Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12202319 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2023 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie  Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks  Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord ENIGE VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die regterkantste bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke vraag gebruik.  Jy MAG NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.  Jy MAG NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende vrae herhaal NIE. 7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur. 8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 9. Tydbestuur en lengte van antwoorde:  Jy moet ongeveer 36 minute per VRAAG aan jou gekose VYF vrae bestee.  Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning. o 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy o 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) o 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2023 NSS LAAT HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2023 NSS VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Die skilderye van die Impressionistiese kunstenaar Pierre-Auguste Renoir (FIGUUR 1a) en die Suid-Afrikaanse kunstenaar Dada Khanyisa (FIGUUR 1b) toon mense wat met mekaar omgaan. 1.1 Bespreek die skilderye in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b. Gebruik die volgende riglyne:  Verskillende aksies tussen mense  Gesigsuitdrukkings  Lig en skadu wat 'n stemming en atmosfeer skep  Fokuspunt  Styl van die skilderye (10) 1.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek die verhoudings tussen mense of tussen mense en hulle omgewing. Gebruik die volgende riglyne:  Onderwerp  Invloede  Formele kunselemente  Media en tegniek  Betekenis/Boodskap van die kunswerk (10) [20] Impressionisme: 19de-eeuse kunsbeweging wat in Frankryk ontstaan het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 1a: Pierre-Auguste Renoir, Luncheon of the Boating Party (Middagete van die Bootgeselskap), olieverf op doek, 1880–1881. FIGUUR 1b: Dada Khanyisa, Khaw'phinde um'trye ('Probeer Weer' in isiXhosa), akriel en gemengde media, 2018. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die kunstenaar, Lina Iris Viktor, is in Europa gebore. Haar ouers was van Liberië in Wes-Afrika. Haar selfportret in FIGUUR 2a is deur beide Afrika- en Europese kunswerke beïnvloed. 2.1 Dink jy FIGUUR 2a is deur FIGURE 2b en 2c beïnvloed? Gebruik die volgende riglyne in jou antwoord:  Kleur  Liggaamshouding of gesigsuitdrukking  Herhaling en patroon  Betekenis/Boodskappe (10) 2.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar), bespreek. Bespreek die invloed(e) van Afrika- of inheemse kunsvorms in hierdie werke. Gebruik die volgende riglyne:  Invloed(e)  Formele kunselemente  Komposisie  Styl  Betekenis/Boodskappe (10) [20] Syzygy: 'n paar verwante of kontrasterende dinge (FIGUUR 2a) Bisantyns: kuns geskep in die Oos-Romeinse Ryk van ongeveer die 300's tot en met die 1400's. Die kunswerke beeld hoofsaaklik Christelike onderwerpe en belangrike leiers uit (FIGUUR 2b) Mosaïek: visuele beeld gemaak uit klein stukkies gekleurde klippies, glas of keramiek (FIGUUR 2b) Die Dan-mense is 'n etniese groep uit Wes-Afrika (FIGUUR 2c). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 2a: Lina Iris Viktor, Syzygy, goud, akriel, fotografiese afdruk op doek, 2015. FIGUUR 2b: Bisantynse kunstenaar, Keiserin FIGUUR 2c: Dan-mense van Liberië, Theodora en Dienaars (detail), Gesigmasker, hout, datum onbekend. mosaïek, 6de eeu. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Armoede is 'n sosiopolitieke bekommernis regoor die wêreld. Mense ervaar hongersnood, beperkte toegang tot opvoeding, verminderde basiese dienste en diskriminasie as gevolg van armoede. 3.1 Bespreek hoe armoede in die kunswerke in FIGURE 3a en 3b uitgebeeld word deur die volgende te oorweeg:  Die simboliek van die rotte, kruis en musikante in FIGUUR 3a  Die houding, klere en omgewing in FIGUUR 3b  Hoe beïnvloed die gekose mediums en style in FIGURE 3a en 3b die boodskap? (8) 3.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, bespreek (EEN werk per kunstenaar). Bespreek hoe hierdie kunstenaars sosiopolitieke kwessies in hulle werk blootlê. Verwys na die volgende riglyne:  Onderwerp  Gebruik van medium(s) en tegnieke  Komposisie  Verduidelik die sosiopolitieke kwessies wat in die kunswerke aangeraak word.  Dink jy dat die kwessies suksesvol aan die kyker oorgedra word? Motiveer jou antwoord. (12) [20] Bowery: 'n woongebied in Laer Manhattan in die stad New York Verstotelinge ('Derelicts'): agtergelate of verwaarlooste mense; uitgeworpenes Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 3a: Ronnie Goodman, No More Homeless Deaths (Geen Hawelose Sterftes Meer Nie), linosnee, 2011. FIGUUR 3b: Duane Hanson, Bowery Derelicts (Bowery Verstotelinge), lewensgrootte afgietsels van liggame van hars ('resin') gemaak en geskilder, 1969–1970. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Samuel Makoanyane het tradisionele musikante van Lesotho gedokumenteer, terwyl Collen Maswanganyi die ritme van kontemporêre musikante in Limpopo uitbeeld. 4.1 Bespreek hoe die beeldhouers in FIGURE 4a en 4b musikante uitbeeld. Verwys na die volgende riglyne:  Beskryf die klere, musiekinstrumente en houdings.  Die effek van kleur  Bespreek die verskille in tegniek tussen werk met klei en werk met hout.  Verduidelik waarom FIGUUR 4a as naturalisties en FIGUUR 4b as gestileerd beskryf kan word. (10) 4.2 Skryf 'n opstel oor die kunswerke van enige TWEE kunstenaars/ kunsvlytkunstenaars wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe hierdie kunstenaars hulle persoonlike stories, kunsvlyt en/of geestelikheid in hulle werk uitbeeld. Gebruik die volgende riglyne:  Invloede en inspirasie  Media en tegniek  Formele kunselemente  Moontlike betekenis/doel/funksie (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 4a: Samuel Makoanyane, Series of Musicians (Reeks Musikante), kleifigure, c. 1930's. FIGUUR 4b: Collen Maswanganyi, In Business with Our Husbands (In Besigheid met Ons Eggenote (Mans)), dennehout en akrielverf, 2013. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Kunstenaars het op verskillende tye ongewone nie-kunsmateriaal in kunswerke omskep. Die kunswerke in FIGURE 5a, 5b en 5c maak op ongewone maniere van fietsonderdele of die rubber van buitebande gebruik. 5.1 Beskou die verhoudings tussen die kunswerke wat in FIGURE 5a, 5b en 5c verskaf word. Gebruik die volgende riglyne:  Hoe het die fiets in FIGUUR 5a 'n bul se kop geword? Beskryf die kreatiewe proses.  Waarom, dink jy, het Duchamp in FIGUUR 5b 'n fietswiel en 'n stoel gekombineer?  Hoe is die materiale in FIGUUR 5c omskep? Oorweeg die tekstuur van die materiale.  Hoe dra die titel in FIGUUR 5c tot die betekenis van die kunswerk by? (10) 5.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe alternatiewe kunsvorms of multimedia in die kunswerke gebruik is. Gebruik die volgende riglyne:  Invloede  Kort beskrywing  Gebruik van materiale en tegnieke  Moontlike boodskap/betekenis (10) [20] Limbo: 'n onsekere toestand; tussen-in Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 5a: Pablo Picasso, Bull's Head (Bul FIGUUR 5b: Marcel Duchamp, Bicycle se Kop), fietsonderdele, 1942. Wheel (Fietswiel), metaalwiel op 'n geverfde houtstoel gemonteer, 1913. FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Killing Time (Conversations in Limbo), (Tydverdryf (Gesprekke in Limbo)), herwinde rubber, glasvesel-afgietsel, gevonde houtstomp, lewensgroot, 2017. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 WAT IS 'N SUID-AFRIKAANSE IDENTITEIT? Ons soek voortdurend daarna om te definieer wie ons as Suid-Afrikaners is. Ons identiteit word deur waardes, herkoms, geslag, ras, taal en ervarings gevorm. Populêre kultuur en verbruikersprodukte dra ook tot ons identiteit by. 6.1 Bespreek die impak van populêre kultuur en verbruikersprodukte op identiteit, soos in FIGURE 6a en 6c uitgebeeld. Gebruik die volgende as riglyne:  Die verhouding tussen die Bart Simpson- en die Afrika-figuur  Die verhouding tussen die Lion-vuurhoutjieboksies en die portret van die man in FIGUUR 6c  Gebruik van die kleur geel  Verskille in styl tussen FIGURE 6a en 6c  Watter kunswerk, dink jy, beeld 'n Suid-Afrikaanse identiteit die beste uit? Gee redes vir jou antwoord. (8) 6.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE Suid-Afrikaanse demokratiese kunswerke ná 1994 wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe die kunswerke Suid-Afrikaanse identiteit weerspieël. (12) [20] Bart Simpson: 'n Fiktiewe karakter in 'n Amerikaanse animasietelevisiereeks, The Simpsons. Hy was 'n stout en misverstane 10-jarige seun. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 6a: Brett Murray, Afrika, FIGUUR 6b: Brett Murray, Afrika (detail), geverfde gegote brons, 2000. geverfde gegote brons, 2000. FIGUUR 6c: Richard Smith, Afrika, gemengde media op papier, datum onbekend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2023 NSS VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Toksiese manlikheid verwys na die wanopvatting van 'manlikheid' wat deur aggressie en dominansie gedefinieer word. Tradisionele Westerse kunstenaars het dikwels sterk en militante manlike figure uitgebeeld, terwyl kontemporêre kunstenaars hierdie verouderde idees oor 'manlikheid' uitdaag. 7.1 Vergelyk die uitbeelding van manlikheid in FIGURE 7a en 7b. Gebruik die volgende riglyne:  Die manlike figure se liggame en aksies  Komposisie  Kleur  Hoe word manlikheid uitgebeeld? (10) 7.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe manlikheid en/of vroulikheid in hierdie werke uitgebeeld word. Gebruik die volgende riglyne:  Keuse van visuele beelde  Kleur  Medium en tegnieke  Geslagskwessies wat aangeraak word (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 7a: Peter Paul Rubens, The Lion Hunt (Die Leeujag), olie op doek, 1621. FIGUUR 7b: Justin Brett, Series from Out of Site (Reeks van 'Buite die Perseel'), waterverf en bleikmiddel op papier, lewensgroot, 2009. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2023 NSS VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die Garden Café (Tuinkafee) in FIGUUR 8a is geïnspireer deur die hutte (mathuise) van die Khoisan, wat die eerste mense was wat die Breedekloof Vallei in die Wes-Kaap bewoon het. Die argitektuur van die Garden Café bring inheemse en kontemporêre invloede bymekaar. Dit kombineer ook die natuur met die bou-omgewing. 8.1 Verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c en beantwoord die volgende vrae:  Lewer kommentaar op die funksie van TWEE argitektoniese boumateriale wat in die Garden Café gebruik is. Verwys na die visuele beelde in FIGURE 8a en 8b.  Hoe het die Khoisan-mathuis (FIGUUR 8c) die ingang tot die Garden Café (FIGUUR 8b) beïnvloed?  Watter uitwerking sal die ingang op die besoeker hê?  Hoe skakel die gebou in FIGUUR 8a met die omliggende natuur?  Lewer kommentaar op TWEE kontemporêre invloede wat in FIGUUR 8b sigbaar is. (8) 8.2 Skryf 'n opstel waarin jy enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue of strukture wat jy bestudeer het, bespreek. Verwys na die volgende in jou opstel:  Funksie(s)  Gebruik van materiale en tegnieke  Stilistiese kenmerke  Omgewingsinvloede  Wat beskou/sien die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in sy/haar projek? (12) [20] Mathuis: Die mathuis was 'n draagbare en gekromde struktuur wat bedek was met geweefde matte wat die Khoisan gebruik het wanneer hulle seisoenaal met hulle beeste getrek het. FIGUUR 8c toon die struktuur sonder die geweefde matte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 8a: Steyn Studio, Garden Café (Tuinkafee), gekromde eikehoutbalke, glas en beton, 2020. FIGUUR 8b: Steyn Studio, ingang van FIGUUR 8c: Khoisan-mense, Struktuur van Garden Café (Tuinkafee), gekromde die mathuis, takke, datum onbekend. eikehoutbalke, glas en beton, 2020. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all