Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
VISUELE KUNSTE V1
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 





_hlayiso.com_--10b51459-3336-4bf8-a470-6b457fcae6d2/v1-44feb8f9cebb06ff7698/card.webp)





View all


--c3987359-3421-498d-89cc-b9c572b0281a/v1-d536c79d34ecd3ede5c1/card.webp)


Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)
Grade 11 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Visual Arts · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 3.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Daar is AGT vrae in hierdie vraestel.
2. Beantwoord VYF vrae van jou keuse.
3. Lees die vrae versigtig.
4. Antwoord in volsinne en gebruik paragrawe. MOET NIE PUNT-VIR-PUNT
skryf nie.
5. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd aan elke vraag
gewy moet word. Elke vraag behoort ongeveer 35 minute te neem.
6. Skryf netjies en leesbaar.
7. In hierdie eksamen sal van jou verwag word om die volgende te
demonstreer:
Die gebruik van korrekte terminologie
Die gebruik van visuele analise en kritiese denke
Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn geskiedkundige en kulturele
verband
Die plasing van voorbeelde binne ʼn sosiale en geskiedkundige
verband
ʼn Begrip van bepaalde kunsstyle
Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike
kunstenaars
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 3
WOORDELYS
Analise: ʼn Uitvoerige en logiese bespreking van die formele elemente (soos
lyn, kleur, toon, formaat, ens.) en komposisie van die werk, met
insigryke opmerkings oor waarom en hoe dit slaag.
Vergelyk: Wys sin vir sin die verskille en ooreenkomste uit in ʼn geordende
wyse binne dieselfde argument.
Bespreek: Bied jou sienswyse aan en verskaf redes vir jou stellings.
Verduidelik: Verklaar en verskaf redes vir jou stellings.
Interpreteer: Verskaf ʼn ingeligte opinie, ondersteun deur voorbeelde.
Vermeld: Sê direk wat jy dink – gee jou opinie sowel as ʼn verduideliking.
Evalueer: Lig die RELEVANTE positiewe, negatiewe, elemente en beginsels
van die werk uit en verskaf ʼn mate van evaluerende kommentaar
oor waarom en hoe dit slaag al dan nie, binne die breër prentjie
van kunsgeskiedenis in die algemeen, d.w.s. jy moet in staat wees
om die groter prentjie van die kunswêreld te sien, om in staat te
wees om evaluerende kommentaar te lewer.
Downloaded from hlayiso.com
4 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 1: OORSIG VAN DIE 19DE EEU
1.1 Verwys na FIGUUR 1a en 1b.
Definieer elkeen van die style van die twee werke, met ʼn rede vir elk as
verduideliking van die bepaalde style. (4)
1.2 Skryf ʼn vergelyking tussen dieselfde twee werke, met die volgende
opskrifte as gidslyne:
Onderwerpmateriaal en hoe dit tipies mag wees van hierdie eeu
Komposisionele plasings en die effek hiervan op ʼn kyker
ʼn Sosiale of politieke boodskap en hoe dit oorgedra is (6)
1.3 Verwys na FIGUUR 1c. Beskryf op watter wyses hierdie moderne werk
dieselfde of verskillende stylistiese kenmerke het teenoor die werke in
die 1800’s gedoen. (2)
1.4 Kies enige EEN kunstenaar wat jy bestudeer het van die 19de eeu, (d.w.s.
1800’s) en skryf ʼn opstel van een tot een en ʼn halwe bladsye oor EEN of
TWEE werke van hierdie kunstenaar. Skenk aandag aan benamings van
werk/e, onderwerpmateriaal en hoe dit ʼn boodskap weerspieël wat
relevant is tot die 19de eeu. Bespreek noemenswaardige kunselemente
in die werk/e, met vermelding van wat dit bydra tot die werk. Evalueer
die werk in die lig van hoe dit die gang van kuns geraak en beïnvloed het. (8)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 5
FIGUUR 1a: Jacques Louis David, FIGUUR 1b: Jean Francois Millet, Die
Napoleon kruis die St Bernardpas, Maaiers, olieverf, 1857.
olieverf, 1801.
FIGUUR 1c: Paul Emslie, Mandela, conte kryt op papier, 1987.
Downloaded from hlayiso.com
6 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 2: GEBOORTE VAN MODERNISME
2.1 Met verwysing na FIGUUR 2a as stawing, verduidelik waarom hierdie
werk van Seurat ʼn radikale breek van realisme en tradisionalisme van die
19de eeu toon. (3)
2.2 Verwys na FIGUUR 2b. Analiseer hierdie werk as ʼn Impressionistiese
stuk. Verwys na minstens DRIE skulpturele elemente, met helder
verduideliking oor hoe elkeen tot die algehele werk bydra. (6)
2.3 Verwys na FIGUUR 2c en 2d EN enige TWEE ander werke van die
Modernistiese Periode van kunsgeskiedenis. Skryf nou ʼn opstel van
TWEE bladsye waarin jy die volgende bespreek en evalueer:
Onderwerpmateriaal en die boodskappe wat hulle oordra in elk van
die vier werke
Die gebruik van kleur en lyn en hoe dit ʼn nuwe benadering tot kuns
weergee (11)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 7
FIGUUR 2a: Georges Seurat, Jong vrou FIGUUR 2b: Rodin, Burghers of Calais,
wat haarself poeier, olieverf, 1890. Brons, 1889.
FIGUUR 2c: Renoir, Die Sambrele, FIGUUR 2d: Van Gogh, Selfportret,
1884. besonderhede.
Downloaded from hlayiso.com
8 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 3: VROEË 20STE EEU
Die sosiale en politieke veranderinge in die vroeë jare van die 1900’s, het tot
die opkoms van ʼn ongekende aantal kunsbewegings en kunstenaars gelei,
almal gretig om ʼn verandering na toenemende abstraksie weer te gee, ʼn
toename in verwringing van vorm en ʼn begeerte om die lewe te reflekteer met
ʼn “nuwe waarheid”.
3.1 Verwys na FIGUUR 3a en FIGUUR 3b.
Verduidelik hoe die kwasmerke en aanwending van verf in hierdie twee
werke, die nuwe wyse van reaksie tot die wêreld reflekteer. (4)
3.2 Verwys na FIGUUR 3c. Lewer analitiese kommentaar op die
komposisionele rangskikking van hierdie werk, met duidelike aanduiding
hoe vorms en plasings ʼn boodskap weergee. (4)
3.3 Dui aan tot watter fase van Kubisme FIGUUR 3d behoort en staaf jou
antwoord deur te verwys na spesifieke aspekte in die werk. (3)
3.4 Skryf ʼn opstel van minstens een en ʼn halwe bladsye, oor TWEE of meer
werke wat jy bestudeer het in hierdie module. Jy mag FIGUUR 3e as
een van die werke gebruik, maar jy hoef nie daarna te verwys nie.
Skenk aandag aan die volgende:
Watter geskiedkundige of sosiale gebeure die werke geïnspireer het
Die ooglopende elemente van kuns in die werke en hoe dit
Modernisme reflekteer
Onderwerpmateriaal en boodskappe (9)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 9
FIGUUR 3a: Matisse, Oop Venster, FIGUUR 3b: Kirchner, Straattoneel
olieverf, 1905. Berlyn, olieverf, 1913.
FIGUUR 3c: Kandinsky, Komposisie V, FIGUUR 3d: Picasso, Meisie met
1911. Mandolien, olieverf, 1910.
FIGUUR 3e: Boccioni, Unieke vorms van kontinuïteit in ruimte, 1913.
Downloaded from hlayiso.com
10 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 4: ARGITEKTUUR
Die moderne argitek moet soveel meer doen as om mure en kamers te ontwerp.
Hy of sy moet nou argitektuur ontwerp wat die gees en behoeftes van die tyd toon
soos nooit vantevore nie.
4.1 Verwys na FIGUUR 4a en 4b. Vergelyk hierdie twee geboue in ʼn bondige
opstel. Gebruik die punte om jou met jou beplanning te help:
Vernaamste vorms en die estetiese kwaliteit daarvan
Materiale en hoe dit met die natuur inskakel of nie (5)
4.2 Verwys na FIGUUR 4c en 4d. Antonio Gaudi was ʼn innoverende argitek
vir sy tyd. Beskryf hierdie gebou en bespreek die kenmerke wat dit in sy
genre van argitektuur plaas. (4)
4.3 Verwys na FIGUUR 4e en 4f.
Kies OF 4e OF 4f en bespreek hierdie gebou in terme van die verbreking
van die bande van tradisionalisme. (4)
4.4 Kies EEN gebou wat jy bestudeer het en evalueer hierdie struktuur met
verwysing na die volgende kriteria:
Naam van gebou en die argitek
Doel van die gebou
Vername ontwerp vorme van die gebou
Materiale gebruik en hoe dit die nuwe omgewingsvriendelike neiging
in argitektuur toon (of nie) (7)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 11
FIGUUR 4a: Tom Wright, Burj al Arab FIGUUR 4b: FL Wright, Kauffmann
Hotel, Dubai, 1999. House, Pennsylvania, VSA.
FIGUUR 4c: Antonio Gaudi, Casa Battlo, FIGUUR 4d: Besonderhede van Casa
Barcelona, Spanje, 1907. Battlo.
FIGUUR 4e: Toyo Ito. Serpentyn Galery, FIGUUR 4f: Helmut Jahn, Die Diamant
Kensington Tuine, Londen, 2002. Gebou, Johannesburg, 1983.
Downloaded from hlayiso.com
12 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 5: TUSSEN DIE WÊRELDOORLOË
5.1 Verwys na FIGUUR 5a, 5b en 5c.
“Die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het baie industriële uitbreiding
gesien, baie sosiale beroeringe en tegnologiese vooruitgang. Dit was ook
die tyd van nuwe ontdekkings oor sielkunde en die individu.”
Skryf ʼn opstel met verwysing na die bogenoemde aanhaling oor kuns
tussen die oorloë. Jy moet die drie werke gebruik wat vir hierdie vraag
geïllustreer is en jy mag nie na meer as nog DRIE ander werke verwys van
jou studies van hierdie jaar nie.
Moet NIE werke van enige ander vraag op hierdie vraestel kies, as die
bogenoemde drie werke NIE. [20]
Woordelys
Sielkunde: ʼn Studie van hoe die verstand/brein werk, veral hoe die
onder-bewussyn werk. Sielkunde word deur mediese
dokters, wat verstandelik ongesteldhede behandel,
besigheidsleiers wat hul werkers moet verstaan en wat hulle
gelukkig maak, en enige iemand wat sy medemens wil
verstaan.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 13
FIGUUR 5a: Jean Miro, Harlekyn se Karnival.
FIGUUR 5b: Rene Magritte. Die Dreigende Sluipmoordenaar.
FIGUUR 5c: Alexis Preller, Simbole op ʼn Strand, olieverf, 1952.
Downloaded from hlayiso.com
14 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 6: OORSIG VAN POST-1946
6.1 Skryf ʼn oorsig deur in besonderhede te verwys na enige drie of meer
van die geïllustreerde werke vir VRAAG 6, oor hoe kuns verander het
na die Tweede Wêreldoorlog. Skenk aandag aan die volgende:
Nuwe bewegings en wat aanleiding gegee het tot die opkoms van
hierdie bewegings
Die stylkenmerke van minstens drie nuwe rigtings in kuns van
post-1946
Kommentaar oor hoe die algemene onderwerpmateriaal nuwe
rigtings ingeslaan het en die boodskappe hiervan oor die wêreld in
die tyd. (12)
6.2 Kies EEN werk wat volgens jou mening ʼn dapper en moderne weergawe
van die wêreld van die post-1946 era weerspieël. (Moet NIE ʼn werk kies
op hierdie vraestel NIE.) Analiseer en evalueer hierdie werk. Verwys na
kunselemente, styl, materiaal gebruik en die geïmpliseerde betekenis van
die werk. (8)
[20]
Woordelys:
Oorsig: ʼn Getabelleerde (getelde) of woordstudie of seleksie van
menings oor ʼn onderwerp, of ʼn breë, veralgemeende
versameling feite of idees. Die regering doen byvoorbeeld ʼn
oorsig om uit te vind hoeveel seuns of meisies daar in enige
enkele ouderdomsgroep is, sodat hulle die groter prentjie kan
hê van die bevolking. ʼn Oorsigtelike opstel gaan nie diep in
besonderhede in nie. Dit verwys na kuns en kunstenaars in
die breë opset, om die groot oorhoofse prentjie weer te gee.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 15
FIGUUR 6a: Jackson Pollock, Blue Poles, FIGUUR 6b: James Rosenquist, F111,
1952. 1965.
FIGUUR 6c. V. Vaserely, Vega Nor, FIGUUR 6d: Chuck Close, Linda, 1976.
olieverf op doek, 1969.
FIGUUR 6e: Johann Louw. Donker Profiel
Regs, olieverf, 2002.
Downloaded from hlayiso.com
16 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 7: NUWE MEDIA
7.1 Verwys na FIGUUR 7a en 7c. Lewer analitiese kommentaar oor die
kunstenaars se gebruik van media en die omgewing in hierdie twee
kunswerke. Sluit af deur aan te dui wat jy dink die boodskappe is. (6)
7.2 Die werk van Kendall Geers in FIGUUR 7b toon ʼn skakel met die Dada
beweging. Definieer wat jy sien as die skakel met Dada in FIGUUR 7b, en
bespreek die betekenis van hierdie werk in ʼn globale wêreld van die laaste
paar dekades. (3)
7.3 Kies enige TWEE werke wat jy bestudeer het in die afdeling van nuwe
media en vergelyk die werke, aan die hand van die volgende kriteria:
Hoe die titels die kyker ondersteun, of mislei in die begrip van die werk
Keuses van media en die effek hiervan op die betekenisse van die
werke
Hoe kleur en patroon/of tekstuur ʼn rol speel in die harmonie van die
werk (11)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 17
FIGUUR 7a: Arman, Langtermyn FIGUUR 7b: Kendall Geers, Bloedige
Parkering, 1982. Hel, 1990.
FIGUUR 7c: Strydom van der Merwe, Eike in Dorpstraat, Stellenbosch. 30 dae in
Julie, 2008.
Downloaded from hlayiso.com
18 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 8: DIE KUNSWÊRELD
8.1 Die eerste vier werke wat in hierdie vraag vertoon word, is deur Suid-
Afrikaanse kunstenaars. Bespreek en analiseer in ʼn opstel van nie langer
as een en ʼn halwe bladsye nie, hierdie werke van FIGUUR 8a, b, c
en d en besin oor Suid-Afrika se sterk en swak punte. Skenk aandag aan
kunselemente, style, onderwerpmateriaal en media. (10)
8.2 Verwys na FIGUUR 8e. Lewer kommentaar oor hoe hierdie werk deur
Hirst die kunswêreld van vandag weerspieël. Jy mag verwysings na
kunsmarkte, keuse van materiaal en kostes insluit. (3)
8.3 Kies EEN werk deur enige kunstenaar wat jy bestudeer het en skryf ʼn
bondige paragraaf oor die onderwerpmateriaal, komposisie en betekenis
van hierdie werk. (7)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) VISUELE KUNSTE V1 19
FIGUUR 8a: William Kentridge, Toneel FIGUUR 8b: Kentridge, Tekening vir “II
van Felix Reeks, Circa 2000. Sole,” Datum onbekend.
FIGUUR 8c: Brett Murray, I love Africa, FIGUUR 8d: Faith 47, Muurskildering in
Datum onbekend. Blikkiesdorp, 2009.
FIGUUR 8e: Damian Hirst, Goue Kalf, 2008/9.
TOTAAL: 100
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Question Paper
Related documents
_hlayiso.com_--10b51459-3336-4bf8-a470-6b457fcae6d2/v1-44feb8f9cebb06ff7698/card.webp)
Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 Question Paper

Memorandum
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo

Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2013 Memo

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Question Paper
More from Grade 11 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 11 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Memo

Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Memo
--c3987359-3421-498d-89cc-b9c572b0281a/v1-d536c79d34ecd3ede5c1/card.webp)
Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Visual Arts Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum