Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12202419 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2024 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie  Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks  Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die regterkantste bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke vraag gebruik.  Jy mag NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.  Jy mag NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende vrae herhaal NIE. 7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur. 8. Gebruik volsinne en paragrawe. 'n Lys met feite/tabelle is NIE aanvaarbaar NIE. 9. Beantwoord die vrae op 'n holistiese manier. Die kolpunte stem nie ooreen met 'n spesifieke punt nie, maar jy moet dit as riglyne in jou antwoorde op die vrae gebruik. 10. Wanneer jy 'n analise moet doen, moet jy 'n gedetailleerde bespreking verskaf wat 'n keuse van die volgende kriteria gebruik:  Formele kunselemente, soos lyn, kleur, tekstuur, fatsoen/vorm en toonwaarde  Komposisie, fokuspunt en balans, ens.  Styl en media  Tegniek  Invloede  Betekenis en interpretasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 11. Indien 'n vergelyking gevra word en daar is GEEN vergelyking in die antwoord NIE, sal jy gepenaliseer word. 12. Tydbestuur en lengte van antwoorde:  Jy moet ongeveer 36 minute per vraag aan jou gekose VYF vrae bestee.  Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning. o 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy o 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) o 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye 13. Skryf netjies en leesbaar. Nov Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS KUNSWERKE BEELD DIKWELS BELANGRIKE GEBEURE IN KUNSTENAARS SE LEWENS UIT Gustave Courbet (FIGUUR 1a), 'n Franse skilder wat die Realisme-beweging gelei het, het gebeure uit die werklike lewe en eerlike uitbeeldings van die alledaagse lewe in die 19de eeu geskilder. George Pemba (FIGUUR 1b) het die alledaagse lewe van sy gemeenskap in Suid-Afrika vasgevang en verdien met reg om die 'skilder van die mense' genoem te word. 1.1 Courbet en Pemba het die realiteit van begrafnistonele in hulle skilderye getoon. Bespreek hoe die kunstenaars die emosie van die geleentheid oorgedra het. Gebruik die volgende riglyne:  Uitbeelding van die mense en hulle omgewings  Gebruik van kleur  Wat is die fokuspunt? Gee redes vir jou antwoord. (8) 1.2 Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat gebeure uit die kunstenaars se daaglikse lewens uitbeeld. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Beskrywing van die kunswerke en die gebeurtenisse wat uitgebeeld word  Kleur  Fatsoen/Vorm  Ruimte en perspektief (oogpunt)  Betekenis/Boodskap (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 1a: Gustave Courbet, A Burial at Ornans ('n Begrafnis by Ornans), olieverf op doek, 1849–1850. FIGUUR 1b: George Pemba, The Funeral (Die Begrafnis), olie op bord, 1980. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORME Die Sapo Mask (Sapo-masker) (FIGUUR 2a) is gebruik om die identiteite van die dansers te vermom sodat hulle tydens seremoniële rituele met die geestelike/spirituele wêreld kon verbind. Cyrus Kabiru (FIGUUR 2b) en Romuald Hazoumè (FIGUUR 2c) het kunswerke geskep wat soos maskers lyk. 2.1 Tradisionele maskers, soos FIGUUR 2a, het inspirasie vir kontemporêre kunswerke verskaf, soos wat in FIGUUR 2b en 2c uitgebeeld word. Bespreek deur die riglyne hieronder te gebruik.  Hoe het FIGUUR 2a die vereenvoudiging en verwringing in FIGUUR 2b en 2c beïnvloed?  Tekstuur en herhaling in FIGUUR 2b en 2c  Balans in FIGUUR 2b en 2c  Hoe verskil die materiale en die funksie van FIGUUR 2b en FIGUUR 2c van dié wat in FIGUUR 2a gebruik is? (10) 2.2 Suid-Afrikaanse kunstenaars is op verskillende maniere deur inheemse kunsvorme beïnvloed. Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat die invloed van inheemse kunsvorme/Afrika-kuns toon. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Onderwerp  Invloede van Afrika-/inheemse kunsvorme  Styl en tegniek  Komposisie (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 2a: Sapo-kunstenaar, Sapo Mask (Sapo-masker), hout, metaal, kauriskulp, kaolien, dieretande, bok- en duikerhoring, wildevarkslagtande, plantvesels, tekstiel, modder, keramiek, c. 20ste eeu. FIGUUR 2b: Cyrus Kabiru, Macho Nne 09 FIGUUR 2c: Romuald Hazoumè, Algoma, (Caribbean Peacock) (Karibiese Pou), plastiek en raffia, petrolkan, 2018. pigmentink op HP-premium- satynfotopapier, 2014. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT 'My tekeninge en skilderye is as 'n daad van protes gedoen; ek het probeer om die wêreld te oortuig dat dit lelik en siek is.' – George Grosz George Grosz was 'n belangrike kunstenaar in Duitsland nadat hulle die Eerste Wêreldoorlog verloor het. Daar was baie korrupsie in die regering van daardie tyd. 3.1 Hoe besin Grosz oor die korrupsie van sy tyd in FIGUUR 3a? Verwys na die volgende:  Jou interpretasie van die liggaamshoudings, plasing en kleredrag van die figure rondom die tafel  Die simboliek van die wapens, die donkie, die koplose figure en die geraamte  Hoekom het Grosz 'n diagonale komposisie gebruik?  Styl (8) 3.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars analiseer wat hulle kuns gebruik om hulle teen ongeregtighede in die samelewing te verset (te protesteer) (EEN kunswerk per kunstenaar). Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Die sosiopolitieke kwessies wat aangepak is en hoe die kunstenaars hulle bekommernisse deur visuele beeldgebruik oorgedra het  Materiale en tegnieke  Formele kunselemente  Skaal (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 3a: George Grosz, Eclipse of the Sun (Sonsverduistering), olieverf op doek, 1926. Sonsverduistering ('Eclipse'): Sonsverduistering vind plaas wanneer 'n hemelliggaam, soos die maan of 'n ander planeet, in die skaduwee van 'n ander hemelliggaam inbeweeg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Baie jong seuns is veewagters in die landelike areas in Suid-Afrika. John Muafangejo (FIGUUR 4b) dokumenteer 'n veewagter wat beeste oppas wat hy in die landelike omgewing gesien het waar hy vir die meeste van sy lewe gewoon het. Andile Dyalvane (FIGUUR 4c en FIGUUR 4d) het gesê dat hierdie ervaring as 'n jong veewagter sy diepe verbintenis met die land en sy kultuur ontwikkel het. 4.1 Bespreek hoe die visuele beelde van beeste in die kunswerke in FIGUUR 4b en FIGUUR 4c verander is. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Vorm/Fatsoen  Skaal  Kleur en kontras  Die gebruik van verskillende linosnee- en kleimediums  Wat die kunswerke in FIGUUR 4b en FIGUUR 4c ons oor die kunstenaars se interpretasie van beeste vertel (10) 4.2 Bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars of vlytkunstenaars wat besin/nadink oor hulle landelike grootwordjare en/of geestelike geloofstelsel (EEN kunswerk per kunstenaar wat jy bestudeer het). Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Gebruik van medium  Fatsoen/Vorm  Die storie wat die kunswerk oor die kunstenaars of vlytkunstenaars se landelike en/of geestelike ervaring vertel (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 4a: Jong Kind wat Beeste FIGUUR 4b: John Muafangejo, Shepherd is Oppas, foto, datum onbekend. Moving the Cattle to a Good Place for Grassing (Veewagter Verskuif Beeste na 'n Goeie Plek om te Wei), linosnee-afdruk, 1980. FIGUUR 4c: Andile Dyalvane, iThongo- FIGUUR 4d: Andile Dyalvane wat op 'n kleistoel reeks (voorouerdroomlandskap), uit die iThongo-reeks sit, foto, 2021. gevuurde klei, 2021. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA Rembrandt het gedurende sy leeftyd 'n reeks selfportrette geskep wat die tekens van veroudering in sy gesig uitgebeeld het. Hy was sestig toe hy FIGUUR 5a geskilder het. Marc Quinn (FIGUUR 5b) het Self geskep deur sy eie bloed te gebruik. Sy bloed is in fases ingesamel soortgelyk aan die proses van bloed skenk. Hy het toe 'n afgietsel van sy kop gemaak wat met sy bloed gevul is. Die beeldhouwerk is solied gevries en word verkoel gehou. 5.1 Bespreek jou begrip van multimedia/nuwe media in teenstelling met sogenaamde tradisionele kunsmedia in hierdie TWEE kunswerke (FIGUUR 5a en FIGUUR 5b). Verwys na die volgende riglyne:  Keuse en gebruik van media en tekstuur  Kleur  Tekens van veroudering  Die impak van ELKE kunswerk op die kyker (10) 5.2 Analiseer TWEE kunswerke wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) om te wys hoe kunstenaars tradisionele media uitgedaag het of daarvan wegbeweeg het. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Beskrywing  Gebruik van materiale en tegnieke  Hoe die materiaal tot die betekenis of boodskap van die kunswerk bydra  Hoe die kunswerk van 'n tradisionele kunswerk verskil (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 5a: Rembrandt van Rijn, Self-portrait with Nabyskoot van FIGUUR 5a Beret and Turned-up Collar (Selfportret met Mus en Omslaankraag), olieverf op doek, 1659. FIGUUR 5b: Marc Quinn, Self, die kunstenaar se bloed, Nabyskoot van FIGUUR 5b vlekvrye staal, Perspex en verkoelingstoerusting, 1991. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 In 'n uitstalling genoem uBuhle boKhokho (Skoonheid van ons Voorouers), het Zizipho Poswa Afrika-haarstyle met tradisionele houers gemeng om brons- en keramiekbeeldhouwerke te skep. FIGUUR 6a en FIGUUR 6b gee 'n uitsig oor die uitstalling. Poswa het grootskaalse beeldhouwerke saam met twaalf foto's van haarstyle uitgestal. Elke beeldhouwerk het 'n ander mens voorgestel. 6.1 Bespreek hoe Poswa haar Afrika-identiteit deur hare in FIGUUR 6a, FIGUUR 6b en FIGUUR 6c vier. Gebruik die volgende as riglyne:  Beskryf sommige van die haarstyle wat jy in die uitstalling sien.  Hoe beïnvloed die haarstyle in die foto's die beeldhouwerke?  Beskryf die vereenvoudiging van die vroulike liggaam in die beeldhouwerk van FIGUUR 6c.  Beskryf die tekstuur van en die glasuur op die beeldhouwerke.  Hoe vier Poswa kontemporêre swart vroue se identiteit? (7) 6.2 Hoe versterk die uitstalling die kyker se ervaring? Gebruik die volgende as riglyne:  Hoe die ruimte gebruik is  Plasing van kunswerke en die verhoudings tussen die kunswerke (3) 6.3 Skryf 'n opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle identiteit in die nuwe Suid-Afrika uitbeeld (EEN kunswerk per kunstenaar). (10) [20] Glasuur: 'n Keramiekglasuur is 'n laag wat op die kleioppervlak geverf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 6a: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid van ons Voorouers), uitsig oor uitstalling met die kunstenaar wat voor haar beeldhouwerke poseer, 2022/2023. FIGUUR 6b: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid FIGUUR 6c: Zizipho Poswa, van ons Voorouers), uitsig oor uitstalling, 2022/2023. Natalie Leumaleu, geglasuurde erdewerk, brons, 2022. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Die Amerikaanse akteur en sanger, Billy Porter (FIGUUR 7b), het koppe laat draai toe hy met 'n rok by die 2021-Oscar-toekenningseremonie aangekom het. King Henry VIII (Koning Henrik VIII) (FIGUUR 7a), koning van Engeland, is tydens die Renaissance deur Hans Holbein geskilder. Hy was 'n magtige, opgevoede leier wat spandabelrig was en daarvoor bekend was dat hy ses vroue gehad het. Luke Rudman (FIGUUR 7c) is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en 'n omgewingsaktivis wat met verskillende media werk wat optrede en skilder insluit. 7.1 Hoe het verhoudings tussen kleredrag en geslag met tyd verander, soos in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b en FIGUUR 7c uitgebeeld word? Gebruik die volgende riglyne:  Die stelling wat die rok, liggaamshouding en die omgewing maak  Kleur van die rok  Die funksie van die kunswerk en foto's  Hoe laat die kunswerke/visuele beelde in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b en FIGUUR 7c jou dink oor mans in rokke in verskillende tydperke? (10) 7.2 Bespreek hoe kunstenaars aandag gegee het aan idees oor geslag deur TWEE spesifieke kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) te analiseer. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Geslagskwessies waaraan aandag gegee word  Formele kunselemente  Materiale en tegnieke  Hoe die kunstenaars probeer om die kyker te laat nadink oor die kwessies deur hulle keuse van visuele beelde (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 7a: Hans Holbein die Jonge, FIGUUR 7b: Foto van Billy Porter by die King Henry VIII (Koning Hendrik VIII), Oscar-toekenningseremonie, 2021. olieverf op doek, c. 1530. FIGUUR 7c: Luke Rudman, Eden and Luke (Eden en Luke), kombinasie van skilder en optrede, foto, 2022. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA 'Die huis moet 'n masjien wees om in te leef.' – Le Corbusier Die modernistiese gebou, Villa Savoye (FIGUUR 8a), is as 'n delikate drywende boks beskryf. Dit is funksioneel as 'n huis, maar dit kan ook as 'n beeldhouwerk waardeer word. 'n Argitektuursfirma (FIGUUR 8b) in Kaapstad het 'n kontemporêre boomhuis geskep vir 'n kliënt wat 'n wegkruipplek as 'n huis wou hê. Beide huise bied ontsnapping uit die stampvol stad. 8.1 Vergelyk FIGUUR 8a en FIGUUR 8b deur die volgende riglyne te gebruik:  Fatsoen/Vorm en patroon  Ligbron(ne)  Boumateriale  Terrein en omgewing (10) 8.2 Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat innoverende materiale gebruik het. Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:  Gebruik van materiale/tegnieke  Die ontwerp van die struktuur  Omgewingsinvloede  Die verhouding tussen die gebou en die omgewing (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2024 NSS Vertroulik FIGUUR 8a: Le Corbusier, Villa Savoye, Frankryk, gewapende beton en glas, 1929. FIGURE 8b: Malan Vorster Architecture Interior Design, Tree House (Boomhuis), Kaapstad, staal, hout en glas, 2016. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all