You're offline
Skip to content
Question paper

Tourism Nov 2025 Afr

Subject: TourismGrade 12202528 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 TOERISME NOVEMBER 2025 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Rond jou antwoorde vir VRAAG 3.3 en 3.4 tot TWEE desimale plekke af. 5. Toon ALLE berekeninge. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING ONDERWERPE PUNTE (minute) A Kortvrae 40 20 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse B 50 50 Valuta-verhandeling Toeristebesienswaardighede; Kultuur- en C 50 50 Erfenistoerisme; Bemarking Toerismesektore; Volhoubare en D 30 30 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; E 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A: KORTVRAE 2025 VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 'n Faktor wat waardering toon wat by 'n reisbegroting ingesluit moet word: A Huur 'n private straler ('jet') B Koop luukse aandenkings C Betaal toelaes of fooitjies ('tips') D Eet by fynproewer-restaurante 1.1.2 Suid-Afrika het 'n nuwe Witskrif vir Toerisme. Die departement verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Witskrif oor die Ontwikkeling en Bevordering van Toerisme in Suid-Afrika: A Nasionale Departement van Toerisme B Departement van Toerisme C Departement van Omgewingsake en Toerisme D Departement van Binnelandse Sake 1.1.3 Die 180°-lengtelyn staan ook as die … bekend. A Greenwich-meridiaan B Kreefskeerkring C UTK (Universele Tydkoördinaat) D internasionale datumlyn Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.4 'n Internasionale bestuurspermit word deur die … in Suid-Afrika uitgereik. A Departement van Gesondheid B Departement van Binnelandse Sake C Automobiel-Assosiasie D Lughawemaatskappy van Suid-Afrika 1.1.5 Die dokumente wat benodig word voordat buitelandse valuta vir 'n oorsese reis aangekoop kan word: A Bewys van inkomste en bankstate B Geldige visum en internasionale bestuurspermit C Betaalde vliegkaartjie en geldige paspoort D Brief vanaf werkgewer en toestemmingsvorm van ouers 1.1.6 Die Africa Travel Indaba wat Suid-Afrika aan plaaslike en streeksmarkte bekend stel, word jaarliks in … gehou. A Kaapstad B Bloemfontein C Durban D Johannesburg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.7 Hierdie woestynstad, wat in die Midde-Ooste geleë is, is een van die wêreld se rykste en grootste argeologiese terreine: A Parthenon B Windmeulens C Agra D Petra 1.1.8 'n Toename in besoekersgetalle en tyd wat by 'n besienswaardigheid deurgebring word, sal … tot gevolg hê. A laer as verwagte besoekersgetalle B inkomste wat die teikengetalle oorskry C minder terugkeerbesoeke na die bestemming D uitbuiting van die plaaslike gemeenskap 1.1.9 Die organisasie wat vir die verklaring van Wêrelderfenisterreine verantwoordelik is: A UNESCO B SAHRA C PRASA D 'ACSA' 1.1.10 'Meetings Africa' is 'n reishandelskou wat … toeriste lok. A MESE B BVF ('VFR') C SBT ('SIT') D BTW 1.1.11 Om vlugkaartjies te ontvang waarop daar afslag gegee word, is 'n … voordeel vir 'n werknemer. A besoldigings- B by- C verlof- D mediese 1.1.12 Blouvlag-sertifisering gee erkenning aan … wat aan hoë bestuurstandaarde en volhoubaarheid in 'n mariene omgewing voldoen. A gholfbane B strande en marinas C casino's en oorde D temaparke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.13 Die organisasie wat verantwoordelike en volhoubare praktyke in toerismebesighede aanmoedig en sertifiseer: A FTT B SAL C TGRSA ('TGCSA') D TBRSA ('TBCSA') 1.1.14 WESSA onderskryf die … pilaar van volhoubare toerisme. A ekonomiese B maatskaplike C omgewings- D wins- 1.1.15 Volhoubare praktyke wat die omgewingsimpak van toerisme verminder: A Tuinbou-inisiatiewe B 'Wit was'-inisiatiewe C 'Groen was'-projekte D Hulpbronbestuur 1.1.16 Die mees aanvaarbare vorm van betaling wanneer 'n voertuig gehuur word: A Kontant B Kredietkaart C Reisigerstjek D Elektroniese fondsoordrag ('EFT') Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.17 Die 'QR'-kode in die prent hieronder word gebruik om … A toegang tot die webtuiste van die besigheid te kry. B klante raad te gee oor toepaslike optrede. C werknemers weer op te lei en hulle vaardighede te verbeter. D persoonlike besonderhede van 'n klant te verkry. 1.1.18 Die Wêreld-atletiekkampioenskap, wat in September 2026 in Boedapest gehou gaan word, is 'n voorbeeld van 'n … A sportgebeurtenis. B wêreldberaad. C welwillendheidskonsert. D internasionale konferensie. 1.1.19 Die kodes wat vir internasionale finansiële transaksies tussen banke vereis word: A Snapscan B SWIFT C Banknota D SHYFT 1.1.20 Die verwoestende aardbewings wat Thailand in Maart 2025 getref het, word as … gekategoriseer. A 'n protesaksie B politieke onrus C 'n pandemie D 'n natuurramp (20 x 1) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bankaankoopkoers. doeane-amptenare; reistoelaes; frank; gesondheidsertifikaat; gesondheidsvoorsorgmaatreëls; doeaneregulasies; euro 1.2.1 Die amptelike geldeenheid van Duitsland 1.2.2 Die dokument wat bevestig dat 'n reisiger die vereiste inentings ontvang het om sekere lande binne te gaan 1.2.3 Die gebruik van voorkomende medikasie, insekweerders en sonskerm om tydens reis persoonlike welstand in stand te hou 1.2.4 'n Bedrag geld wat 'n reisiger jaarliks vir buitelandse valuta mag omruil wanneer daar na die buiteland gereis word 1.2.5 Regulasies wat die beweging van items, soos alkohol, tabak en valuta wat in 'n land ingebring word, beheer (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort. 1.3.1 Die duur van 'n vlug tussen vertrek en aankoms staan as (vliegtyd/oorstaantyd) bekend. 1.3.2 Die Middellandse See-kuslyn, wat vir glansryke stede soos Nice en Cannes bekend is, staan as die (Franse Riviera/Amalfi-kus) bekend. 1.3.3 Die windmeulens is 'n gewilde attraksie in (België/Nederland). 1.3.4 (BVK/KMB) verwys na 'n maatskappy se inisiatiewe wat op 'n bydrae tot maatskaplike ontwikkeling bo en behalwe hulle kernbesigheidsaktiwiteite gerig is. 1.3.5 Die statistiek wat die aantal inkomende reisigers meet wat 'n land binne 'n gegewe tydperk besoek, staan as (immigrasie/buitelandse aankomste) bekend. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.4 Pas die faktore wat tot die sukses van 'n toeriste-attraksie in KOLOM A bydra, by die voorbeeld in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Misdaadvoorkoming A op die terrein van die attraksie 1.4.2 Voorkoms en instand- houding van 'n attraksie B 1.4.3 Bemarking van die attraksie 1.4.4 Universele toegang tot die attraksies C 1.4.5 Bekwame en etiese gedrag van die personeel wat by die attraksie werk D E F (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.5 Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Pas die aspekte van toerbeplanning, soos in die inligtingsgrafika hieronder geïllustreer word, by die beskrywings wat volg. Skryf slegs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) en die korrekte aspek in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 attraksies. DIE ASPEKTE VAN TOERBEPLANNING [Bron: Eksaminators se eie skepping] 1.5.1 Om 'n … te gebruik, kan help om 'n logiese roete te beplan. 1.5.2 'n Deposito kan vereis word om 'n bespreking by hierdie fasiliteit te bevestig. 1.5.3 Lugdienste bepaal die gewig en grootte van persoonlike eiendom wat aan boord geneem word. 1.5.4 'Moet-sien'-plekke wat by 'n bestemming besoek moet word. 1.5.5 Reisigers moet … hê om dienste en produkte voor of gedurende 'n reis te bekom. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA- VERHANDELING VRAAG 2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n DROOM WORD WAAR Thabo, 'n passievolle sokker- ondersteuner van Johannesburg, Suid-Afrika, sal na Meksikostad in Meksiko reis om te kyk hoe sy gunstelingspan in die 2026 FIFA- Wêreldbekertoernooi speel. Dit sal sy eerste langafstand- internasionale vlug wees. Daarom moet hy deeglik beplan en met sy aankoms in Meksiko by die nuwe tydsone aanpas. Hy sal dan die sokkerwedstryde kan geniet sonder om uitgeput te voel. Sy vlugbesonderhede word hieronder gegee. 2026 FIFA WÊRELDBEKERTOERNOOI VSA|KANADA|MEKSIKO [Aangepas uit www.future.fandom.com] VERTREKSTAD OORSTAANSTAD AANKOMSSTAD Johannesburg Londen Meksikostad Vertrektyd: 22:00 Oorstaantyd: 7 ure Die totale duur van die vlug is 18 uur, wat die oorstaantyd in Londen insluit. 2.1.1 Bepaal die getal tydsones wat Thabo sal oorsteek wanneer hy vanaf Johannesburg na Meksikostad vlieg. (2) 2.1.2 Verduidelik die term langafstandvlug. (2) 2.1.3 Bereken Thabo se aankomstyd in Meksikostad. (5) 2.1.4 Die openingseremonie in Meksikostad sal om 20:00 plaaslike tyd wees. Bepaal die tyd in Johannesburg wanneer Suid-Afrikaners die seremonie lewendig op televisie sal kan kyk. (4) 2.1.5 Noem TWEE belangrike reisdokumente wat Thabo nodig sal hê om Meksiko binne te gaan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERLORE IN TYD Steek tydsones oor [Bron: www.everydayhealth.com] 2.2.1 Thabo het in Meksikostad aangekom en was heeltemal uitgeput. Noem die toestand waaraan Thabo gely het nadat hy baie tydsones oorgesteek het. (2) 2.2.2 Noem TWEE ander simptome van die toestand wat in VRAAG 2.2.1 genoem is, waaraan Thabo gely het. (4) 2.3 GESONDHEID EN VEILIGHEID Voor sy reis het Thabo 'n reiskliniek besoek om raad te kry oor die aanbevole en verpligte inentings wat vereis word om Meksiko binne te gaan. Thabo het ook navorsing gedoen oor hoe om veilig te wees, terwyl hy die Wêreldbeker geniet. Hy het inligting oor dreigemente teen toeriste in Meksikostad en ander algemene veiligheidsrisiko's tydens sy besoek gekry. [Bron: Eksaminators se eie skepping] 2.3.1 Verduidelik EEN verskil tussen aanbevole en verpligte inentings. (4) 2.3.2 Gee EEN rede waarom Thabo NIE kraanwater in Meksiko moet drink NIE. (2) 2.3.3 Stel EEN manier voor waarop Thabo sy veiligheid in die volgende omstandighede kan verseker: (a) Wanneer 'n taxidiens gebruik word (2) (b) Deur 'n paar Spaanse frases te leer (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.4 ROOI OF GROEN KANAAL? Na 'n opwindende twee weke in Meksiko vir die 2026 Wêreldbeker-sokkertoernooi het Thabo na Suid- Afrika teruggekeer. Thabo het Meksikaanse aandenkings, 'n leerbaadjie en gedroogde, verseëlde Meksikaanse speserye gekoop wat alles binne die belastingvrye toelaag geval het. 2.4.1 Identifiseer die EERSTE ingangspunt terug in Suid-Afrika, waar hy sy paspoort moes toon. (2) 2.4.2 Verduidelik die konsep belastingvry. (2) 2.4.3 Identifiseer die doeanekanaal waardeur Thabo op OR Tambo Internasionale Lughawe moes beweeg. (2) [37] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Toeris wat na Londen reis, het besluit om op die Kaapstadse Internasionale Lughawe Suid-Afrikaanse rand vir Britse pond te verwissel, voordat uit Suid-Afrika vertrek word. BUITELANDSE GELDEENHEDE WISSELKOERSTABEL GELDEENHEID BAK BVK Euro 18,76 19,79 Britse pond 22,50 23,50 VS-dollar 17,29 18,15 3.1 Gee die valutakode vir die Britse pond. (1) 3.2 Verduidelik die volgende terme: 3.2.1 Skommeling van wisselkoerse (2) 3.2.2 Bankaankoopkoers (2) 3.3 Bereken hoeveel Britse pond 'n toeris sal ontvang as hy ZAR20 000 omruil. (3) 3.4 Bereken hoeveel rand 'n toeris sal ontvang wanneer hy 200 Britse pond met sy aankoms in Suid-Afrika omruil. (3) 3.5 Verduidelik EEN rede waarom 'n toeris die wisselkoerse in gedagte moet hou wat deur die verskillende forex-kioske op die lughawe aangebied word, voordat geld omgeruil word. (2) [13] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING C: TOERISTEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS- TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AFSLAG OP REISPAKKETTE 'n Reis die Wêreld-reisagent bied afslag op toerpakkette aan. Drie pakkette, A, B en C, word op die baniere hieronder getoon. A B C [Aangepas uit www.za.pinterest.com] 4.1.1 Noem die berge wat toeriste kan besoek wanneer hulle pakket A en C kies. (2) 4.1.2 Noem EEN ooreenkoms van die berge by A en C. (2) 4.1.3 Noem EEN tipe toeris wat graag die ikone in land B sou wou besoek. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.1.4 Verwys na die berg in C. (a) Gee TWEE redes waarom hierdie ikoon uniek is. (4) (b) Bespreek TWEE maniere, behalwe rommelbeheer, waarop volhoubare en verantwoordelike bestuurspraktyke by hierdie berg geïmplementeer kan word. (4) (c) Verduidelik TWEE redes waarom dit belangrik is om volhoubare en verantwoordelike praktyke by die berg te hê. (4) 4.2 Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CHICHEN ITZA – 'DIE MOND VAN DIE PUT' El Castillo (die Tempel Daar is geen bewyse Chichen Itza is een van van Kulkulkan) is die waarom die mense die Nuwe 7 Wonders grootste gebou op hierdie stad eeue gelede van die Wêreld. die terrein. verlaat het nie. Die naam Chichen Itza beteken 'die mond van die put van Itza'. Daar word geglo dat 'Itza' 'watertowenaars' beteken. Op 28 Januarie 2024 het die historiese ruïnes van Die Maya-trein Chichen Itza 'n neem besoekers op bywoningsrekord van besigtigingstoere na die 7 500 besoekers op een ruïnes en argeologiese dag gehad. terreine. [Bronne: www.odigootravel.com en www.theyucatantimes.com] 4.2.1 (a) Noem die land waar Chichen Itza geleë is. (2) (b) Noem die kontinent waar Chichen Itza geleë is. (2) 4.2.2 Stel EEN rede voor waarom die naam van die trein (Maya) nou met Chichen Itza verbind word. (2) 4.2.3 Chichen Itza is een van die Nuwe 7 Wonders van die Wêreld. Verduidelik EEN manier waarop hierdie status voordelig vir die ikoon kan wees. (2) 4.2.4 Bespreek TWEE maniere waarop die Maya-trein tot die sukses van Chichen Itza, as 'n attraksie, kan bydra. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 5 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE 12de WÊRELDERFENISTERREIN Menseregte, Bevryding en Versoening: Die Nelson Mandela-nalatenskapterreine Die terrein bestaan uit 14 komponente wat oor die land heen geleë is en wat almal met Suid-Afrika se bevrydingstryd verband hou. Hierdie komponent- terreine sluit die Uniegebou, die Sharpeville-terreine en Die Groot Plek by Mqhekezweni in. Hierdie terreine getuig van sleutelgebeure wat met die lang stryd teen die apartheidstaat verbind word. [Aangepas uit www.unesco.org en www.linkedin.com] 5.1 Noem die tipe Wêrelderfenisterrein in die uittreksel hierbo. (2) 5.2 Maak 'n lys van die VIER provinsies waar die komponentterreine geleë is. (4) 5.3 Noem EEN ander Wêrelderfenisterrein wat met mnr. Mandela verbind word. (2) 5.4 Bespreek TWEE redes waarom UNESCO die Nelson Mandela- nalatenskapterreine as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar het. (4) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOMSA (TOURISM MARKETING SOUTH AFRICA) Tourism Levy South Africa TOMSA is in 1999 gestig is 'n privaatsektor-gedrewe om bykomende befondsing en openbare sektor- te verskaf vir die ondersteunde heffings- bemarking van Suid-Afrika bydrae-inisiatief. as 'n voorkeurbestemming. Die stigting van TOMSA deur die land se privaat toerismesektor was die eerste stap in die suksesvolle bemarking van Suid-Afrika. [Aangepas uit www.tomsa.co.za] 6.1 Verwys na die inligting in blok B hierbo. Verduidelik hoe TOMSA befondsing kry om Suid-Afrika plaaslik en internasionaal te bemark. (2) 6.2 Suid-Afrika word volgens die inligting in blok B as 'n voorkeurbestemming bemark. Verduidelik die betekenis van voorkeurbestemming. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 20 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.3 Voltooi VRAAG 6.3.1 en VRAAG 6.3.2 hieronder. Skryf die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. TOMSA 6.3.1 Gee die naam van die administrateur van die fonds. (2) Noem die liggaam wat vir die plaaslike en 6.3.2 internasionale bemarking van Suid-Afrika verantwoordelik is. (2) [8] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 21 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EERSTE INDRUKKE MAAK SAAK Navorsing toon dat dit slegs vyf sekondes neem om 'n eerste indruk van 'n werknemer te vorm. . ! [Aangepas uit http://bing.com.ai/dresscode. Toegang op 28 Februarie 2025 verkry.] Volgens hierdie besigheid se kleredragreëls is die volgende items onvanpas om werk toe aan te trek: • Plakkies, sportskoene of informele skoene • T-hemde • Hempies met 'n oop rug • Deursteekjuwele in die gesig ('Facial piercings') • Oormatige juwele • Kortbroeke • Kort rompies en kort rokkies 7.1.1 Identifiseer TWEE bepalings van die besigheid se kleredragreëls wat die werknemer in die prent hierbo oortree. (2) 7.1.2 Verduidelik wat die bestuurder met aantrek om 'n indruk te maak bedoel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 22 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 7.1.3 Bespreek TWEE maniere waarop dit vir die besigheid voordelig sal wees indien alle personeellede die kleredragreëls nakom. (4) 7.1.4 Stel EEN manier voor waarop 'n bestuurder leiding aan 'n werknemer kan gee wat nie die besigheid se kleredragreëls nakom nie. (2) 7.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIENSVOORWAARDES VIR KAJUITBEMANNING Uittreksel uit die diensvoorwaardes vir kajuitbemanning • Kajuitbemanning moet aanpasbare ure ('flexible hours') werk, wat aande, naweke en openbare vakansiedae insluit, omdat vlugroosters dikwels verander. • Hulle ontvang 'n uniform en moet dit ten alle tye korrek dra, terwyl versorgingstandaarde nagekom word. • Hulle ontvang 'n vasgestelde salaris met aftrekkings vir belasting, pensioenfonds en ander bydraes. • Hulle is geregtig op jaarlikse verlof, maar dit moet met inagneming van die lugdiens se vlugroosters beplan word. • Hulle moet Engels kan praat en duidelik met passasiers kan kommunikeer. • Hulle moet gesond wees om lang vlugte te kan hanteer. Hulle diens kan beëindig word indien hulle nie aan prestasiestandaarde voldoen nie. [Aangepas uit http://copilot.com.ai/flightattendant. Toegang op 2 Maart 2025 verkry.] 7.2.1 Identifiseer die hoofplig (belangrikste plig) van 'n lid van die kajuitbemanning. (2) 7.2.2 Gee TWEE redes waarom lugdienste duidelike diensvoorwaardes vir lede van die kajuitbemanning moet hê. (4) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 23 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 8 8.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERANTWOORDELIKE TOERISMEPRAKTYKE Wanneer toeriste 'n staptoer onderneem, is dit belangrik dat hulle verantwoordelik optree. Een voorbeeld van verantwoordelike toeristegedrag is om rommel in die blikke wat voorsien word, te gooi, in plaas daarvan om dit op die staproete te los. Klein aksies, soos die korrekte manier om van afval ontslae te raak, kan 'n groot verskil maak. [Aangepas uit http://copilot.com.ai/verantwoordelik toerisme. Toegang op 7 Maart 2025 verkry.] 8.1.1 Verduidelik wat dit beteken om 'n verantwoordelike toeris in 'n natuurlike omgewing te wees. (2) 8.1.2 Noem TWEE voordele daarvan om rommel in die blikke wat voorsien word, weg te gooi. (4) 8.1.3 Stel TWEE alternatiewe (iets anders) voor om water tydens 'n staptog te dra, in plaas van die gebruik van enkelgebruik- plastiekwaterbottels. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 24 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GOEIE OMGEWINGSPRAKTYKE Beheer van uitheemse indringerplante Die verwydering van uitheemse en indringerplante in natuurreservate is 'n belangrike stap om omgewingsvolhoubaarheid te bevorder. Hierdie praktyk bevoordeel die plaaslike omgewing en is in ooreenstemming met volhoubare toerismepogings. . [Bron: www.kloofendalfriends.org/projects] 8.2.1 Noem EEN negatiewe invloed op die natuur as uitheemse plante gelos word om wild en onbeheersd te groei. (2) 8.2.2 Bespreek EEN voordeel vir die Kloofendal Natuurreservaat wanneer lede/ondersteuners van die gemeenskapsprojek indringerplante verwyder. (2) [14] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 25 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VLUGTE GERAAK DEUR CHAOS BY DIE LONDEN HEATHROW INTERNASIONALE LUGHAWE, VERENIGDE KONINKRYK Heathrow Lughawe is een van die besigste lugvaartmiddelpunte wat as 'n uiters belangrike deurgang vir internasionale reise regoor Europa, Noord-Amerika, Asië en verder dien. Reischaos het uitgebreek nadat 'n massiewe brand op 21 Maart 2025 by 'n elektriese substasie naby Heathrow Lughawe uitgebreek het. Die insident het Heathrow gedwing om vir tussen 18 en 28 uur bedrywighede te staak, wat aanhoudende lugdiensontwrigtings lank ná die gebeurtenis veroorsaak het. Meer as 1 300 vlugte is vertraag, gekanselleer of na ander Verenigde Koninkryk- en Europese lughawens verwys, wat ongeveer 300 000 passasiers beïnvloed het. Alhoewel lugdienste weer die volgende dag begin besigheid doen het, was daar nog lank ná die gebeurtenis ontwrigtings. [Aangepas uit https://www.npr.org] 9.1.1 Noem die kontinent waar hierdie wêreldgebeurtenis plaasgevind het. (2) 9.1.2 Identifiseer TWEE ontwrigtings vir lugdiensbedrywighede wat deur die uitbreek van die brand veroorsaak is. (4) 9.1.3 Bespreek TWEE ekonomiese invloede wat hierdie gebeurtenis op die wêreld se toerismebedryf gehad het. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 26 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 9.2 Bestudeer die inligtingsgrafika oor buitelandse markaandeel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE IN SUID-AFRIKA – 2024 TOP INTERNASIONALE BRONMARKTE NA SUID-AFRIKA IN 2024 Verenigde State van Amerika 372 362 Verenigde Koninkryk 349 883 Duitsland 254 992 Nederland 132 422 China 41 651 Indië 75 541 Japan 17 370 Zimbabwe 2 183 260 Ghana 36 656 : [Aangepas uit www.gov.za en www.tourismupdate.co.za] 9.2.1 Identifiseer, in die tabel, die top-bronmark: (a) Met die grootste getal toeriste-aankomste in Suid-Afrika in 2024 (2) (b) Met die derde grootste getal toeriste-aankomste in Suid-Afrika in 2024 (2) 9.2.2 Verduidelik EEN voordeel wat die 23%-toename in geografiese verspreiding vir die toerismebedryf in Suid-Afrika sal hê. (2) 9.2.3 Stel TWEE redes voor waarom Afrika-landmarkte tot die grootste persentasie toeriste-aankomste in Suid-Afrika bydra. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 27 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 10 10.1 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KLIËNTETERUGVOERING ʼn Ongelukkige kliënt se eerlike terugvoering is ʼn geskenk. Al wat jy moet doen, is om daarvoor te vra. [Bron: https://hyken.com] 10.1.1 Verduidelik EEN rede waarom 'n kliënt se terugvoering as 'n geskenk aan die besigheid beskou kan word. (2) 10.1.2 Stel EEN manier voor waarop die besigheid 'n ongelukkige kliënt in 'n gelukkige kliënt kan verander. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 28 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 10.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE BESTUUR VAN KLIËNTETERUGVOERING ONMIDDELLIKE ('REAL-TIME') HANDGESKREWE TERUGVOERING OPNAME [Aangepas uit https://www.typeform.com] 10.2.1 Noem TWEE metodes, behalwe onmiddellike ('real-time') terugvoering en handgeskrewe opnames, wat 'n besigheid kan gebruik om kliënteterugvoering te verkry. (4) 10.2.2 Onmiddellike terugvoering is wanneer voorstelle of kritiek gedurende en nadat 'n diens gelewer is, gedeel word. Verduidelik EEN manier waarop dit 'n besigheid meer as 'n handgeskrewe opname sal bevoordeel. (2) [10] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Tourism

Explore more published documents in this catalogue.

View all