Skip to content
Question paper

Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Grade 11 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Visual ArtsGrade 11201819 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:  Gebruik van die korrekte kunsterminologie  Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke  Skryf en navorsing navarsingsvaardigheide ʼn geskiedkundige en kulturele konteks  Plaas van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde duidelik en korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing van kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou. 8. Skryf op ʼn duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Moet nie puntsgewys antwoord nie – kolpunte word slegs gebruik as riglyne vir jou opstelstruktuur. 9. ʼn Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde: Let op die 6–8 punte: ʼn minimum van ½–¾ bladsy puntetoekenning: (paragraaf) 10–14 punte: ʼn minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel) 20 punte: ʼn minimum van 2 bladsye (opstel) 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 3 WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om ʼn spesifieke vraag te benader: Analiseer: ʼn Gedetailleerde en volledige bespreking van die formele elemente soos lyn, fatsoen, ruimte, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie van die werk. Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling. Estetika: Teorie van skoonheid en kuns en die verstaan van mooi dinge. Evalueer: Toon insiggewende en analitiese kommentaar oor die relatiewe waarde van ʼn kunswerk binne ʼn breë wêreldbeeld. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee ʼn ingeligte mening oor) ʼn kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities, ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke, spesifieke voorbeelde te verwys. Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting; met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting verwys. Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun. Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook ʼn verduideliking. Staaf: Om te bevestig met ondersteunende bewyse. Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling. Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op ʼn geordende wyse binne dieselfde argument aan. Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 1: OORSIG VAN DIE 19DE EEU Terwyl Romantikus kunstenaars individualiteit, verbeelding, emosies en selfuitdrukking gevier het, het Realiste gestreef na die uitbeelding van die waarheid en akkuraatheid van die alledaagse werklikheid met spesifieke klem op die lot van die armes. 1.1 Bestudeer FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy waarin jy die geldigheid van die bogenoemde stelling bewys deur beide kunswerke te bespreek waar dit van toepassing ten opsigte van die volgende is:  Onderwerp  Kleurgebruik en komposisie  Verbeelding en individualiteit of die alledaagse realiteit  Boodskap en betekenis (10) Suid-Afrikaanse kuns wat gekoppel is aan die Romantieke en Realisme bewegings weerspieël nie altyd al die eienskappe van hierdie bewegings nie, maar kan in sommige gevalle eerder voorstellings van beide in een kunswerk weerspieël. 1.2 Bestudeer FIGUUR 1c en skryf ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy eienskappe van die werk wat dit met die Romantiek en Realisme bewegings verbind, identifiseer en bespreek. Hou die volgende in gedagte:  Onderwerp  Komposisie  Verbeelding  Emosionele drama  Individualiteit (5) 1.3 Dink terug aan EEN kunswerk deur ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar wat jy bestudeer het wat kenmerke beliggaam wat aan enige 19de-eeuse kunsbeweging gekoppel is, en skryf ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy die werk in terme van sy kenmerke evalueer. Sluit die volgende in jou evaluering in:  Naam van kunstenaar en titel van die kunswerk  Onderwerp  Kenmerke van die kunswerk  Kunsbeweging waaraan die kunswerk gekoppel kan word  Moontlike interpretasies van die werk (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: Eugene de Lacroix, Leeujag, olie op doek, 1861. FIGUUR 1b: Jean-Francois Millet, Rus na Werk, olie op doek, 1866. FIGUUR 1c: Julian Motau, Feesviering, gemengde media, 1967. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2: DIE GEBOORTE VAN MODERNISME Toe keiser Napoleon III opdrag gegee het vir ʼn spesiale uitstalling bekend as Salon des Refuse (‘Salon van die afgekeurde’), het Impressionisme toeganklik geword vir kunstenaars van alle artistieke agtergronde, insluitend vroue, wie se rolle meestal voorgeskryf en beperk was tot die van eggenote en moeders. 2.1 Bestudeer FIGUUR 2a. Beskou en bespreek die eienskappe van die werk wat dit ʼn ware Impresssionistiese skildery maak. (6) 2.2 Rodin se beeldhouwerk (FIGUUR 2b) toon ʼn wegbreek van die eienskappe van tradisionele beeldhouwerk. Beskryf en bespreek kortliks die verskillende aspekte van die werk wat avant-garde tendense openbaar. (4) 2.3 Net soos die Impressioniste het George Pemba ook die plekke en mense in sy onmiddellike omgewing geverf. Bespreek en evalueer in hierdie verband in minstens ʼn ½ bladsy sy werk, Gelvandale (FIGUUR 2c). Verwys na die volgende:  Onderwerp  Komposisie  Kleurgebruik  Styl  Betekenis (5) 2.4 Kies EEN Post-Impressionistiese kunswerk wat jy bestudeer het en bespreek maniere waarop die werk pogings weerspieël om Impressionisme as die voorste avant-garde-beweging van die laat 19de eeu te vervang. Sluit die volgende in jou bespreking in:  Naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk  Onderwerp en tema  Gebruik van kunselemente, tegnieke en komposisionele middels  Wyse waarop die werk avant-garde tendense weerspieël (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Mary Cassat, Somertyd, olie op doek, 1894. FIGUUR 2b: Auguste Rodin, Die Gehuil (voor- en syaansig), brons, circa 1886. FIGUUR 2c: George Pemba, Gelvandale, olie op doek, 1957. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 3: VROEË 20ste EEU Ekspressionisme is ʼn neiging van die kunstenaar om sy/haar eie emosionele reaksie uit te beeld in ʼn hoogs individuele styl waar vrye verwringing van vorm en kleur plaasvind. 3.1 Skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy waarin jy wyses bespreek waarop die kunstenaars van FIGUUR 3a en 3b onderskeidelik ekspressionisme gebruik om verskillende geïndividualiseerde style voor te stel. Verwys na die volgende:  Temas  Kleur  Vorm/Fatsoen  Kwashale (10) 3.2 Beskou jy Kubisme as ʼn vorm van ekspressionisme? Skryf 'n paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy die vraag debatteer deur die kenmerke van Kubisme met dié van ekspressionisme te vergelyk. Verwys na FIGUUR 3c en enige ander werk (wat nie in hierdie vraestel verskyn nie) om jou idees te staaf. (6) Futurisme het die toekoms beskou as ʼn glorieryke era wat moontlik gemaak is deur die telefoon, elektrisiteit, die motor, die trein en later die vliegtuig. Futurisme het ook die oorlog ten gunste van Fascisme verheerlik. 3.3 Deur na die inligting hierbo te verwys, skryf ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy waarin jy die visuele bron in FIGUUR 3d analiseer en bespreek om te wys hoe Futuristiese doelwitte in die werk verteenwoordig word. WOORDELYS Fascisme: ʼn Politieke teorie wat ʼn outoritêre hiërargiese regering bepleit (in teenstelling met demokrasie of liberalisme). (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a: Andre Derain, ‘Charing Cross’ Brug, FIGUUR 3b: Irma Stern, olie op doek, 1906. Die Jagtog, olie op doek, 1929. FIGUUR 3c: Georges Braque, Huise by FIGUUR 3d: Gino Severini, Pantsertrein L’Estaque, olie op doek, 1906. in Aksie, olie op doek, 1915. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 4: ARGITEKTUUR Wright se argitektuurfilosofie kom aanvanklik uit sy huishoudelike argitektuur. Hy het die tradisionele huishoudelike plan omskep in sy sogenaamde ‘Prairie Houses’. 4.1. Herroep jou kennis oor Wright se huishoudelike argitektuur en met verwysing na FIGUUR 4a, skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy die estetiese kenmerke beskryf wat deur Wright ingestel is wat huishoudelike argitektuur gerevolusioneer het. Waar van toepassing, toon hoe dit met die funksie verband hou. (8) 4.2 Deur die fatsoen en ontwerpkenmerke met ʼn spesifieke styl in verband te bring, skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy die argitektuurstyl soos voorgestel in FIGUUR 4b definieer. (6) 4.3 Kies EEN gewilde Suid-Afrikaanse gebou wat jy bestudeer het en skryf ʼn opstel (ʼn ¾ bladsy) waarin jy die innoverende kwaliteite van die gebou analiseer en evalueer aan die hand van die volgende kriteria:  Naam van gebou en argitek  Funksie van die gebou  Styl waaronder die gebou geklassifiseer moet word  Hoofontwerpkenmerke van die gebou  Materiale gebruik en hoe dié gebruik word om die estetiese eienskappe van die gebou te verhoog (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: Frank Lloyd Wright, Die Darwin Martin Huis, 1903–1905. FIGUUR 4b: Coop Himmeb(l)au, UFA Cinema Center, Dresden, Duitsland, 1993–98. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 5: TUSSEN DIE WÊRELDOORLOË Dada was ʼn gemoedstoestand. Hulle wou die spot dryf en skok. Dit was ʼn protesbeweging teen die goeie smaak en morele waardes van die middelklas. Hierdie negatiewe beweging wou alle tradisies in kuns vernietig. 5.1 Bestudeer FIGUUR 5a en 5b. Met die bostaande inligting in gedagte, skryf ʼn opstel (ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy beskryf en verduidelik hoe die kunstenaars se prosesse en die kenmerke van die voltooide werke ʼn negatiewe beweging toon wat daarop gemik is om alle tradisies in kuns te vernietig. (6) 5.2 Evalueer die werke (FIGUUR 5a en 5b) vanuit ʼn estetiese oogpunt. Watter werk reflekteer ʼn hoër estetiese aantrekkingskrag? Regverdig jou keuse. (4) Vertrek (FIGUUR 5c) is begin toe die Nazi’s Beckmann uit sy professoraat aan die Frankfurt Kunsakademie ontslaan het en die werk dus sy gedwonge emigrasie voorspel het. 5.3 In ongeveer ʼn bladsy, bring in verband met, ontleed en interpreteer die werk in terme van bogenoemde inligting en die gebeure wat Duitsland destyds gekenmerk het. Jy kan na die volgende verwys:  Onderwerp  Komposisie  Styl  Betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: Jean Hans Arp, Ongetiteld FIGUUR 5b: Kurt Schwitters, Merz Prent 25a (Collage met Vierkante Rangskik – Die Ster Prent, gemengde media, 1920. volgens die Wet van Toeval),1916-17. FIGUUR 5c: Max Beckmann, Vertrek, Olie op doek, Frankfurt 1932, Berlin 1933–35. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 6: OORSIG VAN DIE KUNS NA 1946 In teenstelling met die onmiddellike voorafgaande bewegings, het Popkuns nie satiries of krities probeer wees nie. Dit is ʼn bevestiging van die moderne lewe om mense bewus te maak van die wêreld rondom hulle. 6.1 Bestudeer FIGUUR 6a. Skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) waarin jy bespreek hoe die moderne wêreld in die werk bevestig word deur na die volgende kenmerke te verwys:  Onderwerp  Komposisie  Vorms/Fatsoen  Kleuraanwending  Styl  Media (8) ‘Drie dimensies is werklike ruimte. Dit raak ontslae van die probleem van illusionisme en van letterlike ruimte, ruimte in en om merke en kleure … Werklike ruimte is meer kragtig en meer spesifiek as bloot ʼn plat oppervlak.’ – Donald Judd 6.2 Verwys na FIGUUR 6b. In ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) beskryf, ontleed en bespreek Judd se kunswerk, Ongetitled, binne die konteks van sy aanhaling. Verduidelik hoe die werk Minimalistiese idees definieer. Jy kan na die volgende verwys:  Onderwerp  Medium  Komposisie  Vorm en volume  Ruimte  Kleur (6) 6.3 Skryf ʼn opstel (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy Johann Louw se Landskap met Verborge Figuur (FIGUUR 6c) as ʼn Neo-ekspressionistiese kunswerk bespreek en evalueer. Sluit die volgende in:  Moontlike invloede  Onderwerp  Fatsoen en figure  Styl  Stemming  Interpretasie en betekenis (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGUUR 6a: Richard Lindner, Die Paartjie, FIGUUR 6b: Donald Judd, Ongetiteld olie op doek, 1976-1977. (Stapel), vernis op gegalvaniseerde yster, 1967. FIGUUR 6c: Johann Louw, Landskap met Verborge Figuur, olie op doek, 2005. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 7: NUWE MEDIA ‘Uitstekende kuns – of goeie kuns – is wanneer jy daarna kyk en dit ervaar, dit bly in jou gedagtes. Ek dink nie konseptuele kuns en tradisionele kuns verskil soveel nie. Daar is vervelige konseptuele kuns en daar is vervelige tradisionele kuns. Uitstekende kuns is as jy nie kan ophou dink daaroor nie en dan word dit ʼn herinnering.’ – Damien Hirst: Kuns is kinderagtig en kinderlik, The Guardian, 26 September 2010 7.1 Onderskei kortliks tussen tradisionele kuns en konseptuele kuns. (4) 7.2 Verwys na FIGUUR 7a en bespreek die werk as ʼn konseptuele kunswerk. Noem die moontlike idee wat die kunstenaar wil oordra en regverdig die kunstenaar se titelkeuse. (4) 7.3 FIGUUR 7b is ʼn installasie wat die kunstenaar se mees persoonlike ruimte reflekteer. Analiseer en interpreteer die werk en stel voor wat die kunstenaar se intensie, moontlik betekenis en boodskap kan wees. (6) 7.4 Skryf ʼn paragraaf (van ongeveer ʼn ½ bladsy) waarin jy EEN nuwe mediakunswerk wat jy bestudeer het (wat nie in hierdie vraestel verskyn nie) herroep, bespreek en evalueer wat ʼn breek weg van die konserwatisme van kuns van vorige eeue verteenwoordig. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Giuseppe Colarusso, Onwaarskynlikhede, fotografie met behulp van Photoshop, 2013. FIGUUR 7b: Tracey Emin, My Bed, installasie, 1998. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 8: DIE KUNSWÊRELD 8.1 Beskryf wat kunstenaars doen en verduidelik hoe die rol van ʼn kunstenaar oor die algemeen deur die eeue verander het deur te verwys na enige kunswerke van jou keuse. (6) 8.2 Jy is gevra om kunswerke van ʼn wye verskeidenheid kunstenaars te kies en ʼn suksesvolle kunsuitstalling op die been te bring. In ʼn opstel (van ongeveer ʼn ¾ bladsy) verduidelik die doel van kunsuitstallings en bespreek die aspekte wat jy belangrik ag om van hierdie uitstalling ʼn sukses te maak. (8) 8.3 Baie kunstenaars maak gebruik van toe-eiening. Deur na FIGUUR 8a en 8b (en enige ander voorbeelde van jou keuse) te verwys, definieer die betekenis van toe-eiening in kuns en verduidelik of Mike Licht se werk (FIGUUR 8b) ʼn misbruik van die oorspronklike werk en dus ʼn vorm van plagiaat is, en of dit eerder ʼn parodie van die werk is. Jy kan die volgende oorweeg:  Beeldgebruik  Kunselemente  Komposisie  Betekenis (6) [20] WOORDELYS: Plagiaat: Skryfstuk of kunswerk wat van iemand anders gekopieer word en as jou eie werk aangebied word Parodie: Komposisie wat iemand se styl op ʼn humoristiese manier naboots Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Louis Jaques David, Die Dood van Marat, olie op doek, 1793, Musées Royaux des Beaux-Arts in Brussels. FIGUUR 8b: Mike Licht, Die Dood van Marat, na Jaques-Louis David olie op doek, ongedateer. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Visual Arts

View all