Skip to content

Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12201925 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 TOERISME PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND. 3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. In VRAE 3.1.1, 3.1.2 en 3.1.3 moet jy jou antwoorde tot TWEE desimale plekke afrond. 6. Toon ALLE berekeninge waar nodig. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute Kaartwerk en 2 Toerbeplanning B 50 punte 50 minute Buitelandse 3 Valutaverhandeling Toerisme Attraksies 4 C Kultuur-en Erfenis 50 punte 50 minute 5 Toerisme 6 Bemarking 7 Toerismesektore D Volhoubare en 30 punte 30 minute 8 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike-, Streeks- 9 en Internasionale Toerisme E 30 punte 30 minute Kommunikasie en 10 Kliëntediens TOTAAL: 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A. 1.1.1 Die bepaling, ingestel deur die Departement van Binnelandse Sake in 2016, dat ouers wat Suid-Afrika saam met ʼn kind besoek hierdie spesifieke dokument moet toon, het ʼn negatiewe impak op inkomende toerisme gehad. A Paspoort B Gesondheidsertifikaat C Volledige geboortesertifikaat D IBP 1.1.2 Hierdie Afrika reis- en buitelewe-skou word jaarliks in … gehou. A Johannesburg en Durban B Bloemfontein en Durban C Kaapstad en Bloemfontein D Johannesburg en Kaapstad 1.1.3 ʼn Voorbeeld van ʼn KMB-beleid in ʼn toerisme-besigheid: A Bied beurse aan studente wat beplan om Toerisme te studeer B Inlig van personeel oor die gedragskode van die besigheid C Inagneming van die gevolge wat toeriste-aktiwiteite op die omgewing kan hê D Voorsien die personeel van uniforms 1.1.4 ʼn Betaalmetode wat banksake gerieflik maak maar toegang tot die internet benodig: A EFO B SWIFT C OTM D Bankwissel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.5 ʼn Simptoom van malaria: A Geswelde voete B Uiterste moegheid C Geel kleur van die vel en oë D Hoofpyn, koors, spier- en gewrigspyn 1.1.6 Hierdie ikoon is in … geleë. A Sjina B Thailand C Jordanië D Indië 1.1.7 Watter van die onderstaande sal waarskynlik die MINSTE die professionele beeld van ʼn maatskappy weerspieël? A Fisiese voorkoms van die besigheid B Personeelgetalle C Kliëntediens beleide D Skryfbehoeftes en bemarkingsmateriaal 1.1.8 … sal tot universele toegang vir toeriste by ʼn besienswaardigheid bydra. A Die installering van brandalarms B Die gebruik van Braille kennisgewingborde C Die nie-beskikbaarheid van skuifdeure D Die verwydering van hysbakke 1.1.9 Die $ is die geldeenheid wat geruil moet word as iemand na … reis. A Parys B Harare C Beijing D Londen Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 5 1.1.10 Die ǂKhomani Kulturele Landskap Wêrelderfenisterrein is geleë op die grens van Suid-Afrika en … A Namibië. B Namibië en Botswana. C Lesotho. D Zimbabwe en Botswana. 1.1.11 Die tyd in New York, VSA (-5) as die horlosie 00:00 slaan met Nuwejaar in Port Elizabeth, Suid-Afrika (+2) op 1 Januarie: A 18:00 B 07:00 C 17:00 D 06:00 1.1.12 Die grafiek, wat die gemiddelde spandering per dag deur toeriste wat Suid-Afrika besoek gedurende kwartaal 4 vir die tydperk 2014 tot 2016 toon, dui die volgende neiging aan: A Alle markte het ʼn konstante groei in die gemiddelde besteding per dag deur toeriste getoon B Die gemiddelde besteding per dag deur toeriste van die Europese mark was op ʼn konstante basis die hoogste C Alle markte het ʼn konstante afname in die gemiddelde besteding per dag deur toeriste getoon D Afrika Landmarkte het ʼn konstante afname in die daaglikse besteding per dag deur toeriste getoon 1.1.13 ʼn Siekte wat nie deur inenting voorkom kan word nie: A Bilharzia B Geelkoors C Hepatitis A D Hepatitis B Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.14 Portugal se gewildste streek vir vakansiegangers: A Segovia B Die Parthenon C Die Algarve D Die Riviera 1.1.15 Die lugredery, wat deur Suid-Afrika se Burgerlike Lugvaart Owerheid (South African Civil Aviation Authority) in Mei 2018 as gevolg van veiligheidskwessies met nege van hulle vliegtuie, gehok (ground) is: A SAA B SA Airlink C SA Express D FlySafair 1.1.16 Die Comrades-marathon word met hierdie stad geassosieer: A Londen B Pietermaritzburg C New York D Kaapstad 1.1.17 Die eerste oorweging vir ʼn reisagent met die beplanning van ʼn reisplan: A Reisdokumente B Bagasie en klere C Logiese roetebeplanning D Opstel van ʼn toeristeprofiel 1.1.18 Die laaste stap in ʼn analise om die neiging in kliënte- terugvoering te bepaal: A Besluit op ʼn aksieplan B Insleutel en bestudeer van die terugvoering C Begin die intervensieproses D Bepaal die mees algemene klagtes 1.1.19 As ʼn reisiger ʼn voertuig in ʼn vreemde land wil bestuur, moet ʼn … verkry word voordat die reisiger sy/haar land verlaat. A gesondheidsertifikaat B IDL C reistoelae D IBP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 7 1.1.20 Hierdie wêreldikoon is bekend vir rotslae in skakerings van rooi, wat miljoene jaar se geologiese geskiedenis blootlê: A Die Grand Canyon B Berg Everest C Machu Picchu D Petra (20 x 1) (20) 1.2 Kies ʼn wêreldikoon vanuit die gegewe lys wat die beskrywings die beste voltooi. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK. Die Koepel van die Rots, Swartwoud; Jungfrau-Aletsch; Ayers Rots; Blou Moskee; Mekka; Klaagmuur; Berlynse Muur 1.2.1 Hierdie gewilde aantreklikheid met dalende koepels en ses minarette is tydens elkeen van die ses daaglikse bidtye vir nie- aanbidders gesluit 1.2.2 Die oorblyfsels van ʼn fisiese versperring wat die verdeling tussen demokrasie en kommunisme en die gebrek aan vryheid gedurende die Koue Oorlog gesimboliseer het 1.2.3 ʼn Bergagtige streek in Suidwes-Duitsland bekend vir sy prentjiemooi dorpies en vervaardiging van koekoekhorlosies 1.2.4 ʼn Plek van gebed en pelgrimstog wat vir Jode ʼn heilige plek is 1.2.5 Hierdie beskermde gebied is die tuiste van die grootste en langste gletser in die Switserse Alpe (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 As ʼn reisiger buitelandse valuta ter voorbereiding van ʼn reis wissel, sal die bank die transaksie doen deur van die (BAK/BVK) gebruik te maak. 1.3.2 As geld deur die ekonomie van ʼn streek/land syfer en verskeie organisasies bevoordeel, staan dit as die (vermenigvuldigereffek/BBP) bekend. 1.3.3 (Tokio, Japan/Parys, Frankryk) sal die gasheer vir die 2020 Somer Olimpiese Spele wees. 1.3.4 Mapungubwe Kulturele Landskap Wêrelderfenisterrein is in (Gauteng/Limpopo) geleë. 1.3.5 Visa en MasterCard is korporasies wat finansiële dienste bied en (krediet- en debietkaarte uitreik/internasionale betalingsnetwerke bied). (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 1.4 Kies die woord(e) in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Toerisme besighede koop A Cholera goedere van vervaardigers en verskaffers in hulle gebied 1.4.2 ʼn Suid-Afrikaanse diens wat B Vereiste vir ʼn visum- akkurate inligting bied om aansoek ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder 1.4.3 Bewyse dat die reisiger homself C Suid-Afrikaanse in die land wat besoek word kan Toerisme onderhou (South African Tourism) 1.4.4 Dra by om Suid-Afrika as ʼn D Plaaslike verkryging bestemming van keuse op beide binnelandse en internasionale vlakke te bevorder 1.4.5 ʼn Siekte wat deur kontak met die E Stats SA liggaamsvloeistowwe van ʼn besmette persoon oorgedra word F ITB G MIV/Vigs (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 9 1.5 Bestudeer die beelde en dui aan of elkeen van die produkte as belastingvrye goedere, goedere om te verklaar of verbode goedere beskou word. 1.5.1 Hennep/Dagga 1.5.2 Parfuum 1.5.3 Outomatiese wapen 1.5.4 150 sigarette 1.5.5 Bedreigde diere (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die gegewe inligting en beantwoord die daaropvolgende vrae. ZURICH Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 11 Die Raad vir Wêreld Reis en Toerisme (World Travel and Tourism Council) was die gasheer van die Globale Beraad in Seville, Spanje op 3 en 4 April 2019. Afgevaardigdes (Verteenwoordigers) van verskeie lande het na Spanje gevlieg om hierdie Globale Beraad by te woon. Die Suid- Afrikaanse afgevaardigdes het na Madrid, Spanje gevlieg. In Madrid het hulle die afgevaardigdes van Engeland wat vanuit Londen gevlieg het ontmoet. Daarna het beide groepe afgevaardigdes per trein vanaf Madrid na Seville gereis. Die 530 km treinreis het 5 uur en 20 minute geduur. 2.1.1 Bestudeer die skematiese voorstelling van die reisplan van die besoekers van Engeland en beantwoord die daaropvolgende vraag. Londen, Engeland Madrid, Spanje 02h25m Vlugtyd Londen 1 April Madrid 1 April Tyd: 11:35 Tyd:? Vlug IB3169 Vlug IB3169 Die afgevaardigdes van Engeland het vanaf Heathrow Internasionale Lughawe in Londen op hulle reis na Spanje vertrek. Bereken die aankomstyd van vlug IB3169 as die vlugtyd van hulle geen-stop (non-stop) vlug 02h25m was. Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen het. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.1.2 Bestudeer die skematiese voorstelling van die reisplan van die besoekers van Suid-Afrika en beantwoord die daaropvolgende vraag. Johannesburg, Madrid, Suid-Afrika 13h10m Spanje Wagtydperk (wagtydperk Johannesburg Zürich Zürich Madrid voor die 1 April 2 April 2 April Datum:? volgende Tyd:? Tyd: 06:10+ Tyd: 07:00 Tyd:? vlug) Vlug LX289 Vlug 00h50m LX2020 (a) Die afgevaardigdes van Suid-Afrika het vanaf Johannesburg, Suid-Afrika na Zürich, Switserland vertrek oppad na Madrid, Spanje. Hulle vlugtyd van Johannesburg, Suid-Afrika na Zürich, Switserland was 10h45m. Hulle aankomstyd in Zürich is as 06:10+ aangedui. Bereken die vertrektyd van hulle vlug van Johannesburg. Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen het. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) (b) Op die tweede been van hulle reis het die Suid-Afrikaners vanaf Zürich, Switserland vertrek soos in die diagram aangedui. Die vlugtyd van vlug LX2020 was 2h15m. Bereken die aankomstyd en datum van hulle vlug in Madrid. Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen het. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.1.3 Met hulle aankoms in Madrid kon die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes aan vluguitputting na hulle reis van 13h10m ly. (a) Gee EEN simptoom van vluguitputting. (1) (b) Verduidelik EEN oorsaak van die reisverwante toestand waarna daar in VRAAG 2.1.3 (a) verwys is. (2) 2.1.4 Bestudeer die inligting en diagramme en gebruik die gegewe data om die vereiste inligting te verskaf. (a) Gee die nasionaliteite van die genoemde afgevaardigdes. (2) (b) Identifiseer die tipe toeris wat die Globale Beraad besoek het. (1) (c) Noem TWEE vervoertipes waarvan die afgevaardigdes gebruik gemaak het op pad na die Globale Beraad in Seville, Spanje. (2) (d) Stel die tipe verblyf waarvan die afgevaardigdes in Seville waarskynlik gebruik gemaak het voor. Motiveer jou antwoord. (3) (e) Verduidelik die betekenis van die “+”, soos gedruk langs die aankomstyd (06:10) van vlug LX289 in Zürich. (2) 2.1.5 Gee TWEE reisdokumente wat die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes met hulle aankoms in Europa moes toon. (2) 2.1.6 Een van die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes het ses bottels van die beste Suid-Afrikaanse wyn as geskenke vir verteenwoordigers van ander wêreldlande saamgeneem. (a) Identifiseer die kanaal waardeur hy met sy aankoms by doeane moes stap. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.6 (a). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 13 2.1.7 Veiligheid is ʼn groot rede tot kommer met internasionale reis. Adviseer die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes oor TWEE oorwegings wat hulle in ag moet neem terwyl hulle by die treinstasie vir hulle trein van Madrid na Seville, wag. (2 x 2) (4) [34] VRAAG 3 3.1 Bestudeer die onderstaande inligting en wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat volg. Mnr. Dlepu van King William’s Town gaan op ʼn besigheidsreis na Engeland en Frankryk. Hy gaan R20 000,00 vir sy besoek aan Engeland en R15 500,00 vir sy besoek aan Frankryk wissel. Toerismestreek Geldeenheid- BAK BVK kode Verenigde Koninkryk GBP 17,66 18,36 Europese lande EUR 15,88 16,47 3.1.1 Bereken die bedrag in pond wat mnr. Dlepu sal ontvang as hy R20 000,00 vir sy reis na Engeland wissel. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.2 Bereken die hoeveelheid buitelandse valuta wat mnr. Dlepu tot sy beskikking in Frankryk sal hê nadat hy R15 500,00 gewissel het. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.3 Met sy terugkeer het mnr. Dlepu €25 oor om vir rand te wissel. Bereken die bedrag wat hy sal ontvang. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae. Wisselkoers: ZAR na Euro Desember 2016 14,44 Desember 2017 14,77 Desember 2018 16,27 3.2.1 (a) Identifiseer die jaar wat die rand die swakste in verhouding tot die euro was. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (a). (2) 3.2.2 Verwys na jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (a) en bespreek die effek wat die neiging op inkomende toerisme van Europese lande na Suid-Afrika kon hê. (4) [16] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 15 AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN ERFENISTOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die wêreldikoonkaart en beantwoord die vrae wat volg. WÊRELDIKONE 4.1.1 Gee die amptelike name van die ikone gemerk A, B, E, F, G en H. (6 x 1) (6) 4.1.2 Noem die lande waar die ikone gemerk C en G geleë is. (2 x 1) (2) 4.1.3 Noem die stede, dorpe of gebiede waar die ikone gemerk E, F en H geleë is. (3 x 1) (3) 4.1.4 Gee die amptelike name van die ikone gemerk C en D waar, tydens ʼn besoek, toeriste die katedrale kan besigtig. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 4.2 Bestudeer die inligtingsbrosjure en beantwoord die vrae wat volg. Om daar uit te kom: SHAMBALA PRIVAAT WILDRESERVAAT Afstand: 235 km Per motor: 2½ uur Per helikopter: 55 min Wêreld se voorste Privaat Wildreservaat 2013 tot 2018 SAFARI’S EN ERVARINGS  Groot Vyf interaksie  Wildritte  Piekniek in die bosse  Uitstappies in die bosse  Wildnavorsing  Sonsondergang bootvaarte  Sterrekyk  Visvang  Vierwiel motorfiets ry ZOELOEKAMP  Luukse huisies (chalets)  Ons kokke skep disse uit die boonste rakke, volgens jou smaak en voorkeure.  Jou persoonlike huiskneg is ten alle tye beskikbaar om jou by te staan. SHAMBALA SPA  Die Spa is oop van 08:00 tot 20:00.  Die Spa het twee behandelingsvertrekke en ʼn dek met ʼn uitsig op die omliggende bos. [Verwerk uit www. shambalaprivategamereserve.co.za] *World Travel Awards – Wêreldreistoekennings 4.2.1 Gee EEN voorbeeld uit die brosjure om Shambala Privaat Wildreservaat se volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne te beklemtoon. (2) 4.2.2 Skryf ʼn paragraaf waarin jy toon hoe die verskaffing van ʼn positiewe besoekerservaring tot Shambala se ontvangs van verskeie Wêreldreis toekennings bygedra het. (4 x 2) (8) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 17 VRAAG 5 Bestudeer die kaart en inligting en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE TIENDE WÊRELDERFENISTERREIN *Barberton MakhanjwaBerge In Noordoostelike Suid-Afrika geleë, is die Barberton Makhonjwaberge Wêrelderfenisterrein, een van die wêreld se oudste geologiese strukture, met vulkaniese en sedimentêre rots wat 3,5 biljoen jaar terug dateer – in die tyd toe die eerste vastelande op die primitiewe Aarde begin vorm het. Ten spyte van die feit dat die rotse biljoene jare oud is, is hulle so goed bewaar dat die fossiele daarin getrou rekord hou van die vroegste bakteriële lewensvorme op die planeet. Tesame met die uitsonderlike geologie is die gebied ryk aan wilde plante, diere en pragtige natuurskoon. Die verskeie groot en klein natuurreservate en die panoramiese skoonheid bied sleutelelemente wat benodig word vir ontwikkeling van diverse en innoverende toerisme vennootskappe en besighede. [Verwerk uit www. africageographic.com] 5.1 Identifiseer die provinsie waar die Barberton Makhonjwaberge, Suid-Afrika se nuutste Wêrelderfenisterrein, geleë is. (1) 5.2 Noem die tipe wêrelderfenisterrein wat deur UNESCO by die Barberton Makhonjwaberge verklaar is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 5.3 Bestudeer die uittreksel uit UNESCO se keuringskriteria vir goedkeuring tot die Wêrelderfenisterreinlys. Kriteria vii: “Om oortreffende natuurlike verskynsels of gebiede van uitsonderlike natuurlike skoonheid en estetiese belang te bevat.” Kriteria viii: “Om uitstaande voorbeelde van die hoofstadiums in die aarde se geskiedenis te wees, insluitend die opteken van lewe, beduidende voortdurende geologiese prosesse in die ontwikkeling van landvorme of beduidende geomorfiese of fisiografiese kenmerke.” [Bron: www. whc.unesco.org] 5.3.1 Identifiseer die keuringskriteria waaraan die Barberton Makhonjwaberge Wêrelderfenisterrein voldoen het. (2) 5.3.2 Verduidelik TWEE maniere hoe die Barberton Makhonjwaberge aan die UNESCO keuringskriteria geïdentifiseer in VRAAG 5.3.1 voldoen. (2 x 2) (4) 5.4 Bestudeer die prente en inligting. Beantwoord die vraag wat volg. Dusty Tracks Off Road Adventures bied natuurskoon, avontuur, voëlkyk, geskiedenis, kultuur, geologiese en 4 x 4 toere. Barberton het ʼn Geo- spoor (trail) in die aangekondigde wêrelderfenisterrein en kundige gidse kan vir toere wat ʼn indiepte geskiedenis en geologie van die gebied insluit gereël word. [Verwerk uit www.dustytracks.co.za] 5.4.1 Bespreek hoe die verklaring van die Barberton Makonjwaberge Wêrelderfenisterrein tot volhoubare groei vir Dusty Tracks Off Road Adventures en sy toerismevennote in die Barberton-gebied sal lei. (2 x 2) (4) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 19 VRAAG 6 Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE TOERISME EN KLM GEBRUIK HUURMOTORS OM TOERISME IN DIE VERENIGDE KONINKRYK (VK) TE ‘BESTUUR’ Suid-Afrikaanse Toerisme is in vennootskap met KLM Royal Dutch Airlines (KLM) om toerisme na Suid-Afrika te bestuur. Die mees onlangse buite-huis bemarkingsveldtog van Suid-Afrikaanse Toerisme behels 100 VK huurmotors, met kenmerkende prente van Suid- Afrikaanse ikoniese wild, wat in die stede van Birmingham, Londen, Manchester en Newcastle, gedurende die maand April 2018 ry. Die veldtog is gemik op die bevordering van een van SA se mees gesogte vakansie-ervarings – om die Groot 5 op safari te besigtig. Deur hierdie poging mik KLM om hulle daaglikse diens na Johannesburg, Suid-Afrika se hoofpoort, via Amsterdam vanuit Newcastle, Manchester, Birmingham en Londen na vore te bring. [Verwerk uit www.tourismupdate.co.za] 6.1 Identifiseer die reismark-segment deur Suid-Afrikaanse Toerisme in sy Verenigde Koninkryk bemarkingsveldtog geteiken. (2) 6.2 Verduidelik hoe die VK-veldtog ʼn sleutelrol in Suid-Afrikaanse Toerisme se globale bemarkingsveldtog speel. (2 x 2) (4) 6.3 Evalueer hoe Suid-Afrikaanse Toerisme se veldtog-vennootskap met KLM Suid-Afrika as ʼn toerismebestemming sal bevorder. (2 x 2) (4) 6.4 Gaste-faktuur voorbeeld Verblyf R1000 1%-toerismeheffing R10,00 Totaal R1010 BTW R151,50 Groottotaal R1 161,50 Verduidelik hoe die gaste-faktuur voorbeeld en TOMSA tot die Suid- Afrikaanse Toerisme veldtog in die Verenigde Koninkryk gekoppel is. (2 x 2) (4) [14] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg. 7.1 Verduidelik aan mnr. Smith wat ʼn dienskontrak is. (2) 7.2 Lys DRIE voorwaardes wat in mnr. Smith se dienskontrak ingesluit kan word. (3 x 1) (3) 7.3 Op die kantoormuur sien jy ʼn geraamde gedragskode vir PENIKA Reisagentskap. Bespreek die waarde van ʼn gedragskode vir ʼn besigheid. (2 x 2) (4) 7.4 Bespreek, deur TWEE redes te verskaf, die belangrikheid dat die personeel van PENIKA Reisagentskap te alle tye ʼn professionele beeld moet handhaaf. (2 x 2) (4) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 21 VRAAG 8 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. UNIEKE HANDGEMAAKTE PRODUKTE VAN HERWINBARE TEESAKKIES AS KUNSWERKE – ORIGINAL TEABAG DESIGNS Vir ʼn groep voorheen benadeelde mense in Houtbaai naby Kaapstad, Suid-Afrika, het een koppie tee die gemeenskap met opwinding, finansiële sekuriteit en hoop gevul. Original Teabag Designs is as ʼn handwerk- en werkskeppingsprojek begin. Vandag is die projek ʼn uitstekende voorbeeld van afval-vermindering, werkskepping en sosiale opheffing deur vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van lewensvaardigvaardighede. Original Teabag Designs bied ʼn reeks hoë kwaliteit, eksklusiewe handgemaakte produkte deur gebruik te maak van gebruikte teesakkies wat gedroog, leeggemaak, gestryk en deur plaaslike kunstenaars geverf word. Die kunstenaars ontvang betaling vir elke voltooide teesakkie. Hierdie voltooide produkte word dan aan houtskinkborde, plekmatjies, lapitems, muurbehangsels en vele ander vasgemaak. Kaapstad Sightseeing se opspring-afklim toerbusse (hop-on hop-off) stop gereeld by Original Teabag Designs se besigheidsperseel by Kronendal. Produkte is ook beskikbaar by ʼn stalletjie in die Handwerkmark by die V&A Waterfront. [Verwerk uit www.tbagdesigns.co.za en resource.capetown.gov.za] 8.1 Original Teabag Designs kan as ʼn besigheid beskou word wat verantwoordelike en volhoubare toerisme beoefen. Skryf ʼn paragraaf waarin jy hierdie stelling bespreek. Gee aandag aan die volgende in jou paragraaf:  Identifiseer die drie pilare van volhoubare toerisme (3 x 1) (3)  Koppel elkeen van die drie pilare van volhoubare toerisme aan ʼn voorbeeld uit die teks om te toon (wys) hoe Original Teabag Designs elkeen van die drie pilare beoefen. (3 x 2) (6) LET WEL: In jou paragraaf moet jy toon aan watter van die drie pilare elkeen van die voorbeelde gekoppel word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 8.2 Verduidelik hoe die plaaslike gemeenskap baat kan vind as Original Teabag Designs ʼn plaaslike verkrygingstrategie in hul besigheid implementeer. (2 x 2) (4) 8.3 Stel TWEE strategieë voor wat Original Teabag Designs kan implementeer om omgewingsbewuste toeriste na hulle verkoopspunte (winkels) by Kronendal en die V&A Waterfront te lok. (2 x 2) (4) [17] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 23 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg. 9.1.1 Klassifiseer die onvoorsiene gebeurtenis. (2) 9.1.2 Toerisme dra tot amper 30% by van die ekonomie van Hawaii se Groot Eiland (Big Island). In ʼn paragraaf, bespreek VIER maniere hoe die onvoorsiene gebeurtenis ʼn negatiewe impak op die toerismebedryf kon hê. (2 x 4) (8) 9.1.3 Verduidelik die volgende stelling. Basiese onkunde oor die geografiese ligging van Hawaii het selfs toerismebesighede ver van die gevaarsone benadeel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2019) 9.2 Bestudeer die onderstaande statistieke en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE AANKOMELINGE IN SUID-AFRIKA KWARTAAL 1 (Januarie tot Maart 2017 en 2018) K1 2017 K1 2018 AANKOMELINGE (Miljoene) 2,6 2,8 INKOMSTE (Biljoene) R19,0 R20,7 GEMIDDELDE SPANDERING R730 R700 (R per dag) LENGTE VAN VERBLYF (Nagte) 10 11 [Verwerk uit www.southafrica.net] 9.2.1 Bereken die toename in toerisme-inkomste in kwartaal 1 van 2018 in vergelyking met kwartaal 1 van 2017. (2) 9.2.2 Bespreek TWEE faktore wat direk bygedra het tot die toename in inkomste deur internasionale aankomelinge gegenereer in kwartaal 1 van 2018 in vergelyking met kwartaal 1 van 2017. (2 x 2) (4) 9.2.3 Stel EEN faktor (rede) voor wat ʼn negatiewe effek op internasionale toeriste besteding in kwartaal 1 van 2018, in vergelyking met kwartaal 1 van 2017, sal hê. (2) 9.3 Bestudeer die inligting van die reisresensiewebtuiste hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 07 Jul 2018, 13:17 Hi Ek gaan na Suid-Afrika, langs die Tuinroete vanaf Kaapstad na Port Elizabeth, aan die begin van September vanjaar vir ons wittebroodsreis. Ek het raad gekry om aansoek te doen vir ʼn kredietkaart met goeie wisselkoers voordele vir gebruik oorsee, maar is ongelukkig deur my bank afgekeur. Is daar ʼn ander betaalmetode behalwe die gebruik van kontant of my debietkaart beskikbaar? Beste wense Lucy [Verwerk uit www.tripadvisor.co.za] 9.3.1 Adviseer Lucy oor die beste alternatiewe betaalmetode vir hul reis. (2) 9.3.2 Bespreek EEN voordeel van die betaalmetode in VRAAG 9.3.1 geïdentifiseer. (2) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) TOERISME 25 VRAAG 10 Baie mense wend hulle tot sosiale media om oor swak diens te kla. Lees die onderstaande uittreksels van Facebook en beantwoord die vrae. 10.1 Identifiseer die metode wat in bostaande voorbeelde gebruik is om kliënte terugvoering te verkry. (2) 10.2 Bespreek EEN rede waarom die bestuur van Shosholoza Meyl aandag behoort te skenk aan klagtes van hul kliënte op hulle Facebookblad. (2) 10.3 Stel EEN voordeel voor vir Shosholoza Meyl indien die bestuur aandag sou skenk aan die klagtes op hulle Facebookblad en die sake wat deur hulle kliënte aangemeld is, aanspreek. (2) [6] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all