Skip to content

Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paperTourismGrade 12202230 pages

Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN TOERISME 2022 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af. 5. Toon ALLE berekeninge. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING ONDERWERP PUNTE (minute) A Kortvrae 40 20 B Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse Valuta- 50 50 verhandeling C Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en 50 50 Erfenistoerisme; Bemarking D Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike 30 30 Toerisme E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die toerismekonsep wat in 'n reisprogram kan voorkom wat die prent hieronder beskryf: A Bestemming B Roetebeplanning C Geskeduleerde reisprogram D 'n Aktiwiteit 1.1.2 Die verskil tussen vlugvoosheid en vluguitputting: A Vlugvoosheid is reis tussen twee stede in 'n land en vluguitputting is reis tussen twee stede in 'n buurland. B Vlugvoosheid is moegheid as gevolg van vlieg oor baie tydsones en vluguitputting is moegheid as gevolg van 'n langafstandvlug. C Vlugvoosheid is spanning op 'n vliegtuig wat deur windspoed veroorsaak word en vluguitputting is erge moegheid gedurende 'n vlug as gevolg van die ouderdom van die vliegtuig. D Vlugvoosheid het beperkte of geen newe-effekte vir passasiers nie, terwyl vluguitputting baie simptome het en hospitalisasie kan vereis. 1.1.3 Toeriste het nou die voordeel om hulle buitelandse valuta deur hierdie aanlyn metode te verkry: A Forex B Aandelebeurs C Bitcoin D Banktoep ('Banking app') Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 4 DBE/2022 SS/NSS 1.1.4 Die tydverskil tussen Londen en New York: 01:00 (+1) 09:00 14:00 A 3 uur B 4 uur C 5 uur D 6 uur 1.1.5 Die term wat gebruik word om die neiging wat in die grafiek hieronder getoon word, te beskryf: VS-DOLLAR vs. RAND A Daaglikse skommeling B Bankverkoopkoers C Buitelandse valuta D Bankaankoopkoers Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 5 DBE/2022 SS/NSS 1.1.6 Die prent hieronder toon 'n antieke ikoon. Identifiseer die antieke ikoon. A Berlynse Muur B Groot Muur van China C Sydney Operahuis D Groot Piramides van Giza 1.1.7 uShaka Mariene-wêreld ('uShaka Marine World') maak voorsiening vir mense met gestremdhede deur … A rolstoele by die ingang te verskaf. B die dienste van onbevoegde personeellede te beëindig. C te verseker dat alle toeriste skoon drinkwater het. D gebaretaal tot voordeel van visueel gestremde toeriste te gebruik. 1.1.8 Die verklaring van 'n nuwe Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika sal … A alle armoede en werkloosheid in die plaaslike gemeenskap uitwis. B Suid-Afrika negatiewe mondelinge reklame in die internasionale gemeenskap gee. C toerisme-infrastruktuurontwikkeling na die plaaslike gemeenskap bring. D veroorsaak dat ander Wêrelderfenisterreine toemaak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 6 DBE/2022 SS/NSS 1.1.9 Die grootste bydraers tot die TOMSA-heffing: Bydraers tot die TOMSA-heffing Motorverhuring Reisagentskappe B&O'e A Vervoersektor B Konferensiesektor C Reisbesprekingsektor D Akkommodasiesektor 1.1.10 Die prent hieronder toon 'n ... tipe Wêrelderfenisterrein. A natuurlike B kulturele C gemengde D indringer- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 7 DBE/2022 SS/NSS 1.1.11 'n Voorbeeld van hoe lugdienste die plaaslike gemeenskap, wat naby die lughawe geleë is, ondersteun: A Neem werkers uit 'n buurprovinsie in diens B Voer al hulle uniforms vanuit die buiteland in C Gee nuwe rekenaars aan 'n plaaslike skool D Skenk vliegtuigbrandstof aan die plaaslike petrolstasies 1.1.12 Volhoubare toerismepraktyke in Suidelike Afrika word deur ... geakkrediteer. A FTT B SAL C BAK D VSD 1.1.13 'n Manier waarop 'n toerismebestemming omgewingsbewuste toeriste kan lok: A Teken op aanlyn sporttydskrifte in B Adverteer plastiekverpakkingsprodukte op hulle webtuiste C Skenk geld aan internasionale mynmaatskappye D Publiseer hulle belofte tot volhoubare praktyke op hulle webtuiste 1.1.14 Een van die provinsies wat die grootste aantal internasionale besoekers ontvang: A Noord-Kaap B Vrystaat C Limpopo D Gauteng 1.1.15 Nagskof-ure vanaf … kan as billike werkstoestande beskou word. A 23:00 tot 07:00 B 11:00 tot 07:00 C 19:00 tot 09:00 D 00:00 tot 23:00 1.1.16 Die gedragskode gee riglyne oor die verwagte … by die werk. A gedrag B betaling C verlof D voordele Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 8 DBE/2022 SS/NSS 1.1.17 Wanneer 'n klant met 'n koors hoër as (>) 37,5 °C 'n restaurant binnegaan, is die restaurant verplig om soos volg op te tree: > 37,5 °C < 37,5 °C A Stuur die klant na die ISE ('ICU') by die naaste hospitaal B Laat dadelik 'n Covid-19-toets doen C Weier die klant toegang tot die restaurant D Kry dadelik 'n versterker('booster')-inenting 1.1.18 'n Beraad is 'n … waar sake van internasionale belang bespreek word. A politieke situasie B onvoorsiene gebeurtenis C byeenkoms van staatshoofde D byeenkoms van slegs SAOG-ministers 1.1.19 Toeriste moet van hierdie kriminele aktiwiteite bewus wees wanneer finansiële transaksies aanlyn gedoen word: A Hulle kredietkaarte kan beskadig of gekrap word. B Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer 'n selfoon gebruik word. C Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer vir goedere en dienste met kontant betaal word. D Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer daar per tjek betaal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 9 DBE/2022 SS/NSS 1.1.20 Volgens die statistiek in die 'Bestee'-kolom hieronder bestee besoekers uit … die meeste geld wanneer hulle Suid-Afrika besoek. SUID-AFRIKA SE BESTEDING EN AANKOMSTE (2019) STREEK BESTEE AANKOMSTE (IN RAND) Afrika 34 431 514 535 6 602 000 Amerikas 11 780 832 483 533 000 Asië en die Stille Oseaan 4 733 653 697 237 000 Australasië 2 490 378 950 128 000 Europa 30 465 971 781 2 400 000 Midde-Ooste 51 134 039 3 000 GROOTTOTAAL 83 953 485 482 9 903 000 [Bron: www.statssa.gov.za] A Asië en die Stille Oseaan B Europa C Afrika D Amerikas (20 x 1) (20) 1.2 Kies EEN woord/term uit die lys hieronder om elk van die volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bankaankoopkoers. konferensie; positiewe; Limpopo; uitstaller; negatiewe; Mpumalanga; Victoria-waterval; koper; Niagara-waterval; avontuur 1.2.1 Baie …-toeriste gaan by 'n ski-oord in die Swartwoud tuis. 1.2.2 Maklike toegang tot 'n besienswaardigheid het 'n … besoekers- ervaring tot gevolg. 1.2.3 Die Barberton-Makhonjwa-berge is in … geleë. 1.2.4 'n Buitelandse reisagent woon Afrika se Reis-Indaba as 'n … by om luukse akkommodasie wat onlangs oopgemaak het, vir sy kliënte te vind. 1.2.5 Lagies ys vorm in die winter oor die … (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 10 DBE/2022 SS/NSS 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort. 1.3.1 Robbeneiland word as 'n (natuurlike/kulturele) Wêrelderfenisterrein geklassifiseer. 1.3.2 'n Toename in (volume/aansporings) verwys na groter besoekersgetalle aan Suid-Afrika. 1.3.3 Suksesvolle toeristebesienswaardighede in Suid-Afrika verkry hulle produkte hoofsaaklik by (plaaslike/globale) verskaffers. 1.3.4 UNESCO-kriteria gebruik 'n (metrieke/Romeinse) nommeringstelsel. 1.3.5 Die stad Venesië is op baie (eilande/heuwels) gebou. (5 x 1) (5) 1.4 Kies 'n term in KOLOM B wat pas by die 21ste-eeuse tegnologiese uitvindings in KOLOM A wat gebruik word om toeriste se ervarings te verbeter. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 'n Digitale ervaring van 'n A biometriese skandering bestemming wat besoek gaan word B e-Visum 1.4.2 Gebruik die Wêreldwye Web C virtuele toer en 'n slimfoon om aanlyn besprekings te maak en vir D robotika-huishouding veelvuldige toerismeprodukte te betaal E internet 1.4.3 Verkry toegang tot jou F skootrekenaar hotelkamer deur jou vingerafdruk te gebruik 1.4.4 'n Vereiste elektroniese reisdokument 1.4.5 'n Veilige en sekere kamer- skoonmaakdiens in 'n hotel (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 11 DBE/2022 SS/NSS 1.5 Reis binne Suid-Afrika se grense het die risiko van Covid-19-infeksie en -oordrag verhoog. Die Maharajah-gesin in die prentjie hieronder gaan vir hulle jaarlikse vakansie vanaf Durban na Johannesburg reis. Hulle sal die veiligste vervoeropsie oorweeg om die risiko van infeksie vir hulle gesin te voorkom. Die koste van die vervoer en die tyd wat die reis gaan neem, is nie 'n probleem nie. Alles gaan oor die veiligheid van die gesin. Kies VYF vervoeropsies hieronder wat die veiligste vir die Maharajah-gesin sal wees. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. (5) 'n Nuwe Siening Watter soort vervoer moet ons gebruik? van Ontspannings- reise reisigers sal besluite neem op grond van gesondheids- en higiëneprotokolle wanneer hulle 'n vervoermiddel na 'n bestemming moet kies. A B C Gehuurde motor Die Gautrein Luukse passasiersboot D E F Lugreise Trem Busse met slaapstoele ('Sleeper coaches') G H I Eie motor (selfbestuur) Shosholoza Meyl Mikroligte vliegtuig [Aangepas uit www.advertising.expedia.com] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 12 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA- VERHANDELING VRAAG 2 2.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Woorde met 'n asterisk (*) gemerk, word in die woordelys op die volgende bladsy verduidelik. NUWE TOERISME-NEIGINGS INSTA-REIS* Hedendaagse reisigers kan onmiddellik hulle lekker toerisme-ervarings via Instagram aan die massas bekendmaak. 'n Nuwe toerisme-neiging is besig om pos te vat waar toeriste hierdie bestemmings wat hulle op Instagram gesien het, wil besoek. Een van hierdie bestemmings is 'n klein juweeltjie met die naam Old MacDoodle-plaas (@old_macdoodle's_farm) wat hier in Suid-Afrika in die Wes-Kaap weggesteek is. MY STORIE Ek is Brie Hart, 'n Spaanse burger, en ek woon in Madrid. Ek is 'n ster('celebrity')-vlogger* en 'n Instagram-beïnvloeder*. Insta-reis is my gunsteling ding om te doen, so volg my soos ek na Old MacDoodle-plaas naby Kaapstad in Suid-Afrika reis. My vlug vertrek om 15:00 op 10 November 2021 en ek het nie eers 'n visum nodig nie! Ek gaan vir vier nagte bly en op 15 November 2021 na Madrid terugkeer. Ek gaan met ekonomiese klas reis en in een van die Airstream-woonwaens* tuisgaan. Dit klink so opwindend; ek kan nie wag om my reis na Suid-Afrika met jou op my Insta-post* op Instagram te deel nie. OOR ONS Old MacDoodle-plaas is deels 'n karavaanpark en deels 'n ontwerpersplaaslodge. Hierdie plasie, wat in 'n pragtige, bergagtige deel van die Elginvallei naby Kaapstad geleë is, is 'n perfekte plek om net te ontspan. Old MacDoodle-plaas bied unieke akkommodasie, soos die Airstream-woonwa- eenhede, wat permanente karavane op die plaas is, teen R1 895 PPPN, asook gerieflike 'glamping'*-styl-tente. Old MacDoodle-plaas, net 'n uur buite Kaapstad en geleë tussen appelbome, bied oop ruimtes, bergpaadjies, 'n meer en baie buitelug-aktiwiteite. Geniet 'n heerlike plaasontbyt in die restaurant, wat daagliks vanaf 06:00 tot 10:00 voorgesit word, of kies 'n voorafverpakte ontbytpakkie vir 'n vroegoggend-staproete op een van die vele bergpaadjies. Daar is oop ruimtes waar jy kan rondstap, die natuur kan bewonder, video's kan opneem en deel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 13 DBE/2022 SS/NSS BUITE-AANSIG VAN DIE WOONWAENS AIRSTREAM-WOONWAENS BINNEKANT VAN WOONWA 1 BINNEKANT VAN WOONWA 2 [Aangepas uit www.oldmacdaddy.co.za] WOORDELYS VERDUIDELIKING Ster('celebrity')-vlogger 'n Persoon wat 'n video op sosialemedia-platforms plaas en wat 'n groot aantal volgelinge op hierdie platforms het Instagram-beϊnvloeder 'n Persoon wat die vermoë het om mense te oortuig om hulle menings en optrede op sosialemedia- platforms, soos Instagram, te volg Insta-reis Reis met die doel om foto's of video's te neem en dit dan op Instagram te plaas Insta-post 'n Plasing op Instagram Airstream-woonwaens 'n Amerikaanse woonwa-handelsmerk met al die luukshede van 'n hotelkamer 'Glamping' Luukse buitelug-akkommodasie in tente 2.1.1 (a) Voltooi die sin: Brie is 'n … tipe toeris. (2) (b) Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1(a). (2) 2.1.2 Noem EEN kenmerk van Old MacDoodle-plaas as 'n bestemming, wat by Brie se kliënteprofiel sal pas. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 14 DBE/2022 SS/NSS 2.1.3 Gee TWEE redes waarom Brie gekies het om in die Airstream- woonwa op die plaas tuis te gaan. (4) 2.1.4 Bereken die totale koste van Brie se akkommodasie vir vier nagte. (2) 2.1.5 Die onderstreepte woorde of frases in die reisprogram hieronder is nie korrek nie omdat dit nie genoegsame en relevante inligting bevat nie. DAG 2: Word vroeg wakker, eet ontbyt, neem na ontbyt foto's in jou kamer. 'n 2 uur lange begeleide staptog in die berge wat om 14:00 by die restaurant begin. Herskryf Dag 2 se inskrywing in Brie se reisprogram om al die relevante inligting te gee wat sy mag nodig kry. (4) 2.1.6 Stel EEN manier voor waarop Old MacDoodle-plaas hulle tegnologie kan verbeter om aan hulle Insta-reisigers se vereistes te voldoen. (2) 2.1.7 Noem EEN verpligte reisdokument wat Brie vir haar reis na Kaapstad sal nodig hê. (2) 2.1.8 Brie het gespesialiseerde kameratoerusting wat sy na Kaapstad wil neem. Gee aan haar inligting oor hoe die lugdiens die toerusting tot by die finale bestemming sal vervoer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 15 DBE/2022 SS/NSS 2.2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die reisinligting wat gegee is en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 16 DBE/2022 SS/NSS Woensdag 10 November 2021 EUR3 787.22 2.2.1 (a) Gee die vlugnommer vir Brie se vlug na Kaapstad. (2) (b) Sitpleknommer 20A op die vliegtuig is aan Brie toegeken. Verduidelik waarna die letter 'A' met betrekking tot die ligging van haar sitplek op die vliegtuig verwys. (2) (c) Verduidelik EEN rede waarom Brie die weerstoestande in ag moet neem wanneer sy haar tasse vir die reis na Kaapstad pak. (2) 2.2.2 Nadat sy vier nagte by Old MacDoodle-plaas tuisgegaan het, sal Brie na Madrid terugkeer. Brie se terugvlug land om 17:00 op 15 November 2021 in Madrid. Bereken hoe laat en op watter datum sy uit Suid-Afrika vertrek. (6) 2.3 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. DIE BEKENDSTELLING VAN 'N GLOBALE COVID-19-PASPOORT VIR TOERISME Toerisme is wêreldwyd die hardste deur Covid-19 getref en het die beperking van alle beweging van mense tot gevolg gehad. Die enigste oplossing om toerisme wêreldwyd weer aan die gang te kry, was om bewyse van 'n inenting deur middel van 'n globale Covid-19-paspoort te hê. Die globale Covid-19- paspoort is 'n bykomende, verpligte gesondheidsdokument wat saam met die gewone paspoort en ander reisdokumente getoon moet word. [Bron: Eie teks] Dink jy dat die globale Covid-19-paspoort internasionale reise sal herstel? Gee TWEE redes vir jou mening. (4) [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 17 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3 3.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RAND/EURO-WISSELKOERSTABEL LAND VALUTAKODE BAK BVK Italië EUR 17,12 17,88 3.1.1 'n Suid-Afrikaanse toeris is op pad Italië toe. Hy gaan na 'n buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op OR Tambo Internasionale Lughawe. Hy het R50 500 wat hy vir euro wil wissel. Bereken hoeveel hy in euro sal ontvang. (3) 3.1.2 Met sy terugkoms in Suid-Afrika gaan die toeris na 'n buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op OR Tambo Internasionale Lughawe en wissel EUR200. Bereken hoeveel hy in rand sal ontvang. (3) 3.2 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die volgende aankondiging het op 30 September 2020 op SARS se webtuiste verskyn: 'Heropening van aankoms- en vertrekhawens vir internasionale beweging van persone en goedere' Die President van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, het op 16 September 2020 aangekondig dat reise na en vanaf Suid-Afrika vir besigheid, plesier en ander doeleindes met ingang van 1 Oktober 2020 toegelaat sal word. [Bron: www.sars.gov.za] 3.2.1 Hierdie aankondiging was goeie nuus vir die passasiersboot- maatskappye. Noem TWEE maniere waarop die terugkeer van die passasiersboot- maatskappye na Suid-Afrikaanse hawens tot buitelandse-inkomste- verdienste vir Suid-Afrika sal bydra. (2) 3.2.2 Bespreek TWEE maniere waarop die aankondiging hierbo en die terugkeer van die passasiersboot-maatskappye 'n positiewe impak op die BBP-groei in Suid-Afrika sal hê. (4) [12] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 18 DBE/2022 SS/NSS AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS- TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die prentjies en beskrywings van wêreld-ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WÊRELD-IKONE A B C Kalksteen; Klip en Sandsteen; standbeeld; marmer; monoliet; antieke struktuur; kloktoring; kleur naby die Nylrivier; kerkplein; verander; naby die onstabiele woestyn; Piramides; grond; Australiese Farao Romeinse inboorlinge styl [Bron: Eie skepping] 4.1.1 Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor. Gee die naam en die land vir ikoon A, B en C. IKOON NAAM VAN IKOON LAND A B C (6) 4.1.2 Identifiseer die natuurlike ikoon in die prentjies hierbo. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. (2) 4.1.3 Beskryf EEN unieke kenmerk van ikoon C wat baie toeriste lok. (2) 4.1.4 Verduidelik EEN manier waarop ikoon A met die Farao's (konings) verbind word. (2) 4.1.5 Noem EEN kenmerk wat deel vorm van die naam van ikoon B wat dit 'n toeristebesienswaardigheid maak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 19 DBE/2022 SS/NSS 4.2 Lees die nuusberig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE VLOER VIR DIE COLOSSEUM Die huidige arena binne die Ontwerp van die opgeknapte Colosseum arena-vloer van die Colosseum Die oorblyfsels van die oorspronklike houtvloer van die Colosseum se arena is in die 19de eeu deur argeoloë (historiese wetenskaplikes) verwyder. Dit het al die kamers en tonnels onder die vloer waar swaardvegters en diere aangehou is, ontbloot. Die regering het in 2021 besluit om die houtvloer te herbou, wat toeriste in staat sal stel om na die middel van die arena te loop waar swaardvegters 2 000 jaar gelede gestaan het. Die vloer sal van houtplanke gemaak word wat kan roteer (draai) om oop te maak om lig en lug na die ondergrondse areas te bring of wat toegemaak kan word om reën uit te hou. 'n Reënwater- opvangstelsel sal die hoeveelheid water op die vloer verminder en die reënwater sal in die openbare badkamers gebruik word. Die nuwe vloer sal die strukture en tonnels onder die vloer teen verdere skade beskerm. Daar word verwag dat die opknappingswerk teen 2023 voltooi sal wees en dat die arena vir die aanbied van kulturele gebeurtenisse gebruik sal kan word. Die Colosseum het in 2019 'n rekordgetal van 7,6 miljoen besoekers ontvang voordat die wêreldwye Covid-19-pandemie besoekersgetalle drasties laat afneem het. [Aangepas uit www.bbc.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 20 DBE/2022 SS/NSS 4.2.1 Noem die stad en die land waar die herstelwerk aan die Colosseum plaasvind. (2) 4.2.2 Baie mense is verdeeld oor die bewaring of opgradering van hierdie antieke plekke. Bespreek EEN punt ten gunste van: (a) Bewaring van die terrein (behou die oorspronklike vorm) (2) (b) Modernisering van die terrein (gradeer op en verbeter) (2) 4.2.3 Die Colosseum het in 2019 'n rekordgetal van 7,6 miljoen besoekers gekry. Noem EEN manier waarop die besoekersgetalle in 2019 'n aanduiding is dat die Colosseum 'n suksesvolle toeriste- besienswaardigheid is. (2) 4.2.4 Bespreek TWEE maniere waarop die herstelwerk aan die Colosseum volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne sal insluit. (4) 4.2.5 In die lig van die Covid-19-pandemie, verduidelik TWEE redes waarom die installering van die vloer voor 2023 as 'n wyse besluit beskou kan word. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 21 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 5 5.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UNESCO SE PROSES VIR DIE VERKLARING VAN WÊRELDERFENISTERREINE 1 'n Terrein wat 'n land beplan om te nomineer, word eers op 'n Tentatiewe Lys (voorlopig voorgestelde terreine) geplaas. Lande voltooi 'n nominasielêer wat kenmerke, bestuur 2 en bewaringsmaatreëls wat ingestel is, insluit. UNESCO stuur voorstelle terug om die nominasie 3 te verbeter en die status van die terrein is steeds 'Ter Oorweging'. 'n UNESCO-komitee neem 'n besluit nadat die 4 voorgestelde terrein besoek en geëvalueer is. UNESCO kondig gewoonlik die nuutverklaarde Wêreld- 5 erfenisterreine in Julie aan en voeg die terreine by hulle webtuiste. [Aangepas uit edition.cnn.com] 5.1.1 Gee die totale getal Wêrelderfenisterreine wat deur UNESCO in Suid-Afrika verklaar is. (2) 5.1.2 Noem EEN Wêrelderfenisterrein wat oor provinsiale grense heen in Suid-Afrika strek. (2) 5.1.3 Bespreek TWEE maniere waarop UNESCO by die verklaring van Wêrelderfenisterreine betrokke is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 22 DBE/2022 SS/NSS 5.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 5.2.1 Mapungubwe Kulturele Landskap [Bron: www.unesco.org] Verduidelik EEN rede waarom die goue renoster van belang is. (2) 5.2.2 Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap [Bron: www.unesco.org] Verduidelik EEN rede waarom die hut wat deur die Nama-mense gemaak is, van belang is. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 23 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DEELNAME AAN ITB Die Wêreld se Toonaangewende Reishandelskou Inspirerende nuwe maniere 9–13 Maart 2022 Inspirerende nuwe maniere Die ITB Inligting oor deelname Suid-AfrikaanseToerisme (SAToerisme)  10 000 maatskappye en organisasies neem elke jaar aan die ITB (Internationale  Verteenwoordig meer as 180 lande Tourismus-Börse) in Berlyn deel. Die ITB  Uitstallings in 26 sale bring professionele mense en  Suid-Afrika se uitstalling is in Saal 20 sleutelpersone uit die globale by Stalletjie 138. toerismebedryf byeen. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging Bemarking van Suid-Afrika Vyftig toerismeproduk-eienaars was deel ITB bied 'n platform om van die Suid-Afrikaanse afvaardiging bemarkingspogings 'n hupstoot te gee. (groep wat bygewoon het). Die Suid-Afrika word geposisioneer as veilig, afgevaardigdes het klein toerisme- bekostigbaar, waarde-vir-geld met 'n besighede en opkomende entrepreneurs verskeidenheid asemrowende ervarings. uit die nege provinsies ingesluit, wat Topbesluitnemers en -kundiges vanoor Suid-Afrika se uniekheid en kulturele die hele wêreld woon die ITB by. diversiteit verteenwoordig. [Aangepas uit www.southafrica.net] 6.1 Noem die gasheerland van die ITB Berlyn. (2) 6.2 Uit die inligting hierbo, gee EEN rede waarom SAToerisme aan die ITB Berlyn 2022 deelgeneem het. (2) 6.3 Bespreek EEN manier waarop SAToerisme sou verseker het dat daar 'n geografiese verspreiding van Suid-Afrikaanse produk-eienaars by ITB Berlyn was. (2) 6.4 Verduidelik EEN rede waarom die Suid-Afrikaanse handelsmerklogo in die prent hierbo by al 50 toerisme-uitstallings by ITB Berlyn 2022 vertoon is. (2) [8] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 24 DBE/2022 SS/NSS AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NIKS IS SO SUKSESVOL SOOS DIE SKYN VAN SUKSES NIE Om 'n professionele beeld in die toerismebedryf te toon, sê dat jy vol selfvertroue, betroubaar en toeganklik is. Positiewe indrukke word geskep en weerspieël deur die VIER hoofbydraers hieronder. As hierdie bydraers konsekwent en met toewyding uitgevoer word, sal dit werknemers beslis help om vertroue, geloofwaardigheid en loopbaanvooruitgang te bou. VIER HOOFBYDRAERS TOT POSITIEWE INDRUKKE Lyftaal Gedrag ONDERHOUD- 2 KAMER 3 4 5 1 6 HOTELONTVANGS Voorbeeld [Bron: Eie skepping] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 25 DBE/2022 SS/NSS 7.1 Voltooi die sinne in VRAAG 7.1.1(a)–(e) deur prente 1–5 by die VIER hoofbydraers in die inligtingsgrafika op die vorige bladsy te pas. VOORBEELD: Prent 6 pas by bydraer 'Voorkoms'. 7.1.1 (a) Prent 1 pas by bydraer … (b) Prent 2 pas by bydraer … (c) Prent 3 pas by bydraer … (d) Prent 4 pas by bydraer … (e) Prent 5 pas by bydraer … (5 x 1) (5) 7.1.2 Bespreek TWEE maniere waarop die onaanvaarbare voorkoms van werknemers by die werk 'n negatiewe invloed op die besigheid se winsgewendheid kan hê. (4) 7.1.3 Lees die stelling hieronder. 'n Werksaansoeker moet sy/haar normale voorkoms verander wanneer hy/sy 'n onderhoud het en sy/haar voorkoms met die profiel van die maatskappy laat ooreenstem. Regverdig TWEE punte wat jou mening oor die stelling hierbo weerspieël. (4) 7.2 Josephine, 'n jong entrepreneur, beplan om 'n skoonheidsalon te begin. Sy het jou raad gevra om die besigheid van die grond af te kry. Beantwoord Josephine se vrae, VRAAG 7.2.1 en 7.2.2, hieronder. 7.2.1 Waarom moet my besigheid 'n logo hê? 7.2.2 Watter faktore moet ek oorweeg wanneer ek 'n naam vir my besigheid kies? (4) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 26 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 8 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HAKATOURS GRAWE DIEP IN ONS WORTELS IN MAATSKAPLIK OMGEWING (mense) DRIE- DUBBELE SLOTREËL EKONOMIE [Aangepas uit www.hakatours.com] Hakatours is 'n volhoubare toeroperateur wat in aktiwiteite spesialiseer wat toeriste by volhoubare toerismepraktyke betrek. Die toeroperateur adverteer op hulle webtuiste dat hulle die driedubbele slotreël in die daaglike werksaamhede van hulle besigheid uitvoer. Een van die aktiwiteite wat Hakatours vir omgewingsbewuste toeriste aanbied, is dat elke toeris 'n inheemse boom op die maatskappy se plaas plant. Die toeriste kan die soort boom kies wat hulle wil plant. Die toeriste ontvang 'n sertifikaat met die presiese kaartverwysing na waar die boom geplant is. Hakatours gebruik fotograwe uit die plaaslike gemeenskap om foto's van die boomplant-aktiwiteit te neem. Die fotograwe druk en raam ook die foto's en verkoop dit aan die toeriste. Die fotorame word van droë hout gemaak wat afkomstig is van indringerbome (nie-inheemse bome) wat voorheen op die plaas voorgekom het. [Bron: Eie skepping] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 27 DBE/2022 SS/NSS 8.1 Skryf EEN woord uit die titel hierbo neer wat na beide die omgewing en die gemeenskap verwys. (1) 8.2 Verduidelik wat Hakatours bedoel met die uitvoer van 'die driedubbele slotreël'. (2) 8.3 Gee TWEE redes waarom Hakatours slegs die plant van inheemse bome toelaat. (4) 8.4 Skryf DRIE van Hakatours se volhoubare aktiwiteite neer en pas EEN van die drie pilare van die driedubbele-slotreëlbenadering by ELK. (6) [13] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 28 DBE/2022 SS/NSS AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KONFERENSIE VAN DIE PARTYE ('CONFERENCE OF THE PARTIES') (COP26) Die COP26-konferensie is in 2020 uitgestel as gevolg van die Covid-19- pandemie. Die 26ste Konferensie van die Partye oor Klimaatsverandering het in November 2021 in Glasgow (Skotland) plaasgevind. Dit was onder voorsitterskap van die Verenigde Koninkryk in vennootskap met Italië. Youth4Climate Driving Ambition (September 2021 in Milaan, Italië) Vierhonderd jong deelnemers het die verteenwoordigers uit 40 lande ontmoet en het samesprekings met beide die Italiaanse en die Britse regerings gehou. Die idees en voorstelle wat uit die Milaan-samesprekings voortgespruit het, is by die Youth4Climate-manifes ('Youth4Climate Manifesto') ingesluit. Hierdie dokument is toe aan verteenwoordigers van al die lande wat die COP26- konferensie in Glasgow bygewoon het, gestuur. Die COP26-konferensie ondersteun 'n groen en lewenskragtige herstel van die globale toerismebedryf wat volhoubare groei en werkskepping bevorder. [Aangepas uit https://ukcop26.org] 9.1.1 Skotland is deel van die Verenigde Koninkryk. Kies TWEE ander lande uit die volgende wat ook deel van die VK vorm: Engeland, Griekeland, Ierland, Wallis. (2) 9.1.2 Bespreek TWEE voordele daarvan dat Skotland die gasheer van die COP26-konferensie was, vir die buurlande wat in VRAAG 9.1.1 gekies is. (4) 9.1.3 Verduidelik TWEE redes waarom die jeug deur die Milaan- byeenkoms in September by die COP26-konferensie betrokke was. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 29 DBE/2022 SS/NSS 9.2 9.2.1 Verduidelik TWEE redes waarom die Covid-19-pandemie as die hoofrede vir die uitstel van die konferensie in 2020 beskou kan word. (4) 9.2.2 Verduidelik DRIE maniere waarop die organiseerders in 2021 die beskerming van al die afgevaardigdes teen Covid-19 by die COP26- konferensie moes verseker. (6) 9.3 Afgevaardigdes na die COP26-konferensie in Glasgow, Skotland, het verskeie opsies gehad om vir hulle goedere en dienste te betaal. BETALING VIR GOEDERE EN DIENSTE IN GLASGOW Betaling suksesvol [Aangepas uit www.fsp.com] 9.3.1 Identifiseer die tipe tegnologie vir betaling wat algemeen in AL die prente hierbo gebruik word. (1) 9.3.2 Noem EEN nadeel van die gebruik van hierdie tipe tegnologie in VRAAG 9.3.1. (2) 9.3.3 Behalwe vir die tegnologie in die prente hierbo, stel TWEE maniere voor waarop kliënte by die COP26-konferensie vir goedere en dienste kan betaal. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 30 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 10 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KLIËNTETERUGVOERING BY DIE HOTEL IS VAN KARDINALE BELANG Prent 1 Prent 2 [Bron: Eie skepping] 10.1 As die bestuurder van 'n hotel, kies die vlak van kliëntetevredenheid uit Prent 1 wat jy die meeste in terugvoering van gaste wil sien. (1) 10.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 10.1. (2) 10.3 Verwys na Prent 2. Verduidelik EEN manier waarop bestuurders die terugvoering van kliënte tot voordeel van die hotel kan gebruik. (2) [5] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all