Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
TOERISME
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 2.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin ELKE VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. In VRAAG 3.2, 3.3 en 3.4, rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
6 Toon ALLE berekeninge.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die volgende tabel is ʼn gids om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
toe te ken.
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute
Kaartwerk en
2
Toerbeplanning
B 50 punte 50 minute
3 Buitelandse Valuta
Toerisme
4
Besienswaardighede
C Kultuur- en Erfenis 50 punte 50 minute
5
Toerisme
6 Bemarking
7 Toerisme Sektore
D Volhoubare en 30 punte 30 minute
8 Verantwoordelike
Toerisme
Plaaslike, Streeks- en
9 Internasionale
Toerisme
E 30 punte 30 minute
Kommunikasie en
10
Kliëntediens
TOTAAL: 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld, 1.1.21 A.
1.1.1 ʼn Gesondheidsertifikaat verskaf bewys dat die draer ingeënt is
teen siektes soos:
A Vlugvoosheid
B MIV
C Bilharzia
D Geelkoors
1.1.2 Die Olimpiese Winterspele van 2022 is van 4 tot 20 Februarie
2022 in … gehou.
A Melbourne, Australië
B Georgia, VSA
C Beijing, Sjina
D Montigny-le-Bretonneux, Frankryk
1.1.3 ʼn Transitovisum …
A laat die draer toe om per trein deur ʼn aantal lande te reis.
B laat die draer toe om deur ʼn land te gaan op pad na sy/haar
eindbestemming.
C laat die draer toe om besigheid te doen in die land wat besoek
word.
D laat die draer toe om vir 14 dae in die land wat besoek word
te bly.
1.1.4 Die wydverspreide plundering van winkels en besighede in die
provinsies KwaZulu-Natal (KZN) en Gauteng gedurende die
tydperk 9 tot 17 Julie 2021 word as … geklassifiseer.
A ʼn resessie
B ʼn burgeroorlog
C algemene onrus
D ʼn onvoorsiene gebeurtenis
1.1.5 ʼn Betalingsvorm wat gebruik word om fondse elektronies van een
rekening na ʼn ander oor te dra.
A EFO
B Reisbeursie (Travel Wallet)
C Kontant paspoort (Cash passport)
D Bankwissel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.6 Riglyne oor die keuse van die korrekte kanaal by aankoms by
doeane in Suid-Afrika:
A Kies die rooi kanaal as jy geskenke namens ander mense
dra.
B Kies die groen kanaal as jy ʼn 250 mℓ bottel parfuum dra.
C As die rooi- en groen kanaalstelsel nie in werking is nie, stap
reguit deur die doeanegebied.
D ʼn Passasier mag deur die groen kanaal beweeg met ʼn
vuurwapen solank hy/sy ouer as 21 jaar is.
1.1.7 In 2019 het die kaartjieverkope vir toegang tot die Eiffeltoring in
Parys, Frankryk, ongeveer 87 miljoen euro beloop, vergeleke met
84,7 miljoen euro in 2018 en 68 miljoen euro in 2017.
Die Eiffeltoring het die volgende kenmerk van ʼn suksesvolle
toeriste-aantreklikheid getoon:
A Herhaalbesoeke het plaasgevind.
B Die personeel en bestuur was doeltreffend.
C Die werklike aantal besoekers kon nie die teikengetal
besoekers bereik nie.
D Die inkomste wat gegenereer is, het die teikensyfer oortref.
1.1.8 As die rand swak is in verhouding tot ander geldeenhede sal …
A dit ʼn positiewe uitwerking op die BBP van die land hê.
B internasionale besoekers ontmoedig word om Suid-Afrika te
besoek aangesien dit nie as ʼn waarde vir geld bestemming
beskou sal word nie.
C internasionale besoekers aangemoedig word om Suid-
Afrika te besoek aangesien dit as ʼn waarde vir geld
bestemming beskou sal word.
D binnelandse toeriste in ʼn posisie wees om meer gereeld
internasionaal te reis.
1.1.9 … is beginsels van toerismeverwante besighede wat Regverdige
Handel Toerisme (Fair Trade Tourism) geakkrediteer is.
A Betroubaarheid, billikheid en regverdige salarisse
B Respek, deursigtigheid en demokrasie
C Volhoubaarheid, winsdeling en verantwoordelikheid
D BBSEB, deursigtigheid en omgewingsbewustheid
1.1.10 Chichén Itzá is ʼn bouvallige antieke stad wat deur die … mense
gebou is.
A Inka
B Zapoteke
C Maja
D Mauryaanse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 5
1.1.11 Plaaslike verkryging beteken ...
A lede van die plaaslike gemeenskap word in diens geneem.
B die verkryging van goedere vanaf aanlyn Suid-Afrikaanse
webwerwe.
C om BBSEB-beginsels te volg wanneer personeel in diens
geneem word.
D koop goedere deur besighede in jou omgewing vervaardig.
1.1.12 TOMSA-heffing is die … heffing wat aan die verbruiker gehef
word vir die gebruik van spesifieke toerismedienste in Suid-
Afrika.
A 1%
B 5%
C 7%
D 15%
1.1.13 Wanneer rand na buitelandse valuta gewissel word vir ʼn Suid-
Afrikaner wat beplan om Italië te besoek, sal die bank die
volgende gebruik:
A BBP
B BAK
C BVK
D KMB
1.1.14 In Maart 2022 het Suid-Afrikaanse Toerisme die ... wêreldwye
bemarkingsvideo bekendgestel om na-inperking reise na Suid-
Afrika aan te moedig.
A “Kom ons stel nie die lewe uit nie” (“Let’s not postpone
living life”)
B “Lewendige Suid-Afrika” (“Vibrant South Africa”)
C “Leef weer” (“Live Again”)
D “Suid-Afrika is weer oop” (“South Africa is open again”)
1.1.15 ʼn IBP …
A is ʼn denkbeeldige lyn wat van noord na suid op 0°
lengtegraad loop.
B is ʼn denkbeeldige lyn wat van noord na suid op 180°
lengtegraad loop.
C gee reisigers toegang tot die BBP-sitkamer by lughawens.
D laat toeriste toe om in ʼn vreemde land te bestuur.
1.1.16 UNESCO is die akroniem vir:
A Verenigde Nasies se Ekonomiese, Wetenskap- en
Kultuurkantoor
B Verenigde Nasies se Omgewings-, Wetenskaplike en
Kultuurorganisasie
C Verenigde Nasies se Ingenieurs-, Wetenskap- en
Kultuurkantoor
D Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike
en Kulturele Organisasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.17 ʼn Belangrike voorkomende maatreël wanneer jy na lande reis
waar malaria voorkom.
A Kook kraanwater voor gebruik.
B Gebruik insekweerder en maak snags vensters en deure
toe.
C Vermy stilstaande water.
D Dra ʼn gesigmasker en ontsmet gereeld.
1.1.18 Die Côte d'Azur, geleë langs die Mediterreense kus van …, is
bekend daarvoor dat dit ʼn speelplek vir die rykes en beroemdes
is.
A Italië
B Spanje
C Frankryk
D Portugal
1.1.19 Identifiseer die mees professioneel geklede toergids wat geskik
is vir ʼn Groot 5-safari in die Krugerwildtuin.
A B
C D
1.1.20 Die proporsie inkomende toerisme wat Suid-Afrika ontvang in
verhouding tot die res van die wêreld:
A Buitelandse markaandeel
B Bronmarkte
C Buitelandse aankomste
D Kernmarkte (20 x 1) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 7
1.2 Kies die term/konsep wat in die lys hieronder verskaf word wat die
beskrywings die beste pas. Jy mag die gegewe opsies net een keer
gebruik. Skryf slegs die term/konsep langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Mekka; Opvolgoproep; Berg Everest; SMS-boodskap; Strooibiljet;
Jungfrau-Aletsch; Berg Kilimanjaro; Persoonlike verkope; Berg Fuji;
Grand Canyon
1.2.1 ʼn Bergagtige streek wat Europa se grootste gletser bevat.
1.2.2 ʼn Verbale kliëntterugvoermetode wat deur diensverskaffers
gebruik word.
1.2.3 Klimmers spandeer maande om te akklimatiseer om hul liggame
gereed te kry vir die uiterste toestande om die 8 849 m-spits te
bereik.
1.2.4 ʼn Nie-verbale kliëntterugvoermetode wat deur diensverskaffers
gebruik word.
1.2.5 ʼn Heilige berg wat ʼn sentrale rol in die Japannese kultuur en
geestelike tradisies speel.
(5 x 1) (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Reistoelaag is die (maksimum/minimum) bedrag wat ʼn Suid-
Afrikaanse burger wat oorsee reis, in ʼn jaar vir buitelandse valuta
kan ruil.
1.3.2 Reisigers moet ongebruikte buitelandse valuta binne (10/30) dae
na hul terugkeer na Suid-Afrika terug na Suid-Afrikaanse rand
wissel.
1.3.3 Die eerste stop vir ʼn inkomende internasionale reisiger by
aankoms in Suid-Afrika is (doeane/immigrasiebeheer).
1.3.4 ʼn Suid-Afrikaner wat beplan om na die VSA te reis, moet ʼn
paspoort by die (Departement van Binnelandse Sake/VSA-konsul
naaste aan hul woonplek) verkry.
1.3.5 Die duurste aspek van ʼn toer is (etes/vervoer).
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
1.4 Kies ʼn simbool uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Goeie omgewingsafvalbestuurs- A
praktyk by hotelle
1.4.2 Die handhawing en verbetering van B
die sosiale welstand van ʼn
gemeenskap
1.4.3 Implementering van beleide om die C
beskerming van natuurlike
hulpbronne te verseker
1.4.4 Praktyke wat langtermyn ekonomiese D
stabiliteit van ʼn besigheid ondersteun
terwyl behoorlike bestuur verseker
word
1.4.5 Omskep afval in herbruikbare E
materiaal
F
G
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 9
1.5 Bestudeer die prente van Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. Pas die
prent wat die beste met die Wêrelderfenisterreine wat hieronder gelys word
geassosieer word. Skryf SLEGS die letter (A–E) langs die vraagnommers
(1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 G.
A B
C D
E F
1.5.1 iSimangaliso-vleilandpark
1.5.2 Beskermde gebiede van die Kaapse blommestreek
1.5.3 Mapungubwe Kulturele Landskap
1.5.4 Barberton Makhonjwa-berge
1.5.5 Robbeneiland (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTA
VRAAG 2
2.1 Gebruik die wêreldtydsonekaart en die scenario om die vrae te
beantwoord.
Dubai
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 11
*EKSPO 2020, DUBAI, VAE
Die meeste reisigers kan Dubai binne 8 uur bereik
1/3 van die wêreld se reisigers kan Dubai binne 4 uur bereik
2.1.1 Die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes het op 1 September vanaf
OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek op pad na Dubai
Internasionale Lughawe ter voorbereiding van die Wêreldekspo
2022. Hul vlugbesonderhede word hieronder gegee.
OR Tambo Vliegtyd Dubai
Internasionale Internasionale
Lughawe (+2) 8h15m Lughawe (+4)
Vertrek: 18:50 Aankoms: ?
Datum: 1 September Datum: ?
Vlugnommer SA7158 Vlugnommer SA7158
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
(a) Passasiers wat van Suid-Afrika na Dubai reis, moes ʼn Covid-
19-entstofsertifikaat toon, of ʼn negatiewe PCR-toets wat nie
meer as 72 uur voor vertrek gedoen is nie.
Bepaal EEN datum waarop die Suid-Afrikaanse
afgegevaardigdes hul PCR-toetse moes laat doen om aan
die Covid-19-reisregulasies wat deur die Verenigde
Arabiese Emirate vereis word te voldoen. (2)
(b) Bereken die aankomstyd en datum van vlug SA7158 by
Dubai Internasionale Lughawe.
LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (5)
2.1.2 Op 1 Oktober het die Australiese Minister vir Handel, Toerisme en
Belegging, Dan Tehan, vanaf Sydney Kingsford Smith
Internasionale Lughawe vertrek op pad na Dubai Internasionale
Lughawe om die Wêreldekspo 2022 by te woon. Sy
vlugbesonderhede word hieronder gegee.
Sydney Vliegtyd Dubai
Kingsford Smith Internasionale
Internasionale 14h30m Lughawe (+4)
Lughawe (+10)
Vertrek: ? Aankoms: 05:15
Datum: 1 Oktober Datum: 2 Oktober
Vlugnommer EK415 Vlugnommer EK415
(a) Bereken die vertrektyd van vlug EK415 vanaf Sydney
Kingsford Smith Internasionale Lughawe.
Onthou dat Australië Dagligbesparingstyd ten tye van die
vlug beoefen het.
LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (5)
(b) Ten volle ingeënte Australiese burgers, permanente
inwoners en hul onmiddellike familielede kan van Australië
na internasionale bestemmings reis sonder om ʼn negatiewe
Covid-19 PCR-toets te toon.
Lei die impak af wat bogenoemde op uitgaande reise van
Australië na die Wêreldekspo 2022 in Dubai kan hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 13
2.1.3 Na die Wêreldekspo 2022 het die Amerikaanse afgevaardigdes na
New York, VSA, teruggekeer. Hul vlugbesonderhede word
hieronder gegee.
Dubai Vliegtyd John F.
Internasionale Kennedy
Lughawe (+4) 13h55m Internasionale
Lughawe, New
York (-5)
Vertrek: 08:30 Aankoms: ?
Datum: 1 April Datum: ?
Vlugnommer EK201 Vlugnommer EK201
(a) Noem die verpligte reisdokument wat die lede van die
Amerikaanse afgevaardigdes met hul aankoms by John F.
Kennedy Internasionale Lughawe, New York, moes toon. (2)
(b) Bereken die aankomstyd en datum van vlug EK201 by die
John F. Kennedy Internasionale Lughawe, New York.
Onthou dat die VSA Dagligbesparingstyd ten tye van die
vlug beoefen het.
LET WEL: Toon ALLE berekeninge. (5)
2.1.4 (a) Gebruik die inligting wat gegee word om af te lei watter
passasiers, die Suid-Afrikaners, Australiërs of Amerikaners,
die waarskynlikste aan vlugvoosheid sal ly. (2)
(b) Noem TWEE simptome wat die reisigers as gevolg van
vlugvoosheid kan ervaar. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
2.2 Bestudeer die webwerf-uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
FLIO TOEP, JOU
VLUGGESEL
FLIO vergesel jou van
die oomblik dat jy jou
reis bespreek totdat jy
jou bestemming
bereik.
Enige plek. Enige tyd.
MOET NOOIT 'N VERLORE BAGASIE LUGHAWEGIDS
VLUG VERPAS NIE Die veiligheid van jou Kry al die inligting wat
Kry onmiddellike bagasie is nie meer ʼn jy by die lughawe
opdaterings vir jou probleem nie! ʼn 24 nodig het: aankoms-
vlugte, weet eerste uur, 7-dag en vertrektye,
van vertragings, inbelsentrum hekliggings, beste
hekveranderinge en beskikbaar in 6 tale, belastingvrye winkels,
instaptye met FLIO se sal die terugbesorging terminaalkaarte ... ons
werklike-tydse van vertraagde sien om na jou
vlugstatusstelsel. bagasie binne 48 uur belange!
behartig of jy kry ʼn
terugbetaling!
Spaar tyd, kry
onmiddellike toegang
tot BBP-sitkamers en
parkering.
Covid-19-opdaterings
en riglyne vir reisigers.
[Aangepas uit www.flio.com]
2.2.1 Noem EEN voordeel vir ʼn reisiger wat die FLIO-toepassing
(toep/app) gebruik. (1)
2.2.2 Gee TWEE vereistes vir ʼn reisiger wat die FLIO-toepassing wil
gebruik. (2 x 2) (4)
2.2.3 Lei die betekenis van die term ‘werklike-tydse vlugstatus’ af. (2)
2.2.4 Bespreek EEN impak van vlugvertragings vir ʼn reisiger. (2)
2.2.5 Verduidelik die term ‘belastingvrye winkels’ aan ʼn
eerstekeerreisiger (reisiger wat vir die eerste keer reis). (2 x 2) (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 15
VRAAG 3
Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die daaropvolgende
vrae.
Geldeenheid Kode Bankverkoop-koers Bankaankoop-koers
Britse pond GBP 19,49 18,80
Euro EUR 16,25 15,65
Amerikaanse dollar VSD 14,73 14,37
3.1 Noem die geldeenheid wat gebruik word wanneer ʼn toeris in Spanje reis. (1)
3.2 Bereken die bedrag wat ʼn Suid-Afrikaanse toeris sal ontvang wanneer
R37 500,00 vir ʼn reis na Londen, Verenigde Koninkryk gewissel word.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon AL die stappe van jou berekening. (3)
3.3 Bereken die bedrag wat ʼn Suid-Afrikaanse toeris sal ontvang wanneer
R23 250,00 vir ʼn reis na New York, VSA gewissel word.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon AL die stappe van jou berekening. (3)
3.4 ʼn Toeris wat van Italië af terugkeer, het €51 ná sy reis oor. Bereken die
bedrag wat hy sal ontvang wanneer hy hierdie bedrag vir rand verruil/
wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon AL die stappe van jou berekening. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prente van wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Voltooi die tabel:
NAAM VAN NAAM VAN DIE STAD WAARIN DIE
LAND WÊRELDIKOON IKOON GELEË IS
Griekeland (a) (b)
Turkye (c) (d)
Indië (e) (f)
Jordanië (g) (h)
(8 x 1) (8)
4.1.2 Verwys na ikone A en B hieronder.
(a) Identifiseer ikone A en B hierbo. (2 x 1) (2)
(b) Onderskei tussen die belangrikheid van ikone A en B in
Moslem- en Joodse pelgrimstogte. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 17
4.2 Lees die besienswaardigheid-inligtingsblad en beantwoord die vrae wat volg.
Verken twee museummeule
• Twee van ons meule, Nederwaard
Museummeul en Blokweer
Museummeul is daagliks vir die
publiek oop.
• Met jou toegangskaartjie kan jy albei
besoek.
Geniet ʼn bootrit Kyk na ʼn film oor Kinderdijk
• Die ‘Cruiser’ maak ʼn heen-en-weerrit van • Die film wat by De Fabriek
30 minute en vaar naby die windmeule Hulppompstasie vertoon word,
verby. neem jou op ʼn vinnige reis deur
• Die ‘Hopper’ vaar heeldag ʼn vaste roete. die geskiedenis van Kinderdijk.
Seil naby die windmeule verby en stop • Die film word op verskeie skerms
op verskeie plekke om die area verder te vertoon, met Engelse,
verken. Japannese, Franse en Duitse
• Beide toerbote is rolstoeltoeganklik. weergawes beskikbaar op jou
• Met jou toegangskaartjie kan jy op een versoek.
van ons toerbote klim. • Die multiskerm-rolprentteater is
rolstoeltoeganklik.
Luister na die oudiotoer Besoekersentrum
• Laai ons splinternuwe Kinderdijk- • Die Besoekersentrum, wat in
toepassing gratis af. 2019 geopen is, vorm deel van
• Die toepassing beskik oor verskeie die herontwikkeling van die
oudiotoere; kort en uitgebreide toere, vir Kinderdijk-ingangsone.
kinders en volwassenes. • Die Besoekersentrumpersoneel
• Jy kan slegs na die oudiotoere luister staan gereed om jou by te staan.
deur die nommer op jou toegangskaartjie • Op die grondvloer sal jy ʼn
in die toepassing in te voer. geskenkwinkel vind wat
• Die toepassing beskik ook oor 'n digitale aandenkings en volhoubare
kaart van Kinderdijk en die omgewing produkte verkoop, en die
rondom dit. Deur op die kaart te tik, sal jy Kinderdijk-kafee bied kos en
selfs meer bruikbare agtergrondinligting drinkgoed.
by alle belangrike punte vind. • Die buiteterras, op die boonste
verdieping, bied ʼn uitstekende
uitsig oor die hele
windmeulekompleks.
• Die toilette is in die
kelderverdieping van die
Besoekersentrum en spesiale
toiletgeriewe vir gestremdes is
beskikbaar.
[Aangepas uit www.kinderdijk.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
4.2.1 Noem die land waar Kinderdijk geleë is. (2)
4.2.2 Gee EEN rede vir die ikoonstatus van die windmeule van die land
wat in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is. (2)
4.2.3 Verskaf ʼn voorbeeld uit die gevallestudie wat Kinderdijk se
toegewydheid tot universele toeganklikheid toon. (2)
4.2.4 Bespreek die mees onlangse innoverende strategieë wat deur
Kinderdijk se bestuur geïmplementeer is om ʼn positiewe
besoekerservaring te verseker. (2 x 2) (4)
[24]
VRAAG 5
Bestudeer die kaart van Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisgebiede en beantwoord
die vrae wat volg.
5.1 Identifiseer die provinsie waarin die UNESCO-wêrelderfenisgebiede
gemerk A en B geleë is. (1)
5.2 Gee die amptelike naam van die Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisgebied
wat grens aan:
5.2.1 Namibië (1)
5.2.2 Namibië en Botswana (1)
5.2.3 Lesotho (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 19
5.3 Beide Wêrelderfenisterreine gemerk A en B op die kaart, kwalifiseer vir
insluiting op die Wêrelderfenislys gebaseer op kriterium (v).
Kriterium (v)
Om ʼn buitengewone voorbeeld van ʼn tradisionele menslike nedersetting,
grondgebruik of seegebruik te wees wat verteenwoordigend is van ʼn
kultuur (of kulture), of menslike interaksie met die omgewing, veral
wanneer dit kwesbaar geword het onder die impak van onomkeerbare
verandering.
Wêrelderfenisgebied A:
Wêrelderfenisgebied B:
Verskaf TWEE kenmerke wat deur elk van die Wêrelderfenisterreine
gemerk A en B vertoon word, wat hulle gekwalifiseer het om aan
kriterium (v) te voldoen. (4 x 2) (8)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 6
Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Dubai Ekspo 2020, ʼn geleentheid om Suid-Afrika se
toerismesektor te vernuwe
Ekspo 2020 het aan deelnemende lande ʼn geleentheid gebied om met
potensiële vennote, beleggers en medewerkers te netwerk terwyl die
wêreldekonomie na volhoubare maniere om te herstel van die impak van die
Covid-pandemie gesoek het.
Suid-Afrikaanse Pawiljoen by EKSPO 2020
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 21
Suid-Afrika, as ʼn deelnemende land, het sy potensiaal by die Suid-
Afrikaanse pawiljoen ten toon gestel en handel en belegging, wêreldklas
innoverende tegnologie, kreatiewe kunste, toerisme, sport en sy unieke
kulturele diversiteit bevorder.
Die Suid-Afrikaanse pawiljoen by die Wêreldekspo 2020 het gedurende
Desember 2021 ʼn sterk toerismefokus gehad.
Gedurende die maand is besoekers aan die pawiljoen en virtuele
besoekers op ʼn Suid-Afrikaanse ekspedisie geneem, aangebied deur
Suid-Afrikaanse Toerisme. ʼn Reeks digitale inhouduitstallings op die Suid-
Afrikaanse Pawiljoen-aanlynportaal het al nege provinsies vertoon.
Netwerksessies en -programme wat deur die Departement van Toerisme
(NDT) en Suid-Afrikaanse Toerisme (SA Toerisme) uitgevoer is, is ook
deur die maandlange tentoonstelling aangebied.
6.1 Gedurende 2020 en die eerste helfte van 2021 het Suid-Afrikaanse
Toerisme beperkte geleenthede gehad om Suid-Afrika internasionaal
te bemark weens die Covid-19-pandemie.
Noem TWEE internasionale reis-handelskoue waar Suid-Afrikaanse
Toerisme nie kon uitstal nie. (2 x 1) (2)
6.2 Gee TWEE voorbeelde as bewys dat Ekspo 2020 aan Suid-
Afrikaanse Toerisme ʼn geleentheid gebied het om ʼn globale gehoor
te bereik om die toerismesektor te vernuwe. (2 x 2) (4)
6.3 Beskryf DRIE fisiese aspekte van die Suid-Afrikaanse Pawiljoen wat
Suid-Afrikaanse Toerisme se internasionale bemarkingspogings
versterk het. (2 x 2) (4)
6.4 Verduidelik die waarde van die reeks digitale inhouduitstallings wat
al nege provinsies uitstal as ʼn bemarkingstrategie om die Suid-
Afrikaanse toerismesektor te vernuwe. (2 x 2) (4)
[14]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die prent en teks en beantwoord die vrae wat volg.
Dink terug aan al die hoogtepunte van jou laaste vakansie; die verblyf, die
besienswaardighede, die kos wat jy geëet het. Die gemene faktor wat al hierdie
dinge laat werk soos dit moes, is die mense wat in die toerismebedryf werk; die
personeellede by elke onderneming wat jy tydens jou reis besoek het.
Daar is gespesialiseerde vaardighede benodig vir ʼn suksesvolle loopbaan in
toerisme. Dit sluit kliëntediens, kommunikasie en organisatoriese vaardighede
in, en alles kombineer om ʼn professionele beeld van die onderneming te skep.
7.1 Identifiseer EEN loopbaangeleentheid in die toerismebedryf wat in die
beeld uitgebeeld word. (2)
7.2 Stel EEN rede voor waarom die personeellid in die loopbaan in
VRAAG 7.1 genoem uitstekende kommunikasievaardighede sal benodig. (2)
7.3 Werknemers in die toerismebedryf teken ʼn dienskontrak en ʼn
gedragskode wanneer hulle in diens geneem word. Voltooi die tabel
hieronder deur die funksie van elke dokument te gee.
Dienskontrak Gedragskode
Funksie van dokument 7.3.1 7.3.2
(2 x 2) (4)
7.4 Bespreek TWEE voordele vir ʼn toerisme-onderneming as hul
werknemers ʼn professionele beeld toon. (2 x 2) (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 23
VRAAG 8
Lees die uittreksel, bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.
Lugbrug by God’s Window in die Blyderivier Canyon-
Natuurreservaat binne twee jaar voltooi
Planne vir die langverwagte lugbrug by God's Window in die Blyderivier
Canyon Natuurreservaat is op koers met ʼn beplande sperdatum vir
voltooiing in 2023.
Die lugbrug, wat daarop gemik is om toerisme in die provinsie te verhoog,
sal aan besoekers ʼn skilderagtige uitsig oor die Laeveld-streek bied met
ʼn val van meer as 900 meter af na die plaaslike inheemse woud-beklede
canyon. Die loopbrug sal sowat 12 meter oor die krans uitsteek en sal
sowat vyf meter breed wees.
Die lugbrug sal ook ander aktiwiteite aanbied, soos ʼn lugswaai en ʼn nul-
swaartekragkamer. Die meeste van die aktiwiteite sal deur plaaslike
werklose jeugdiges van die area bestuur word. Die Mapulana-stam,
eienaars van die grond waarop die lugbrug gebou word, sal by die projek
baat vind. Daar word beraam dat die konstruksie van die lugbrug 300
werksgeleenthede sal skep, terwyl dit meer as 100 werksgeleenthede sal
bied sodra dit voltooi is.
Die ontwerp is gegrond op die beginsel van volhoubaarheid en sal ʼn
daktuin, sonpanele en opgaar van reënwater insluit. Dennehoutteerpale
van die omliggende plantasies sal vir die bou van die kolomme gebruik
word.
Projekte soos die lugbrug sal baie help om besoekersgetalle te verhoog
en mense aan te moedig om langer in die area te bly, wat weer
besoekersbesteding in die streek sal verhoog.
[Aangepas uit www:lowvelder.co.za]
8.1 Identifiseer TWEE pilare van volhoubare toerisme wat gehandhaaf sal
word deur werksgeleenthede aan lede van die Mapulana-stam te verskaf. (2)
8.2 Uit die beeld lei TWEE geleenthede af, afgesien van werkskepping,
beskikbaar vir die plaaslike bevolking wat elkeen van die pilare wat in
VRAAG 8.1 geïdentifiseer is, verder sal handhaaf. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
8.3 Bespreek TWEE strategieë wat die ontwerpspan geïmplementeer het
om te verseker dat die lugbrug die omgewingspilaar van volhoubare
toerisme ondersteun. (2 x 2) (4)
8.4 Projekte soos die lugbrug sal baie help om besoekersgetalle te verhoog
en mense aan te moedig om langer in die area te bly, wat weer
besoekersbesteding in die streek sal verhoog.
Lei af wat die effek op die ekonomie van die area rondom die
Blyderiviercanyon sal wees. (2)
8.5 Stel TWEE praktyke voor wat besoekers aan die lugbrug by God's
Window kan volg wat sal verseker dat hulle op ʼn verantwoordelike wyse
optree. (2 x 2) (4)
8.6 Lewer kortliks kommentaar oor die gebruik van omgewingsvriendelike
boupraktyke wat in die beeld sigbaar is. (2)
[18]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 25
AFDELING E: BINNELANDSE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die feiteblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Voor-Ekspo-fase (2013–2021)
• November 2013: Dubai het die bod om Ekspo 2020 aan te bied gewen.
• Maart 2016: Bouwerk begin by die Dubai Ekspo 2020-terrein, wat omtrent die
grootte van 600 sokkervelde is.
• Meer as 50% van die kontrakgeleenthede vir Ekspo 2020 is aan klein en medium
ondernemings toegestaan.
• 50% van die terrein het deel gevorm van die Ekspo-area, terwyl die oorblywende
grond gewy is aan ondersteunende fasiliteite soos die Ekspo 2020 behuising,
pakhuise, terreinbestuurbedrywighede, vervoer, hotelle en ʼn openbare park.
• 15 vervoer-infrastruktuurprojekte is van stapel gestuur, insluitend opgraderings
aan lughawens, die bou van paaie en brûe, en die uitbreiding van die Dubai
Metro-treinstelsel.
• Ekspo bou- en infrastruktuurkoste is op VS$10,3 miljard (ZAR 155 miljard)
geraam.
Tydens-Ekspo-fase (2021–2022)
• Oktober 2021 tot Maart 2022: Die Ekspo-terrein word lewendig met honderde
plattelandse pawiljoene, wat 192 nasies verteenwoordig, ook Ekspo-
medewerkerpawiljoene, organisasiepawiljoene en spesiale pawiljoene, 60
regstreekse uitsendings elke dag, internasionale kookkuns wat by 200 Kos and
Drank-afsetpunte aangebied word, ondersteun deur inspirerende kuns-, kultuur-
en musiekprogramme.
• Die helfte van die energie wat deur Ekspo 2020 gebruik word, is van hernubare
bronne afkomstig.
• 85% van alle afval wat deur Ekspo 2020 gegenereer is, is verminder, hergebruik,
herwin en heraangewend deur afval in alles van kunsmis tot T-hemp-
aandenkings te verander.
Post-Ekspo Nalatenskap-fase (2022–2032)
• April tot Oktober 2022: Die Ekspo 2020-terrein is in Distrik 2020 omskep deur
meer as 80% van Ekspo 2020 se beboude omgewing te behou.
• Distrik 2020 sluit residensiële areas, kommersiële areas en wêreldklas innovasie,
opvoedkundige, kulturele en vermaaklikheidsfasiliteite in.
• Sommige internasionale en plaaslike kommersiële huurders het reeds ingekoop,
maar baie meer korporasies asook klein en mediumgrootte ondernemings sal
gewerf moet word om Ekspo 2020 se ambisieuse nalatenskapvisie te vervul.
[Aangepas uit www.expo2022dubai.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2022)
9.1.1 Ekspo 2020 Dubai word beskou as die grootste wêreldwye
geleentheid wat sedert die begin van die Covid-19-pandemie gehou
is.
Gee EEN rede waarom Ekspo 2020 as ʼn globale gebeurtenis
geklassifiseer word. (2)
9.1.2 Identifiseer TWEE maniere waarop die gasheerland ʼn geleentheid
met ʼn positiewe volhoubare omgewingsimpak gelewer het. (4)
9.1.3 Die geraamde VS$10,3 miljard wat die regering gedurende die drie
fases van Ekspo 2020 bestee het, het ʼn vermenigvuldigingseffek
geskep wat ʼn positiewe impak op Dubai se ekonomie gehad het.
Motiveer hierdie stelling. (3 x 2) (6)
9.2 Bestudeer die statistieke oor Suid-Afrika se buitelandse toeriste-aankomste
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.statssa.gov.za]
9.2.1 (a) Identifiseer die tendens wat in toeriste-aankomste in Suid-
Afrika van April tot September 2020 vertoon word. (2)
(b) Lys EEN Covid-19-beperkende (voorkomende) maatreël deur
die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer, wat gelei het tot
die tendens wat in VRAAG 9.2.1 (a) geïdentifiseer is. (2)
9.2.2 (a) Identifiseer die tendens in Suid-Afrika se maandelikse toeriste-
aankomste in 2020 in vergelyking met 2019. (2)
(b) Bepaal die TWEE maande van 2020, in vergelyking met
2019, wat uitsonderings getoon het op die tendens wat in
VRAAG 9.2.2 (a) geïdentifiseer is. (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) TOERISME 27
VRAAG 10
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
10.1 Ubuntu Burger Hut, ʼn kitskos-onderneming, gebruik QR-kodes op die
verpakking van hul kos om kliëntterugvoer in te samel.
Identifiseer die tipe toestel wat Ubuntu Burger Hut se kliënte sal gebruik om
die QR-kode te skandeer om aan die opname deel te neem. (2)
10.2 Verduidelik hoe Ubuntu Burger Hut sy kliënte oor die doel van die opname
inlig. (2)
10.3 Gee DRIE redes waarom Ubuntu Burger Hut QR-kodes gekies het as ʼn
metode om terugvoer van kliënte in te samel om kliëntediens te verbeter.
(2 x 3) (6)
[10]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Question Paper (Afr)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Errata
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Errata

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paper