Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10870
TOERISME
TYD: 3 uur
PUNTE: 200
24 bladsye
3
b.o.
Skip to contentQuestion paper 






%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714/v1-36151e5ee506d6399316/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
View all





Tourism Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Tourism Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 2
10870 / 16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016
TOERISME
TYD: 3 ure
PUNTE: 200
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.
1. Die vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Begin die antwoord van elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer jou antwoorde ooreenkomstig met die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Gebruik die puntetoekenning aan die einde van elke vraag as ʼn gids om die
lengte van jou antwoord te bepaal.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Skryf netjies en leesbaar slegs in blou ink.
8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids om jou te help om jou tyd te bepaal vir
elke afdeling.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
A Kortvrae 40 20
B Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse 50 50
Valutaverhandeling
C Toerisme-besienswaardighede; Kultuur- en 50 50
Erfenis Toerisme; Bemarking
D Toerisme Sektore; Volhoubare en 30 30
Verantwoordelike toerisme
E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 3
10870 / 16
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier keuses word as moontlike antwoorde verskaf op die volgende vrae. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.20) in jou ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld, 1.1.21 A.
1.1.1 Die volgende reisdokument word deur die konsulaat of ambassade
van die land van bestemming uitgereik:
A Identiteitsdokument
B Gedragskode
C Visum
D MasterCard
1.1.2 Korporatiewe maatskaplike belegging (CSI) in toerisme verwys na
die rol van …
A toeriste wat buitelandse geldeenhede verruil.
B die regering in die beskerming van die omgewing.
C toerismemaatskappye wat plaaslike gemeenskappe
ondersteun.
D plaaslike gemeenskappe wat geld spaar om met vakansie te
gaan.
1.1.3 Die volgende is NIE ʼn voorbeeld van ʼn politieke situasie NIE:
A Terrorisme
B Aardbewing
C Burgeroorlog
D Algemene onluste
1.1.4 Hierdie paspoort word deur die Departement van Binnelande Sake
uitgereik aan ʼn staatswerknemer wat internasionaal reis vir
regeringsake.
A Offisiële
B Tydelike
C Diplomatiese
D Maxi-toeris
1.1.5 Die kies van die rooi kanaal by ʼn internasionale lughawe beteken
dat die toeris …
A geen goedere het om te verklaar nie.
B goedere het om te verklaar.
C belastingvrye goedere het.
D die land verlaat.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 4
10870 / 16
1.1.6 Die ikoon was eens die belangrikste stad van die Inka-mense.
A Chichen Itza
B Machu Picchu
C Kremlin
D Mekka
1.1.7 Die belangrikste aspekte van ʼn reisplan is …
A persoonlike ongeluksversekering en bybetalingsdekking.
B begroting, betalingsmetodes, uitgawes en fooitjies.
C reisafstande en onvoorsiene onderbrekings.
D vervoer, verblyf, besienswaardighede en aktiwiteite.
1.1.8 Die volgende toerisme-besienswaardigheid word in Jordanië
aangetref:
A Die Swartwoud
B Die Berlynse Muur
C Die Stad van Petra
D Die Niagara Valle
1.1.9 Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn metode wat gebruik word om
kliënteterugvoer te bekom:
A Voorafgelaaide debietkaarte
B Reisbeursie
C Opvolgoproepe
D Plakkate
1.1.10 Die 0° lengtelyn is ook bekend as die …
A Greenwich-meridiaan.
B Internasionale Datumlyn.
C Ewenaar.
D Kreefskeerkring.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 5
10870 / 16
1.1.11 ʼn Gedragskode bevorder die volgende in die werkplek:
A Integriteit
B Konflik
C Oortyd
D Waarskuwings
1.1.12 Die tyd in die middag volgens die 24-uur horlosie kan geskryf word
as ...
A 1:00.
B 13:00.
C 1:00 VM.
D eenuur.
1.1.13 SANParke het loopplanktoegang verskaf tot sy toiletgeriewe en
besoekersgebiede. Identifiseer die faktor wat bygedra het tot die
sukses van SANParke as ʼn toeriste-attraksie.
A Doeltreffendheid en etiese optrede van personeel en bestuur
B Veiligheid en misdaadvoorkoming
C Inagneming van die behoeftes van mense met gestremdhede
D Uitstekende bemarking plaaslik en internasionaal
1.1.14 ʼn Veiligheidsmaatreël geskik vir ʼn toeris wat in ʼn straat loop, sal
wees om ...
A alle vensters op te draai.
B gebruik te maak van die bagasiefasiliteit.
C ʼn kamer te versoek naaste aan die hysbakke.
D onopvallend aan te trek en die dra van juwele te vermy.
1.1.15 Die koers wat ʼn bank gebruik om ʼn toeris se buitelandse valuta
om te skakel na die plaaslike geldeenheid staan bekend as ...
A BAK.
B BVK.
C Forex.
D ʼn diensfooi.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 6
10870 / 16
1.1.16 Uitstekende diens het ʼn positiewe impak op die winsgewendheid
van ʼn onderneming as gevolg van ...
A ʼn verhoogde bemarkingsbegroting.
B verhoogde herhaalde besigheid.
C negatiewe oorvertellinge.
D ʼn toename in die aantal klagtes.
1.1.17 Hierdie terrein is vir ʼn tydperk gebruik as ʼn plek van ballingskap, ʼn
melaatse kolonie en ʼn militêre basis voordat dit as ʼn wêrelderfenis
gebied verklaar is.
A Robbeneiland
B Wieg van die Mensdom
C Mapungubwe Kulturele Landskap
D Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap
1.1.18 Die volgende organisasie ondersteun lande om openbare
bewustheid te bewerkstellig vir Wêrelderfenisbewaring:
A SAHRA
B UNWTO
C WGO
D UNESCO
1.1.19 Cholera is ʼn siekte wat veroorsaak word deur ...
A die byt van die Zika muskiet.
B swem in vars water.
C die inneem van besmette voedsel en water.
D die gebruik van ongesteriliseerde naalde.
1.1.20 Die term verwys na die gebruik van ʼn naam, term, simbool of
ontwerp, of ʼn kombinasie daarvan om die produk van ʼn
organisasie te identifiseer en te onderskei van sy mededingers.
A Teikening
B Handelsmerk
C Bemarking
D Posisionering
(20x1) (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 7
10870 / 16
1.2 Gee een woord / term vir elk van die beskrywings (1.2.1 – 1.2.5) deur ʼn
woord / term van die onderstaande lys te kies. Skryf slegs die woord / term
langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK,
byvoorbeeld, 1.2.6 SAT
mausoleum; tendens; dienskontrak; vermenigvuldigingseffek;
buitelandse markaandeel; gedragskode; belegging; burgeroorlog; piramides
1.2.1 ʼn Konflik tussen burgers van verskillende streke binne dieselfde
land.
1.2.2 Die bedrag geld verdien uit internasionale toeriste aankomste, wat
uitgedruk is as ʼn persentasie van die totale wêreldmark van
internasionale toeriste.
1.2.3 ʼn Gebou in Indië wat ʼn graf huisves.
1.2.4 ʼn Gedragspatroon wat geleidelik merkbaar word oor ʼn tydperk.
1.2.5 ʼn Wetlik bindende ooreenkoms tussen ʼn maatskappy en sy
werkers. (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) van die wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou
ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld, 1.3.6 Visa.
1.3.1 (Landmarkte / Lugmarkte) verwys na lande waar minstens 60%
van aankomste van die spesifieke land aankom by ʼn grenspos.
1.3.2 Die aanskaf van plaaslike goedere en dienste is ʼn voorbeeld van
die (sosiale / ekonomiese) pilaar.
1.3.3 Tradisies wat van geslag tot geslag oorgedra word, staan bekend
as (styl / erfenis).
1.3.4 Meer buitelandse toeriste sal in staat wees om lande met ʼn
(swak / sterk) geldeenheid te besoek want hul koopkrag sal
toeneem.
1.3.5 ʼn 'Cash Passport' is ʼn voorbeeld van ʼn (kredietkaart /
voorafgelaaide buitelandse-valuta-debietkaart). (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 8
10870 / 16
1.4 Kies ʼn term uit Kolom B wat pas by die beskrywing in Kolom A. Skryf slegs
die letter (A – F) langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) in jou
ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld, 1.4.6 G.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 ʼn Vergadering waarby A verantwoordelike toerisme
staatshoofde en hoëprofiel politici rolspelers
betrokke is
B natuurlike wêrelderfenisterrein
1.4.2 Die toere is bekend as
allesomvattende toere C voorafbespreekte toere
1.4.3 Die toerismebedryf, die toeris, die D driedubbele slotreël
plaaslike gemeenskap en die
omgewing E beraad
1.4.4 ʼn Benadering van toerisme wat F toerpakket
sosiale, omgewings en
ekonomiese impak van alle
aktiwiteite oorweeg
1.4.5 Kaapse blommeryk in die Wes-
Kaap
(5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 9
10870 / 16
1.5 Identifiseer die volgende kentekens en skryf dit volledig uit.
1.5.1 1.5.2.
1.5.3 1.5.4
TOMSA
1.5.5
FTT (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 10
10870 / 16
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsone-kaart, lees die gegewe inligting en beantwoord
die vrae wat volg.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 11
10870 / 16
ʼn Brasiliaanse toerismestudent, Natalia Correia het ingeskryf vir ʼn
navorsings-kompetisie en ʼn alles-betaalde reis na London gewen. Haar vlug
verlaat Rio de Janeiro op Dinsdag, 20 Augustus 2016 om 14:00. Die vliegtyd
sal 11 uur en 30 minute wees.
2.1.1 Bereken die tyd, dag en datum van aankoms in London indien
London DBT gebruik. Toon alle berekeninge in jou antwoord. (6)
2.1.2 Natalia sal op haar eerste internasionale vlug gaan en sy mag
onvoorbereid wees op die moontlike gevare by die Heathrow
Lughawe. Gee haar raad oor TWEE veiligheidsmaatreëls wat sy in
gedagte moet hou om by die lughawe veilig te wees. (4)
2.1.3 Identifiseer en klassifiseer die tipe toeris wat Natalia Correia is, in
die geval hierbo. (2)
2.1.4 Natalia Correia het ʼn vriend in Suid-Afrika. Haar vriend wil haar
skakel vanaf Suid-Afrika om te praat oor haar ondervinding van die
vlug. Hy sal Woensdag om 10:00 skakel. Bereken hoe laat dit in
London sal wees. Oorweeg DBT. (3)
2.1.5 Bespreek die verskil tussen die konsepte van vlugvoosheid en
vluguitputting. Skryf EEN paragraaf en verskaf EEN voorbeeld van
elke konsep. (6)
2.2 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. en Me. Joseph van Suid-Afrika gaan na Mauritius vir ʼn vakansie. Hulle
het baie aandenkings gekoop in Mauritius. Hulle het ook DVD’s by ʼn
straatmark gekoop en ook unieke skulpe by Grand Baie opgetel. Hulle beoog
om al die items terug te bring na Suid-Afrika. Voordat hul vertrek na die
lughawe, het hul die portier by die hotel gevra oor doeaneregulasies. Die
inligtingsportier het hulle aangeraai om die skulpe en DVD’s agter te laat.
2.2.1 Verduidelik waarom die inligtingsportier hulle aanbeveel het om
beide die DVD’s en skulpe agter te laat. (3)
2.2.2 Bespreek EEN verskil tussen die rooi kanaal en die groen kanaal
by lughawens. (2)
2.2.3 Identifiseer TWEE belastingvrye-items uit die onderstaande lys:
Medisyne vir meer as drie maande, 400 sigare, 200 sigarette,
2 liter wyn. (2)
2.2.4 Verduidelik EEN rede hoekom ʼn land soos Mauritius doeane-
regulasies het. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 12
10870 / 16
2.3 Mnr. Bakkes, ʼn kulturele toeris van Suid-Afrika, wil op ʼn Euro-Toer vir 15 dae
na Italië, Frankryk en Switserland gaan. Sy hoofbestemming sal Switserland
wees. Hy wil ook in Switserland bestuur.
2.3.1 Identifiseer die VIER reisdokumente wat hy sal benodig om op die
toer te gaan. (4)
2.3.2 Mnr. Bakkes moet ʼn reisbegroting opstel. Noem VIER faktore wat
sy reisbegroting sal beïnvloed. (4)
2.4 Verduidelik die verskil tussen verpligte en aanbevole inentings. (2)
2.5 Cholera is ʼn aansteeklike siekte. Gee EEN voorsorgmaatreël wat ʼn toeris kan
neem om te keer dat hy / sy die siekte opdoen. (2)
[42]
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die onderstaande wisselkoerstabel, soos op 8 Maart 2016, en
beantwoord die vrae wat volg.
GELDEENHEID
LAND BAK BVK
KODE
Verenigde Koninkryk GBP 21.3657 22.6999
EU lande EUR 16.4568 17.6156
Verenigde State USD 15.1327 15.9939
3.1.1 ʼn Suid-Afrikaanse ontspanningstoeris sal die Schengen Visa-
gebied besoek en het R20 000 om te spandeer. Bereken die
bedrag Euros wat hy sal ontvang deur te verwys na die inligting in
die bostaande wisselkoerstabel. Wys alle berekeninge. Rond jou
antwoord tot TWEE desimale plekke af. (3)
3.1.2 Die waarde van Suid-Afrika se geldeenheid het drasties afgeneem.
In ʼn paragraaf, bespreek die effek van hierdie afname in die
wisselkoers op inkomende toeriste. (5)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 13
10870 / 16
AFDELING C: TOERISME-BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die onderstaande kaart en beantwoord die vrae wat volg.
Beskrywings van ikone word hieronder (4.1.1 – 4.1.5) gegee en hul ligging
word aangedui op die kaart as (A – E). Identifiseer die ikone in 4.1.1 – 4.1.5.
4.1.1 A Dit is geleë op die kruin van die Corcovado-berg en is ʼn simbool
van Christenskap vir Katolieke mense.
4.1.2 B Dit is ʼn voorbeeld van ʼn massiewe romantiese gebaar in Indië ter
herinnering aan die keiser se vrou.
4.1.3 C Dit is een van die bekendste uitvoerende kunssentrums in die
wêreld.
4.1.4 D Dit is ʼn voorbeeld van uitstaande geologiese bewyse wat
waardevolle inligting oor die aarde se geskiedenis aandui.
4.1.5 E Dit is ʼn plek van belangrikheid vir mense van die Moslem geloof,
wat hul aanmoedig om pelgrimsreise of slegs een besoek per
leeftyd hierheen te onderneem. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 14
10870 / 16
4.2 Verwys na die onderstaande ikone en inligting en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
Tumelo en Ryan is kulturele toeriste. Hul wil Ikoon A en Ikoon B besoek.
4.2.1 Benoem Ikoon A en Ikoon B. (2)
4.2.2 Trek die onderstaande tabel na in jou ANTWOORDBOEK wat
kolomme vir die stad, land, unieke karaktertrek en ʼn kort
beskrywing van Ikoon A en Ikoon B bevat. Voltooi die tabel.
Unieke Kort beskrywing
Ikoon Stad Land
karaktertrek van die ikoon
A
B
(8)
4.2.3 Verduidelik die verskil tussen ʼn ikoon (soos Ikoon A) en ʼn attraksie. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 15
10870 / 16
4.3 ULURU-KATA TJUTA NASIONALE PARK
(AYERS ROCK KULTURELE BELANGRIKHEID)
Uluru (Ayers Rock) is ʼn heilige sleutelterrein in die tradisionele reg van die
inheemse Aboriginese gemeenskap, as tradisionele bewaarders van die
heilige terrein. Dit is ook een van die Wêrelderfenis kulturele landskappe (bv.
het beide natuurlike en kulturele waardes as deel van sy benoemingslys).
Uluru is ʼn post-oorlog toeriste ikoon en is ʼn kragtige kulturele simbool vir nie-
Aboriginese Australië – soveel so dat ʼn besoek daarheen gekoppel word aan
“die klim”.
Sy geskatte ontspanningswaarde het deel geword van die plek se sosiale
betekenis vir hierdie deel van die samelewing en baie oorsese besoekers.
Somtyds het die aksies van toeriste in konflik gekom met die wense van die
tradisionele bewaarders. By Uluru in sentrale Australië, het tradisionele
Aboriginese eienaars versoek dat besoekers nie die wêreld se grootste
monoliet klim nie, maar hul versoek word geïgnoreer.
[Aangepas van Kulturele Toerisme: Die Vennootskap tussen Toerisme en Kulturele Erfenis
Bestuur, Du Cros, H & McKercher, B, 2002]
4.3.1 Beskryf “monoliet” in die laaste paragraaf in jou eie woorde. (2)
4.3.2 Ayers Rock is heilig vir die Aboriginese mense. Vanweë sy
wêrelderfenis status het dit baie toeriste gelok. Om as ʼn
wêrelderfenisterrein geklassifiseer te wees, is nie altyd goed vir die
plaaslike gemeenskap nie. Stem jy saam of verskil jy? Verduidelik
jou antwoord in ʼn paragraaf. (3)
4.3.3 Noem en verduidelik enige DRIE faktore wat kan bydra tot die
sukses van ʼn toeriste-attraksie soos Uluru. (9)
[33]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 16
10870 / 16
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die onderstaande kaart van die nege genommerde provinsies van
Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg.
9
9
5 6 7
5 6 7
4 3
8 4 3
8
2
2
1
1
5.1.1 Identifiseer die Provinsies 3 en 8. (2)
5.1.2 Noem die wêrelderfenisterreine wat gevind word in elke provinsie
wat in Vraag 5.1.1 geïdentifiseer is. Oorweeg slegs die terrein
naaste aan die kus in Provinsie 3. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 17
10870 / 16
5.2 Voltooi die onderstaande tabel oor Wêrelderfenisterreine. Skryf SLEGS die
letter en die gepaste antwoord.
Kategorie
Terrein Provinsie Beskrywing
(kultureel/natuurlik)
A B Kultureel Die kultuur by hierdie terrein
het handelgedryf met Arabië
en Indië via Oos-Afrika se
hawens.
C KwaZulu Natal Kultureel Die terrein bevat hoë
kwaliteit San rotstekeninge.
D Gauteng E Die terrein verskaf insig in
die evolusie van die
mensdom.
(5)
5.3 Verwys na al die ikone in Vraag 4 en gee EEN voorbeeld van die volgende:
5.3.1 ʼn Globale natuurlike wêrelderfenisterrein (2)
5.3.2 ʼn Globale kulturele wêrelderfenisterrein (2)
[13]
VRAAG 6
6.1 Volgens die UNWTO (2015) is toerisme die sleutel tot ontwikkeling,
voorspoed en welstand as een van die grootste en vinnigste groeiende
ekonomiese sektore in die wêreld. Verduidelik EEN belangrikheid om Suid-
Afrika internasionaal te bemark as ʼn voorkeur toeristebestemming. (2)
6.2 Australië en Kenia kompeteer hewig met Suid-Afrika om wildlewe- en
avontuurtoeriste te lok. Stel TWEE nuwe toerismeprodukte voor (geleë in die
plaaslike gebied naby aan hul wilds- en avontuurervarings), wat Suid-Afrika
kan bied om te kompeteer en meer internasionale toeriste te lok. (2)
[4]
TOTAAL AFDELING C: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 18
10870 / 16
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
“Susan ons dring daarop aan dat jy op ʼn kliëntediens-
verhoudingskursus gaan.
