Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
TOERISME
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef/v1-ff348dde093dc3c903f8/card.webp)


%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)

View all




%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 2.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. In VRAE 3.1, 3.2 en 3.3 moet jy jou antwoorde tot TWEE desimale
plekke afrond.
6 Toon ALLE berekeninge, waar benodig.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling in te deel.
TYD
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute
Kaartwerk en
2
Toerbeplanning
B 50 punte 50 minute
Buitelandse
3
Valutaverhandeling
4 Toerisme Attraksies
Kultuur- en Erfenis
C 5 50 punte 50 minute
Toerisme
6 Bemarking
Volhoubare en
D 7 Verantwoordelike
30 punte 30 minute
Toerisme
Plaaslike-, Streeks-
8 en Internasionale
Toerisme
E 30 punte 30 minute
Kommunikasie en
9
Kliëntediens
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A.
1.1.1 Dagligbesparingstyd is ʼn praktyk waarby sekere lande hul tyd een
uur … skuif.
A agtertoe gedurende die somermaande
B vorentoe gedurende die somermaande
C agtertoe gedurende die wintermaande
D vorentoe gedurende die wintermaande
1.1.2 Die jaarlikse wêreldsportgebeurtenis wat in Wimbledon in die
Verenigde Koninkryk gehou word, vertoon die beste … in die
wêreld.
A fietsryers
B tennisspelers
C langafstand atlete
D motorrenjaers
1.1.3 Verblyf wat vir ʼn groep oorbruggingsjaar toeriste wat in Kaapstad
op ʼn beperkte begroting bly, die geskikste is.
A Cape Grace 5-ster hotel
B Flintstones Gastehuis
C Green Elephant Rugsakreisigers
D Camps Bay B&O
1.1.4 In Februarie 2020 is wêreldwye reisbeperkings deur baie lande
ingestel as gevolg van die uitbreek van die Coronavirus in …
A Kambodja.
B Thailand.
C Viëtnam.
D Sjina.
1.1.5 ʼn Siekte, veroorsaak deur larwes wat die menslike liggaam
binnegaan, wat vermy kan word deur uit potensieel besmette riviere
te bly.
A Bilharzia
B Malaria
C Geelkoors
D MIV
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.6 Toeriste wat die iSimangaliso Vleilandpark Wêrelderfenisterrein
besoek, kan die natuurlike skoonheid van … besigtig.
A moerasse en lang sandstrande
B klowe en valleie
C riviere en woestyne
D berge en watervalle
1.1.7 ʼn Dokument wat benodig word wanneer buitelandse valuta voor
vertrek op ʼn oorsese vakansie gekoop word.
A Geldige vliegtuigkaartjie
B Gesondheidsertifikaat
C ID-dokument
D Doeane-verklaringsvorm
1.1.8 Hierdie ikoon is in … geleë.
A Turkye
B Meksiko
C Verenigde State van Amerika
D Jordanië
1.1.9 Die tyd en datum in Moskou, Rusland (+4) as dit 09:00 is op
1 Januarie in New York, VSA (-5).
A 18:00 op 1 Januarie
B 00:00 op 1 Januarie
C 00:00 op 2 Januarie
D 18:00 op 2 Januarie
1.1.10 … sal tot veiligheid by ʼn besienswaardigheid/attraksie bydra.
A Bewaring van natuurlike hulpbronne
B ʼn Amptelike webtuiste
C ʼn Krisisbestuursplan
D Gratis toegang vir reisjoernaliste
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 5
1.1.11 Die term wat gebruik word wanneer daar na daaglikse
veranderinge in die waarde van geldeenhede verwys word:
A Bankaankoopkoers
B Bankverkoopkoers
C Wisselkoers
D Skommelings
1.1.12 Maatreëls wat deur ʼn toerismeonderneming geneem word om
swak kliëntediens aan te spreek sal tot … lei.
A ʼn mededingende nadeel
B swak personeel moraal
C gereelde wisseling van werknemers
D verhoogde winsgewendheid
1.1.13 Die onderstaande beeld verteenwoordig die … pilaar van
volhoubare toerisme.
A sosiale
B omgewings
C ekonomiese
D gemeenskaps
1.1.14 ʼn Onvoorsiene gebeurtenis wat grootskaalse verwoesting in
Australië gedurende 2019 en 2020 veroorsaak het:
A Aardbewing
B Veldbrande
C Tsunami
D Vulkaniese uitbarsting
1.1.15 Personeellede van die Grand West casino in Kaapstad het tyd van
hulle besige skedules geneem om herstelwerk en opknappings by
die nabygeleë SOS kinderhuis te doen om die geboue ʼn bietjie
beter te maak vir almal wat by die kinderhuis woon. Hierdie is ʼn
voorbeeld van …
A korporatiewe maatskaplike belegging.
B universele toegang.
C verantwoordelike toerisme.
D Regverdige Handel Toerisme.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.16 Word as Suid-Afrika se top Afrika landreismarkte beskou:
A Nigerië en Angola
B Mauritius en Swaziland
C Zimbabwe en Lesotho
D Botswana en Kenia
1.1.17 ʼn Reisiger wat ʼn tweede vlug op pad na sy/haar finale bestemming
moet kry, word as … beskou terwyl hy/sy by die lughawe wag.
A in besit van ʼn visum
B gedeporteer
C in transito
D ʼn toeroperateur
1.1.18 Die prosedure wat gevolg word met die versameling van die 1%
toerismeheffing:
A Hotelle en motorverhuringsmaatskappye betaal ʼn 1%
toerismeheffing direk aan die TBRSA oor.
B Die TBRSA dra die 1% toerismeheffing wat versamel is oor
aan TOMSA.
C TOMSA versamel die 1% toerismeheffing wat deur hotelle en
motorverhuringsmaatskappye betaal is.
D SAToerisme (SATourism) ontvang die 1% toerismeheffing
wat versamel is van TOMSA.
1.1.19 Narkotiese middels, vir persoonlike gebruik, word deur SARS as
… beskou.
A verbode goedere
B onwettige goedere
C deel van die reistoelae
D beperkte goedere
1.1.20 Konstruksie, veral die ontwerp van die dak, maak hierdie
argitektoniese meesterstuk ʼn welkome besienswaardigheid vir
besoekers:
A Alcázar van Segovia
B Sydney Operahuis
C Buckinghampaleis
D Die Algarve (20 x 1) (20)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 7
1.2 Kies die naam van ʼn wêreldikoon vanuit die gegewe lys wat die beste by die
ligging op die wêreldkaart pas. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon
langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK.
Sphinx; Drywende markte; Berg Fuji; Groot Muur van Sjina; Berg Everest;
Berlynse Muur; Toringbrug (Tower Bridge); Taj Mahal; Rooi Plein,
(5 x 1) (5)
1.3 Kies die korrekte woord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
korrekte woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 ʼn Reisiger wat Sentraal-Afrika besoek kan teen (geelkoors/cholera)
ingeënt word om besmetting te voorkom.
1.3.2 Internasionale reisigers behoort (hulle paspoorte in hulle inboek-
bagasie te hou sodat dit veilig sal wees/afskrifte van hulle paspoorte
in hulle inboek-bagasie te sit).
1.3.3 ʼn Toerisme bestemming wat omgewingsbewuste toeriste wil lok
behoort op (www.info.gov.za/www.greenglobe.com) te bemark.
1.3.4 Argitekte wat ʼn omgewingsvriendelike hotel ontwerp behoort (groot
vensters in die vertrekke in te sluit/lugversorging in die vertrekke in
te sluit).
1.3.5 Die twee duurste items met die opstel van ʼn toerbegroting is (verblyf
en maaltye/vervoer en verblyf).
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
1.4 Kies ʼn woord/term uit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.4.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 ʼn Transaksie wat oor ʼn gerekenariseerde A Indaba
netwerk plaasvind, of tussen rekeninge by
dieselfde bank of na verskillende rekeninge
by verskillende finansiële instellings
1.4.2 ʼn Bemarkingsveldtog om Suid-Afrika en die B EFO
Suider-Afrikastreek aan die wêreld bekend
te stel
1.4.3 Die wêreld se grootste elektroniese C ‘Travel Wallet’
betalingsboodskapstelsel wat deur banke
gebruik word om betalingsinstruksies met
mekaar te kommunikeer
1.4.4 ʼn Tjek wat jy van ʼn bank kan koop om D Getawayskou
iemand te betaal wat nie bereid is om ʼn
persoonlike tjek te aanvaar nie
1.4.5 Die voorste verbruiker-, reis-, buitelewe- en E ITB
avontuurskou in Suid-Afrika
F SWIFT
G Bankwissel
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 9
1.5 Koppel die internet-verwante reistoepassing in die beelde hieronder
uitgebeeld met die gegewe funksies. Skryf slegs die vraagnommers
(1.5.1–1.5.5) en die korrekte antwoord, byvoorbeeld 1.5.6 F.
A D
B E
C
1.5.1 Gee aanwysings en inligting oor padwerke, interessante plekke en
rusplekke op die gekose roete.
1.5.2 Gee die nuutste inligting oor vlugte, hul status en inboektye.
1.5.3 ʼn Slimfoon-toepassing wat die nuutste inligting oor wêreldwye siektes
aan die gebruiker gee.
1.5.4 Bied ʼn virtuele toer van die bestemming aan.
1.5.5 Bied reisigers die geleentheid om resensies oor hotelle, restaurante
en bestemmings te kry.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting oor die
Rugbywêreldbeker 2019 in Japan en beantwoord die daaropvolgende
vrae.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 11
Verenigde Koninkryk Japan Nieu-Seeland
Engeland rugbyspan reisplan Nieu-Seeland rugbyspan reisplan
Vertrek: Heathrow Internasionale Vertrek: Auckland Internasionale
Lughawe (International Airport), Lughawe (International Airport), Nieu-
Engeland Seeland
Aankoms: Narita Internasionale Aankoms: Narita Internasionale
Lughawe (International Airport), Lughawe (International Airport),
Japan Japan
Vertrektyd: 13:50 Vertrektyd: ?
Aankomstyd: ? Aankomstyd: 16:50
Vertrekdatum: 8 September 2019 Aankomsdatum: 9 September 2019
Vlugtyd: 11h40m Vlugtyd: 11ure
Suid-Afrika Rugbywêreldbeker-kampioene 2019!
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
2.1.1 In Suid-Afrika het baie rugbyliefhebbers die Rugbywêreldbeker-
finaal op 2 November in Yokohama, Japan gekyk. Die begintyd van
hierdie wedstryd was 18:00 (Japan plaaslike tyd).
Bereken hoe laat rugbyliefhebbers in Suid-Afrika hul televisiestelle
moes aanskakel om die rugbywedstryd te kyk.
Toon ALLE berekeninge. (3)
2.1.2 Bereken die aankomstyd en datum van die Engeland rugbyspan op
Narita Internasionale Lughawe (International Airport) in Tokio,
Japan.
Onthou dat Engeland nie Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug
op die reisplan beoefen het nie.
Toon ALLE berekeninge. (6)
2.1.3 Bereken die vertrektyd en datum van die Nieu-Seeland rugbyspan
van Auckland Internasionale Lughawe (International Airport), Nieu-
Seeland.
Onthou dat Nieu-Seeland Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug
op die reisplan beoefen het.
Toon ALLE berekeninge. (6)
2.1.4 Oorweeg die gegewe reisverwante inligting met die beantwoording
van die volgende vrae.
(a) Identifiseer EEN reisverwante toestand waaraan die Engeland
rugbyspan en hulle bestuurslede moontlik met hulle aankoms
in Japan kan ly. (1)
(b) Gee EEN oorsaak van die reisverwante toestand in
VRAAG 2.1.4 (a) geïdentifiseer. (2)
(c) Stel EEN voorkomende maatreël voor wat die bestuurslede
van die Engeland rugbyspan kon neem om die effek van die
reisverwante toestand in VRAAG 2.1.4 (a) geïdentifiseer te
beperk. (2)
2.1.5 Identifiseer EEN dokument wat die Suid-Afrikaanse rugbyspan moes
toon met hulle aansoek vir ʼn visum om Japan binne te gaan. (2)
2.1.6 In ʼn kort paragraaf, verduidelik aan reisigers wat Suid-Afrika
binnekom wat hulle by doeanebeheer kan verwag. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 13
2.2 Gebruik die inligting en beelde om die volgende vrae te beantwoord.
Die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika (TGRSA) het onlangs ʼn
vennootskap met Waze, die grootste gemeenskapsgebaseerde vervoer-
en navigasietoepassing, (toep (app) wat ontwikkel is om reisigers te help
om hul rigting te vind) gesluit, om aanwysings vir reisigers na alle toerisme
gegradeerde ondernemings te gee.
Stel jou voor jy bestuur deur verkeer op pad na ʼn bestemming terwyl jy na
die beste roete soek. Waze laat ondernemings, of dit ʼn hotel, bed & ontbyt
of konferensiebestemming is, op die gebruiker se kaart op hulle selfoon of
tablet verskyn om hulle in die regte rigting te stuur. ‘Deur van Waze gebruik
te maak spaar reisigers tyd op die pad, geld op brandstof en uitlating van
gas in die omgewing.’
Deur gebruik te maak van nuwe tegnologie soos Waze, is ʼn wonderlike
geleentheid om TGRSA se benadering oor die gebruik van moderne
tegnologie uit te lig en hoe dit ondernemings kan help om herken te word
op ʼn toestel in die palm van die persoon se hand.
[Bron: www.southafrica.net]
2.2.1 Gee EEN vereiste vir ʼn reisiger wat die Waze-toepassing wil
gebruik. (2)
2.2.2 Lei EEN voordeel vir die TGRSA af wanneer reisigers die Waze-
toepassing gebruik. (2)
2.2.3 Stel EEN manier voor hoe die Waze-toepassing reisigers met
toerbeplanning kan help. (2)
[34]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3
Gebruik die inligting oor buitelandse valuta om die vrae te beantwoord.
A B C
GBP EUR VSD
BVK 18,78 15,99 14,22
BAK 18,07 15,41 13,89
3.1 Mnr. Dlamini, ʼn besigheidsman van King William’s Town, Oos-Kaap gaan
op ʼn besigheidsreis na Parys, Frankryk. Hy het R22 500,00 om voor sy
vertrek te wissel.
Bereken hoeveel buitelandse valuta hy sal ontvang.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe van jou berekening. (3)
3.2 Mnr. en Mev. Felix van Port Elizabeth, Oos-Kaap gaan hulle kinders in
New York, Verenigde State van Amerika besoek. Hulle wil R37 800,00
wissel voordat hulle Suid-Afrika verlaat.
Bereken hoeveel buitelandse valuta hulle sal ontvang.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe van jou berekening. (3)
3.3 Thando en Johnathan van Oos-Londen, Oos-Kaap is vriende wat op ʼn
toer na die Verenigde Koninkryk was. Met hulle terugkeer het hulle £17
om vir Suid-Afrikaanse rand te wissel.
Bereken hoeveel rand hulle sal ontvang.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe van jou berekening. (3)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 15
3.4 Bestudeer die beeld en beantwoord die vrae.
RAND SE WAARDE NEEM AF
3.4.1 Gee die betekenis van die afkorting, ‘BBP’. (1)
3.4.2 Verduidelik die verhouding, soos deur die legkaartstukke
uitgebeeld, tussen die BBP van Suid-Afrika en die Suid-
Afrikaanse ekonomie. (2)
3.4.3 Bespreek die effek van die vermindering van die waarde van die
rand op internasionale inkomende toerisme, soos hierbo
uitgebeeld. (2 x 2) (4)
[16]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die beelde van wêreldikone en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
WÊRELDIKONE
4.1.1 Gee die name van die ikone genommer C, D en E. (3 x 1) (3)
4.1.2 Noem die stad waar die ikoon genommer F geleë is. (1)
4.1.3
Mnr. Kammies van Kaapstad
wil ʼn Islamitiese godsdienstige
pelgrimstog onderneem.
(a) Gee die naam van die ikoon wat die beste by sy profiel pas. (2)
(b) Noem die land waarna hy sal moet reis ten einde sy
pelgrimstog uit te voer. (1)
(c) Noem die Islamitiese godsdienstige pelgrimstog wat hy sal
uitvoer met sy besoek aan die ikoon. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 17
4.2 Bestudeer die inligting oor Machu Picchu en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
AANTAL BESOEKERS
MACHU
PICCHU
NUWE
REЁLS VIR
BESOEKERS
2020
4.2.1 Noem die land waar Machu Picchu geleë is. (1)
4.2.2 Verduidelik EEN rede vir die bekendstelling van nuwe reëls vir 2020
deur na die ikoon se besoekersgetalle te verwys. (2)
4.2.3 Identifiseer TWEE items wat verbied is ten einde die vloei van
besoekers op die terrein te verbeter. (2 x 2) (4)
4.2.4 Machu Picchu is een van die wêreld se mees ikoniese argeologiese
terreine. Daar is egter groot kommer oor die impak van toerisme op
die bewaring van Machu Picchu.
Skryf ʼn paragraaf waarin jy VIER maniere bespreek hoe die nuwe
reëls die impak van besoekers op die terrein sal beperk
(verminder). (4 x 2) (8)
[24]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 5
Bestudeer die inligting oor Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
WÊRELDERFENISTERREIN A WÊRELDERFENISTERREIN B
5.1 Identifiseer die Wêrelderfenisterreine, opgeskryf as kulturele landskappe
op die UNESCO Wêrelderfenislys, genommer A en B. (2 x 2) (4)
5.2 Die Wêrelderfenisterreine genommer A en B het beide die vereistes van
UNESCO se kriteria (v) nagekom.
UNESCO KRITERIA (v):
“Om ʼn uitstekende voorbeeld te wees van ʼn tradisionele menslike
nedersetting, landgebruik of seegebruik wat verteenwoordigend is van ʼn
kultuur (of kulture), of menslike interaksie met die omgewing, veral wanneer
dit kwesbaar geword het onder die impak van onomkeerbare verandering.”
5.2.1 Identifiseer die natuurlike verskynsel wat tot die verval van die
kulturele vestiging in die Wêrelderfenisterrein genommer A gelei
het. (2)
5.2.2 Verwys na die Wêrelderfenisterrein genommer B:
Verduidelik TWEE metodes wat die San-mense gebruik om skaars
hulpbronne in ʼn uiters vyandige omgewing te ontgin soos deur hulle
voorvaders oor ʼn tydperk van duisende jare beoefen.
(2 x 2) (4)
5.3 UNESCO beskou die toekenning van ʼn lisensie vir mynbou 5 km van die
grens van die Wêrelderfenisterrein genommer A as ʼn bedreiging. Planne
om die myn van steenkool te hervat is opgeskort en dit is onseker wanneer
mynbou weer ʼn aanvang sal neem.
Stel EEN negatiewe impak van mynbou op die toekoms van die terrein
voor. (2)
[12]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 19
VRAAG 6
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae.
*Famil: ʼn Gratis of laekoste reis aangebied vir reisagente of konsultante deur ʼn groothandelaar of
lugdiens as ʼn manier om aan hulle moontlike dienste bekend te stel.
Aandag alle Australiaanse en Nieu-Seeland reiskonsultante …
Dit is nuut, dit is pret en jy kan 1 van 6 plekke op ʼn famil na Suid-Afrika in 2020
wen.
Laai Suid-Afrikaanse Toerisme se opleidingstoepassing nou af:
Hoe meer jy die speletjie speel en suksesvol elke opleidingsvlak voltooi, hoe meer
sterre sal jy verdien. Elke ster verdien gee jou een toegangskaartjie vir ons
kompetisie. Hoe meer sterre jy verdien, hoe groter die kans dat jy na Suid-Afrika
kan vlieg.
Wenners sal ʼn 7-nag famil na Suid-Afrika geniet, insluitend retoer ekonomieseklas
vlugte van South African Airways en 4 tot 5 ster verblyf ingesluit ʼn luukse
wildreservaat-ervaring, die meeste maaltye en aktiwiteite geborg deur Australië se
opkomende Afrika-groothandelaar, MW Tours.
Kompetisie sluit 10 Januarie 2020. Beste wense!
[Verwerk uit www.southafrica.net]
6.1 Identifiseer die bemarkingsplatform deur SAToerisme gekies om
Australiaanse en Nieu-Seeland reisagente in hul opleidingspeletjie-
kompetisie in te sluit. (2)
6.2 Verduidelik hoe die SAToerisme bemarkingsveldtog tot ʼn toename in
Australiaanse en Nieu-Seeland besoekers na Suid-Afrika kan lei. (3 x 2) (6)
6.3 Bepaal die TWEE kernfunksies van SAToerisme wat deur hierdie
bemarkingsveldtog bereik is. (2 x 2) (4)
6.4 Bespreek hoe SAToerisme hul handelsmerk geïnkorporeer het om die
bemarkingsveldtog te versterk. (2)
[14]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING D: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die daaropvolgende
vrae.
Tourvest is Suider-Afrika se voorste geïntegreerde (verenigde)
toerismegroep wat verskeie besighede bedryf van reisbestuur-
maatskappye, hotelle, herberge en restaurante tot handewerk-,
aandenking- en juwelierswarewinkels en buitelandse valuta handelaars.
Tourvest se maatskaplike verantwoordelikheidsprogramme ondersteun
volhoubare maatskaplike ontwikkeling deur gemeenskapsontwikkelings-
programme.
Die onderstaande is begunstigdes van Tourvest en hul onderskeie
afdelings se KMB-beleid:
7.1.1 Identifiseer die begunstigde deur die bypassende letter, genommer
A, B, C of D, te gee wat bewys dat Tourvest die onderstaande
pilare van volhoubare toerisme ondersteun:
(a) Omgewing (2)
(b) Sosiaal (2)
(c) Ekonomies (2)
7.1.2 Stel EEN manier voor hoe Afrika Tikkun se Beroepsgereedheids-
program aan leerders ʼn blinker toekoms kan bied. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 21
7.2 Bestudeer die brosjure en beantwoord die daaropvolgende vrae.
!Khwa ttu: As ʼn unieke reisbestemming
en opleidingsentrum, by !Khwa ttu
kombineer ons kultuur en erfenis,
avontuur en ontspanning, asook
opvoeding en daardeur gee ons ʼn nuwe
verstandhouding aan die frase, ‘San Gees
Gedeel’.
*SAN GEES GEDEEL
By ||Kabbo Akademie, by !Khwa ttu gebaseer, ontwikkel ons
vaardighede om die plaaslike San voor te berei vir
indiensneming, om hulle die vermoë te gee om hul gesinne te
onderhou. Deur ons Toerisme Opleidingsprogram word
werklose jong San geleer hoe om natuur- en kultuurgidse te
wees en vaardighede te ontwikkel met die doel om in diens
geneem te word in die gasvryheidsbedryf. Hierdie program
ontwikkel vaardighede wat die San help om die werkplek te
betree.
By !Khwa ttu is ons verbind tot die bewaring van biodiversiteit
en die aanmoediging van ʼn volhoubare omgewing. Deur ons
natuurprojek laat !Khwa ttu die grond toe om van boerdery te
herstel en verwyder indringerplante. Inheemse wild word weer
ingebring. Water- en energiebesparingsmaatreëls is ingestel.
Op 24 September 2018 het ons ons wêreldklas !Khwa ttu San
Erfenissentrum geloods. Die sentrum is toegewy aan die
geskiedenis, lewens, uitdagings en suksesse van alle San
groepe in Suider-Afrika. Hierdie is die enigste Erfenissentrum
in die wêreld wat aan die San toegewy is en die San kultuur en
gelowe demonstreer. San kunstenaars en vakmanne maak en
verkoop hulle produkte by die sentrum. Ons neem regverdige
handelsbeginsels in ag in ons onderhandelinge met hierdie
kunstenaars en vakmanne in ag.
Ons unieke, San-Begeleide eBike toer na ʼn San kulturele dorp
word deur mense van die plaaslike gemeenskap gelei en gee
ʼn begrip van die tradisionele leefstyl van die San, hul kultuur,
erfenis en antieke oorlewingsvaardighede.
7.2.1 Identifiseer TWEE aktiwiteite wat besoekers aan !Khwa ttu tydens
hulle besoek kan geniet. (2 x 2) (4)
7.2.2 Lys TWEE Regverdige Handelsbeginsels wat die bestuur van
!Khwa ttu kan volg in hulle onderhandelinge met San-kunstenaars
en vakmanne. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
7.2.3 Bespreek DRIE maniere waarby die San mense by !Khwa ttu
betrokke ʼn inkomste kan verdien om hul lewenskwaliteit te
verbeter. (3 x 2) (6)
7.2.4 Stel TWEE strategieë (planne) voor wat die bestuur van !Khwa ttu
kan implementeer om:
(a) Water en energie te bespaar (2 x 2) (4)
(b) Omgewingsbewuste toeriste na die bestemming te lok (2 x 2) (4)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 23
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die uittreksel en beelde hieronder en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
Hong Kong is bekend as ʼn inkopie-paradys. Daar is egter so veel meer aan
Hong Kong as inkopies doen. Besoekers kan uitsigte van die stad vanuit die
hoogtes geniet, plaaslike kossoorte proe, fees vier en sportkompetisies kyk.
Hong Kong is ook ʼn middelpunt van handeldryf, lugreis, finansies,
konferensies, uitstallings en handelskoue.
Sedert Junie 2019 het anti-regering protesaksie Hong Kong vir maande
geteister en die situasie blyk nie vinnig op te klaar nie.
[Verwerk uit twitter.com]
8.1.1 Klassifiseer die voorbeeld van ʼn politieke situasie in die uittreksel
hierbo. (2)
8.1.2 Bespreek VIER nagevolge van die politieke situasie wat tot die
koerantopskrif: ‘Hotelle in Hong Kong ervaar kansellasies en ʼn
afname in besprekings’, gelei het. (4 x 2) (8)
8.1.3 Stel EEN ander maatreël voor, behalwe vir vermindering in
hotelkamer-tariewe, wat die Hong Kong hotelbedryf kan instel om die
negatiewe impak van die politieke situasie te oorkom. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2020)
8.2 Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
[Bron: SA Tourism Performance Report: January–December 2018, 2019]
8.2.1 Identifiseer die streke wat getoon het dat meer as die helfte van
die toeriste se hoofrede vir hul besoek aan Suid-Afrika vakansie
was. (4 x 1) (4)
8.2.2 Bespreek EEN faktor (rede) wat bygedra het tot die Asië-streek,
veral Sjina, se verbeterde prestasie in terme van besigheidsreise
na Suid-Afrika in 2018. (2)
8.2.3 Verduidelik die waarde van statistiek vir die toerismebedryf. (2)
[20]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) TOERISME 25
VRAAG 9
Bestudeer die vloeidiagram oor kliënteterugvoer en beantwoord die vrae.
9.1 Identifiseer die metode deur ABC-hotel gebruik om terugvoer van hul
gaste te kry. (2)
9.2 Beskryf die hoof kliënteklagte oor swak dienslewering, deur die bestuur van
ABC-hotel geïdentifiseer, na afloop van ʼn analise van die terugvoerdata. (2)
9.3 Stel DRIE strategieë voor wat die bestuur van ABC-hotel kan inbring om
die terugvoer van hul gaste aan te spreek. (3 x 2) (6)
[10]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef/v1-ff348dde093dc3c903f8/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Errata
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Errata
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper