Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
10870
TOERISME
TYD: 3 uur
PUNTE: 200
27 bladsye
M b.o.
Skip to contentQuestion paper 





%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d/v1-e4abd009edfd304a001c/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714/v1-36151e5ee506d6399316/card.webp)
View all





Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 2.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 27
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 2
10870 / 17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017
TOERISME
TYD: 3 UUR
PUNTE: 200
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en 10 vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer jou antwoorde soos die sisteem wat in die vraestel gebruik word.
5. Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
6. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Skryf netjies en leesbaar in blou ink alleen.
8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te
deel.
TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(MINUTE)
A Kortvrae 40 20
B Kaartwerk en toerbeplanning; Buitelandse- 50 50
valutaverhandeling
C Toerisme-attraksies; Kulturele en erfenis 50 50
toerisme; Bemarking
D Toerisme sektore; Volhoubare en 30 30
verantwoordelike toerisme
E Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme; 30 30
Kommunikasie en kliëntediens
TOTAAL 200 180
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 3
10870 / 17
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) neer. bv. 1.1.21 – D
1.1.1 ʼn Sterk rand sal ʼn … tot gevolg hê.
A verhoging in internasionale inkomende toerisme
B verlaging in internasionale uitgaande toerisme
C verhoging in plaaslike toerisme
D verlaging in intra-provinsiale toerisme
1.1.2 Die eienaar van ʼn gastehuis vra die gaste om terugvoer te gee
sodat die diens geëvalueer kan word. Die terugvoer sal gebruik
word om …
1 te weet waar die probleemareas is.
2 die personeel wat nie hulle werk doen nie, te ontslaan.
3 personeel op te lei om ʼn beter diens te lewer.
4 personeel te evalueer na aanleiding van hulle dienslewering.
Kies die korrekte kombinasie vir die gebruik van terugvoer.
A 1, 3 en 4
B 1, 2 en 4
C 2, 3 en 4
D 1, 2 en 3
1.1.3 Die sukses van ʼn attraksie sal verminder (vertraag) word deur …
A omgewingsbestuursplanne in werking te stel.
B goeie bemarkingstrategieë.
C netjiese en aangename fasiliteite by die besienswaardighede.
D wangedrag van personeel.
1.1.4 Voorbeelde van natuurlike onvoorsiene gebeurtenisse is ...
A globale resessies.
B stakings.
C vloede.
D dade van terrorisme.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 4
10870 / 17
1.1.5 ʼn Ikoon wat ʼn Wêrelderfenisterrein is die ...
A Franse Riviera.
B Algarve.
C Rooi Plein.
D Swartwoud.
1.1.6 Terugvoer kan verkry word vanaf kliënte deur van die volgende
metodes gebruik te maak. Kies die opsie wat NIE pas NIE.
A Opnames
B Vrae aan die personeel
C SMS-boodskappe
D Web-gebaseerde antwoorde
1.1.7 ʼn Nis-mark is ʼn mark wat …
A die potensiaal het om te groei.
B langs ʼn roete na of van Suid-Afrika geleë is.
C beskou word as onaantreklik.
D klein en gespesialiseerd is.
1.1.8 Afvalbestuur is ʼn … faktor wat bydra tot die sukses van die
attraksie.
A sosiale
B omgewing
C polities
D promosie
1.1.9 Ikone wat geleë is op die Noord-Amerikaanse vasteland is ...
A Niagara Watervalle en Machu Picchu.
B Die Vryheidstandbeeld en Machu Picchu.
C Die Grand Canyon en Niagara Watervalle.
D Die Grand Canyon en Machu Picchu.
1.1.10 Ikone geleë in Engleland: Kies die opsie wat NIE pas NIE.
A Buckingham paleis
B Big Ben
C Toring-brug
D Swartwoud
1.1.11 Watter item oorskry die regulasie op belastingvrye goedere?
A 2 liter wyn
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 5
10870 / 17
B 200 sigarette
C 100 ml parfuum
D sport en reaksie toerusting
1.1.12 Dit is 10:00 in Brasilië (-3), wat is die tyd in Suid-Afrika (+2)?
A 03:00
B 15:00
C 16:00
D 05:00
1.1.13 Die tydsone wat gebruik word op die 120°W lengtelyn is ...
A +9.
B -8.
C +8.
D -9.
1.1.14 Die dokument wat werksure, verlof, dienskontrak, aftrekkings,
salarisse en beëindiging van kontrakte aandui is die …
A Handves van Menseregte.
B Wet op Arbeidsverhoudinge.
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
D Suid-Afrikaanse Skolewet.
1.1.15 ʼn Siekte wat die lewer aantas. Dit word versprei deur
gekontamineerde voedsel en water.
A Geelkoors
B Hepatitis A
C Cholera
D Hepatitis B
1.1.16 Watter frase is direk gekoppel aan die ekonomiese pilaar?
A Die gebruik van omgewing vriendelike stowwe.
B Vaardigheidsontwikkeling van die mense in die plaaslike
gemeenskap.
C die verkryging van plaaslike goedere en dienste.
D Afvalbestuur en beheer oor rommelstrooiing.
1.1.17 Die hoofaspekte van ʼn dag-tot-dag toerplan sluit in:
A Logistieke beplanning, fasiliteite.
B Tye, vervoer, akkommodasie, attraksies.
C Logistieke beplanning, onvoorsiene gebeurlikhede.
D Orde waarin aktiwiteite plaasvind, tyd, geriewe.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 6
10870 / 17
1.1.18 Die volgende faktore verwys na ʼn korporatiewe ontwerp wat
bydra tot die professionele beeld van ʼn maatskappy:
A Handelsmerk, naam en kommunikasie
B Handelsmerk, naam en slagspreuk
C Professionele voorkoms, uniforms, kleredrag
D Logo, professionele voorkoms, tuinargitektuur (‘landscaping’)
1.1.19 Identifiseer EEN van die oorsake van ʼn swak geldeenheid.
A ʼn Lae inflasiekoers.
B ʼn Hoë inflasiekoers.
C ʼn Polities stabiele land.
D ʼn Positiewe BBP groeikoers.
1.1.20 Identifiseer ʼn negatiewe effek van toerisme op die plaaslike
gemeenskap.
A Die geleentheid wat die gemeenskap het om die omgewing te
bewaar
B Ondersteun werkskepping en entrepreneurskap
C Beperkte toegang tot natuurlike en kulturele bronne
D Bevorder vaardigheidsontwikkeling (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 7
10870 / 17
1.2 Kies die korrekte woord/term uit die blok. Skryf slegs die antwoord/e langs
die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) neer, bv. 1.2.6 Eiffel-toring.
teikenmark BVK
Kremlin mededingingsvoordeel
wêreldgebeurtenis Colosseum
Buckinghampaleis Toring van Londen
CSI
1.2.1 Die amptelike woning asook die amptelike kantoor van die
president, die middelpunt van die land se regering. Die
gebou kyk uit oor ʼn bekende plein.
1.2.2 Dié mark is die groep kliënte waaraan die besigheid sy
produkte wil verkoop.
1.2.3 Die manier waarop die plaaslike gemeenskap gehelp word
deur ʼn besigheid deur waarde aan hulle lewens toe te voeg.
1.2.4 Die militêre hoofkwartiere van die land. Dit dies as die
kwartiere van die Yeomen Bewaarders.
1.2.5 ʼn Unieke aanbieding wat ander besighede nie het nie, word
… genoem. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 8
10870 / 17
1.3 Voltooi die blokkiesraaisel wat volg. Skryf die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5)
en jou antwoord neer, bv. 1.3.6 bedanking.
1.3.1
1.3.3 1.3.4
1.3.5
1.3.2
Leidrade:
Dwars:
1.3.1 ʼn Gedragspatroon wat geleidelik oor ʼn tydperk sigbaar word
1.3.2 ʼn Aanvaarbare manier van vervoer as jy in Venesië kuier en
graag op die waterstrate wil vaar
Af:
1.3.3 Die mark waarvandaan Suid-Afrika die meeste toeriste
ontvang
1.3.4 Chichen Itza verwys na die … beskawings.
1.3.5 Die Niagara watervalle is op die grens tussen die Verenigde
State van Amerika en … geleë.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 9
10870 / 17
1.4 Kies die verduidelikings van KOLOM B wat die beste by die
betalingsmetode in KOLOM A pas. bv 1.4.6 G
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 A Die metode word gebruik om geld
internasionaal oor te plaas. Die kliënt
gee die bank toestemming om ʼn sekere
bedrag na ʼn ander bank oor te plaas.
Die kliënt kan vir ʼn vakansie vooraf
betaal.
EFT
1.4.2 B Geld word van een bankrekening na ʼn
ander via die Internet gestuur. ʼn
Voordeel is dat jy geen ander
betalingsmeganismes soos OTM of
kredietkaartfasiliteite nodig het nie.
Internet veiligheid is ʼn groot probleem.
Internet
betalings
1.4.3 C Voordele van dié vorm van betaling is
dat die kliënt nie nodig het om met die
geld rond te loop nie. Dit sal ʼn laer
verhandelingskoers tot gevolg hê.
Rentekoerse op die betalingsmetode
kan egter baie hoog wees.
Buitelandse
banknote
1.4.4 D Die kliënt kan betalings doen vanaf ʼn
rekenaar. Betaling kan aanly nenige tyd
van die dag gedoen word. ʼn PIN kode
en ʼn wagwoord word benodig. ʼn
Nadeel is dat die kliënt Internet nodig
Telegrafiese het om betalings te kan doen.
oorplasings
1.4.5 E ʼn Voorafbetaalde kredietkaart wat die
kliënt toelaat om Euros, VS Dollars,
Ponde en Australiese Dollar te laai.
Kredietkaarte
F Kontant in die denominasie van die land
wat besoek word. Gee die kliënt
vryheid om klein bedraggies te kan
betaal. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 10
10870 / 17
1.5 Herrangskik die volgende immigrasiestappe in die korrekte volgorde.
A Paspoortbeheer
B Doeane
C Arriveer by die lughawe
D Bagasie opeisgebied
E Belastingverhaling (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 11
10870 / 17
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE-
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting wat gegee word en
beantwoord die vrae wat volg.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 12
10870 / 17
ʼn Suid-Afrikaanse lugwaardin, Linda Botha, will graag haar reisvoordele
gebruik. Sy wil op ʼn vakansie na Bangkok, Thailand gaan. Haar vlug vanaf
OR Tambo Internasionale Lughawe (na Bangkok) vertrek om 17:00 op
Vrydag 20 September 2017. Die duur van die vlug sal 18 ure wees.
2.1.1 Bereken die tyd, dag en die datum wat sy in Bangkok sal aankom.
Toon alle berekeninge in jou antwoord. (6)
2.1.2 Linda nooi haar vriendin saam op die vakansie. Haar vriendin,
Michelle, woon in Londen, Engeland. Michelle sal op 22 September
2017 om 12:00 in Bangkok aankom. Haar vlugtyd is 11 ure.
Bereken die vertrektyd vanaf Londen. Onthou om DBT toe te pas
vir Londen. Toon alle berekeninge. (6)
2.1.3 Kajuitpersoneel ly baie keer aan vlugvoosheid.
(a) Verduidelik die oorsaak van vlugvoosheid. (2)
(b) Gee TWEE maniere hoe die simptome van vlugvoosheid
gedurende die vlug minder gemaak kan word. (2)
2.1.4 Linda en haar vriendin, Michelle, gaan ʼn nagmark in Bangkok
besoek. Adviseer die twee dames oor TWEE veiligheidsmaatreëls
terwyl hulle in die straat stap of as hulle openbare plekke in die
buiteland besoek. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 13
10870 / 17
2.2 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Enigiets om te
WAARSKUWING verklaar?
SKAARS
VOëLS
NEE
!!
WAT VAN
MY ???
2.2.1 Identifiseer die afdeling van die immigrasie waarna die
tekenprent verwys. (2)
2.2.2 Identifiseer die kanaal wat die reisiger moet gebruik indien hy
aanbeweeg na die vliegtuig. Motiveer jou antwoord. (4)
2.2.3 Verduidelik die verskil tussen belastingvrye goedere en verbode
goedere. (2)
2.3 Eric wil graag ʼn gapingsjaar vat. Hy wil Frankryk, Italië en Duitsland besoek.
Lys VIER reisdokumente wat Eric sal nodig hê vir sy reis. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 14
10870 / 17
2.4 Verwys na die 2-dag toerplan van die Dlamini-gesin
Reisgroep: 2 volwassenes en 1 kind
Bestemming: Kaapstad
Duur van kuier: 2 nagte
Sakgeld: R300 per dag
Dag Vervoer Akkommodasie Maaltye
Dag 1 Eie voertuig Fire and Ice Hotel Ontbyt: Ingesluit by
Maandag (R200 petrol per Ontbyt akkommodasie
18 September dag) Aandete Middagete: Mugg & Bean
2017 Aandete: Ingesluit
Dag 1 Attractions Aktiwiteite Begroting
Oggend: Besoek Aand: Loop op die Akkommodasie:
aan Twee Oseane V&A Waterfront R450 per volwassene
Akwarium R200 per kind
Vervoer: R200 per dag
Middag: Besoek
aan die African Craft Twee Oseane-Akwarium
Mark toegangsfooi:
R100 per volwassene
R50 per kind
Middagete:
R80 per volwassene
R50 per kind
Aandete: Ingesluit by
akkommodasie
Dag 2 Vervoer Akkommodasie Maaltye
Dinsdag Eie vervoer (R200 Fire and Ice Hotel Ontbyt: Ingesluit by die
19 September petrol per dag) Ontbyt akkommodasie
2017 Aandete Middagete: Wimpy
Aandete: Ingesluit
Dag 2 Attraksies Aktiwiteite Begroting
Oggend: Aand: Besoek ʼn Akkommodasie: R450 per
Tafelberg met familielid in die volwassene
kabelkar gebied R200 per kind
Middag: Vervoer: R200 per dag
Ontspan op die
strand Kabelkar: R250 per volwassene
R150 per kind
Middagete: R80 per volwassene
R50 per kind
Aandete: Ingesluit by die
akkommodasie
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 15
10870 / 17
Teken die voorbeeld van ʼn toerbegroting oor in jou ANTWOORDBOEK om die
totale bedrag vir die twee dae in Kaapstad te bereken. Die begroting sluit nie
vervoer na en van Kaapstad in nie.
Dag Vervoer Akkom- Maaltye Attraksies en Inkopies
modasie aktiwiteite
1
2
Totaal
per
aspekte (4)
Totale begroting: ______________________ (2)
2.5 ʼn Span van ʼn plaaslike kerk in Soweto wil graag geskenkpakkies uitdeel aan
ʼn weeshuis in Brasilië. Dit is ongelukkig ʼn Zikavirus risiko-gebied. Gee
TWEE voorsorgmaatreëls wat hulle kan neem as beskerming teen die virus. (4)
[42]
VRAAG 3:
Bestudeer die wisselkoerse soos op 23 Junie 2017 en beantwoord die vrae wat
volg.
LAND KODE VAN BAK BVK
GELDEENHEID
Europese EUR 14,11 14,70
Unie
3.1 ʼn Ekotoeris vanaf Spanje wil Suid-Afrika besoek en het €2 000 om te
spandeer. Bereken die bedrag in rand wat hy sal ontvang. Rond jou
antwoord af tot TWEE desimale plekke. Wys alle berekeninge. (3)
3.2 In ʼn paragraf, espreek TWEE effekte wat ʼn swak rand op inkomende
toerisme sal hê.
Onderstreep die effekte wat jy noem in die paragraaf. (5)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 16
10870 / 17
AFDELING C: TOERISME-ATTRAKSIES; KUTURELE EN ERFENISTOERISME;
BEMARKING.
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prent en die inligting wat handel oor die Grand Canyon
Skywalk. Beantwoord die vrae wat volg.
Grand Canyon Skywalk
1219.2 meter hoog
met
Eiffel Toring
324 324 meter hoog
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 17
10870 / 17
Die Grand Canyon Skywalk is ʼn spesiaal ontwerpte struktuur en
is die eiendom van die Hualapai stam. Dit is oopgestel vir die
publiek op 28 Maart 2007. Die toekomsplanne vir die Skywalk
sluit ʼn museum, rolprentteater, eetplek vir baie belangrike
persone asook ʼn geskenkwinkel in. Verskeie restourante, wat,
die Skywalk Café insluit, word beplan. Besoekers sal buite op
die rand van die canyon kan sit en eet.
[Aangepas uit: https//en.wikipedia.org]
4.1.1 Noem TWEE tipes toeriste wat daarvan sal hou om die Grand
Canyon te besoek. (2)
4.1.2 Noem TWEE ander ikone wat op dieselfde kontinent as die
Grand Canyon geleë is. (2)
4.1.3 Is dit moontlik vir fisiese gestremde mense om die Grand
Canyon Skywalk te besoek? Motiveer jou antwoord. (2)
4.1.4 Die Hualapai-stam wil graag hê dat die Grand Canyon ʼn
suksesvolle attraksie moet wees. Stel VIER maniere voor hoe
hulle ʼn sukses van dié attraksie kan maak. (8)
4.2 Beantwoord die volgende vrae wat gebaseer is op die ikone A – D.
A. Taj Mahal B. Die Colosseum
C. Die Vatikaanstad D. Die Leunende Toring van Pisa
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 18
10870 / 17
4.2.1 Noem die lande waar ikone A en B geleë is. (2)
4.2.2 Gee EEN kenmerk wat ikoon C uniek maak. (1)
4.2.3 Gee EEN rede waarom ikoon D as ʼn ikoon beskou word. (2)
4.2.4 Noem die kontinent waar ikone B, C en D geleë is. (1)
[20]
VRAAG 5
Verwys na die kaart van Suid-Afrika en die titels van boeke wat handel oor die
Wêrelderfenisterreine. Beantwoord die vrae wat volg.
8 9
6
7
4 5
3
2
1
Bron: Internet-grafika
A B C D
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 19
10870 / 17
Bron: Internet-grafika
E F G H
5.1 Teken die tabel oor in jou ANTWOORDBOEK en voltooi dit deur die
kaart te gebruik.
Nommer Naam van die Naam van die Kriteria –
van die provinsie Wêrelderfenis- Kultureel of
provinsie terrein natuurlik
4
8
9 (9)
5.2 Verwys na die kriteria en dui aan hoe terrein A verskil van die ander
terreine. (1)
5.3 Hoekom word terrein E geklassifiseer as ʼn kulturele terrein? (1)
5.4 Watter terrein word met die goue renoster geassosieer? (1)
5.5 Noem die bekende baken wat deel vorm van terrein D. (1)
5.6 Verwys na terrein B. Noem die kulturele groep wat met die terrein
geassosieer word. (1)
5.7 Gee EEN rede hoekom UNESCO belangrik is vir
wêrelderfenisterreine (2)
5.8 Wêrelderfenisterreine is baie belangrik vir die toerisme-industrie van
Suid-Afrika asook vir die provinsies waarin die terreine geleë is.
Beklemtoon TWEE maniere hoe wêrelderfenisterreine bydra tot
ekonomiese groei in die provinsies waar dit geleë is. (4)
[20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 20
10870 / 17
VRAAG 6
Bestudeer die uittreksel en die handelsmerke hieronder en gebruik die inligting om
die vrae te beantwoord.
Bemarking van Suid-Afrika – verander uitdagings in
geleenthede
Om Suid-Afrika aan die wêreld te bemark is een van die grootste uitdagings
en voorregte wat ʼn bemarker van hierdie land kan hê.
Cheryl Carolus
Hoof Uitvoerende Beampte
Toerisme Suid-Afrika
A.
A. B.
C. D.
6.1 SAToerisme neem deel aan TWEE handelskoue wat hulle gebruik om Suid-
Afrika internasionaal te bemark. Noem die handelskoue. (2)
6.2 Die vier handelsmerke aangetoon hierbo speel ʼn baie belangrike rol in die
bemarkingstrategie wat SAToerisme volg.
Lys die letter van die handelsmerk (A – D) en gee EEN manier hoe ELKE
handelsmerk bydra tot effektiewe bemarking. (8)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 21
10870 / 17
AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Ekstra byvoordeel is dat jy ʼn 45 sekonde middagete-
breuk het
Bron: cartoonstook.com
7.1.1 Identifiseer TWEE aspekte van die strokiesprent wat na die Wet
op Basiese Diensvoorwaardes verwys. (2)
7.1.2 Verduidelik die term byvoordeel. (1)
7.1.3 Verwys na die stelling onderaan die strokiesprent. Volg hierdie
besigheid die regulasies van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes? Gee redes vir jou antwoord. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 22
10870 / 17
7.2 FEDHASA is die amptelike verteenwoordiger van die gasvryheidsindustrie
van Suidelike Afrika. Die organisasie versoek die lede om die gedragskode te
volg soos uiteengesit deur FEDHASA.
[fedhasa.co.za 23/06/17]
Verduidelik die waarde wat ʼn gedragskode opgestel vir die werksplek vir ʼn
besigheid inhou. (2)
7.3 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Welkom by die Werk vir Water Webblad (WvW)
Om indringerspesies te beperk kos die Suid-Afrikaanse ekonomie biljarde
rande elke jaar. Dit is die grootste enkele bedreiging tot die land se
biodiversiteit.
Indringerspesies verwys na plante, diere en mikro-organismes wat lande
binnekom en dan die inheemse spesies totaal verdring. Indringerspesies tree
op as ʼn direkte bedreiging vir watersekuriteit, die verhoudings van spesies
onder mekaar asook die produktiewe gebruik van ons grond. Die stryd teen
indringerplante word gelei deur die Werk vir Water program (WvW).
Sedert die stigting van die organisasie in 1995, is al meer as een miljoen
hektaar grond skoongemaak van indringerplante. In die proses is werk
geskep en opleiding is gegee aan omtrent 20 000 mense in die gemeenskap.
Werk vir Water het ook ondersteunende omgewings geskep vir
vaardigheidsontwikkeling. WvW belê ook in die ontwikkeling van
gemeenskappe waar hulle werksaam is. HIV/VIGS programme word ook in
werking gestel.
[Aangepas en vertaal uit Triple wins for Sustainable Development – UNDP, June 2012]
7.3.1 In ʼn paragraaf, Verduidelik hoe die Werk vir Water program die
drie dubbele slotreël toepas. Verwys na ELKE pilaar en gee
EEN voorbeeld vir elke pilaar uit die gevallestudie. Onderstreep
die drie pilare in die paragraaf. (6)
7.3.2 Water is besig om ʼn skaars hulpbron te word. Gee DRIE
maniere hoe hotelle waterbesparing kan toepas. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 23
10870 / 17
7.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SINGITA PRIVAAT WILDRESERVAAT
[Bron: Internet grafika]
7.4.1 Singita Privaat Wildreservaat is ʼn lid van Fair Trade in Tourism.
Verduidelik kortliks wat die belangrikheid van sertifisering deur
FTT vir ekotoerisme is. (3)
7.4.2 FTT-sertifikasie hang af daarvan of die betrokke toerisme
besighede aan sekere vereistes voldoen. Lys enige DRIE
kriteria van die genoemde vereistes wat deur FTT gelys word. (3)
7.4.3 Bespreek TWEE maniere hoe FTT tot volhoubare toerisme
bydra. (4)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 24
10870 / 17
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
Bestudeer die inligting wat verwys na voorbereidings wat vir ʼn
wêreldgebeurtenis getref is en beantwoord die volgende vrae.
Bron: Internet grafika
8.1 Identifiseer die gebeurtenis wat in Rio de Janeiro in 2016 plaasgevind het. (1)
8.2 Verwys na opmerkings A – C. Verduidelik (in EEN sin) hoekom die
gemeenskap soos volg gereageer het op die voorbereiding vir die gebeurtenis
in Rio de Janeiro in 2016. (6)
A ʼn Inwoner:
‘‘Die gebeurtenis het my huis verwoes.”
B
Die bouer:
‘Ek is gelukkig met waar ons is’
Die inwoner wat met uitsetting gedreig word:
C
‘Die spanning maak my siek’
8.3 Lees die aanhaling uit die artikel
Rio sal gereed wees, daaraan twyfel ek nie. As genoeg geld rondgegooi
word en die vure genoeg gestook word, kan enigiets gebeur. Die belangrike
vraag is - teen watter koste?
[Juliana Barbassa: Skrywer van Dancing with the Devil in the city of God.]
Die vraag wat gevra word is ‘teen watter koste?’ Gee TWEE voordele en
TWEE nadele wat die gebeurtenis in Rio de Janeiro vir Brasilië inhou. (8)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 25
10870 / 17
VRAAG 9
Bestudeer die sirkeldiagram gebaseer op besoeke van buitelandse inkomende
toeriste per provinsie.
AANDEEL VAN BUITELANDSE INKOMENDE
TOERISTE – per provinsie
Gauteng WCP ECP
KZ-N MPUM LIMP
NW NCP FS
[StatsSA]
Gauteng Wes Oos KZ-N Mpuma Limpopo Noord Noord Vry-
Kaap Kaap langa Wes Kaap staat
46.3% 16.7% 3.7% 10.9% 15.8% 12.1% 6.0% 1.2% 8.2%
9.1 Gee EEN rede waarom Gauteng die hoogste persentasie besoekers ontvang
het. (2)
9.2 Die Noord Kaap provinsie het die minste besoekers ontvang. Stel EEN
strategie voor hoe meer besoekers na die provinsie gelok kan word. (2)
[4]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 26
10870 / 17
VRAAG 10
10.1 Bestudeer die prent en beantwoord die vraag wat volg.
TERUGVOER
Bron: Internet grafika
Dit is baie belangrik om terugvoer van kliënte te ontvang. Gee EEN
voordeel vir die besigheid en EEN voordeel vir die besoekers om deel te
wees van die terugvoerproses. (4)
10.2 Bestudeer die opname en beantwoord die vraag wat volg.
Die uitslag van die opname was:
Kwaliteit van kos 5
Verskeidenheid geregte 4
Diens 2
Atmosfeer 2
Higiëne 5
Bron: Internet grafika
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 27
10870 / 17
Verwys na die uitslag van die opname soos aangedui in die bron.
Die kwaliteit van die kos en higiëne is baie hoog. Daar is ʼn probleem met
dienslewering en atmosfeer by die restaurant. Sal die kliënte terugkeer na
die restaurant? Motiveer jou antwoord. (4)
10.3 Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg
Bron: Internet grafika
10.3.1 Noem EEN ander manier om terugvoer van kliënte te verkry, (1)
10.3.2 Die advertensie het verskyn in ʼn tydskrif wat hoofsaaklik deur
eienaars en belanghebbendes van toerismebesighede gelees
word. Die advertensie is baie positief ontvang deur die
betrokkenes. Gee TWEE voordele wat terugvoer in die formaat
vir ʼn besigheid sal inhou. (2)
[11]
TOTAAL AFDELING E: 30
TOTAAL: 200
EINDE
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
Related documents
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afrikaans)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d/v1-e4abd009edfd304a001c/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714/v1-36151e5ee506d6399316/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper