyntoets. • Bekom/ontwerp 'n oogoefenprogram wat geskik is vir elke atleet en haar/sy sport. Die program moet aan elke atleet verduidelik word en elke atleet moet 'n verklaring onderteken dat die oefenprogram aan hom/haar verduidelik is. • Die atlete moet hulle programme vir drie weke volg. Gedurende hierdie tydperk moet elke atleet daagliks dagboek hou van al die oogoefeninge wat gedoen is en ook die oefenskedule wat gevolg is. Jy moet die formaat van hierdie dagboek so ontwerp dat jy die inligting kry wat jy nodig het. Indien die atlete op enige tydstip gedurende die tydperk van drie weke voel dat die program aangepas moet word, moet jy besluit of dit moontlik is of nie en die nodige aanpassing maak. 'n Gedetailleerde rekord moet ook hiervan gehou word. FASE 3: • Sodra die tydperk van drie weke verby is, herhaal dieselfde toetse wat met elke atleet in Fase 2 gedoen is, en maak seker jy volg 'n toetsprotokol van objektiwiteit en betroubaarheid. Presies dieselfde toetse wat jy in Fase 2 gedoen het, moet weer hier gebruik word. • Ontleed en vergelyk die resultate van die basislyntoets en die na-toets IEB Copyright © 2020 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12: SPORT EN OEFENKUNDE (PAT) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Bladsy 4 van 4 • Ontwerp 'n tweede vraelys wat die atlete laat nadink oor die uitvoerbaarheid van die voorgeskrewe program en hul persepsies van die uitwerking daarvan op hulle en hul prestasievlakke. • Voer 'n onderhoud met elke atleet en voltooi die vraelys vir elkeen van hulle. • Ontleed en interpreteer al die inligting wat jy ingesamel het en bespreek of die oefenprogram wat jy voorgeskryf het 'n positiewe effek op elke atleet en sy/haar prestasie gehad het of nie. Identifiseer enige aanpassings wat jy aan die oefenprogram sal maak en hoekom. Watter verdere aanbevelings sal jy doen om prestasie te verbeter? GEVOLGTREKKING Skryf 'n bondige gevolgtrekking van die taak wat 'n verband tussen die aanvanklike inligting wat ingesamel is en die finale resultaat verskaf. Die gevolgtrekking moet regstreeks met die onderwerp verband hou. Dit moet nadenke oor die proses wat jy gevolg het, insluit: sterk punte moet geïdentifiseer word; beperkings erken word en aanbevelings ter verbetering gedoen word. INHANDIGING VAN PAT Jou taak moet in 'n ringlêer, met toepaslike lêerverdelers vir maklike lees, ingedien word. Die inhoud moet aan die volgende kriteria voldoen: • alle komponente in die raamwerk moet ingesluit wees • die taak moet getik wees • fonttipe – Arial • fontgrootte – 12 • opskrifte – fontgrootte 14 • die teks moet vir spelling en grammatika geredigeer word • daar moet 'n bronnelys in 'n erkende formaat verskaf word • geen plastiekliasseersakkies mag gebruik word nie IEB Copyright © 2020

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Sport And Exercise Science

Explore more published documents in this catalogue.

View all