Skip to content

Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12202427 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V2 (PRAKTIES) (15 JULIE–14 OKTOBER 2024) PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die huis gedoen word [50] ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool gedoen word: 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50] Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: BRONBOEK ONDERWERP 2: KUNSWERK 2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2. 3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer. 4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede te toon:  Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in reaksie op 'n projek-opdrag te genereer.  Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n verskeidenheid materiale en tegnieke.  Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike, ekspressiewe visuele taal te gebruik.  Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk. 5. Jou finale praktiese kunseksamen vir graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring weerspieël. Die visuele beelde wat in die kunswerk gebruik word, moet aan die skool se gedragskode volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet voldoen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) Nov  Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.  Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk uitgedink, ontwikkel en geskep is. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël.  'n Minimum van 30 persent moet tekeninge wees (van eenvoudige lyntekeninge/sketse tot tonale tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik. Daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek, die oorspronklike konsep en die finale kunswerk wees.  Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool en by die huis daaraan werk. Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en dit saam met jou finale kunswerk, ONDERWERP 2, aanbied.  Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters belangrik.  As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer of die visuele beelde betekenisvol verander om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.  Jou onderwyser moet die aanvanklike dinkskrum fasiliteer en vir jou leiding met die kreatiewe proses gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg) Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur in die teenwoordigheid van 'n toesighouer in die kunslokaal gedoen word. Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met enige tegniese kwessies te help. ALGEMENE RIGLYNE  Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese dissipline(s) waarmee jy die gemaklikste voel.  Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.  Jy mag NIE die kunswerk uit die klaskamer/eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word as 'n eksamen-onreëlmatigheid beskou.  Jy mag die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT jy met die finale kunswerk begin.  Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis.  Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.  Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese dissiplines te skep.  Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie.  Jy moet voortdurend in jou bronboek werk en aantekeninge maak, tot aan die einde van die 24-uur-eksamen, wat ruimte skep vir finale veranderinge en idees. Die proses is belangrik aangesien dit jou in staat sal stel om jou sukses en tekortkominge tydens die eksamen te verduidelik en aan te teken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES Hierdie prikkelwoorde kan in enige volgorde gebruik word om jou met die ontwikkeling van jou bronboek te help. Elke kunstenaar volg 'n verskillende pad in die skeppingsproses. Nietemin kan elkeen van die stadiums jou help om jou navorsing te verdiep en verskillende benaderings te probeer. Jy mag die bladsy fotokopieer en die prikkels individueel uitknip. Plak dit in jou bronboek as opskrifte in enige volgorde wat verband hou met jou skeppingsproses. VRA VIND DIE PROBLEEM KYK VERKRY DIE KENNIS Ondersoek die tema van die opdrag. Kyk rondom jou: doen navorsing en versamel. Navorsing oor kunswerke. Versamel materiaal wat jou inspireer. LEER SPEEL VERSAMEL INLIGTING WAT VERBAND ONTWIKKELING HOU Eksperimenteer met media. Oefen jou tegnieke. Dink na oor die dinge wat jy met die tema Neem risiko's deur nuwe dinge met jou tegnieke assosieer. te probeer. Dinkskrum. Persoonlike nadenke. ONTWIKKEL IDEES DINK Neem foto's. INTEGREER Maak tekeninge. KOMBINEER IDEES Speel rond met idees. Soek na onverwagte kombinasies. Skakel sommige idees uit en voeg ander by. Eksperimenteer verder om nuwe moontlikhede te ondersoek. KIES KIES DIE BESTE IDEES Maak finale komposisietekeninge en besluite rakende die media wat jy gekies het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik BRUG 'N BRUG IS 'N STRUKTUUR EN HET OOK ANDER ' BETEKENISSE: OM DIT WAT GESKEI IS, TE VERBIND EDVARD MUNCH, THE SCREAM (DIE GIL) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug 'n Brug is 'n fisiese struktuur wat twee plekke verbind, bv. 'n brug oor 'n rivier. 'n Brug kan ook ander betekenisse hê: Ons bou brûe in ons verbintenisse met ander mense. 'n Brug kan ook die verskillende stadiums van ons lewens verbind en op daardie manier kan dit as 'n reis deur die verskillende stadiums van die lewe gesien word. Jy is nou aan die begin van 'n reis waar jy graad 12 binnekort voltooi. Stel jou voor daar is 'n brug tussen jou skoollewe en die buitewêreld wat jy gaan betree. Ons begin met die kunswerk van Edvard Munch om te wys hoe hy sy persoonlike ervarings, sy kunssinnige invloede en sy verkenning van kunselemente en tegnieke oorbrug het om sy skildery van The Scream (Die Gil) te ontwikkel. Edvard Munch, The Scream (Die Gil), olie, tempera, pastel en kryt op karton, 1893. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik EDVARD MUNCH, The Scream (Die Gil) Dit is die storie van hoe Edvard Munch met 'n persoonlike ervaring gewerk het. Sy kunssinnige proses word getoon om te demonstreer hoe ons betekenisvolle ervarings in ons alledaagse lewe kan neem en in kunswerke kan transformeer. Kyk Foto's uit Munch se konteks Munch onthou hoe hy tydens ʹn sonsondergang op ʹn paadjie saam met twee vriende geloop het toe die lug bloedrooi geword het. Munch het gesê: 'Ek het stilgestaan en het uitgeput gevoel. Dit is die ligging van die Munch het die seldsame Ek het daar gestaan en skildery op 'n heuwel bo perlemoenagtige wolke van angs gebewe. Ek Oslo, Noorweë. gesien wat lig ná 'n sons- het 'n oneindige gil ondergang gereflekteer het. gevoel wat deur die natuur getrek het.' Dink Tekeninge wat sy onderwerp ondersoek het Munch het nie kennis van perlemoenagtige wolke gehad nie. Hy is gelaat met 'n gevoel van afgryse en angs wat hy vir jare in sy kunswerke probeer manifesteer het. Hy het probeer om die gevoel van desperaatheid wat hy teëgekom het, uit te beeld deur die mens geïsoleerd en Edvard Munch, The Path of Death verwyderd op brûe in (Die Pad van die Dood), pen, 1890. die natuur te teken. Speel Aanvoorwerk van kleur Munch het 'n obsessie met die herinnering aan 'n sonsondergang, so rooi soos bloed, gehad. Hy het oor sy tekeninge geverf om die langwerpige rooi wolke, Edvard Munch, Despair wat die sterk gevoel van (Wanhoop), olie en angstigheid wat gevolg het, uit te beeld. houtskool, 1892. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Leer Navorsing oor ander kunstenaars Die rooi was nie genoeg nie. Munch moes 'n Peruviaanse mummie by veranderinge aan die La Specola, Florence styl van die figuur maak om die afgryse uit te Die geraamteagtige beeld. In latere kreatuur op die voorgrond is weergawes het hy geïnspireer deur 'n verwronge figure Peruviaanse mummie, wat aangeneem. Hierdie figure het 'n verskil aan Munch waarskynlik by die die skildery gemaak. 1889 Exposition Universelle in Parys gesien het. Dink Komposisie Munch het die gevoel van angst deur die skuinsplasing van die komposisie verhoog. Hy het die hoek van die reling met 'n sterk diagonaal vergroot om 'n gevoel van onstabiliteit in die skildery te skep. Speel Eksperimentering met media Munch het nie van teken na skilder gespring nie. Voor hy sy finale skildery gemaak het, het hy met kleur en verf geëksperimenteer. Hy het die gebruik van merke maak verken tot ekspressiewe effek in verf om die energie en angst van die landskap The Scream (Die Gil), The Scream (Die Gil), olie, vas te vang. pastel op karton, 1893. tempera en pastel op karton, 1893. Hierdie storie toon die proses van transformasie van Munch se onderwerp. Hy het begin met die beeld van die werklike brug waarop hy gestaan het, en deur inspirasie van ander kunstenaars en gefokusde eksperimentering, het hy 'n skildery geskep wat verder as sy onmiddellike tyd en plek gegaan het om 'n simbool van die pyn en angstigheid van die vroeë 20ste eeu te word. In hierdie praktiese eksamen moet jy jou eie persoonlike interpretasie van die tema Brug wat met jou lewe, jou denke en idees verband hou, ontwikkel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as 'n reis 'n Brug is 'n fisiese struktuur wat opgerig is om rigting aan 'n reis te gee. Leonard French, The Bridge (Die Brug), muurskildery, 1984. Hierdie muurskildery is in opdrag van die Brenthurst-biblioteek in Johannesburg gemaak. Die ineenstorting van 'n brug dui op chaos en menslike broosheid. William Kentridge, Arc/Procession: Develop, Catch Up, Even Surpass (Boog/Prosessie: Ontwikkel, Opvang, Oortref Selfs), houtskool en pastel op papier, 1990. Dit is 'n groot tekening op 'n reeks van elf velle papier. Dit beeld 'n prosessie van mense uit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Peter Clarke, For Some the Pathway to Education Lies Between Thorns (Vir Sommige Loop die Pad na Opvoeding tussen Dorings), linosnee, 1994. Dumile Feni, Train Crash (Treinbotsing), blou balpuntpen op papier, 1966. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug met die natuur Brûe laat mense toe om ruimtes in die natuur oor te steek. Kunstenaars het brûe as 'n simbool van die verhouding tussen mense en die omgewing in omgewingsbewuste kunswerke gebruik. Yoshio Makino, Battersea Bridge (Battersea-brug), houtblokdruk, ink en kleur op papier, c. 1930. Ilan Averbuch, The Bridge (Die Brug), herwinde materiale, onafgehandelde werk. Averbuch het staal van die 100 jaar-oue historiese Rodgers-brug herwin, wat vir meer as 'n eeu as 'n vervoerskakel gedien het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as verbinding Die brug is 'n metafoor vir uitreik na ander om 'n verbintenis te maak. Simon en Garfunkel se lied, Bridge over Troubled Water, gaan oor vriendskap en verbintenis: 'Oh, if you need a friend / I'm sailing right behind / Like a bridge over troubled water / I will ease your mind …' Beili Liu het 'n antieke Chinese legende oor rooi gare geïnterpreteer. Daar word geglo dat elke persoon tydens geboorte met onsigbare rooi gare aan 'n ander persoon verbind word. Beili Liu, Lure (Lok), liggingspesifieke installasie, 2012. Lorenzo Quinn, Building Bridges (Bou Brûe), installasie (Venesië Biënnale), 2019. Die saamgevoude hande oor 'n kanaal is 'n uitnodiging om brûe met ander regoor die wêreld te bou, eerder as om versperrings te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as 'n deurgangsrite Brûe is aan beide kante van 'n grens geposisioneer, soos tussen die verlede en die hede, tussen lewe en dood en tussen die fisiese wêreld en die wêreld van die voorvaders. 'There are endings and there are beginnings, and the two always meet.' (Daar is eindes en daar is beginpunte, en die twee ontmoet altyd.) – Della Hicks-Wilson Sithembiso Sibisi, Baptism – Spiritual Healing in the Sea (Doop – Geestelike Genesing in die See), olie op doek, 2005. Sethembile Msezane, Sebashilo Ukuthi Basilinde 1 (Hulle Het Gesê dat Hulle vir Ons Wag), fotografiese druk op spieël, 2018. Msezane kanaliseer haar voorvaders om boodskappe aan die lewendes oor te dra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Edvard Munch, The Dance of Life (Die Dans van die Lewe), olieverf op doek, 1899–1900. Die boog van die lewe strek vanaf die jong maagd in wit tot by die ou weduwee in swart. Paula Rego, The Dance (Die Dans), akrielverf op papier op doek, 1988. Die skildery ondersoek 'n verskeidenheid maniere om 'n vrou te wees regoor die skildery se oppervlak: kind, ma, ouma – 'n volledige siklus van vroulikheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as materialiteit Die idee van 'n brug kan ook 'n lens wees om na kunsaktiwiteite te kyk; ons kan dink aan die materiale wat gebruik word om 'n kunswerk te skep. Baie kunstenaars bind verskillende materiale/visuele beelde saam om multimediakunswerke te skep. Elliot Hundley, Siren (Sirene) (detail), tydskrifte wat opgesny is, foto's, plastiek, materiaal, spelde, hout, olie en akrielverf, houtskool, pastelle, tou, keramiekskulpe. Datum onbekend. Hundley oorvleuel en skep lae met die verskillende beelde om die dele te verbind. Gabriella Kruger, Overgrowth 1 (Oorgroeiing 1) en Overgrowth 1 (Oorgroeiing 1) (detail), akriel op doek, 2018. Kruger droog akrielverf in verharde stroke wat sy dan saamweef. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Neo Matloga, Dikarata (Kaarte), foto-collage, houtskool, vloeibare houtskool, ink, sagte pastel en akriel op doek, 2021. 'n Brug kan ons ook laat dink aan suspensie of kunswerke wat nie aan die grond raak nie. Glenn Kaino, Bridge (Raise Your Voice in Silence) (Brug (Verhef Jou Stem in Stilte)), installasie, 2022. Die werk bestaan uit 'n reeks herhalende afgietsels van Tommie Smith se arm en verewig die historiese menseregte-saluut wat hy gemaak het nadat hy die goue medalje in die 200 meter-mansnaelloop by die 1968 Olimpiese Spele gewen het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 18 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as 'n komposisionele element 'Goeie komposisie is soos 'n hangbrug; elke stuk tou dra krag by en neem niks weg nie.' – Robert Henri Kunstenaars dink aan komposisionele lyne, fokuspunte en interessante gesigspunte as maniere om die verskillende elemente van hulle onderwerpe saam te bring en die kyker deur 'n kunswerk te lei. Hundley gebruik 'n donker swart lyn om al die klein dele in die kunswerk saam te bring en die oog terug te lei na die twee persone wat die fokuspunt is. In Bruegel se skildery (hieronder) vorm die figure 'n sterk diagonale komposisie om 'n gevoel van beweging in die skildery te skep. Dit kontrasteer met die horisontale lyn van die landskap. Elliot Hundley, String Figures VII (Toutjiefigure VII), die maak van afdrukke met digitale fotografiese beelde, 2021. Pieter Bruegel die Oue, The Blind Leading the Blind (Die Blinde Lei die Blindes), olieverf op linne, 1568. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 19 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Brug as kunsinvloed Kunstenaars word deur kunstenaars van die verlede beïnvloed om so 'n brug tussen die kuns van die verlede en die hede te skep. Kirchner was deel van die Duitse Ekspressionistiese Beweging, Die Brücke (Die Brug). Die naam is gekies om die verbintenis met ander kunsbewegings van die verlede te beklemtoon. Ernst Ludwig Kirchner, Moonrise, Soldier and Maiden (Maanopkoms, Soldaat en Meisie), olie op bord, 1905. Utagawa Hiroshige, Yahagi Bridge (Yahagi-brug), houtblokdruk, ink en Claude Monet, Water Lilies and kleur op papier, 1833. Japanese Bridge (Waterlelies en Japannese brug), olieverf op doek, 1899. Die Impressionistiese kunstenaar, Claude Monet, is deur Japannese brûe beïnvloed toe hy die bruggie in sy tuin in Giverny, Frankryk, gebou het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 20 DBE/November 2024 NSS Vertroulik BRUG Hoe sal jy die tema interpreteer? Jy kan die volgende oorweeg: Persoonlik Verbintenis Reis Deurgangsrite Materiale Jou reaksie moet persoonlik en oorspronklik wees om jou denke, idees en emosies se verbintenis tot die tema te kan wys. Bloukransbrug, Die Tuinroete Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 21 DBE/November 2024 NSS Vertroulik WOORDELYS: Metafoor: 'n stylfiguur wat 'n objek of aksie beskryf wat nie letterlik waar is nie, maar help om 'n idee te verduidelik of 'n vergelyking te maak Angst: 'n gevoel van diepe angs of vrees Transformasie: 'n merkbare verandering in vorm, natuur/aard of voorkoms Simbool: 'n voorstelling van 'n objek of 'n idee Deurgangsrite: 'n seremonie of gebeurtenis wat 'n belangrike stadium in iemand se lewe aandui, veral geboorte, die oorgang van kind na volwassene, huwelik en dood Materialiteit: in kuns verwys materialiteit na 'n belangstelling in die medium, tekstuur of oppervlak van die kunswerk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 22 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ASSESSERING ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Voorgestelde punte- toekenning Konsep-ontwikkeling  Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om 25% konsep-ontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het 25% o Eksperimentering met media en/of verskillende tegnieke o Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsep-ontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Dit moet visueel interessant wees en 'n persoonlike voorkoms benadering toon. 25%  Jou bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 Die kunswerk moet uit die bronboek ontwikkel en daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek en die kunswerk wees.  'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering en aandag aan detail daarvan.  Laat die kunswerk 'n uitdrukking van jou eie ervarings, idees, gevoelens, ens. wees.  Werk met jou sterk punte. ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Keuse en gebruik van  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die materiaal/tegnieke konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van kunselemente en kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie Geheelindruk van werk –  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, reaksies/oplossings kreatiwiteit, innovering Interpretasie en praktiese  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema implementering van  Eksperimentering navorsing  Pak nuwe uitdagings aan Voltooiing en aanbieding  Aandag aan detail van kunswerk  Taak in aangewese tyd voltooi  Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 23 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente Uitstaande 90–100  Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleemoplossingsvaardighede.  Poging is veel meer as wat vereis was.  Die 'WOW'-faktor is duidelik.  Werk toon groot mate van innovering.  Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.  Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks elemente en beginsels.  Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.  Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89  Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/ relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.  Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.  Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie goed 70–79  Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.  Goeie bewyse van moeite en toewyding.  Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.  Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom. Goed 60–69  Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.  Goeie vlak van bevoegdheid. Gemiddeld 50–59  Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.  Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.  Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.  Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.  Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.  Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.  Die omvang van die werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 24 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Ondergemiddeld 40–49  Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.  Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.  Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag.  Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.  Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie, of onvolledige beplanning. Swak 30–39  Net genoeg materiaal/werke om te slaag.  Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik.  Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.  Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag.  Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar is.  Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie swak 20–29  Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; weinig Druip of irrelevante werk/visuele inligting.  Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.  Baie swak vaardigheidsvlak.  Projek is baie swak of onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.  Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Onaanvaarbaar 0–19  Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan Druip selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.  Werk onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.  Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 25 DBE/November 2024 NSS Vertroulik ALGEMENE RIGLYNE 1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE OPSIE wat jy HIERDIE JAAR GEKIES HET, te voltooi. Gespesialiseerde opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie, installasies, nuwe media, gemengde media, ens. in. 2. Jy het die vryheid om oor dissiplines te werk. Dit hou tred met kontemporêre kunspraktyke wat voortdurend ontwikkel. 'n Gespesialiseerde fokus in skilder kan die eksplorasie van drie-dimensionele werk en nuwe media insluit. 3. Jy kry punte volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste, en nie volgens die gespesialiseerde opsie, bv. skilder of fotografie, nie. In alle gespesialiseerde opsies moet daar 'n balans tussen die tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat jy gekies het, wees. Jou bedoeling en benadering tot beide die tegniese en konseptuele aspekte van die werk sal oorweeg word wanneer die kunswerk(e) geassesseer word. 4. Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word. BRONBOEK VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE Die ontwikkeling van 'n sterk konsep is van uiterste belang in alle nuwe media/multimedia en fotografiese kunswerke. Bewyse van jou denkprosesse wat tot die finale uitdrukking van die konsep gelei het, moet visueel in die bronboek gewys word:  Relevante bronmateriaal – eie foto's en visuele beelde  Navorsing oor kontemporêre kunstenaars deur soortgelyke benaderings te gebruik om begrip van ontwikkelings in die relevante veld te wys  'n Minimum van 30 persent moet tekeninge wees/handvaardighede demonstreer  Eksperimentering met visuele beelde en tegnieke, die insluiting van ander materiale bv. collage of stikwerk, of digitale collage-beelde  Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryf en/of 'n storiebord)  Dokumentering van prosesstappe: skermskote van die redigeringsbesluite wat gemaak is; die gereedskap wat gebruik is om beelde te manipuleer; enige woorde; aanpassings gemaak; filters wat gebruik is (distorsie, geraas, afdruk, skets) ens. KUNSWERK VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE Die kunswerk moet 'n oorkoepelende konsep met 'n helder kunssinnige stem beklemtoon.  In digitale kuns, video en fotografie moet jy nie te veel staatmaak op sagteware en digitale prosesse om visuele effekte te skep nie, maar moet jy jou medium/tegnologie bewustelik gebruik om beelde te transformeer. Die medium is gereedskap om verbeeldingryke, konseptuele en kunssinnige elemente te realiseer.  In video moet jy die klankbaan sorgvuldig oorweeg om 'n musiekvideo-gevoel in die werk, wat die boodskap kan weerspreek, te vermy. Jy kan jou eie klanke skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 26 DBE/November 2024 NSS Vertroulik  In installasie is kykerinteraksie met die ruimte belangrik. Installasiekunswerke moet onder toesig tegnies en konseptueel in die eksamenarea ten volle opgelos word.  In uitvoerende kuns ('performance art') moet kandidate sorgvuldig aandag skenk aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Dramatiese Kuns. Vir die finale eksamen sal die dokumentering van die opvoering geassesseer word en nie die werklike opvoering nie, weens die aard van die eksamen- en modereringsproses.  Alle visuele beelde/kunswerke moet ooreenkomstig die skool se gedragskode wees. Dink aan sensitiewe beelde en kwessies in alle kulturele praktyke. LET WEL: ALLE KUNSWERKE in ENIGE MEDIA moet onder toesig tydens die 24-uur-eksamen gedoen word. Die SD-, geheuekaart of enige ander bergingstoestelle moet vir die tydperk van die eksamen by die skool bly. AANBIEDING VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE  Aanbieding is belangrik.  Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en kunsmuseums in groot formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig. Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet die impak van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg word.  In twee-dimensionele digitale werke of fotografie kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk wees nie. Dit moet óf 'n reeks van minstens drie A4-werke wat 'n storie uitbeeld óf in A2 of groter gedruk wees en met selfstandige narratief gemonteer wees.  Verseker dat toestemming verleen is vir die digitale deel van kunswerke. ERKENNING Egan, B. (geen datum nie). The Scream (verskillende media 1893–1910) deur Edvard Munch. Painting location: Oslo, Norway. Beskikbaar: https://popspotsnyc.com Pettersen, P. 2022. Edvard Munch – The Scream. International Journal of Conservation Science, 13, bl. 1405–1420. Prata, F, Robock, A, & Hamblyn, R. 2018. The Sky In Edvard Munch's The Scream. Bulletin of the American Meteorological Society, 99(7), bl. 1377–1390. The Princeton Art Museum. 2023. Not Just a Bridge: Works from the Museum Collections. Beskikbaar: https://artmuseum.princeton.edu/learn/explore/collections- themes/not-just-bridge-works-museum-collection Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 27 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê. Kandidaat se naam: Datum: Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi. Kandidaat se handtekening: Datum: Onderwyser se naam: Datum: Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam) bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is. Onderwyser se handtekening: Datum: Skoolhoof se handtekening: Datum: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all