Skip to content

Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12202124 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 TOERISME PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND. 3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. In VRAE 3.1, 3.2 en 3.3.1 EN 3.3.2 moet jy jou antwoorde tot TWEE desimale plekke afrond. 6. Toon ALLE berekeninge. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) A 1 Kortvrae 40 20 Kaartwerk en 2 Toerbeplanning B 50 50 Buitelandse 3 Valutaverhandeling 4 Toerisme Attraksies Kultuur- en C 5 50 50 Erfenistoerisme 6 Bemarking 7 Toerismesektore D Volhoubare en 30 30 8 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike-, Streeks- 9 en Internasionale E Toerisme 30 30 Kommunikasie en 10 Kliëntediens TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A. 1.1.1 Die tyd in Japan as dit 16:00 op 1 Junie in Suid-Afrika is. A 11 nm B 23h00 C 23:00 D 11 uur in die nag 1.1.2 In 2022, sal … die eerste Midde-Oosterse nasie asook die kleinste land wees wat gasheer vir die FIFA-Wêreldbeker is. A Irak B Katar C Israel D Jordanië 1.1.3 Met ʼn visumaansoek moet ʼn … aan die owerhede van die land wat besoek wil word ingedien word. A voltooide aansoekvorm en bevestiging van indiensneming B voltooide aansoekvorm en besonderhede van gesinslede wat die land in die afgelope vyf jaar besoek het C paspoort en gesinsgeskiedenis D kleur foto’s en DHA 73 vorm 1.1.4 Voorbeelde van politieke situasies: A Burgeroorlog en natuurrampe B Ongelukke en uitbreek van siektes C Terrorisme en resessies D Algemene onluste en terrorisme 1.1.5 ʼn Suid-Afrikaanse reisiger sal aansoek doen vir ʼn Schengenvisum as hy/sy … wil besoek. A Zambië B Italië C Australië D Kanada Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.6 Volgens UNESCO se kriteria, is/verteenwoordig die Wieg van die Mensdom … A ʼn meesterstuk van menslike kreatiewe vernuf. B ʼn uitstaande voorbeeld van ʼn tipe gebou. C hoofstadiums in die geskiedenis van die aarde. D ʼn unieke bewys van ’n beskawing wat verdwyn het. 1.1.7 ʼn IBP … A is ʼn lengtelyn wat op 180° gevind word. B staan vir In Diepte Besonderhede Profiel en word deur reisagente gebruik om die behoeftes, voorkeure en verwagtinge van ʼn toeris te bepaal. C bekragtig die draer se bestuurderslisensie in die buiteland. D laat ʼn reisiger toe om ʼn vreemde land binne te gaan. 1.1.8 Die vorm van betaling hieronder … A word hoofsaaklik vir kleiner aankope gebruik. B is PIN-beskerm en nie aan ʼn bankrekening gekoppel nie. C vind plaas oor ʼn gerekenariseerde netwerk, van een bankrekening na ʼn ander. D laat nie toe dat die gelde ontvang vir kontant verruil word nie. 1.1.9 ʼn Toerismeonderneming wat beurse aan voorheen benadeelde leerders bied is ʼn voorbeeld van … A BSEB. B plaaslike verkryging. C driedubbele-slotreëlbenadering. D KMB. 1.1.10 Die Vatikaanstad is … A ʼn plek van gebed en pelgrimstog wat heilig is vir Jode. B die geestelike sentrum vir lede van die Katolieke geloof. C die oudste Islamitiese monument in die wêreld. D ʼn bekende Romeinse paleis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 5 1.1.11 Toeriste wat ʼn paar woorde in ʼn buitelandse taal aanleer voordat hulle die land waarin die taal gepraat word besoek, beoefen … A KMB. B Regverdige Handel Toerisme (Fair Trade Tourism). C verantwoordelike toerisme. D volhoubare toerisme. 1.1.12 Een van Suid-Afrika se grootste reis-, buitelug- en avontuur geleenthede: A Comrades Marathon B Indaba C Getaway-skou D WRM (WTM) Afrika 1.1.13 Oorwegings vir die bestuur met die beplanning van die professionele beeld van hulle onderneming: A Skryfbehoeftes, kliëntediensbeleide, personeel selfoonbeleid B Kenteken, personeel ontspanningsarea, slagspreuk C Voorkoms van die onderneming, ouderdom van personeel, ligging van die personeelrestaurant D Slagspreuk en kenteken, skryfbehoeftes, voorkoms van die onderneming 1.1.14 Die skade wat deur ʼn … veroorsaak is, word in die onderstaande beeld getoon. A aardbewing B veldbrand C droogte D vulkaniese uitbarsting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.15 ʼn Reisverwante siekte wat nie deur inenting verhoed kan word nie: A Malaria B Geelkoors C Hepatitis A D Masels 1.1.16 Die Richtersveld Kulturele- en Botaniese Landskap Wêrelderfenisterrein word deur die … gemeenskap besit en bestuur. A Nama B San C Damara D Himba 1.1.17 ʼn Kommersiële bank wat ZAR vir GBP ruil vir ʼn Suid-Afrikaanse reisiger voor sy vertrek, sal van die … gebruik maak. A BBP B BVK C BAK D EFO 1.1.18 Die kernfunksie van SAToerisme: A Misdaadbekamping B Koördinering van die bemarkingspogings van rolspelers in die toerismebedryf C Koördinering van die onderhoud van aantreklikhede D Bied opleiding aan toergidse 1.1.19 ʼn Voorbeeld van goedere wat deur Suid-Afrikaanse doeane as beperkte goedere beskou word: A Een maand se voorraad van farmaseutiese middels of medisyne vir persoonlike gebruik met ʼn dokter se voorskrif B 150 sigarette C 1 ℓ wyn D ʼn 50 mℓ bottel parfuum 1.1.20 Suid-Afrika se huidige handelsmerk slagspreuk: A “Niks is meer pret nie” (“Nothing is more fun”) B “Inspirerende nuwe maniere” (“Inspiring new ways”) C “Dit is moontlik” (“It’s possible”) D “Joune om te ontdek” (“Yours to explore”) (20 x 1) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 7 1.2 Kies die term/begrip vanuit die gegewe lys wat die beskrywings die beste voltooi. Skryf slegs die term/begrip langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Herbesoeke; Markaandeel; Kredietkaart; Die Parthenon; Kringtelevisiekameras; Kontant; Colosseum; Vermenigvuldigereffek 1.2.1 Die persentasie buitelandse inkomende toeriste in ʼn land. 1.2.2 Die beste betaalmetode vir ʼn toeris wat ʼn huurmotor gebruik. 1.2.3 ʼn Romeinse arena wat vir openbare geleenthede gebruik word. 1.2.4 ʼn Faktor wat tot die sukses van ʼn toeriste-aantreklikheid bydra. 1.2.5 ʼn Eienskap van ʼn suksesvolle toeriste-aantreklikheid. (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 ʼn Reisiger wat Suid-Afrika binnekom en ʼn pakkie vir ʼn vriend dra wat deur die vriend se ma gepak is, behoort die (rooi/groen) kanaal met aankoms by doeane te kies. 1.3.2 Dagligbesparingstyd word in sekere lande beoefen deur hulle horlosies EEN uur vorentoe te skuif in die (winter-/somer-) maande. 1.3.3 (Vlugvoosheid/vluguitputting) is ʼn reisverwante toestand wat deur lang ure vlieg in ʼn vliegtuig veroorsaak word. 1.3.4 (Indië/Sentraal-Afrika) is ʼn geelkoors endemiese gebied. 1.3.5 ʼn Paspoort wat aan ʼn Suid-Afrikaanse burger op die ouderdom van 12 jaar uitgereik word, is geldig vir (10/5) jaar vanaf die datum van uitreiking. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 1.4 Kies ʼn aantreklikheid/bestemming uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 ʼn Reuse standbeeld uit kalksteen A ǂKhomani Kulturele gemaak, wat in Giza, Egipte geleë is Landskap 1.4.2 ʼn Simbool van die skeiding tussen B Baberton Makhonjwa demokrasie en kommunisme tydens Berge die Koue Oorlog 1.4.3 Op die Suid-Afrikaanse grens tussen C Die Sphinx Botswana en Namibië geleë 1.4.4 Bo-op Corcovado-berg, Rio de D Vredefort Koepel Janeiro, Brasilië geleë 1.4.5 ʼn Welgestelde Afrika koninkryk wat E Standbeeld van 1 000 jaar terug dateer Christus die Verlosser F Die Berlynmuur G Mapungubwe Kulturele Landskap (5 x 1) (5) 1.5 Herrangskik die stappe in die korrekte volgorde vir ʼn inkomende internasionale toeris met sy aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) in Suid-Afrika. Skryf slegs die letters, A–E, in die ANTWOORDEBOEK. A. Vlug land op aanloopbaan 03L/21R by ORTIA. B. Passasier kry bagasie by bagasie-opeisarea. C. Passasier stap deur doeane. D. Passasier gaan lugkant van ORTIA binne. E. Passasier meld by immigrasiebeheer aan. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 9 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTABEHEER VRAAG 2 2.1 Gebruik die wêreldtydsonekaart en die gevallestudie om die vrae te beantwoord. Canberra Switserland Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) WGO AANLYN- PERSKONFERENSIE OOR DIE COVID-19 PANDEMIE Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is ʼn gespesialiseerde agentskap van die Verenigde Nasies en is verantwoordelik vir internasionale openbare gesondheid. WGO-hoofkwartiere: Genève, Switserland Die WGO bied gereeld aanlyn konferensies oor die stand van globale Covid-19 infeksies om sodoende die internasionale gemeenskap met die nuutste inligting op hoogte te hou. Perskonferensies word vanuit die WGO hoofkwartiere uitgesaai. Volgende aanlyn perskonferensie oor die stand van globale Covid-19 infeksies: ❖ Vergaderingsdatum: 3 Maart 2020 ❖ Vergadering begin 15:00 Kliek op die gegewe skakel om by die globale aanlynvergadering aan te sluit: https://global.zoom//covid19update//pandemic 2.1.1 Bereken die tyd en datum wat die VSA Sekretaris van Gesondheid, mnr. Xavier Becerra, by die aanlyn-perskonferensie vanuit sy kantore in Washington DC, die hoofstad van die Verenigde State van Amerika, aangesluit het. LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (4) 2.1.2 Bereken die tyd en datum wat die Australiese Minister van Gesondheid, die agbare Greg Hunt, by die aanlyn- perskonferensie vanuit sy kantore in Canberra, die hoofstad van Australië, aangesluit het. Onthou dat Australië tydens die aanlyn-perskonferensie dagligbesparingtyd beoefen het. LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 11 2.1.3 Suid-Afrika het by die res van die wêreld aangesluit in die soektog na Covid-19 inentings. Die eerste besending inentings is op ʼn Emirates Lugdiens vlug wat van Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale Lughawe in Mumbai, Indië op pad na OR Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika op 31 Januarie 2021 gelaai. Die vlugroete word hieronder aangedui. Vertrek Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale 04:30 Lughawe – Mumbai, Indië Aankoms Dubai Internasionale Lughawe – Dubai, Verenigde 06:00 Arabiese Emirate Wagtydperk: 3 uur 55 min Vertrek Dubai Internasionale Lughawe – Dubai, Verenigde 09:55 Arabiese Emirate Aankoms: OR Tambo Internasionale Lughawe – -------- Johannesburg, Suid-Afrika Totale vliegtyd 15 uur 15 min (a) Bereken die datum en tyd van aankoms van die vlug by OR Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika. LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (6) (b) Die bemanningslede van die Emirates Lugdiens vlug wat inentings na Suid-Afrika vervoer het, het aan vlugvoosheid met hulle aankoms gely. Lys DRIE simptome van hierdie reisverwante toestand. (3) (c) Met hulle aankoms in Suid-Afrika moet die bemanningslede van die Emirates Lugdiens vlug met hulle persoonlike bagasie deur doeane beweeg. Verduidelik die funksie wat deur doeanebeheer uitgeoefen word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 2.2 Bestudeer die beeld en teks en beantwoord die vrae wat volg. A B C 2.2.1 Identifiseer die verpligte reisdokument in die bostaande prent. Verwys na die letters A, B of C in jou antwoord. (2) 2.2.2 Verduidelik die gebruik van die reisdokument genommer C. (2) 2.2.3 As gevolg van reisbeperkings wat na aanleiding van die Covid-19 pandemie in plek gestel is, oorweeg sommige lande inenting- paspoorte. Hierdie is ʼn digitale sertifikaat, met bewys van inenting, wat op die passasier se slimfoon gestoor word en as bewys van inenting dien en hulle toelaat om te reis. Bespreek TWEE voordele van ʼn reisiger om in besit van ʼn inentingpaspoort te wees as hy/sy internasionaal reis. (4) 2.3 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae. Keer terug na ʼn nuwe konferensie-ervaring waar u veiligheid gelykstaan met ons bekende gasvryheid. 2.3.1 Identifiseer die tipe toeris wat ʼn konferensie wat aan Covid-19 vereistes voldoen by een van Tsogo Sun se hotelle sal bywoon. (1) 2.3.2 Stel TWEE Covid-19 veiligheidsmaatreëls voor wat die konferensie-organiseerder van Tsogo Sun in plek moet hê. (4) [33] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 13 VRAAG 3 Bestudeer die onderstaande wisselkoers tabel en beantwoord die vrae wat volg. Land Geldeenheid-kode BAK BVK Italië EUR 16,39 16,98 Engeland GBP 19,06 19,77 VSA USD 13,54 13,87 3.1 ʼn Suid-Afrikaanse besigheidseienaar beplan ʼn besigheidsreis na Rome, Italië. Hy het R45 000 om vir sy uitgawes gedurende die reis te wissel. Bereken die aantal Euro’s wat hy sal ontvang wanneer hy sy R45 000 wissel. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.2 Met sy terugkeer na Suid-Afrika het die besigheidseienaar €23 van sy reisgeld oor. Bereken hoeveel Rand hy sal ontvang wanneer hy die €23 wissel. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.3 Siya is ʼn top graad 12 akademiese presteerder by sy Oos-Kaapse skool. Wanneer hy sy skoolloopbaan voltooi, wil hy medies studeer en spaar reeds baie jare sy geld. Hy het R175 000 vir sakgeld gespaar. Hy het aansoek gedoen, en is by die Universiteit van Kalifornië, VSA en die Universiteit van Oxford, Engeland, aanvaar. 3.3.1 Bereken hoeveel USD Siya sal ontvang as hy R175 000 wissel ter voorbereiding vir sy reis. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.3.2 Bereken hoeveel GBP Siya sal ontvang as hy R175 000 wissel ter voorbereiding vir sy reis. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.3.3 Bepaal in watter land Siya die meeste sakgeld gaan hê terwyl hy medies studeer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 3.4 Bestudeer die prent en beantwoord die vraag wat volg. Bespreek die impak van die afname in die waarde van die Rand in verhouding tot die VS Dollar met betrekking tot inkomende toeriste vanuit die Verenigde State van Amerika na Suid-Afrika. (2 x 2) (4) [17] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 15 AFDELING C: TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die reis-visiebord (travel vision board) (ʼn collage van al die plekke waarna jy wil reis) wat jy geskep het met prente van die wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Gee die amptelike name van die ikone genommer A tot F op jou reis-visiebord. (6) 4.1.2 Verskaf die volgende inligting oor jou reis-visiebord: (a) Die aantal vastelande/kontinente wat jy gaan besoek. (2) (b) Die naam van die land waarin TWEE ikone gevind kan word. (2) (c) EEN natuur-gebaseerde aktiwiteit waaraan jy kan deelneem as jy die ikoon genommer A besoek. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) 4.2 Bestudeer die inligting oor Venesië en beantwoord die vrae wat volg. In voor-Covid-19 tye het Venesië, met ʼn beraamde bevolking van 54 000, meer as 30 miljoen toeriste jaarliks verwelkom, (±60 000 tot 80 000 toeriste per dag) waarvan die helfte dagbesoekers was. Van April tot Oktober, het luukse toerskepe na die stad gestroom en ±32 000 passasiers het daagliks die nou strate ingevaar. Die oorbevolking het tot ʼn ongewenste omgewing vir plaaslike inwoners en besoekers gelei. In 2017 het die stadsowerhede verskeie maatreëls ingestel om toerisme op ʼn meer volhoubare manier te bestuur. Die oopmaak van nuwe kitskos afsetpunte is verban en die getal winkels wat pizzastukke, kebabs en ander soorte kitskos verkoop, is beperk. ʼn Verbod is ook geplaas op die oopmaak van nuwe hotelle in die middestad. Soos die stad regmaak om weer besoekers te ontvang, maak owerhede van die geleentheid gebruik om dinge anders te doen. Vanaf 2021, word luukse toerskepe wat meer as 40 000 ton weeg verban om die Venesië- strandmeer en kanaal, wat tot die historiese St Mark’s-plein lei, binne te gaan. Hulle word na nabygeleë hawens herlei. In Januarie 2022, word ʼn toerisme-heffing op enige persoon wat Venesië binnegaan sonder ʼn oornagbespreking gehef. [Verwerk uit https://edition.cnn.com & www.thelocal.it] 4.2.1 Identifiseer die hoofbron van kommer, deur toerisme veroorsaak, wat deur die stadsowerhede van Venesië bestuur moet word. (2) 4.2.2 Gee EEN rede waarom Venesië ʼn gewilde ikoon is. (2) 4.2.3 Stel TWEE faktore voor, wat tot die besluit van die stadsowerhede om stappe teen kitskos afsetpunte in Venesië te neem, gelei het. (2 x 2) (4) 4.2.4 Bespreek TWEE voordele vir die omgewing wat uit die verbod op groot luukse toerskepe voortspruit. (2 x 2) (4) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 17 VRAAG 5 Bestudeer die beeld van ʼn Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisterrein en beantwoord die vrae wat volg. 5.1 Identifiseer die Wêrelderfenisterrein in die beeld. (2) 5.2 Noem die provinsie waarin ʼn toeris moet wees om die Wêrelderfenisterrein te kan besoek. (2) 5.3 UNESCO, in vennootskap met die Afrika Wêreld Erfenisfonds (African World Heritage Fund) hou van tyd tot tyd ʼn #MyAfricanHeritage Instagram kompetisie vir jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 32. Deelnemers moet hul prente of video’s van ʼn Afrika UNESCO Wêrelderfenisterrein oplaai deur van die hutsmerk #MyAfricanHeritage gebruik te maak. Die prente of video’s wat opgelaai is moet die unieke karakter van ʼn Afrika UNESCO Wêrelderfenisterrein uitbeeld om ʼn kans te staan om een van die pryse te wen. 5.3.1 Jy besluit om vir die kompetisie in te skryf en reël met jou familie om die Wêrelderfenisterrein in bostaande beeld te besoek. Noem DRIE tipes landvorme waarvan jy foto’s geneem het om die geografiese diversiteit van die Wêrelderfenisterrein uit te beeld. (3 x 2) (6) 5.3.2 Stel TWEE maniere voor waarby UNESCO se Afrika Wêrelderfenisterrein Instagram kompetisie waarde tot Suid-Afrika se toerismebedryf sal voeg. (2 x 2) (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 6 Bestudeer die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Verwerk uit https://twitter.com/southafricauk] 6.1 Identifiseer die bronteikenmark wat deur SAToerisme in sy Twitter bemarkingsveldtog geteiken is. (2) 6.2 SAToerisme #MeetSouthAfrica bemarkingsveldtog is herdoop na #MeetSouthAfricaLater as gevolg van die Covid-19 pandemie se internasionale reisbeperkings. Stel TWEE redes voor vir SAToerisme se Twitter inskrywing van 31 Mei 2020. (2 x 2) (4) 6.3 Die WRM (WTM) is die leier in globale geleenthede vir die reisbedryf om professionele mense in die bedryf te ontmoet en mee besigheid te doen. Verduidelik hoe SAToerisme befonds word om Suid-Afrika as ʼn voorkeurbestemming by die WRM (WTM) te bemark. (3 x 2) (6) [12] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 19 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Lees die koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg. Kajuitbemanningslid daag bekende Suid-Afrikaanse lugdiens voor die hof vir onregverdige ontslag. Susan Smith, kajuitbemanningslid van Penika Lugdiens, het die lugdiens vir onregverdige ontslag voor die hof gedaag. Dit is nadat sy ontslaan is omdat sy op ʼn vlug van Port Elizabeth na Johannesburg aan die slaap geraak het. Smith beweer dat sy ʼn 14- uur skof sonder ʼn ruskans moes werk nadat twee van haar kollegas siek geword het en nie hulle skofte kon doen nie. Volgens die HUB van Penika Lugdiens, Themba Njengane, moes die lugdiens hulle vlugskedule op 31 Januarie aanpas aangesien twee van hul vliegtuie weens meganiese probleme nie kon vlieg nie en twee personeellede siek geword het. In ʼn verklaring het Njengane genoem dat dit jammer is dat Smith ʼn 14-uur skof sonder ruskans moes werk, maar sy het aan die slaap geraak terwyl sy passasiers se maaltye bedien het. Njengane het genoem dat Smith op ʼn onprofessionele manier opgetree het toe sy teenoor die passasiers gekla het omdat sy 14-uur sonder ʼn ruskans moes werk. Die bestuur van Penika Lugdiens het gevoel dat Smith se optrede haar onmiddellike ontslag (afdanking) geregverdig het. 7.1 Noem die kontrak wat Susan met haar indiensneming by Penika Lugdiens moes geteken het. (1) 7.2 Gee EEN rede waarom dit belangrik vir werknemers is om die kontrak genoem in VRAAG 7.1 te onderteken. (2) 7.3 Identifiseer die dokument wat Susan nie gehoor aan gegee het nie (oortree het) toe sy op ʼn onprofessionele manier opgetree het en teenoor die passasiers oor haar werksure gekla het. (1) 7.4 Lys TWEE redes waarom ʼn besigheid die dokument waarna daar in VRAAG 7.3 verwys is, moet hê. (2 x 2) (4) 7.5 Gee jou opinie oor die geldigheid van die stelling deur die HUB van Penika Lugdiens, Themba Njengane, oor Susan se onprofessionele gedrag. (2) 7.6 Kajuitbemanningslede werk onder uiters uitdagende omstandighede. Gee EEN rede om hierdie stelling te ondersteun. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 8 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Verantwoordelike Omgewingsbestuur by Mashovhela Lodge – Morning Sun Natuurreservaat Morning Sun Natuurreservaat is ʼn Nasionale Erfenisterrein, geken vir sy unieke biodiversiteit, wat in die Soutpansberge, Limpopo Provinsie geleë is. Bestuur by Mashovhela Lodge is bewus van hulle verantwoordelikheid om die diversiteit en natuurlike skoonheid van die reservaat vir toekomstige geslagte te bewaar en om soveel moontlik mense op te voed oor bewaring van ons planeet. Mashovhela Lodge is ʼn Regverdige Handel Toerisme (Fair- Trade Tourism) geakkrediteerde maatskappy wat die ontwikkeling van volhoubare toerisme in Suid-Afrika ondersteun en die ses beginsels van Regverdige Handel Toerisme handhaaf. Hieronder is verskeie maniere hoe Mashovhela Lodge skade aan die omgewing verhoed en eko-vriendelike beginsels insluit: [Verwerk uit www.morningsun.co.za] 8.1 Lys TWEE van die SES beginsels van Regverdige Handel Toerisme. (2) 8.2 Bespreek die waarde van ʼn Regverdige Handel Toerisme akkreditasie vir Mashovhela Lodge. (4) 8.3 Stel EEN strategie voor, onder elk van die onderstaande opskrifte, wat Mashovhela Lodge kan implementeer om hul verbintenis aan verantwoordelike omgewingsbestuur te toon: 8.3.1 Afvalbestuur (2) 8.3.2 Watertoevoer (2) 8.3.3 Hernubare energie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 21 8.4 Verduidelik EEN rede waarom Mashovhela Lodge mense oor die beskerming van ons planeet moet opvoed. (2) 8.5 Volhoubare toerisme behels meer as om te verseker dat die omgewing goed opgepas word. Stel EEN manier voor hoe Mashovhela Lodge verseker kan wees dat hulle die onderstaande pilare van volhoubare toerisme handhaaf: 8.5.1 Sosiale pilaar (2) 8.5.2 Ekonomiese pilaar (2) [18] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING E: BINNELANDSE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die uittreksel en beelde hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. G7-BERAAD IN CORNWALL, VERENIGDE KONINKRYK: Vreugde en bekommernis toe Carbisbaai gekies is om gasheer vir die beraad te wees Die kusdorpie Carbisbaai in die distrik, Cornwall, met ʼn bevolking van ongeveer 4 000, is gekies as die hoofgasheer van die G7-beraad wat vanaf 11 tot 13 Junie 2021 gehou word. St. Ives en Falmouth, saam met ander dorpe in die omgewing, sal ondersteuning aan Carbisbaai bied. Plaaslike leiers voel om gasheer te wees van die G7-beraad in Cornwall sal ʼn wonderlike geleentheid bied om die streek aan die wêreld bekend te stel. Plaaslike mense verwag ook ʼn ekonomiese hupstoot met die huisvesting van wêreldleiers, internasionale afgevaardigdes en die media, maar is bekommerd oor potensiële chaos in die klein kusdorpie en omliggende gebiede. [Verwerk uit www.bbc.com] 9.1.1 Verduidelik EEN rede wat plaaslike leiers beïnvloed het om die volgende stelling te maak: “Om gasheer te wees van die G7-beraad in Cornwall sal ʼn wonderlike geleentheid bied om die streek aan die wêreld bekend te stel.” (2) 9.1.2 Stel TWEE insidente (gebeurtenisse) voor wat die lewens van die inwoners sou ontwrig gedurende die weke en dae voor die G7- beraad asook tydens die beraad. (2 x 2) (4) 9.1.3 Die globale herstel na die Covid-19 pandemie was een van die hoofbesprekingspunte by die G7-beraad. In ʼn paragraaf, bespreek DRIE maniere waarop hierdie onvoorsiene gebeurtenis die internasionale toerisme-ekonomie negatief beïnvloed het. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) TOERISME 23 9.2 Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. Waarop spandeer internasionale besoekers hulle geld terwyl hulle in Suid-Afrika is? Uiteensetting van totale spandering volgens persentasie en produk gerangskik van hoogste na laagste (2005 – 2017) Totale spandering in 2005 = R51 miljard. Totale spandering in 2017 = R151 miljard. *Nie-spesifieke produkte: Hierdie is produkte wat nie spesifiek aan toerisme-aktiwiteite gekoppel word nie. Inkopies val onder hierdie kategorie. [Bron: www.statssa.gov.za] 9.2.1 Gee die toename in die totale bedrag van internasionale besoekerspandering wat tot die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2017 in vergelyking met 2005 bygedra het. (2) 9.2.1 Identifiseer die jaar waarin die lugvervoer spanderingsitem vir internasionale besoekers die hoogste was. (2) 9.2.3 Stel TWEE maniere voor hoe toerismeondernemings die spandering deur internasionale toeriste kan verhoog. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 10 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. Hellopeter is ʼn platform wat Suid- Afrikaanse verbruikers en ondernemings met mekaar verbind. Ou Hoender Slegte Ervaring 18 Maart 2021, 11:32 Ek het ʼn 514 (Hoender) by TikaThai, Oos-Londen op 17 Maart omstreeks 14:15 bestel. Toe my maaltyd bedien is kon ek proe dat die hoender vrot was. Ek het met die bestuurder gepraat en hy het aangebied om vir my ʼn ander 514 (Hoender) te maak. Toe die nuwe maaltyd bedien is, was die hoender steeds vrot en het selfs erger gesmaak. Die bestuurder het ook gesê hy kon ruik dat die hoender vrot was. Hi Raeez Ons is jammer om te hoor dat jy ongelukkig was met jou maaltyd van TikaThai, Oos-Londen. Ons het hierdie aangemeld by die relevante spanlid om met jou kontak te maak. Ons vra weereens om verskoning vir enige ongerief veroorsaak. Groete, Die TikaThai-span Dit is nou al amper 6 dae en niemand het met my kontak gemaak nie. [Verwerk uit https://www.hellopeter.com] 10.1 Identifiseer die kliënte terugvoermetode wat in die bostaande uittreksel gebruik is. (2) 10.2 Gee EEN voordeel vir verbruikers om diensleweringresensies op die Hellopeter-platform te lees. (2) 10.3 Stel DRIE negatiewe impakte vir die onderneming voor omdat die bestuur van TikaThai nie die intervensieplan wat hulle op die Hellopeter-platform geplaas het opgevolg het nie. (3 x 2) (6) [10] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all