Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10870
TOERISME
TYD: 3 uur
PUNTE: 200
24 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d/v1-e4abd009edfd304a001c/card.webp)
View all





Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Gauteng Mock Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 2
10870/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Gebruik die nommeringstelsel soos op die vraestel.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning;
B 50 50
Buitelandse valutaverhandeling
Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
D Volhoubare en Verantwoordelike Toerisme 30 30
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 3
10870/20
AFDELING A: KORT VRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Items wat toeriste in Suid-Afrika inbring waarop hulle nie
addisionele belasting hoef te betaal nie
A Verbode goedere
B Belastingvry goedere
C Beperkte goedere
D Belasbare goedere
1.1.2 Die voorkeur vervoermiddel vir ʼn groep van twintig studente wat
saamreis op ʼn laekoste vakansie
A Luukse langafstand trein
B Langafstand bus
C Luukse boot
D Motorverhuring
1.1.3 Standaardtyd word met … uur/ure vorentoe gestel wanneer lande
DBT toepas.
A een
B twee
C drie
D vier
1.1.4 Gebottelde water word as voorsorg teen …
beskou.
A Malaria
B Rubella
C Geelkoors
D Cholera
1.1.5 Voordat ʼn toeris na … reis moet hy/sy vir ʼn Schengen visum
aansoek doen.
A Ethiopië
B Engeland
C Griekeland
D Japan
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 4
10870/20
1.1.6 ʼn Suid-Afrikaanse paspoort is geldig vir … jaar.
A twee
B vyf
C tien
D vyftien
1.1.7 Al die plekke in ʼn spesifieke tydsone deel dieselfde tyd. Hierdie tyd
word ... tyd genoem.
A spaar
B standaard
C seisoenale
D sonkrag
1.1.8 Goeie omgewingspraktyke by ʼn hotel sluit die volgende in:
A Akkurate finansiële rekords
B Borgskappe aan die plaaslike gemeenskap
C Ekstra opleidingsessies en ontwikkeling vir die werkers
D ʼn Afvalbestuur-beleid implementering
1.1.9 Die koers waarteen ʼn buitelandse valuta kantoor buitelandse geld
sal verkoop
A BAK
B BVK
C EUR
D EFT
1.1.10 Die totale waarde van ʼn land se produkte en dienste wat in ʼn jaar
vervaardig word, word die … genoem.
A SBS
B JAB
C BBP
D BTW
1.1.11 Buitelandse markaandeel is die gedeelte (persentasie) inkomende
toeriste wat Suid-Afrika ontvang in vergelyking met die res van die
wêreld, byvoorbeeld toeriste wat ...
A SAToerisme se webblad besoek.
B plaaslik reis.
C arriveer vanaf bronmarkte.
D emigreer na Europa.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 5
10870/20
1.1.12 Suid-Afrika se top drie Europese bronmarkte verkry van inligting
hieronder.
Aantal toeriste wat Suid-Afrika vanaf tien hoogste oorsese
lande (2018)
Land Aantal toeriste
VK 430 708
VSA 370 892
Duitsland 349 229
Frankryk 186 251
Nederland 146 925
Australië 115 846
China 96 915
Indië 93 428
Brasilië 70 539
Kanada 67 779
[Aangepas uit www.statssa.gov.za]
A VSA, VK en China
B Nederland, Frankryk en Brasilië
C Indië, Australië en Nederland
D Duitsland, VK en Frankryk
1.1.13 ʼn Suid-Afrikaanse reisagent, ontvang ʼn vooruit betaling van ʼn toeris
wat in die Verenigde Koninkryk woonagtig is.
Die mees gepaste en veiligste manier om die transaksie te doen, is:
A Internasionale bank oordrag
B Reisigerstjeks
C Buitelandse banknote
D Aanvaarde kredietkaart
1.1.14 ʼn Voorbeeld van ʼn voorafgelaaide debietkaart wat as manier van
betaling gebruik word is ...
A American Swiss.
B SWIFToordrag.
C Cash Passport.
D MoneyGram.
1.1.15 Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn natuurlike ramp:
A Globale resessie
B Sikloon
C Burgeroorlog
D Beraad
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 6
10870/20
1.1.16 Die Rugby Wêreldbeker is ʼn voorbeeld van ʼn ...
A nasionale sporttoernooi.
B klimaatsveranderingsberaad.
C herhalende politieke situasie.
