Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12202321 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Merkers mag SLEGS die eerste vyf antwoorde merk. 2. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. 3. Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer, maar die vrae kan in 'n holistiese wyse beantwoord word. Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde wat puntsgewys geskryf is kan nie volpunte kry nie. 4. EEN punt moet afgetrek word as daar geen vergelyking gemaak is nie in 'n vraag wat kandidate versoek om te vergelyk. 5 Kandidate MOET hulle eie bestudeerde kunswerke in die tweede deel van elke vraag gebruik.  Hulle MAG NIE kunswerke wat in die vraestel verskyn as hulle voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik nie.  Hulle MAG NIE dieselfde bestudeerde kunswerke in verskillende vrae gebruik nie. 6 Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. Volpunte kan nie toegeken word as die titel of kunstenaar inkorrek is nie. 7. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 8. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 9. Dit is BAIE BELANGRIK vir merkers om die volgende te oorweeg:  Baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie.  Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet kandidate krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van toepassing.  Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. Krediet moet aan laterale denke gegee word.  Dit is belangrik dat argumente beredeneer/gemotiveer/gestaaf en gekwalifiseer word deur verwysing na bronne/kunswerke.  Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2023 NSS 10. Hierdie nasienriglyne kan ook as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. 11. Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES KODE 7  Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100%  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6  Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 70–79% lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip. 5  Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69%  Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4  Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59%  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3  Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Bevredigend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 40–49%  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2  Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Elementêr politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 30–39%  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1  Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 0–29% lewer.  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2023 NSS MARKERS MUST ONLY MARK THE FIRST FIVE QUESTIONS ANSWERED AND IF A CANDIDATE DOES MORE THAN THE REQUIRED NUMBER OF QUESTIONS ONLY THE FIRST FIVE WILL BE CREDITED. KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2023 NSS VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Die skilderye van die Impressionistiese kunstenaar Pierre-Auguste Renoir (FIGUUR 1a), en die Suid-Afrikaanse kunstenaar Dada Khanyisa (FIGUUR 1b), wys mense wat omgaan met mekaar. FIGUUR 1a: Pierre-Auguste Renoir, Middagete van die Bootpartytjie (Luncheon of the Boating Party), olie op doek, 1880-1881. FIGUUR 1b: Dada Khanyisa, Khaw'phinde um'trye ('Probeer weer' in isiXhosa), akriel en gemengde media, 2018. 1.1 Kandidate moet die skilderye in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b deur die volgende as riglyne te gebruik: Woordelys: Impressionisme is 'n 19de-eeuse kunsbeweging wat in Frankryk ontstaan het. FIGUUR 1a:  Verskillende aksies tussen mense Daar is 'n informele sosiale byeenkoms tussen middelklas mans en vroue, wat mekaar se geselskap rondom 'n middagete-tafel geniet. Daar is verskillende/aparte groepe mense, van wie sommige toeskouers is, terwyl die mense in die groep in die regterkant onder in die skildery, naby aanmekaar is en verdiep is in 'n gesprek.  Gesigsuitdrukkings Die gesigsuitdrukkings is ontspanne en toon betrokkenheid bv. die vrou by die tafel neem die aandag op van die twee mans aan die regterkant, terwyl die ander met haar hond speel.  Lig en skadu wat 'n stemming en atmosfeer skep Daar is 'n tussenspel van lig en skadu regdeur die skildery met gradering van toonwaardes wat tussenin gebruik word. Die sonlig word beklemtoon in wit ligkolle wat sigbaar is op die glasware en die tafeldoek. Skadu's is gebruik om die voue op die servette en tafeldoek te skep. Daar is subtiele tonale graderings tussen die ligkolle en skadu's, wat vorm skep. Renoir het gebruik gemaak van donker koel skakerings van groen en blou as skaduwees in die agtergrond eerder as suiwer swart. ‘n Vlietende oomblik word vasgevang.  Fokuspunt Die tafel kan gesien word as fokuspunt aangesien dit in die middel van die geleentheid is. Die wit tafeldoek staan ook uit teenoor die donker klere van die figure wat rondom dit vergader. Die kandidate se antwoorde vir fokuspunt kan verskillend wees, maar moet gestaaf word. Die fokuspunt kan ook die vrou wees wat met die hond speel, aangesien die skildery deur mense oorheers word,en die hond is die enigste dier in die skildery.  Styl van die skildery Die figure is uitgebeeld in naturalistiese vorm aangesien die kunstenaar die proporsies en volume versigtig waargeneem het. Daar is los, sigbare kwasmerke wat tekstuur op die oppervlak skep. Daar is suiwer kleure wat ongemeng gelaat is soos die pers op die vrou se kraag en die wit op die glase. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 1b:  Verskillende interaksies tussen die mense Alhoewel die figure rondom 'n tafel byeenkom, is hulle afgesonder van mekaar. Slegs die sentrale manlike volwassene lyk asof hy kyk in die rigting van die jong seun in rooi geklee, wat die foon het. Die oudste figuur aan die verste linkerkant is heeltemal apart van die res van die familiegroep. Daar is geen kommunikasie nie, en mense is in hul eie ruimtes al sit hulle saam. Menslike gesigte lyk soos maskers.  Gesigsuitdrukkings Die figure se oë is almal na onder gerig en hulle lyk uitgeput. Die toeskouer kan nie die gesigsuitdrukking van die volwasse man aan die tafel, bepaal nie aangesien hy sy mond met sy hand bedek terwyl sy oë gefokus is op die seun se aktiwiteit. Die ander kinders aan die tafel lyk asof hulle nadink en konsentreer op wat hulle besig is om te doen. Die figuur aan die verste linkerkant hou almal dop.  Lig en skadu wat stemming en atmosfeer skep Die kers op die tafel is die ligbron wat die figure verlig en veroorsaak dramatiese skadu's in die ruimte in die agtergrond. Daar is 'n sterk kontras tussen die ligter areas en die skadu's op die figure wat by die tafel sit. Die figuur aan die verste linkerkant is omtrent heeltemal in skadu gehul.  Fokuspunt Die skerp wit van die kersvlam trek die aandag aangesien dit die ligste kleur gedeelte van die skildery. Die figure sit rondom die kers. Die kandidaat se antwoord vir die fokuspunt mag verskil, maar moet gestaaf word.  Styl van die skildery Die skildery is gestileerd aangesien die figure uitgebeeld is met oordrewe gelaatstrekke, gesien in die uitpeulende ronde oë en geronde neuse. Die verf is aangewend in glad vermengde kwasmerke wat soliede vorms skep. Die kleure is ondeursigtig en gedemp. Die primêre kleure, geel en rooi is ook gedemp aangesien dit binne die dowwe kerslig uitgebeeld is. (10) 1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat hulle bestudeer het, bespreek. Die kunstenaars se werke moet die interaksies tussen mense of tussen mense en hul omgewing uitbeeld. Verskaf die name van die kunstenaars en die titels van die kunswerke. Kandidate moet EEN kunswerk per kunstenaar bespreek. Hulle mag die volgende in hul opstel gebruik:  Onderwerp  Invloede  Formele kunselemente  Media en tegniek  Boodskap/betekenis van die kunswerk (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die kunstenaar, Lina Iris Viktor is gebore in Europa. Haar ouers was van Liberië in Wes- Afrika. Haar selfportret in FIGUUR 2a is beïnvloed deur beide Afrika- en Europese kunswerke. Woordelys: Syzygy: 'n Paar verwante of kontrasterende voorwerpe (FIGUUR 2a). Bisantyns: Kuns gemaak in die Oos-Romeinse ryk van ongeveer die 300's tot en met die 1400's. Die kunswerke beeld hoofsaaklik Christelike onderwerpe en leiers uit. (FIGUUR 2b). Mosaïek: Beeldmateriaal gemaak uit klein stukkies gekleurde klippies, glas of keramiek. (FIGUUR 2b). Die Dan mense is 'n etniese groep uit Wes-Afrika (FIGUUR 2c). FIGUUR 2a: Lina Iris Viktor, Syzygy, goud, akriel, fotografiese afdruk op doek, 2015 FIGURE 2b: Bisantynse kunstenaar, Keiserin Theodora en Dienaars (detail), mosaïek, 6de eeu. FIGUUR 2c: Dan mense van Liberië, Gesigmasker, hout, datum onbekend. 2.1 Dink jy FIGUUR 2a is beïnvloed deur FIGURE 2b en 2c? Kandidate mag hul antwoord motiveer deur na die volgende te verwys: ● Kleur In FIGUUR 2a het Viktor goud, blou en blou in die klere en die agtergrond gebruik. Haar hare is blou, gesig is swart geverf en die goue sirkel agter haar kop verteenwoordig 'n stralekrans. Die wit van die kleding veroorsaak dat die figuur uitstaan teenoor die donker agtergrond. Die wit van die materiaal laat die figuur uitstaan teen die donker agtergrond. Die blou hooftooisel: Koningsblou is 'n tipiese koninklike kleur in die Europese kultuur. Die gebruik van goud herinner aan Bisantium en vroeë Christelike kuns, om transendente, goddelike lig te simboliseer wat die onsigbare, geestelike wêreld beliggaam. Goud kon gevind word in die agtergrond van ikone, mosaïek, (sien 2c) drieluikpanele en argitektoniese instellings. Die goue sirkel skyf lyk soos die stralekrans in FIGUUR 2b wat ook wit ligte areas op haar rok het. Die geverfde swart masker op Viktor se gesig stem ooreen met die swart masker van FIGUUR 2c. In FIGUUR 2c sien ons ligter hout wat deurskyn op die punt van die neus en lippe. Dit lyk asof dit gepolitoer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2023 NSS ● Liggaamshouding of gesigsuitdrukking In FIGUUR 2a is die figuur regop met haar kop in 'n driekwart aansig terwyl sy oogkontak maak, om so aandag te trek. Sy lyk selfversekerd en koninklik. In FIGUUR 2b kyk die figuur voor haar uit en het 'n statiese liggaamsposisie. Sy kyk effens weg maar sy dwing steeds respek af of trek aandag. Die plasing van die lippe is soortgelyk as in FIGUUR 2a. Daar is 'n ernstige introspektiewe uitdrukking in die masker in FIGUUR 2c waar die ooglede toe is en die mond afwaarts getrek. ● Herhaling en patroon In FIGUUR 2a word groot geometriese patrone in die agtergrond gesien. Dit is vertikale, verlengde reghoeke en driehoeke. Sommige van die reghoeke is gevul in soliede goud of swart terwyl ander, spesifiek aan die linkerkant, eenvoudige goue buitelyne het. Die materiaal waarin die figuur gehul is, bestaan uit stroke van nou herhalende patrone. Geometriese vorms is sigbaar in die materiaal en dit herinner aan 'n tradisionele Afrika patroon kledingstuk wat by die groter vorms van die agtergrond aansluit. Daar is herhaling in die bronsringe rondom die rondom die nek. Herhaling kan gesien word op die Bisantynse dekoratiewe juweliersware rondom die nek en die stringe krale wat hang vanaf haar kroon. Daar is 'n herhaling van sirkels op haar kroon wat 'n verwysing kan wees na die edelgesteentes. Die patroon in die agtergrond herinner ook aan 20ste eeuse Europese kuns soos 'The Stijl' FIGUUR 2c het ook sirkelvormige gate aan die bokant van die masker se voorkop. Dit kan wees dat daar hare ingeweef was. Die gate is in eweredige afstand herhaal in 'n halfsirkel wat oor die bokant van die kop strek. Daar is ook sirkels in die vorm van die oorbelle. Die gesuggereerde vorm van die ooglede word herhaal aan die onderkant van die neus en in die vorms van die lippe. ● Betekenis/boodskappe FIGUUR 2a kombineer Afrika en Europese invloede wat wys op Viktor se hibriede identiteit as Europese persoon wat gebore is aan ouers vanuit Afrika. Haar selfversekerde liggaamshouding vertoon haar trots in haar herkoms. Sy neem 'n koninklike posisie in wat van te vore ingeneem is deur die Madonna, keiserinne of koninginne in Westerse kuns. Sy bereik dit deur haar liggaamshouding, die stralekrans en die gebruik van donker blou. Sy kan ook gesien word as 'n bruid wat 'n tradisionele kombers dra. FIGUUR 2b wys die Keiserin Theodora van die Bisantynse tydperk. Sy is versier met ingewikkelde bykomstighede en is geplaas in die middel van die komposisie wat haar belangrikheid wys. Sy is 'n sekulêre figuur wat as heilig verklaar is as gevolg van die stralekrans. Sy kyk na die toeskouer met outoriteit. FIGUUR 2c kan 'n simbool van skoonheid wees in die Dan kultuur. Die masker kon gedra word as deel van rituele seremonies in die stamlewe van die Dan kultuur. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2023 NSS 2.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke deur Suid- Afrikaanse kunstenaars, wat hulle bestudeer het bespreek, (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle moet die invloede van Afrika of inheemse kunsvorms in die werke bespreek. Gebruik die volgende riglyne:  Invloede  Formele kunselemente  Komposisie  Styl  Betekenis/boodskappe (10) [20] VRAAG 3: SOSIO-POLITIESE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's Armoede is 'n sosio-politiese bekommernis regoor die wêreld. Mense ervaar hongersnood, beperkte toegang tot opvoeding, verminderde toegang tot basiese dienste en diskriminasie as gevolg van armoede. FIGUUR 3a: Ronnie Goodman, No More Homeless Deaths (Geen Meer Hawelose Sterftes), linosneë, 2011. FIGURE 3b: Duane Hanson, Bowery Derelicts (Bowery Agtergeblewenes), lewensgrootte afgietsels van liggame gemaak van hars ('resin') en geskilder, 1969- 1970. Woordelys: Bowery: 'n Woongebied in Laer Manhattan in die New York Stad. Agtergeblewenes (Derelicts): Agtergelate of verwaarlooste mense, uitgeworpenes. 3.1 Kandidate moet bespreek hoe armoede uitgebeeld is in die kunswerke in FIGURE 3a en 3b deur die volgende te oorweeg:  Die simboliek van die rotte, kruisiging en musikante in FIGUUR 3a Bo die Wit Huis is 'n gekruisigde figuur wat lyk asof hy aan die kruis vasgebind is. Bokant sy kop is die woord 'homeless' met doringdraad rondom dit. Die figuur is verwant aan die Bybelse uitbeelding van Christus wat gesterf het vir ander se sondes wat suggereer dat die haweloses lei as gevolg van die sondes en buitensporigheid van die rykes. Die doringdraad suggereer die pogings om die haweloses uit sekere ruimtes te hou. Die gebruik van die kruis is ironies aangesien daar 'n afwesigheid van genade vir arm mense is. Om aan armoede te sterf is dieselfde as om vir ander se sondes te sterf, die Regering gee nie aandag daaraan nie, maar verryk eerder hulself. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2023 NSS Daar is ‘n gekruisigte geraamte aan die linkerkant van die werk met die byskrif ‘Homeless”, terwyl ‘n figuur gekruisig word aan die regterkant met die byskrif ‘Mental. Hierdie opskrifte neem die kwessies van haweloosheid verder as net hongersnood en werp lig op die dieper kwessies wat deur haweloses ervaar word. Musikante verkondig die onreg wat gebeur soos in die Bybel met trompette Dixie-groepe het dikwels 'When the saints come marching in' gespeel na en van begrafnisse (Amerika). Aan die bokant van die komposisie/kunswerk is twee musikante, een swart en een wit, een bespeel 'n trompet en 'n klarinet. Hulle kan gesien word as verteenwoordigend van die goeie dinge in die lewe soos musiek en hulle lyk asof hulle die lyding van die armes ignoreer. Alternatiewelik kan hulle besig wees om liedjies omtrent haweloosheid te maak om so die aandag op die las van haweloses te vestig. Die visuele beeld is geraam aan beide kante met 'n rantpatroon wat bestaan uit die beeldmateriaal van rotte. Dit verteenwoordig die onhigiëniese omgewing waarin die hawelose mense leef asook die maniere waarop mense hulle behandel as 'n bedreiging of as 'n plaag. Daar is ook 'n verbintenis tussen rotte en die haweloses as aasdiere. Die rotte kan die manier verteenwoordig van hoe die arm hawelose mense 'soos rotte' behandel word. Mense word deur die regering as giftige rotte beskou. Die dood van mense - 'Hulle sterf soos rotte'.  Die houding, kleredrag en omgewing in FIGUUR 3b Die figure lyk asof hulle dronk is en nie by hulle volle bewussyn is nie. Dit is sigbaar in die figuur in die agtergrond wat sit met sy kop wat na eenkant toe val. Dwelmmisbruik is deel van hul daaglikse oorlewingsmeganisme. Die bleek, gekneusde gesig en vuil dun hand en die liggaam van die figuur in die voorgrond wys op hulle daaglikse blootstelling aan gevare en hongerte van die lewe op straat. Hulle klere is vuil as gevolg van blootstelling aan die elemente wanneer hulle slaap in die straat. Hulle het nie geld om nuwe klere te koop nie en het beperkte toegang tot basiese dienste soos water om hul klere mee te was. Daar is afvalstukke van papier of vuilgoed wat rondgestrooi lê rondom die figure wat bydra tot die gevoel van morsigheid waarin hulle slaap. Hulle het nie beddegoed nie en het geïmproviseer deur gebruik te maak van papier onder hulle koppe. Die uitgeworpe mense lyk verlate en verwaarloos. Die plasing van lewensgrootte figure konfronteer jou, dit lyk of dit op openbare trappe is waar jy moet verbygaan en dit in die gesig staar. Dit lyk asof hulle in uniform geklee is en hulle kan vergete soldate wees.  Hoe het die gekose mediums en style in FIGURE 3a en 3b die boodskap beïnvloed? FIGUUR 3a: Die linosnee in FIGUUR 3a lyk soos 'n proteskunsplakkaat as gevolg van die grafiese gebruik van swart en wit. Die vereenvoudigde vorms en die gebruik van teks skep 'n visuele beeld wat helder en duidelik is. Die simmetries gebalanseerde raam beklemtoon die idee van die protesplakkaat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 3b is realisties as gevolg van die beeldhouproses om 'n afgietsel van 'n menslike figuur te maak. Die lewensgrootte skaal dra ook by tot die geloofwaardige visuele beeld asook die versigtige skilderwerk op die figure en klere wat gekneusheid en vuilheid suggereer. Hulle konfronteer die toeskouer as gevolg van hulle skaal en grootte en lewensgetroue voorkoms. Die beeldhouwerk is pynlik en skokkend vanweë die realisme en (8) realistiese grootte. 3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het bespreek (EEN werk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe hierdie kunstenaars sosio-politiese kwessies in hul werk blootlê. Kandidate moet die volgende as 'n riglyn gebruik:  Onderwerp  Gebruik van medium(s) en tegnieke  Komposisie  Verduidelik die sosiopolitiese kwessies wat in die kunswerke aangeraak word.  Dink jy dat die kwessies suksesvol oorgedra word aan die toeskouer? Motiveer jou antwoord. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK VAN LANDELIKE SUID-AFRIKA Samuel Makoanyane het tradisionele musikante van Lesotho gedokumenteer, terwyl Collen Maswanganyi die ritme van kontemporêre musikante in Limpopo uitbeeld. FIGUUR 4a: Samuel Makoanyane, Reeks van Musikante, kleifigure, c.1930s. FIGUUR 4b: Collen Maswanganyi, In Business with our Husbands (In Besigheid met ons Eggenote (Mans)), dennehout en akrielverf, 2013. 4.1 Kandidate moet bespreek hoe die beeldhouers in FIGURE 4a en 4b musikante uitbeeld deur te verwys na die volgende riglyne:  Beskryf die klere, musiekinstrumente en liggaamshoudings FIGUUR 4a: Die figure dra tradisionele kleredrag terwyl hulle speel op handgemaakte musiekinstrumente. Die vrou dra 'n lang romp wat haar bene tot by haar enkels bedek. Sy dra 'n sjaal wat haar skouers bedek. Haar kleredrag is versier met 'n dekoratiewe patroon. Sy sit met haar bene onder haar ingevou effens na die een kant van haar liggaam. Sy bespeel die trom met een hand effens gelig en die ander hand op die trom, wat leun op haar skoot. Die man dra 'n skouermantel met 'n klein lendebedekking. Hy dra 'n tipiese geweefde Sotho hoed wat gepunt is met 'n sirkelvormige geweefde versiering op die punt. Hy blaas in 'n stringinstrument wat hy vashou in sy linkerhand terwyl hy dit bespeel met sy regterhand. Hy sit regop op 'n bankie met sy bene na regs en sy voete wat op die grond rus. Die instrumente is 'n klein trom en 'n boog-instrument. Albei figure het kaalvoete. Albei is sit en staties (lyk in 'n oomblik gevries) met net 'n voorstel van beweging van die hande. FIGUUR 4b: Die figure is in beweging uitgebeeld. Die man se bolyf leun na agter terwyl hy op die kitaar speel en kyk na die groep vroue wat lyk asof hulle hul bolywe beweeg terwyl hulle in die mikrofone in sing. Die elektriese kitaar en die mikrofone is moderne instrumente. Hulle lyk soos 'n moderne musiekgroep, aangetrek in helderkleurige informele uitrustings. Die vrouens dra kort rompe en seilskoene met bypassende rooi hemde en sweetbande om die arms en hulle haarstyl is dieselfde. Hul hare is vasgemaak in groot bollas bo-op hulle koppe. Die man dra jeans en sy hare en baard is goed versorg. Hy dra tweekleurige skoene.  Die effek van kleur FIGUUR 4a: Die terracotta kleur is in die natuurlike kleur van die klei gelaat. Die terracotta kleur gee 'n aardse gevoel aan die kunswerke. Die gebrande vlekke wat deel is van die vuurproses is sigbaar op die figure. Die tekstuurpatroon bied 'n donkerder toonwaarde in kontras met die res van die kleur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2023 NSS FIGUUR 4b: Dit het helder kleure wat bydra tot die moderne gevoel van die beeldhouwerk. Daar is helder rooi wat op die rompe, naels en lippe van die vroue figure geverf is en dit kontrasteer met die blou van die hemde en wit seilskoene. Die kleurgebruik van die vrouefigure verenig hulle as groep. Die gelaatskleure is dieselfde as die kleur van die hout wat gebruik is vir die beeldhouwerk en kon ongeverf gelaat wees of is lig gekleur.  Bespreek die verskille in tegniek tussen om te werk met klei en om te werk met hout. FIGUUR 4a is beeldhouwerke gemaak uit klei. Die tekstuur van die hare en instrumente asook die patrone op die klere is ingekrap en gegraveer in die klei. Die figure se vel toon tekstuur en wys die proses van hoe die kunstenaar gewerk het terwyl die klei sag was. Die kleimodelleringstegniek vereis die manipulasie van vorm en die byvoeging van klei om vorm te vind, versiering word gedoen met insnyding en gravering. FIGUUR 4b is anders aangesien die kunstenaar die figure en die vorms van hul gelaatstrekke uit hout gekerf het. Die kunstenaar moes ook patrone kerf in die kitaar, rompe en sokkies. Houtsneetegnieke impliseer om weg te sny en weg te neem om die vorm te vind.  Verduidelik waarom FIGUUR 4a as naturalisties en FIGUUR 4b as gestileerd beskryf kan word. In FIGUUR 4a het die kunstenaar die figure versigtig waargeneem en herskep. Hy het aandag gegee aan die vorms van die gelaatstrekke, die proporsies en die posisie van die liggaam. Hy het die aktiwiteite en hoe mense hul musiekinstrumente vashou terwyl hulle dit bespeel fyn waargeneem om dit lewensgetrou uit te beeld. FIGUUR 4b is gestileerd as gevolg van die herhaling van die vrouefigure. Die kunstenaar het hulle bolywe gedistorsieër na bonkige vorms met verlengde uitgestrekte arms. Die gesigte vertoon as vereenvoudigde soos 'n strokiesprent as gevolg van die vorms van die oë, die donker wenkbroue en die rooi lippe. Die proporsies is oordrewe en dit lyk soos geanimeerde figure. (10) 4.2 Skryf 'n opstel oor die werk van enige TWEE kunstenaars /kunsvlytkunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se werke hul persoonlike stories, kunsvlyt en/ of geestelikheid uitbeeld.  Invloede en inspirasie  Media en tegnieke  Formele kunselemente  Moontlike betekenis/doel/funksie (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2023 NSS VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Kunstenaars het op verskillende tye ongewone nie-kunsmateriale omskep in kunswerke. Die kunswerke in FIGURE 5a, 5b en 5c maak van fietsonderdele of die rubber van buitebande op ongewone maniere gebruik. FIGUUR 5a: Pablo Picasso, Bull's Head (Bul se kop), fietsonderdele, 1942. FIGUUR 5b: Marcel Duchamp, Bicycle Wheel (Fietswiel), metaalwiel gemonteer op 'n geverfde hout stoel, 1913. FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Killing time (Conversations in Limbo) (Tydmors (Gesprekke in Limbus), herwinde rubber, glasvesel afgietsel, gevonde houtstomp, lewensgroot, 2017. Woordelys: Limbo: 'n Onsekere toestand, tussen-in 5.1 Kandidate moet die verhoudings tussen die kunswerke oorweeg soos verskaf in FIGURE 5a, 5b en 5c. Gebruik die volgende riglyne: ● Hoe het die fiets in FIGUUR 5a'n bul se kop geword? Beskryf die kreatiewe proses In FIGUUR 5a het Picasso die verhouding tussen die vorms van die fietsonderdele en die vorm van die bul se kop raakgesien. Die fietssitplek word die bul se kop en die stuurstang word horings. Die sitplek en die stuurstang is bymekaargevoeg deur te kyk na die suggestiewe aard van die vorms eerder as na die funksie en dit is aangebied as 'n statiese vorm teen die muur.  Waarom dink jy het Duchamp in FIGUUR 5b 'n fietswiel en 'n stoel gekombineer? Daar is kontras tussen die twee gevonde voorwerpe, wat met Dada verbind is, wat gekombineer is in FIGUUR 5b. 'n Fietswiel kan beweeg en 'n stoel staan stil. Duchamp plaas die wiel bo-op die stoel, sodat dit steeds kan draai, maar die eintlike beeldhouwerk kan nie beweeg nie. Duchamp was minder geïnteresseerd daarin om 'n estetiese vorm te skep en wou eerder bevraagteken wat kuns is deur voorwerpe te gebruik wat nie tradisioneel as media in kuns gebruik is nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2023 NSS ● Hoe is die materiale in FIGUUR 5c getransformeer? Oorweeg die tekstuur van die materiale In FIGUUR 5c is die rubber van die binnebande herwin en omskep na die vel van die lewensgrootte figure en die voorwerpe waaroor dit getrek is. Die rubber is geweef om gepantserde drag te skep wat die bors, bene en arms bedek. Die geometriese vorms wat die geweefde rubber maak laat die figure lyk asof dit 'pixelated' is of soos futuristiese strukture lyk. Hierdie idee word ondersteun deur die man se gesig wat lyk soos 'n robot of 'n winkelpop lyk. Die rubber is gevorm om kettings te maak wat die twee figure aanmekaar verbind. Die rubber is ook geplooi en aanmekaar gewerk met ligkleurige omsoming om 'n bedekking te skep wat die tweede figuur se gesig verberg. Daar is ook gladde blink metal antennas wat uitsteek vanuit die ore en die ruggraat van die figure. Daar is 'n kontras tussen die gladde, mensgemaakte rubber en die growwe teksture van die natuurlike hout. Dit kontrasteer ook soos rommel wat op die strand uitgespoel is, plastiek verstrengel met dryfhout. ● Hoe dra die titel in FIGUUR 5c tot die betekenis van die kunswerk by? Die figure in FIGUUR 5c lyk asof hulle getransformeer is na iets mensgemaak en futuristies. Die idee van tyd word ook genoem in die titel. Die titel lei ook ons aandag na die gesprek, maar die figure lyk nie asof hulle in gesprek is met mekaar nie. Die antennas laat dit lyk asof die beeldhouagtige figure wel met mekaar kommunikeer en verbind met iemand of iets buite hulle onmiddellike omgewing. Wanneer die idees in die titel saamgevoeg is met die herwinde materiale lei dit ons aandag na omgewingskwessies. Die figure 'tyd omkry' (kill time) terwyl hulle sit en wag vir verandering in ons bewussyn en aksies wat te doen het met omgewingskwessies, maar hulle is ook vasgevang binne 'n staat van limbus omdat hulle letterlik vasgeketting is en gemummifiseer is deur die rubber. (10) 5.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe alternatiewe kunsvorms of multimedia gebruik is in die kunswerke. Hulle moet die volgende as riglyne gebruik: ● Invloede ● Kort beskrywing ● Gebruik van materiale en tegnieke ● Moontlike boodskappe/betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA Wat is 'n Suid-Afrikaanse identiteit? Ons soek voortdurend daarna om te definieer wie ons as Suid-Afrikaners is. Ons Identiteit word gevorm deur waardes, herkoms, geslag, ras, taal en ervarings. Populêre kultuur en verbruikersprodukte dra ook by tot ons identiteit. FIGUUR 6a: Brett Murray, Afrika, geverfde gegote brons, 2000. FIGUUR 6b: Brett Murray, Afrika (detail), geverfde gegote brons, 2000. FIGUUR 6c: Richard Smith, Afrika, gemengde media op papier, datum onbekend. Woordelys: Bart Simpson: 'n Fiktiewe karakter in 'n Amerikaanse animasie televisiereeks, 'The Simpsons'. Hy was 'n stout, rebelse en misverstaande 10-jaar oue seun. 6.1 Kandidate moet die impak van populêre kultuur en verbruikersprodukte op identiteit soos uitgebeeld in FIGURE 6a en 6c bespreek deur van die volgende riglyne gebruik te maak.  Die verhouding tussen die Bart Simpson- en die Afrika figuur Die twee kulture wat hulle verteenwoordig vermeng nie, maar die Amerikaanse kultuur lyk eerder asof dit afgedwing word op die Afrika figuur op 'n manier wat nie respek betoon teenoor die Afrika figuur nie, amper soos kougom wat vasgeplak is onderaan 'n tafel. Die herhaling van die helder Bart Simpson koppe beklemtoon die karakter se populariteit en tree op as 'n afleiding vanaf die Afrika figuur. Die Afrika figuur is egter nie onaangedaan deur die teenwoordigheid van die Bart Simpson koppe nie en is steeds dominant in grootte. Daar is ironie in die verhouding tussen die Bart Simpson-koppe wat op die tradisionele Afrika-beeldhouwerk geplaas is. Dit is amper asof Bart Simpson die erns van die tradisionele Afrika-bronsbeeldhouwerk bespot. Die geel kleur was gekoppel aan 'n Pop Art-invloed en kommersiële produkte.  Die verhouding tussen die 'Lion' vuurhoutjieboksies en die portret van die man in FIGUUR 6c Die kop en skouerportret van die man in FIGUUR 6a kom voor asof hy homself laat geld en kyk direk voor hom uit. Hy is staties terwyl die vuurhoutjieboksies lyk asof dit val voor sy gesig, met elkeen teen 'n ander hoek. Die 'Lion' vuurhoutjieboksie is 'n bekende en wydgebruikte Suid-Afrikaanse handelsmerk en dit bedek dele van sy gesig wat sy portret verbind aan 'n Suid-Afrikaanse identiteit. Die leeu op die vuurhoutjieboksie het groot maanhare en lê regop, wat 'n teken van sy kragtigheid is. Hierdie kenmerke is herhalend in die hare en liggaamsposisie van die portret. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2023 NSS Daar is 'n verband tussen die gesig van die man met dreadlocks en die vuurhoutjies met die rook van dagga en Rastafarianisme. Die leeu op die vuurhoutjiedosies kan teruggeskakel word met die Groot 5. Die leeu is gereduseer tot 'n handelsmerk of logo op verbruikersprodukte.  Gebruik van die kleur geel In FIGUUR 6a word geel gebruik as die kleur van Bart Simpson se kop. Dit is 'n sterk versadigde kleur wat geassosieer word met strokiesprente en met Bart Simpson. Die helderheid van die geel koppe kontrasteer met die donkerheid van die swart Afrika figuur. Die geel koppe verbreek die erns van die tradisionele Afrika figuur. In FIGUUR 6b staan die herhaling van die geel vuurhoutjieboksies uit teenoor die monochromatiese tonale portret. Die geel gekombineer met die rooi op die vuurhoutjieboksies verwys na die vuur wat met vuurhoutjies geassosieer word. Die gebruik van geel kan die warmte van vuur voorstel.  Verskille in styl tussen FIGURE 6a en 6c FIGUUR 6a is gestileerd. Die liggaam van die Afrika figuur is nie in proporsie nie. Die arms is dun en kort. Die gesig is swaar en groot in verhouding met die res van die liggaam. Die gelaatstrekke word gevorm deur vereenvoudigde vorms soos die ronde wenkbroue, die reghoekige neus en die boksagtige mond. Die oë van die Afrika figuur is gekerf as gleuwe wat kontrasteer met die uitpeul oë van Bart Simpson wie se kop ook vereenvoudig is. In kontras hiermee is FIGUUR 6b 'n naturalistiese portret. Die kunstenaar het die vorms van die gelaatstrekke versigtig waargeneem en het toonwaardes gebruik om volume en tekstuur in die gesig uit te beeld. Die vallende vuurhoutjieboksies is ook naturalisties en is uitgebeeld teen verskillende hoeke.  Watter kunswerk dink jy beeld 'n Suid-Afrikaanse identiteit die beste uit? Gee redes vir jou antwoord Kandidate kan hulle antwoord motiveer deur die gekose kunswerk te gebruik om dit te staaf. (8) 6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse post-1994 demokratiese kunswerk na 1994 bespreek wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe die kunswerke Suid- Afrikaanse identiteit weerspieël. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2023 NSS VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Toksiese manlikheid verwys na die wanopvatting van ‘manlikheid’ wat gedefinieer word deur aggressie en dominansie gedefinieer word. Tradisionele Westerse kunstenaars het sterk en militante manlike figure uitgebeeld, terwyl kontemporêre kunstenaars hierdie verouderde idees omtrent ‘manlikheid’ uitdaag. FIGUUR 7a: Peter Paul Rubens, The Lion Hunt (Die Leeujagtog), olie op doek, 1621. FIGUUR 7b: Justin Brett, Series from Out of Site (Reeks van 'Buite die Perseel'), waterverf en bleikmiddel op papier, lewensgrootte, 2009. 7.1 Kandidate moet die uitbeelding van manlikheid in FIGURE 7a en 7b vergelyk deur gebruik te maak van die volgende riglyne: ● Die manlike figure se liggame en aksies In FIGUUR 7a is die manlike figure uitgebeeld in gewelddadige aksie deurdat hulle liggame verdraai is terwyl hulle die aanvallende leeus doodmaak. Die figuur in wit word van sy perd afgetrek deur 'n brutale leeu. Die drama van sy val word beklemtoon deur die posisie van sy liggaam as 'n diagonale lyn. Die drie mans aan die bokant van die skildery lig hulle gespierde arms om die leeus met hul wapens dood te maak. Die mans is almal fisies sterk en heroïes in hul meedoënlose geveg om hul lewens. In kontras is die figure in FIGUUR 7b vertikaal en staties. Hulle poseer vir 'n foto eerder as wat hulle betrokke is in aksie. Die figure staan in 'n contrapposto posisie met een been effens gebuig terwyl die ander been die gewig dra. Hulle bolywe is effens skuins met hul arms wat langs hul liggame afhang. Hulle is nie baie gespierd nie en hul liggame vertoon nogal kwesbaar as gevolg van die sagtheid van die ligte kleurgebruik en die aanwending van die verf. Hulle is kwesbaar aangesien hulle uitgebeeld is in hul onderbroeke. ● Komposisie FIGUUR 7a Die fokuspunt is die sentrale figuur in wit wat die aandag trek as gevolg van die witheid van sy klere en die plasing van sy liggaam teen 'n diagonale hoek. Die skildery is ongebalanseerd aangesien die regterkant van die skildery donkerder is met meer ineengestrengelde figure wat daarin voorkom. Dit is ‘n dinamiese komposisie wat met Barokkuns geassosieer word. Die figuur in Figuur 7a in wit vorm 'n diagonale lyn, wat konflik kan aandui. FIGUUR 7b In kontras word beide figure sentraal geplaas in gebalanseerde komposisies. Die figure is nou afgebaken met die rante van die skilderye net bokant hulle koppe en net onder die knieë. Die figure is die fokuspunte aangesien daar baie min in die agtergrond uitgebeeld is. Die kandidaat se antwoord vir fokuspunt mag verskil, maar moet gestaaf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2023 NSS ● Kleur Daar is sterk primêre kleure gebruik in FIGUUR 7a, soos die rooi en blou in die kleredrag en die goudgeel in die leeus. Daar is ook skerp witte en donker bruine en grys gebruik. Naturalistiese kleure is gebruik in die vleeskleurige toonwaardes van die figure. Die figure het volume as gevolg van die graduering van ligte areas tot dieper skaduwees. In teenstelling hiermee is daar nie baie kontras in die figure in FIGUUR 7b nie. Daar is 'n klein verskeidenheid toonwaardes en die kunstenaar het nie 'n groot verskeidenheid kleur op die liggame gebruik nie. Die eerste skildery is hoofsaaklik pienk, wit en bruin. Die pienk is verskerp aangesien dit 'n songebrande vel suggereer. Die tweede skildery is amper monochromaties en is uitgebeeld in subtiele toonwaardes van bruin of oranje in die oë en dye. Die wit onderbroek trek aandag en verbind met die oop ruimte in die agtergrond. ● Hoe is manlikheid uitgebeeld? In FIGUUR 7a is die mans uitgebeeld met die idee van 'n spesifieke ideaal van manlikheid in gedagte, waar mans beskou word as braaf, sterk, kragtig en as die beskermers. In kontras het die kunstenaar in FIGUUR 7b die konvensionele idees van manlikheid bestry deur die manlike onderwerpe as kwesbaar, sag en sensitief uit te beeld. Hy beeld fisiese skoonheid uit in hul sagtheid eerder as in geïdealiseerde gespierde liggame. Figuur 7b se oë is toe asof hy droom of skaam is omdat hy net in 'n onderbroek geklee is. (10) 7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe manlikheid en/of vroulikheid uitgebeeld is in hierdie werke. Hulle moet die volgende as riglyne gebruik:  Keuse van visuele beelde  Kleur  Medium en tegnieke  Geslagskwessies wat aangespreek word (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2023 NSS VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Garden Café in FIGUUR 8a is geïnspireer deur die hutte (mat huise) van die Khoisan, wie die eerste mense was wat die Breedekloof vallei in die Wes-Kaap bewoon het. Die argitektuur van Garden Café bring inheemse en kontemporêre invloede bymekaar. Dit kombineer ook die natuur met die geboude omgewing. FIGUUR 8a: Steyn Studio, Garden Café, gekurfde eike balke, glas en beton, 2020. FIGUUR 8b: Steyn Studio, Garden Café, gekurfde eike balke, glas en beton, 2020. FIGUUR 8c: Khoisan mense, Struktuur van die mathuis, takke, datum onbekend. Woordelys: Mathuis: Die mathuis was 'n draagbare en gekromde struktuur wat gedek was met geweefde matte wat die Khoisan gebruik het wanneer hulle seisoenaal getrek het met hulle beeste. FIGUUR 8b wys die struktuur sonder die geweefde matte. 8.1 Kandidate moet verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c deur die volgende vrae te beantwoord:  Kandidate moet kommentaar lewer op die funksie van TWEE argitekturele boumateriale wat gebruik is in die Garden Café. Verwys na die visuele beelde in FIGURE 8a en 8b. Die lineêre kruis en dwars houtstruktuur in FIGUUR 8a skep 'n heining en 'n omheinde area vir die tuin-area. Die negatiewe diamantvormige ruimtes tussen die balke verminder die gewig van die struktuur en verander die heining na 'n ontwerpkenmerk. Die betonmure omvou die ingang in FIGUUR 8b en verskaf skuiling. Vanuit 'n estetiese oogpunt bied die beton 'n soliditeit as teenstelling vir die ligtheid en deurskynende effek van die glas en die houtstruktuur.  Hoe het die Khoisan mat huis (FIGUUR 8c) die ingang tot Garden Café beïnvloed? (FIGUUR 8b) Die raamwerk van die tradisionele mathuis bestaan uit 'n halfsirkel koepelvorm. Dit word nageboots in die struktuur wat die ingang na die Garden Café omsluit, alhoewel die geronde vorm by die ingang nie simmetries is nie. Die koepelstruktuur van die mathuis bestaan uit 'n netwerk van oorvleuelende stokke wat die gewig van die matte kan dra en is soortgelyk aan die eikehout balke wat eweredig by die ingang gerangskik is.  Watter effek sal die ingang op die besoeker hê? Dit is 'n indrukwekkende ingang wat die besoeker uitnooi na binne met die spiraalvorm wat lei van die buitekant na die ingang. Die aaneenlopende netwerk van balke is groter aan die buitekant en verklein na die binnekant van die toe. Dit lok die oog en nooi die besoeker na die ingang. Die besoeker sal deur die lig oorweldig word. Die ingang verwys na 'n skulp of Fibonacci- volgorde ('sequence'). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne  Hoe skakel die gebou in FIGUUR 8b met die omliggende natuur? Die kruis en dwars heining skei die uitgelegde tuin van die Garden Café van die ongetemde natuur van buite. Die negatiewe ruimte laat egter toe dat daar 'n verbintenis is tussen die twee. Die groot glas vensters en die netwerk van eikehout balke in FIGUUR 8b verbind die buitekant met die binnekant van die gebou deur die sonlig in te laat. Dit laat ook die toeskouer toe om van buite af die binnekant van die gebou te sien.   Lewer kommentaar op TWEE kontemporêre invloede wat sigbaar is in FIGUUR 8b Die argitekte kombineer materiale deur gebruik te maak van glas, hout en beton. Die mengsel van materiale is 'n kontemporêre kenmerk. Die argitekte verwys terselfdertyd na ou en nuwe argitekturele style. Die kombinasie van verskillende style vanuit verskillende tye en plekke is 'n postmoderne kenmerk van argitektuur. Daar is ‘n herinterpretasie van inheemse historiese style vier erfenis en eis eienaarskap van wat ons eie is, in plaas daarvan om Europese en Amerikaanse styl in ons omgewings te probeer gebruik. (8) 8.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue of strukture wat hulle bestudeer het bespreek deur te verwys na die volgende:  Funksie/s  Gebruik van materiale en tegnieke  Stylistiese kenmerke  Omgewingsinvloede  Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek beskou? (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all