Skip to content

Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperTourismGrade 12202425 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 TOERISME PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. In VRAAG 3.1.2 en 3.1.3 rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. 6 Toon ALLE berekeninge waar nodig. 7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Die volgende tabel is ʼn gids om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling toe te ken. TYD AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) A 1 Kortvrae 40 20 Kaartwerk en 2 Toerbeplanning B 50 50 Buitelandse 3 Valutaverhandeling Toerisme 4 Besienswaardighede C 5 Kultuur- en Erfenis Toerisme 50 50 6 Bemarking 7 Toerisme Sektore D 30 30 Volhoubare en 8 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike, streeks- en 9 Internasionale Toerisme E 30 30 Kommunikasie en 10 Kliëntediens Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A. 1.1.1 Die toename en afname in die waarde van ʼn geldeenheid word na as ... verwys. A die vermenigvuldigereffek B skommeling C buitelandse valuta D bruto binnelandse produk 1.1.2 Die potensiële negatiewe impak van ʼn toename in besoekers aan die gasheerbestemming tydens wêreldgebeurtenisse: A Afname in geraasbesoedeling en verkeersopeenhoping. B Vermindering van rommel en besoedeling in die gebied. C Teenkanting teen toekomstige gebeurtenisse van inwoners. D Verbetering in die algehele ervaring vir toeriste. 1.1.3 As die rand sterk is in verhouding tot groot wêreldgeldeenhede, sal die uitwerking op internasionale toerisme wees: A ʼn Afname in internasionale reisigers na Suid-Afrika B ʼn Afname in binnelandse toerisme in Suid-Afrika C Geen uitwerking D ʼn Toename in internasionale reisigers na Suid-Afrika 1.1.4 ʼn Voorbeeld van ʼn jaarlikse wêreldwye sportgebeurtenis: A FIFA Wêreldbeker B Tour de France C Olimpiese Spele D G7-beraad 1.1.5 Wanneer ʼn Suid-Afrikaner wat beplan om die VSA te besoek na ʼn buitelandse valutahandelaar gaan om sy rand vir VS dollars te ruil, sal die bank die transaksie doen deur van die ... gebruik te maak. A bankaankoopkoers B wisselkoers van die dag C bankverkoopkoers D vermenigvuldigereffek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 1.1.6 Hierdie voorbeeld van ʼn politieke situasie sal ʼn beduidende impak op internasionale toerisme, en die ekonomie van die geaffekteerde land het: A Tsoenami B Resessie C Aardbewing D Burgeroorlog 1.1.7 Vuurwerke en vervalste goedere word deur Suid-Afrikaanse doeane as … beskou. A verbied B belastingvry C goedere om te verklaar D onwettig 1.1.8 ʼn Strategie wat die bestuur kan volg om herhaalde besoeke aan ʼn toeriste-aantreklikheid aan te moedig: A Vermindering van diensgehalte B Bied beperkte waarde vir geld aktiwiteite aan C Modernisering van fasiliteite D Vermy afslag vir herhaalde besoekers 1.1.9 ʼn Voordeel in ʼn land wat Dagligbesparingstyd beoefen. A Werknemers sal betyds vir werk wees. B Dit word vroeër in die aande donkerder. C Winkels hoef nie vir lang ure oop te wees nie sodat, personeel meer tyd af kan hê. D Daar is meer ure van sonlig wat mense die geleentheid bied om meer tyd in die buitelug deur te bring. 1.1.10 Die interpretasie van statistieke rakende internasionale inkomende toerisme ... A help reisigers om op hul voorkeurbestemmings te besluit. B verseker dat hotelle hoë diensstandaarde handhaaf. C laat besighede toe om toeristevoorkeure te verstaan en hul aanbiedinge daarvolgens aan te pas. D reguleer visumvereistes vir internasionale reisigers. 1.1.11 Die tyd in Buenos Aires, Argentinië (-3), wanneer dit 12:00 in Kaapstad, Suid-Afrika (+2) is. A 04:00 B 23:00 C 07:00 D 19:00 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 5 1.1.12 Die deelnemende toerismebesighede wat die Toerismeheffing in Suid-Afrika betaal: A Slegs hotelle B Slegs lugrederye C Toeroperateurs, motorverhuringsmaatskappye en instellings wat verblyf bied D Slegs restaurante 1.1.13 ʼn Toerbeplanner wat ʼn reisplan saamstel vir ʼn welgestelde egpaar wat in die natuur belangstel, sal die volgende akkommodasie oorweeg. A Rugsakreisigers herberg (Engels: lodge) B Luukse tentkamp C Selfsorg chalets D 3-ster hotel in die middestad 1.1.14 Die Getaway-skou … A teiken internasionale toeriste. B word in Durban gehou. C fokus op avontuurreise. D is oop vir die publiek. 1.1.15 Dokumente wat ʼn reisiger moet toon wanneer hy/sy sy/haar Suid- Afrikaanse rand vir die plaaslike geldeenheid wat by die bestemming waarheen hy/sy reis gebruik word, ruil. A Suid-Afrikaanse identiteitsdokument en visum B Vliegkaartjies en IBP C Reisplan en gesondheidsertifikaat D Geldige paspoort en bewys van reis 1.1.16 Die Khomani-kulturelelandskap deel ʼn grens met ... A Mosambiek en Zimbabwe. B Botswana en Namibië. C Lesotho en Swaziland. D Zambië en Malawi. 1.1.17 ʼn Uitstappie of aktiwiteit wat nie by die oorspronklike reisplan van ʼn reisiger ingesluit is nie. A Toegevoegde aktiwiteit B Opsionele ekstra C Enkelaanvulling D Inklusiewe toer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 1.1.18 Daar word dikwels na die Barberton Makhonjwa-berge verwys as die “Genesis van die Lewe”, vanweë die ... A teenwoordigheid van antieke rotsformasies. B ontdekking van die oudste gefossiliseerde bakterieë op die planeet. C ryke diversiteit van plantspesies wat in die streek voorkom. D skouspelagtige natuurskoon rondom die gebied. 1.1.19 Identifiseer die item wat NIE ʼn voorbeeld van goeie omgewingspraktyke is NIE. A Respekteer die plaaslike kultuur en erfenis. B Verminder afval, rommel en besoedeling. C Bestuur omgewingsimpakte. D Beplanning van omgewingsvriendelike bouprojekte. 1.1.20 Toerisme-besigheidseienaars gebruik kliënteterugvoermiddels om die … van hul maatskappy te evalueer. A winsgewendheid B kliënte-tevredenheid C markaandeel D emosionele toestand van die personeel (20 x 1) (20) 1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur ʼn woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag elkeen van die gegewe woorde/terme slegs EEN keer gebruik. Dienskontrak; Visum; Geelkoors; Gedragskode; Malaria; Gesondheidsertifikaat; MIV; Tuberkulose 1.2.1 ʼn Verpligte inenting wanneer daar na ʼn streek gereis word waar hierdie siekte voorkom 1.2.2 Werksure en verlofvoordele sal in hierdie dokument ingesluit word 1.2.3 Die dra van langmoue en langbroeke en die aansmeer van insekweerder is maatreëls wat ʼn reisiger kan help om nie deur hierdie reisverwante siekte besmet te word nie 1.2.4 Hierdie dokument gee leiding oor die gedrag wat van werknemers verwag word terwyl hulle by die werk is 1.2.5 ʼn Dokument wat bewys dat die draer die nodige inentings gehad het wat nodig is om ʼn land binne te gaan (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 7 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 (Voorafgelaaide buitelandsevaluta-debietkaarte/Kredietkaarte) laat reisigers toe om skommelings in wisselkoerse te vermy. 1.3.2 (Mastercard/SWIFT) behels die stuur van betalingsopdragte tussen banke deur kodes te gebruik. 1.3.3 (Kontant/Reisbeursies (Engels: Travel wallets)) kan by valuta- verhandelingsdienste of OTM’s verkry word wanneer jy internasionaal reis. 1.3.4 ʼn Bank kan nie die betaling omkeer wanneer die verkeerde rekeningnommer ingevoer is wanneer ʼn (kontantpaspoort (Engels: cash passport)/ EFO) gebruik is. 1.3.5 ʼn (Bankwissel/telegrafiese oorplasing)-metode van betaling behels ʼn dokument wat deur ʼn bank uitgereik is, wat ʼn bedrag geld verteenwoordig. (5 x 1) (5) 1.4 Kies ʼn woord(e)/afkorting(e) uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 ʼn Toerismebestemming wat A Beginsel van Billike plaaslike verkryging beoefen Handel Toerisme 1.4.2 Toeriste wat hul gebruik van B Sal omgewingsbewuste natuurlike hulpbronne soos water toeriste lok en elektrisiteit beperk wanneer hulle met vakansie is 1.4.3 Toerisme besigheidspraktyke C Verantwoordelike moet deursigtig wees wat toeristegedrag beteken dat alle belanghebbendes toegang moet hê tot die inligting wat vir hulle relevant is 1.4.4 ’n Regeringsbeleid wat strategieë D Ekonomiese pilaar van insluit om vorige wanbalanse in volhoubaarheid Suid-Afrika reg te stel 1.4.5 ʼn Toeroperateur wat in etiese E IBP wildlewe reise spesialiseer F KMB G BBSEB (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 1.5 Bestudeer die wêreldkaart en die prente van wêreldikone en beantwoord die daaropvolgende vraag. Pas die prentjie van die wêreldikoon by sy korrekte ligging op die kaart. Skryf slegs die letter van die ligging langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 H. 1.5.1 1.5.4 1.5.2 1.5.5 1.5.3 (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 9 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 Gebruik die wêreldtydsonekaart en die reisplanne hieronder om die volgende vrae te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 2.1 Die 2024 Parys Olimpiese Spele, wat tussen 26 Julie 2024 en 11 Augustus 2024 plaasvind, beloof om ʼn skouspelagtige wêreldgebeurtenis te wees met atlete van meer as 200 lande wat aan meer as 400 sportgeleenthede deelneem. In die maand Julie 2024 sal deelnemers, toeskouers, amptenare en lede van die pers na Parys, Frankryk vir hierdie merkwaardige gebeurtenis vlieg. Reisplan vir die Suid-Afrikaanse kontingent (groep) wat na Parys, Frankryk reis • Die kontingent sal op 1 Julie 2024 om 18:50 vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika op Air France- vlugnommer AF 995 vertrek. • Vlugnommer AF 995 is ʼn direkte vlug na Charles de Gaulle Internasionale Lughawe in Parys, Frankryk met 10 uur 55 minute vliegtyd. • Let daarop dat Parys, Frankryk, Dagligbesparingstyd ten tye van die Parys Olimpiese Spele sal beoefen. Reisplan vir die Sjinese kontingent (groep) wat na Parys, Frankryk reis • Die Sjinese kontingent sal op 1 Julie om 07:25 by die Charles de Gaulle Internasionale Lughawe in Parys, Frankryk op Air China-vlug CA 875 aankom. • Vlugnommer CA 875 is ʼn direkte vlug vanaf Capital Internasionale Lughawe, Beijing, Sjina met ʼn vliegtyd van 11 uur 15 minute. • Let daarop dat Parys, Frankryk Dagligbesparingstyd ten tye van die Parys Olimpiese Spele sal beoefen, maar Beijing, Sjina sal NIE Dagligbesparingstyd beoefen NIE. Reisplan vir die Verenigde State van Amerika kontingent (groep) wat na Parys, Frankryk reis • Die kontingent van die VSA sal op 1 Julie om 17:35 ʼn direkte British Airways-vlug, BA 1534 vanaf JFK Internasionale Lughawe, New York, VSA neem. • Vlug BA 1534 is 7 uur 20 minute lank en sal by Charles de Gaulle Internasionale Lughawe in Parys, Frankryk land. • Let daarop dat beide Parys, Frankryk en New York, VSA, gedurende die Olimpiese Spele in Parys, Dagligbesparingstyd sal beoefen. 2.1.1 Die reisagente wat die bespreking vir die verskillende kontingente maak, het direkte vlugbesprekings gemaak. Noem EEN voordeel om op ʼn direkte vlug te reis vir die atlete wat aan die Parys Olimpiese Spele deelneem. (2) 2.1.2 Bereken die tyd en datum van aankoms van die Suid-Afrikaanse kontingent in Parys, Frankryk. Onthou om die praktyk van Dagligbesparingstyd in jou berekening in ag te neem. Toon ALLE berekeninge. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 11 2.1.3 Bereken die tyd van vertrek van die Sjinese kontingent vanaf Beijing, Sjina. Onthou om die praktyk van Dagligbesparingstyd in jou berekening in ag te neem. Toon ALLE berekeninge. (5) 2.1.4 Bereken die tyd en datum van aankoms van die VSA-kontingent in Parys, Frankryk. Onthou om die praktyk van Dagligbesparingstyd in jou berekening in ag te neem. Toon ALLE berekeninge. (5) 2.1.5 (a) Stel voor watter van die drie kontingente deelnemers in die gegewe reisplanne, die meeste geneig sal wees om aan vlugvoosheid met hul aankoms by hul bestemming te ly. (2) (b) Beveel TWEE maniere aan waarop die lede van die kontingent wat in VRAAG 2.1.5(a) genoem word, die uitwerking van vlugvoosheid tydens hul vlug kan verminder. (2 x 2) (4) 2.1.6 (a) Noem die reisverwante toestand waaraan die Suid- Afrikaanse kontingent heel waarskynlik sal ly met hul aankoms in Parys, Frankryk. (2) (b) Noem EEN simptoom van die reisverwante toestand in VRAAG 2.1.6(a) genoem. (2) 2.1.7 Met hul aankoms by Charles de Gaulle Internasionale Lughawe in Parys, Frankryk, sal die lede van die verskillende kontingente deur Paspoortbeheer moet gaan waar elke lid hul paspoort vir die amptenare aan diens moet toon. Verduidelik die doel van ʼn paspoort. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 2.1.8 Bestudeer die beelde van drie Olimpiese sportkodes en beantwoord die vraag wat volg. Skermkuns Boogskiet Skiet Bespreek die prosedure vir die deelnemers in die sportkodes hierbo wanneer hulle vir ʼn vlug inboek, met hul sporttoerusting/wapens wat nodig is om aan die Olimpiese Spele deel te neem. (2 x 2) (4) 2.1.9 Lede van die Suid-Afrikaanse kontingent beplan om elk 1 kg biltong in hul inboekbagasie te pak om op hul ontspanningsdae tydens die Olimpiese Spele te geniet. Adviseer hulle oor die regulasies wat die beweging van hierdie tipe produk oor internasionale grense beheer. (2) 2.1.10 Met sy terugkeer na Suid-Afrika besluit een van die atlete om 4 bottels (750 mℓ elk) Franse wyn en ʼn 100 mℓ bottel Franse parfuum as geskenke te koop. (a) Adviseer hom oor die regte kanaal om by doeane te kies met sy aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika. (2) (b) Motiveer jou antwoord in VRAAG 2.1.10 (a) genoem deur EEN rede te gee. (2) [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 13 VRAAG 3 3.1 Bestudeer die onderstaande inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mnr. Dlamini, ʼn Suid-Afrikaanse atletiek-entoesias, het vir ʼn vakansie na Parys, Frankryk tydens die 2024 Olimpiese Somerspele gespaar. Hy het verskeie reispakkette ondersoek en op die Parys 2024-kaartjie en verblyfpakket wat €4 850 kos besluit. Die pakket sluit die volgende in: • My Sportkaartjie-bundel wat 4 Olimpiese Spele-atletiekbyeenkomste insluit. • Vyf nagte by La Planque 3-Ster Hotel Inboek: 01 Augustus 2024; Uitboek: 06 Augustus 2024 • Vlieg- en treinkaartjies is NIE by hierdie pakket ingesluit NIE. Addisionele kostes: • Direkte retoervlug na Parys, Frankryk: R15 803,00 • Visumkoste: R1 671,00 • Reisversekering: R1 325,00 • Sakgeld: Eie diskresie BUITELANDSE VALUTAWISSELKOERS-TABEL Land Geldeenheid Bank- Bankverkoop- kode aankoopkoers koers Brittanje GBP 23,60 24,33 Europa EUR 20,15 20,74 3.1.1 Noem die geldeenheid wat mnr. Dlamini vir sy reis na Frankryk sal benodig. (1) 3.1.2 Bereken die koste van die Parys 2024-kaartjie en verblyfpakket in Suid-Afrikaanse rand. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.3 Bepaal die bedrag wat mnr. Dlamini sal benodig, in Suid- Afrikaanse rand, vir sy reis na die 2024 Olimpiese Spele, uitgesluit sakgeld en etes wat nie by die pakket ingesluit is nie. LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. Toon ALLE stappe van jou berekening. (3) 3.1.4 Lei af watter van die geldeenhede wat in die buitelandse valutawisselkoers-tabel hierbo genoem word, die sterker koopkrag in verhouding tot die Suid-Afrikaanse rand het. (2) [9] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C D Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 15 4.1.1 Identifiseer die ikone gemerk A tot D. (4 x 1) (4) 4.1.2 Bestudeer die profiele van die toeriste en beantwoord die vrae wat volg. Suzy Thandi Ek soek natuurlike Ek hou daarvan om bekende skoonheid en rustigheid. Ek landmerke te verken en die geniet skilderagtige land- geestelike betekenis daarvan skappe, groenigheid en te ontdek. As fotograaf is ek buite-ervarings. Om met die opgewonde om asemrowende natuur om te gaan is my panoramiese (skilderagtige) prioriteit. uitsigte vas te vang. Steve Joe Ek is passievol daaroor om Die opwinding van reis lê in historiese en kulturele verkenning en avontuur. Ek landmerke te verken. Ek voel aangetrokke tot waardeer kuns, argitektuur en uitdagende omgewings met die verhale agter ikoniese panoramiese (skilderagtige) terreine. uitsigte, historiese wonders en antieke argitektuur. Pas die profiel van elke toeris by die prente van die ikone. Skryf slegs die letter (A tot D) langs die naam van die toeris neer. (4 x 2) (8) 4.1.3 Vergelyk die geografiese liggings van die ikone gemerk A en B, deur te beklemtoon hoe hierdie liggings tot die uniekheid en noemerswaardigheid/belangrikheid van elke toeristebestemming bydra. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 4.2 Bestudeer die beelde en inligting oor die Colosseum en beantwoord die vrae wat volg. KOLOSSEUM-BESOEKERSGETALLE HOËR AS PRE-PANDEMIE SYFERS Die Colosseum vestig homself steeds as Italië se belangrikste en mees besoekte argeologiese museumterrein en word as een van die belangrikste landmerke wêreldwyd beskou. Kaartjieverkope en aantal besoekers – Junie tot Augustus 2023 • Totale kaartjies verkoop: meer as 2,2 miljoen • Toename: 16% in vergelyking met 2019 toe 1,9 miljoen kaartjies verkoop is Gemiddelde aantal daaglikse besoekers: 25 000 NUWE BESOEKERSERVARING Aan die einde van Mei 2023 het die Colosseum ʼn glashysbak onthul om die terrein meer toeganklik vir mense met mobiliteits- probleme te maak, asook om panoramiese uitsigte oor die Rome-landmerk te bied. Die nuwe hysbak verbind die eerste vlak van die amfiteater met die middelste galery tussen die tweede en derde vlakke. [Verwerk uit www.turismoroma.it] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 17 4.2.1 Noem die vasteland waar die Colosseum geleë is. (2) 4.2.2 Verskaf TWEE faktore wat tot die lang rye besoekers by die Colosseum bydra. (2 x 2) (4) 4.2.3 Verduidelik hoe die installering van ʼn glashysbak by die Colosseum besoekers se besigtigingservaring sal verryk, en tot hul algehele genot sal bydra. (2) 4.2.4 ROME-OWERHEDE PAK COLOSSEUM ROT-BESMETTING AAN Gedurende die somer van 2023 moes owerhede in Rome optree om ʼn rotprobleem rondom die Colosseum hok te slaan. Toeriste het video’s op sosiale media gelaai wat wys hoe rotte naby die antieke amfiteater rondloop. Hierdie rotte is deur hope vullis wat deur toeriste agtergelaat is gelok. Die situasie het vererger weens hittegolwe, wat daartoe gelei het dat groot hoeveelhede plastiekbottels by die monument gelaat is. Stel TWEE strategieë (aksies) voor wat owerhede kan implementeer om ʼn herhaling van so ʼn gebeurtenis naby die Colosseum in die toekoms te vermy. (2 x 2) (4) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 18 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ISIMANGALISO VLEILANDPARK- OWERHEID HET AMPTELIK DIE ENKOVUKENI GEMEENSKAPS- HULPBRONSENTRUM BEKENDGESTEL – JUNIE 2023 iSimangaliso Vleilandparkowerheid, in samewerking met die nie-winsgewende organisasie, Wild Trust through the Wild Oceansprogram en die Tembe Tradisionele Owerheid, het die eNkovukeni-gemeenskapshulpbronsentrum in Kosibaai bekendgestel. Die sentrum dien as ʼn waardevolle hulpbronsentrum, wat die gemeenskap deur verskeie inisiatiewe, insluitend oseaanbewustheid, opleiding, kleinsake-ontwikkeling, werksgeleenthede vir jeug en bewaringsaktiwiteite bevoordeel. Geleë in ʼn histories-benadeelde gemeenskap binne iSimangaliso Vleilandpark, spreek eNkovukeni uitdagings aan soos die behoefte om lang afstande vir rekenaar- en internettoegang te reis. eNkovukeni-sentrum akkommodeer alle ouderdomsgroepe, en bied ook toegang tot naaimasjiene en vaardigheidsopleiding. Die fasiliteit het ʼn positiewe impak op die gemeenskap gehad deur inkomstegenererende geleenthede en vaardigheidsopleiding te verskaf. Die tradisionele leierskapsverteenwoordiger, mnr. Vusumuzi Tembe, het vreugde oor die ontwikkeling van die sentrum uitgespreek. Me. Makhosi Mathenjwa, ʼn jong gemeenskapslid van eNkovukeni, het die sentrum se rol in die opvoeding van die jeug oor natuurbewaring en seelewe beklemtoon. [Verwerk uit www.isimangaliso.com] 5.1 Gee die naam van die provinsie waarin iSimangaliso Vleilandpark- wêrelderfenisgebied geleë is. (1) 5.2 Kies die korrekte UNESCO-klassifikasie: iSimangaliso Vleilandpark is ʼn (kulturele/gemengde/natuurlike) Wêrelderfenisgebied. (1) . 5.3 Verduidelik UNESCO se rol met betrekking tot die iSimangaliso- Vleilandpark-wêrelderfenisgebied. (2) 5.4 Bespreek in ʼn paragraaf hoe die gemeenskapshulpbronsentrum by iSimangaliso Vleilandpark die waarde van die Wêrelderfenisgebied sal verhoog (meer maak) deur: • ʼn Positiewe impak op die eNkovukeni-gemeenskap te skep. • Bewusmaking en die verskaffing van opvoeding oor bewaring. • Aanmoediging van die ontwikkeling van volhoubare toerisme. (3 x 2) (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 19 VRAAG 6 Bestudeer die uittreksel en prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SA WEN GOUD BY BERLYN (ITB BERLIN) 2023 15 Maart 2023 Die Suid-Afrikaanse uitstalling by ITB Berlyn het goud gewen, toe dit as ‘Beste Uitstaller in die Afrika-kategorie’ tydens ʼn toekenningseremonie ná die skou aangekondig is. Bydraende faktore wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse uitstalling bo uitgekom het: die verskeidenheid produkte en dienste wat by die uitstalling verteenwoordig is, sy kunstige verteenwoordiging asook ʼn hoogs toegewyde personeel wat saam met die ITB Berlyn-span in die aanloop tot die skou gewerk het. SUID-AFRIKAANSE TOERISME: ITB 2023 UITSTALLERS [Verwerk uit https://www.tourismupdate.co.za/] 6.1 Identifiseer die tipe toerismegeleentheid wat by ITB Berlyn plaasvind. (2) 6.2 Noem die kernfunksie wat Suid-Afrikaanse Toerisme verrig deur sy deelname aan ITB Berlyn. (2) 6.3 Identifiseer EEN aspek in die beeld van Suid-Afrikaanse Toerisme se uitstalling wat tot die toekenning van die ‘Beste Uitstaller in die Afrika- kategorie’ by ITB Berlyn 2023 bygedra het. (2) 6.4 Suid-Afrikaanse Toerisme is verantwoordelik om die bemarkingsaktiwiteite van rolspelers in die toerismebedryf te koördineer. Bespreek DRIE potensiële (moontlike) voordele vir die toerismebedryf besighede wat as uitstallings-vennote met Suid-Afrikaanse Toerisme by ITB Berlyn 2023 deelgeneem het. (3 x 2) (6) [12] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 20 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Bestudeer die advertensie vir personeel vir ʼn luukse toerskipmaatskappy en beantwoord die vrae wat volg. PENIKA LUUKSE BOOTRITTE Ons stel aan vir die 2025- bootvaartseisoen! Oorweeg jy om by die personeel van een van Suid-Afrika se voorste toerskipmaatskappye aan te sluit? Dien jou aanlyn aansoek in deur die skakel te gebruik: https://www.penika.cruises\jobapplication 7.1 Noem TWEE loopbaangeleenthede wat op ʼn toerskip beskikbaar is. (2) 7.2 Noem TWEE voordele en TWEE nadele van die werksomstandighede in die luukse toerskipbedryf. Die tabel hieronder sal jou help om jou antwoord te beplan. Voordele om op ʼn toerskip te Nadele van op ʼn toerskip werk werk 7.2.1 7.2.3 7.2.2 7.2.4 (8) 7.3 Bespreek, deur TWEE redes te gee, waarom dit belangrik is dat alle personeellede van Penika Luukse Bootritte te alle tye ʼn professionele beeld tydens ʼn bootvaart vertoon. (2 x 2) (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 21 VRAAG 8 Lees die uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae. Project Rhino is ʼn renoster-gefokusde vereniging wat verskeie belanghebbendes in die gesamentlike doel om wildmisdaad te bekamp te verenig. Saam met Suid-Afrika se Krugerwildtuin is wildreservate wat lid is van Project Rhino gesamentlik verantwoordelik vir die beskerming van die wêreld se grootste renosterbevolking. Die Project Rhino-program verseker dat pogings om renosterbevolkings te beskerm goed gestruktureer en beheer word. Project Rhino se vier fokusareas: • Versameling en analise van inligting Koördinering • Verkryging van befondsing en skenkings Wildbewaarder en • Toerusting vir wildbewaarders tegniese ondersteuning • Teen-stroop tegnologie • Interaksie en opvoeding van jeug en Wildlewe jeug en wildlewe-gemeenskappe leierskapsontwikkeling • Jeugkampe, Leierskapsforums, Wêreldjeug Wildleweberaad • Ondersteuning van leefstyle deur Ekonomie en werkskepping, kleinsake-ontwikkeling en ondernemingsbewaring perma-kultuur tuine 8.1 Gebruik die inligting wat gegee word om die tabel hieronder te voltooi. Teken en voltooi die tabel in jou ANTWOORDEBOEK met TWEE voorbeelde van elk van die pilare van volhoubaarheid uit die uittreksel. Pilaar van Ekonomies/ Sosiaal/Mense Omgewing/ volhoubaarheid Wins Planeet Voorbeeld 1 Voorbeeld 2 (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 22 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 8.2 Uit die uittreksel identifiseer EEN strategie wat ʼn maatskappy as deel van hul Korporatiewe Maatskaplike Beleggingsbeleid kan implementeer indien hulle tot Project Rhino wil bydra. (2) 8.3 Stel EEN werksgeleentheid voor wat onder die fokusarea: “Wildlewe jeug en leierskapsontwikkeling” geskep kan word. (2) [16] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 23 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ORKAAN OTIS VEROORSAAK KATASTROFIESE SKADE IN ACAPULCO, MEKSIKO Op 25 Oktober 2023 het Orkaan Otis deur die Meksikaanse strandoord Acapulco gesnel en groot skade aangerig toe dit die suidelike Stille Oseaan- kus met swaar reën en sterk wind getref het. Die storm het vinnig toegeneem, met windspoed wat binne 24 uur met 215 km/h toegeneem het, wat die stad se meer as een miljoen inwoners min tyd gegee het om vir die aankoms daarvan voor te berei. Die orkaan se volgehoue (voortgesette) winde het ʼn hoogtepunt van 265 km/h bereik. [Angepas uit www.nesdis.noaa.gov] 9.1.1 Voltooi die sin deur die ontbrekende woorde in te vul. Orkaan Otis kan as ʼn ... geklassifiseer word. (2) 9.1.2 Beskryf hoe Orkaan Otis die infrastruktuur van Acapulco beïnvloed het deur spesifieke voorbeelde van die skade wat aangerig is te gee. (2 x 2) (4) 9.1.3 Evalueer die ekonomiese gevolge van Orkaan Otis op die toerismesektor in Acapulco. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 24 TOERISME (EC/SEPTEMBER 2024) 9.2 Bestudeer die inligting en statistiek hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae wat volg. INTERNASIONALE TOERISTE AANKOMSTE, BESTEDING, BEDNAGTE EN LENGTE VAN VERBLYF PER PROVINSIE K3 2022 EN K3 2022 Inter- Inter- Bednagte Bednagte Lengte Lengte nasionale nasionale (miljoene) (miljoene) van van toeriste- toeriste- K3 2022 K3 2023 verblyf verblyf PROVINSIE aan- aan- (nagte) (nagte) komste komste K3 2022 K3 2023 K3 2022 K3 2023 Oos-Kaap 51 000 70 000 0,7 0,9 13,5 13,0 Vrystaat 186 000 211 000 2,2 2,4 12,2 11,6 Gauteng 606 000 954 000 6,2 12,0 10,7 13,0 KwaZulu-Natal 163 000 128 000 1,6 1,1 10,2 8,5 Limpopo 167 000 160 000 0,8 1,7 4,8 10,9 Mpumalanga 342 000 463 000 2,7 4,3 8,1 9,6 Noordwes 75 000 77 000 0,5 0,9 8,0 12,0 Noord-Kaap 30 000 28 000 0,1 0,2 4,9 9,0 Wes-Kaap 227 000 294 000 3,2 3,3 14,4 11,7 [Verwerk uit www.live.southafrica.net] 9.2.1 Verwys na die internasionale toeriste-aankomste vir K3 2022 en K3 2023. (a) Noem die TWEE provinsies wat die grootste afname in die aantal internasionale toeriste-aankomste in K3 van 2023 in vergelyking met K3 2022 aangeteken het. (2 x 1) (2) (b) Bepaal (bereken) die toename in die aantal internasionale toeriste- aankomste in Mpumalanga gedurende K3 2023 in vergelyking met K3 2022. (2) 9.2.2 Verwys na die bednagte en lengte van verblyf vir K3 2022 en K3 2023. (a) Identifiseer die provinsie wat ʼn afname in beide bednagte en lengte van verblyf gedurende K3 2023 in vergelyking met K3 2022 ervaar het. (2) (b) Die Wes- en Oos-Kaap provinsies het die langste verblyftydperke in K3 2022 aangeteken, terwyl Gauteng en die Oos-Kaap die langste verblyftydperke in K3 2023 gehad het. Stel TWEE redes voor vir die neiging van internasionale besoekers wat op langer verblyf in die Oos-Kaap besluit het. (2 x 2) (4) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) TOERISME 25 VRAAG 10 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KLIËNTEDIENS KLETSBOTTE (CHATBOTS) Kliëntedienskletsbotte is rekenaarprogramme wat menslike gesprekke kan naboots, wat outomatiese ondersteuning en hulp bied. Hierdie kletsbotte is 24/7 beskikbaar en kan baie kliëntinteraksies op dieselfde tyd bestuur. Kletsbotte, wat deur Kunsmatige Intelligensie (KI) aangedryf word, kan opgestel word om in verskeie tale te kommunikeer, wat hulle uiters nuttig maak om ʼn wye verskeidenheid kliënte te help. Boonop kan KI-aangedrewe kletsbotte kliëntedata versamel en ontleed terwyl hulle in gesprekke betrokke raak. [Aangepas uit www.talkdesk.com/blog/chatbots-customer-service/] 10.1 Identifiseer die metode wat Penika Hotel gebruik om terugvoering deur ʼn kletsbot in te samel om klanttevredenheid te bepaal. (2) 10.2 Gee EEN voordeel van die gebruik van ʼn kletsbot vir die insameling van kliënteterugvoering by Penika Hotel. (2) 10.3 Beveel TWEE strategieë aan wat die hotelbestuur in plek kan stel om die terugvoer wat die gas genaamd Jim verskaf het, aan te spreek. (2 x 2) (4) [8] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all