Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TRSM.1
TOERISME
NOVEMBER 2020
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.
MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 










View all
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Tourism Nov 2020 Afr_hlayiso.com_.pdf
Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 24
- File size
- 3.6 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE stappe van die berekeninge.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(minute)
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse Valuta-
B 50 50
verhandeling
Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
D 30 30
Toerisme
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 'n Verpligte inenting vir toeriste wat hoë-risiko-areas binnegaan of
verlaat:
A Bilharzia
B Diarree
C Geelkoors
D Diabetes
1.1.2 Wanneer daar oor baie tydsones gevlieg word, word passasiers
aangeraai om die tyd op hulle horlosies na ... te verander.
A twee ure na plaaslike tyd
B een uur na plaaslike tyd
C een uur voor plaaslike tyd
D die plaaslike tyd van die bestemmingstad
1.1.3 BBP is die totale waarde van …
A toerismedienste wat in 'n land verskaf en ervaar word.
B vervaardigde goedere wat in 'n land geproduseer en verskaf
word.
C goedere en dienste wat jaarliks in 'n land geproduseer word.
D die jaarlikse netto wins van die dienstebedryf in 'n land.
1.1.4 Die IDL is 'n denkbeeldige lyn wat ...
A lande in drie verskillende klimaatstreke verdeel.
B veranderinge aan die dag en datum van 'n land veroorsaak.
C die aarde in die Noordelike en Suidelike Halfrond verdeel.
D van oos na wes op die aardbol loop.
1.1.5 Die rede waarom die tydsones van die Verenigde State van
Amerika vanaf -4 tot -8 op 'n tydsonekaart strek:
A Omdat die VSA in baie distrikte verdeel is.
B Dit is 'n besluit wat deur die mense van die VSA geneem is.
C Dit is as gevolg van die posisie van die maan.
D Dit is as gevolg van die grootte van die land.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.6 Die ikoon hieronder word as een of die mens se grootste
argitektoniese prestasies van die Antieke Wêreld beskou:
A Taj Mahal
B Brandenburg-hek
C Groot Muur van China
D Groot Piramides van Giza
1.1.7 Die … is tussen Kanada en die Verenigde State van Amerika
geleë.
A Niagara-waterval
B Victoria-waterval
C Angela-waterval
D Tugela-waterval
1.1.8 Die Rotskoepel en die Klaagmuur is twee wêreldbekende ikone
wat in … aangetref word.
A Turkye
B Indië
C Israel
D Jordanië
1.1.9 Die prent hieronder wys dat die besienswaardigheid ... toegang
aan toeriste met spesiale behoeftes verskaf.
A gratis
B indiensnemings-
C universele
D strand-
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.10 Die hoofrol van UNESCO:
A Beskerming en ontwikkeling van Wêrelderfenisterreine
B Beskerming van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die mense
C Bevorder wreedheid teenoor diere in aanhouding
D Bevorder etiese gedrag onder personeel
1.1.11 'n Werknemer het die reg om hierdie dokument te ontvang
wanneer sy/haar diens beëindig word:
A Belastingterugbetalingstrokie
B Dienssertifikaat
C Lys van byvoordele
D Kwitansie vir regskoste
1.1.12 Regulasies met betrekking tot die gebruik van sterk parfuum by
die werk:
A Persoonlike higiëne
B Persoonlike aura
C Emosionele integriteit
D Emosionele stamina
1.1.13 Wanneer 'n werknemer in die toerismebedryf op 'n openbare
vakansiedag werk, is die werknemer geregtig op ...
A vyf dae bykomende verlof.
B tyd af gelykstaande aan twee maande.
C betaling teen dubbel die normale tarief.
D verminderde jaarlikse bonusse.
1.1.14 Die boetiekhotel by die Wieg van die Mensdom lok toeriste omdat
daar gras op die dakke geplant is wat met die omliggende Hoëveld
saamsmelt.
Hierdie akkommodasie-instelling is …
A inkopievriendelik.
B sosiaal vriendelik.
C ekonomies vriendelik.
D omgewingsvriendelik.
1.1.15 Die personeel van 'n toerisme-IT-maatskappy het geskenke en
klere aan 'n kinderhuis gegee. Hierdie skenking word as …
beskou.
A omgewingsbewaring
B 'n korporatiewe maatskaplike belegging
C infrastruktuurontwikkeling
D kulturele bewaring
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.16 Die vlak van kliëntetevredenheid wat hieronder getoon word:
A Swak
B Gemiddeld
C Goed
D Uitstekend
1.1.17 Volgens die WTTC is die verwagte getal buitelandse toeriste-
aankomste in Suid-Afrika in 2028 …
WTTC-TOERISTE-AANKOMSTE
A 14 miljoen.
B 8 miljoen.
C 10 miljoen.
D 2 miljoen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.18 'n Voorbeeld van 'n onvoorsiene gebeurtenis:
A 'n Koninklike troue
B Uitbreek van COVID-19
C Wêreldreismark ('World Travel Market')
D Die Olimpiese Spele
1.1.19 Buitelandse markaandeel verwys na die …
A aantal plaaslike besighede wat handelsmerkprodukte aan
plaaslike toeriste in Suid-Afrika verkoop.
B aantal plaaslike toeriste wat in 'n tydperk van een jaar die nege
Suid-Afrikaanse provinsies besoek.
C persentasie van die bedryf wat deur inkomende toerisme na
Suid-Afrika verdien word.
D lengte van verblyf per toeris in Gauteng in 'n spesifieke
tydperk.
1.1.20 Tegnologie wat aan toeriste vinnige toegang tot reis-verwante
inligting sal gee:
A Fotostaatmasjien
B Faksmasjien
C Internet
D Sakrekenaar (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN rede vir die afname in inkomende aankomste na Suid-Afrika deur
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die rede langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bank-
aankoopkoers.
negatiewe persepsies; erge droogtes; visumverwerking;
onvoldoende vlugte; geblikte jag; filmpermitte
1.2.1 'n Ernstige tekort aan water wat waterbeperkings in sekere hoof-
toerismestede in Suid-Afrika tot gevolg het
1.2.2 Beperkte lugvervoer na Suid-Afrika vanaf sekere Afrika- en
oorsese bestemmings
1.2.3 Probleme om regte te bekom om rolprente en dokumentêre
programme in Suid-Afrika te maak
1.2.4 Die doodmaak van wilde diere vir trofee-doeleindes in 'n ingeperkte
gebied, soos 'n omheinde kamp
1.2.5 Internasionale toeriste verkies om nie Suid-Afrika te besoek nie as
gevolg van slegte publisiteit in die buitelandse media (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/November 2020
SS/NSS
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.
1.3.1 'n Konferensievenue moet sy skryfbehoeftes, soos penne,
skryfpapier en lêers wat aan konferensiegangers verskaf word,
(verkoop/'n handelsmerk gee).
1.3.2 'n Dinkskrum word gebruik wanneer ('n naam gekies word/'n bank-
rekening oopgemaak word) om herkenbaarheid van die
handelsmerk te verseker.
1.3.3 Die (slagspreuk/logo) vorm deel van die handelsmerk van 'n
toerisme-besigheid.
1.3.4 (Kansellasie van 'n reisprogram/Bemarkingsmateriaal) is 'n faktor
wat tot die professionele beeld van 'n toerorganiseerder bydra.
1.3.5 Die prosedures wat in 'n toerismebesigheid gevolg moet word
wanneer klagtes hanteer word, sal in die (kliëntediensbeleid/
dienskontrak) aangetref word. (5 x 1) (5)
1.4 Kies 'n kliënteterugvoeringsmetode in KOLOM B wat by die beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Kliënte gebruik Facebook om A terugvoeringkaarte
oor hulle ervarings
terugvoering te gee B sosiale media
1.4.2 Kliënte skryf hulle klagtes C e-pos-antwoorde
neer en los dit in hulle
hotelkamers nadat hulle D onderhoude
uitgeboek het
E slakpos
1.4.3 Persoonlike kliënte-
terugvoering tussen twee F SMS-boodskapdiens
mense
1.4.4 Reële tyd('Real-time')-
(Onmiddellike) terugvoering
deur selfone in 'n restaurant
te gebruik
1.4.5 Skriftelike antwoorde op vrae
wat aan oor die internet aan
die kliënt gestuur is
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/November 2020
SS/NSS
1.5 Rangskik die stede hieronder in die KORREKTE volgorde van wes na oos.
Skryf die vyf stede in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (1.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
Kaapstad (+2)
Londen (0)
San Francisco (-8)
Delhi (+5.5)
Rio de Janeiro (-3) (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die inligting wat gegee is en
beantwoord die vrae wat volg.
Kaap-Verdiese Eilande
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/November 2020
SS/NSS
Mnr. en mev. Vermaak is onlangs getroud en het vir hulle wittebrood na
Frankryk gereis. Hulle het Tripadvisor geraadpleeg voordat hulle hul
wittebrood beplan het. Die paartjie is nie kuns- en kultuur-entoesiaste nie.
Tripadvisor is 'n webtuiste waar reisigers na verskeie toerismeprodukte en
-dienste kan soek en dit bespreek.
WEBBLAD UIT TRIPADVISOR SE WEBTUISTE
Dinge om te
Hotelle Restaurante Vlugte Motorhuur Vakansiehuise
doen
Romantiese vaart
op die Seine
2.1.1 Identifiseer VIER toerismeprodukte of -dienste wat op die
Tripadvisor-webtuiste aangetref word. (4)
2.1.2 Die Vermaaks het besluit om die Eiffeltoring te besoek.
(a) Identifiseer die toer wat hulle sal kies. (2)
(b) Gee, uit die webblad, die koste van die toer wat jy in
VRAAG 2.1.2(a) geïdentifiseer het. (2)
(c) Noem EEN voordeel vir die paartjie indien hulle hierdie toer
sou kies. (2)
(d) Beveel EEN ander besienswaardigheid vir die paartjie aan
wat by hulle profiel sal pas. (2)
2.1.3 Stel TWEE redes voor waarom die Vermaaks besluit het om
Tripadvisor te gebruik om hulle reis te beplan. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/November 2020
SS/NSS
2.2 Die paartjie het 'n skootrekenaar ter waarde van R6 500 by 'n belastingvrye
winkel op Charles De Gaulle-lughawe in Frankryk gekoop.
Hulle was onseker oor watter kanaal hulle moes deurbeweeg toe hulle op
OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom het.
2.2.1 Gee die paartjie raad oor die korrekte kanaal wat hulle moet kies. (2)
2.2.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (2)
2.2.3 Noem die regeringsdepartement wat verantwoordelik is vir die
beheer van verklaarde goedere wat in die land ingebring word. (2)
2.2.4 Noem tipe belasting wat die paartjie sal betaal. (2)
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en gebruik die Wêreldtydsonekaart om die
vrae wat volg, te beantwoord.
ANGELA VLIEG NA DIE VSA
Hieronder is Angela se vluginligting vir haar reis vanaf Kaapstad na San
Francisco.
Angela het vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na San Francisco
gevlieg.
Haar vlug het om 17:00 op 21 Oktober uit Kaapstad vertrek.
Die vlug het op die Kaap-Verdiese Eilande op pad na San Francisco
gestop.
Die totale vliegtyd, wat die oorstaantyd in die Kaap-Verdiese Eilande
insluit, was 23 uur.
2.3.1 Gee EEN rede waarom die vlug op die Kaap-Verdiese Eilande
gestop het. (2)
2.3.2 Bereken Angela se tyd en datum van aankoms in San Francisco. (6)
2.3.3 Nadat Angela tyd saam met familie in San Francisco deurgebring
het, het sy haar reis na Dallas voortgesit. Sy het om 08:00 op
8 Januarie in Dallas aangekom.
Bereken hoe laat Angela se vlug vanaf San Francisco vertrek het
as die vlug 3 ure lank was. (6)
[38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/November 2020
SC/NSS
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die buitelandse wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
BUITELANDSE WISSELKOERSE
Rand per buitelandse geldeenheid
GELDEENHEID KODE BANKVERKOOPKOERS BANKAANKOOPKOERS
VS-dollar USD 14.73 14.12
Pond sterling GBP 19.28 18.29
3.1.1 'n Suid-Afrikaanse toeris keer met £2 500 uit die Verenigde
Koninkryk terug.
(3)
Bereken hoeveel die Suid-Afrikaner in rand sal ontvang.
3.1.2 Jy het 'n vriend wat in die Verenigde State van Amerika studeer.
Dit is jou vriend se verjaarsdag en jy wil R1 800 as 'n geskenk na
sy rekening oorplaas.
Bereken hoeveel jou vriend in VS-dollar sal ontvang. (3)
3.2 Dit is vir volhoubare toerisme belangrik om 'n balans tussen die impak op die
omgewing en die ekonomiese voordeel vir die toerismebedryf te vind.
Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe 'n sterk rand hierdie balans kan
bereik.
Jou paragraaf moet die volgende insluit:
Volhoubare toerismebesighede
'n Balans tussen ekonomiese en omgewingsvoordele vir die toerisme-
bedryf
Werkskepping (3 x 2) (6)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'N DRAAI VAN 'N LEEFTYD
Mellissa is 'n finalis in die 'Strike It Lucky'-kompetisie. Deur die wiel te draai,
staan sy 'n kans om 'n vakansie te wen na enige van die ikone wat hieronder
getoon word.
[Bron: www.fotolia.com]
4.1.1 Identifiseer wêreldikone A tot E.
Skryf slegs die letter (A–E) en die naam van die ikoon langs die
vraagnommer (4.1.1) in die ANTWOORDEBOEK neer. (5)
4.1.2 Ikone A en B word op dieselfde kontinent aangetref.
Gee die naam van die kontinent. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/November 2020
SS/NSS
4.1.3 Wêreldbekende ikone is belangrik vir die land of stad waar hulle
geleë is.
Gee EEN rede waarom ikone A, C en D gebou is.
Skryf slegs die antwoord langs die letter (A, C en D) in die
ANTWOORDEBOEK neer. (6)
4.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KAN AUSCHWITZ GERED WORD?
Baie oorlewendes kan nie van die swaarkry vergeet wat hulle in Auschwitz
verduur het nie. Wat beskou is as 'n werkkamp met storte en dokters wat na
siekes sou omsien, het uiteindelik 'n doodskamp geword met gaskamers en
dokters wat op mense geëksperimenteer het.
Auschwitz het 'n baie hartseer en neerdrukkende verlede; deesdae het die
besienswaardigheid egter sy eie probleme met instandhouding. Baie geboue
het gekraakte mure en fondasies wat sak. Lekkende dakke het die
houtstapelbeddens beskadig.
Besoekergetalle het verdubbel. Meer as 30 000 besoekers beweeg op
spitsdae deur die kamp se geboue.
Auschwitz is 'n plek van herinneringe; dit gaan nie net oor die geskiedenis nie
– dit gaan ook oor die toekoms. Die laaste oorlewendes van die kamp sal
binnekort sterf en sal die herinneringe oor wat in die kamp gebeur het, saam
met hulle neem.
[Aangepas uit www.survivor.com]
4.2.1 Noem die land waar die Auschwitz-konsentrasiekamp geleë is. (2)
4.2.2 Bespreek TWEE faktore in die uittreksel wat bygedra het tot
Auschwitz se:
(a) Hartseer en neerdrukkende verlede (4)
(b) Hedendaagse probleme (4)
4.2.3 Beveel TWEE maniere aan waarop Auschwitz as 'n toeriste-
besienswaardigheid in stand gehou kan word. (4)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DISA CHARTERS VERBIND JOU MET DIE
WÊRELDERFENISTERREINE IN SUID-AFRIKA
Disa Charters:
'n Vervoermaatskappy
wat in die individuele
behoeftes van toeriste
voorsien
[Bron: www.GlobalSecurity.org]
Disa Charters bied daaglikse vlugte vanaf KwaZulu-Natal na Gauteng, die
Noord-Kaap en die Wes-Kaap aan.
Noem TWEE Wêrelderfenisterreine wat toeriste sal besoek wanneer hulle
saam met Disa Charters na ELK van die volgende provinsies reis:
5.1.1 Gauteng (2)
5.1.2 Noord-Kaap (2)
5.1.3 Wes-Kaap (2)
5.2 UNESCO het in Julie 2018 'n nuwe Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika
aangekondig. Disa Charters moet nou 'n nuwe roete by hulle bestaande
vlugskedule voeg.
Gebruik die kaart om die provinsie waar hierdie Wêrelderfenisterrein geleë is,
te identifiseer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/November 2020
SS/NSS
5.3 Disa Charters bied afslagpryse op hulle vliegkaartjies na die Wêreld-
erfenisterreine in Suid-Afrika aan. Reisagente trek hieruit voordeel deur
verskillende toerpakkette na die Wêrelderfenisterreine beskikbaar te stel.
Bespreek TWEE maniere waarop die toerpakkette na die Wêreld-
erfenisterreine hierdie reisagentskappe sal bevoordeel. (4)
[12]
VRAAG 6
Verwys na die 2019-kalender hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TBRSA
[Bron: www.myplanner.org]
6.1 Nhlanhla, 'n toerorganiseerder, het 4–6 Oktober 2019 uitgehou om die reis-
handelskou wat op die kalender hierbo verskyn, by te woon.
Noem die hoofborg van hierdie reishandelskou. (2)
6.2 Noem EEN ander handelskou wat jaarliks deur SAToerisme in Suid-Afrika
aangebied word. (1)
6.3 Verduidelik DRIE doelwitte van die toerismehandelskoue wat jaarliks in
Suid-Afrika gehou word. (6)
6.4 Noem EEN organisasie wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se plaaslike en
internasionale toerismebemarking wat verteenwoordigers na die vergadering (2)
op 15 Oktober 2019 sal stuur. [11]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIENS OP DIE REGTE SPOOR
Die kelners hieronder werk vir Exquisite Rail Luukse Treinmaatskappy in
Suid-Afrika. Een of die voorwaardes van indiensneming is om te alle tye
'n professionele beeld uit te dra.
[Bron: www.istockphoto.com]
7.1.1 Identifiseer TWEE maniere in die prent waarop die kelners
professionalisme by die werksplek vertoon. (4)
7.1.2 Die dienskontrak spesifiseer die kleredragkode vir die kelners,
maar sluit nie finansiële vergoeding (betaling) vir uniforms in nie.
Die kelners in die prent hierbo voel die enigste manier waarop hulle
aan die kleredragkode kan voldoen, is as hulle 'n uniformtoelaag
ontvang.
Verduidelik EEN rede waarom die twee werknemers voel dat hulle
op 'n uniformtoelaag geregtig is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/November 2020
SS/NSS
7.2 Lees die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BILLIKE BEHANDELING VAN ONS GEWAARDEERDE PASSASIERS
Passasiers op Exquisite Rail verdien uitstekende standaarde. Dit sluit die
gedrag van die bemanningslede in diens van die maatskappy in.
Die gesprek hieronder gaan oor die moets en moenies vir bemanningslede
wat op 'n luukse trein werk.
Leerling: Hoe moet bemanningslede teenoor gaste optree wanneer hulle
op 'n luukse trein werk?
Instrukteur: 1. 'n Bemanningslid moet nooit met 'n gas argumenteer nie. In
plaas daarvan moet enige klagtes wat deur 'n gas gelê word,
onmiddellik by die toesighouer aangemeld word.
2. 'n Gas mag nooit na die bemanningskwartiere genooi word
nie en uitnodigings mag nie aanvaar word om sosiaal met
gaste te verkeer nie.
3. Wees daarvan bewus dat ouers met jong kinders dalk die
bemanning se interaksie met hulle kinders verkeerd kan
interpreteer.
4. 'n Bemanningslid moet ook versigtig wees om nie te veel
aandag aan een spesifieke gas te gee wanneer dit oor
dienslewering gaan nie, want dit kan ook verkeerd
geïnterpreteer word.
7.2.1 Kies die korrekte opsie tussen hakies:
Die opleiding hierbo is deel van die maatskappy se (gedragskode/ (2)
jaarlikse diensbonus)
7.2.2 Verduidelik EEN rede waarom Exquisite Rail gereeld hierdie tipe
opleidingsessie aanbied. (2)
7.2.3 Identifiseer TWEE voorbeelde van optrede deur die bemanning in
die dialoog wat as 'n oortreding van die gedragskode beskou kan
word. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VRYWILLIG AFRIKA
Gesertifiseer deur Fair Trade Tourism
INKOMENDE VAARDIGHEDE VERSEKER
'N BETER TOEKOMS
Internasionale vrywilligers en persone wat internskappe
doen, raak betrokke by vrywilligerprogramme in
landelike skole in die Oos-Kaap.
Verskeie vrywilligertoere Die vrywilligerprogram
('voluntours') beskikbaar
Kombineer reis met 'n week van Die onderrig van rekenaar-
vrywilligerswerk vaardighede in landelike skole;
hulp aan leerders om na skool
makliker werk te kry
Vrywilligers neem deel aan Ander programme sluit in
Gemeenskapsontwikkelings- Gemeenskap se voorskoolse
inisiatiewe: program
Volwasse-rekenaar- Weeshuisprojek
geletterdheid
Jeugsportontwikkeling
[Aangepas uit www.volunteerforever.com]
8.1.1 Verduidelik die term vrywilligertoerisme ('voluntourism'). (2)
8.1.2 Identifiseer die pilaar van die driedubbele slotreël wat in die
vrywilligerprogramme uitgelig word. (2)
8.1.3 Verduidelik die rol van Fair Trade Tourism in hierdie program. (2)
8.1.4 In 'n paragraaf, bespreek die impak van vrywilligertoerisme op
gemeenskapsontwikkeling.
Die paragraaf moet die volgende insluit:
Onderwys
Vaardigheidsontwikkeling
In die Gees van Ubuntu (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/November 2020
SS/NSS
8.2 Lees die gedragskode vir verantwoordelike toerisme hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
GEDRAGSKODE VIR INKOMENDE INTERNASIONALE TOERISTE
A
Doen voor aankoms navorsing oor Suid-Afrika
Leer 'n paar woorde in die plaaslike taal.
Leer oor die kultuur van die omgewing.
Ondersteun plaaslik vervaardigde handwerk.
Ondersteun gemeenskapsuitreikprogramme.
Ondersteun plaaslike besighede.
B
8.2.1 Verduidelik EEN manier waarop 'n toeris verantwoordelike gedrag
toon deur 'n paar basiese woorde in die plaaslike taal te leer. (2)
8.2.2 Gee EEN rede waarom die ondersteuning van plaaslike besighede
by B ekonomies verantwoordelik is. (2)
[16]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE JEUG- OLIMPIESE SPELE 2020
Lausanne, Switserland
9–22 Januarie 2020
Die Jeug- Olimpiese Spele ('JOG') is 'n groot internasionale multisport-
gebeurtenis en kulturele fees wat elke vier jaar vir tieners gehou word. Die
kern van hierdie projek is die hoofkonsepte van volhoubaarheid en
verantwoordelikheid. Dit fokus ook op die betrokkenheid van die jeug tussen
die ouderdomme van 15 en 18.
JEUG-
OLIMPIESE
SPELE
[Bron: https://www.lausanne2020.sport]
9.1.1 Identifiseer die hoofsportsoort waaraan tieners by die winter- Jeug-
Olimpiese Spele sal deelneem. (2)
9.1.2 Gee EEN rede waarom hierdie gebeurtenis elke jaar in die
Europese winter gehou word. (2)
9.1.3 Verduidelik TWEE kenmerke van hierdie gebeurtenis wat dit uniek
maak in vergelyking met ander Olimpiese Spele. (4)
9.1.4 Die gebeurtenis lok jongmense van oor die wêreld heen.
Beveel TWEE maniere aan waarop die gasheerstad sulke groot
getalle internasionale tienerbesoekers kan bestuur. (4)
9.1.5 Stel TWEE maniere voor waarop die jong besoekers bewus
gemaak kan word van die belangrikheid van volhoubaarheid
wanneer hulle omgewingsensitiewe areas in die Lausanne-gebied
besoek. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/November 2020
SS/NSS
9.2 Bestudeer die statistiek in die kolomgrafiek en tabel hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
PROVINSIALE AANDEEL IN
INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE
GP WK OK KZN MPU LMP NW NK VS
2017 39,4% 16,8% 4,0% 7,9% 15,3% 18,3% 7,5% 1,1% 11,6%
[Bron: http://www.statssa.gov.za]
9.2.1 Identifiseer in die grafiek hierbo die provinsie wat die grootste
volume toeriste in 2017 ontvang het. (2)
9.2.2 Gee EEN rede vir die neiging in VRAAG 9.2.1. (2)
9.2.3 Gee die persentasie besoekers aan Limpopo. (2)
9.2.4 Limpopo deel 'n grens met Zimbabwe.
Verduidelik waarom Limpopo se ligging hoë besoekersgetalle lok in
vergelyking met ander provinsies. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 10
10.1 Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NEEM KLIËNTETERUGVOERING ERNSTIG OP
ONTLEDING VAN KLIËNTETERUGVOERING
Bestudeer en lê die
terugvoeringdata Bepaal die omvang van
vas kliëntetevredenheid
Identifiseer die
mees algemene
klagtes
Besluit op 'n
Begin die
aksieplan
ingrypingsproses
[Bron: Eie grafika]
Gee EEN rede waarom toerismeproduk-eienaars NIE klante se klagtes moet
ignoreer NIE. (2)
10.2 Verduidelik die verskil tussen die aksieplan en die ingrypingsproses. (2 x 2) (4)
[6]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
TOURISM QP GR12 SEPT 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
Tourism May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
TOURISM GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
TOURISM GR12 QP SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Tourism Nov 2024 MG Eng.pdf
Question paper
Tourism Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Tourism Nov 2020 Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Tourism Nov 2020 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Tourism Nov 2020 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
TOURISM GR12 QP SEPTGR12 2020 English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Tourism Nov 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Tourism
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023-24.pdf
Memorandum
Tourism-Grade-12-MEMO-March-2025-Eastern-Cape.pdf
Memorandum
Tourism May-June 2025 MG Eng.pdf
Memorandum
TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Memorandum