Skip to content
Study guide

Toerisme Oorlewingsgids

Grade 12 Tourism study guide, 16 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: WCED Study Guides

Subject: TourismGrade 1216 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK TOERISME OORLEWINGSGIDS
1 1 TOERISME GRAAD 12 HERSIENINGSBRON 2022 KAAPSE WYNLAND ONDERWYSDISTRIK Met erkenning aan: Me E Ferreira – oorspronklike dokument Me LG Ragadu - aanpassing ONDERWERP: PLAASLIKE, STREEKS EN INTERNASIONALE TOERISME Wêreld- • ’n Wêreldgebeurtenis is ’n gebeurtenis of voorval van internasionale gebeurtenisse belang want dit beïnvloed die hele wêreld. • ’n Wêreldgebeurtenis beïnvloed die hele ekonomie van die land waarin dit plaasvind. Die belangrikste • Generering van inkomste (geld wat deur besoekers by die bestemming ekonomiese bestee word) voordele van • Belegging in infrastruktuur en dienste (soos kommunikasie) wêreld- • Werkskepping gebeurtenisse • Buitelandsevaluta-inkomste Voordele van ’n • Ontwikkeling van infrastruktuurdienste wêreldgebeurtenis • Beleggings vir die gasheerland • Buitelandsevaluta-inkomste • Die vermenigvuldigingseffek Nadele van • Hoë koste van nuwe infrastruktuur wêreld- • Teleurstellende beleggings en buitelandsevaluta-inkomste gebeurtenisse vir • Verhoogde koste van goedere en dienste ’n gasheerland • Ekonomiese lekkasies • Teenkanting van die gemeenskap Politieke situasies • ’n Politieke situasie verwys na wat in die politiek van ’n land aan die gang is. • Voorbeelde: burgeroorlog, terrorisme, algemene onrus Onvoorsiene • Onvoorsiene gebeure is gebeurtenisse wat onvoorspelbaar is – ons gebeure weet nie of die gebeurtenis gaan plaasvind nie. • Voorbeelde: soos tsunamis, aarbewings en ander natuurlike rampe, die wêreld resessie, siektes, ongelukke en ekonomiese skommelings Die impak van • Vernietiging van infrastruktuur onvoorsiene • Vernietiging van flora, fauna en ekosisteme gebeurtenisse • Kansellasie van vlugte, treine, seereise en reise op die pad • Kansellasie van vakansies • Minder toeriste sal die bestemming besoek • Minder inkomste sal gegenereer word hcklhck • Verlies aan werksgeleenthede
2 Om te • Om te verklaar beteken om goedere wat jy in ’n land ingebring het amptelik verklaar by Doeane te noem. Daglig- • 'n Praktyk waar horlosies een uur vorentoe gedraai word van standaardtyd besparingstyd aan die begin van die somer om ekstra dagligure by te kry. Voordele van DBT: • Meer dagligtyd beskikbaar om in die buitelug deur te bring. • Meer tyd vir deelname aan ontspanningsaktiwiteite, byvoorbeeld inkopies • Besienswaardighede is langer oop Tydsone • ’n Tydsone is ’n streek van die Aarde waar al die lande dieselfde standaardtyd aanvaar het. Stappe om te 1. Vind die plekke op die tydsonekaart en stel vas watter kleur hulle is. Die volg met wêreldtydsonekaart is geskadu. Dit beteken dat die wit/grys areas aan tydsone die bokant van die kaart met die kleur van die lande korrespondeer. Hierdie sal jou help om die tydsone vas te stel. berekeninge: 2. Stel vas wat die tydsverkil tussen die TWEE lande/plekke is. 3. Besluit of jy die tydsverskil (ure) moet plus (ooswaartse reis) of minus (weswaartse reis). 4. Plus/minus die aantal ure en gee die antwoord deur gebruik te maak van die 24 uur horlosie. Onthou om die dag en datum in te sluit. 5. Indien die berekening DBT benodig moet jy eers EEN uur by die tydsone van die land wat DBT gebruik byvoeg. Bv. as New York (-5) in die berekening gebruik word moet die tydsone daarvan aangepas word met ‘n uur (na die regterkant) wat New York dan in die (-4) tydsone plaas. Daarna volg jy die stappe (soos voorheen beskryf) om die berekening te voltooi. 6. Berekeninge met vlugure: As jy die aankomstyd wil bereken, PLUS die vlugure. As jy die vertrektyd wil bereken, MINUS die vlugure. Vlugvoosheid • Vlugvoosheid is ‘n fisiese toestand wat verband hou met lang afstande vlieg waar baie tydsones oorgesteek word (vlieg van oos na wes of wes na oos). • Dit word nie aan die duur van die vlug gekoppel nie, maar met die aantal tydsones wat oorgesteek word. SIMPTOME VAN VLUGVOOSHEID: • Slaaploosheid • Moegheid/sonder energie • Geïrriteerd/prikkelbaar • Onreëlmatige slaappatroon • Geswelde bene en voete • Gebrek aan konsentrasie • Hardlywigheid of diarree (ontstelde maag) • Gevoel van disoriëntasie en geheueprobleem (deurmekaar) • Ontwatering • Hoofpyn • Naarheid • Verlies aan eetlus • Lighoofdig Vluguitputting • Vluguitputting hou verband met die lengte van ‘n vlug aangesien baie reisigers na ‘n lang vlug uiters moeg is.
3 ONDERWERP: WêRELD IKONE 2022 IKOON STAD, LAND, BESKRYWING VAN DIE REDE WAAROM DIT ‘n KONTINENT IKOON IKOON IS DIE KOEPEL VAN DIE ROTS Stad: Die Koepel van die Rots Vorm deel van die Ou Stad JERUSALEM in die ou stad Jerusalem van Jerusalem. Land: ISRAEL is ’n Islamitiese Kontinent: ASIë heiligdom wat op ’n heilige rots gebou is. Dit TOERISTEPROFIEL: is die derde heiligste Opvoedkundige, terrein in die wêreld vir SIT Moslems, naas Mekka Godsdienstige en Medina. Die profeet Mohammed, die stigter van Islam, het glo op hierdie plek na die hemel toe opgevaar. DIE KLAAGMUUR Stad: Ou Kwartier Die Klaagmuur, wat aan Die Klaagmuur is die van Oos- Jerusalem die westekant van die heiligste plek in Judaisme. Land: ISRAEL Tempelberg in die ou Duisende pelgrims besoek Kontinent: ASIë stad Jerusalem geleë is, jaarliks die Klaagmuur. is die heiligste Joodse TOERISTEPROFIEL: plek in die wêreld. Opvoedkundige Godsdienstige DIE PARTHENON Stad: ATHENE Die Parthenon is die Dit is ’n simbool van Land: GRIEKELAND oorblyfsels van ’n 2 500 antieke Griekse Kontinent: EUROPA jaar oue tempel wat beskawing. geleë is op die TOERISTEPROFIEL: Akropolis, ’n heuwel Kulturele wat oor die stad Athene, Godsdienstige Griekeland, uitkyk. Opvoedkundige DIE TAJ MAHAL (Agra) Stad: AGRA Die Taj Mahal is ’n Die Taj Mahal word as ’n Land: INDIë mausoleum (praalgraf) argitektoniese Kontinent: ASIë wat uit wit marmer meesterstuk beskou en is gebou is. Dit is deur ’n een van die heel mooiste TOERISTEPROFIEL: Indiese regeerder as geboue ter wêreld. Kulturele simbool van sy Godsdienstige ewigdurende liefde vir Opvoedkundige sy gestorwe vrou gebou. BLOU MOSKEE Stad: ISTANBUL Die Blou Moskee in Die argitektoniese Land: TURKYE Istanboel, Turkye, met ontwerp van die Moskee Kontinent: EUROPA sy koepels is binne reflekteer tipiese klassieke met blou Ottoman aspekte. TOERISTEPROFIEL: keramiekteëls versier.
4 Godsdienstige, Met sy binnehowe en Pelgrims ses minarette word dit Kultuur as een van die heel Argitektuur mooiste moskees ter wêreld beskou. DIE EIFFEL-TORING Stad: PARYS Die Eiffeltoring is die Dit is ‘n simbool van Land: FRANKRYK wêreld se beroemdste vryheid vir die Franse. Kontinent: EUROPA toring en is ’n simbool van Parys. Dit is die TOERISTEPROFIEL: hoogste struktuur en Ontspannings, toeristebesienswaardig Besigheids, SIT heid in Parys. Dit het ‘n toegangsfooi. DIE FRANSE RIVIERA Stad: Langs Die Franse Riviera is Dit het ‘n asemrowende MIDDELLANDSE SEE een van die kuslyn met smaragblou Land: FRANKRYK beroemdste en strande, ‘n wonderlike Kontinent: EUROPA luuksste kusoorde ter klimaat, museums, wêreld. Dit is geleë aan kunsgallerye en wingerde. TOERISTEPROFIEL: die Mediterreense kus Ontspannings, SIT, van suidoos-Frankryk. Gesondheids BERG FUJI Omgewing: Fuji is die hoogste berg Wêreldbekende simbool HONSHOE EILAND in Japan. Hierdie van Japan. Berg Fuji is vir Land: JAPAN vulkaniese berg is baie maande van die jaar Kontinent: ASIë wêreldberoemd as met sneeu bedek. gevolg van sy amper TOERISTEPROFIEL: perfekte simmetriese Avontuur, SIT, Jeug koniese vorm. CHICHEN ITZA Stad: YUCATAN Chichen Itza is die Die Maja-beskawing SKIEREILAND murasies van ’n was een van die mees Land: MEKSIKO groot antieke stad gesofistikeerde Kontinent: van die Majas. Dit is beskawings van antieke NOORD-AMERIKA een van die bes- Amerika. bewaarde TOERISTEPROFIEL: argeologiese terreine Kultureel, SIT, Jeug van die antieke Maja- beskawing. PETRA Stad: PETRA Hierdie woestynstad, wat in Die ouderdom, skoonheid Land: JORDANIë ’n smal vallei tussen die en seldsaamheid van Kontinent: MIDDE- berge verskuil is, is uit Petra maak dit ‘n ikoon OOSTE soliede rots gekap, wat dit van die mens se een van die vindingrykheid en TOERISTEPROFIEL: verstommendste antieke kreatiwiteit. SIT, Avontuur stede in die wêreld maak. Petra, wat “rots” in Grieks beteken, is teen ongeveer
5 100 v.C. as die hoofstad van die Nabateërs, ’n Arabiese stam, gebou. BERG EVEREST Omgewing: Die bergpiek is rotsagtig en Berg Everest is die HIMALAJA BERGE is dwarsdeur die jaar met hoogste berg in die Land: NEPAL sneeu bedek. Die piek is 8 wêreld. Kontinent: ASIë 848 m bo seevlak. TOERISTEPROFIEL: SIT, Avontuur MEKKA Stad: MEKKA Mekka, die heiligste stad Mekka is die middelpunt Land: SAOEDI- van die Islam-geloof, is die van die Islamitiese wêreld ARABIë geestelike sentrum vir alle en is ook die Kontinent: MIDDE- Moslems. geboorteplek van OOSTE Mohammed en die geloof wat hy begin het. TOERISTEPROFIEL: Godsdienstige, Pelgrims DIE SWITSERSE ALPE Omgewing: Tussen Die Switserse Alpe se Die Switserse Alpe is ‘n BERN & VALAIS Jungfrau-Aletsch is ’n ikoon bekend vir sy Land: beskermde gebied in die skoonheid en die magdom SWITSERLAND suidwestelike deel van inligting omtrent die Kontinent: EUROPA Switserland. Hierdie ontstaan van berge en pragtige streek het hoë gletsers. TOERISTEPROFIEL: bergpieke en Avontuur, Sport- en valleie wat permanent met Ontspannings sneeu en gletsers bedek is. WINDMEULENS Stad: Windmeulens is een van Die Windmeulens KINDERDIJK die belangrikste simbole illustreer kenmerke wat Land: wat met Nederland met die tegnologie van NEDERLAND verbind word. Hulle is nie waterhantering verbind Kontinent: EUROPA slegs kenmerkend van die word. Nederlandse landskap nie, TOERISTEPROFIEL: maar Rugsak- en Jeug ook ’n simbool van die Nederlanders se stryd teen water.
6 Faktore wat • Uitstekende bemarking van toerismeprodukte plaaslik en/of bydra tot die internasionaal sukses van ‘n • Volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne toeriste • Doeltreffendheid en etiese optrede van personeel en bestuur attraksie • Positiewe ervarings van besoekers • Veilgheid en misdaadvoorkoming • Algemene voorkoms en instandhouding van die attraksie • Die oorweging van die behoeftes van mense met gestremdhede • Universele toegang Kenmerke van • Die werklike aantal besoekers oorskry die teikengetal besoekers ‘n suksesvolle • Herhaalde besoeke toeriste • Inkomste oorskry teikenbedrae attraksie • Positiewe uitwerking op plaaslike gemeenskap en omgewing
7 ONDERWERP: BUITELANDSE VALUTA VERHANDELING BBP (GDP) • Die geldwaarde van al die goedere en dienste wat oor ’n tydperk van ’n jaar in ’n land geproduseer word. • Die BBP word gebruik as ‘n maatstaf om die ekonomiese groei van ‘n land te bepaal. Voordele van die • Genereering van inkomste BBP vir die Suid- • Skep van werk / werkskepping Afrikaanse • Ontwikkeling van infrastruktuur ekonomie • Vaardigheidsontwikkeling Vermenig- • Die vermenigvuldigereffek is geld, wat deur toeriste spandeer word, vuldigereffek wat deur die ekonomie syfer en daardeur werkers en besighede bevoordeel Toeriste spandeer geld as hulle reis. Hierdie geld gaan in die plaaslike ekonomie in. Hierdie geld word deur plaaslike besighede spandeer om goedere aan te koop en werknemers te betaal. Hierdie her-spandering van die geld brei die plaaslike ekonomie uit en skep die vermenigvuldiger effek. Die • Die waarde van spandering word vermenigvuldig en het ‘n positiewe vermenigvuldiger ekonomiese effek. effek en skakel • Geld wat in ‘n bepaalde gebied spandeer word help om werk te skep. met die BBP • Die werksgeleenthede, op hulle beurt, skep ‘n aanvraag vir ander produkte en dienste in die plaaslike Ekonomie. • Geld syfer dus deur na alle vlakke van die Ekonomie. Die koopkrag van • Die hoeveelheid buitelandse valuta wat jy met jou Rand kan koop word die Rand die koopkrag van die Rand genoem. • Indien die Rand baie van die ander geldeenheid kan koop sê ons dat die Rand sterk is in verhouding tot die ander geldeenheid. • Indien die Rand slegs ‘n bietjie van ‘n ander geldeenheid kan koop sê ons dat die Rand swak is in verhouding tot daardie geldeenheid. As die Rand sterk • Sal buitelandse toeriste minder Rand vir hulle geldeenheid ontvang. is • Sal buitelandse toeriste minder geld hê om te spandeer. • Inkomende toeriste sal vir ‘n korter tyd bly of kan selfs glad nie die land besoek nie. • Toerisme sal minder tot die BBP van Suid-Afrika bydra en die ekonomie sal afneem. • Kan tot werksverlies lei. As die Rand swak • Meer inkomende toeriste sal SA besoek. is • Buitelandse toeriste sal meer Rand vir hul geldeenheid ontvang. • Buitelandse toeriste sal meer geld hê om te spandeer gedurende hulle besoek. • Buitelandse toeriste sal vir ‘n langer tyd bly. • Dit sal tot ‘n toename in die BBP lei, wat ‘n positiewe impak op die ekonomie sal hê. • Dit kan tot werkskepping lei.
8 Bank verkoopkoers • Die wisselkoers waarteen die valutahandelaar buitelandse note (BVK) verkoop. • Die koers waarteen buitelandse valutahandelaars, bv kommersiële banke, buitelandse valuta sal verkoop. Bank ankoopkoers • Die wisselkoers waarteen die valutahandelaar bv. kommersiële banke (BAK) buitelandse valuta koop. Kyk altyd na die Wat doen die Bank met die buitelandse geldeenheid? Bank se posisie as • Verkoop die Bank die buitelandse geldeenheid? (BVK) ‘n buitelandse • Koop die Bank die buitelandse geldeenheid? (BAK) valuta-berekening gedoen word. Wisselkoers bladsy • ’n Wisselkoersbladsy is ’n lys van wisselkoerse waarteen buitelandse geldeenhede gekoop en verkoop word. • Hierdie koers bepaal die hoveelheid buitelandse geldeenheid wat jy sal ontvang as jy jou geld wissel. Skakel die belangrikste VERMENIGVULDIG met die Valutakoers/Wisselkoers geldeenhede om in bv. VSD150 × 14,83 = R2 224,50 Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) Skakel Suid- Afrikaanse Rand om in die DEEL deur die Valutakoers/Wisselkoers bv. R15 000 ÷ 16,65 = € 900,90 belangrikste geldeenhede (ZAR) Die invloed van AS DIE RAND STERK IS wisselkoerse op Uitgaande toeriste: internasionale • Suid-Afrikaanse uitgaande toeriste sal meer geneig wees om na toerisme internasionale bestemmings te reis. • Uitgaande reis sal meer bekostigbaar wees. Inkomende toeriste: • Suid-Afrika sal as ‘n duur bestemming beskou word. • Internasionale inkomende toeriste kan oorweeg om na goedkoper, meer waarde vir geld bestemmings te reis. AS DIE RAND SWAK IS Uitgaande toeriste: • Uitgaande Suid-Afrikaanse toeriste sal dit te duur vind om na die meeste internasionale bestemmings te reis. • Suid-Afrikaners sal bestemmings kies waar hulle die meeste waarde vir hulle geld sal kry. Inkomende toeriste: • Baie internasionale inkomende toeriste sal Suid-Afrika besoek. • Suid-Afrika sal as ‘n waarde vir geld bestemming beskou word. Skommelings in • Skommelings in die waarde van ‘n geldeenheid in verhouding tot ‘n wisselkoerse ander geldeenheid. ▪ Die waarde van geldeenhede skommel/wissel na gelang van vraag en Aanbod. ▪ Vraag en aanbod is aan verskeie faktore gekoppel bv, die land se monetêre beleid, die inflasiekoers, politieke en ekonomiese toestande in die land.
9 12 ONDERWERP: PLAASLIKE, STREEKS EN INTERNASIONALE TOERISME Vorme van • Elektroniese fondsoordragte (EFT) betalings op • Telegrafiese oorplasings (SWIFT oordragte) internasionale • Bankontrekkings reise • Internetbetalings • Buitelandse banknote (kontant) • Kredietkaarte (Visa, MasterCard, American Express, Diners Club) • Reisigerstjeks • Voorafgelaaide buitelandse valuta debietkaarte (Cash Passport/Travel Wallet/International Travel Card) Buitelandse • Die gedeelte van ‘n inkomende toerismemark wat deur ‘n spesifieke markaandeel land beheer word Landreismarkte • Landreismarkte is lande waar ten minste 60% van inkomende toeriste deur land die land binnegaan (Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Swaziland, Zambië en Zimbabwe) Lugreismarkte • Lugreismarkte is daardie lande waar ten minste 60% van inkomende toeriste per lug die land binnegaan.
10 13 ONDERWERP: BEMARKING Die belangrikheid • Toename in jaarlikse volume van buitelandse aankomste na SA om Suid-Afrika • Toename in internasionale bewustheid van Suid-Afrika as ‘n toeriste internasionaal te bestemming bemark Die kernfunksies • Bemarking van Suid-Afrika internasionaal as ‘n voorkeur van SAToerisme toerismebestemming • Handhaaf en verbeter die standaard van fasiliteite en dienste vir toeriste • Koördineer die bemarkingsaktiwiteite van rolspelers in die bedryf Geleenthede om • ITB (Berlyn) SA internasionaal • World Travel Market (Londen) te bemark Befondsing van • TOMSA is ʼn privaatsektor onderneming wat gestig is om addisionele SAToerisme se fondse in te samel om Suid-Afrika internasionaal te bemark. internasionale • Toerismebesighede (bv. akkommodasie, motorhuur, toeroperateurs en bemarkings- reisagentskappe) vorder die 1% heffing in vanaf toeriste. inisiatiewe • Die besighede betaal die heffings direk aan TOMSA oor • TOMSA, as die invorderingsagentskap, plaas die fondse na die Toerisme Besigheidsraad van Suid-Afrika (TBRSA) (‘TBCSA’) oor` • TBRSA maak die fondse vanaf die bedryf aan SAToerisme beskikbaar • SAToerisme gebruik die fondse om Suid-Afrika te bemark, beide plaaslik en internasionaal Handelsmerk • Dra by om 'n positiewe, verenigde beeld van Suid-Afrika te skep. • 'n Handelsmerk wat op trots gebou word. • 'n Herkenbare handelsmerk om Suid-Afrika op 'n internasionale platform te bemark. • Dit stel Suid-Afrika in staat om as 'n kompeterende bestemming in die wêreldarena te funksioneer. • 'n Sterk handelsmerk plaas ons land in 'n gunstige posisie as 'n aantreklike bestemming en vennoot vir handel en beleggings. • ‘n Herkenbare globale handelsmerk inspireer positiewe gedagtes en gevoelens oor die land sal mense aanmoedig om na Suid-Afrika te reis. • Dit stel Suid-Afrika se suksesse ten toon en moedig beleggersvertroue aan. Geleenthede om • Toerisme Indaba Reis Handelskou (Durban) Suid-Afrika en die • Getaway skou (Kaapstad en Johannesburg) Suider Afrikaanse streek aan die wêreld te bemark
11 1 ONDERWERP: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME Die drie pilare van • Omgewing (planeet): volhoubare Goeie omgewingspraktyke, soos bestuur van bronne (energie en water), toerisme afvalbestuur (verminder, hergebruik, herwin), rommelbeheer, besoedelingsbeheer, omgewingsvriendelike bouwerk, bevordering van inheemse flora en beheer van uitheemse indringerplante in gronde en tuine • Ekonomie (wins): • Die rol van besigheid. Die verantwoordelike ingesteldheid van ‘n toerisme besigheid teenoor die mense en omgewing wat dit raak. Maniere om dit te beoefen: eienaarskap, indiensneming, verkryging van plaaslike goedere en dienste • Maatskaplik (mense): Neem die positiewe en negatiewe gevolge van toerisme op plaaslike gemeenskappe, kultuur en erfenis in ag. Korporatiewe maatskaplike belegging (KMB/CSI) in toerisme, soos finansiële of nie-finansiële ondersteuning deur toerisme maatskappye aan gesondheid/sport/onderwys/jeugprojekte Volhoubare en • Gedragskodes vir toeriste-optrede (maatskaplike, ekonomiese en verantwoordelike omgewings) toerisme • Hoe kan ‘n toerismebestemming omgewingsbewuste toeriste (mense, planeet, wins) lok? • Die bydrae van Fair Trade in Tourism (FTT) om verantwoordelike en volhoubare praktyke aan te moedig. Beginsels van Fair • Billike aandeel Trade in Tourism Alle deelnemers wat by ’n toerisme-aktiwiteit betrokke is, moet hulle billike deel van die inkomste kry, in direkte verhouding tot hulle bydrae tot die aktiwiteit. • Demokrasie Alle deelnemers wat by die toerisme-aktiwiteit betrokke is, moet die reg en geleentheid hê om deel te neem aan besluite wat hulle raak. • Respek Gasheer en besoeker moet respek toon vir menseregte, kultuur en die omgewing. • Deursigtigheid Toerisme-ondernemings moet meganismes van aanspreeklikheid vestig. • Betroubaarheid Die diens wat aan toeriste gelewer word, moet betroubaar en konsekwent wees. Basiese veiligheid en sekuriteit vir die gasheer en die besoeker moet verseker word. • Volhoubaarheid Die toerisme-onderneming moet daarna streef om volhoubaar te wees.
12 15 ONDERWERP: KULTUUR EN ERFENIS TOERISME Wêrelderfenis- • Wêrelderfenisterreine is plekke van buitengewone universele waarde terreine waaraan die Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) internasionale erkenning verleen. Die rol van • Volgehoue monitering om Wêrelderfenisstatus te behou. UNESCO • Verskaf ondersteuning met bestuursplanne. • Bystand met opgradering van fasiliteite in geval van 'n onvoorsiene gebeurtenis. • Finansiële bystand word verskaf in gevalle waar onvoorsiene gebeurtenisse plaasvind. • Tree in gesprek met betrokke belanghebbendes wanneer die Wêrelderfenisterreine bedreig word. • Opvoeding / Skep bewustheid • Bevorder samewerking en ontwikkeling • Moedig mense aan om terreine te nomineer wat op die Wêrelderfenis- terreine se lys ingesluit moet word. • Ondersteun lande om openbare bewustheid vir die beskerming van Wêrelderfenisterreine te vestig. • Moedig die plaaslike gemeenskap aan om hulle kulturele en natuurlike erfenis te bewaar. Wêrelderfenis- NAAM VAN WÊRELDERFENISTERREIN PROVINSIE TIPE terreine in Suid- Wieg van die Mensdom (1999) Gauteng, Limpopo en Kulturele Afrika Noord-Wes Mapungubwe Kulturele Landskap Limpopo Kulturele (2003) Robbeneiland (1999) Wes-Kaap Kulturele Richtersveld Kulturele en Botaniese Noord-Kaap Kulturele Landskap (2007) Khomani Kulturele Landskap (2017) Noord-Kaap Kulturele Die Kaapse Blommeryk (2004) Wes-Kaap Natuurlike iSimangaliso-vleilandpark (1999) KwaZulu-Natal Natuurlike Vredefortkoepel (2005) Vrystaat en Noord- Natuurlike Wes Barberton Makhonjwa Berge (2018) Mpumalanga Natuurlike uKhahlamba-Drakensbergpark (2000) KwaZulu-Natal Gemengde Die waarde van die • Die terreine kry nasionale en internasionale erkenning wat sal lei tot ʼn Wêrelderfenis- toename in besoekersgetalle. terreine vir Suid- • ʼn Toename in toeristegetalle sal tot werkskepping lei as gevolg van die Afrika toename in aanvraag om dienste. • Toerisme sal, as gevolg van ʼn aanvraag om dienste en produkte, ʼn inkomste genereer bv. verblyf, vervoer, toegangsgelde, voedsel, drank ens. • ʼn Toename in besoekersgetalle sal die vermenigvuldigereffek in werking stel. • Lewensstandaarde sal verbeter deur geld wat direk of indirek deur toerisme verdien word. • Daar sal ʼn toename in ekonomiese aktiwiteite wees wat tot verhoogde BBP sal lei en toerismebesighede in die gebied sal bevoordeel word.
13 16 LIGGING VAN WÊRELDERFENISTERREINE – KAART VAN SUID-AFRIKA ONDERWERP: KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS Doel van • Om aspekte waar kliëntediens verbeter moet word, te identifiseer. verkryging van • Om aanpassings te maak aan hul dienslewering en sodoende tred te kliënteterugvoer hou met veranderde kliënte behoeftes. • Positiewe terugvoering kan gebruik word om personeel te motiveer tot diensuitnemendheid. • Dit kan verhoed dat ondernemings kliënte aan mededingers afstaan. Metodes om • Opnames kliënteterugvoer • Vraelyste te verkry • Terugvoerkaarte • Opvolg oproepe • SMS boodskappe op selfone • Web-gebaseerde antwoorde Die positiewe • Kliëntlojaliteit en herbesoeke uitwerking van • Minder klagtes van kliënte uitnemende • Verlaagde bemarkingsbegroting dienslewering • ‘n Toename in verkope • Verbeterde openbare beeld • Voordeel bo die mededingers • Meer effektiewe werknemers • Gemotiveerde personeel
14 ONDERWERP: TOERISME SEKTORE Faktore wat bydra • Die beeld van die maatskappy: tot ‘n professionele beeld in die toerisme bedryf • Die beeld van die personeel: Diensvoorwaardes • ’n Dienskontrak is ’n ondertekende ooreenkoms tussen die werknemer en die werkgewer • Dit sit die diensvoorwaardes uiteen wat op die werknemer en sy spesifieke pos betrekking het • ’n Dienskontrak moet al die vernaamste bepalings en oorwaardes van die pos uiteensit en is die onderlinge ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer oor hierdie bepalings en voorwaardes • Die dienskontrak beskryf basiese diensvoorwaardes soos: ▪ werksure ▪ uniform toelaes ▪ reisvoordele ▪ verlof ▪ pligte ▪ byvoordele ▪ besoldiging en aftrekkings ▪ beeïndiging van diens ▪ etiek
15 Gedragskode • ’n Gedragskode verskaf leiding aan alle personeel oor wat aanvaarbare gedrag is. • Dit is deel van ‘n organisasie se indiensnemingskontrak en is van toepassing op alle werknemers Die doel van ‘n • Help om die gedrag uit te stip wat in die uitvoering van hulle pligte van gedrags-kode personeel verwag word • Verskaf leiding aan personeel wat etiese uitdagings teekom • Gee riglyne oor konflikhantering en wat verwag word as daar botsing van belange is • Gee riglyne oor die vlak van professionaliteit wat van werknemers verwag word wat gekoppel is aan die reputasie en standaarde van die besigheid • Dien as ‘n openbare stelling wat aan kliënte van die besigheid kennis/begrip van die etiese kode van die maatskappy gee Die waarde van ‘n • Skep ’n samewerkende, samehorige atmosfeer gedrags-kode • Bevorder integriteit in die werkplek • ’n Gedragskode is nuttig omdat dit uiteensit wat vir ’n onderneming belangrik is (sy etiek en beginsels), en voorskryf hoe personeel moet optree terwyl hulle by die werk is. Dit help om te identifiseer en duidelik te stel watter gedrag welkom is en watter nie • ’n Gedragskode of verklaring van sake-etiek dien nie net as gids vir personeel nie, maar ondersteun ook ’n handelsmerkverklaring en projekteer die beeld wat die maatskappy wil uitdra 18

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Tourism

View all