Skip to content
Question paper

Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 Question Paper

Grade 11 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012, 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Visual ArtsGrade 11201223 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *VISDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Daar is TIEN vrae in hierdie vraestel. 2. Beantwoord VYF vrae van jou keuse. 3. Lees die vrae versigtig. 4. Antwoord in volsinne en gebruik paragrawe. MOET NIE PUNT-VORM GEBRUIK NIE. 5. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd aan elke vraag gewy mag word. Elke vraag behoort ongeveer 35 minute in beslag te neem. 6. Skryf netjies en leesbaar. 7. In hierdie eksamen sal daar van jou verwag word om die volgende te demonstreer:  Die gebruik van korrekte terminologie  Die aanwending van visuele analisering en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede binne historiese en kulturele verband  Die plasing van voorbeelde binne sosiale en historiese verband  ʼn Begrip van kenmerkende kunsstyle  Die identifisering van die professionele beoefening van plaaslike kunstenaars
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 3 WOORDELYS Analiseer: ʼn Uitvoerige en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toon, formaat, ensovoorts) asook komposisie van die werk, met insigryke opmerkings oor waarom en hoe dit slaag. Vergelyk: Dui sin vir sin die verskille en ooreenkomste in ʼn ordelike volgorde binne dieselfde argument aan. Bespreek: Bied jou opinie aan met redes vir jou stellings. Verduidelik: Verskaf verklarende redes met jou uiteensetting. Interpreteer: Verskaf ʼn ingeligte mening met ondersteunende voorbeelde. Vermeld: Sê reguit wat jy dink – gee jou mening asook ʼn verduideliking. Evalueer: Lig die RELEVANTE positiewe, negatiewe, asook elemente en beginsels van die werk uit en verskaf ʼn mate van evaluerende kommentaar oor waarom en hoe dit slaag al dan nie, binne die breër prentjie van kunsgeskiedenis in die algemeen, d.w.s. jy moet in staat wees om die groter prentjie van die kunswêreld te sien, om in staat te wees om evaluerende kommentaar te lewer.
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 1 KUNS EN PROPAGANDA 1.1 Verwys na FIGUUR 1a. Marat was ʼn Franse rewolusionêr, wat in sy bad gedood is, terwyl hy besig was om vir sy landgenote ʼn brief te skryf aangaande die Rewolusie. Bespreek die wyses waarop J.L. David daarin geslaag het om hierdie dramatiese gebeure weer te gee. Verwys na die kunselemente sowel as komposisionele effekte. (5) 1.2 Oor die dekades, met verskillende regerings aan bewind in Suid-Afrika, was die stryd om persvryheid baie keer ʼn kwessie. Deur die evaluering van hierdie twee plakkate in FIGURE 1b en 1c, moet jy vanuit ʼn kunstige oogpunt aandui hoe kunstenaars maak om propaganda die gedagtes van mense te laat bereik. Verwys na kleur, lyne, teksture, afbeelding en strukturele uitleg. (6) 1.3 Kies TWEE werke oor kuns en propaganda wat jy bestudeer het. Dit mag Suid-Afrikaans of Internasionaal wees. Bespreek hierdie werke deur die volgende punte as gids te gebruik:  Benoem die kunstenaars tesame met die titels van die werke  Onderwerpmateriaal van die werke en boodskappe hierin  Gebruik van kleur en lyn, en die effek hiervan op die werke (9) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: Jacques Louis David. Dood van Marat. 1793 FIGUUR 1b FIGUUR 1C FIGUUR 1b en 1c: Twee plakkate wat handel oor persvryheid. 1989
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 2 MONUMENTE EN GEDENKTERREINE 2.1 Verwys na FIGURE 2a, 2b en 2c. Analiseer die ooreenkomste tussen hierdie drie monumente. (2) 2.2 Definieer die treffendste visuele element van elkeen, en sê, met stawing, wat die kunstenaar/ontwerper aan die nageslag wou sê in elke geval. (6) 2.3 Lewer kommentaar oor hoe die skaal in hierdie drie voorbeelde ʼn boodskap weergee soos jy dit sien. (2) 2.4 Kies enige TWEE ANDER monumente wat jy bestudeer het. Benoem hulle en vergelyk hulle in terme van die volgende:  Gebruikte materiale en die impak daarvan  Onderwerpmateriaal en die kenmerke van die monumente  Die boodskappe van die monumente  Hoe massas/volumes met leegtes en omringende ruimtes skakel en die effek daarvan op die kyker (10) [20] Woordeskat: Nageslag = hulle wat na jou kom. Toekomstige geslagte.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Paaseilandfigure. Kunstenaar onbekend. Eertyds FIGUUR 2b: Stonehenge. Wiltshire. Engeland. Eertyds FIGUUR 2c: Vryheidspark. Salvokop. Transvaal. Kontemporêr
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 3 INTERNASIONALE TENDENSE: IMPRESSIONISME EN POST- IMPRESSIONISME In die laaste kwart van die 1800’s, het die kunswêreld in Frankryk en Europa radikale veranderinge ondergaan. Impressionisme was ʼn vars nuwe rigting. 3.1 Verwys na FIGUUR 3a en die werk van TWEE ander kunstenaars wat jy bestudeer het. Skryf ʼn opstel van een en ʼn halwe bladsye oor Impressionisme. Gee aandag aan die invloede op hierdie Beweging, die stylkenmerke, die onderwerpmateriaal en hoe kunstenaars lig en kleur hanteer het. (10) 3.2 Post-Impressionisme het ʼn meer geïndividualiseerde benadering getoon. Met verwysing na FIGUUR 3b, analiseer krities die werk van Gauguin as ʼn Post-Impressionistiese werk. Verwys na die volgende:  Invloede op Gauguin  Hantering van ruimte  Hantering van vorms  Hantering van kleur  Gebruik van lyn (10) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a: Claude Monet. Impression Sunrise. 1872 FIGUUR 3b: Paul Gauguin. Dag van die gode. 1890
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 4 KUBISME, FAUVISME, FUTURISME EN EKSPRESSIONISME 4.1 Skryf ʼn opstel van ʼn minimum van twee bladsye waarin jy aandag skenk aan die onderstaande punte. Jy mag die geïllustreerde werke as stawing aanwend, maar jy sal ekstra punte ontvang as jy na ander werke verwys wat jy van hierdie vier bewegings bestudeer het. Doen in jou opstel elke beweging afsonderlik, voordat jy aan beweeg na die volgende beweging.  Verduidelik die faktore van invloed tot elke beweging  Beskryf TWEE stylkenmerke van elke beweging  Staaf deurgaans  Lewer kommentaar op die komposisionele rangskikkings en jou idees oor die effek van die rangskikkings (20) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: Irma Stern. FIGUUR 4b: FIGUUR 4c: Ewige Kind. 1916 Giocoma Balla. Georges Braque. Straatlig. Man met kitaar. FIGUUR 4d: Irma Stern. FIGUUR 4e: Henri Matisse. Vlug. Olieverf. 1950 Portret van Madame Matisse. 1905
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 5 GALLERYBESOEKE EN UITSTALLINGS 5.1 By ʼn uitstalling van suksesvolle Internasionale en Suid-Afrikaanse kunstenaars, was die vier werke van FIGURE 5a, 5b, 5c en 5d gekies as relevante stellings oor die realiteite van ons wêreld. Neem die geïllustreerde werke vir hierdie vraag waar, en skryf ʼn opstel van een bladsy waarin jy aandag skenk aan die volgende:  Sosiale boodskap van elke werk  Hoe kleur ʼn rol speel in die verwysing na ʼn wyer sosiale en/of politieke bewustheid vir die kyker  Jou evaluering van die heersende waarde van hierdie werke, finansieel sowel as sosiaal (10) 5.2 Skryf ʼn opstel van een en ʼn halwe bladsye waarin jy die onderwerpmateriaal beskryf en die openbare aantrekking van enige TWEE internasionale en TWEE Suid-Afrikaanse werke wat jy bestudeer het. Moet NIE enige werk van hierdie of enige ander vraag op hierdie vraestel kies nie. (10) [20] Woordeskat: Prosperine = ʼn mitologiese antieke Romeinse godin, wat gesteel is a.g.v. haar skoonheid om saam met Pluto in die onderwêreld te leef. Haar storie hou verband met die lente. Sy het vier granaatsade geëet en dit het haar in staat gestel om saam met haar ma in die regte wêreld te woon vir drie seisoene van die jaar, maar sy moes na die onderwêreld, na Pluto terugkeer vir die winter. Die Griekse godin vir die lente het bekend gestaan as Persephone. Prosepere beteken om uit te kom.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: FIGUUR 5b: Willem de Kooning. Woman IV. Dante G. Rossetti. Olieverf. 1954 Prosperine. 1874 FIGUUR 5c: Edvard Munch. Dans van Lewe. FIGUUR 5d: Helen Sebidi. Moeder Afrika. 1884 1981
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 6 FORMELE EN INFORMELE SKOLE IN SUID-AFRIKA 6.1 Skryf ʼn opstel waarin jy ondersoek instel na die doelwitte, kunstenaars se werke, onderwerpmateriaal en sosiale boodskappe van EEN van die Informele Skole in Suid-Afrika wat jy bestudeer het. Jy mag van enige van die kunstenaars gebruik maak wat jy van jou gekose skool bestudeer het, maar jy mag nie die werke aanwend wat vir hierdie vraag verskaf is nie. (10) 6.2 Verwys na FIGURE 6a, 6b, 6c en 6d 6.2.1 Vergelyk hoe die drie kunstenaars diere in hierdie werke weergegee het. Verwys veral na lyn, vorms, teksture en algehele komposisie. (8) 6.2.2 Watter van die vier werke, 6a, 6b, 6c en 6d, is volgens jou mening die mees uitdagende? Sê wat jou gekose werk uitdaag en staaf jou antwoord met EEN feit. (2) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 15 Ezrom Legae Horse rider 1970 Cyprian Shilakoe My donkey 1970 woodcut 30,5 x 25 cm FIGUUR 6a: Ezrom Legae. Perderuiter. FIGUUR 6b: Cyprian Shilakoe. My donkie. 1970 1970 FIGUUR 6c: Petros Gumbi Ardmore. FIGUUR 6d: Sydney Kumalo. Spinnekop en Kameelperd. 2007 Gevalle Perd. Brons beeldhoustuk. 1988
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 7 WESTERSE INVLOEDE OP SUID-AFRIKAANSE KUNS 7.1 Verwys na FIGURE 7a, 7b en 7c. Definieer kortliks, met verwysing na TWEE aspekte per werk, hoe hierdie voorbeelde invloede van Westerse en Europese kunsbewegings toon. Maak seker dat jy elke Westerse Kunsbeweging benoem. (6) 7.2 Vergelyk FIGUUR 7a met 7b. Gebruik die volgende punte om jou te help:  Afbeelding en boodskappe  Komposisie en hoe dit die visuele waardering goed- of slegmaak  Die emosionele impak van die styl (8) 7.3 Verwys na Preller se Gewyde Vroue in FIGUUR 7c. Evalueer hierdie werk in terme van die volgende:  Die boodskap daarvan aan ons Suid-Afrikaanse samelewing  Hoe kleureharmonieë en kontraste ʼn versigtige strukturele plan deur die kunstenaar toon (6) [20] Woordeskat: Gewyde = volgens status en belangrikheid. Gerangskik in volgorde van belangrikheid.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Maggie Laubser. Landskap met wit ooievaar. FIGUUR 7b: Gladys Mgudlandlu. Xhosa Feeverhaal. 1970. Olieverf FIGUUR 7c: Alexis Preller. Gewyde vroue. 1957. Olieverf
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 8 DADA EN SURREALISME 8.1 Verwys na FIGUUR 8a. Hierdie werk skok die kyker op ʼn sekere wyse. Ondersoek die wyses waarop Hausmann ons uit ʼn geriefsone beweeg het in ons idees oor hoe die mens uitgebeeld behoort te word. (4) 8.2 Verwys na FIGUUR 8b. Alexis Preller het afbeelding gebruik wat ʼn ander Wêreld weergee. Definieer duidelik in DRIE punte tot watter beweging hierdie werk behoort en waarom. (3) 8.3 Verwys na FIGUUR 8c. Op ʼn betwisbare punt was Salvador Dali die wêreld se beroemdste Surrealistiese kunstenaar. Evalueer hierdie werk in terme van die volgende kriteria:  Voorstellings en die geïmpliseerde betekenis deur die voorstelling verskaf  Styl en hoe hierdie die atmosfeer affekteer (4) 8.4 In ʼn opstel van nie langer as een bladsy nie, bespreek die doelwitte en invloede van die Dada en Surrealistiese bewegings. Jy moet in besonderhede verwys na minstens EEN werk van elke beweging, om jou argumente te staaf. (9) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Raoul Hausmann. FIGUUR 8b: Alexis Preller. Gees van ons tyd. 1921 Sebastian 111. 1947. Olieverf FIGUUR 8c: Salvador Dali. Droom, Vlug, By, Granaat. 1944
Downloaded from hlayiso.com 20 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 9 INVLOEDE VAN TEGNOLOGIE OP KUNS: FUTURISME, DE STIJL EN VLYT. 9.1 Verwys na FIGUUR 9a. Op watter wyses toon hierdie nekstuk die invloede van tegnologie? Was die konstruksiemetode van hierdie stuk nuut? Sê waarom. Noem en beskryf EEN ander item wat jy bestudeer het van ons tegnologiese eeu en beskryf die tegnologie wat gebruik was om die item te maak. (5) 9.2 Verwys na FIGURE 9b en 9c. Vergelyk hierdie twee stoele met die gebruik van die volgende gidslyne:  Hoe prakties die vorms is, met stawing  Die kunsbeweging waartoe jy dink elke behoort en waarom  Visuele aantreklikheid van vorms, met stawing  Visuele aantreklikheid van materiale, met stawing  Visuele aantreklikheid van kleure, met stawing (10) 9.3 Verwys na FIGUUR 9d. Analiseer hierdie skildery krities, met verwysing na die volgende:  Die invloede van die tydperk van Futurisme en hoe dit in die werk voorkom  Die boodskap van hierdie werk (5) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 21 FIGUUR 9a: Beverley Price. Halssnoer van herwonne kabeldraad, gevonde objekte, niobium en rek. FIGUUR 9b: Frank Gehry. Karton-stoel. 1970 FIGUUR 9c: Gerrit Rietveld. Stoel. Bauhaus FIGUUR 9d: Giocomo Balla. Dinamiek van ʼn hond aan ʼn leiband. 1912 Olieverf
Downloaded from hlayiso.com 22 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 10 INTERNASIONALE STYL EN BAUHAUS 10.1 Definieer duidelik DRIE eienskappe van die Internasionale Styl. (3) 10.2 Verwys na FIGUUR 10a. Bespreek die kenmerke van die Bauhaus meubels in hierdie voorbeeld. Verwys spesifiek na vorms, materiale en funksionaliteit. (5) 10.3 Skryf ʼn paragraaf van minstens AGT reëls waarin jy die suksesse en mislukkings van Die Glashuis in FIGUUR 10b analiseer. (4) 10.4 Kies enige EEN ander gebou of objek of meubelstuk en evalueer dit. In jou antwoord moet jy die volgende hanteer:  Naam van argitek of kunstenaar  Naam van gebou of werk  Ontwerpkenmerke en ontwerp-etiek  Geskiktheid van werk vir die doel (8) [20]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) VISUELE KUNSTE V1 23 FIGUUR 10a: Marcel Breuer. Bauhaus. Meubels vir ʼn dame se kamer. FIGUUR 10 b: Philip Johnson. Glashuis. TOTAAL: 100

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Visual Arts

View all