Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V2
(PRAKTIES)
21 JULIE–20 OKTOBER 2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
huis gedoen word [50]
ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50]
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 404.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ONDERWERP 2: KUNSWERK
2. Kandidate moet AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2
beantwoord.
3. In hierdie eksamen word daar van kandidate verwag om die volgende
vaardighede te demonstreer:
Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
ekspressiewe visuele taal te gebruik.
Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
van die werk versterk.
4. Die finale kuns- praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die
hoogtepunt van 'n kandidaat se kunsstudies hierdie jaar. Hulle kreatiwiteit,
oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel en nagesien word.
5. Elke kandidaat moet 'n assesseringsrubriek ontvang. Nasieners moet die
eksamennommer insluit en die kandidaat se punt op hierdie rubriek aanteken.
Alle rubrieke moet vir eksterne moderering beskikbaar wees, indien vereis.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ONDERWERP 1: BRONBOEK
In die bronboek moet die kandidaat VISUEEL die 'storie' vertel van hoe die finale
kunswerk UITGEDINK, ONTWIKKEL en GESKEP is. Dit moet gedoen word deur
teken, skryf, plak, foto's, ens. Hierdie reis in die bronboek moet individualiteit en
kreatiwiteit weerspieël.
NASIENRIGLYNE:
Die bronboek gee insig oor die manier waarop die kandidate idees gevorm het,
hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale
werk gelei het.
Die bronboek moet die kandidate se denkprosesse, wat tot die konseptualisering van
hulle finale kunswerk gelei het, duidelik oordra.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie hulle eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is 'n
vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Volpunte vir konsep-ontwikkeling kan nie
toegeken word as daar bewyse is van direkte kopiëring nie.
Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.
As kandidate gepaste ontleende beelde gebruik het, moet hulle dit transformeer en dit
met hulle eie oorspronklike beelde kombineer om hulle eie interpretasie te ontwikkel.
Ten minste 30% moet tekeninge wees (van eenvoudige lyntekeninge/sketse tot tonale
tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek, die oorspronklike konsep en die
finale kunswerk wees.
Die bronboek kan A3, A4 of enige ander grootte wees.
Netheid in die bronboek is nie 'n kriterium nie; die klem is eerder op kreatiwiteit en
innovering in konseptualisering.
ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Voorgestelde
KRITERIA punte-
toekenning
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om
25%
konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat die kandidaat inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat die kandidaat
geïnspireer het
o Eksperimentering met media en/of verskillende
tegnieke
o Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van die werk en moet besluite
ondersteun.
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsep- 25%
ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele Dit moet visueel interessant wees en 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering toon.
Die bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye
bestaan.
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ONDERWERP 2: KUNSWERK
NASIENRIGLYNE:
Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die toesighouer in die
kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur
te gebruik. Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met
enige tegniese kwessies te help.
Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk te skep in
die PRAKTIESE DISSIPLINE WAT HY/SY HIERDIE JAAR GEKIES HET.
(Sien ADDENDUM A.)
Hierdie tema is oop vir baie interpretasies. Dit kan beskrywend, simbolies of meer
metafories wees.
Kandidate kan hulle werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.
Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en
duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
provinsie dit vereis.
Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm,
kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie.
Volpunte kan nie vir die algemene indruk van die werk, oorspronklikheid,
kreatiwiteit, innovering en interpretasie en praktiese implementering van
navorsing toegeken word as daar bewyse van direkte kopiëring is nie.
Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit
kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, abstrak, konseptueel, ens. wees.
Kandidate mag ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die
praktiese dissiplines te skep.
Onthou die kandidaat is 18–19 jaar oud en die kunswerk moet 'n uitdrukking van
sy/haar belangstellings/idees en onsekerhede op daardie vlak wees.
Kreatiwiteit en individualiteit moet beloon word. Klem moet op oorspronklikheid,
die estetiese eienskappe, 'varsheid' en energie van die kunswerk geplaas word.
Die kunswerk moet op 'n holistiese wyse nagesien word.
Die kandidaat kan enige benadering, medium, tegniek, ens. kies wat vir sy/haar
bedoeling geskik is, terwyl die aard en omvang van die assesseringskriteria nagekom
word. Die NSS-kriteria vereis van 'n kandidaat om kunswerke te konseptualiseer en te
skep. Dit behels dat die kandidaat moet streef na 'n balans tussen tegniese (vorm) en
konseptuele (inhoud) aspekte binne die gekose benadering. Die kandidaat se
bedoeling en benadering tot beide die tegniese en konseptuele aspekte van die werk
moet in ag geneem word wanneer die kunswerk(e) geassesseer word. Kandidate kan
werk skep met 'n perseptuele, ekspressiewe of konseptuele fokus of 'n kombinasie
van hierdie benaderings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ONDERWERP 2: KUNSWERK
ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in:
KRITERIA
Keuse en gebruik van Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke konsep
Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
komposisie
Geheelindruk van werk – Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid, reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en praktiese 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van Eksperimentering
navorsing Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding Aandag aan detail
van kunswerk Taak in aangewese tyd voltooi
Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente
Uitstaande 90–100 Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of
veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige
kennis gemaak; bemeester probleemoplossingsvaardighede.
Poging is veel meer as wat vereis was.
Die 'WOW'-faktor is duidelik.
Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue
en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die uitstaande visuele
eienskappe.
Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende
idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks
elemente en beginsels.
Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe
rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig
uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante
visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/
relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder
beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie
innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel'
(minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering);
goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met
oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge
sigbaar.
Goeie bewyse van moeite en toewyding.
Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed 60–69 Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend;
eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die
alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende
teenstrydighede.
Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.
Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid
met betrekking tot tyd en moeite.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.
Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig
ondersteuning/motivering om te slaag.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie,
of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede
gebruik.
Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
min of geen visuele inligting/verwysings nie.
Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/ motivering
om te slaag.
Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar
is.
Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig;
geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; weinig
Druip of irrelevante werk/visuele inligting.
Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Baie swak vaardigheidsvlak.
Projek is baie swak of onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
Werk onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.
Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
ingehaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ADDENDUM A
1. Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
OPSIE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie,
installasies, nuwe media, ens. in.
2. Sommige kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines heen te werk. Dit is
in ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus
op skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3. Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste,
nagesien en nie volgens die gespesialiseerde opsie nie, bv. skilder en fotografie.
In alle gespesialiseerde opsies moet daar 'n balans wees tussen tegniese (vorm)
en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat gekies is. Die
kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese en konseptuele
aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer die
kunswerk(e) geassesseer word.
4. Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
Postmoderne era werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5. Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees van tegnieke
voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre
kunspraktyk ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in
ag geneem word.
6. Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.
7. Volg die skool se gedragskode vir die bestuur van die eksamen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
ADDENDUM B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) moet onderwysers
nie voorskriftelik wees oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie,
drukkuns, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument vir riglyne
raadpleeg, en ook na tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in
hierdie dissiplines verwys. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in
kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë
punte NIE.
NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
BRONBOEK
Konsep-ontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
multimedia-/digitale werk speel. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse wat
tot die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel
sigbaar wees.
Die bronboek moet bewys toon van:
o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met gebruik van sagteware of
met die hand geskep en deur verskeie toevoertoestelle gedigitaliseer
o Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
KUNSWERK
Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede
beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n
eie kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van nuwe
media om kuns te skep, teenoor ontwerp, bv. musiekvideo's.)
Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe
en formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
gebruik)
Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
AANBIEDING
Aanbieding is belangrik.
Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
verbind is OF in A2 (of groter) gedruk en gemonteer wees.
In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
van beeld en klank in ag geneem word.
Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg. Die
klankbaan verleen dikwels 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die
boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.
FOTOGRAFIE
BRONBOEK
Die ontwikkeling van 'n sterk konsep is uiters belangrik in fotografie.
Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulleself vergewis van kontemporêre
ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
Eksperimenteer met beelde en speel met tegnieke deur ander materiaal te
inkorporeer, bv. collage of stik/hegting ('stitching').
Ten minste 30 persent van die bronboek moet tekeninge wees.
Indien die kandidaat digitale fotografie gebruik, moet die bronboek die volgende
insluit:
o Die program wat gebruik is
o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
vertolking, skets), ens.
KUNSWERK
Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
Om die oorspronklikheid van die fotografie te verseker, moet alle foto's op die
terrein onder toesig gedurende hierdie eksamen geneem word.
Donkerkamer-, digitale of gemengdemedia-fotografie mag gebruik word.
Die SD-kaart moet vir die duur van die eksamen by die skool bly.
AANBIEDING
Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv.
deur 'n narratief te volg.
Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
Alle manipulasies en veranderinge moet binne die 24-uur-eksamen gedoen word.
Aanbieding moet binne die 24 uur afgerond word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
INSTALLASIE
Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe te
rangskik in ruimte en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
Twee- en driedimensionele elemente binne 'n omgewing.
Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
Die kyker se interaksie met ruimte is belangrik.
Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel in die eksamenlokaal
onder toesig volledig afgerond word. Daar moet uitgebreide navorsing en konsep-
ontwikkeling in die bronboek wees om die kunswerk te regverdig.
UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerendekuns-stukke deeglik.
Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
Dramatiese Kuns.
Vir die finale eksamen sal die dokumentering van die opvoering geassesseer word
en nie die werklike uitvoering nie, weens die aard van die eksamen- en
modereringsproses.
Alle beeldgebruik/kunswerke moet ooreenkom met jou skool se gedragskode. Dink
aan sensitiewe beelde en kwessies in alle kulturele praktyke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.
Kandidaat se naam: Datum:
Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.
Kandidaat se handtekening: Datum:
Onderwyser se naam: Datum:
Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die
voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is.
Onderwyser se handtekening: Datum:
Skoolhoof se handtekening: Datum:
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper