Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V2
(PRAKTIES)
21 JULIE–23 OKTOBER 2023
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
huis gedoen word [50]
ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ONDERWERP 2: KUNSWERK
2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.
3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.
4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
te toon:
Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in
reaksie op 'n projek-opdrag te genereer.
Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n
verskeidenheid materiale en tegnieke.
Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
ekspressiewe visuele taal te gebruik.
Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van
die werk versterk.
5. Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2023
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
verwesenliking van kreatiewe idees)
Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerke gelei het, duidelik
oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk deur tekenwerk,
eksperimentering en skryfwerk uitgedink, ontwikkel en geskep is. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.
Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool en
by die huis daaraan werk.
Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.
Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.
As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer of die visuele beelde betekenisvol verander
om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
Jou onderwyser moet die aanvanklike dinkskrum fasiliteer en vir jou leiding met die
kreatiewe proses gee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2023
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg)
Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur in
die teenwoordigheid van 'n toesighouer in die kunslokaal gedoen word. Die Visuele
Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met enige tegniese kwessies te help.
ALGEMENE RIGLYNE
1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
dissipline(s) waarmee jy die gemaklikste voel.
2. Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.
3. Jy mag NIE die kunswerk uit die klaskamer/eksamenlokaal verwyder NIE.
Dit word as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.
4. Jy mag die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
jy met die finale kunswerk begin.
5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
provinsie dit vereis.
6. Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.
7. Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
dissiplines te skep.
8. Jy moet voortdurend in jou bronboek werk en aantekeninge maak, tot aan
die einde van die 24-uur-eksamen, wat ruimte skep vir finale veranderinge
en idees. Die proses is belangrik aangesien dit jou in staat sal stel om jou
sukses en tekortkominge tydens die eksamen te verduidelik en aan te
teken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2023
NSS
TEMA
Lig
Lig is noodsaaklik vir alle lewe op aarde om te floreer en te oorleef.
Beurtkrag het ons almal van die belangrikheid van lig in ons lewens bewus gemaak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2023
NSS
Trevor Makhoba, Inguyazane (Caucus (Koukus)), olieverf op bord, 1995.
Deur die geskiedenis het ons fakkels, kerse, lampe, vuur en elektriese beligting
gebruik om lig te skep.
Georges de La Tour, Magdalene with Gerard Sekoto, Family with Candle (Gesin
The Smoking Flame (Magdalene met Kers), olieverf op doek, 1942.
met Die Rokende Vlam),
olieverf op doek, c. 1640.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2023
NSS
Lig as 'n werktuig
Lig laat ons sien. Skilders regdeur die geskiedenis het met lig gewerk, beide as 'n
onderwerp en as 'n werktuig. Lig bepaal kleur, skadu/skakering en skep vorme.
Rembrandt, The Denial of St Peter (Die Ontkenning van Die Heilige Petrus),
olieverf op doek, 1660.
In The Denial of St Peter (Die Ontkenning van Die Heilige Petrus) het Rembrandt
chiaroscuro gebruik om 'n skerp kontras tussen lig en skadu te skep. 'n Ligstraal skep
'n kollig op die kop en skouers van die hooffiguur, terwyl al die res in skadu gelaat
word, wat 'n dramatiese, teatrale effek skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2023
NSS
Lig as onderwerp
Vilhelm Hammershoi, Moonlight, Strandgade 30 (Maanlig, Strandgade 30),
olieverf op doek 1900–1906.
Hammershoi het 'n reeks skilderye gemaak waarin hy dieselfde kamer in Kopenhagen
op verskillende tye van die dag uitgebeeld het. In hierdie skildery het hy diep
laventelskakerings en fluweelagtige kwaswerk gebruik om die effek van maanlig vas te
vang. Die leegheid van die ruimte beklemtoon die kwaliteite/eienskappe van die
beligting en die geometriese patrone van die argitektuur. Hammershoi was bekend as
die skilder van 'stilte en lig'.
Claude Monet, Haystacks Claude Monet, Haystacks (End of Summer)
(Hooimiedens), olieverf op doek, (Hooimiedens (Einde van die Somer)),
1890. olieverf op doek, 1890–1891.
Die Impressioniste was geïnteresseerd in die veranderende effek van lig. Lig is gebruik
om te wys hoe statiese voorwerpe op verskillende tye van die dag en seisoene
verander het, soos gesien kan word in Monet se reeks skilderye, Haystacks
(Hooimiedens), waar die kwaliteit/eienskap van lig van kleur en stemming verander.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2023
NSS
Simboliese lig
'Niks kan die lig wat van binne skyn, verdof nie.'
Daar kan simbolies na lig gekyk word. Lig word
as 'n simbool van hoop en spiritualiteit gebruik.
In Gerard Sekoto se Evening Prayer
(Aandgebed), bring Sekoto hulde aan 'n
nederige gesin wat in aandgebed verenig is.
Die kers skyn op die beeld van Christus wat
teen die muur hang. 'n Geestelike lig raak aan
elke lid van die gesin.
Lig is egter nie altyd hoopvol nie.
In Informal Settlement (Informele
Nedersetting) het die fotograaf,
Paul Botes, sy kamera gebruik om lig
te werp op die moeilike lewe vir die
gesinne van die Marikana-mynwerkers
wat in 2012 doodgemaak is.
Paul Botes, Informal Settlement (Informele
Nedersetting), foto, 2013.
All The Light We Cannot See is 'n boek wat
deur Anthony Doerr geskryf is. Dit vertel die
verhaal van die verhouding tussen 'n blinde
Franse meisie en 'n Duitse seun wat in die
besette Frankryk bymekaargekom het terwyl
beide probeer het om die verwoesting van
die Tweede Wêreldoorlog te oorleef. 'Die lig
wat ons nie kan sien nie' spreek tot die
kompleksiteit van elke karakter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2023
NSS
Lig as materiële oorweging
Ali Cavanaugh, You Never Escape (Jy Ali Cavanaugh, Looking through to
Onsnap Nooit Nie), waterverf op You (Kyk deur na Jou), waterverf op
kleipaneel, 2015. kleipaneel, 2015.
Waterverfkunstenaars bewaar die 'ligtheid van die grond'. Die kunstenaars meng nie
wit in hulle kleur om ondeursigtige, ligte kleure te maak nie, maar gebruik eerder
deursigtige lae kleure wat die ligheid van die wit papier laat deurskyn.
Luke Jerram, Invisible Homeless (Onsigbare Hawelose), geblaasde glas, 2021.
Luke Jerram vestig die aandag op die benarde posisie van hawelose mense. Hy
gebruik die deursigtigheid van die materiaal van glas om die onsigbaarheid van
haweloses te beklemtoon. Die breekbaarheid van glas spreek tot die kwesbaarheid
van hawelose mense.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2023
NSS
Fisiese lig
Deens-Yslandse kunstenaar, Olafur Eliasson,
het in 2003 The Weather Project (Die
Weerprojek) by die Tate Modern in Londen
geskep. Eliasson het 'n halfsirkelvormige skyf
opgestel, wat bestaan uit honderde lampe wat
geel lig uitstraal. Die saal se plafon is met groot
spieëls bedek, waarin besoekers hulleself as
klein, swart skadu's teen 'n massa oranje lig kon
sien.
kk
Yayoi Kusama, Infinity Mirrored Room – The Souls of Millions of Light Years Away,
(Eindelose Kamer met Spieëls – Die Siele van Miljoene Ligjare Ver, hout, metaal,
glasspieëls, plastiek, akrielpaneel, rubber, LED-beligtingstelsel,
akrielballetjies en water, 2013.
Yayoi Kusama het oneindige (eindelose) kamers geskep deur spieëls en
gereflekteerde lig te gebruik. Hierdie ruimtes verken ruimte sonder einde en herhaling
deur lig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2023
NSS
Lig as gewigloosheid
'So lig soos 'n veer'
Lig kan ook met 'gewig' geassosieer word, waar kunstenaars ligte, brose/breekbare
en/of deursigtige materiale gebruik. Terry Kurgan het op dun sy-panele gedruk,
waarvan die deursigtigheid en gewigloosheid die gedrukte beeld en die terrein agter
terselfdertyd sigbaar maak.
Terry Kurgan, Constitution Hill (Konstitusieheuwel),
installasie met gebruik van PVC en sy, 2002.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2023
NSS
Lig
Jy moet 'n kunswerk oor hierdie tema skep.
Wat beteken lig vir jou?
Jy kan die volgende oorweeg:
Persoonlik
o Beurtkrag
o Wat jou lewe verlig
Gemeenskap
Wêreldwyd
o Energiekrisis
Wetenskaplik
Spiritueel
Fisies
o Werk met lig om kuns te
skep
Materiaal
o Gebruik van 'ligte'
materiaal, bv.
sneespapier, gaas,
transparante
Jou reaksie moet persoonlik en oorspronklik wees en jou gedagtes, idees, emosies
en ervarings van hierdie tema toon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2023
NSS
Riglyne vir die kandidaat
ONDERWERP 1 – BRONBOEK
Gebruik die volgende stappe om visueel die verhaal te vertel van hoe jou kunswerk,
op die tema Lig gebaseer, tot stand gekom, ontwikkel en geskep is. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.
ONDERWERP 1: AKSIE
Bronboek –
8 stappe
Prosestekeninge Aanbieding en algehele voorkoms
Konsep-ontwikkeling
1. Vra Ondersoek die tema/vraag van die
Vind die probleem opdrag.
2. Leer Dinkskrum: breinkaarte, woordspeletjies,
Versamel inligting persoonlike nadenke/besinning, ens.
wat betrekking het Navorsing oor kunstenaars wat jou
inspireer
3. Kyk Versamel: materiaal wat jou inspireer, bv.
Verkry die kennis foto's, beelde, versamelde gedigte, lirieke.
Wees op hierdie stadium oopkop en
versamel wyd.
4. Speel Eksperimentering van media en/of
Ontwikkeling verskillende tegnieke (kry inspirasie van
die kunstenaars wat jy nagevors het)
5. Dink Vind die onderwerp.
Ontwikkel idees Teken en neem foto's van jou onderwerp.
Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou konsep-ontwikkeling te verduidelik
Begin om komposisiesketse met
aantekeninge te maak.
6. Integreer Begin om met jou idees rond te speel en
Kombineer idees te soek na onverwagte kombinasies.
Verbind die verskillende idees, skakel
sommige uit en voeg ander by.
Suksesvolle kreatiwiteit kom nooit uit slegs
een idee nie; eerder uit 'n kombinasie van
verskeie idees.
Eksperimenteer verder met materiale om
nuwe moontlikhede of uitbreiding van
tegniek te ondersoek.
7. Kies Finale komposisie-tekeninge
Kies die beste idee Refleksie/Besinning
8. Maak ONDERWERP 2:
Realiseer idees Skep die kunswerk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2023
NSS
ONDERWERP 2: SKEP DIE KUNSWERK
In die finale kunswerk sal jy in staat wees om idees, emosies en gedagtes oor jou
individuele interpretasie van die tema te wys:
Daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek en die kunswerk wees.
Die kunswerk moet uit die bronboek ontwikkel.
'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering daarvan en die aandag aan
besonderhede.
Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm,
kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie.
Komposisie moet sorgvuldig oorweeg word om visuele belangstelling te skep.
Laat die kunswerk 'n uitdrukking van jou eie ervarings, idees, gevoelens, ens. wees
om met die kyker te deel.
Werk met jou sterk punte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2023
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Voorgestelde
punte-
toekenning
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om
25%
konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer
het
o Eksperimentering met media en/of verskillende
tegnieke
o Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van jou werk en jou besluite
ondersteun.
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25%
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele Dit moet visueel interessant wees en 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering toon.
Jou bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye
bestaan.
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke konsep
Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
komposisie
Geheelindruk van werk – Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid, reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en praktiese 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van Eksperimentering
navorsing Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding Aandag aan detail
van kunswerk Taak in aangewese tyd voltooi
Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2023
NSS
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente
Uitstaande 90–100 Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of
veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige
kennis gemaak; bemeester probleemoplossingsvaardighede.
Poging is veel meer as wat vereis was.
Die 'WOW'-faktor is duidelik.
Werk toon groot mate van innovering.
Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die
kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.
Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende
idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks
elemente en beginsels.
Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe
rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig
uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante
visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/
relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder
beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie
innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel'
(minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering);
goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met
oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge
sigbaar.
Goeie bewyse van moeite en toewyding.
Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed 60–69 Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend;
eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die
alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende
teenstrydighede.
Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.
Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid
met betrekking tot tyd en moeite.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.
Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 18 DBE/November 2023
NSS
Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig
ondersteuning/motivering om te slaag.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie,
of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede
gebruik.
Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
min of geen visuele inligting/verwysings nie.
Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering
om te slaag.
Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar
is.
Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig;
geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; weinig
Druip of irrelevante werk/visuele inligting.
Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Baie swak vaardigheidsvlak.
Projek is baie swak of onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
Werk onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.
Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
ingehaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 19 DBE/November 2023
NSS
ADDENDUM A
1. Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
OPSIE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie,
installasies, nuwe media, ens. in.
2. Sommige kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines heen te werk. Dit is
in ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus
op skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3. Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste,
nagesien en nie volgens die gespesialiseerde opsie nie, bv. skilder en fotografie.
In alle gespesialiseerde opsies moet daar 'n balans wees tussen tegniese (vorm)
en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat gekies is. Die
kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese en konseptuele
aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer die
kunswerk(e) geassesseer word.
4. Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
Postmoderne era werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5. Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees van tegnieke
voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre
kunspraktyk ingelig word.
6. Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.
7. Volg die skool se gedragskode vir die bestuur van die eksamen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 20 DBE/November 2023
NSS
ADDENDUM B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) moet onderwysers
nie voorskriftelik wees oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie,
drukkuns, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument vir riglyne
raadpleeg, en ook na tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in
hierdie dissiplines verwys. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in
kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë
punte NIE.
NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
BRONBOEK
Konsep-ontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
multimedia-/digitale werk speel. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse wat
tot die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel
sigbaar wees.
Die bronboek moet bewys toon van:
o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met gebruik van sagteware of
met die hand geskep en deur verskeie toevoertoestelle gedigitaliseer
o Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
KUNSWERK
Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede
beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n
eie kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van nuwe
media om kuns te skep, teenoor ontwerp, bv. musiekvideo's.)
Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe
en formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
gebruik)
Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
AANBIEDING
Aanbieding is belangrik.
Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 21 DBE/November 2023
NSS
In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
verbind is OF in A2 (of groter) gedruk en gemonteer wees.
In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
van beeld en klank in ag geneem word.
Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg. Die
klankbaan verleen dikwels 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die
boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.
FOTOGRAFIE
BRONBOEK
Die ontwikkeling van 'n sterk konsep is uiters belangrik in fotografie.
Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulleself vergewis van kontemporêre
ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
Eksperimenteer met beelde en speel met tegnieke deur ander materiaal te
inkorporeer, bv. collage of stik/hegting ('stitching').
Ten minste 30 persent van die bronboek moet tekeninge wees.
Indien die kandidaat digitale fotografie gebruik, moet die bronboek die volgende
insluit:
o Die program wat gebruik is
o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
vertolking, skets), ens.
KUNSWERK
Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
Om die oorspronklikheid van die fotografie te verseker, moet alle foto's op die
terrein onder toesig gedurende hierdie eksamen geneem word.
Donkerkamer-, digitale of gemengdemedia-fotografie mag gebruik word.
Die SD-kaart moet vir die duur van die eksamen by die skool bly.
AANBIEDING
Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv.
deur 'n narratief te volg.
Kandidate moet die aanbieding van die werk sorgvuldig oorweeg.
Alle manipulasies en veranderinge moet binne die 24-uur-eksamen gedoen word.
Aanbieding moet binne die 24 uur afgerond word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 22 DBE/November 2023
NSS
INSTALLASIE
Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe te
rangskik in ruimte en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
Twee- en driedimensionele elemente binne 'n omgewing.
Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
Die kyker se interaksie met ruimte is belangrik.
Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
Installasiekunswerke moet onder toesig beide tegnies en konseptueel in die
eksamenlokaal volledig afgerond word. Daar moet uitgebreide navorsing en
konsep-ontwikkeling in die bronboek wees om die kunswerk te regverdig.
UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerendekuns-stukke deeglik.
Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
Dramatiese Kuns.
Vir die finale eksamen sal die dokumentering van die opvoering geassesseer word
en nie die werklike uitvoering nie, weens die aard van die eksamen- en
modereringsproses.
Alle beeldgebruik/kunswerke moet ooreenkom met jou skool se gedragskode. Dink
aan sensitiewe beelde en kwessies in alle kulturele praktyke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 23 DBE/November 2023
NSS
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.
Kandidaat se naam: Datum:
Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.
Kandidaat se handtekening: Datum:
Onderwyser se naam: Datum:
Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die
voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is.
Onderwyser se handtekening: Datum:
Skoolhoof se handtekening: Datum:
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum