Skip to content
Question paper

Visual Arts Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Grade 11 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Visual ArtsGrade 11201719 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Die vraestel moet in volkleur gedruk word.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn geskiedkundige en kulturele konteks  Die plasing van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  ʼn Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Vrae en subvrae moet korrek genommer word volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skryf op ʼn duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Kolpunte is nie aanvaarbaar nie, en dien slegs as riglyne in jou opstel strukturering. 10. ʼn Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning: 6–8 punte: ʼn minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf) 10–14 punte: ʼn minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel) 20 punte: ʼn minimum van 2 bladsye (opstel) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 3 WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om ʼn spesifieke vraag te benader: Analiseer: ʼn Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie van ʼn kunswerk. Beskryf: Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk; berig oor wat die oog mag sien. Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling. Estetika: Teorie van skoonheid en kuns en die verstaan van mooi dinge. Formele kunselemente Die basiese elemente wat gebruik word om ʼn kunswerk te skep, soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie, ensovoorts. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee ʼn ingeligte mening oor) ʼn kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities, ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke, spesifieke voorbeelde te verwys Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting; met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting verwys. Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun. Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook ʼn verduideliking. Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling. Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op ʼn geordende wyse binne dieselfde argument aan. Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of waarna in ander bronne verwys word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 1: OORSIG VAN DIE 19de EEU Neoklassieke Kuns was ook grootliks met die Akademieë geassosieer. Akademiese kuns se standaard was antieke klassieke kuns, die Europese tradisie en historiese vakke. FIGUUR 1a is ʼn herskepping van die dood van Sokrates, ʼn Klassieke Griekse Athener, wat as een van die stigters van die Westerse filosofie gekrediteer word. Sy teorieë oor ‘wysheid’ het egter met mense gespot, wat as wys beskou was en daartoe gelei dat hy met beide die Atheense regering en mense gebots het. Hy is verhoor, skuldig bevind en daarna tot die dood veroordeel deur ʼn mengsel wat gif bevat het, te drink. 1.1 Bestudeer die visuele illustrasie en beskryf die interpretasie van die toneel kortliks. (4) 1.2 Watter visuele leidrade gebruik die kunstenaar David in sy skildery van Die Dood van Socrates (The Death of Socrates) (FIGUUR 1a) om voor te stel dat Sokrates sy dood gewillig aanvaar het? (2) 1.3 “Dawid se skildery (FIGUUR 1a) is ʼn ware Neo-Klassieke skildery." Motiveer die stelling deur die volgende te bespreek:  Toepassing van lyn  Toepassing van kleur  Die komposisie in die skildery  Die onderwerp en morele boodskap (8) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1b en FIGUUR 1c. In ʼn paragraaf (½ bladsy) wys op watter manier Sihlali se werk soortgelyk of anders is as Turner se werk in terme van die volgende:  Onderwerp  Medium  Tegniek en styl  Moontlike interpretasies van die werk (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: Louis Jaques David, Die dood van Sokrates (The Death of Socrates), olieverf op bord, 1787. FIGUUR 1b: J.M.W. Turner, Die slaweskip (The Slave Ship), 91 cm x 1,23 m, olieverf op doek, 1840. FIGUUR 1C: Durant Sihlali, Pimville huurkantore aan die brand, onluste (Pimville rent offices on fire, riots (Soweto), waterverf op papier, 1976. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2: DIE ONTSTAAN VAN MODERNISME Modernisme in kuns is gebore toe keiser Napoleon III ʼn spesiale uitstalling gelas het, bekend as Salon des Refuse – die ‘Salon van die verwerpte’ – aangesien ʼn groot aantal kunstenaars se werk by die Salon verwerp is. Op hierdie manier is die krag van die Akademie gebreek en ‘avant-garde’ is gebore. FIGURE 2a, 2b, 2c en 2d. is visuele illustrasies van werke van kunstenaars wat deel uitmaak van verskillende groepe wat van die tradisie van die Akademie weggebreek het. 2.1 Verwys na FIGUUR 2a. Ontleed die kunswerk in terme van die volgende om hierdie wegbreek te illustreer.  Onderwerp  Styl en tegniek  Formale elemente (6) 2.2 Alhoewel kunstenaars soos Vincent Van Gogh, Paul Cézanne, Paul Gauguin en Georges Seurat beïnvloed is deur Impressionisme, het hulle nie by die styl gebly nie, maar dit vermeng met nuwe kreatiewe benaderings, wat uiteindelik gelei het tot heeltemal nuwe individualistiese style wat die fondament vir vroeë 20ste eeuse kuns gelê het. Skryf ʼn opstel (¾ bladsy) waarin jy die werk van Paul Cézanne (FIGUUR 2b) en Paul Gauguin (FIGUUR 2c) bespreek om bogenoemde stelling te bewys.  Bewyse van Impressionistiese invloede in hul werke  Hul verskillende kreatiewe rigtings of benaderings tot kuns  Ontleding van onderwerp en tema  Styl en tegniek  Ruimte / diepte (8) 2.3 Kies EEN Suid-Afrikaanse kunstenaar wat jy bestudeer het wie se werk Impressionistiese / Post-impressionistiese invloede weerspieël en skryf ʼn opstel (ongeveer ½ bladsy) waarin jy bespreek hoe hierdie invloede in hul werk uitgedruk word. Sluit die volgende in jou bespreking in:  Naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk  Die onderwerp en tema  Die gebruik van kunselemente, tegnieke en komposisionele toestelle  Die manier waarop hierdie bewegings die kunstenaars beïnvloed het (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Claude Monet, Hooimiede (Haystacks), olieverf op doek, 1890–91. FIGUUR 2b: Paul Cezanne, Die Groot Baders (The Large Bathers), olieverf op doek, 1898–1906. FIGUUR 2c: Paul Gauguin, Arearea, olieverf op doek, 1892. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3: VROEë 20ste EEUSE KUNS Die kuns van die vroeë 20ste eeu weerspieël kunstenaars se vasberadenheid om weg te breek van alle vorme van naturalisme in die poging om dit te vervang met voorkeurvorme van ekspressionisme en abstraksie. Een van die vroeë 20 ste eeuse kunstenaars het gesê: “As ek groen verf, beteken dit nie dit is gras nie; as ek blou verf, beteken dit nie dit is die hemelruim nie.” 3.1 Bestudeer die visuele bron FIGUUR 3a en (in ʼn paragraaf) beskryf Mattisse se toepassing van kleurtegnieke om te wys hoe die rol van kleur verander het. (4) 3.2 Verwys na FIGUUR 3b. Deur die kenmerke van Kubisme te definieer, identifiseer die fase van Kubisme waaraan hierdie werk behoort. (4) 3.3 Gladys Mgudlandlu is ʼn self-aangeleerde kunstenaar wat haar eie unieke Afrika-ekspressionistiese styl van skilder geskep het. Die styl verwys na ʼn kombinasie van sekere vroeë twintigste style in Europa. Bestudeer die visuele illustrasie in FIGUUR 3c en skryf ʼn kort opstel wat die werk ten opsigte van die volgende analiseer:  Onderwerp  Lyn  Kleur  Samestelling en ruimte  Die vroeë 20ste eeuse style waarmee die werk verbind kan word. (6) 3.4 Kies enige Futuristiese kunswerk deur enige futuristiese kunstenaar en skryf ʼn opstel (ongeveer ¾ bladsy) waarin jy die werk analiseer, bespreek en evalueer in terme van die doelstellings, kenmerke en styl van Futurisme. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a:Henri Matisse, Vrou met ʼn FIGUUR 3b: Pablo Picasso. Vrou wat in hoed (Woman With a Hat), olieverf op leunstoel sit (Woman seated in doek, 1905. armchair), olieverf, 1911. FIGUUR 3c: Gladys Mgudlandlu, Xhosa-vroue rook (Xhosa women smoking), olieverf, 1970. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 4: ARGITEKTUUR Terwyl die 19de eeu ʼn wegbreek deur kunstenaars van neo-klassieke invloede was, was hierdie wegbreek nie net beperk tot skilder- en beeldhoukuns nie, maar dit het ook argitektuur beïnvloed. Tradisionele neo-klassieke argitektoniese style het plek gemaak vir nuwe vorme van artistieke argitektuur. 4.1. Verwys na visuele illustrasie FIGUUR 4a. Identifiseer die argitektoniese styl waartoe hierdie gebou behoort en bespreek hoe die vorms van die fasade duidelik met sy funksie verband hou. (4) 4.2 Alhoewel beide FIGUUR 4b en 4c tot die hoëtegnologie-styl van argitektuur behoort, verskil hulle aansienlik in hul voorkoms. Vergelyk die twee geboue in terme van argitektoniese eienskappe. Verwys na die volgende:  Vorme, vorm en ontwerpkenmerke  Materiale  Funksie (4) 4.3 Na jou mening, watter van die twee strukture weerspieël die hoë- tegnologie-styl die beste? Regverdig jou keuse met geldige motivering. (2) 4.4 Verwys na FIGUUR 4d: Die woonhuis is gebou deur 'n bendelid, genaamd Nikolai Sutyagin vir homself. Hy het nooit kans gehad om dit te voltooi nie aangesien hy aangekla en gevange geneem is op aanklagtes van swendelary. “Wat jy vandag sien, is ʼn gelukkige ongeluk,” het hy gesê. Dit is deur die stad as ʼn brandgevaar verklaar en op 26 Desember 2008 is die toring afgebreek. Bespreek hierdie struktuur in terme van die breek van die grense van tradisionalisme. (4) 4.5 Kies EEN argitektoniese gebou wat jy bestudeer het, en evalueer hierdie struktuur aan die hand van die volgende kriteria:  Naam van gebou en die argitek  Doel van die gebou  Hoof ontwerpvorms van die gebou  Materiaal wat gebruik word en hoe dit die nuwe omgewingsvriendelike tendens in argitektuur weerspieël (of nie) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: Brian M. Finn, Die Gemeenskap Boekrak (‘The Community Bookshelf’), Kansas City Sentrale Biblioteek Parkeergarage fasade FIGUUR 4b: Richard Rogers, Lloyds gebou FIGUUR 4c: Helmut Jahn, Die Diamant-gebou Londen, 1986. (The Diamond Building), Johannesburg, 1983. FIGUUR 4d: Nikolai Sutyagin, Houtwolkekrabber (Wood Skyscraper) (144 ft), Archangelski, Rusland. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 5: TUSSEN DIE WÊRELD-OORLOË 5.1 Dada en Surrealisme was in opstand teen die Eerste Wêreldoorlog. “Dada was ʼn opstandige oplewing van vitale energie en woede; – dit was te wyte aan die absurditeit van daardie waansinnige oorlog.” Max Ernst Met bogenoemde in gedagte, verduidelik (in ʼn paragraaf) hoe Duchamp se voorstelling van die kunswerk in visuele illustrasie FIGUUR 5a verteenwoordigend van sy opstandigheid was. (5) 5.2 Surrealisme is kuns uit die onderbewussyn gebore; met die geloof in die superieure werklikheid van sekere vorme van assosiasies, drome en fantasie. In ‘Voorgevoel oor Burgeroorlog’ ("Premonition of Civil War") wou Salvador Dali die verskrikking van die mens se onmenslikheid teenoor die mens uitdruk. Hy was ontsteld oor die brutaliteit van die Spaanse Burgeroorlog van 1936. Verwys na bogenoemde en bestudeer FIGUUR 5b. Bespreek die artistieke elemente en tegnieke wat die kunstenaar gebruik om ʼn atmosfeer van droom en/of fantasie te skep. (4) 5.3 Bestudeer FIGUUR 5c noukeurig en skryf ʼn opstel (van ongeveer ¾ bladsy) waarin jy Hansmann se Die kunskritikus (The Art Critic) bespreek en interpreteer om sy siening van die kritikus te definieer. Verwys na die volgende:  Onderwerp  Keuse van beelde  Aanbieding van vorm en kenmerke  Gebruik van grafiese druk  Betekenis (8) 5.4 In watter mate verteenwoordig die werk ʼn surrealistiese droomagtige gehalte? Motiveer jou evaluering met betrekking tot surrealistiese aspekte van die onderbewussyn – droom / fantasie wat in die werk voorkom. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: Marcel Duchamp, Bottelrak FIGUUR 5b: SALVADOR DALI, Voorgevoel (Bottle Rack), 1914. oor Burgeroorlog (Premonition of Civil War), olieverf op doek, 1936. FIGUUR 5c: Raoul Hausmann, Die kunskritikus (The Art Critic), Litografie en gedrukte papier op papier 1919–20. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 6: OORSIG VAN POST-1946 KUNS Gedurende die 1930’s het baie intellektuele gevlug vanaf Europa na Amerika as gevolg van politieke onrus. Dit sluit in kunstenaars wat later verrigtinge sou beïnvloed waaruit verskillende kunsstyle na die oorlog van 1946 sou verskyn. 6.1 Verwys na FIGUUR 6a en skryf ʼn opstel van ongeveer een bladsy waarin jy die volgende hanteer:  Onderwerp  Komposisie  Dimensionaliteit  Vorms  Kleur en die toepassing daarvan  Style (8) 6.2 Onderskei tussen Op-kuns en Kinetiese-kuns. (2) 6.3 Visuele illustrasie FIGUUR 6b is een van Victor Vaserely se Op-kunsreeks. Verduidelik hoe die invloede van Neo-impressionisme in die werk uitgedruk word. (2) 6.4 Bespreek die aard en effek van vervorming (distorsie) in die werk. (3) 6.5 Bestudeer FIGUUR 6c. In ʼn paragraaf regverdig die klassifikasie van Calder se werk as Kinetiese kuns deur na die volgende te verwys:  Invloede  Medium  Vorm  Kleur  Aanbieding (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGUUR 6a: Clifford Still, PH-945, olieverf op FIGUUR 6b: Victor Vasarely.Vega Nor., doek, 1946. 1969. FIGUUR 6c: Alexander Calder: Rooi-blou-swart-Kaskade (Red-Blue-Black-Cascade), geverfde plaatmetaal en draadmobiel, 1956. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 7: NUWE MEDIA FIGUUR 7a is 'n illustrasie van Aardkuns waar 6,5 miljoen vierkante voet drywende nuwe erosiebeheerde materiaal wat gemaak is om 11 eilande in Biskaynebaai te omring. Die lap verleng die omtrek van elke eiland met 200 voet. 7.1 Met bogenoemde in gedagte, bestudeer die visuele voorstelling in FIGUUR 7a en beskryf die verskillende aspekte van 'nuwe' media wat die werk kenmerk. (3) 7.2 Komposisioneel verduidelik waar die kyker homself of haarself moet plaas om die werk te sien. (1) 7.3 Maak voorstelle oor hoe die medium wat gebruik word, die voorkoms van die kunswerk (FIGUUR 7a) en die doel van die projek die beoogde betekenis van die werk definieer. (4) 7.4 Bestudeer FIGUUR 7b. Identifiseer die kenmerke van die werk wat dit kwalifiseer om as Installasie-kuns gekategoriseer te word. (2) 7.5 Skryf ʼn paragraaf waarin jy die volgende aspekte van die werk bespreek:  Onderwerp  Ruimte  Vorms  Dekoratiewe eienskappe  Betekenis (5) 7.6 FIGUUR 7c toon ʼn paar van Berni Searle se “Kleur my reeks” (Colour me series) foto’s waarin sy van speserye gebruik maak om rasse-stereotipering uit te lig. Bestudeer die visuele illustrasies en brei verder uit op bogenoemde stelling deur die werk binne die konteks van die term rassistiese stereotipering te interpreteer. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Christo en Jeanne-Claude, Omringde Eilande (Surrounded Islands), Biscaynebaai, Greater Miami, Florida. 1980–83. FIGUUR 7b: Yayoi Kusama, Kol Obsessie (Dots Obsession), New Century-2000. Installasie FIGUUR 7c: Berni Searle (Ongetitel van die Kleur My Reeks –Colour Me Series), 1998, Kleurfoto) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 8: DIE KUNSWÊRELD 8.1 Bestudeer die visuele illustrasie in FIGUUR 8a. Bespreek die uitdagings wat die kunstenaar sou ervaar om die werk aan die publiek bekend te stel en gee dan voorstelle, met motivering, watter tipe gehoor sulke werk sou waardeer. (5) 8.2 FIGUUR 8b, FIGUUR 8c en FIGUUR 8d is voorbeelde van Fyn kuns, Handwerk en Ontwerp. FIGUUR 8c en FIGUUR 8d kan egter onder meer as een van die bogenoemde dissiplines gekategoriseer word. Deur na die kenmerke van elke dissipline te verwys, identifiseer en bespreek ander moontlike dissiplines waaronder elk van die kunswerke gekategoriseer kan word. Oorweeg die volgende:  Mediums  Tegniek  Funksie  Enige ander aspek wat jy as relevant beskou (5) 8.3 ‘Wat Geers betref, is dit nie die kunswerk self wat belangrik is nie, maar die boodskap daaragter ...’ Stem jy saam met Geers se stelling? Evalueer FIGUUR 8e as ʼn kunswerk ter regverdiging van jou siening. (4) 8.4 Kies EEN werk deur enige kunstenaar wat jy bestudeer het, wat jou baie beïndruk het en skryf ʼn kort paragraaf oor die onderwerp, komposisie en betekenis van hierdie werk. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Strijdom van der Merwe, Lyne geteken met verskillende kleur grond wat op die terrein aangetref is, Touwsrivier, Wes-Kaap, Suid-Afrika, 2009. . FIGUUR 8b: Jacques-Louis FIGUUR 8c: Onbekend FIGUUR 8d: Mario Minale, David, Portret van Madame Kunstenaar, Kleipot, Datum Rooi Blou Lego Stoel (Red Raymond de Verninac onbekend. Blue Lego Chair, Ongedateer, (Portrait of Madame Bakstene en Aluminium Raymond de Verninac), 1798–99. FIGURE 8e: Kendall Geers, Self-Potret – 1995 (Self-Portrait – 1995), Gevinde voorwerp, (Oorspronklik vernietig op Vlug TW800) TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Visual Arts

View all