Skip to content
Memorandum

Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Grade 11 Visual Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Visual ArtsGrade 11201821 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 VISUELE KUNSTE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word:  Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee.  Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.  Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte (‘Bullets’) dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoord te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. 6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS  Hierdie nasienriglyne moet as ʼn riglyn vir nasieners en ʼn onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs ʼn voorgestelde gids wees.  LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.  Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op ʼn holistiese wyse bespreek.  Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 3 RIGLYNE: Daar word van die KANDIDAAT verwag om die volgende te demonstreer:  Enige VYF vrae te beantwoord vir ʼn totaal van 100 punte.  Vrae en onder-afdelings duidelik en korrek te nommer.  Inligting reeds in een vraag bespreek, nie te herhaal nie. Indien herhaal, sal punte slegs die eerste maal toegeken word. Kruisverwysings na kunswerke is toelaatbaar.  Antwoorde sal in volsinne en paragrawe wees, volgens die instruksies vir elke vraag. INLIGTING IN KOLPUNTVORM SAL SLEGS MINIMALE PUNTE VERDIEN.  Die gebruik van korrekte kunsterminologie.  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn historiese en kulturele konteks.  Plasing van spesifieke voorbeelde binne ʼn kulturele, sosiale en historiese konteks.  Insig rakende kenmerke/besondere kreatiewe styl.  Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars. Daar word van die NASIENER verwag om die volgende te demonstreer:  Aanvaarding van bewese beredenering binne die konteks van die vraag.  Om inligting in gedagte te hou wat reeds boaan sommige vrae verskaf is.  Om na te sien volgens die riglyne hierbo wat aan die kandidate verskaf is.  Om te herken dat hierdie memorandum dien as ʼn riglyn vir nasieners sowel as onderrigwerktuig. Om dié rede is die inligting vir sommige antwoorde in meer diepte en inligting rakende ander antwoorde mag blote aanbevole riglyne wees.  Om leerders eerder te beloon vir wat hulle weet, as om hul in diskrediet te plaas vir wat hulle nie weet nie.  Om na die Visuele Kunste SAG dokument raamwerk (bladsy 24) te verwys, as riglyne om vlakke van prestasie te assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES  KODE 7  Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul Uitstekend kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 80–100% kommentaar te lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6  Demonstreer ʼn goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met Verdienstelik hul kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70–79% kommentaar te lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip. 5  Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul Substansieel kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 60–69% kommentaar te lewer.  Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn goeie vlak van insig en begrip. 4  Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Gemiddeld kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 50–59% kommentaar te lewer.  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn redelik goeie vlak van insig en begrip. 3  Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul Bevredigend kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 40–49% kommentaar te lewer.  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn bevredigende vlak van insig en begrip. 2  Demonstreer slegs ʼn basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30–39% kommentaar te lewer.  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn elementêre vlak van insig en begrip. 1  Demonstreer ʼn geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met Nie behaal nie hul kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0–29% kommentaar te lewer.  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 5 VRAAG 1: OORSIG VAN DIE 19DE EEU Terwyl Romantikus kunstenaars individualiteit, verbeelding, emosies en selfuitdrukking gevier het, het Realiste gestreef na die uitbeelding van die waarheid en akkuraatheid van die alledaagse werklikheid met spesifieke klem op die lot van die armes. 1.1 Bestudeer FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy waarin jy die geldigheid van bogenoemde stelling bewys deur beide kunswerke te bespreek ten opsigte van die volgende, waar dit van toepassing is:  Onderwerp  Kleurgebruik en komposisie  Verbeelding en individualiteit of die alledaagse realiteit  Boodskap en betekenis FIGUUR 1a - Leeujag Die hele werk toon ʼn leeujagtoneel in Marokko en het dus ʼn eksotiese onderwerp. De la Croix het nie die toneel self besigtig nie, maar het die idee van Peter Paul Rubens se werk geneem en saam met die studie van diere het hy ʼn verbeeldingryke komposisie ontwikkel. Met die eerste oogopslag van hierdie skildery word die kyker se oë getrek na die sterk kleurgebruik. Agt jagters, geklee in helderrooi mantels en wit baadjies, met tulbande op hul koppe, is eweredig in die skildery versprei en is betrokke in ʼn gewelddadige stryd met twee leeus. Vêr van die geweld wat in die voogrond aan die gang is, strek ʼn dorre strand en golwende koue see in die verte met ʼn stormagtige lug in die agtergrond. Die hele komposisie is gevul met melodrama, emosionele intensiteit (soos gekenmerk deur uitdrukkings), aggressie, sterk gebruik van warm kleur en dol beweging. Die jagters en leeus is in helder kleure geverf, maar die somber agtergrond lyk verwyderd van hierdie lewendige kleure. Die stormagtige lug is gevul met dreigende donker wolke wat wild oor die vriesende see waai: die hele landskap dra ʼn gevoel van depressie. Dit is minder ʼn ‘jag’ – ʼn woord wat die superieur mag van die mens te duidelik aanroep – as wat dit ʼn stryd is. Inderdaad, ons het hier ʼn gewelddadige geveg tussen mense en diere, met die ruiters wat uit hul sale geslinger word, die perde aan sterf, en die hele tragedie rondom ʼn stryd om die dood, in al sy woede en onstuimige dinamika.” FIGUUR 1b Millet se volwasse werke in Realisme was gewy aan genre skilderye van arm boere wat in landelike areas werk. In Rus na werk lê ʼn paar arm boere (waarskynlik ʼn egpaar), vuil en uitgeput van hul arbeid, uitgestrek op die oorskot koringare onder ʼn groot hoop graan wat hulle pas geoes het. Hul gesigte is verborge, wat ʼn soort homogene anonimiteit voorstel eerder as om individualiteit te beklemtoon. Hul anonimiteit laat hulle toe om al die armoedige boere van Frankryk te verteenwoordig. Die feit dat die man se deurgeloopde skoene langs die twee sekels geplaas word, dui daarop dat hy hulle moes uittrek om van die pyn van brandende voete ontslae te raak voordat hulle ʼn middagslapie kon vat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) Die vrou het skaars energie om haar skoene te verwyder; sy lyk asof sy net inmekaar gesak het en aan die slaap geraak het. Die armoede van die twee is duidelik in hul ruwe, eenvoudige klere. Hulle verslete klere en hulle slaappostuur getuig van ʼn lewe van harde arbeid. Millet gebruik ʼn aantal strategieë in sy skildery om sy simpatieke boodskap van die egpaar oor te dra. Hy verf die man se gekleurde broek in tinte van blou en bruin en die vrou se kopdoek ʼn warm bruin wat die paartjie maklik as die fokuspunt van die skildery stel. Soos met baie ander skilderye in sy oeuvre, bestaan sy palet uit eenvoudige variasies van grondbruine, baie daarvan verdun. Millet se gebruik van atmosferiese perspektief maak die agtergrond kleure ligter en meer verdun as die voorgrond. Vanaf die paartjie strek die kyker se oog na die uitgestrekte land aan die regterkant waar twee ander hope graan regstaan om vervoer te word (soos voorgestel deur die perdekar). Hierdie twee skakel in met die hoop in die voorgrond om die grootheid van die taak voor te stel wat die paartjie voltooi het en tot hul uitputting gelei het. Die wanbalans in komposisie getuig van die oorvloed wat die adel moes geniet ten koste van swaarkry en armoede van die boere. Die verhouding van die maksimum punt tot die minimum vir enige werk tot die ander is 6 : 4. Totale punt: 10. (10) Suid-Afrikaanse kuns wat gekoppel is aan die Romantiek en Realisme bewegings weerspieël nie altyd al die eienskappe van hierdie bewegings nie, maar kan in sommige gevalle eerder voorstellings van beide in een kunswerk weerspieël. 1.2 Bestudeer FIGUUR 1c en skryf ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy eienskappe van die werk wat dit met die Romantiek en Realisme bewegings verbind identifiseer en bespreek. Julian Motau se Feesviering het kenmerke van Realisme in die sin dat die onderwerp ʼn realiteit uitbeeld wat gekenmerk word deur townshiplewe waar jong mense passievol uitgebeeld word soos hulle dans op gewilde musiek. Motau se individuele kreatiwiteit word uitgedruk in die manier waarop hy die natuurlike postuur en gesigsuitdrukking van die figure uitdruk om die opgewekte atmosfeer te skep. In ware Romantiese styl, is Motau se komposisie gegrond op dramatiese diagonal lyne geskep deur die mense se liggame wat die drama en beweging beklemtoon. Alhoewel die komposisie asimmetries gebalanseer is, staan die dinamiese vloei van lyne hierdie balans teen om gedeelde vreugde te weerspieël. Dit word aangevul deur die oorheersing van warm oranjes en bruine om geluk te weerspieël. Drie figure in die voorgrond (die man wat in blou geklee is en die vroue in oranje aan beide kante) dien as die fokuspunt voordat die oog wegdryf na die wasige vorms in die agtergrond wat ʼn atmosfeer skep van ʼn stampvol ruimte tipies van township lewe. Alhoewel die werk Realisties in die onderwerp is, is dit meer ekspressief onderworpe aan die Romantiese styl. (Aanvaar enige ander gemotiveerde bespreking.) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 7 1.3 Dink terug aan EEN kunswerk deur ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar wat jy bestudeer het wat kenmerke beliggaam wat aan enige 19 de-eeuse kunsbeweging gekoppel is, en skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn bladsy) waarin jy die werk in terme van sy kenmerke evalueer. Sluit die volgende in jou evaluering in:  Naam van kunstenaar en titel van die kunswerk  Onderwerp  Kenmerke van die kunswerk  Kunsbeweging waaraan die kunswerk gekoppel kan word  Moontlike interpretasies van die werk (5) [20] VRAAG 2: DIE GEBOORTE VAN MODERNISME Toe keiser Napoleon III opdrag gegee het vir ʼn spesiale uitstalling bekend as Salon des Refuse (‘Salon van die afgekeurde’), het Impressionisme toeganklik geword vir kunstenaars van alle artistieke agtergronde, insluitend vroue, wie se rolle meestal voorgeskryf en beperk was tot eggenote en moeders. 2.1 Bestudeer FIGUUR 2a. Beskou en bespreek die eienskappe van die werk wat dit ʼn ware Impresssionistiese skildery maak. Impressioniste het alledaagse tonele geverf en Mary Cassatt was een van hulle wat dikwels beelde van die sosiale en privaat lewens van vroue en kinders met geloofwaardigheid uitgebeeld het. Besondere klem is geplaas op die intieme bande tussen moeders en kinders. Daar word geglo dat Mary Cassatt waarskynlik hierdie kunswerk geskep het by haar huisie op die platteland. Die skildery is ʼn in die buitelug geskilder en beeld ʼn vrou uit wat met ʼn jong kind stilweg op ʼn dam dryf - moontlik die klein dam op die eiendom van haar huisie. Soos in haar werk, Die Geboorte, plaas Cassatt haar kyker skuins bokant die toneel om ʼn agtergrond met donker toonwaardes te skep waaraan sy figure plaas wat helder geklee en belig is met die doel om die vlietende effek van tyd en die somerlig op hul vel en klere vas te lê. Die resultaat is ʼn perskleurige vel en roomwit klere met ligte pers skadu's vir voue. Die blou, rooi, oranje en groen kwashale op die golwende water lyk asof hulle langs mekaar geplaas is sodat optiese kleurvermenging op ʼn afstand sal plaasvind, vandaar die glinsterende helderheid van die skildery se opppervlak. Die gebroke, kleurvolle kwashale, asook die swem van die klein eend na die boot, bring ʼn soort beweging na die toneel wat die kyker se oog terug na die leunende vrou en haar kind lei. Die figure is ook boeiend. Hul nabyheid stel ʼn toegewyde verhouding voor wat ʼn warm emosionele gevoel by die toeskouer ontlok. Die verskillende lewendige kleure skep verskeie refleksies op die water wat die persepsie van diepte beklemtoon. Alhoewel dit klaar is, word die werk uit die perspektief van die Westerse tradisie van naturalisme as onvoltooid beskou. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 2.2 Rodin se beeldhouwerk (FIGUUR 2b) toon ʼn wegbreek van die eienskappe van tradisionele beeldhouwerk. Beskryf en bespreek kortliks die verskillende aspekte van die werk wat avant-garde tendense openbaar. Rodin se vroeë beeldhouwerk toon invloede van en respek vir beeldhoukuns- tradisies. Met die verloop van tyd het Rodin egter van baie van die verwysings na klassieke mitelogie wat nog in die laat 19de eeu aan akademiese beeldhoukuns geheg was, wegbeweeg en eerder nuwe klem geplaas op die waardigheid van eenvoudige menslike oomblikke. Een so kalm oomblik is Die Gehuil. Wat ʼn pragtige opregte uitdrukkinglose borsbeeld van ʼn godin moes wees, vervang Rodin met ʼn gewone huilende vrou wat opkyk na iemand om simpatie te soek. Die gesigsuitdrukking is ʼn lelike huil om onophoudelike pyn aan te dui. Die vel is vervalle. Die borste is afgeplat op die bors, die armstompe skud in woede om die huil te regverdig. Rodin het dit behaal deur die gepoleerde geïdealiseerde benadering van die akademiese beeldhoukuns te laat vaar en eerder ʼn growwe, meer onvoltooide oppervlak geskep wat passie, rusteloosheid en beweging uitdruk om moderniteit voor te stel. (4) 2.3 Net soos die Impressioniste het George Pemba ook die plekke en mense in sy onmiddellike omgewing geverf. Bespreek en evalueer in minstens ʼn ½ bladsy sy werk, “Gelvandale” (FIGUUR 2c), in hierdie verband. In Gelvandale gee Pemba ons ʼn beeld van die stad wat stadig in die sonnige oggendure deur swart inkopiegangers gevul word. Pemba het hierdie stedelike landskap bespied vanaf ʼn wye, droë, rotsagtige sypaadjie links van die hoofstraat. Anders as in New Brighton, Port Elizabeth, stel sy posisie ʼn passiewe waarnemer voor wat afgesonder is van die gemeenskap wat hy verteenwoordig. Sy posisie doen egter nie afbreuk aan sy gebruik van lineêre perspektief wat deur ou huise aan weerskante van die pad voorgestel word nie. Die styl en ouderdom van argitektuur tesame met die vryheid waarmee die swartmense rondbeweeg, dui daarop dat dit ʼn dorp vir blankes was, maar later aan die swartmense van die omliggende gemeenskap oorgelaat is. Alhoewel die geboue oud word, lyk die straat en sypaadjies relatief netjies met elektriese ligpale wat in die verte strek en buite die oog verdwyn aan die einde van die straat. Aan die regterkant praat ʼn vrou met ʼn man oor iets in die middel van die straat. In die verte is daar ander kopers wat hul daaglikse take doen. Pemba se skilderstyl herinner aan Impressionisme; die skildery is ʼn buitelug skildery waarin ʼn sterk gebruik van lig is en die onderwerp verband hou met vlietige oomblikke. Hy gebruik impasto verf, vandaar die lewendige kwashale op die straatoppervlak asook die gebroke, gesturale kwashale op die sypaadjies en die mure van die geboue. Sy klem op lig demp die kleur tot koel gele en bloue om die stemming te skep. Alle vorms het ʼn gevoel van soliditeit as gevolg van Pemba se skilderstyl. Die verband met Impressionisme kan in gesien word in hoe Pemba in sy skilderye dit wat hy gesien en ervaar het, opgesom het. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 9 2.4 Kies EEN Post-Impressionistiese kunswerk wat jy bestudeer het en bespreek maniere waarop die werk pogings weerspieël om Impressionisme as die voorste avant-garde-beweging van die laat 19de eeu te vervang. Sluit die volgende in jou bespreking in:  Naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk  Onderwerp en tema  Gebruik van kunselemente, tegnieke en komposisionele middels  Wyse waarop die werk avant-garde tendense weerspieël (5) [20] VRAAG 3: VROEË 20ste EEU Ekspressionisme is ʼn neiging van die kunstenaar om sy/haar eie emosionele reaksie uit te beeld in ʼn hoogs individuele styl waar vrye verwringing van vorm en kleur plaasvind. 3.1 Skryf ʼn opstel van ongeveer ʼn bladsy waarin jy wyses bespreek waarop die kunstenaars van FIGUUR 3a en 3b onderskeidelik ekspressionisme gebruik om verskillende geïndividualiseerde style voor te stel. FIGUUR 3a: FIGUUR 3a. Andre Derain was ’n lid van die Fauviste-groep wat gewild geword het vir hulle bevryding van kleur vanaf die tradisionele beskrywende en naturalistiese rolle, na die sterk gebruik daarvan om emosies uit te druk. Soos duidelik in Figuur 3a, is die kleur sterker as die kleur in vorige bewegings. Andre Derain het Charing Cross-brug geverf gedurende sy kortstondige verblyf in London, Engeland, in 1906. Die skildery beeld ’n toneel uit van die suidelike oewers van die Thamesrivier, soos wat die kunstenaar dit gesien het terwyl hy op die kaai naby Lions Brouery gestaan het. Die werk toon motors en fietsryers wat ’n wye draai vat teen ’n opwindende spoed, op ’n hoofpad wat na die brug lei. Kleur, die belangrikste element van ekpressionisme, word vereenvoudig amper tot ’n reinheid wat dit ’n kinderlike kwaliteit wat vorm ontken maar wat lig en diepte uitbeeld. Groot plat areas van lewendig, intens, gekontrasterende kleure wat verskeie aspekte verteenwoordig word langs mekaar geplaas in beide die voor- en agtergrond. Groen vir die hoofpad, rooi vir die bome en sypaadjie, geel vir die water, blou geboue in die agtergrond; geel en rooi vir die hemel. Op hierdie manier word kleur heel dekoratief gebruik. Kort, kapperige kwashale is gebruik om aan die platter areas lewe te verleen terwyl die blou geboue in ’n gladde, sagte kleur geverf is. FIGUUR 3b: Die Jagtog was ʼn produk van Irma Stern se reis na Swaziland gedurende die 1920’s. Dit lyk asof ʼn groep jagters hulleself vir ʼn jag voorberei. Binne die groep mense is daar drie honde, ʼn naakte kind, ʼn ou mens en die jagters wat hul spiese en skilde vashou. Hierdie figure oorvleuel mekaar en skep ʼn prentruimte deur ʼn voorgrond, middelgrond en agtergrond te skep, amper asof die toneel vorentoe val. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) Lyn is dikwels dik in sy definisie van vorm en word donker en vining aangewend dwarsdeur die skildery. ʼn Sterk gebruik van skerp en hoekige lyne is gebruik om hul gesigsfunksies en die omliggende plante te vereenvoudig en te stilleer. Dun lyne is op die honde gebruik om hul ligtheid en behendigheid uit te druk, terwyl die teendeel dikwels vir die mense waar is. Ligter en helderder kleur is ook op die diere gebruik om die duisternis en swaarkry van die mense te kontrasteer. Kleur is hoogs ekspressief, versadig en suur, soortgelyk aan die werke wat deur die Duitse Ekspressioniste geskep is. Mense is rooibruin geverf en word gekomplimenteer deur suur, geelgroen wat die welige gevoel voorstel. Stern gebruik distorsie/misvorming op die individue se gesigte, ledemate en posture om die soort perfeksie wat deur die Westerse Wêreld verwag word, te ontken. Tog, deur dit te doen identifiseer sy met hul eenvoud, suiwerheid, onskuld en spiritualiteit, wat hulle adellikheid in hul barbaarsheid gee. Stern was op soek na ʼn alternatief vir die Europese ‘beskawing’ in wat ander as donkerste Afrika beskou. Sy het ekspressiewe kwashale, dik verf en helder kleure gebruik om haar geïdealiseerde beskouing van die wêreld te wys. (5) Die verhouding van die maksimum punt tot die minimum vir enige werk tot die ander is 6 : 4 Totale punt 10 (10) 3.2 Beskou jy Kubisme as ʼn vorm van ekspressionisme? Skryf ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn halwe bladsy) waarin jy die vraag debatteer deur die kenmerke van Kubisme met dié van ekspressionisme te vergelyk. Verwys na FIGUUR 3c en enige ander werk (wat nie in hierdie vraestel verskyn nie) om jou idees te staaf. Die term Kubisme is die eerste keer deur die kritikus Vauxcelles gebruik vir die geometries voorgestelde vereenvoudigings van Braque se L'Estaque landskappe. Picasso se Ambroise Vollard word beskou as die beliggaming van die “analitiese” fase van Kubisme. Die sitter is uit verskillende hoeke uitgebeeld en vertoon dus gefragmenteer in ʼn kristallyne struktuur van inmekaargeweefte vlakke. Kleur verskeidenheid en tekstuur word opgeoffer in Kubisme en perspektiefeffekte word vervang deur ʼn vlak, dubbelsinnige gevoel van ruimte. Kubisme se doel is nie volledige abstraksie nie; maar eerder ʼn nuwe soort realisme, een wat ʼn balans gesoek het tussen die uitbeelding van die werklikheid en die outonomie van die skildery as ʼn fisiese voorwerp. Net soos Kubisme, was ekspressionisme ʼn reaksie op Realisme, maar eerder as om voorwerpe te verminder tot hulle meetkundige kenmerke, word ekspressionisme gekenmerk deur subjektiewe spanning op verhoogde emosies en die kunstenaar se innerlike visie. Die term is vir die eerste keer gebruik om ʼn uitstalling van Fauve en vroeë Kubistiese skilderye tydens die Berline Sezessie te beskryf. As ʼn teenreaksie op Realisme en naturalisme van die laat 19de eeu het ekspressioniste aangedring op emosionele reaksie van hulle onderwerpe, waaruit hulle die konsep ontwikkel het dat ware artistieke vorm uit die innerlike kom. Artistieke vorm kan nooit deur tradisie of konvensie aan bande gelê word nie. (6) 3.3 Futurisme het die toekoms beskou as ʼn glorieryke era wat moontlik gemaak is deur die telefoon, elektrisiteit, die motor, die trein en later die vliegtuig. Futurisme het ook die oorlog verheerlik ten gunste van Fascisme. Deur na die informasie hierbo te verwys, skryf ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy waarin jy die visuele bron in FIGUUR 3d analiseer en bespreek om te wys hoe Futuristiese doelwitte in die werk verteenwoordig word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 11 Die Futuriste se manifes wat deur Fillippo Tommaso Marinetti gepubliseer is, bevat die doelwitte van Futurisme. Sy doel met die manifes was om Italië in lyn te bring met die moderne lewe wat gekenmerk word deur nuwe uitvindings. Basies moes alle bande met die verlede gebreek word om plek te maak vir moderne tegnologie soos beliggaam in motors, treine, telefone en vliegtuie. Futurisme was vír oorlog, manlikheid en spoed. FIGUUR 3d verteenwoordig ʼn gepantserde trein in volle versnelling met vegtende soldate in aksie; Vyf gesiglose figure sit gehurk in ʼn gemotoriseerde lokomotiefmotor, met hul gewere in eenheid na buite gerig. Rook van die gewere en kanon verduister die natuurlike landskap. Terwyl die Kubistiese styl tesame met die militêre groen en blou kleur die gevoel van manlikheid in die oorlog versterk, verteenwoordig die trein en die gewere spoed, tegnologie en krag wat almal moderniteit verteenwoordig. (4) [20] VRAAG 4: ARGITEKTUUR Wright se argitektuurfilosofie kom aanvanklik uit sy huishoudelike argitektuur. Hy het die tradisionele huishoudelike plan omskep in sy sogenaamde “Prairie Houses”. 4.1 Herroep jou kennis oor Wright se huishoudelike argitektuur en met verwysing na FIGUUR 4a, skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy die estetiese kenmerke beskryf wat deur Wright ingestel is wat huishoudelike argitektuur revolusioneer het. Waar van toepassing, toon hoe dit met die funksie verband hou. Die tipiese huis aan die einde van die 19de eeu was soos ʼn boks verdeel in kleiner bokse, naamlik kamers. Die kamers was donker en gewoonlik verbind deur ʼn lang gang. Wright se huishoudelike argitektuur het dit verander na sy sogenaamde ‘Prairie Houses’. Die Darwin Martin Huis, wat een van hulle is, herhaal die Robbie House-ontwerp wat hy in die plat landskap van Midde- Amerika gebruik het. Die huis is lank en laag met ʼn asimmetriese ontwerp om in te pas by die plat landskap van Buffalo in New York. Die komposisie word beskou as die belangrikste verhouding tussen landskap, interieurontwerp en argitektuur. Eenheid word geopenbaar in elke aspek van die ontwerp; die reglynigheid van die eenhede wat die huis se T-vormige plan vorm, word versterk deur die meetkunde van sy loodglasvensters en op maat gemaakte meubels. Deur die herhaling van die horisontale lyne ontstaan daar harmonie tussen die struktuur en die landskap. Die kamer-eenhede van die huis word onder lae dakke beskerm. Elke groot horisontale dak strek van die kern van die gebou uit tot by die vensterlyn en vorm ʼn diep vrydraende oorhang wat die oog die verte inlei. Die interieur vloei ook na buite deur die terrasse. Die huis word een van veranderbare ruimte en is nie ʼn boksruimte nie. Soos die meeste Prairie-huise, het die Darwin Martin Huis ʼn sentrale kern wat hoër is en agtertoe verleng word deur ʼn lang ry vensters. As deel van sy filosofie van organiese argitektuur het Wright sover moontlik gebruik gemaak van plaaslike materiale. Familie-eenheid word bevorder deur die oopplanontwerp van die interieur. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 4.2 Deur die fatsoen en ontwerpskenmerke met ʼn spesifieke styl in verband te bring, skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy die argitektuurstyl soos voorgestel in FIGUUR 4b defineer. FIGUUR 4b behoort aan die Dekonstruktivistiese styl van argitektuur. Dekonstruktivistiese argitekte wou argitektuur vrystel van die beperkende ‘reëls’ van die modernisme soos ‘vorm volg funksie’, suiwerheid van vorm en getrouheid aan materiale. Dekonstruktivisme is ʼn postmoderne argitektoniese styl wat gekenmerk word deur die idee van fragmentasie en die manipulasie van ʼn struktuur se oppervlak. Geboue wat die styl aanneem, word dikwels gevorm deur komponente wat op ʼn nuwe en onortodokse manier geskei en weer saamgevoeg is, wat die indruk gee van ʼn chaotiese ontwerp sonder presiese logika. Soos ander Dekonstruktivistiese geboue, lyk dit of UFA Cinema Centre geen visuele logika het nie. Die dominansie van die regtehoek en die kubus word vernietig deur die oorbeklemtoonde skuinsvlak en die ‘opsny’ van die ruimte. Die grondvlak (beide voor en agter) toon ʼn onlogiese botsing tussen roosters, ruimtes en volumes om die teaterkompleks teenstrydig te maak. Die gebou verwerp die idee van ‘perfekte vorm’ vir teaterprestasies. Die struktuur is ʼn gravitasionele vrye spel van ontwerp en maak daardeur sy argitektoniese vorm pure kuns. (6) 4.3 Kies EEN gewilde Suid-Afrikaanse gebou wat jy bestudeer het en skryf ʼn opstel (¾ van ʼn bladsy) waarin jy die innoverende kwaliteite van die gebou analiseer en evalueer aan die hand van die volgende kriteria:  Naam van gebou en argitek  Funksie van die gebou  Styl waaronder die gebou geklassifiseer moet word  Hoof ontwerpskenmerke van die gebou  Materiale gebruik en hoe dié gebruik word om die estetiese eienskappe van die gebou te verhoog (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 13 VRAAG 5: TUSSEN DIE WÊRELDOORLOË Dada was ʼn gemoedstoestand. Hulle wou die spot dryf en skok. Dit was ʼn protesbeweging teen die goeie smaak en morele waardes van die middelklas. Hierdie negatiewe beweging wou alle tradisies in kuns vernietig. 5.1 Bestudeer FIGUUR 5a en 5b. Met die bostaande informasie in gedagte, skryf ʼn opstel (ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy beskryf en verduidelik hoe kunstenaars se prosesse en die kenmerke van die voltooide werke ʼn negatiewe beweging toon wat daarop gemik is om alle tradisies in kuns te vernietig. FIGUUR 5a is een van Kurt Schwitters se collage Merz-prente (van ʼn briefhoof van KomMERZbank), geskep in collage media, om te bewys dat kunswerke uit rommel geskep kan word. Hy het afvalprodukte soos metaalnet, koerantuitknipsels, kartonstukke en ander afval gebruik om die collage te skep. Tenspyte daarvan dat hy die stukke opgetel het, het Schwitterst dit noukeurig saamgestel en dit met gom en spykers op ʼn geverfde bord aangebring om hierdie collage te maak. Hy het dan kleur deur die tradisionele toepassing daarvan op die collage aangewend Schwitters is as skilder opgelei, maar toe die Eerste Wêreldoorlog tot ʼn einde gekom het, het hy collage as sy voorkeurproses aangeneem en gesê: "Alles het in elk geval gebreek en nuwe dinge moet uit fragmente gemaak word.” Met sy Merz-projek het hy beoog om “konneksies te skep, verkieslik tussen alles in hierdie wêreld” Maksimum 3 punte FIGUUR 5b Arp het tydens die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem aan die Dada-beweging in Zürich. Hy het collages soos hierdie een geskep, wat toeval bo artistieke intensie ag. Hierdie werk bestaan uit fragmente van gekleurde papier wat in ʼn ewekansige konfigurasie of onbepaalde patroon gerangskik is. Die vierkante wat hierdie collage vorm, is van velle gekleurde papier geskeur. Deur die gebruik van sy hande om die papier te skeur – in plaas van ʼn meer akkurate instrument soos ʼn sker – het die kunstenaar ʼn verhoogde vlak van beheer prysgegee om eerder die oneweredige kontoere van die vierkante te beklemtoon. In sy doelbewuste irrasionaliteit het hy die kreatiewe siel bevry en die gebruik van toeval bekend gestel. Die gebruik van toeval lei tot spontaneïteit wat op ʼn manier logika en rede ontken en ʼn bespotting maak van hierdie hooggeagte eienskappe van tradisionele kuns. Maksimum 3 punte (6) 5.2 Evalueer die werke (FIGUUR 5a en 5b) vanuit ʼn estetiese oogpunt. Watter werk reflekteer ʼn hoër estetiese aantrekkingskrag? Regverdig jou keuse. Oop-vraag. Van die aspekte wat oorweeg moet word as FIGUUR 5a gekies is:  Die skeurproses is self ʼn vernietigende aspek  Die eindresultaat – die kunswerk wat bespotting is van logika en rede is op sigself esteties verhewe  Eindresultaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) Van die aspekte wat oorweeg moet word as FIGUUR 5b gekies is:  Keuse van medium  Collage proses  Gebruik van formele elemente  Eindresultaat (Aanvaar enige keuse wat goed gemotiveer is met ʼn goeie evaluering) (4) Vertrek (FIGUUR 5c) was begin toe die Nazi's Beckmann van sy professoraat aan die Frankfurt Kunsakademie ontslaan het en die werk het dus sy gedwonge emigrasie voorspel. 5.3 In ongeveer ʼn bladsy vertaal, ontleed en interpreteer die werk in terme van bogenoemde informasie en die gebeure wat Duitsland destyds gekenmerk het. Jy kan na die volgende verwys:  Onderwerp  Komposisie  Styl  Betekenis Die Gotiese gees wat inherent is aan Vertrek, is opvallendste in die kontras tussen die serene anderswêreldheid van die middelste gedeelte en die geweld van die sypanele. Laasgenoemde beeld donker nagmerrie-tonele uit van wreedheid en agteruitgang. Aan die kant hou ʼn stewige man ʼn knuppelagtige sak vis vas, so asof hy ʼn halfgeklede vrou wat met arms wat styf op haar kop vasgemaak is en wat by sy voete kniel wil teregstel. Direk bokant die brutale beampte is die frontale vorm van ʼn naakte man wie se mond toegebind is en wie se bloederige armstompies bo sy kop vasgebind is om tot ʼn stomp kolom te vorm. Nog ʼn manlike figuur staan in ʼn afvalvat met sy hande agter sy rug vasgemaak. Teenoor hierdie beeld van sadisme en vernedering, bied die regterkantste paneel ʼn toneel aan wat, indien minder gewelddadig, ewe gelaai is met ʼn atmosfeer van agteruitgang en lyding. Op ʼn swakverligte verhoog verskyn ʼn vreemde paartjie. Gestut deur haar lyf is die omgekeerde en rigiede vorm van ʼn man wat net in ʼn kortmou, geelgroen hemp geklee is. Hierdie ongelukkige paartjie word begelei deur ʼn geblinddoekte figuur in ʼn portier se uniform. Onder sy arm dra hy ʼn lang vis, ʼn simbool wat gereeld in middel van die 1920’s in Beckmann se skilderye verskyn. Onder op die skildery is ʼn man in ʼn vreemde kostuum besig om ʼn groot bastrom te slaan. In sterk kontras met die geweld en onderdrukking van hierdie tonele word die middelste skildery oorheers deur breë spasies van duidelike primêre kleure. Dit toon ʼn groep van heldhaftige figure wat rustig in ʼn klein bootjie op die oop see staan. ʼn Familie van drie - ʼn soort Heilige Familie - tussen twee majestueuse figure, een in rooi gedrapeer, die ander in blou. Die figuur in rooi is ʼn wrede persoon met ʼn mus wat ʼn reuse vis met albei hande vasgryp. Sy metgesel is ʼn bekroonde Christusagtige figuur, wat ʼn vol net in sy linkerhand vashou terwyl hy ʼn seen met sy regteraand uitspreek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 15 Die sypanele simboliseer, aan die linkerkant, die mens se brutaliteit in die vorm van ʼn roekelose beampte en sy slagoffers en aan die regterkant, die ondraaglike tragedie dat die natuur homself op die mens wreek, soos gesimboliseer deur die gek hallusinasies van ʼn vrou verslaaf deur die lewenslose vorm van ʼn man. Uit hierdie aardse nag van pyniging en geestelike angs kom die figure van die sentrale paneel in die helder lig van verlossing en vrylating, reg vir die Ewigheid. Vertrek verteenwoordig bevryding van die marteling van die lewe wat wegbeweeg om ʼn nuwe begin te maak. Ten minste ʼn maksimum van 3 punte moet toegeken word vir die analise en interpretasie van elke paneel. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 6: OORSIG VAN DIE KUNS NA 1946 In teenstelling met die onmiddellike voorafgaande bewegings, het popkuns nie satiries of krities probeer wees nie. Dit is ʼn bevestiging van die moderne lewe om mense bewus te maak van die wêreld rondom hulle. 6.1 Bestudeer FIGUUR 6a. Skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy bespreek hoe die moderne wêreld in die werk bevestig word deur na die volgende kenmerke te verwys:  Onderwerp  Komposisie  Vorms  Kleuraanwendig  Styl  Media Popkuns eggo realisme maar met spesiale fokus op die moderne lewe. Die Paartjie is ʼn voorstelling van ʼn jong man en vrou wat in die moderne uitrustings van die sewentigs aangetrek is en staan en voor die kyker staan asof hy ʼn foto neem. Die twee is sentraal geplaas met die man wat effens agter die vrou staan om te bevestig dat hulle ʼn paartjie is soos aangedui deur die titel. Die komposisie is uiters vereenvoudig en vertoon sterk, kleurvolle portrette met ʼn dowwe roomkleurige plat agtergrond. Dit weerspieël massa-produksie soos gesien in advertensies of op supermarkrakke. Die moderniteit word beklemtoon in die kunstenaar se vermyding van naturalisme en die bevordering van kunsmatigheid deur die kleurvolle uitdrukking en stilering van hul uitrustings. Hul uitrustings bestaan uit hoekige vorms met ʼn beperkte voorstelling van driedimensionele diepte wat dit dus sinoniem maak met beelde uit advertensies en spotprente. Verf word egalig aangewend sonder om ʼn individualistiese ekspressiewe uitdrukking van emosie te toon. Die gebruik van oliemedia het die kunstenaar geleentheid gegee om sterk, maar relatief plat chromatiese komplementêre kleure te gebruik wat die uitrustings laat uitstaan. Die man se baadjie word hoekig vereenvoudig tot blou moue en ʼn geel top terwyl die vrou se top ʼn uniek ontwerpte kort baadjie met kleurvol gevormde stukke pers, geel en blou dele is. Die man se broek is pers, wat die geel baadjie komplimenteer terwyl die vrou se blou-swart romp ʼn spleet amper tot by haar middel het om sodoende haar been in blou kouse verleidelik te vertoon. Beide die man en vrou dra sterk, kleurvolle moderne hoede. Die liggame en uitdrukking op die gesigte dra ʼn popagtige aura van kunsmatigheid. Die man se gesigsuitdrukking is streng, terwyl die vrou sin glimlaggend is, sodat hulle meer lyk soos winkelpoppe wat in klerewinkels gebruik word om die nuutste modeneigings te adverteer. Die kunswerk is gelaai met inligting wat verband hou met die moderne stadslewe. (Aanvaar enige ander goed gemotiveerde en logiese bevestiging) (8) ‘Drie-dimensies is werklike ruimte. Dit raak ontslae van die probleem van illusionisme en van letterlike ruimte, ruimte in en om merke en kleure … Werklike ruimte is meer kragtig en meer spesifiek as bloot ʼn plat oppervlak.’ – Donald Judd Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 17 6.2 Verwys na FIGUUR 6b. In ʼn opstel (van ongeveer ʼn bladsy) beskryf, ontleed en bespreek Judd se kunswerk, Ongetitled, binne die konteks van sy aanhaling. Verduidelik hoe die werk Minimalistiese idees definieer. Jy kan na die volgende verwys:  Onderwerp  Medium  Komposisie  Fatsoen en volume  Ruimte  Kleur Donald Judd was geïnteresseerd in wiskundige progressies binne ʼn reeks identiese herhalings. In hierdie werk word die rakvormige gestapelde vorms aan ʼn muur vasgeheg. Dit bestaan uit 12 identiese eenhede; elk ʼn vierkant met ʼn gelyke vertikale spasie tussen hulle. Die boksvorms is gemaak van gegalvaniseerde yster en geverf met groen lakverf/vernis wat normaalweg op motorvoertuie gebruik word. Die bokse is volgens sy spesifikasies deur ʼn metaalwerk gebou. Judd se klem op die beplanningsproses, die eenvoud van die werk, die gebruik van nie-tradisionele kunsmateriale, die herhaling van presiese vorms en die feit dat hy nie fisies self die werk skep nie, daag die intense betekenis van die individualiteit van die kwashale soos beklemtoon deur die Abstrakte Ekspressioniste uit. Die ruimte tussen die bokse is werklik en nie denkbeeldig nie. Judd wou hê dat die aandag op vorm, volume, interval, ruimte en kleur geplaas word. Daar is geen visuele verwysings na ander voorwerpe, kunswerk of gevoelens nie. Die werk het nie ʼn titel niewat die onpersoonlikheid en abstraksie van die beeldhoukuns verder beklemtoon. Die idee om die eweredig gespasieerde bokse op die muur te plaas, vestig die aandag op swaartekrag omdat die bokse soos rakke uitsteek en nie op mekaar of op die vloer rus nie. Die positiewe vorms van die bokse word herhaal deur negatiewe ruimtes – wat dieselfde dimensies as bokse het. Die estetiese aspek van die werk lê in die fisiese ervaring van die kyker en sy omgewing. (6) 6.3 Skryf ʼn opstel paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy Johann Louw se Landskap met Verborge Figuur (FIGUUR 6c) as ʼn Neo-ekspressionistiese kunswerk bespreek en evalueer. Sluit die volgende in:  Moontlike invloede  Onderwerp  Fatsoen en figure  Styl  Stemming  Interpretasie en betekenis Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) Landskap met Verborge Figuur kombineer ʼn landskap met ʼn figuurstudie. Die twee is vertikaal geskei, maar aangrensend om een ʼn profiel van die ander te maak. Die figuur in ʼn grys vakuum onder op die werk word die profiel van die strawwe oop landskap. Die naakfiguur, ʼn volwasse vrou, wat gekneus voorkom, lê met arms wat hulpeloos gevou is op haar maag in ʼn somber atmosfeer, asof sy haar situasie in eensaamheid betreur. Die grys omgewing skep ʼn atmosfeer van melankolie wat die innerlike sielkundige stryd in ʼn geïsoleerde individu voorstel. Deur die blatante blootstelling van die liggaam as vlees dra die naaktheid van die figuur ook ʼn gevoel van kwesbaarheid oor. Die landskap wat die boonste deel van die skildery vorm, word ʼn subtiele voorstelling van die figuur hieronder. Dit is vermink, robuust, kaal en droog wat verlatenheid voorstel omdat dit nie meer produktief voorkom nie. Daar is ʼn geleidelike heuwel op die voorgrond wat lei tot meer heuweltoppe op die horison. Die lug is bewolk en donker, wat weerspieël word in die donkergrys blou wat in die landskap gebruik word. Louw gee vir die kyker ʼn interpretasie van die landskap in toonwaardes met ligter areas naby wat tot digter skaduwees op die agtergrond lei. Die ekspressiewe kwashale, teksture en toonwaardes word gebruik om ʼn opsommende weergawe van die landskap te gee. Die naaktheid en samestelling gee die werk ʼn aura van ontstellende surrealisme. Die intensie van die kunstenaar kan op ʼn hele aantal maniere geinterpreteer word: of die figuur word beskerm of as ʼn mens ʼn parallel tussen die twee moet trek spreek die figuur van gebruik, agterlating, isolasie, vergete en/of gelaat om dood te gaan. (6) (Aanvaar enige logiese analise en gemotiveerde interpretasie) [20] VRAAG 7: NUWE MEDIA ‘Uitstekende kuns – of goeie kuns – is wanneer jy daarna kyk en dit ervaar, bly dit in jou gedagtes. Ek dink nie konseptuele kuns en tradisionele kuns verskil soveel nie. Daar is vervelige konseptuele kuns en daar is vervelige tradisionele kuns. Uitstekende kuns is as jy nie kan ophou dink daaroor nie en dan word dit ʼn herinnering.’ – Damien Hirst: Kuns is kinderagtig en kinderlik, The Guardian, 26 September 2010. 7.1 Onderskei kortliks tussen tradisionele kuns en konseptuele kuns. Konseptuele kuns, wat soms konseptualisme genoem word, is kuns waarin die konsep(te) of idee(s) betrokke by die werk voorrang het bo tradisionele estetiese, tegniese en materiële kwessies. Wanneer ʼn kunstenaar ʼn konseptuele kunsvorm gebruik, beteken dit dat al die beplanning en besluite voor die tyd geneem word en die uitvoering is dan ʼn automatiese gevolg. Tradisionele kunsvorms is kuns wat geskep word deur die toepassing van formele elemente soos kleur, vorms en beginsels van ontwerp (soos die komposisie) om ʼn kunswerk te skep. Sy waardering lê meer in die estetiese voorkoms van die voltooide kunsvoorwerp, betekenis en idee wat dit dra. Tradisionele kuns is verteenwoordigende kuns soos skilderye of beeldhouwerke. Aanvaar enige ander logiese onderskeiding wat die leerder se begrip toon. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 19 7.2 Verwys na FIGUUR 7a en bespreek die werk as ʼn konseptuele kunswerk. Noem die moontlike idee wat die kunstenaar wil oordra en regverdig die kunstenaar se titelkeuse. Onwaarskynlikhede is een van Giuseppe Colarusso se nuutste konseptuele stillewe reekse. Giuseppe het ʼn surrealistiese stillewe geskep van ʼn kraan wat in ʼn lemoen geplaas is om vars sap uit te tap. Colaruso speel met vorm en funksie deur die kraan te vebind met ʼn lemoen. Die nuwe vorm sal ʼn nuwe funksie beteken; die kraan sou nie meer water produseer nie, maar eerder lemoensap, maar hoe lank sal die vloei van sap duur? Dit sal beslis nie deurlopend wees soos wanneer die kraan se water gebruik word nie; Die lemoen het ʼn baie beperkte hoeveelheid sap so die funksie sal tydelik wees. Miskien wonder die kyker: Is dit prakties? In terme van materiaal is dit moeilik om ʼn kraan aan ʼn lemoen te heg en die kraan funksioneel te maak soos die werk aandui. Colarusso het beelde geskep met behulp van Photoshop-ondersteunde tegnologie, dus sal die fisiese uitvoerbaarheid daarvan nie gebeur nie, vandaar die titel “Onwaarskeinlikheid” wat beteken: Waarskynlik nie waar nie of moeilik om plaas te vind. Daarom het Colarusso hulle met etikette soos "Onwaarskynlik, maar nie Onmoontlik" gemerk, wat die hoofidee is – ons wil hê dat die werk funksioneel moet wees. (Aanvaar enige ander gemotiveerde bespreking) (4) 7.3 FIGUUR 7b is ʼn installasie wat die kunstenaar se mees persoonlike ruimte reflekteer. Analiseer en interpreteer die werk en stel voor wat die kunstenaar se intensie, moontlik betekenis en boodskap kan wees. Tracey Emin skep ʼn installasie wat haar mees persoonlike ruimte verteenwoordig; haar slordige bed met ʼn verskeidenheid persoonlike items wat onverskillig op die vloer gelos word. Die bed is half opgemaak met gekreukelde wit beddegoed en linne wat onverskillig opgebondel is aan die een kant om te suggereer dat die inwoner alleen slaap, alleen bly en waarskynlik skielik haar bed agtergelaat het om iets te gaan doen. Die toestand van die bed en die manier waarop voorwerpe op die vloer gestrooi word, suggereer ook dat die inwoner waarskynlik wakker geword het en rusteloos rondgerol het voordat sy wakker geword en opgestaan het. Koerantknipsels, sigarettenpakkies, twee bottels water, 'n paar pantoffels, tandpasta en ʼn opgestopte hondjie lê langs die bed op die vloer gestrooi. Die koerantknipsels suggereer dat sy geinteresserd is in baie geselekteerde leesstof en na iets spesifiek gesoek het. Die talle leë sigarettepakkies dui op die feit dat sy baie rook, ʼn aanduiding van stres of groot angs. Die bottels water, tandpasta, seep en ander persoonlike items stel ʼn vrees vir buite ruimtes en hom buite haar kame te beweeg voor. Daarom hou sy die meeste van haar persoonlike items naby haar. Die hondjie suggureer die soeke na ʼn kind se kameraadskap – óf sy is kinderloos óf sy vermis ʼn kind. Die installasie bied ʼn atmosfeer van eensaamheid, angs, disorganisering en stres. Deur hierdie installasie onthul en erken Tracey haar onvolmaaktheid en onsekerhede in die manier waarop die voorwerpe wat om die bed versprei is en die toestand van die bed die verhaal vertel van ʼn senuwee-ineenstorting. (Aanvaar enige ander gemotiveerde interpretasie, boodkap e betekenis) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 7.4 Skryf ʼn opstel paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy EEN nuwe mediakunswerk wat jy bestudeer het (wat nie in hierdie vraestel verskyn nie) herroep, bespreek en evalueer wat ʼn breuk uit die konserwatisme van kuns van vorige eeue verteenwoordig. (6) [20] VRAAG 8: DIE KUNSWÊRELD 8.1 Beskryf wat kunstenaars doen en verduidelik hoe die rol van ʼn kunstenaar oor die algemeen deur die eeue verander het deur te verwys na enige kunswerke van jou keuse. Leerders moet die volgende in hulle bespreking insluit: Wat doen ʼn kunstenaar?  Kunstenaars druk hulself uit deur kunstaal soos lyn, kleur, vorm en komposisie, sodat ander daarin kan deel.  Kunstenaars druk hul idees en visuele ervarings en gedagtes in fisiese vorm uit. Wat is die rol van die kunstenaar in die samelewing?  Die rol van ʼn kunstenaar het mettertyd verander en vanaf Prehistoriese kuns tot vandag toe het daar radikale veranderinge plaasgevind.  Die rol van ʼn kunstenaar in prehistoriese tye word geassosieer met kuns wat verband hou met rituele en geestelike oortuigings. Hulle het kuns voorwerpe geskep om hierdie doel te dien.  Die ontstaan van filosofiese houding ten opsigte van beelde het sedertdien ontstaan. Die Renaissance het gelei tot hedendaagse benaderings waarin die kunstenaar as die navorser van die wêreld beskou word.  Die rol van die kunstenaar is gekoppel aan die mensdom en word dus beskou as ʼn posisie om met die samelewing in te skakel eerder as om dit te verwerp.  Kunstenaars maak mense bewus van wat binne en om hulle aangaan. Hulle daag uit, skok en inspireer mense. Deur na ʼn kunswerk te kyk word die kyker se waardering vir estetika en eie kreatiwiteit idees uitgebrei. (6) 8.2 Jy is gevra om kunswerke van ʼn wye verskeidenheid kunstenaars te kies en ʼn suksesvolle kunsuitstalling op die been te bring. In ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) verduidelik die doel van kuns uitstal en bespreek die aspekte wat jy belangrik ag om van hierdie uitstalling ʼn sukses te maak. Leerders se opstel moet die volgende insluit: Wat is ʼn uitstalling? ʼn Uitstalling is ʼn vertoning van ʼn verskeidenheid van kunswerke, deur ʼn individu, kunstenaar of ʼn groep kunstenaars. ʼn Uitstalling kan enige kunsvorm insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUAL ARTS P1 21 Die doel van kuns uitstal  Die kunstenaar wys sy/haar kuns aan die algemene publiek  Die kunstenaar wys sy nuutste kunswerke  Die kunstenaar bemark homself en sy kunste  Die kunstenaar kommunikeer sy idees aan die publiek  Die kunstenaar toets sy standaard en vlak van kreatiwiteit  Die kunstenaar leer van ander kunstenaars se werk Aspekte wat jy as belangrik beskou om ʼn uitstalling ʼn sukses te maak:  Hoeveelheid werke  Kwaliteit van werk  Uitgee van ʼn uitstallingskatalogus  Persverklaring  Kies ʼn toepaslike Kurator  Kies ʼn gepaste uitstalruimte  ʼn Gepaste aanbieding (Titels, byskrifte, pryse)  Die publiek uitnooi  Uitnodiging van die media  Behoorlike openingseremonie (Aanvaar enige ander faktor) (8) 8.3 Baie kunstenaars maak gebruik van toe-eiening. Deur na FIGUUR 8a en 8b (en enige ander voorbeelde van jou keuse) te verwys, definieer die betekenis van toeeieneing in kuns en verduidelik of Mike Licht se werk (FIGUUR 8b) ʼn misbruik van die oorspronklike werk en dus ʼn vorm van plagiaat is, en of dit eerder ʼn parodie van die werk is. Hierdie is ʼn oop vraag. So lank as wat leerders se sienings goed gestaaf word, moet hulle gekrediteer word. Leerders se definisie van toe-eiening moet naastenby in hierdie lyn val: Toe-eiening is die gebruik die werk van ʼn ander kunstenaar in ʼn nuwe konteks om ʼn nuwe betekenis of idee uit te druk. Leerders se oordeel moet gelei word deur die volgende kriteria: As die werk te eenders is in terme van inhoud, voorkoms en betekenis, maak dit nie saak of die media anders is nie – die werk word dan beskou as ʼn misbruik van die oorspronklike werk. Maar selfs al is die werk te eenders in inhoud en voorkoms, as die transformasie daarvan, hoe klein ookal, die hele konteks en betekenis verander word dit egter nie as ʼn misbruik beskou nie, maar eerder ʼn parodie. (6) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Visual Arts

View all