You're offline
Skip to content
Question paper

Visual Arts P1 Nov 2025 Afr

Subject: Visual ArtsGrade 12202519 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2025 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon: • Die gebruik van die korrekte kunsterminologie • Die gebruik en toepassing van visuele analise en kritiese denke • Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks • Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks • 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord ENIGE VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn hoofsaaklik op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die regterkantste bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het, in die tweede deel van elke vraag gebruik. • Jy mag NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE. Jy mag wel ander kunswerke deur kunstenaars wat in die vraestel voorkom, as jou bestudeerde kunswerke gebruik. • Jy mag NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende vrae herhaal NIE. 7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. 8. Gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 9. Jy moet die vrae op 'n holistiese manier beantwoord. Die kolpunte stem nie met 'n spesifieke punt ooreen nie, maar jy moet dit as riglyne in jou antwoorde op die vrae gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 10. Wanneer jy gevra word om 'n analise te doen, moet jy 'n gedetailleerde bespreking gee wat 'n keuse van die volgende kriteria gebruik:2025 • Formele kunselemente, soos lyn, kleur, tekstuur, fatsoen/vorm en toonwaarde • Komposisie, fokuspunt en balans, ens. • Invloede • Styl en media • Tegniek • Betekenis en interpretasie 11. Maak seker dat jy kunswerke direk vergelyk indien die vraag dit vereis. 12. Tydbestuur en lengte van antwoorde: • Jy moet ongeveer 36 minute per vraag aan jou gekose VYF vrae bestee. • Gebruik die volgende as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning. o 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy o 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) o 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye 13. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS 'Opstaan, teen dagbreek wat ek wakker word Om my net in 'n vislose meer uit te gooi Ek het stroomaf geseil om te sien wat ek het, Ek het my boot oor die land getrek, Ek het op die grond geswem en in die stroom geloop en Van die oewer af het ek 'n kurper gesien en Tuna ook, en salmviskuite' [Bron: 'n Vrye vertaling van 'n uittreksel uit A Song about Fishing deur Genesis Owusu] Baie Suid-Afrikaners maak 'n bestaan uit visvang. 1.1 Bespreek hoe kunstenaars Peter Clarke en Maggie Laubser die lewe van vissermanne uitgebeeld het. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Verskillende stories wat deur ELKE kunstenaar vertel word • Gebruik van kleur en kontras • Komposisie en fokuspunt • Vereenvoudiging • Atmosfeer of stemming wat geskep word (10) 1.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek, wat die lewens van mense in hulle gemeenskappe uitbeeld. Gebruik die volgende riglyne: • Beskrywing • Formele kunselemente • Komposisie • Hoe gemeenskappe in die kunswerke uitgebeeld word (10) [20] Woordelys: Kurper, tuna, salmviskuite: tipes vis en viseiers Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 1a: Peter Clarke, Fishermen (Vissermanne), olie op bord, 1960. FIGUUR 1b: Maggie Laubser, Fish Seller (Visverkoper), olie op doek, 1937. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORME Sanford Biggers is 'n kontemporêre Afro-Amerikaanse kunstenaar wat nadink oor sy Afrika- en Westerse herkoms in sy kunswerk. 2.1 Bespreek hoe Afrika- en Westerse kuns in FIGUUR 2a gekombineer is. Jy mag die volgende as riglyne gebruik: • Die invloed van FIGUUR 2b op die liggaamsposisie en naturalistiese styl van FIGUUR 2a • Die posisie en skaal van die masker in FIGUUR 2a • Ooreenkomste tussen FIGUUR 2a en FIGUUR 2c • Wat die kombinasie van Westerse kuns en Afrika-kuns oor Biggers se herkoms in FIGUUR 2a sê • Hoe die titel, Die Waarsêer, die boodskap van FIGUUR 2a oordra (8) 2.2 Bespreek die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat Afrika-kultuur, -simbole en/of -tegnieke in hulle kunswerke gebruik (EEN kunswerk per kunstenaar wat jy bestudeer het). Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Formele kunselemente • Styl • Media en tegniek • Betekenis/Boodskap van die kunswerk (12) [20] Woordelys: Westerse Kuns: Westerse kuns het in Europa tydens die Renaissance ontstaan en versprei na alle kolonies, soos die Verenigde State van Amerika, Australië en ander lande. Herkoms: tradisies, gelowe en gebruike wat van een geslag na die volgende oorgedra word Waarsêer: 'n persoon wat die toekoms kan sien Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 2a: Sanford Biggers, The Soothsayer (Die Waarsêer), wit marmer op houtvoetstuk, 2019–2023. FIGUUR 2b: Romeinse kunstenaar, Nymph with a Shell (Nimf met 'n Skulp), FIGUUR 2c: Benin-kunstenaar, marmer, 1ste eeu (Westerse kuns). Benin-masker, ivoor, 1600 (Afrika-kuns). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Op die Kaapse Vlakte het 'n graad 3-leerder onlangs die volgende geskryf: 'Eendag gaan ek 'n 'gangster' (bendelid) word en ek gaan 'n 'gun' (geweer) in my hand vashou en 'guns' (gewere) in my huis smokkel.' [Aanhaling geneem uit Three Months in a Cape Flats School deur Nicole van Driel, 2024] Léshaan Moses toon bende-inwydingsrituele wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad beoefen word. Jongmense word gedwing om aan gewelddadige dade deel te neem om as lede van 'n bende aanvaar te word. 3.1 Watter impak het die kunswerk in FIGUUR 3a op jou as die kyker? Jy moet na die volgende riglyne verwys: • Die gebruik van kleur • Die verskillende houdings van elke kind • Waarom die jong kinders eenders lyk • Die styl en die betekenis van die monsters op die agtergrond • Verduideliking van die titel (10) 3.2 Bespreek enige TWEE sosiopolitieke Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat 'n emosionele uitwerking op jou gehad het. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 Kopiereg voorbehou 9 NSS Vertroulik Blaai om asseblief DBE/November 2025 FIGUUR 3: Léshaan Moses, Dodging Bullets (Koes vir die Koeëls), akrielverf, potlood en pen, datum onbekend.
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA In hierdie foto staan Esther Mahlangu voor 'n huis waarop haar Ndebele-ontwerpe geverf is. Sy het die styl van die Ndebele-muurskildery met akrielverf op skilderdoek (FIGUUR 4a en FIGUUR 4b) gebruik. Foto van Esther Mahlangu voor 'n Ndebele-huis 4.1 Verduidelik hoe Esther Mahlangu die tradisionele Ndebele-styl in kontemporêre skilderwerk vier. Jy mag na die volgende riglyne verwys: • Gebruik van kleur, lyn en ruimte in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b • 'n Beskrywing van die landelike toneel in FIGUUR 4a • Wat maak FIGUUR 4a vereenvoudig? • Komposisie en herhaling in FIGUUR 4b • Wat maak FIGUUR 4b abstrak, en hoe vier dit Ndebele-tradisies? (8) 4.2 Skryf 'n opstel oor die kunswerke van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars/ kunsvlytkunstenaars van landelike Suid-Afrika wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat óf tradisionele kuns, kunsvlyt en/of geestelike kunswerke geskep het. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Beskrywing van ELKE kunswerk • Enige TWEE formele kunselemente • Media en tegniek • Moontlike betekenis/boodskap/funksie (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 4a: Esther Mahlangu, Gateway (Ingang), akriel op doek, 2005. FIGUUR 4b: Esther Mahlangu, Ongetiteld, akriel op doek, 2009. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA FIGUUR 5a: Claude Monet, The Waterlilies – the Clouds (Die Waterlelies – die Wolke), olie op doek, 1920–1926. In Flooded Garden (Oorstroomde Tuin) het Oscar Murillo die Turbine Hall (Tate Modern, Londen) verander in 'n interaktiewe ruimte waar mense kan kom skilder. Murillo is deur Claude Monet se skilderye van sy tuin geïnspireer. Hy het begin deur op die skilderdoeke te skilder en dan die kykers uit te nooi om bo-oor sy eerste laag verf te skilder. 5.1 Verduidelik die interaksie tussen die mense en die kunswerk(e) in FIGURE 5b tot 5d. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Ooreenkomste met Monet se skildery in FIGUUR 5a • Die voordele daarvan vir die betrokke individu om deel te wees van die skepping van Murillo se kunswerk • Redes vir die sirkelvorm en die skaal in FIGUUR 5b • Waarom Murillo as die kunstenaar beskou word, alhoewel hy nie die alleenskepper van die kunswerk is nie • Hoe opvoering en installasiekuns Murillo se Flooded Garden (Oorstroomde Tuin) geïnspireer het (10) 5.2 Bespreek TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat toon hoe die kunstenaars nuwe/alternatiewe media gebruik het. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Beskrywing • Materiale/Tegnieke • Boodskap/Betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 5b: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), kunstenaar en kykers besig om te skilder. FIGUUR 5c: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), (lugbeeld/ boaansig), installasie in die Turbine Hall, Tate Modern, 20 Julie–26 Augustus 2024. FIGUUR 5d: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), uitstalling van voltooide kunswerk, 2024. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Nosiviwe Matikinca, die wenner van die 2023 SASOL New Signatures Kunskompetisie, vestig die aandag op die stryd in onderbefondsde openbare skole in Suid-Afrika wat deur baie leerders ondervind word. Baie Suid-Afrikaanse leerders reis ver om by die skool te kom en bevind hulleself in oorvol klaskamers waar daar 'n tekort aan hulpmiddels, soos boeke of skooltafels, is. FIGUUR 6b toon 'n installasie van keramiekskoolskoene (gemaak met die glipafgietsel- metode) en skooltafels. 6.1 Bespreek die impak van skoolervarings op leerders se identiteit, soos gesien in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b. Jy mag na die volgende riglyne in jou antwoord verwys: • Waarom het die kunstenaar gekies om hierdie breekbare materiaal te gebruik om die skoene te skep? • Watter stemming/atmosfeer word in FIGUUR 6b deur die skoene in 'n leë klaskamer oorgedra? • Verduidelik die titel van die kunswerk. • Hoe weerspieël die kunswerk die opvoedkundige ongelykhede in ons skole? • Verduidelik skoene as 'n simbool van identiteit. (10) 6.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar) wat identiteit in ons demokratiese samelewing aanpak. (10) [20] Woordelys: Glipafgietsel-metode: Dit is 'n keramiekproduksietegniek wat behels dat vloeibare klei, bekend as glip, in 'n gietvorm gegiet word. Die oortollige glip word dan uit die gietvorm gedreineer, wat veroorsaak dat 'n dun lagie klei teen die kante van die gietvorm hard word. Die keramiek-glipbeeldhouwerk word dan in 'n keramiek-droogoond gebak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 6a: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is) (detail), keramiek-skoolskoene, 2023. FIGUUR 6b: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is), installasie-aansig van skooltafels met keramiek-skoolskoene, 2023. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Daar word dikwels gesê dat elkeen weet wat vir hom/haar mooi is. In die foto (FIGUUR 7a) langsaan dra Kim Kardashian 'n liggaamsgordel wat haar middel kleiner laat lyk om haar figuur te beklemtoon. Sy word deesdae dikwels as 'n simbool van skoonheid beskou. FIGUUR 7a: Kim Kardashian, Met Gala, kleurfoto, 2024. 7.1 Hoe voel jy daaroor dat Kim Kardashian haar liggaam fisies transformeer om deesdae 'n simbool van skoonheid te wees? Verduidelik jou antwoord deur na FIGUUR 7a te verwys. (2) 7.2 Hoe word konvensionele idees van skoonheid versterk of uitgedaag in die skilderye van vroue? Kies ENIGE TWEE kunswerke uit FIGURE 7b, 7c, 7d of 7e om hierdie vraag te beantwoord. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees oor skoonheid • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke • Die impak van kleur • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid (10) 7.3 Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat kommentaar lewer op geslagskwessies. Jy mag die volgende riglyne gebruik: • Kort beskrywing van die kunswerk • Media en tegniek • TWEE formele kunselemente • Geslagsrolle wat verken word (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 7b: Peter Paul Rubens, FIGUUR 7c: Otto Dix, Portrait of the The Three Graces (Die Drie Grasieë), Journalist Sylvia von Harden (Portret olie op doek, 1639. van die Joernalis Sylvia von Harden), olie en tempera op hout, 1926. FIGUUR 7d: Jenni Saville, The Bride FIGUUR 7e: Delita Martins, Rain Falls (Die Bruid), olie op doek, 1992. from The Lemon Tree (Reën Val uit die Suurlemoenboom), akriel, houtskool, dekoratiewe papier en naaldwerk met die hand, 2020. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die voormalige president, Thabo Mbeki, het 'n visie gehad van die nuwe Presidensiële Sentrum as 'n gebou wat 'beoog om beide 'n Afrika-verlede en 'n Afrika-toekoms te kombineer. Dit sal 'n plek wees waar Afrikane hulle eie geskiedenis en identiteit kan onthul'. Hierdie Sentrum huisves 'n museum, navorsingsentrum, spesiale versameling en 'n lees- en argiefsentrum ('n versameling van historiese dokumente of rekords). Die Presidensiële Biblioteek huisves artefakte en sleuteldokumente om Afrika-geskiedenis en -kennis te bewaar. Die argitek het die vorm van 'n Afrika-styl-graanskuur ('n struktuur waarin graan gestoor word) as inspirasie vir sy ontwerp gebruik. 8.1 Verduidelik hoe die Thabo Mbeki Presidensiële Biblioteek die tradisionele graanskuur tot 'n funksionele openbare ruimte herinterpreteer het. Skryf 'n opstel deur die volgende riglyne te gebruik: • Hoe die graanskuur in FIGUUR 8c 'n invloed op die vorme, kleur en tekstuur van die gebou in FIGUUR 8a gehad het • Die rol/funksie van die openinge in FIGUUR 8a en FIGUUR 8c • Waarom jy dink die argitekte in FIGUUR 8a 'n tradisionele struktuur (FIGUUR 8c) as 'n invloed gekies het • Watter verhouding die argitekte tussen die funksie van 'n graanskuur (FIGUUR 8c) en die idee van 'n biblioteek (FIGUUR 8a) gesien het (8) 8.2 Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat jy bestudeer het, wat funksionaliteit en kenmerkende ontwerp tot voordeel van die gemeenskap gebruik. Jy mag die volgende riglyne in jou antwoord gebruik: • Invloede • Terrein en omgewing • Materiale en konstruksietegnieke • Argitektoniese styl (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FIGUUR 8a: Sir David Adjaye van Adjaye Associates, Thabo Mbeki Presidensiële Biblioteek, Riviera, Johannesburg, Suid-Afrika, gekompakteerde lae modder, 2021. FIGUUR 8b: Adjaye Vennote, Thabo Mbeki FIGUUR 8c: Tradisionele graanstoor, Presidensiële Biblioteek, Riviera, Johannesburg, Niger, modder, datum onbekend. Suid-Afrika, 2021. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Visual Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all