You're offline
Skip to content
Question paper

Tourism Nov 2024 MG Afr.pdf

Subject: TourismGrade 12202417 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 TOERISME NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 200 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne INLIGTING VIR NASIENERS ONDERWERPE IN DIE TOERISME KABV AFKORTING Onderwerp 1 Toerismesektore TS Onderwerp 2 Kaartwerk en toerbeplanning KTB Onderwerp 3 Toerismebesienswaardighede TB Onderwerp 4 Volhoubare en verantwoordelike toerisme VVT Onderwerp 5 Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme PSI Onderwerp 6 Kultuur- en erfenistoerisme KE Onderwerp 7 Buitelandsevaluta-verhandeling BVV Onderwerp 8 Kommunikasie en kliëntediens KK Onderwerp 9 Bemarking B Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 1.1.1 B✓/opsionele KTB 1.1.2 A✓/bestemming KTB 1.1.3 C✓/wat gedurende 'n reis ‘n datumverandering KTB veroorsaak. 1.1.4 B✓/cholera KTB 1.1.5 B✓/reiskliniek. KTB 1.1.6 D✓/Engeland BVV 1.1.7 B✓/Duitsland TB 1.1.8 A✓/Die Groot Muur van China TB 1.1.9 C✓/Niagara-waterval TB 1.1.10 B✓/Hulle maak universele toegang moontlik. TB 1.1.11 A✓/'Inspirerende nuwe maniere' B 1.1.12 A✓/'Leef Suid-Afrika!' B • C✓/’Lewendig met moontlikhede’ (‘Alive with possibility’) 1.1.13 B✓/jag met 'n pyl en boog KE 1.1.14 B✓/verantwoordelike VVT 1.1.15 A✓/Respek vir die maatskappy-eiendom VVT 1.1.16 D✓/Suid-Afrika PSI 1.1.17 B✓/terreurdaad PSI 1.1.18 C✓/Stats SA PSI 1.1.19 B✓/Inkopies PSI 1.1.20 C✓/'n Internetverbinding en data word vereis. KK (20 x 1) (20) 1.2 1.2.1 politieke PSI 1.2.2 resessie PSI 1.2.3 geld gespandeer PSI 1.2.4 publisiteit PSI 1.2.5 land PSI (5) 1.3 1.3.1 verkleinde VVT 1.3.2 FTT VVT 1.3.3 KMB VVT 1.3.4 glas VVT 1.3.5 die driedubbele-slotreël  VVT (5) 1.4 1.4.1 B✓/Mapungubwe Kulturele Landskap KE 1.4.2 D✓/Vredefortkoepel KE 1.4.3 F✓/Barberton Makhonjwa-bergereeks KE 1.4.4 C✓/iSimangaliso-vleilandpark KE 1.4.5 A✓/ Fossielhominied-terreine van Suid-Afrika KE (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1 H✓ TS 1.5.2 B✓ TS 1.5.3 G✓ TS 1.5.4 E✓ TS 1.5.5 D✓ TS (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA- VERHANDELING VRAAG 2 2.1 2.1.1 Londen: 0 (+1 DBT) +1 Parys: +1 (+1 DBT) +2 KTB Tydsverskil = 1 uur ✓✓ (2) 2.1.2 Johannesburg: +2 Parys +1 (+1 DBT✓) +2 KTB Tydsverskil = 0 uur Plaaslike tyd in Parys = 20:00 + 0 uur = 20:00 Vertrektyd uit Johannesburg = 20:00 Vliegtyd = 11 uur Aankomstyd en datum in Parys = 20:00 (+ ✓) 11 uur = 07:00 ✓ 19 Julie 2024 ✓ (4) OF 07:00 ✓✓✓ 19 Julie 2024 ✓ 2.1.3 Die span het hulle horlosies EEN uur vorentoe gestel. ✓✓ KTB (2) OF Dit was nie nodig vir die span om hulle horlosies aan te pas nie (daar is geen tydverskil tussen Suid-Afrika en Frankryk nie) ✓✓ 2.1.4 (a) Vluguitputting ✓✓ KTB (2) (b) Die vlug het nie oor baie tydsones gestrek nie. ✓✓ KTB (2) • Daar is slegs een tydsone tussen Johannesburg en Parys. 2.2 2.2.1 Schengen visum ✓ KTB (1) 2.2.2 Frankryk was die eerste land waar Europa binnegegaan KTB is. ✓✓ (2) • Dit is die land waar hulle die meeste van hulle tyd gaan spandeer. 2.2.3 Hierdie visum gee toegang tot al die lande wat besoek gaan KTB word. ✓✓ Dit is gerieflike om aansoek te doen vir een visum wat gebruik kan word om die drie lande te besoek. ✓✓ (4) • Dit spaar tyd om slegs vir 'n Schengen visum aansoek te doen, in plaas daarvan om vir drie aparte visums aansoek te doen. • Dit spaar geld om vir 'n Schengen visum aansoek te doen, aangesien 'n eenmalige betaling gemaak word. • Biometriese skandering word slegs eenkeer vereis wanneer daar vir die visum aansoek gedoen word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.3 2.3.1 Hulle amptelike reisdokumente, bv. paspoorte, KTB vliegkaartjies ✓ Geld (kontant/kaarte) ✓ (2) • Waardevolle items bv. juwele, medikasie. • Persoonlike dokumentasie • Elektroniese toestelle 2.3.2 PARAGRAAF-formaat: KTB Neem persoonlike verantwoordelikheid vir blootstelling aan die son ✓✓ Gebruik sonblok met 'n hoë sonbeskermingsfaktor (SPF). ✓✓ Dra beskermende hoede/klere/sonbrille ✓✓ (6) • Beperk blootstelling aan die son gedurende die warmste deel van die dag. • Huur sambrele of ander beskermende strukture soos gazebo’s of tente waar beskikbaar. • Bly gehidreerd. LET WEL: Ken EEN punt toe vir volsinne en paragraafformaat. (1) 2.3.3 Moenie alleen loop nie – onderneem om in groepe te KTB beweeg. ✓✓ Vermy swak verligte areas. ✓✓ (4) • Vermy afgesonderde areas. • Stel iemand in kennis oor waar hulle rondbeweeg. • Vra die hotel vir veilige plekke om te verken. • Moenie vreemdelinge op straat vir aanwysings vra of met vreemdelinge gesels nie. • Hou nood-kontakbesonderhede op ‘n gelaaide selfoon. • Hou waardevolle items buite sig. • Moenie selfone sigbaar maak nie. 2.4 Hy het items by hom gehad wat verklaar moes word.✓✓ KTB Die items wat hy by hom gehad het, het die belastingvrye perk oorskry. ✓✓ (4) • Hy moes belasting betaal op die items wat die belastingvrye perk oorskry het. LET WEL: Aanvaar voorbeelde en hoeveelhede van toegelate items. [36] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 3.1.1 GBP ✓ BVV (1) 3.1.2 EUR ✓ BVV (1) 3.2 R 50 000 (÷✓) 20.55✓= €2 433,09 ✓ BVV (3) OF €2 433,09 ✓✓✓ 3.3 €75 (x✓) 20.52✓ = R1 539,00 ✓ BVV (3) OF R1 539,00✓✓✓ 3.4 3.4.1 Bruto Binnelandse Produk (BBP) is 'n maatstaf van al die BVV goedere en dienste wat oor 'n spesifieke tydperk, gewoonlik 'n jaar, plaaslik geproduseer is. ✓✓ (2) 3.4.2 Die Olimpiese Spele het baie toeriste na Frankryk gebring, BVV wat 'n toename in buitelandse inkomsteverdienste tot gevolg gehad het. ✓✓ Die toeriste het gebruik gemaak van toerismeprodukte en - dienste wat inkomste verdien het. ✓✓ (4) • Die vraag na meer produkte en dienste het tot 'n toename in entrepreneursgeleenthede gelei. • 'n Toename in werksgeleenthede, verhoogde lewensstandaard van die plaaslike mense en ontwikkeling van infrastruktuur. • Die vermenigvuldiger effek het in werking getree. [14] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENISTOERISME; BEMARKING 4.1 4.1.1 (a) Die Standbeeld van Christus die Verlosser ✓ TB Die Groot Piramides van Giza ✓ Ayers Rots/ Uluru ✓ • Uluru-Kata Tjuta Nasionale Park Sydney Operahuis ✓ (4) LET WEL: Aanvaar enige volgorde Die volle name van die ikone moet genoem word met al die woorde in die korrekte volgorde. Geen onvolledige name mag aanvaar word nie. Spelfoute kan aanvaar word; dit moet steeds moontlik wees om die name van die ikone te herken. (b) Brasilië ✓ TB Australië ✓ Egipte ✓ (3) LET WEL: Aanvaar enige volgorde 4.1.2 (a) Sydney Operahuis ✓✓ TB (2) (b) Operas en musiekkonserte/-vertonings word in die TB gebou gehou. ✓✓ (2) 4.1.3 Die Groot Piramides van Giza is aan die buitewyke van TB Giza, Egipte geleë. ✓✓ Die Groot Piramides van Giza is meer as 1 200 jaar gelede, voor die heerskappy van Koning Tutankhamen, gebou. ✓✓ Die Groot Piramides van Giza is as graftombes vir die farao's gebou. ✓✓ (6) • Die farao’s en hulle besittings is in die graftombes van die Groot Piramides van Giza begrawe. • Die Groot Piramide van Giza is 147m hoog. • Die Egiptenare het die Groot Piramides van Giza gebou. • Dit is maklik om die Groot Piramides van Giza te bereik, aangesien daar 'n goed-ontwikkelde padinfrastruktuur is wat na die ikoon lei. LET WEL: Aanvaar verwante feite wat verwys na die ikoon se ligging en redes waarom dit as ‘n ikoon beskou word. 4.1.4 Die Standbeeld van Christus die Verlosser het 'n TB simboliese beskermer van mense geword. ✓✓ • Soos Jesus Christus, beskerm die standbeeld die stedelike omgewing, die stad en die mense van Rio de Janeiro. Uluru/Ayers Rots is 'n heilige plek vir die inheemse mense. ✓✓ (4) • Die ikoon is van geestelike belang vir die plaaslike mense. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Groot Piramides van Giza is 'n heilige plek vir die inheemse mense. • Die Groot Piramides van Giza is die begraafplaas vir die Egiptiese farao's wat as gode beskou word. LET WEL: Aanvaar enige redes vir besoeke aan heilige en godsdienstige ikone. Die name van die ikone hoef nie genoem te word nie. 4.2 4.2.1 A – Colosseum ✓ TB B – Leunende Toring van Pisa ✓ C – Venesië ✓ (3) 4.2.2 A - Colosseum TB Antieke gebou met 'n groot amfiteater wat tussen 50 000 en 80 000 toeskouers kon huisves ✓✓ • Gebou met baie vlakke en boë. B - Die Leunende Toring van Pisa Dit is leunende toring, omdat dit op onstabiele grond/fondasie gebou is. ✓✓ • Die toring is hoofsaaklik van wit marmer gebou, maar kalksteen is ook vir die konstruksie gebruik. C - Venesië Venesië is 'n stad wat op water gebou is. Daar is baie kanale en brûe wat die geboue verbind. ✓✓ (6) • Die stad is op lang houtpale gebou wat diep in die grond ingekap is. • Die pale is deur die sagte slik en modder ingekap tot by die laag harde klei wat sterk genoeg was om die gewig van die geboue daarbo te dra. LET WEL: Aanvaar verwante feite wat verwys na die ontwerp en manier waarop die ikone gebou is. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 10 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 A: Robbeneiland ✓✓ KE B: Kaapse Blommestreek Beskermde Areas ✓✓ (4) LET WEL: Die volle name van die wêrelderfenisterreine moet genoem word met al die woorde in die korrekte volgorde. Geen onvolledige name mag aanvaar word nie. Spelfoute kan aanvaar word, maar dit moet steeds moontlik wees om die name van die wêrelderfenisterreine te herken. 5.2 Nelson Mandela is as politieke gevangene op Robbeneiland KE aangehou. ✓✓ Robbeneiland het vanaf 1960 -1991 as Suid-Afrika se maksimum- sekuriteit politieke gevangenis gedien. ✓✓ (4) • Dit het 'n tronk, 'n hospitaal vir sosiaal-onaanvaarbare groepe en 'n militêre basis. LET WEL: Aanvaar alternatiewe antwoorde oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat met Robbeneiland verband hou. 5.3 UNESCO moedig die identifikasie van wêreldterreine van uitstaande KE waarde vir die mensdom, aan. ✓✓ (2) • UNESCO is verantwoordelik vir die verklaring van terreine en die fasilitering van finansiële bystand aan die geïdentifiseerde terreine regoor die wêreld. • UNESCO fasiliteer die beskerming, bewaring en opvoeding van mense oor die belangrikheid van kulturele en natuurlike erfenis wêreldwyd. • UNESCO moniteer die wêrelderfenisterreine en stel gereelde verslae saam oor die toestand van bewaring wat plaasvind. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 11 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6 6.1 6.1.1 Hy is 'n baie bekende rugbyspeler en die kaptein van die B Springbok-rugbyspan. ✓✓ (2) • Na die sukses van die Wêreldbeker, het hy regoor die wêreld herkenbaar geword. • Siya is 'n inspirerende sportster. 6.1.2 Om die jaarlikse volume van buitelandse aankomste na SA te B verhoog wat sodoende ekonomiese groei sal verseker. ✓✓ Om internasionale bewusmaking van Suid-Afrika as 'n voorkeurbestemming te vergroot. ✓✓ (4) 6.2 6.2.1 ITB ✓✓ B (2) • ITB (Berlyn) • Internationale Tourismus-Börse 6.2.2 TOMSA samel die 1% heffing van die bydraers in, handig dit B aan die TBRSA oor, wat dit administreer. Die fondse word aan SAToerisme beskikbaar gestel vir internasionale bemarking.✓✓ (2) • TBRSA administreer die toerismeheffing wat ingesamel is, en maak dit dan aan SAToerisme beskikbaar vir bemarking. [10] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 12 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 7.1.1 'n Dienskontrak ✓✓ TS (2) 7.1.2 (a) 9 uur per dag ✓✓ TS (2) • 45 uur per week LET WEL: Aanvaar enige 8 of 9-uur tydraamwerk. (b) Lydia moet 1,5 keer die gewone tarief betaal word vir die TS ure wat sy gewerk het. ✓✓ (2) • Oortydwerk is vrywillig/soos ooreengekom. 7.2 7.2.1 Die gedragskode sal personeel se optrede reguleer, terwyl TS hulle op 'n seereisskip werk. ✓✓ (2) • Dit help ook om 'n positiewe werksomgewing te skep, aangesien personeel van die reëls bewus is. • Dit gee riglyne aan werkgewers oor hoe om sensitiewe situasies in die werksplek te hanteer of daarop te reageer. • Dit beperk insidente van swak gedrag wat die beeld of reputasie van die seereisskip skade sal doen. 7.2.2 As 'n bemanningslid nie respek vir kulturele verskille toon nie, TS mag hulle aan dissiplinêre aksie onderwerp word. ✓✓ (2) • Dit mag 'n waarskuwing of teregwysing deur die bestuur insluit. • Spanwerk sal ondermyn word. • Die bemanningslid kan afgedank word, afhangend van die erns van die oortreding en kan ‘n negatiewe invloed op toekomstige werksgeleenthede hê. 7.2.3 Respek vir die gedragskode, moedig spanwerk aan deur TS duidelike reëls vir optrede daar te stel.✓✓ (2) • Dit skep vertroue en samewerking onder spanlede. • Dit verminder konflik en stel personeel in staat om op hulle werk te fokus. • Dit gee ook die moraal en produktiwiteit 'n hupstoot, wat die werksomgewing meer positief en ondersteunend maak. [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 13 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8 8.1 8.1.1 Sonkrag gebruik sonlig om elektrisiteit op te wek. ✓✓ VVT (2) • Sonpanele absorbeer sonlig en skakel dit om in elektrisiteit wat gebruik kan word om huise, geboue en ander dinge van krag te voorsien. • Dit is 'n skoon en hernubare energiebron wat help om besoedeling en die afhanklikheid van fossielbrandstof te verminder. 8.1.2 (a) Omgewings ✓✓ VVT (2) • Planeet OF Ekonomiese • Wins (b) Maatskaplike/sosiale ✓ VVT • Mense Ekonomiese ✓ (2) • Wins OF Omgewings • Planeet LET WEL: Die pilaar wat in VRAAG 8.1.2 (a) geïdentifiseer is, mag nie herhaal word in VRAAG 8.1.2 (b) nie. 8.1.3 Dit verminder die invloed op die omgewing. ✓✓ VVT Sonkrag word deur sonlig opgewek, en is 'n onbeperkte, hernubare en koste-effektiewe bron. ✓✓ (4) • Die bedryf van die lughawe sal nie deur beurtkrag beïnvloed word nie. • Sonenergie is onbeperk en gee geen skadelike besoedeling af wanneer elektrisiteit opgewek word nie. • Die gebruik van sonpanele in plaas van fossielbrandstowwe soos steenkool, olie en gas sal die koolstofvoetspoor verklein. • Deur sonlig te gebruik, bly fossielbrandstowwe behoue vir die toekoms en verminder die invloed op die omgewing wanneer fossielbrandstof ontgin en verbrand word. • Sonkrag is 'n volhoubare en ekovriendelike plaasvervanger vir tradisionele energiebronne. • Dit help om klimaatsverandering teen te werk, verminder lugbesoedeling en bewaar natuurlike bronne. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 14 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 8.2 8.2.1 Besigheidsbedrywighede VVT Verminder die besigheid se afhanklikheid van fossiel- brandstowwe deur volhoubare praktyke. ✓✓ Besighede se bedrywighede kan meer koste-effektief en meer doeltreffend wees en lei tot die vorming van vennootskappe met besighede met dieselfde siening. ✓✓ (4) • Beurtkrag sal nie 'n invloed op die besigheid se bedrywighede hê nie. • Die gebruik van energiebesparende beligting asook slimgebou- tegnologie sal ‘n voorbeeld stel waardeur die beeld van die publiek se siening van die besigheid verbeter en die mededingende voordeel opgebou word. 8.2.2 Verantwoordelikheid met betrekking tot klimaatsverandering VVT Lughawens kan doeltreffende tegnologie gebruik wat groen inisiatiewe ondersteun. ✓✓ Gebruik alternatiewe brandstowwe en elektriese voertuie op die aanloopbaan en regdeur die lughawens. ✓✓ (4) • Sluit groen inisiatiewe op die lughawens in wat hulle ‘n mededingende voordeel gee. • Verbeter omgewingsverantwoordelikheid teenoor en bewusmaking van klimaatsverandering. [18] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 15 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 9.1.1 beraad ✓✓ PSI (2) 9.1.2 Suid-Afrika kan handelsbetrekkinge aangaan met olie-ryke PSI lande wat tot ekonomiese groei sal bydra. ✓✓ Hierdie lande kan help om Suid-Afrika se afhanklikheid van fossielbrandstofbronne te verminder. ✓✓ (4) • Dit kan vennootskappe bevorder sodat uitdagings opgelos kan word. • Dit kan beleggingsgeleenthede bevorder wat ekonomiese groei kan verhoog. • Toegang tot kundigheid en vaardigheidsontwikkeling. • Doen aansoek vir befondsing van BRICS Ontwikkelings- bank 9.2 9.2.1 Vloede ✓✓ PSI (2) • Storm • Natuurramp 9.2.2 (a) Skade aan waterbehandelingfasiliteite of PSI verspreidingsfasiliteite kan lei tot besmetting van drinkwaterbronne. ✓✓ (2) • Skade aan infrastruktuur, soos gebreekte pype kan onderbrekings in die toevoer van skoon water tot gevolg hê. • Dit kan ook die kwaliteit van water beïnvloed, wanneer grond, gemors of skadelike elemente toegelaat word om in die watertoevoer te beland. (b) Skade aan infrastruktuur kan die optrede van PSI nooddienste vertraag. ✓✓ (2) • Dit kan kommunikasieprobleme veroorsaak en die vloei van inligting en koördineringspogings tussen nooddienswerkers blokkeer. • Dit kan die aflewering van noodvoorraad aan die betrokke gemeenskappe ontwrig wat tot lewensverlies kan lei. • Dit kan toegang vir bystandswerkers beperk om hulp te verleen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 16 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 9.3 9.3.1 Daar is weggedoen met die behoefte aan werklike kaarte, wat PSI 'n gerieflike, vinnige en maklike betaalervaring tot gevolg gehad het. ✓✓ Digitale beursies maak dit moontlik om kontaklose en papierlose betalings wêreldwyd te doen. ✓✓ (4) • Kliënte verkies om digitale betalings te gebruik vir die sekuriteit, en gerief, om uitgawes te monitor en spreek higiëne-verwante bekommernisse aan. • Internet aanlyn-inkopies word eenvoudig gemaak. • Sommige digitale betalingstoepassings (‘apps’) bied belonings soos afslag, kontantterugbetalings of punte aan. 9.3.2 Die gebruik van kontant het 'n sekuriteitsprobleem geword PSI met die risiko van diefstal of verlies. ✓✓ As dit eers weggeraak/gesteel is, kan dit nie vervang word nie. ✓✓ (4) • Sommige besighede aanvaar nie kontant as ‘n metode van betaling nie want wat die ontvangs van die risiko van vervalste banknote, verminder. • Kontanthanteringsfooi is hoog. • Die hantering van kontant is onhigiënies. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Toerisme 17 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 10 10.1 'n Kliënte-opname is 'n metode om kliënteterugvoering te kry.✓✓ KK (2) • Dit help maatskappye om probleemareas te identifiseer wat reggestel of verbeter moet word. • Dit meet kliëntetevredenheid, nadat 'n toerismeproduk of -diens gebruik is. • 'n Instrument wat die vlak van dienslewering meet wat deur kliënte ervaar is. 10.2 Ontleed en sleutel die terugvoering in om die vlak van dienslewering KK aan die kliënte te bepaal. ✓✓ Groepeer al die gemeenskaplike klagtes om die probleemareas te identifiseer. ✓✓ (4) • Begin die intervensieproses om die aksieplan in werking te stel. 10.3 Die ontleding van antwoorde uit die opname sal die maatskappy help KK om dienslewering te verbeter. ✓✓ Die bevindinge uit die opnames sal help om 'n aksieplan te ontwikkel om produkte en dienste reg te stel/verbeter. ✓✓ (4) • Positiewe mondelinge advertensie sal lei tot ‘n toename in die aantal kliënte wat die toerismebesigheid besoek. • Handelsmerk lojalitieit wat lei tot herhaalde besoeke deur kliënte aan die toerismebesigheid. [10] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Tourism

Explore more published documents in this catalogue.

View all