Skip to content

Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12202227 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 27 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 2 10870/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE nuwe vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou vrae soos die nommeringstelsel in die vraestel. 5. Gebruik die puntetoekenning wat aan die einde van elke vraag aangedui is om die lengte van jou antwoord te bepaal. 6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om jou te help om jou tyd vir elke afdeling in te deel. AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD A Kort Vrae 40 20 B Kaartwerk en Toerbeplanning; 50 50 Buitelandse Valutaverhandeling C Toerismebesienswaardighede; 50 50 Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking D Toerisme Sektore; Volhoubare- en 30 30 Verantwoordelike Toerisme E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 3 10870/22 AFDELING A: KORT VRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D 1.1.1 Die doel van die verkryging van kliënteterugvoer is om ... A personeel wat nie hulle werk doen nie, te ontslaan. B ʼn belastingkorting vir al die personeellede te kry. C te weet waar die probleemareas is. D die klagte van die toeris te ignoreer. 1.1.2 Hierdie tipe terugvoer van besoekers aan ʼn hotel kan gedoen word deur die internetblad van die besigheid te besoek: A Terugvoerkaart B Geheimsinnige kliënt C SMS boodskap D Webgebaseerde respons 1.1.3 Die Suid-Afrikaanse handelsmerk is ontwerp om ... A Gauteng, Wes-Kaap en Limpopo provinsies te verteenwoordig. B ʼn eenvormige beeld te skep om Suid-Afrika internasionaal te bemark. C die vennootskap tussen die regering en private organisasies te bemark. D ontwerpers die geleentheid te gee om hulle kreatiewe talent te wys. 1.1.4 Kernmarkte verwys na ... A aantreklike markte met baie toeriste wat Suid-Afrika besoek. B markte met ʼn lae aantal toeriste wat Suid-Afrika wil besoek. C minder aantreklike markte maar met ʼn geleentheid om te groei. D toekomstige markte wat as belangrik beskou word met ʼn gesonde groei. 1.1.5 Die Kaapse Blommeryk Beskermde Gebiede Wêrelderfenisterrein ... A bewaar die geskiedenis van die Nama-stam. B toon bewyse van menslike fossiele. C word as ʼn biodiversiteit konsentrasiepunt beskou. D het beide natuurlike en kulturele eienskappe. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 4 10870/22 1.1.6 Suid-Afrika se 10de Wêrelderfenisterrein, hieronder getoon wat in Mpumalanga geleë is, is die ... genoem. A Mapungubwe Kulturele Landskap B Maloti Drakensberg Park C iSimangaliso Vleiland Park D Barberton Makhonjwa Berge 1.1.7 Die FIFA Sokker Wêreldbeker wat in Qatar in 2022 aangebied word, word as ʼn ... beskou. A politieke situasie B onvoorsiene gebeurtenis C aardeberaad D sportgebeurtenis 1.1.8 Die prent hieronder toon ... A nat vloere. B aangepaste toegang. C bouterreine. D gevaar voor. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 5 10870/22 1.1.9 ʼn Positiewe ekonomiese impak van die aanbieding van die onderstaande wêreldgebeurtenis is: Die Olimpiese Spele, ʼn multi-miljard rand gebeurtenis. A Beleggingsgeleenthede moontlik sal wees. B Te veel geld sal in die gebeurtenis belê word. C Daar sal verhoogde aanvraag vir natuurlike hulpbronne wees. D Daar sal verhoogde waardering vir die kulturele diversiteit wees. 1.1.10 ʼn Faktor wat bydra tot die sukses van ʼn besienswaardigheid soos Tafelberg, is: Ek is u vriendelike toergids – ek sal u wys waar die opritte vir rolstoelgebruikers is A Meer besoekers as wat verwag is B Oorweeg die behoeftes van persone met gestremdhede C Oorweeg meer winkels om aandenkings te koop D Hoër inkomste as wat verwag is 1.1.11 Die tyd in San Francisco (-8) is …, wanneer dit 14:00 in Paris (+1) is. A 07:00 B 05:00 C 23:00 D 21:00 1.1.12 Die COVID-19-pandemie het tot baie veranderinge gelei wanneer internasionaal gereis word. ʼn Moontlike nuwe vereiste is ʼn ... A internasionale bestuurspermit. B inentingsertifikaat. C retoer vlugkaartjie. D geldige paspoort . b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 6 10870/22 1.1.13 Goedere wat as beperkte items deur doeane by ʼn Suid-Afrikaanse lughawe beskou word is: A Gewoontevormende dwelmmiddels B Plofstowwe C Militêre wapens D Bedreigde plante 1.1.14 Fair Trade Toerisme is bekend vir … A die gradering van akkommodasie-instellings. B internasionale bemarking van Suid-Afrika. C die erkenning van verantwoordelike toerismepraktyke. D die verklaring van Wêrelderfenisterreine. 1.1.15 Die 37 doeane kantore in Suid-Afrika word deur ... bestuur. A TGCSA B TBCSA C SAID D WHO 1.1.16 Die ekonomiese pilaar word ondersteun wanneer ... A die aanskaffing en eienaarskap van produkte plaaslik-gebaseer is. B die gemeenskap se kulturele hulpbronne beskerm word. C die hulpbronne in die omgewing goed bestuur word. D die plaaslike gemeenskap vaardigheids- en opleidingsgeleenthede gebied word. 1.1.17 ʼn Geskrewe regsdokument wat die terme en voorwaardes van ʼn werksposisie uitlê, word ʼn ... genoem. A gedragskode B byvoordeel C werkskontrak D beëindiging van diens 1.1.18 Hierdie tipe verlof is ʼn periode van betaalde tyd af, wat deur werkgewers aan werknemers toegestaan word om gebruik te word vir wat die werknemer ook al wil hê: A Kraamverlof B Uniformtoelae C Gesinsverantwoordelikheid D Jaarlikse verlof b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 7 10870/22 1.1.19 ʼn Ontvangspersoon word beskou as goed versorg en dra by tot die professionele beeld van die besigheid wanneer hy/sy ... A baie lang, gemanikuurde naels het. B ʼn baie sterk parfuum dra. C vars asem en skoon tande het. D sy/haar hare laat styl om sy/haar gesig te bedek. 1.1.20 ʼn Sterk rand sal ... tot gevolg hê. A ʼn afname in die Bruto Binnelandse Produk B meer koopkrag vir inkomende toeriste C beperkte internasionale besoekers aan Suid-Afrika D beperkte internasionale reis aan Europa (20 x 1) (20) 1.2 Bestudeer die inligting en die ikone wat in die tabel hieronder gelys is. Vul die ontbrekende woorde in om die onderstaande paragrawe te voltooi. Skryf die naam van die korrekte ikoon langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK. Sodra die internasionale grense oop is na die COVID-19 pandemie, wou Rosie op ʼn reis gaan om ʼn haar ikone te besoek wat sy wou sien. Rosie het ʼn reisplan begin opstel wat sekere van die wêreld se mees bekende ikone insluit. die Windmeulens die Eiffeltoring die Franse Riviera die Switserse Alpe die Parthenon die Taj Mahal MOET-DOEN LYS Rosie se “moet-doen” reis-lys Ek is so opgewonde! Uiteindelik word dit waar. Ek gaan die antieke Griekse struktuur sien wat gebou is vir die Godin Athena. Ek sal die pad vind na dié ou tempel (1.2.1) … wat eens die sentrum van godsdienstige leefwyses en ʼn teken van groot rykdom was. Daarna sal ek na die mees romantiese stad in die wêreld reis. Ek gaan die welbekende gedraaide ysterraamwerk besoek (1.2.2) …, wat jaarliks miljoene toeriste aanlok. Volgende op die lys is die Mediterreense kuslyn waar ek ʼn paar sonskyndae langs (1.2.3) … gaan geniet. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 8 10870/22 Die volgende stop sal my na die land van pragtige berge neem, bekend vir die asemrowende ski-hange, bekend as (1.2.4) … Ja dis reg, ek gaan probeer om teen die hange af te ski – wat ʼn avontuur sal dit wees! My reis sal nie volmaak wees sonder om die grense na Nederland oor te steek nie. Hierdie wêrelderfenisterrein moet gesien word. Natuurlik sal ek tussen (1.2.5) … stap en die antieke (baie oud) wateringenieursisteem sien. Ooo. Ek kan nie wag nie! (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) in hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort. 1.3.1 (Visums/IBP's) is dokumente wat ʼn toeris toegang gee om ʼn land binne te gaan. 1.3.2 Horlosies word met een uur gedurende somer (terug/vorentoe) gedraai om dagligbesparingstyd toe te pas. 1.3.3 Wanneer ʼn toerismebesigheid ʼn leerder se reis na die kus van KwaZulu-Natal borg, spreek hulle die (omgewings/menslike) pilaar van volhoubare toerisme aan. 1.3.4 ʼn Virale siekte wat deur gekontamineerde kos of water versprei word en die lewer aantas, staan bekend as (Hepatitis A/Geelkoors). 1.3.5 ʼn (Gedragskode/Werkbeskrywing) is ʼn stel reëls wat werknemers rig oor hulle gedrag by die werksplek. (5 x 1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 9 10870/22 1.4 Kies ʼn voorbeeld van ʼn natuurlike ramp uit KOLOM B wat die beste by die prent van die natuurlike ramp in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 A Vloede in KwaZulu-Natal B Sikloon Eloise in Suider- Afrika C Vulkaniese uitbarsting in die Filippyne 1.4.2 D Bosbrande in Australië E COVID-19-pandemie F Tornado oor Texas, VSA 1.4.3 Suid van Durban 1.4.4 1.4.5 (5 x 1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 10 10870/22 1.5 Kies die regte kanaal wat vyf toeriste moet volg wanneer hulle op ʼn Suid- Afrikaanse lughawe arriveer. Gebruik die lys hieronder genommer 1.5.1 tot 1.5.5 wat die item/s aandui wat die toeriste in hulle besit het. Skryf slegs “Rooi kanaal” of “Groen kanaal” langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld, 1.5.6 groen kanaal. NOTA: ‘Rooi kanaal’ of ‘Groen kanaal’ mag meer as een keer gebruik word. ROOI KANAAL GROEN KANAAL DOEANE DOEANE Goedere Niks om om te te verklaar verklaar nie 1.5.1 ʼn Stel golfstokke 1.5.2 50 ml botteltjie parfuum 1.5.3 Voorskrifmedisyne – twee maande se voorraad 1.5.4 400 sigarette 1.5.5 ʼn Potplant (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 11 10870/22 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die scenario op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 12 10870/22 WÊRELD JEUG TOERISME BERAAD Die eerste Wêreld Jeug Toerisme Beraad (ʼn inisiatief van die Verenigde Nasies) het in Sorrento, Italië plaasgevind. Dit het om 13:00 op die 15 Augustus 2022 begin. Die organiseerders van die gebeurtenis het kinders en die jeug tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar, uitgenooi om te netwerk met die Verenigde Nasies (VN) se amptenare asook met verskeie belanghebbendes van die toerismebedryf. Karabo Kgobile van Suid-Afrika is uitgenooi om die gebeurtenis by te woon. Karabo se vlug het om 17:00 op 13 Augustus 2022 vanaf Johannesburg vertrek. Haar vliegtyd na Rome, Italië was 13 uur en 30 minute. Sy het van ʼn Uber gebruik gemaak van Rome na Sorrento toe. 2.1.1 Bereken die tyd en die datum wat Karabo se vlug in Rome, Italië aangekom het voordat die Wêreld Jeug Toerisme Beraad 2022 begin het. NOTA: Italië gebruik DBT. (4) 2.1.2 Omdat die Wêreld Jeug Toerisme Beraad ʼn globale gebeurtenis was, was jongmense van ander lande ook uitgenooi om virtueel (aanlyn) deel te neem. Alison Brackenwell van Londen het die beraad aanlyn bygewoon. Bereken die tyd en die datum in Londen toe Alison by die beraad aanlyn aangesluit het. Die beraad het in Sorrento, Italië om 13:00 begin. NOTA: DBT kan geïgnoreer word omdat beide stede DBT gebruik. (4) 2.1.3 Karabo Kgobile het die beraad persoonlik bygewoon. Gee haar raad oor TWEE veiligheidsmaatreëls wat sy in die hotelkamer moet neem. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 13 10870/22 2.2 Verwys na die kaart van die wêreld hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VLUGMOEGHEID OF VLUGVOOSHEID? B A B 2.2.1 (a) Bepaal of ʼn toeris vlugvoosheid of vlugmoegheid op vlug AB sal ervaar. (1) (b) Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.1 (a). (2) 2.2.2 (a) Lys enige TWEE simptome wat ʼn toeris kan ervaar na afloop van vlug AB. Verwys na jou antwoord by VRAAG 2.2.1. (2) (b) Gee enige TWEE maniere om die impak van die simptome, wat in VRAAG 2.2.2 (a) ondervind is, te verminder. (2) 2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WAARSKUWING BILHARZIA “WIE DINK JY IS DIÉ BILL HARZIA OOR WIE ALMAL SO SKREE? IEMAND WAT HIER VERDRINK HET?” [Bron: Aangepas uit: www.cartoonstock.com] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 14 10870/22 2.3.1 (a) Skryf ʼn paragraaf om die vraag wat deur die twee mans in die spotprent gevra word, te beantwoord. Sluit die volgende in die paragraaf in:  Die oorsaak van bilharzia (2)  TWEE voorkomingsmaatreëls (2)  EEN behandelingsmetode (1) (5) (b) Lys enige TWEE gesondheidsmaatreëls wat deur toeriste geneem moet word wanneer hulle gaan swem of wanneer hulle in die son bak. (2) 2.3.2 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag wat volg. Elke land in die wêreld het hulle eie regulasies met betrekking tot die COVID-19-inentings en die reisbedryf. Dit is ʼn veel gedebatteerde (besproke) onderwerp. Behoort die inentings verpligtend te wees? Behoort die inentings net ʼn aanbeveling te wees? Jou vriend wil oorsee gaan reis maar hy verstaan egter nie die verskil tussen die twee woorde nie. Verduidelik wat die verskil is tussen verpligte inentings en aanbevole inentings. (2) 2.4 Bestudeer die beelde hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vuurwapens Skêr Giftige vloeistowwe Jogurt Alkohol Toiletware Dwelms Vervalste goedere 2.4.1 Lys VIER items van die beelde hierbo wat as verbode goedere geklassifiseer word. (4) 2.4.2 Verduidelik waarom diere, bv. katte en honde, eers ʼn sekere tydperk in kwarantyn (isolasie) moet deurbring voordat hulle toegelaat is om oor die grens na ʼn ander land geneem te gaan. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 15 10870/22 2.5 Toeriste koop baie belastingvrye goedere op die lughawe. 2.5.1 Verduidelik die konsep belastingvrye goedere. (2) 2.5.2 Gee TWEE voorbeelde van belastingvrye goedere wat op ʼn lughawe of ʼn vliegtuig toegelaat word. (2) [Bron: www.stock.adobe.com] 2.6 Bestudeer die scenario in die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Joseph gaan vir ʼn besigheidskonferensie na Spanje reis. Hy sal ʼn motor vir die naweek huur om die stad Barcelona te verken. 2.6.1 Noem die dokument wat Joseph nodig het om toegelaat te word om in die buiteland te bestuur. (1) 2.6.2 Noem die organisasie wat hierdie reisdokument, waarna daar in VRAAG 2.6.1 verwys is, kan uitreik. (1) [40] VRAAG 3 3.1 Bestudeer die valutaverhandelingstabel soos op 9 Mei 2022 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.  Toon alle berekeninge aan.  Rond die antwoord af tot twee desimale plekke. Geldeenheid en geldeenheid kode BAK BVK EURO (EUR) 16,59 16,65 Britse Pond (GBP) 19,86 20,01 Mauritiaanse Roepee (MUR) 0,8 0,41 [Bron: www.businesstech.co.za] 3.1.1 Kies die volgende van die valutaverhandelingstabel hierbo: (a) Die sterkste geldeenheid (1) (b) Die swakste geldeenheid (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 16 10870/22 3.1.2 Mnr. en Mev. Mtshali wil graag hulle wittebrood in Mauritius deurbring. Die egpaar het ZAR 35 000 vir die reis gespaar. Bereken die bedrag in Mauritiaanse Roepee. (3) 3.2 Die BBP van ʼn land is ʼn aanduiding van die grootte van die ekonomie van die land. 3.2.1 Skryf die afkorting BBP voluit. (1) 3.2.2 Skryf ʼn paragraaf waarin jy EEN impak en ’n rede vir so ’n impak van ʼn sterk rand op elk van die volgende verduidelik:  Binnelandse toerisme  Koopkrag Jou paragraaf moet EEN impak en EEN rede vir die impak insluit. (4) [10] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 17 10870/22 AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENISTOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die blokkiesraaisel hieronder waarin die name van sekere wêreldikone sal inpas. Hou asseblief die volgende in gedagte:  DWARS verwys na horisontale woorde in die blokkiesraaisel  AF verwys na vertikale woorde in die blokkiesraaisel  ʼn Geskakeerde blokkie wat swart is, beteken dat daar geen letter vir die blok nodig is nie en dit dui die spasie tussen twee woorde aan, bv. AF 4.1.5 bestaan uit twee woorde, die eerste woord het 4 letters en die tweede woord het 7 letters.  Die eerste letter van jou antwoord moet IN die blokkie van die vraagnommer begin. Voltooi die blokkiesraaisel deur jou antwoord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in jou ANTWOORDBOEK te skryf bv. 4.1.8 Eiffeltoring. 4.1.5 4.1.1 4.1.2 4.1.6 4.1.7 4.1.4 4.1.3 LEIDRADE DWARS 4.1.1 Hierdie attraksie is ʼn aktiewe vulkaan. (1) 4.1.2 Dié strukture is bewyse wat verband hou met die Maja-beskawing. Dit is in die Yucatan Skiereiland, Meksiko geleë. (1) 4.1.3 ʼn Islamitiese heiligdom, opgerig in die ou stad van Jerusalem. (1) 4.1.4 Hierdie antieke stad is uit rots gekap. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 18 10870/22 AF 4.1.5 Die hoogste berg in die wêreld. (1) 4.1.6 ʼn Heilige plek vir die Jode en word vir aanbidding gebruik. Klein stukkies papier met gebede word in die mure gebêre. (1) 4.1.7 Die middelpunt van die jaarlikse Hajj pelgrimstog. (1) 4.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOE NOU [Bron:www.medium.com] 4.2.1 Kies die korrekte opsie van die woorde in hakies: Die Wêrelderfenisikoon in die prent hierbo is deur UNESCO as ʼn (natuurlike/kulturele) Wêrelderfenisterrein geklassifiseer. (1) 4.2.2 Noem die stad waar hierdie ikoon geleë is. (1) 4.2.3 Verduidelik EEN rede waarom die ikoon gebou is. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 19 10870/22 4.3 Verwys na die uittreksel van ʼn tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOET DIE TAJ MAHAL GESLOOP WORD? Jare van rookmis (lugbesoedeling), toeriste en insekte beskadig Indië se ikoniese mausoleum, die Taj Mahal. Dit veroorsaak dat dele van die buitenste mure in ʼn geel-groen kleur verander. Sommige mense van Indië dring daarop aan dat die regering óf die Taj Mahal moet restoureer óf moet sloop. [Aangepas uit www.discovermagazine.com] 4.3.1 Beskryf EEN manier hoe besoedeling die fisiese voorkoms van die Taj Mahal affekteer. (2) 4.3.2 Verduidelik kortliks in ʼn paragraaf, die gevolge vir toeriste en die toerisme-industrie, indien die Taj Mahal gesloop sou word. Sluit die volgende in:  Ekonomiese impak van hierdie terrein op toerisme  Die belangrikheid daarvan om hierdie Wêrelderfenisterrein te beskerm  Motivering ten gunste van of teen die sloping van hierdie terrein (6) 4.3.3 Baie ikone se voortbestaan word deur massatoerisme bedreig. Voorspel die toekoms van die Taj Mahal indien massatoerisme nie beheer word nie. (2 x 2) (4) 4.4 Bestudeer die prent van die wêreldikoon hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.thetravelbunny.com] 4.4.1 Identifiseer die wêreldikoon in die bostaande prent. (1) 4.4.2 Die ikoon in VRAAG 4.4.1 is honderde jare gelede gebou en word deur argitekte van dwarsoor die wêreld bewonder. Noem EEN faktor wat kan bydra tot die sukses van dié attraksie. (2) [26] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 20 10870/22 VRAAG 5 KULTUUR- EN ERFENISTOERISME 5.1 Bestudeer die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kom ons besoek VIER van ons Wêrelderfenisterreine om te sien hoe hulle die status behou waarvolgens hulle geklassifiseer is. A OORSPRONKLIKE KRATERRAND D C C [Bron: tripadvisor.co.za] 5.1 5.1.1 Noem die provinsie waar Wêrelderfenisterrein, gemerk A, geleë is. (1) 5.1.2 Gee die kategorie waaronder UNESCO hierdie Wêrelderfenisterrein ingeskryf (amptelik ingesluit is) het. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 21 10870/22 5.2 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg. Afval van verrottende karkasse (dooie bene van diere), hoë vlakke van giftige minerale (vol gif) en rommel loop in dieselfde rivier wat deel van die waardevolle Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisterrein vorm. [Aangepas uit: Mail and Guardian 2021] 5.2.1 Die Wieg van die Mensdom vorm deel van ʼn Wêrelderfenisterrein wat al die ander ontdekkingsterreine insluit. Gee die nuwe naam van die Wêrelderfenisterrein, gemerk B op die infografika. (1) 5.2.2 Noem TWEE provinsies wat hierdie Wêrelderfenisterrein, genoem in VRAAG 5.2.1, deel. (2) 5.2.3 Bespreek DRIE maniere hoe die genoemde omgewingsprobleem die toestroming van toeriste na die Wieg van die Mensdom sal affekteer. (3) 5.3 Gee ʼn kort beskrywing van hoe volgens wetenskaplikes, Wêrelderfenisterrein gemerk C gevorm is. (2) 5.4 Verwys na die terrein gemerk D. 5.4.1 Identifiseer die terrein gemerk D wat Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisterrein was. (1) 5.4.2 Stel EEN manier voor wat toon hoe die ekonomie van die provinsie bevoordeel word omdat die terrein genoem by VRAAG 5.4.1 daar geleë is. (2) [13] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 22 10870/22 VRAAG 6: BEMARKING 6.1 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.sukume.com] 6.1.1 Noem die organisasie wat die bostaande logo gebruik om Suid-Afrika te bemark. (1) 6.1.2 Verduidelik watter fondse deur die organisasie, genoem in VRAAG 6.1.1, gebruik word om van Suid-Afrika te bemark. (2) 6.1.3 ʼn Groot deel van die totale getal toeriste wat dit geniet om in Suid-Afrika te reis is plaaslike toeriste. Bespreek DRIE maniere hoe die organisasie, genoem in VRAAG 6.1.1, kan help om die getal binnelandse toeriste te vermeerder. (3 x 2) (6) 6.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vraag wat volg. [Bron: www.theevent.co.za] Africa’s Travel Indaba Handelskou is ʼn dinamiese (aktiewe) bemarkingsgeleentheid vir Suid-Afrikaanse toerismebesighede. Verduidelik kortliks EEN manier hoe Africa’s Travel Indaba Handelskou toerisme na Suid-Afrika kan bevorder. (2) [11] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 23 10870/22 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE- EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONS HET DIT [Bron: www.stageandscreen.com] Die bostaande prent vertoon ʼn professionele beeld van die maatskappy. Identifiseer DRIE aspekte wat in die prent getoon word, wat tot die professionele beeld van die maatskappy bydra. (3) 7.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Verduidelik, deur EEN rede te gee, waarom die gebruik van uniforms deur die personeel in die prent ʼn belangrike rol in die sukses van ʼn toerismebesigheid speel. (2) [Bron: www.vecteezy.com 7.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Shernique Adams is nuut aangestel as sekretaresse vir ʼn hotelbestuurder. Na twee maande het haar skedule verander en sy het nuwe werks- verantwoordelikhede bygekry. Sy is beveel om op publieke vakansiedae sonder enige ekstra betaling te werk en tydens haar etenstye het hulle vergaderings gehou. Shernique het ook meer as die voorgestelde ure per week gewerk. 7.3.1 Noem die dokument wat Shernique kan raadpleeg om duidelikheid oor haar werksomstandighede by die hotel te kry. (2) 7.3.2 (a) Dui aan of Shernique se werksomstandighede voldoen aan die vereistes van die dokument genoem by VRAAG 7.3.1. (2) (b) Gee DRIE redes vir jou antwoord by VRAAG 7.3.2 (a). (6) [15] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 24 10870/22 VRAAG 8 8.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. “Oseaanbesoedeling in die Karibiese streek: Nie ʼn minuut om te mors nie” Wêreldbankverslag Daar is ongeveer 200 000 stukkies plastiek per vierkant kilometer in die noord-oostelike Karibiese streek. Dié stukkies gaan met tyd afbreek in baie klein stukkies mikroplastieke. Meer rommel is gevind op die strande en kusgebiede. Dit hou ʼn bedreiging in vir die plaaslike bevolking sowel as die toekoms van toerisme-ontwikkeling in die streek. Die Toerisme- en Voedselindustrieë word geïdentifiseer as die grootste bydraers tot plastiekafval. [Aangepas uit www.unep.org] 8.1.1 Identifiseer die pilaar van volhoubare toerisme wat in die bostaande uittreksel uitgelig word. (1) 8.1.2 In ʼn paragraaf, verduidelik hoe besoedeling die ontwikkeling van die toerisme-industrie in die Karibiese streek beïnvloed. (3 x 2) (6) 8.1.3 Stel TWEE maniere voor hoe hotelle hulle verbruik van plastiek kan bestuur om hulle bydrae tot besoedeling te verminder. (4) 8.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FAIR TRADE TOERISME Fair Trade Toerisme assesseer toerisme-besighede volgens ʼn stel kriteria. Voldoening aan die kriteria deur toerismebesighede lei tot FTT sertifisering. Bespreek TWEE maniere hoe FTT sertifisering voordele vir die toerismebesigheid inhou. (4) [15] TOTAAL AFDELING D: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 25 10870/22 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die inligting en prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die verwoesting veroorsaak deur Orkaan Ida – Louisiana, VSA Orkaan Ida het die kus van Louisiana op 29 Augustus 2021 bereik. VOOR NA [Aangepas uit www.dogonews.com] 9.1.1 Voltooi die sin: Orkaan Ida kan as ʼn … geklassifiseer word. (1) 9.1.2 Verduidelik TWEE negatiewe gevolge van Orkaan Ida op die ekonomie van die geaffekteerde streek. (4) 9.1.3 Stel EEN manier voor hoe toerismebesighede in die streek bygestaan kan word om te herstel na die verwoesting van die orkaan. (2) 9.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 01–12 Nov 2021 Glasgow, Scotland In samewerking met Italië [Aangepas uit www.impactonezero.com] 9.2.1 COP26 is gesamentlik deur twee lande aangebied. Noem die kontinent wat die konferensie aangebied het. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 26 10870/22 9.2.2 Gee die hoofdoel van die COP26-konferensie. (2) 9.2.3 Voorspel TWEE negatiewe gevolge van klimaatsverandering op die toerisme-industrie dwarsoor die wêreld. (4) 9.3 Bestudeer die inligting op buitelandse markaandeel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARKAANDEEL VAN INTERNASIONALE TOERISTE AANKOMSTE PER LAND VOOR COVID-19 IN VERGELYKING MET GEDURENDE COVID-19 Buitelandse Markaandeel: Suid-Afrika Voor COVID-19 Gedurende COVID-19 Markaandeel Markaandeel Streek Gemiddeld Gemiddeld (%) per maand (%) per maand 10 234 1,1 Australië 298 0,2 10 033 1,1 S en S-Amerika 404 0,3 3 824 0,4 Midde-Ooste 461 0,3 35 389 2,8 Asië 2 685 2 35 389 3,9 Noord-Amerika 2 555 1,9 29 552 3,3 Afrika-Lug 5 462 4,1 158 208 17,5 Europa 11 039 8,3 633 285 69,9 Afrika-Land 110 750 82,9 [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 9.3.1 Definieer die term markaandeel. (2) 9.3.2 (a) Identifiseer die mark met die hoogste getal internasionale aankomste in Suid-Afrika voor COVID-19. (1) (b) Bereken die verskil in die aantal toeriste-aankomste van die mark genoem in VRAAG 9.3.2 (a) deur ʼn vergelyking te doen van die getalle voor COVID-19 en gedurende COVID-19. (Toon alle berekeninge aan.) (2) (c) Gee EEN moontlike rede vir die dalende tendens wat aangetoon word deur die statistieke in die infografika hierbo. (2) [22] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 27 10870/22 VRAAG 10 10.1 Bestudeer die spotprent hieronder wat op kliënteterugvoer gebaseer is en beantwoord die vrae wat volg. “… en 85% sê dat ons ons kliëntediens kan verbeter deur die besigheid toe te maak” [Aangepas uit: www.glasbergen.com] 10.1.1 Verduidelik wat die opmerking in die bostaande spotprent beteken deur na dienslewering te verwys. (2) 10.1.2 Bespreek TWEE voordele hoe kliënteterugvoer die wins van ʼn toerismebesigheid kan verhoog. (4) 10.2 Bestudeer die beeld hieronder en beantwoord die vraag wat volg. [Bron: www.infoq com] Daar is verskeie metodes beskikbaar om kliënteterugvoer te verkry. Gee EEN voordeel vir die gebruik van die kliënteterugvoermetode wat hierbo uitgebeeld word. (2) [8] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL: 200 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all