7.1 Lys enige DRIE gebiede wat ʼn goeie beeld van die personeel sal bevorder by
die toerisme maatskappy in die spotprent. (3)
7.2 Verduidelik hoe ʼn kliëntedienskursus positief kan bydra tot die beeld van die
maatskappy. Verduidelik VIER feite. (8)
[11]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 19
10870 / 16
VRAAG 8
Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
“MASHOVELA – ʼn PLEK WAAR DIE TROMME GESLAAN WORD”
Mashovela Lodge, gekategoriseer as ʼn klein onderneming (11 – 25 personeel ), geleë
in die Morning Sun Natuurreservaat, is deel van ʼn natuurlike erfenisterrein, geleë in die
hart van die Soutpansberge in Limpopo. Die Vendastyl lodge het in 2009 geopen. Dit
is bekend vir sy eko-vriendelike akkommodasie, sy opvoedkundige inisiatiewe asook
sy ondersteuning aan die plaaslike gemeenskap se kuns en kunsvlyt. Sy sterk
plaaslike gemeenskap word bevoordeel deur werksverskaffing aan personeel en
dansers by die lodge.
Mashovela Lodge is gesertifiseer deur FTT, wêrelderkend vir sy baanbrekerswerk in
verantwoordelike toerismesertifiserings sedert 2012. FTT- sertifisering van die lodge
dui op die toewyding van die besigheid aan billike en verantwoordelike toerisme. Dit
sluit billike lone en werksomstandighede, billike aankope en bedrywighede, regverdige
verdeling van voordele en respek vir menseregte, kultuur en die omgewing in. Ander
toekennings is een van drie ontvangers van die Goueblaar Toekenning van die
Wildernis Stigting vir hul eko-vriendelike verblyf en hul ontvang die Imvelotoekenning in
2010 vir die beste Enkele Hulpbronbestuur Program.
[Aangepas van Volhoubare Toerisme Sertifiserings Alliansie Afrika, April 2014]
8.1 8.1.1 Ondersteun die Mashovela Lodge die driedubbele slotreël
benadering? Motiveer jou antwoord met voorbeelde uit die teks
deur elke voorbeeld te verbind aan ʼn verskillende pilaar. (7)
8.1.2 Ontwikkel ʼn DRIEPUNT (een vir elke pilaar) verantwoordelike
toerisme gedragskode vir buitelandse toeriste wat die Lodge
besoek. (3)
8.1.3 Noem enige DRIE FTT-beginsels wat geïdentifiseer is by die
Lodge. (3)
8.2 Verduidelik DRIE maniere waarop die Mashovela Lodge ʼn rol kan speel in die
bydrae tot ʼn groener en skoner planeet. (6)
[19]
AFDELING D TOTAAL: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 20
10870 / 16
AFDELING E: VRAAG 9
9.1 Bestudeer die onderstaande nuusflits en beantwoord die vrae wat volg.
Rio se toerisme industrie kan geskud word deur nuwe CDC
waarskuwing aan swanger vroue.
Swanger vroue moet dit oorweeg om die 2016 Somer Olimpiese Spele in
Brasilië in Augustus te vermy, volgens ʼn nuwe waarskuwing deur die
Verenigde State se Sentrum vir Plaagbeheer en Voorkoming (CDC). Die
Sentrum se Februarie 26 verklaring het betrekking op die risiko's van die Zika
virus - ʼn infeksie wat gekoppel word aan ernstige geboortedefekte.
Die Internasionale Olimpiese Komitee beraam dat na aan ʼn halfmiljoen
toeriste op Rio vir die Olimpiese Spele sal neerdaal. ʼn Reis na die Olimpiese
Spele is nie presies ʼn impulsiewe aankoop nie. Baie mense in die Verenigde
State van Amerika en elders het alreeds hul kaartjies bespreek voor die
Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Zika as ʼn internasionale openbare
gesondheidsnood verklaar het. Afhangende van hoe die Zika uitbreek
ontwikkel, kan Brasilië se toerismebedryf ʼn golf van kansellasies in die
aanloop tot die Olimpiese Spele in die gesig staar.
[Aangepas van qz.com/626375/as-olympic]
9.1.1 Identifiseer die tipe gebeurtenis waaronder die Olimpiese Spele
2016 geklassifiseer word. (1)
9.1.2 Bespreek EEN voordeel om so ʼn gebeurtenis aan te bied. (2)
9.1.3 Identifiseer die reisadviserende organisasie in die nuusflits. (1)
9.1.4 Verduidelik EEN impak van die Zika-virus op die toerisme industrie
in die gasheerland, Brasilië. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 21
10870 / 16
9.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
VANDAG SE WEER
WOESTE WARMER KATASTROFIESE VERWOESTENDE
WINDE AS HEL VLOEDE SIKLOON
9.2.1 Noem die kategorie van gebeurtenisse wat in die spotprent getoon
is. (2)
9.2.2 Verduidelik EEN impak van verwoestende siklone op ʼn toeriste
bestemming. (2)
9.3 Verduidelik wat ʼn politieke situasie is en identifiseer EEN impak van so ʼn
situasie op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 22
10870 / 16
9.4 Bestudeer die grafiek en tabel oor aankomsgetalle van toeriste na Suid-Afrika
en beantwoord die vrae wat volg.
BUITELANDSE AANKOMSTE NA SUID- AFRIKA
IN 2013 – 2014
Toeriste Afrika Land Afrika Lug Asië en
aankomste markte markte Amerikas Australasië Europa
Verskil % Verandering
Toeriste Aankomste 587 671 6,6
Afrika land 562 170 8,8
Afrika lug 16 046 - 4.1
Amerikas 1 393 0.3
Asië and Australasië 47 253 - 10.5
Europa 87 407 6.8
[Aangepas uit Stats SA, SA Toerisme-analise 2013 – 2014]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 23
10870 / 16
9.4.1 Identifiseer Suid-Afrika se grootste mark van 2013 – 2014. (2)
9.4.2 Definieer die kategorie van Afrika-lugmarkte. (2)
9.4.3 Vergelyk die buitelandse aankomste na Suid-Afrika vanaf Asiese
en Australasiese markte gedurende die jaar 2013 en 2014.
Identifiseer die tendens en verduidelik jou antwoord. (2)
[6]
9.5 Bestudeer die volgende grafiek (aangepas uit die Suid-Afrikaanse Toerisme
Verslag, 2013 – 2014, Kwartaal 4) en beantwoord die vrae wat volg.
PROVINCIAL DISTRIBUTION
PROVINSIALE OF THE NUMBER
VERSPREIDING VAN DIEOF FOREIGN
GETAL
TOURISTS
BUITELANDSE TOERISTE
4000000
4 000 000
3500000
3 500 000
33000000
000 000
2500000
2 500 000
2000000
2 000 000
1500000
1 500 000
11000000
000 000
500000
500 000
00
Wes- Oos- KwaZulu Mpuma- Noord- Noord- Vry-
Gauteng Limpopo
Kaap Kaap Natal langa wes Kaap staat
3 712 144 1 330 520 276 611 772 372 1 132 444 1 422 556 493 197 156 588 796 706
3 804 125 1 386 100 304 888 768 228 1 144 021 1 639 766 508 537 166 657 960 147
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 24
10870 / 16
9.5.1 Noem die provinsie wat die grootste getal buitelandse aankomste
ontvang het. (1)
9.5.2 Verduidelik EEN moontlike rede waarom die Noord-Kaap die
minste besoeke ontvang het. (2)
9.5.3 Stel EEN manier voor waarop Suid-Afrikaanse Toerisme hul
bemarkingstrategie kan verbeter om inkomende toerisme na die
Noord-Kaap te lok. (1)
9.6 Noem ...
9.6.1 EEN voordeel wat kredietkaartbetalings het vir inkomende toeriste.
9.6.2 EEN nadeel wat kredietkaartbetalings het vir inkomende toeriste. (2)
[26]
VRAAG 10
Bestudeer die onderstaande kliënteterugvoerinstrument en beantwoord die vrae wat
volg.
Ons waardeer terugvoer.
10.1 Identifiseer die kliënteterugvoerinstrument hierbo. (2)
10.2 Verduidelik EEN rede waarom kliënteterugvoer belangrik is in ʼn toerisme-
gebasseerde maatskappy. (2)
[4]
TOTAAL AFDELING E: 30
0
TOTAAL: 200
EINDE
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper
Related documents

Question paper
Tourism Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714/v1-36151e5ee506d6399316/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper