Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TOERISME
NOVEMBER 2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c78344a1-f735-4c05-88fe-77cdd40c4c8c/v1-2a308300f319d750a224/card.webp)

View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 NSC November 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE berekeninge.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in
te deel.
TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(minute)
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
B 50 50
Valuta-verhandeling
Toeristebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
Toerismesektore; Volhoubare en
D 30 30
Verantwoordelike Toerisme
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 'n Onlangse Covid-19-vereiste vir internasionale reise:
A Visumaansoek
B Bewys van inenting
C Cholerasertifikaat
D Internasionale rybewys
1.1.2 Me. Jones het juweliersware ter waarde van R50 000 tydens 'n
onlangse oorsese reis gekoop. Met haar aankoms by die Suid-
Afrikaanse doeane, sal hierdie aankope val onder ...
A items wat verklaar moet word.
B items wat nie verklaar moet word nie.
C belastingvrye toelae.
D verbode goedere.
1.1.3 Sydney (+10) is … uur voor Johannesburg (+2).
A 0
B 9
C 8
D 6
1.1.4 Vluguitputting is 'n reisverwante toestand wat deur reis …
veroorsaak word.
A oor baie tydsones
B op 'n langafstandvlug
C op ongewone tye van die dag
D slegs in die nag
1.1.5 Die bankverkoopkoers is altyd … die bankaankoopkoers.
A laer as
B hoër as
C gelyk aan
D dubbel
1.1.6 Die bekende muur in Israel wat vir gebede en belydenisse gebruik
word:
A Berlynse Muur
B Suidelike Muur
C Klaagmuur
D Oostelike Muur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/November 2022
NSS
1.1.7 Petra is in hierdie Midde-Oosterse land geleë:
A Israel
B Jordanië
C Libanon
D Turkye
1.1.8 Die Switserse Alpe staan as ... bekend
A 'n heilige bergreeks vir plaaslike inwoners
B 'n bergreeks in Nepal
C 'n bergreeks wat gewild is vir skivakansies
D die hoogste bergreeks in die wêreld
1.1.9 Die Vredefortkoepel en iSimangaliso Vleilandpark het die volgende
in gemeen:
A Beide is in KwaZulu-Natal geleë.
B Beide is natuurlike terreine.
C Beide is kulturele terreine.
D Beide is in Noordwes geleë.
1.1.10 Die huidige handelsmerk van Suid-Afrika:
A B
C D
Inspirerende nuwe maniere
1.1.11 Riglyne wat uniforms en ander kledingstukke wat tydens werksure
gedra moet word, reguleer:
A Kleredragkode
B Mediabeleid
C Verpakkingsbeleid
D Valutakode
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/November 2022
NSS
1.1.12 'n Basiese diensvoorwaarde wat by 'n dienskontrak ingesluit is:
A Finansiële uitdagings
B Produkverpakking
C Name van besighede
D Kernpligte
1.1.13 Baie verantwoordelike toerismebesighede verbind hulleself tot 'n
belofte wat ...
A die negatiewe uitwerking van misdaad sal maksimaliseer.
B die voordele van toeristebesoeke sal laat afneem.
C wildstroping in 'n beskermde gebied sal laat toeneem.
D die uitwerking op die omgewing sal minimaliseer.
1.1.14 Lugdienspersoneel ontvang vliegkaartjies teen 'n afslagprys
as 'n ...
A reisvoordeel.
B stedelike legende.
C geheime kliënt.
D doeanevereiste.
1.1.15 'n Volhoubare praktyk wanneer 'n lodge in 'n omgewings-
sensitiewe area gebou word:
A Bome word afgekap om die lodge te bou.
B Bakstene word uit die buiteland ingevoer.
C Groot areas word skoongemaak om die lodge te bou.
D Wandelpaaie van hout word om bestaande bome gebou.
1.1.16 Die G20 (Groep van Twintig)-byeenkoms wat in November 2022 in
Bali, Indonesië, gehou is, is 'n voorbeeld van 'n …
A wêreldberaad.
B plaaslike gebeurtenis.
C politieke situasie.
D onvoorsiene gebeurtenis.
1.1.17 … is nie 'n veilige betalingsopsie wanneer internasionaal gereis
word nie.
