Skip to content

Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12201924 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 24 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 2 10870 / 19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou antwoorde soos die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoord. 6. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 7. Skryf netjies en leesbaar in blou ink alleenlik. 8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling te spandeer. TYD AFDELING ONDERWERP PUNTE MINUTE A Kortvrae 40 20 Kaartwerk en toerbeplanning; Buitelandse- B 50 50 valutaverhandeling Toerisme-attraksies; Kultuur en Erfenis C 50 50 Toerisme; Bemarking Toerisme sektore; Volhoubare en D 30 30 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; E 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 3 10870 / 19 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) neer in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Dié ikoon verteenwoordig ʼn groep konsentrasiekampe tydens die Tweede Wêreldoorlog. A Machu Picchu B Auschwitz C Die Kremlin D Taj Mahal 1.1.2 Wêreldbekende ikone wat in Europa geleë is: A Die Switserse Alpe, Windmeulens, Taj Mahal B Drywende markte, Big Ben, Franse Riviera C Die Big Ben, Kremlin, Die Groot Muur van China D Die Eiffeltoring, Die Leunende Toring van Pisa, Venesië 1.1.3 Dié organisasie is verantwoordelik vir die verklaring en insluiting van Wêrelderfenisterreine regoor die wêreld: A NHRC B TOMSA C UNESCO D UNWTO 1.1.4 Die 9de Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika: A Kaapse Blommestreek B Barberton se Makhonjwa Berge C Khomani Kulturele Landskap D Karoo Vetplant Beskermingsgebied 1.1.5 Die Nama-mense sal in die omtrek van hierdie Wêrelderfenisterrein aangetref word: A iSimangaliso Vleilandpark B Mapungubwe Kulturele Landskap C Vredefortkoepel D Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 4 10870 / 19 1.1.6 ʼn Voorbeeld van ʼn politieke situasie wat van internasionale belang is: A Orkane B Tsunami C Burgeroorlog D Wêreldspitsberaad 1.1.7 Suid-Afrikaanse landmarkte verwys na ... A Mosambiek, Namibië en Egipte. B Botswana, Zimbabwe en VAE. C China, Zambië en Malawi. D Lesotho, Zimbabwe en Swaziland. 1.1.8 ʼn Karaktereienskap wat bydra tot die sukses van die toeriste attraksie: A Positiewe ervaring van die besoekers B Veiligheid en misdaadvoorkoming C Besoekergetalle is hoër as die verwagte getal D Uitstekende bemarking van toerisme produkte 1.1.9 ʼn Nadeel van internetbetalings: A Rekeninge kan ter enige gegewe tydstip, aanlyn betaal word. B Nuwe rekeninge kan weg van die huis geopen word. C Toegangsfooie kan van enige plek in die wêreld betaal word. D Indien ʼn wagwoord vergeet is, kan toegang tot ʼn bankrekekning geweier word. 1.1.10 Die 2022 FIFA Sokker Wêreldbeker sal in die volgende gasheerland gehou word: A Katar B Rusland C Brasilië D Maleisië 1.1.11 ʼn Paspoort word deur ... uitgereik. A die ambassade van die land wat besoek word, B die lughawe vanwaar vertrek word, C die Departement van Binnelandse Sake, D die valutaverhandelaar, 1.1.12 ʼn Toeris wat na Parys, Frankryk reis, sal sy geldeenheid verruil vir ... A Pond. B Euro. C Dollar. D Yen. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 5 10870 / 19 1.1.13 Maatreëls om malaria te voorkom sluit in: Kies die EEN wat NIE pas NIE. A Kry ʼn inspuiting of inenting by die gesondheidskliniek. B Slaap te alle tye onder ʼn muskietnet. C Bedek hande en voete, veral deur die nag. D Gebruik veral snags insekweerder. 1.1.14 Die Internasionale datumlyn is op die ... geleë: A 0° breedtelyn B 180° breedtelyn C 180° lengtelyn D 0° lengtelyn 1.1.15 Goeie praktyke vir afvalbestuur verwys na ... A verminder, hergebruik en heroorweeg. B hergebruik, herwin en heroorweeg. C verminder, hergebruik en herwin. D herwin, verminder en heroorweeg. 1.1.16 Die slagspreuk van ʼn besigheid is ʼn … die besigheid. A handelsmerklogo van B ʼn verteenwoordigende prent van C ʼn promosiefrase van D verteenwordigende simbool vir 1.1.17 ʼn Werkskontrak sluit die volgende in: A werksure van die personeel B diensetiek vir die personeel C uniformtoelaag vir die personeel D standaardreëls vir die personeel 1.1.18 Wanneer padvervoer gebruik word, sal reistyd NIE deur die ... beïnvloed word nie. A voorafbetaalde aanlyntolgelde B tipe voertuig C toestand van die pad D afstand wat afgelê moet word 1.1.19 Gratis etes wat aan hotelpersoneel verskaf word, word beskou as … A vergoeding. B oortyd. C byvoordele. D reisvoordele. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 6 10870 / 19 1.1.20 Bemarking is: A Hoe ʼn toeris oorreed kan word om SA the besoek B Die promosie van produkte en dienste aan mense C Om ʼn groter aantal buitelandse toeriste na SA te kry D Al die bogenoemde (20) 1.2 Kies die korrekte woord / term wat tussen die hakies gegee word. Skryf slegs die woord / term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 Berlyn. 1.2.1 Die BAK sal altyd (laer / hoër) wees as die BVK. 1.2.2 Die lyn wat die aarde in ʼn noordelike en ʼn suidelike halfrond verdeel, is (Greenwich lyn / die ewenaar). 1.2.3 (Bekendstelling van ʼn handelsmerk (Branding) / Advertensie) is die gebruik van ʼn naam, logo, ontwerp of ʼn kombinasie daarvan om ʼn produk of besigheid te bemark. 1.2.4 Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) sal normale werskure (40 / 45) ure per week wees. 1.2.5 Bilharzia word opgedoen deur die (drink van / swem in) gekontamineerde water. (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) / akroniem / nommer uit die lys hieronder om die sinne te voltooi. Skryf slegs die woord(e) / akroniem / nommer langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 Swart. inheemse enkel -5 SARS multi TOMSA +5 indringer gereelde Schengen 1.3.1 New York is op die 75˚ Wes-lengtelyn geleë. Die tydsone vir New York is … 1.3.2 ʼn Dokument wat toegang tot die meeste Europese lande verleen, word ʼn ... visum genoem. 1.3.3 ʼn … reisiger sal met ʼn maksipaspoort uitgereik word. 1.3.4 ... is die organisasie wat vir die insameling van belasting by doeane op die lughawe verantwoordelik is. 1.3.5 Plante wat natuurlik in ʼn omgewing voorkom, word ... plante genoem. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 7 10870 / 19 1.4 Pas die beskrywing in Kolom A met die wyse van betaling in Kolom B. Skryf slegs die vraagnommer en die letter in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Hierdie wyse van betaling, word gebruik A SWIFT-oordrag wanneer groot bedrae betaal word. ʼn Bankwaarborg is hiervoor nodig. 1.4.2 Word benodig vir klein betalings soos B Travel Wallet fooitjies, versnaperings, toerbusse en verversings. 1.4.3 Hierdie metode is die geskikste om te C Elektroniese Fondsoordrag gebruik om geld internasionaal oor te plaas van een bankrekening na ʼn ander bankrekening. 1.4.4 ʼn Voorbeeld van ʼn voorafgelaaide D Buitelandse geldeenheid buitelandse valuta debietkaart 1.4.5 Hierdie vorm van betaling vereis ʼn E Kredietkaart wagwoord en PIN-nommer. F Internet betalings G Bankwissels (5 x 1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 8 10870 / 19 1.5 Die volgende wêreldikone is gefotografeer as deel van ʼn gedenkboekie van reise. Identifiseer die naam van elke ikoon in elke fotoraam. Skryf slegs die naam van die ikoon langs die vraagnommer (1.5.1 – 1.5.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.5.6 Ayers Rock. 1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.5.4 1.5.5 (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 9 10870 / 19 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die inligting en beantwoord die vrae wat volg. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 10 10870 / 19 2.1 Mnr. en Mev. Smith is ʼn paartjie van Washington DC. Hulle het Suid-Afrika besoek om op 9 Junie 2019 aan die Comrades Marathon deel te neem. Hulle vlug het op Sondag, 2 Junie 2019 om 7:30 vanaf Washington DC vertrek. Hulle vlugtyd na Johannesburg was 19 uur. (Washington DC gebruik DBT.) 2.1.1 Bereken die tyd, dag en datum waarop hulle in Johannesburg gearriveer het. (4) Hulle moes 2 ure op ORTIA in Johannesburg wag vir ʼn aansluitingsvlug na Durban. Die vlugtyd vanaf Johannesburg na Durban was 1 uur en 15 minute. 2.1.2 Bereken die totale duur van die reis vanaf Washington na Durban. (2) 2.2 Mnr. en Mev. Graham woon in Riyadh, Saudi-Arabië (+3). Hulle het ook Suid- Afrika besoek om aan die Comrades Marathon deel te neem. Hulle het op 3 Junie 2019 om 11:00 vanaf Riyadh vertrek. Hulle aankomstyd op OR Tambo Internasionale Lughawe was 19:00. (Saudi-Arabië gebruik nie DBT nie.) Bereken die vlugtyd vanaf Riyadh na Johannesburg. (4) 2.3 Vergelyk die vlugverwante toestande wat die Smith paartjie en die Graham paartjie ervaar het gedurende en na hulle onderskeie vlugte. 2.3.1 (a) Noem die toestand wat die Smith-paartjie na hulle vlug van Washington DC na Johannesburg ervaar het. (1) (b) Motiveer jou antwoord in Vraag 2.3.1(a). (2) 2.3.2 (a) Gee die toestand wat die Graham-paartjie na hulle vlug van Riyadh na Johannesburg ervaar het. (1) (b) Motiveer jou antwoord in Vraag 2.3.2(a). (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 11 10870 / 19 2.4 Beantwoord die volgende vrae wat gebaseer is op DBT. Vergelyk die tye wat op die horlosies, genommer A en B, aangedui word. [Bron: Internet images] 2.4.1 Kies die horlosie wat in die somer, DBT aandui. (1) 2.4.2 Motiveer jou antwoord in Vraag 2.4.1. (1) 2.5 Veiligheid is ʼn baie belangrike faktor om in ag te neem wanneer daar na ʼn ander land gereis word. 2.5.1 Gee EEN manier hoe die Smith-paartjie, hulle veiligheid by die hotel kan verseker. (1) 2.5.2 Gee EEN manier hoe die Graham-paartjie veilig op die lughawe kan (1) wees. 2.6 Stel TWEE maniere voor hoe toeriste hulself kan beskerm teen die felheid van die son wanneer hulle Suid-Afrika gedurende die somer-seisoen besoek. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 12 10870 / 19 2.7 Suid-Afrikaners, Jenny en haar kêrel, Donald, beplan ʼn vakansie na die Grand Canyon, Arizona, VSA. Jenny wil graag haar twee kinders saamvat. Hulle is onderskeidelik 9 en 12 jaar oud. Jenny gebruik chroniese medisyne vir ʼn harttoestand. Donald is ʼn baie entoesiastiese fotograaf. Hy wil baie graag sy goeie Canon kamera en sy sakrekenaar saamvat om asemrowende foto’s te neem. 2.7.1 (a) Onderskei tussen ʼn verkorte (‘abridged’) en ʼn onverbonde (‘unabridged’) geboortesertifikaat. (2) (b) Kies die tipe sertifikaat wat Jenny nodig het wanneer die kinders Suid-Afrika verlaat. (1) 2.7.2 Gee Jenny en Donald raad oor die regulasies wanneer hulle Suid-Afrika verlaat, wat geldig sal wees wanneer hulle deur doeane beweeg ten opsigte van die volgende aspekte: (a) Jenny se medikasie (2) (b) Donald se kamera en skootrekenaar (1) 2.8 Lys TWEE vereistes wat in gedagte gehou moet word wanneer ʼn toerbegroting vir Jenny en Donald saamgestel word. (2) 2.9 Bestudeer die opskrif en uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Zimbabwe lok Chinese toeriste met verslapping van visumregulasies. Die regering van Zimbabwe het visumregulasies vanaf 1 Julie 2018 vir Chinese toeriste wat die land wil besoek, verslap ... [15 Junie 2018 - Kerry Hayes] Verduidelik (in ʼn paragraaf) wat die invloed van die besluit op Zimbabwe se toerisme industrie en ekonomie kan wees. 1 + (3 x 2) (7) [37] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 13 10870 / 19 VRAAG 3: BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING Verwys na die valutaverhandelingstabel hieronder om die vrae te beantwoord. ONTHOU: • Toon alle berekeninge. • Alle antwoorde moet afgerond word tot TWEE desimale plekke. LAND GELDEENHEID BAK BVK VSA VSA Dollar 13,47 13,50 UK Britse Pond 17,89 17,99 Duitsland Euro 15,64 15,69 Botswana Pula 1,31 1,34 [17 Junie 2018] 3.1 Mnr. Smith vertrek vanaf Washington DC na SA met VS$ 2 650. Hy het R350 oor nadat hy sy vakansie geniet het. Bereken die bedrag in VS Dollar wat hy ontvang op die dag van sy vertrek na die vakansie. (3) 3.2 Identifiseer die geldeenhied met die sterkste koopkrag vir inkomende toeriste na Suid-Afrika soos op 17 Junie 2018. Motiveer jou antwoord. (3) 3.3 Identifiseer die land wat die beste opsie vir Suid-Afrikaners is, om te besoek. Motiveer jou antwoord. (3) 3.4 Verduidelik hoe buitelandse inkomste, die vermenigvuldigereffek en die BBP van Suid-Afrika verhoog. (2 x 2) (4) [13] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 14 10870 / 19 AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR EN ERFENISTOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die kaart van Asië en beantwoord die vraag wat volg. C Asië A B [Bron: Internet grafika] Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en identifiseer die name van die ikone wat gevind kan word by A, B en C. Beskryf die ikone kortliks na aanleiding van die tabel hieronder. Letter Ikoon Kort beskrywing van die ikoon A Naam van die ikoon Beskryf die kuturele waarde vir toeriste. Beskryf aktiwiteite wat hier gedoen kan B Naam van die ikoon word. Beskryf die profiel van toeriste wat C Naam van die ikoon hierdie ikoon besoek. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 15 10870 / 19 4.2 Bestudeer die inligting oor TWEE van TIEN ikone wat bedreig word en beantwoord die vrae wat volg. Toerisme ikone wat deur toeriste bedreig word Ons liefde vir reis is ʼn tweesnydende swaard. DIE TAJ MAHAL Daar is ʼn hele aantal redes vir die bedreiging van Indië se mees-bekende monument, waar toerisme eerste op die lys is. Die ongereguleerde stroom toeriste kan soms meer as 50 000 op ʼn dag bereik. Die konstante getrap van voete op die marmervloere tot die agteruitgang van die marmer lei. Besoedeling van die voertuie wat op die perseel kom, verkleur die eens glimmende wit aansig van die Taj Mahal. VENESIË Die toeloop van die groot passasierskepe na Venesië se strandmeer kan geblameer word vir die agteruitgang van die stad wat ʼn bedreiging vir die toekoms van Venesië inhou. Dit is so erg dat Venesië op UNESCO se lys vir bedreigde erfenisterreine geplaas is as Italië nie toegang weier vir hierdie passasierskepe nie, het die Verenigde Nasies gewaarsku. Ontwikkeling bring ook 'onomkeerbare veranderinge' mee aan die delikate ekosisteem in teenstelling met die bewaring van die argitektuur en aandag aan stadsbeplanning. [Aangepas uit: https://karryon.com.au/destinations/10-tourism- icons-under-threat -from- travellers/] [Bron: Internet grafika] 4.2.1 Skryf die akroniem UNESCO voluit. (2) 4.2.2 Verduidelik watter stappe geneem kan word wanneer ʼn terrein op die lys van bedreigde erfenisterreine geplaas word. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 16 10870 / 19 4.2.3 Trek die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en identifiseer die land waar die ikoon gevind word en beskryf EEN rede waarom die attraksie beskou word as ʼn ikoon. Tabuleer die inligting soos aangedui in die tabel hieronder. Beskryf waarom attraksie Ikoon Land beskou word as ʼn ikoon. Taj Mahal A (1) B (2) Venesië C (1) D (2) (6) 4.2.4 Dink na oor die stelling: “Ons liefde vir reis is ʼn tweesnydende swaard.” Verduidelik die invloed van die stelling, in paragraaf formaat, deur ook ʼn beskrywing te gee van die invloed wat massa-toerisme op wêreld- (7) ikone het. Jou antwoord moet EEN nadeel en EEN voordeel vir EEN van die ikone in Vraag 4.2.3 insluit. 1 + (3 x 2) [23] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 17 10870 / 19 VRAAG 5 5.1 Bestudeer die kaart van Suid-Afrika, sowel as die uittreksel vanaf die webblad oor sommige van die wêrelderfenisterreine. Beantwoord die vrae. SUID-AFRIKA C B A E [Bron : Internet grafika] Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en voltooi die inligting vir die terreine genommer A, B en C, volgens die naam van die terrein, die provinsie waarin dit geleë is, die tipe terrein en ʼn kort beskrywing. KULTURELE / NAAM NATUURLIKE / VAN DIE PROVINSIE KORT BESKRYWING GEMENGDE TERREIN TERREIN A B C (12) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 18 10870 / 19 5.2 Tiende wêrelderfenisterrein vir Suid-Afrika Die Barberton Makhonjwa Berge is op 2 Julie 2018 bygevoeg tydens die 42ste Wêrelderfenis Komiteesitting wat gehou is in Manama, die hoofstad van Bahrain. Hierdie unieke terrein voorsien die wêreld van inligting oor lewensvorming tot so ver as 3 biljoen jaar gelede. Wetenskaplikes het gefossileerde bakterieë onder dun lagies rots ontdek wat tot 3.2 biljoen jaar oud is. Die Nasionale Erfenis Komitee is trots daarop dat hierdie ontdekking nou deur UNESCO erken word. Dit stel die potensiaal van die Makhonjwa Berge beskikbaar om ʼn uitsonderlike bydrae te lewer tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die area. [Aangepas uit: www.heritageportal.co.za] 5.2.1 Gee die naam van die 10de wêrelderfenisterrein van Suid-Afrika wat in Julie 2018 aangewys is. (2) 5.2.2 (a) Identifiseer die kategorie waaronder die erfenisterrein aangewys is. (b) Motiveer jou antwoord in Vraag 5.2.2 (a). (2) 5.2.3 Assesseer die toerismepotensiaal van die Makhonjwa Berge. Jou antwoord moet beskryf hoe die plaaslike gemeenskap kan voordeel trek uit die toeloop van toeriste na die gebied, met verwysing na die inkomste wat gegenereer word en entrepreneurskap. (3) [19] VRAAG 6 6.1 Verwys na die logo’s van organisasies en beantwoord die vrae. Afrika 10-12 April 2019 Kaapstad SAToerisme speel ʼn baie belangrike rol in bemarking. 6.1.1 Verwys na die logo’s en bespreek EEN manier hoe SAToerisme Suid- Afrika internasionaal bemark. (2) 6.1.2 Verduidelik hoe SAToerisme befonds word om hulle bemarkingsdoelstellings te bereik. (4) 6.2 SAToerisme het ʼn baie unieke SA handelsmerk ontwikkel om te help met die bemarking van SA aan moontlike beleggers. Bespreek die effektiwiteit van die genoemde handelsmerk in die bemarkingsproses. (2) [8] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 19 10870 / 19 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Die bestuur van die ABC Hotelgroep verkies dat die personeel professioneel aangetrek is maar steeds in lyn met die vereistes van hulle onderskeie pligte. Die prente hieronder beeld vier mans uit wat werknemers is van die ABC Hotelgroep. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg. 1. 2. 3. 4. 7.1.1 Kies ʼn werknemer, na aanleiding van hulle kleredragreëls , vir elk van die gelyste posisies by die hotel (Kolom A). Skryf die nommer van die werknemer wat jy gekies het, in Kolom B en motiveer jou keuse in EEN sin (Kolom C). Voltooi die tabel deur dit oor te teken in jou ANTWOORDBOEK. A. Posisie B. Nommer C. Motivering Kok Algemene bestuurder Kindervermaak (6) 7.1.2 Lys TWEE ander aspekte wat deel vorm van die professionele voorkoms van die personeel. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 20 10870 / 19 7.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrika Die Nasionale Krugerwildtuin is die vlagskip park van Suid-Afrika. Stel TWEE belangrike reëls voor wat in die gedragskode ingesluit moet wees wat toeristegedrag in die Nasional Krugerwildtuin aanspreek. (4) [12] VRAAG 8 Bestudeer die inligting wat handel oor Stormsriver Adventures en beantwoord die vrae wat volg. Stormsriver Adventure is ʼn verantwoordelike toerismemaatskappy en professionele leier in die mark van kabelgly (zip-lining). Ons is in die hart van die majestieuse Tsitsikammabos geleë en bied verskeie eko-avontuur aktiwiteite soos die Tsitsikamma Canopy Tour (ʼn “EERSTE in AFRIKA”) aan. Die opleiding van die gidse, wat van die plaaslike gemeenskap kom, die gemeenskapsprojekte, klere wat versprei word en bewusmaking van HIV / VIGS word sedert 1998 deur Stormsriver Adventures befonds. Die span wat die avontuuraktiwiteite moontlik maak, bestaan uit entoesiastiese opgeleide plaaslike gidse wat die veiligheid van die besoekers versekeker en hulle interessante inligting oor die plaaslike omgewing, diere, plante en kultuur meedeel. Die maatskappy voorsien ook kos aan ʼn skool as deel van ʼn voedingskema waar elke kind in die skool word voorsien word van een goeie maaltyd per dag. Die doel van hierdie aspek van die liefdadigheidswerk, is om leerders te help om hulle akademiese prestasies te verbeter. 240 Laerskoolkinders word voorsien van een ete 4 keer per week. Die program is sedert 2003 in werking. Stormsriver Adventures was een van die eerste geakkrediteerde aktiwiteitsgebaseerde FTT maatskappye in 2003. [Adapted from: www.stormsriver.com] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 21 10870 / 19 8.1 Verduidelik die betekenis van ‘verantwoordelike toerisme’ in reël 1 van die gevallestudie. (2) 8.2 Kies DRIE voorbeelde uit die gevallestudie om te bewys dat Stormsriver Adventures volhoubare toerisme toepas. Jou antwoord moet die drie pilare van volhoubaarheid insluit met toepaslike voorbeelde. Gee jou antwoord in tabelvorm. (3 x 2) (6) 8.3 Beantwoord die volgende vrae wat op jou kennis van KMB (‘CSI’) gegrond is. 8.3.1 Die afkorting KMB staan vir … (2) 8.3.2 (a) Verduidelik die konsep KMB. (2) (b) Pas Stormsriver Adventures KMB toe? (1) (c) Staaf jou antwoord in Vraag 8.3.2 (b). (2) 8.4 Stormsriver Adventures is ʼn geakkrediteerde FTT maatskappy. 8.4.1 Skryf die afkorting FTT uit. (1) 8.4.2 Dui TWEE kriteria aan wat FTT gebruik om toerismebesighede te assesseer vir akkreditasie. (2) [18] TOTAAL AFDELING D 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 22 10870 / 19 AFDELING E: STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae Is dit ekonomies sinvol om die Sokker Wêreldbeker aan te bied? Organiseerders van dié somer se Wêreldbeker in Rusland het voorspel dat die totale ekonomiese impak van die toernooi tot so hoog as $30.8 miljard in 2023 kan wees. Ekonomie-kenner Andrew Zimbalist het voorbeelde gelys van die wit olifante wat nou in onbruik is noudat die toernooi klaar is. Voor die 2010 Wêreldbeker in Suid-Afrika is lae inkomstegroepe wat naby nedersettings gebly het ontruim, blykbaar om die land se beeld wat deur media gewys word, te verbeter. Brasilië se duurste stadion is nou ʼn parkeerarea en hulle koste van die voorbereidings vir die Wêreldbeker was $11 – 14 miljard. [Aangepasuit: www.weforum.org] 9.1.1 Die artikel verwys na ʼn ‘wit olifant’. Verduidelik die betekenis van die term soos wat dit hierbo gebruik is. (2) 9.1.2 Doen ʼn kritiese analise van die positiewe en negatiewe invloed van die aanbieding van ʼn wêreldgebeurtenis met verwysing na: (a) Die regering (2 x 1) (b) Die mense (2 x 1) (4) 9.2 Bestudeer die uittreksel uit ʼn wêreldkoerant asook die aanlyn-hoofopskrifte en beantwoord die vrae wat volg. Terroriste aanvalle het ‘ernstige effek’ op toerisme Verlede jaar se toeristegetalle het skerp gedaal as gevolg van die terroriste aanvalle by die Brusselse Lughawe en in die middestad. Die aantal Britse besoekers het gedaal met 20%, Amerikaanse toeriste het gedaal met 25% en die Japanese besoekergetalle het geval met ʼn allemintige 45%. [Adapted from www.euromonitor.com] Besoekergetalle daal by VK-attraksies na terroriste aanvalle. [Adapted from www.guardian.com] Terrorisme is ʼn stootfaktor (ontmoedig toeriste om te besoek) in toerisme. Bespreek die invloed van terrorisme op: 9.2.1 Internasionale toerisme en 9.2.2 Die ekonomie van die land wat geaffekteer is (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 23 10870 / 19 9.3 Bestudeer die inligting oor internasionale aankomste en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE AANKOMSTE Toeriste Toeriste Nr. Land aankomste – Land aankomste – % Januarie 2016 Januarie 2017 Groei 1 Zimbabwe 250 514 Lesotho 277 031 8,4 2 Lesotho 209 403 Zimbabwe 244 966 -2,2 3 Mosambiek 145 775 Mosambiek 137 972 -5,4 4 Swaziland 75 176 Swaziland 72 685 -3,3 5 VK 46 264 VK 48 165 4,1 [Aangepas uit: TABLE 2 SA’s Top 20 Source markets: January 2017 vs January 2016: https://tkp.tourism.gov.za] 9.3.1 Identifiseer die grootste Afrika-bronmark in 2016. (2) 9.3.2 Dui die land aan wat die grootste persentasie groei aantoon. (2) 9.3.3 Identifiseer die land wat deel vorm van die top 5 bronmarkte, wat ook as ʼn lugmark beskou kan word. (1) 9.3.4 Bespreek hoe Suid-Afrika meer toeriste vanaf die lande wat ʼn afname in die groei-persentasie toon, kan lok. (2) [17] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 24 10870 / 19 VRAAG 10 10.1 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vraag wat volg, wat op kliënteterugvoer gebaseer is. [Bron: Internet grafika] Bespreek hoe kliënteterugvoer kan bydra tot die sukses van die besigheid deur te verwys na die illustrasie hierbo. Jou antwoord moet DRIE van die sleutelwoorde insluit. (3) 10.2 Kliënteterugvoer-instrumente is baie belangrik vir toerismebesighede. [Bron: Internet grafika] 10.2.1 Identifiseer die tipe terugvoerinstrument wat hierbo uitgebeeld word. (1) 10.2.2 Bespreek die proses hoe terugvoer geanaliseer word. (4) 10.3 Teken ʼn vloeidiagram om te illustreer hoe goeie dienslewering lei tot ʼn wins vir die besigheid. Die volgende sleutelwoorde moet in die vloeidiagram gebruik word. werkskepping; inkomste word gegenereer; verhoogde verkope; herhaalbesoeke; verhoogde hoorsê (‘word of mouth’) (5) [13] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL: 200 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all