D globale sportsbyeenkoms.
1.1.17 ʼn Moontlike negatiewe impak wat ʼn wêreldgebeurtenis op die
gasheerland kan hê, is …
A werksgeleenthede vir werklose plaaslike mense.
B vermindering van die misdaad in die area.
C verhoogde pryse van plaaslike goedere.
D vermenigvuldigereffek voordele op gemeenskappe.
1.1.18 Die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap voldoen aan die
volgende seleksie kriteria van UNESCO:
A Kriteria 2, toon menslike waarde oor ʼn sekere tyd
B Kriteria 4, illustreer beduidende stadiums in die geskiedenis van
die mens
C Kriteria 7, bevat hoë kwaliteit natuurlike gebeure
D Kriteria 8, bewyse van die planeet se geologiese geskiedenis
1.1.19 Web-gebaseerde reaksies is deel van kliëntterugvoer, byvoorbeeld:
A Opvolg-oproepe wat na kliënte gemaak word
B E-posse wat na kliënte gestuur word wat terugvoer vra
C ʼn Kort selfoon boodskap na ʼn kliënt
D Vorms wat deur kliënte ingevul word in ʼn restaurant
1.1.20 Die oorkoepelende organisasie wat besighede in verskeie sektore
van die reis- en toerisme industrie in Suid-Afrika verteenwoordig:
A ASATA
B SAACI
C TBCSA
D SAYTC
(20 x 1) (20)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 7
10870/20
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e)/term langs die
vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 ewenaar
waterdamp; bilharzia; malaria; verpligte; sirkelvormig;
terugvoerkaarte; kweekhuisgasse; liniêre; voorgestelde; sms boodskappe
1.2.1 Stowwe wat bydra tot aardverwarming
1.2.2 Die siekte wat oorgedra word deur die byt van ʼn vroulike muskiet
1.2.3 ʼn Restaurant stuur elektroniese boodskappe aan hulle kliënte om
hulle ervaring te evalueer om die kelners se gedrag te evalueer.
1.2.4 Toeriste word beveel om hierdie (ʼn moet) inentings te kry sodat
hulle toegelaat sal word om sekere lande binne te gaan.
1.2.5 ʼn Toerplan wat in ʼn stad begin en in dieselfde stad eindig (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort
1.3.1 DBT word in (somer/winter) toegepas.
1.3.2 ʼn Gerieflike elektroniese metode van betaling wat gedoen kan word
van die huis af, is (EFO / OTM)
1.3.3 Mauritius is op die 60° (Oos/Wes) lengtelyn geleë.
1.3.4 Mapungubwe Kulturele Landskap is in (Mpumalanga/Limpopo)
geleë.
1.3.5 KSB (‘CSI’) verwys na beleggings wat deur (die staat/privaat
maatskappye) in die plaaslike gemeenskap gedoen word. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 8
10870/20
1.4 Kies ʼn beskrywing van ʼn ikoon uit KOLOM B wat die beste by ʼn prent in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H
KOLOM A KOLOM B
1.4.1
A Hierdie terrein is ʼn fort kasteel wat
op ʼn klipheuwel gebou is. Die
gebou is nou ʼn museum.
B Die Nabateërs het hulle hier
gevestig en ʼn wateropgaar- en
verspreidingsgebied gebou. Dit
1.4.2 het ʼn vooruitstrewende
handelsentrum geword.
C Hierdie terrein is opgerig as ʼn
mausoleum ter nagedagtenis aan
die keiser se afgestorwe vrou.
D Hierdie terrein was ʼn bron van
groot konflik tussen die Joodse en
1.4.3 Moslemse gelowe.
E Hierdie amfiteater was gebruik om
gladiator gevegte en vermaak
aktiwiteite te hou.
F Teater- en musiekproduksies
word uitgevoer in die
konsertlokale van hierdie terrein.
G Hierdie terrein is gebou deur ʼn
1.4.4 Farao om sy graf te bewaak.
1.4.5
(5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 9
10870/20
1.5 Bestudeer die instapkaart van Kulula.com en identifiseer/bereken die inligting
soos hieronder verlang. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.5.1 tot 1.5.5) in jou ANTWOORDBOEK byvoorbeeld 1.5.6 lughawe
1.5.1 Die stad waarvandaan vertrek word
1.5.2 Die vlugnommer
1.5.3 Die bestemming
1.5.4 Die tydsperiode tussen instap en vertrek
1.5.5 Die duur van die vlug (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 10
10870/20
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting op die volgende
bladsy, en beantwoord die vrae wat volg.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 11
10870/20
5 - 17 Januarie 2020 20 Januarie - 2 Februarie 2020
Woordelys:
Dakar Tydren is ʼn jaarlikse wedren. Dit is ʼn veld uithourit.
Die Australiese Ope is een van die Meester Tennis toernooie. Die toernooi
bestaan uit wedstryde vir enkel- dubbel- en gemengde spelers.
Jack en Lydia, ʼn paartjie in hulle vyftigs en fanaties oor sport, is baie
opgewonde oor twee groot sportgebeurtenisse wat plaasvind in 2020. Hulle het
al twee die gebeurtenisse bygewoon en noem dit hulle “Sports Galore”
vakansie.
Hulle het vertrek vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na
Riaad in Saoedi-Arabië op ʼn elf-uur lange vlug. Hulle was net betyds om die
finale twee skofte van die 2020 Dakar Wedren by te woon.
Na die vlug vanaf Riaad arriveer hulle op 18 Januarie 2020 in Melbourne om
deel te wees van die entoesiastiese skare vir die gebeurtenis wat op 20
Januarie 2020 begin het.
Jack en Lydia het op 3 Februarie 2020 na Suid-Afrika teruggekeer.
2.1.1 Identifiseer die TWEE kontinente waar die twee bogenoemde
gebeurtenisse plaasgevind het. (2)
2.1.2 Jack en Lydia het hulle visums opgetel voordat hulle vertrek het uit
Suid-Afrika. Gee die naam van die organisasie waar hulle aansoek
vir die visums gedoen het. (1)
2.1.3 Die paartjie het op 13 Januarie 2020 om 18:00 vanaf OR Tambo
Internasionale Lughawe vertrek. Die vlug was 11 ure tot in Riaad.
Bereken die arriveertyd en datum in Riaad. (5)
2.1.4 Jack wou baie graag op self-rit uitstappies gaan en deel wees van die
toeskouerservaring van die laaste tydren skofte in Saoedi-Arabië.
(a) Identifiseer die dokument wat Jack nodig het om op sy eie rond
te ry in Saoedi-Arabië. (1)
(b) Noem die organisasie waar Jack vir hierdie dokument genoem
in VRAAG 2.1.4 (a) aansoek gedoen het. (1)
(c) Jack het die dokument wat in VRAAG 2.1.4 (a) genoem is ook
vir ander redes gebruik. Noem EEN ander gebruik van die
dokument. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 12
10870/20
2.1.5 Die twee sport fanatikusse het om 08:00 op 18 Januarie 2020 in
Melbourne gearriveer. Die vlugtyd was 17 uur. Bereken die
vertrektyd en datum vanuit Riaad. (Nota: Melbourne gebruik
DBT.) (6)
2.1.6 Jack en Lydia het vlugvoosheid ondervind na die vlug van Riaad na
Melbourne.
(a) Lys TWEE simptome van vlugvoosheid wat die paartjie kon
ervaar het. (2)
(b) Die vlug van Riaad na Melbourne, ʼn Wes-Oos vlug, kan lei tot
erge vlugvoosheid. Gee EEN rede vir hierdie verskynsel. (2)
2.2 Bestudeer die infografika oor gesondheid en veiligheid hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
WENKE OM VEILIG EN GESOND TE REIS
[Aangepas uit www.Vectorstock.com]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 13
10870/20
2.2.1 Gee EEN manier hoe die toeris kan verseker dat sy/haar geld veilig
is in die hotelkamer. (2)
2.2.2 Noem EEN toestand waaraan ʼn toeris kan ly as hy/sy nie die
onderstaande rome gebruik nie:
(a) Muskiet afweerder (1)
(b) SPF 30 son room (son blok) (1)
2.2.3 Verduidelik TWEE maniere hoe die toeris sy/haar bagasie op die
lughawe kan beveilig. (4)
2.2.4 Stel EEN rede voor waarom die volgende prentjies gelys word as
deel van “BEVEILIG JOUSELF”.
(a) Die telefoonnommer van die
ambassade
(2)
(b) Die ligging van die hotel
(2)
2.3 Bestudeer die onderstaande begroting wat Jack en Lydia opgestel het vir hulle
”Sports Galore” vakansie en beantwoord die vrae wat volg.
Bestemming Begroting
Riaad R 30 000,00
Melbourne R 60 000,00
TOTAAL R 90 000,00
2.3.1 Verduidelik die belangrikheid om ʼn begroting vir ʼn vakansie op te
stel. (2)
2.3.2 Noem TWEE uitgawes wat in hulle begroting ingesluit moet word. (2)
[37]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 14
10870/20
VRAAG 3:
3.1 Bestudeer die forex-tabel hieronder, soos op 16 Augustus 2019 en beantwoord
die vrae wat volg.
• Toon alle berekeninge.
• Rond jou antwoord af tot TWEE desimale plekke.
Geldeenheid en simbool BAK BVK
EUR (€) 16,075 16,810
GBP (£) 18,405 18,466
JPY (¥) 0,138 0,142
[Bron: www.x-rates.com]
3.1.1 Bereken die bedrag wat John ontvang het in Japanese Yen vir die
R10 000 wat hy begroot het vir sy Japanse vakansie. (3)
3.1.2 Met sy terugkeer na Suid-Afrika het John ¥550 gehad wat hy graag
wou ruil vir rand. Bereken die bedrag wat hy in rand ontvang het. (3)
3.1.3 Identifiseer die geldeenheid wat die beste waarde vir geld sal wees
wanneer Suid-Afrika besoek word uit die lys geldeenhede in die
tabel. (1)
3.1.4 Motiveer die antwoord op VRAAG 3.1.3. (2)
3.2 Verduidelik hoe inkomende internasionale toerisme die vermenigvuldiger effek
tot gevolg sal hê. Gebruik die volgende vloeidiagram as ʼn riglyn, Skryf die
antwoord langs die vraagnommers 3.2.1 tot 3.2.4 in jou ANTWOORDBOEK.
Internasionale toeriste arriveer
3.2.1___________________
3.2.2____________________
3.2.3____________________
3.2.4____________________
(4)
[13]
TOTAAL AFDELING B: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 15
10870/20
AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME;
BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die toeriste inligting hieronder, wat in ʼn reistydskrif verskyn het en
beantwoord die vrae wat volg.
Ikoon A – Toeriste inligting:
• Die naam kom van die Griekse woord Parthenos, wat ‘maagd’ beteken.
• Besoekersgetal is omtrent 2 miljoen per jaar
• Dit toon die oorblyfsels van ʼn 2 500-jaar oue tempel.
Ikoon B – Toeriste inligting:
• Die ikoon dateer 2 000 jaar terug.
• Dit is die langste mens-gemaakte veiligheidsstruktuur en strek oor
8 850 km van oos na wes.
• Omtrent 4 miljoen toeriste per jaar
Ikoon C – Toeriste inligting:
• Meer as 800 000 mense vergader in die binneplein van die Groot
Moskee.
• Hulle sirkel die struktuur sewe keer.
• Die struktuur is ʼn enkelvertrek steen en is bedek met swart materiaal.
• Toegang is streng verbode.
• Omtrent 3 miljoen besoekers per jaar wat min of meer vir 13 dae bly
4.1.1 Onderskei tussen ʼn attraksie en ʼn ikoon. (2)
4.1.2 Teken en voltooi die volgende tabel in jou ANTWOORDBOEK.
Identifiseer die ikone A – C wat beskryf is in die bostaande inligting
asook die lande waar hierdie ikone geleë is.
Ikoon Naam van die ikoon Land waar die ikoon geleë is
A
B
C (6)
4.1.3 Gee TWEE tipes toeriste belangstellings om Ikoon A te besoek. (2)
4.1.4 Verduidelik die rede waarom Ikoon B beskou word as ʼn ikoon. (2)
4.1.5 Noem TWEE ikone in Israel wat dieselfde tipe toeriste sal trek as
Ikoon C. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 16
10870/20
4.2 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Fasiliteite op Corcovado Berg in Rio de Janeiro
Tandrattrein*
Die tandrattrein (‘cog train’) is die maklikste manier
om die Standbeeld van Christus die Verlosser te
besoek – *Tandrattrein is ʼn trein wat op steil
as jy in ʼn opdraandes gebruik word; hulle is met
rolstoel is. spesiale wiele en elektriese motors
toegerus.
*Panoramiese hysbak is ʼn hysbak
waar die sykant en rugkant gemaak is
By die tandrattrein stasie van gelamineerde (versterkte lae) glas
Dit is ʼn plat terrein (area) en daar is sodat die mense in die hysbak kan
geen trappies vandat jy uit jou motor uitkyk na buite.
klim, tot by die kaartjiekantoor en waar jy op die trein kan klim. Daar is ses
rolstoele op die stasie beskikbaar. Elke trein kan egter net twee rolstoele
huisves (pas).
By die piek (toppunt) van Corcovado
Wanneer jy afklim van die trein af naby die
Christusbeeld area, is jy net ʼn paar tree weg van
die panoramiese hysbak*. Dan is daar twee
stelle roltrappe (stelle gemotoriseerde trappe).
Die personeel is baie behulpsaam en sal jou
rolstoel tot by die bopunt van die roltrap by
Corcovado bring vanwaar jy die uitsig oor Rio de
Janeiro en die Christusbeeld kan geniet.
Ander
vervoer
ʼn Ander gemaklike manier om die
Christusbeeld te bereik is deur van die
amptelike 14-sitplek kombi’s van Tijuca
Nasionale Park te gebruik. Die kombi’s kan
jou binne ʼn uur tot by Paneiras, die
ingangsplatvorm, vat. Daar is ook rolstoel-
vriendelike kombi’s beskikbaar.
[Aangepas uit: www.myriotravelguide.com]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 17
10870/20
4.2.1 Identifiseer die wêreldikoon wat op die foto’s uitgebeeld word. (1)
4.2.2 (a) Noem enige TWEE faktore wat kan bydra tot die sukses van
die ikoon geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1. (2)
(b) Verduidelik hoe elkeen van die TWEE faktore wat genoem is in
VRAAG 4.2.2 (a) kan bydra tot die sukses van die ikoon
geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1.
Dui duidelik aan watter faktor bespreek word deur die faktor as
onder-opskrif te gebruik. (2 x 2) (4)
4.2.3 Dui DRIE beskikbare vorme van vervoer aan vir die fisies
gestremde mense by die ikoon geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1. (3)
[24]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 18
10870/20
VRAAG 5
5.1 Noem die TWEE Wêrelderfenisterreine wat in KwaZulu-Natal geleë is. (2)
5.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ingang na die Maropeng-
besoekersentrum as deel van die
Wêrelderfenisterrein – Wieg van die
Mensdom.
[Bron: www.maropeng.co.za]
5.2.1 Noem die provinsie waar hierdie deel van die Wieg van die
Mensdom Wêrelderfenisterrein geleë is. (1)
5.2.2 Gee ʼn beskrywing van die Wieg van die Mensdom
Wêrelderfenisterrein wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik kan
word. (2)
5.3 Teen die einde van 2019 was daar 10 UNESCO Wêrelderfenisterreine in Suid-
Afrika.
5.3.1 Bespreek EEN rol wat UNESCO speel met verwysing na
Wêrelderfenisterreine. (2 x 1) (2)
5.3.2 Bespreek TWEE maniere hoe die 10 terreine in Suid-Afrika ʼn
positiewe impak kan hê op die toerisme industrie van Suid-Afrika. (4)
5.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Wêrelderfenisterrein: Kaapse Blommeryk
Hierdie wêrelderfenisterrein is in die suid-westelike deel van Suid-Afrika
geleë. Die Kaapse Blommeryk word erken as een van die mees spesiale
plekke vir plante in die wêreld in terme van biodiversiteit, digtheid en die
aantal endemiese (inheemse) spesies. Dit word erken as een van die wêreld
biodiversiteit ‘hotspots’ vir die groot verskeidenheid inheemse en bedreigde
plantspesies. Hierdie unieke groepering van plantlewe en die verwante
fauna, bestaan uit ʼn reeks van 13 beskermde streke.
[Aangepas uit: www.unesco.org]
Verduidelik hoe hierdie terrein voldoen het aan UNESCO se Kriteria 10: Om
natuurlike habitate vir bewaring van biologiese diversiteit te bevat. (2)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 19
10870/20
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Welkom by INDABA-DURBAN
6.1.1 Identifiseer die bemarkingsgeleentheid wat deur SAToerisme
gebruik word soos gesien in die prent hierbo. (1)
6.1.2 Verduidelik kortliks die doel van die geleentheid wat
geïdentifiseer is in VRAAG 6.1.1. (2)
6.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAToerisme bemark Suid-Afrika as ʼn voorkeur toeriste bestemming.
6.2.1 Verduidelik die betekenis van voorkeur toeriste bestemming. (2)
6.2.2 Noem TWEE internasionale geleenthede buite die grense van
Suid-Afrika waaraan SAToerisme deelneem om Suid-Afrika
internasionaal te bemark. (2)
6.2.3 Verduidelik die rol van TOMSA in SAToerisme se bemarking van
Suid-Afrika. (2)
6.2.4 Voorsien TWEE strategieë wat SAToerisme gebruik om meer
inkomende toeriste na Suid-Afrika te lok. (4)
[13]
TOTAAL AFDELING C: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 20
10870/20
AFDELING D: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die inligting oor Venesië hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
#GenietRespekteerVenesië
Venesië is die enigste stad van sy tipe in die wêreld en is ʼn UNESCO
Wêrelderfenisterrein met kulturele waarde, wat die bewaring vir die volgende
generasies vereis.
Volhoubare toerisme is toerisme wat toegewy is eerstens om ʼn lae impak te
hê op die omringende omgewing en gemeenskappe. Tweedens is dit
toegewyd om ʼn bron van inkomste te wees en werk te skep vir die plaaslike
gemeenskap. Ongelukkig word dit al hoe moeiliker om ʼn inkomste daar te
stel vir die plaaslike gemeenskap en terselfdertyd die omgewing te bewaar.
Te min toeriste en die stad sal nie kan oorleef nie. Te veel toeriste en die
stad kan ook nie oorleef nie. Ons dink dat die oplossing in ʼn ander tipe
toerisme lê.
[Aangepas uit: www.veneziaunica.it/]
7.1 Verwys na Paragraaf 3 en die onderstreepte teks.
“Te min toeriste en die stad sal nie kan oorleef nie.”
Stel EEN rede voor waarom die stad nie sal kan oorleef as die getal toeriste
te min is nie. (2)
7.2 7.2.1 Lys die DRIE pilare van volhoubare toerisme. (3)
7.2.2 Bestudeer die prentjies hieronder, en beantwoord die vraag wat
volg.
Voer die voëls Vervalste goedere
Pas elke prentjie by een van die pilare van volhoubare toerisme genoem in
VRAAG 7.2.1. Skryf die pilaar langs die prentjie (A en B) neer en motiveer
waarom die prentjie met die pilaar gepas word. (2 x 3) (6)
7.3 Bestudeer die spotprent, lees die inligting daaronder en beantwoord die vrae
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 21
10870/20
wat volg.
Onbeheerde toerisme kan veroorsaak word deur te veel toeriste wat
bestemmings oorlaai.
ʼn Gedragskode vir toeriste-optrede is ʼn stel reëls wat riglyne gee oor hoe
toeriste moet optree in ʼn spesifieke plek.
Bespreek DRIE omgewingsreëls wat ingesluit kan word in ʼn gedragskode vir
toeriste wanneer hulle oorlaaide bestemmings besoek. (3 x 2) (6)
[17]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 22
10870/20
VRAAG 8:
Bestudeer die uittreksel van ʼn webjoernaal (‘blog’) hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Baz Bus sluit aan by die Fair Trade Tourism familie
Suid-Afrika se Baz Bus, wat meer as 180 rugsak-toerisme
hostelle in meer as 40 verskillende bestemmings regoor die land
skakel, is deur Fair Trade Tourism goedgekeur.
Die maatskappy maak ook ʼn groot verskil in die lewens van
mense in gemeenskappe in die Kaapstad-omgewing. Verskeie
projekte wat gedryf word, sluit ondersteuning van sokkerspanne van Houtbaai, ʼn
kinderhawe in Woodstock asook die Wola Nani gemeenskapsenstrum vir vroue en
kinders met HIV/VIGS in Khayelitsha, in. Hulle is tans besig met die bou van nuwe
toiletgeriewe and klaskamers by Babes Kleuterskool en Elundini Kinderhuis in Du
Noon.
Baz Bus se bemarkingsbestuurder Lisa Mclaughlin, het gesê dat om deel te wees
van Fair Trade Tourism is baie waardevol vir Baz Bus. “Dit verseker dat die belange
van die gemeenskappe waarin ons werk beskerm word en dit verhoog
bewusmaking van die brandpunte en uitdagings wat toerisme in Suid-Afrika in die
gesig staar ” het sy verduidelik. “Nou kan ons inskakel by soortgelyke besighede
met dieselfde sienings en deel in die ondervindinge terwyl ons saam werk om Suid-
Afrika ʼn meer gesogte bestemming te maak ”
Fair Trade Tourism is ʼn nie-winsgewende organisasie wat toegewy is daaraan om
volhoubare toerisme in suidelike Afrika aan te moedig. Daar is vele gesertifiseerde
besighede in Suid-Afrika, Mosambiek en Madagaskar. .“Fair Trade Tourism maak
seker dat daar groter bewustheid is aangaande verantwoordelike toerisme by
reisigers. Die organisasie help toerisme besighede om volhoubaar te wees in die
bestuur van die besigheid deur intensiewe en praktiese opleiding asook programme
om die besigheid gereed te maak vir sertifisering” het Nivashnee Naidoo die
organisasie se besturende direkteur verduidelik.
“Ons is baie opgewonde om Baz Bus as deel van ons organisasie te verwelkom” het
sy gesê.
[Aangepas uit: http://blog.bazbus.com/]
8.1 Identifiseer DRIE van Baz Bus se korporatiewe sosiale beleggings. (3)
8.2 Stel DRIE voordele vir die Baz Bus wat spruit uit die aansluiting van
die organisasie as ʼn Fair Trade Tourism goedgekeurde lid, voor. (6)
8.3 Verduidelik TWEE rolle wat FTT in die toerismebedryf speel. (4)
[13]
TOTAAL AFDELING D: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 23
10870/20
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Lees die opsomming hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Aantal deelnemers:
Gebaseer op inligting wat ontvang is van die sekretariaat van die UNFCCC na die einde
van COP24 was daar 22 933 deelnemers.
[Aangepas van www.COP24.gov.pl]
9.1.1 Gee die doel van die COP24 wêreldgebeurtenis. (2)
9.1.2 Bespreek TWEE voordele wat so ʼn groot aantal deelnemers by
COP24, op die gasheerland, Pole sal hê. (4)
9.1.3 Bespreek TWEE nadele wat so ʼn groot aantal deelnemers by ʼn
wêreldgebeurtenis op die gasheerland Pole sal hê. (4)
9.2 Beskryf TWEE negatiewe impakte wat die uitbreek van die Koronavirus op
die lugvervoerbedryf wêreldwyd gehad het. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
TOERISME 24
10870/20
9.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Totale Toeriste aankomste per streek : April 2019 (teenoor April 2018)
Streek April 2018 April 2019 Verskil % Verskil
Europa 113 734 134 273 20 539 18,1%
Noord-Amerika 33 332 32 950 -382 -1,1%
Sentraal en 8 362 8 954 592 7,1%
Suid-Amerika
Australasië 11 136 11 889 753 6,8%
Middel-Ooste 3 009 4 113 1 104 36,7%
Asië 24 444 24 952 508 2,1%
Afrika 671 834 684 811 12 977 1,9%
Ander 1 043 1 117 74 7,1%
Groot Totaal 866 894 903 059 36 165 4,2%
[Aangepas van www.tourism.gov.za]
9.3.1 Identifiseer die streek wat die grootste persentasie verandering
getoon het. (2)
9.3.2 Identifiseer die streek wat ʼn afname in toeriste aankomste getoon
het. (2)
9.3.3 Gee EEN rede hoekom die hoogste getal toeriste in 2018 van die
streek kom wat in die tabel aangedui is. (2)
[20]
VRAAG 10:
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nompumelelo besit ʼn plaaslike restaurant. Sy is baie ambisieus en wil graag
die grootste markaandeel hê tussen haar plaaslike kompetisie.
Sy het besef dat as sy suksesvol wil wees, sal haar restaurant die meeste
kliënte moet trek. Sy het besluit om aanlyn kliëntterugvoer te doen van haar
restaurant.
10.1 Bespreek die doel van kliënte terugvoer. (2)
10.2 Gee EEN moontlike aanlyn terugvoermetode wat Nompumelelo kan gebruik. (1)
10.3 Gee VIER stappe wat die restaurant eienaar kan volg om die kliëntterugvoer
te ontleed. (4)
10.4 Stel DRIE moontlike maniere voor hoe internasionale toeriste betaling by die
restaurant kan doen. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING E: 30
TOTAAL: 200
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d/v1-e4abd009edfd304a001c/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Errata