A 'n Diners Klub-debietkaart
B 'n EFO ('EFT') elektroniese betalingskaart
C Om groot bedrae kontant by jou te dra
D 'n Voorafgelaaide buitelandsevaluta-debietkaart
1.1.18 'n Voorbeeld van 'n politieke situasie wat 'n invloed op toerisme
kan hê:
A Siektes
B Aardbewings
C Tsoenamies
D Burgeroorloë
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/November 2022
NSS
1.1.19 Die Cape Town Cycle Tour, een van die wêreld se grootste fiets-
tydrenne, is 'n voorbeeld van 'n ... gebeurtenis.
A godsdienstige
B wêreld-
C handels-
D beraad
1.1.20 Die Covid-19-pandemie is 'n voorbeeld van 'n …
A politieke situasie.
B natuurlike ramp.
C onvoorsiene gebeurtenis.
D terreuraanval. (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6
bankaankoopkoers.
fisiese voorkoms van die besigheid; naamborde; bevorder integriteit;
sosiale byeenkoms van die werkers; maatskappyskryfbehoeftes;
uniformtoelaes; selfversorging
1.2.1 Papier en penne met die hotelhandelsmerk wat die beeld van die
hotel verbeter
1.2.2 Netheid van die reisagentskap en die omliggende tuine
1.2.3 Aanvaarbare haarstyl en kort naels vir manlike werknemers
1.2.4 Die waarde van 'n gedragskode vir toeristegidse
1.2.5 Lugrederye wat tot die koste van die kajuitbemanning se
werksklere bydra (5 x 1) (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.
1.3.1 'n Voorbeeld van herwinning is die (herbesoek/hergebruik) van
plastiekkratte waarin groente aan 'n restaurant gelewer word.
1.3.2 Om energie-doeltreffende gloeilampe in 'n museum te gebruik, is 'n
voorbeeld van volhoubare (bestuur van bronne/bewaring van
artifakte).
1.3.3 Die verwydering van (indringerplante/inheemse diere) is voordelig
vir die natuurlike omgewing.
1.3.4 'n Toerismebesigheid wat (gryswater/seewater) vir tuinbou-
doeleindes gebruik, sal omgewingsbewuste toeriste lok
1.3.5 'n Verantwoordelike toeris sal 'n billike prys vir
(massavervaardigde/handgemaakte) aandenkings betaal. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/November 2022
NSS
1.4 Kies 'n bestemming uit KOLOM B wat by 'n wêreldwye natuurramp in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Baie toeriste moes in 2022 hulle A Filippyne
vakansie na hierdie Suid-Afrikaanse
kusprovinsie as gevolg van erge B Madagaskar
oorstromings kanselleer
C Ecuador
1.4.2 Die Januarie 2021-modderstortings
het ernstige skade en ontwrigting in D KwaZulu-Natal
hierdie Suider-Afrikaanse buurland
aangerig E Texas
1.4.3 Tropiese storm Megi het in April 2022 F Eswatini
ernstige skade in hierdie Suidoos-
Asiatiese land aangerig
1.4.4 Sikloon Emnati het in Februarie 2022
verwoesting op hierdie Indiese
Oseaan-eiland gesaai
1.4.5 Vlugte is as gevolg van as-uitbarstings
vanaf die Wolf-vulkaan in hierdie
Suid-Amerikaanse land vertraag
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/November 2022
NSS
1.5 'n Toeris wat belangstel in Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine wil graag
terrein A, B, C, D en E op die kaart hieronder getoon, besoek. Die toer begin
by A en eindig by E.
.
Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE
ONTDEK ONS SKATTE
[Bron: Eie skepping]
Identifiseer die Wêrelderfenisterreine wat in VRAAG 1.5.1 tot 1.5.5 hieronder
beskryf word.
Skryf slegs die naam van die Wêrelderfenisterrein langs die vraagnommers
(1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.5.6 Vredefortkoepel.
1.5.1 Wêrelderfenisterrein A word met die goue renoster verbind.
1.5.2 Wêrelderfenisterrein B stel toeriste aan antieke berglandskappe in
Mpumalanga bekend.
1.5.3 Wêrelderfenisterrein C is Suid-Afrika se enigste gemengde
Wêrelderfenisterrein.
1.5.4 Wêrelderfenisterrein D toon bewyse van die oorsprong van die
mens.
1.5.5 'n Voormalige Suid-Afrikaanse president is by
Wêrelderfenisterrein E gevange gehou. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FILAN-TOERISME: 'N GROEIENDE NEIGING
Mnr. Murdock kom van Kanada. Hy is 'n filantroop* en reis na bestemmings
wat toerisme-ontwikkeling benodig. Hy het na die vloedgeteisterde areas in
KwaZulu-Natal gereis om te help met die herbou van die beskadigde
toerisme-infrastruktuur.
Hy volg die groeiende filan-toerisme-neiging, 'n nuwe term wat 'n kombinasie
van die woorde 'filantropie' en 'toerisme' is. Die doel van filan-toerisme is om
na bestemmings te reis om 'n positiewe invloed op beide die plaaslike
gemeenskap en die omgewing te hê.
In KwaZulu-Natal het hy by plaaslike B&O'e tuisgegaan en openbare vervoer
gebruik.
*Filantroop: 'n persoon wat vir die gemeenskap omgee deur met projekte te
help en finansiële bydraes te maak
[Aangepas uit www.malaymail.com]
2.1.1 Noem EEN manier, in die uittreksel hierbo, waarop mnr. Murdock
by filan-toerisme betrokke is. (2)
2.1.2 Kanadese toeriste het nie 'n visum nodig wanneer hulle na
Suid-Afrika reis nie.
Noem die verpligte reisdokument wat mnr. Murdock sal benodig
om Suid-Afrika binne te kom (2)
2.1.3 Daar kan van mnr. Murdock vereis word om bewys van 'n
Covid-19-inenting te toon.
Noem die wêreldorganisasie wat vir die regulering van die
Covid-19-inentings verantwoordelik is. (2)
2.1.4 Beveel EEN gesondheidsvoorsorgmaatreël vir mnr. Murdock aan
wanneer hy die vloedgeteisterde area besoek. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/November 2022
NSS
2.2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die reisprogram hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
Vancouver
Frankfurt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/November 2022
NSS
MNR. MURDOCK SE REISPROGRAM
Daar is geen direkte vlugte vanaf Vancouver, Kanada, na Johannesburg,
Suid-Afrika nie.
Mnr. Murdock moes vanaf Vancouver Internasionale Lughawe na Frankfurt in
Duitsland vlieg om 'n aansluitingsvlug na Suid-Afrika te haal.
Die vlug het om 18:00 op Saterdag vanaf Vancouver Internasionale
Lughawe vertrek.
Die ononderbroke ('nonstop') vlug het 9 uur geduur.
Hy was in transito op Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland totdat
sy vlug om 16:00 op Sondag na Suid-Afrika vertrek het.
Die duur van die vlug na Suid-Afrika was 11 uur.
LET WEL: Kanada en Duitsland het nie DBT ten tye van mnr. Murdock se
reis toegepas nie.
2.2.1 Verduidelik die term aansluitingsvlug. (2)
2.2.2 Bereken die tyd en dag in Frankfurt toe mnr. Murdock vanaf
Vancouver Internasionale Lughawe vertrek het.
Toon ALLE berekeninge. (4)
2.2.3 Mnr. Murdock het om 12:00 op Sondag op die Frankfurt
Internasionale Lughawe aangekom.
Bereken hoe lank hy in transito was voordat sy vlug na Suid-Afrika
vertrek het. (2)
2.2.4 Bereken die tyd en dag wat mnr. Murdock in Johannesburg
aangekom het.
Toon ALLE berekeninge. (5)
2.3 Nadat hy op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom het, het
mnr. Murdock na paspoortbeheer gegaan. Daarna het hy sy bagasie gekry en
deur doeane beweeg.
2.3.1 Kies die doeanekanaal waardeur mnr. Murdock moes beweeg na
sy aankoms op OR Tambo Internasionale Lughawe. (2)
2.3.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (2)
2.3.3 Mnr. Murdock het vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe na
King Shaka Internasionale Lughawe gevlieg. Met sy aankoms op
King Shaka Internasionale Lughawe in Durban, het mnr. Murdock
vervoer vanaf die lughawe na die B&O benodig. Daar is baie
vervoerdiensteverskaffers wat by die lughawe sake doen.
Gee mnr. Murdock raad oor TWEE veiligheidsoorwegings voordat
hy 'n vervoerverskaffer kies. (4)
[29]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TENNISDROOM WORD BEWAARHEID!
Mev. Murray, 'n tennis-entoesias, het
vanaf Suid-Afrika na Londen gevlieg om
na Wimbledon, die beroemdste tennis-
toernooi in die wêreld, te kyk. Sy het vier
dae in Londen deurgebring.
Koste van die reis:
Ononderbroke ('non-stop') retoervlug
na Londen: R13 000
Visumkoste: R2 950
Reisversekering: R1 456
Wimbledonpakket: R37 850
(akkommodasie, etes en
Wimbledonkaartjies ingesluit) [Bron: www.wikipedia.org]
Sy het 'n totale begroting van R75 000.
BUITELANDSE WISSELKOERSE
Rand per geldeenheid
LAND/STREEK VALUTA- BANK BANK
KODE AANKOOPKOERS VERKOOPKOERS
(BAK) (BVK)
Brittanje GBP 19,23 20,42
Europa EUR 16,75 17,22
3.1.1 Noem die geldeenheid wat mev. Murray vir haar reis na Londen
benodig het. (2)
3.1.2 Bereken die totale koste in Suid-Afrikaanse rand van mev. Murray
se reis na Wimbledon. (2)
3.1.3 Verwys na die bedrag in VRAAG 3.1.2 en na haar totale begroting
vir die reis.
Bereken die bedrag in rand wat sy beskikbaar gehad het om in
Londen te spandeer. (2)
3.1.4 Mev. Murray het tydens haar besoek aan Londen genoeg geld
gehad om te spandeer.
Stem jy saam met die stelling hierbo? Gee TWEE redes vir jou
antwoord. (4)
3.1.5 Skakel die totale koste van die reis in VRAAG 3.1.2 om na die
geldeenheid wat in Londen gebruik word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/November 2022
NSS
3.2 Bestudeer die inligting en tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
VALUTA-KRISIS
Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne en die voortslepende
Covid-19-pandemie het skommelings in buitelandse geldeenhede tot gevolg
gehad en sukkel om stabiliteit te herwin.
Die uitwerking van hierdie wêreldgebeure, asook die plaaslike vloede in
KwaZulu-Natal, het 'n negatiewe invloed op die Suid-Afrikaanse rand gehad.
[Bron: www.miningweekly.com]
3.2.1 Verduidelik die term skommeling. (2)
3.2.2 Die invloed van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, die
voortslepende Covid-19-pandemie en die vloede in KwaZulu-Natal
het 'n negatiewe invloed op die waarde van die Suid-Afrikaanse
rand gehad.
Bespreek in 'n paragraaf die invloed van 'n swak rand op die
toerismebedryf in Suid-Afrika.
Jou paragraaf moet fokus op:
EEN invloed van die swak rand op inkomende toerisme (2)
TWEE invloede op die vermenigvuldigereffek in Suid-Afrika (4)
[21]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/November 2022
NSS
AFDELING C: TOERISTEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDIKONE
A B C
D E F
4.1.1 Identifiseer ikone A tot F in die prente hierbo.
Skryf slegs die naam van die ikoon langs die letter in die
ANTWOORDEBOEK, bv. G Groot Muur van China. (6)
4.1.2 Verduidelik die verskil tussen 'n ikoon en 'n besienswaardigheid.
(2 x 2) (4)
4.1.3 Beskryf TWEE unieke kenmerke van ELK van die ikone hieronder:
(a) Ikoon B (4)
(b) Ikoon D (4)
4.1.4 Bespreek in 'n paragraaf waarom ikoon E beskou word as die
ikoon wat die meeste in Frankryk besoek word.
Jou paragraaf moet die volgende insluit:
EEN unieke kenmerk van hierdie ikoon
EEN ekonomiese voordeel vir Frankryk (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/November 2022
NSS
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FANTASTIESE FUJI
Kaart van die staproetes na en van die kruin van Fuji
Toerisme is voordelig vir die gemeenskappe wat rondom Fuji geleë is. Daar is
egter ook baie uitdagings wat deur die toestroming van toeriste en die hoë
besoedelingsvlakke as gevolg van rommelstrooiing veroorsaak word.
[Aangepas uit www.mdpi.com]
4.2.1 Noem die land waar Fuji geleë is. (2)
4.2.2 Noem EEN negatiewe invloed wat massa-toerisme (oor-toerisme)
op Fuji het. (2)
4.2.3 Stel TWEE volhoubare en verantwoordelike praktyke voor wat
beter bestuur van Fuji tot gevolg sal hê. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 5
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JUWELE VAN DIE NOORD-KAAP
A
B
[Aangepas uit www.roomsforafrica.com]
5.1 Identifiseer Wêrelderfenisterreine A en B in die prente hierbo. (4)
5.2 Die San- en die Namamense word met Wêrelderfenisterreine A en B verbind
(gekoppel aan).
5.2.1 Gee EEN rede waarom dit belangrik is om die kultuur van die San-
en die Namamense te beskerm. (2)
5.2.2 Verduidelik EEN manier waarop die Sanmense hulle kultuur aan
besoekers aan die area bekendstel. (2)
5.3 Bespreek EEN manier waarop die provinsie voordeel trek uit die
Wêrelderfenisterreine wat in VRAAG 5.1 geïdentifiseer is. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 6
Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AFRIKA SE REISINDABA 2022
AFRIKA
SE
REISINDABA
[Bron: www.theevent.co.za]
6.1 Gee die definisie van 'n reis-handelskou. (2)
6.2 SAToerisme gebruik Afrika se Reisindaba om Suid-Afrika nasionaal en
internasionaal te bemark.
Noem EEN ander reis-handelskou wat in Suid-Afrika gehou word. (2)
6.3 Verduidelik die DRIE stappe waarop die 1%-heffing, wat van toerisme-
besighede ingesamel word, gebruik word om SA te bemark. (6)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/November 2022
NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
7.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KAMER MET 'N BETER UITSIG
Instagram-plasing en reaksie van die hotel
Mike Mudau @MikeMudau · 25 Jun 2022
Die binnekant van my kamer by die Tango Hotel is regtig mooi,
maar daar is geen uitsig nie.
1 5
Tango Hotels @TangoHotelsLtd · 25 Jun 2022
@MikeMudau Ek is bly jy hou van jou kamer! By watter Tango
Hotel gaan jy tuis? Ek kan jou dalk na 'n kamer met 'n uitsig
skuif. :D DJ
1 5
Mike Mudau @MikeMudau · 25 Jun 2022
@TangoHotelsLtd Ek is by die Tango Vancouver Suites, maar
ek vertrek môreoggend.
1 5
Tango Hotels @TangoHotelsLtd · 25 Jun 2022
@MikeMudau Kan jy my DM ('direct message') sodat ek vir jou
'n paar wenke vir jou volgende bespreking kan gee? :D DJ
1 5 Volg
Mnr. Mudau het 'n plasing op Instagram oor sy kamer sonder 'n uitsig
gemaak. Hy het nie die hotel daarby ingesluit ('tag', in kennis gestel/ingelig)
nie. Tango Hotelle monitor hulle sosialemedia-platforms baie noukeurig en
het binne 'n uur op mnr. Mudau se Instagram-plasing gereageer. Hulle het
mnr. Mudau na 'n beter kamer geskuif, waar hy met sjokolade en 'n nota met
'n verskoning verras is.
[Aangepas uit www.zendesk.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/November 2022
NSS
7.1.1 Daar is verskeie faktore wat tot die professionele beeld van 'n
toerismebesigheid bydra.
Identifiseer EEN voorbeeld van professionele optrede deur die
personeel van Tango Hotelle. (2)
7.1.2 Afgesien van die beeld van die personeel, identifiseer TWEE
aspekte op die Instagram-plasing wat op die professionele beeld
van die hotel dui. (4)
7.2 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ROYAL TOERISMEDIENSTE
Billike Arbeidspraktyke
Om hulle werknemers billik te behandel, implementeer Royal
Toerismedienste die vereiste diensvoorwaardes.
Alle Alle Aftrekkings
werknemers werknemers word volgens
het regtens word 'n billike regsvereistes
bindende salaris/loon gemaak.
kontrakte. betaal.
Werksure en Werknemers
Werknemers
oortyd het toegang
kry etenstye
voldoen aan tot die Wet
gedurende
die wet. op Basiese
werksure.
Diens-
voorwaardes.
.
[Bron: Eie skepping]
7.2.1 Verduidelik TWEE diensvoorwaardes wat met die betaling van
personeel verband hou. (4)
7.2.2 Verduidelik die verskil tussen werksure en oortyd. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 8
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FAIR TRADE TOURISM KRITERIA VIR TOERISMEBESIGHEDE
Maatskaplike ontwikkelingsprojekte, bv. infrastruktuur, onderwys,
kapasiteitsbou, gesondheid, sanitasie en klimaatsverandering word
ondersteun.
Plaaslike gemeenskappe vind ekonomies baat by werkskepping.
Geleenthede word vir gaste geskep om tot sosio-ekonomiese ontwikkeling
by te dra.
Besighede koop goedere en dienste by plaaslike verskaffers en ander Fair
Trade-maatskappye aan.
Om besigheid in die area te doen, het nie 'n negatiewe invloed op die
plaaslike gemeenskap nie.
[Aangepas uit www.fairtradetourism.org]
8.1 Gee TWEE voorbeelde van hoe Fair Trade Tourism-besighede by sosiale
ontwikkelingsprojekte betrokke is. (4)
8.2 Behalwe vir die maatskaplike pilaar, identifiseer TWEE pilare van volhoubare
toerisme in die Fair Trade Tourism-kriteria. (4)
8.3 Verduidelik TWEE maniere waarop 'n gesertifiseerde Fair Trade Tourism-
besigheid tot die plaaslike ekonomie bydra. (4)
8.4 Gee TWEE redes hoe die frase 'Gaan tuis waar die geld wat jy spandeer,
regtig tel', verantwoordelike toerismepraktyke in Suid-Afrika sal aanmoedig. (4)
[16]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/November 2022
NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERAFGELEË KONFLIK, PLAASLIKE GEVOLGE
Hoe die oorlog in Oekraïne 'n invloed op Suid-Afrika se
toerismebedryf sal hê
Russel Morena: 16 Maart 2022
Die konflik tussen Rusland en Oekraïne lyk dalk ver weg. Dit hou egter
ernstige gevolge vir Suid-Afrika en die land se toerismebedryf in.
Stygings in die prys van ru-olie sal hoër brandstofpryse tot gevolg hê vir
Suid-Afrikaners met besighede wat goedere aflewer en mense vervoer.
Rusland en Oekraïne is albei belangrike koringprodusente. Hulle verskaf 'n
derde van Suid-Afrika se koring, 'n hoofbestanddeel vir die bak van brood.
Die internasionale koringprys het as gevolg van beperkte voorraad gestyg.
[Aangepas uit City Press, 16 Maart 2022]
9.1.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word:
Rusland en Oekraïne is albei in die (Noordelike/Suidelike) Halfrond
geleë. (2)
9.1.2 Identifiseer, uit die uittreksel, TWEE invloede wat die oorlog tussen
Rusland en Oekraïne op Suid-Afrika het. (4)
9.1.3 Die invloede wat in VRAAG 9.1.2 geïdentifiseer is, sal inkomende
internasionale toeriste na Suid-Afrika verder verontrief.
Bespreek DRIE maniere waarop die reisbehoeftes van inkomende
internasionale toeriste tydens hulle verblyf in Suid-Afrika negatief
geraak sal word. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/November 2022
NSS
9.2 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PROVINSIALE GEDEELTE VAN INTERNASIONALE
TOERISTE-AANKOMSTE IN 2020
[Bron: SAToerisme Jaarverslag 2020, gepubliseer in 2021]
9.2.1 Rangskik die DRIE provinsies wat die meeste internasionale
besoekers na Suid-Afrika ontvang het van die meeste tot die
minste. (6)
9.2.2 Die twee provinsies wat die minste besoeke ontvang het, was
Noordwes (1,1%) en die Noord-Kaap (0,1%).
Gee EEN rede vir die lae internasionale besoekersgetalle aan
hierdie provinsies. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 10
Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITSLAE VAN KLIËNTE-TEVREDENHEIDOPNAME
VIR THE BLUE FISH RESTAURANT
Ontvang rekening sonder om lank te wag 24%
Waarde-vir-geld-ete
Waarde-vir-geld ete 82%
Die kos was heerlik 85%
Kos is aantreklik voorgesit 90%
Aanvaarbare wagtyd vir die kos 85%
Spyskaart bied n verskeidenheid geregte 75%
Kelners het goeie kennis van die spyskaart 22%
Personeel was vriendelik en professioneel 38%
Restaurant was skoon en goed onderhou 30%
Warm verwelkoming by aankoms 25%
0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90%100%
[Bron: Eie skepping]
10.1 Gee EEN rede waarom die eienaar van The Blue Fish restaurant dit nodig
gevind het om die opname hierbo te laat doen. (2)
10.2 Die eienaar van The Blue Fish restaurant het 'n kontant-aansporing vir sy
personeel ingestel as teken van sy waardering vir goeie werk.
Verwys na die uitslae van die opname en identifiseer die personeel wat die
kontantaansporing moet ontvang. (2
10.3 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 10.2. (4)
10.4 Stel EEN strategie voor wat by die eienaar se aksieplan ingesluit kan word,
wat tot 'n toename in besoekergetalle en winsgewendheid vir die restaurant
sal lei. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Eng)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c78344a1-f735-4c05-88fe-77cdd40c4c8c/v1-2a308300f319d750a224/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum