Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2015
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:
• Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
• Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning:
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2015
NSS
WOORDELYS
Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:
Analiseer/Ontleed: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
van 'n kunswerk.
Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling.
Formele Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente: soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
ensovoorts.
Interpreteer: Analiseer/Ontleed en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n
kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
spesifieke voorbeelde te verwys.
Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
verwys.
Kontemporêr: Kuns wat op die voorpunt is vanaf ongeveer die 1970's tot
vandag.
Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun.
Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
'n verduideliking.
Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.
Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
dieselfde argument aan.
Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
waarna in ander bronne verwys word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2015
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Beide die Franse Post-Impressionis, Paul Cézanne, en die Suid-Afrikaner,
Vusi Khumalo, het kunswerke geskep wat vir ons 'n kykie in hul verskillende
omgewings gee.
1.1 Vergelyk die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b deur na die volgende
te verwys:
• Media en tegnieke
• Kleur
• Perspektief
• Styl
• Moontlike boodskap/betekenis (10)
1.2 Skryf 'n opstel waarin jy ten minste TWEE kunswerke insluit wat jy bestudeer
het, wat tonele uit die omgewing uitbeeld.
Jou opstel moet die volgende insluit:
• Naam/Name van kunstenaar(s) en titels van werke
• Materiaal en tegnieke
• Styl
• Formele elemente
• Komposisie (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 1a: Paul Cézanne, Mont Sainte-Victoire Seen from Bellevue,
(Mont Sainte-Victoire Gesien vanaf Bellevue), olie op doek, circa 1885.
FIGUUR 1b: Vusi Khumalo, Informal Settlement Sakhile (Informele Nedersetting, Sakhile),
gemengdemedia-collage, 1996.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Beide Alexis Preller (FIGUUR 2a) en Buyisile Mandini (FIGUUR 2b) toon invloede van
verskillende kulture en style in hul kunswerke.
2.1 Skryf 'n kort opstel oor FIGUUR 2a en FIGUUR 2b waarin jy na die volgende
verwys:
• Onderwerpe/Invloede
• Simbole
• Formele kunselemente
• Styl
• Komposisie (10)
2.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat
deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms beïnvloed is.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Invloede op hul kunswerke
• BeeIdgebruik wat met Afrika-/inheemse kunsvorms verband hou
• Gebruik van materiale/media en style
• Inhoud en betekenis (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 2a: Alexis Preller, Primavera, olie op doek, 1965.
FIGUUR 2b: Buyisile Mandini, Reproduction (Voortplanting) (verwys na die
titel van die werk; nie die drukwerk nie), linosnee op Japannese papier, 1986.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
1970's EN 1980's
Die kunstenaar Manfred Zylla is uiters besorg oor die lot van die mensdom en die
toekoms van planeet Aarde. Kuns is vir hom 'n instrument vir maatskaplike
verandering en gaan nie oor mooi prentjies nie.
3.1 Met FIGUUR 3 wil Manfred Zylla gesindhede teenoor gestremdhede
verander.
Bespreek hoe hy dit doen deur na die volgende te verwys:
• Formaat/Triptiek
• Beeldgebruik
• Lyn
• Fokuspunt
• Ruimte
• Kleur
• Emosionele impak (8)
3.2 Gebruik die volgende as 'n riglyn en skryf 'n opstel waarin jy die werke van
enige TWEE kunstenaars wat sosiopolitieke kwessies aanpak, bespreek:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Gebruik van beelde en simbole
• Media en tegnieke
• Formele kunselemente
• Inhoud en betekenis (12)
[20]
Triptiek: 'n Kunswerk wat uit drie dele bestaan, maar as een werk lees
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 3: Manfred Zylla, Untitled (Lost) (Ongetiteld (Verlore)),
gemengde media, 2007.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Beide Helen Martins en Credo Mutwa is buitestanderkunstenaars ('outsider artists') wat
grootskaalse beeldhou-omgewings geskep het om persoonlike geestelike oortuigings
uit te beeld.
Helen Martins (FIGUUR 4a) het haar omgewingstukke by haar huis geskep, met die
hulp van plaaslike inwoners soos Koos Malgas. Die werke was die fisiese manifestasie
van haar persoonlike visies wat op Bybelse en Oosterse filosofieë gebaseer was. Uile
was 'n herhalende tema in haar werk.
Credo Mutwa se beeldhouwerk (FIGUUR 4b) weerspieël 'n skeppingsmite, maar
verwys ook na die gesin wat om die vuur sit terwyl die ouers rituele en gelowe deur
stories onderrig. Groot voëls omring die groep figure.
4.1 Bestudeer die visuele bronne in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b en skryf 'n kort
opstel deur die volgende te gebruik:
• Gee 'n kort beskrywing van die kunswerke.
• Hoekom het die kunstenaars hul werke in 'n buite-area geplaas? Gee
redes vir jou antwoord.
• Skaal en ruimte
• Style en tegnieke
• Wat, dink jy, is die funksie van die uile in FIGUUR 4a?
• Hoekom, dink jy, is die figure in FIGUUR 4b naak uitgebeeld?
• Hoekom het beide kunstenaars sement in hul werke gebruik? Gee redes
vir jou antwoord. (10)
4.2 Vergelyk ten minste TWEE kunswerke, kunsvlytwerke of geestelike werke wat
jy bestudeer het.
Jy moet na die volgende verwys:
• Naam/Name van kunstenaar(s) of kunsvlytkunstenaar(s) en titels van die
kunswerke
• Formele kunselemente
• Materiaal/Materiale en tegniek(e)
• Funksie en/of boodskap (10)
[20]
Buitestanderkuns ('Outsider art'): Kuns wat deur onopgeleide kunstenaars geskep
is, dikwels met 'n visionêre aard en naïewe benadering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 4a: Helen Martins (1897–1976), Owl House (Uilhuis),
Nieu-Bethesda, sement, glas en draad.
FIGUUR 4b: Credo Mutwa, Nkulu Nkulu, God The Father and The Chief of
Creation, and Nokhubuwana, God The Mother (Nkulu Nkulu, God Die Vader en
Die Hoofman van Die Skepping, en Nokhubuwana, God Die Moeder),
Soweto- kulturele dorp, rommel, sement, draad en verf, 1974.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE,
KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Renosters was eens op 'n tyd volop regoor Afrika en Asië. Gedurende 2014 is daar net
in Suid-Afrika 1 215 renosters deur wilddiewe doodgemaak, wat tot 'n totaal van 386
arrestasies gelei het.
5.1 Skryf 'n vergelyking waarin jy FIGUUR 5a en FIGUUR 5b bespreek deur die
volgende riglyne te gebruik:
• Plasing/Omgewing
• Stemming/Atmosfeer
• Tegniek
• Word die benarde toestand van die renoster in hierdie twee werke
oorgedra? Gee redes vir jou antwoord. (8)
5.2 Skryf 'n opstel waarin jy die werk van enige TWEE kunstenaars wat
alternatiewe/nuwe media gebruik het, bespreek.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
• Name van kunstenaars en titels van werke wat jy bestudeer het
• Beskrywing van die werke
• Media wat gebruik is
• Betekenisse/Boodskappe
• Hoe breek hierdie kunstenaars weg van die tradisie van tradisionele kuns? (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 5a: Faith 47, Taming of The Beasts (Tem van Die Ongediertes),
muurkuns, akrielverf en watervaste conté, Sjanghai, China, 2012.
FIGUUR 5b: Beezy Baily, As It Is in Heaven (Soos Dit in Die Hemel Is),
renosterskelet, goudblad op harshoring, met voëlvlerke van plastiek, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 6: POST-1994- DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA
Die gebruik van die Lion-vuurhoutjieboksie plaas Varenka Paschke se werk stewig in
konteks om 'n Suid-Afrikaanse identiteit uit te beeld.
6.1 Bestudeer FIGUUR 6 en skryf 'n paragraaf waarin jy die volgende bespreek:
• Titel
• Lineêre elemente
• Kleur
• Oorvleueling van figure/Figure in lae gerangskik
• Geblomde agtergrond
• Komposisie
• Postuur – betekenisse/boodskappe
• Is dit 'n uitdrukking van 'n tipiese Suid-Afrikaanse skoolmeisie? Gee redes
vir jou antwoord. (8)
6.2 In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk van enige TWEE relevante
Suid-Afrikaanse postdemokratiese kunstenaars wat hul identiteit ondersoek.
Jy moet die volgende riglyne gebruik:
• Name van die kunstenaars en titels van die kunswerke
• Onderwerpe/Temas
• Media/Tegnieke en materiale gebruik
• Formele kunselemente
• Moontlike betekenisse (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 6: Varenka Paschke, Safely Matched (Veilig Saamgevoeg), akrielverf, 2006.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Kontemporêre kunstenaars Berlinde de Bruyckere (FIGUUR 7a) en Nicola Samori
(FIGUUR 7b) gaan voort met die tradisie om die menslike vorm in hul werk te gebruik.
Hulle raak dikwels manlike/vroulike broosheid/kwesbaarheid aan met onderliggende
gevoelens van vrees en angs.
7.1 Vergelyk FIGUUR 7a en FIGUUR 7b en bespreek hoe hierdie kunstenaars
menslike broosheid/kwesbaarheid uitgedruk het deur die volgende kriteria te
gebruik:
• Hoe het die gebruik van media die stemming in elke kunswerk beïnvloed?
• Hoe is die konsep van tradisionele skoonheid verwring?
• FIGUUR 7b toon 'n sterk invloed van Barokkuns. Verduidelik hierdie
stelling en verwys na enige ander stilistiese invloede in beide werke.
• Watter kunswerk, dink jy, gee die beste uitdrukking aan 'n gevoel van
broosheid/kwesbaarheid? Gee redes vir jou antwoord. (10)
7.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se
werke geslagskwessies in die samelewing uitbeeld.
Jy moet die volgende in jou antwoord gebruik:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Uitbeelding van visuele beelde
• Formele kunselemente
• Media en tegnieke
• Boodskappe en betekenisse van die kunswerke (10)
[20]
Broosheid/Kwesbaarheid: Swakheid en hulpeloosheid
Barok: 'n Europese kunsbeweging in die 17de eeu
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 7a: Berlinde de Bruyckere, Marthe,
was, hout, wol, perdevel en hare, 1964.
FIGUUR 7b: Nicola Samori, Agnese, olie op koper, 2009.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Argitekte oral in die wêreld streef daarna om oplossings vir behuisingprobleme te vind.
FIGUUR 8a toon tipiese Suid-Afrikaanse laekostebehuising, terwyl FIGUUR 8b 'n
alternatiewe benadering gee.
8.1 Bespreek die volgende deur na FIGUUR 8a en FIGUUR 8b te verwys:
• Materiale/Estetika
• Hoe is ruimte in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b gebruik?
• As jy 'n Suid-Afrikaanse argitek was, watter volhoubare oplossings sou jy
voorstel om die Suid-Afrikaanse behuisingskrisis op te los? (6)
8.2 Bespreek ten minste TWEE voorbeelde van Suid-Afrikaanse argitektuur wat
jy inspirerend vind.
Jy moet die volgende in jou bespreking insluit:
• Name van geboue en argitekte
• Funksies en liggings
• Stilistiese kenmerke/Dekoratiewe kenmerke
• Omgewingskwessies
• Gebruik van materiale en boutegnieke (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2015
NSS
FIGUUR 8a: Heropbou- en Ontwikkelingsprogram, Suid-Afrika,
in 1994 geïmplementeer.
FIGUUR 8b: BSB Design, Architecture for A Change, (AFAC) (Argitektuur vir 'n
Verandering). Prototipe vir die gebruik van bekostigbare/mikro-behuising
in Suid-Afrika, sonpanele, sinkplaat, glas, 2013.
(Buite- en binne-aansigte)
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum