Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis40 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art30 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
Gebruik van die korrekte kunsterminologie
Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n
gebou/struktuur.
8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
NIE.
9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
11. Skryf netjies en leesbaar.
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2021
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2021
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Pemba en Sibisi beeld die belangrike rol van die iSangoma as 'n tradisionele geneser
tydens verskillende tydperke in Suid-Afrika uit.
1.1 Vergelyk FIGUUR 1a en FIGUUR 1b met verwysing na die volgende:
Narratiewe/Stories
Visuele leidrade wat die 25 jaar-verskil aandui
Formele kunselemente
Fokuspunt
Stemming/Atmosfeer (10)
1.2 Bespreek die kunswerk van enige TWEE kunstenaars (EEN werk per
kunstenaar) wat interessante temas uitbeeld. Gee die name van die
kunstenaars en die titels van die kunswerke.
Oorweeg die volgende in jou opstel:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Media en tegniek
Boodskap/Betekenis van die kunswerk. (10)
[20]
iSangoma: 'n Hoogs gerespekteerde geneser onder die mense van Suid-Afrika, wat
diagnoseer, voorskryf en dikwels rituele uitvoer om 'n persoon fisies,
geestelik, emosioneel of spiritueel te genees
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 1a: George Pemba, iSangoma, olie op bord, 1980.
FIGUUR 1b: Sithembiso Sibisi, The Sangoma's Feast (Die Sangoma se Fees),
olie op doek, 2005.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Sokker is een van die gewildste sportsoorte wat deur baie mense wêreldwyd geniet
word. FIGUUR 2c is 'n voorbeeld van 'n futuristiese kunstenaar se interpretasie van die
energie van die spel. FIGUUR 2a en 2b toon 'n unieke Afrika-weergawe.
2.1 Bespreek die interpretasie van die sokkertema deur die volgende te oorweeg:
Hoe die tweedimensionele en driedimensionele gebruik van media die
uitbeelding van die tema beïnvloed
Energie/Ritme/Beweging wat in die styl en tegniek van die werke
uitgebeeld word
Afrika- en/of Westerse invloede (10)
2.2 Beskryf die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
kunswerk per kunstenaar) wie se werk inheemse en/of Afrika-simbole
en -kunsvorms weerspieël. Noem die kunstenaars en titels van die
kunswerke.
Jy kan van die volgende gebruik:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Styl
Boodskap en/of betekenis (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 2a: Zamani Romeo Makhanya, FIGUUR 2b: Jackson Hlungwane,
Soccer's Rhythm (Ritme van Sokker), Christ Playing Soccer (Christus Speel
inkdruk op katoenpapier, 2010. Sokker), gesnede hout, datum onbekend.
FIGUUR 2c: Umberto Boccioni, Dynamism of a Soccer Player
(Dinamiek van 'n Sokkerspeler), olie op doek, 1913.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
3.1 Vergelyk enige TWEE kunswerke in FIGUUR 3a, 3b en 3c deur na die
volgende riglyne te verwys:
Lyn, kleur, vorm en patroon
Styl en media
Die uitbeelding van die geweer in elke kunswerk en die rol daarvan in
verhouding tot die ander beelde in die kunswerk.
Hoe word sosiopolitieke kwessies in Suid-Afrika in hierdie werke
hanteer? (10)
3.2 Skryf 'n kritiese analise oor TWEE kunswerke deur TWEE verskillende
kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se temas sosiopolitieke
kwessies weerspieël. Noem die kunstenaars en die titels van die kunswerke.
Oorweeg die volgende:
Onderwerp
Formele kunselemente
Boodskap/Betekenis (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 3a: Willie Bester, Speelman, FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu,
gemengdemedia-beeldhouwerk, 1995. Infant Democracy (Kinderdemokrasie),
olieverf en bladgoud op doek, 2017.
FIGUUR 3c: Khaya Witbooi, Gun Shake (Handdruk met Geweer), gemengde media, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Afdrukke wat deur kunstenaars in landelike gebiede gedoen word, vertel dikwels 'n
storie oor die lewe in die gemeenskap.
4.1 Bespreek die stories wat in FIGUUR 4a en 4b vertel word deur die volgende
te vergelyk:
Formaat
Fokuspunt
Lyn en tekstuur
Diepte en perspektief
Styl (10)
4.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt en/of
geestelike werke van landelike Afrika skep.
Verwys na die volgende riglyne:
Invloede
Media en tegniek
Moontlike betekenis/Doel/Funksie
Hoe dra hierdie kunswerke/kunsvlyt/geestelike werke tot die samelewing
by? Skryf jou antwoord breedvoerig neer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 4a: Lucky Sibiya, Warrior (Kryger), houtsnee, 1977.
FIGUUR 4b: Judus Mahlangu, Baptism (Doop), etswerk, 1975.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Fiona Kirkwood het 'n unieke manier waarop onkonvensionele materiaal gemeng word
om 'n beeld/installasie te skep, soos in Spirit Coat (Geestesjas) gesien kan word. Die
materiaal word as 'n metafoor vir die beskerming van individue, die samelewing,
kultuur en geskiedenis gebruik.
5.1 Bespreek die Spirit Coat (Geestesjas) (FIGUUR 5a–c) met verwysing na die
volgende:
Die moontlike betekenis van die uitgesnyde figure wat in 'n sirkel
uitgepak met klippies is op die vloer geplaas is
Simbole in die werk, bv. kruise en die betekenis daarvan
Die gebruik van 'n verskeidenheid onkonvensionele en herwinde
materiaal en die rol wat dit in die skepping van tekstuur, kleur en
stemming speel
Betekenis van die titel: Dink jy die werk is 'n suksesvolle uitdrukking van
'n Geestesjas en hoekom? Waarom sou die kunstenaar in ons moderne
wêreld 'n geestesjas wil skep? (10)
5.2 Bespreek enige TWEE kontemporêre kunswerke wat nuwe/alternatiewe
media gebruik om 'n kragtige boodskap te skep. Noem die kunstenaar(s) en
die titels van die kunswerke. (10)
[20]
Onkonvensioneel: Gebruik nie tradisionele materiaal nie
Metafoor: Iets wat as 'n voorstelling of simbolies van iets anders beskou
word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 5a: Fiona Kirkwood, Spirit Coat (Geestesjas), klippies, papieruitknipsels,
1 000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en ander herwinde materiaal,
installasie, 2001.
FIGUUR 5b en 5c: Fiona Kirkwood, Spirit Coat (Geestesjas), (detail) klippies,
papieruitknipsels, 1 000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en ander
herwinde materiaal, installasie, 2001.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Ons leef in 'n wêreld waar sosiale media 'n diepgaande effek op die identiteitspolitiek
van Suid-Afrika het. Wat is die identiteitskwessies waarmee jy en/of jou vriende op die
oomblik worstel?
6.1 Debatteer die stelling deur na DRIE van FIGURE 6a–e te verwys. (10)
6.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat identiteit in 'n
demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing ondersoek. Noem die kunstenaars
en titels van die kunswerke. Moet NIE die kunswerke wat in VRAAG 6.1
gegee word, herhaal NIE.
Jy kan na die volgende riglyne verwys:
Beeldgebruik
Identiteitspolitiek
Styl en tegnieke
Betekenis/Boodskappe (10)
[20]
Identiteitspolitiek: Verwys na die verbintenis en debat rondom 'n mens se identiteit in
terme van geloof, ras, sosiale agtergrond, klas en geslag, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 6a: Mustafa Maluka, FIGUUR 6b: Pierre Fouche, Lace Portrait
#flashback/prodigal son (#terugflits/verlore (Portret van Kant), poliëstergare, datum
seun), datum onbekend. onbekend.
FIGUUR 6c: Norman O'Flynn, detail van FIGUUR 6d: Claudette Schreuder,
Timekeeper 35-King (Tydhouer 35-Koning), Three Sisters (Drie Susters), hout en
gemengde media in 'n ligkas, 2017. emalje, datum onbekend.
FIGUUR 6e: Hasan en Husain Essop, Fast food (Kitskos), fotomontage, 2008.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Daar is nie minder nie as 21 vroue en kinders in die afgelope paar weke vermoor.
Hulle moordenaars het gedink dat hulle hulle kon stilmaak. Maar ons sal hulle nie
vergeet nie en ons sal vir hulle praat waar hulle nie kan nie.
Cyril Ramaphosa, 2020
Toe Penny Siopis Die Skandereeks (The Shame Series) in 2002–2005 geskep het,
het sy op kwessies van mishandeling van vroue en kinders lig gewerp. Dit is deesdae
steeds 'n ernstige kwessie in ons samelewing en daar is verskillende maniere waarop
kunstenaars die publiek van hierdie kwessies bewus maak.
7.1 Bespreek die stelling hierbo met verwysing na FIGURE 7a–7d.
Noem die volgende in ag:
Die betekenis van:
o Die hande op die gesig
o Onderklere op die sypaadjie
o Skoene, ens.
Kleur
Stemming/Emosie, atmosfeer, bv. kommunikasie deur die oë, materiaal,
media en tegniek
Watter van hierdie voorbeelde, voel jy, het die grootste impak om die
publiek se aandag na hierdie geslagsgebaseerde geweld te trek. Gee
redes vir jou antwoord. (10)
7.2 Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat jy
bestudeer het wat geslagskwessies in die samelewing hanteer. Noem die
kunstenaars en die titels van die kunswerke. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 7a: Straatkuns in Amerika, vroueonderklere en foto's,
datum onbekend.
FIGUUR 7b: Penny Siopis, Shame Series FIGUUR 7c: Penny Siopis, Shame Series
(Skandereeks), gemengde media op papier (Skandereeks), gemengde media op papier
(ink met gom gemeng), 2002–2005. (ink met gom gemeng), 2002–2005.
FIGUUR 7d: She leaves him. He kills her (Sy los hom. Hy vermoor haar),
duisende betogers het buite 'n hofsaal in Brussel betoog en geëis dat geweld teen
vroue beëindig moet word, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Argitektuur moet beide binne en buite die landskap wees.
Frank Lloyd Wright
Die toekoms van konstruksie/argitektuur gaan waarskynlik baie ekovriendelik word
soos wat mense meer bewus word van die verwoestende impak wat ons op die
omgewing het.
8.1 Skryf 'n paragraaf waarin jy FIGUUR 8a en 8b bespreek met verwysing na
sommige van die volgende:
Hoe is Frank Lloyd Wright se stelling op elke voorbeeld van toepassing?
Verwys na FIGUUR 8a en bespreek hoe tyd en lig 'n effek op die
buitekant van die gebou kan hê. Antwoord breedvoerig.
Hoe het Aitken in FIGUUR 8a sy materiaal/media op 'n innoverende
manier gebruik? Antwoord breedvoerig.
Verwys na FIGUUR 8b en bespreek die voordele daarvan om hierdie
gebou vooraf te vervaardig.
Elke huis het 'n verskillende dakstruktuur. Bespreek die voordele en
nadele van elk. (8)
8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat op 'n interessante manier
by hulle omgewing pas. Noem die argitek(te) en titels van die geboue.
Neem sommige van die volgende riglyne in ag:
Invloed van ligging/bouterrein op die ontwerp
Funksie/Doel
Invloede
Materiaal
Ontwerp en styl (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2021
NSS
FIGUUR 8a: Doug Aitken, Mirage Gstaad (Lugspieëling, Gstaad), gedeelte van Elevation 1049:
Frequencies, huis met spieëls oortrek, Switserland, 2019.
FIGUUR 8b: Pietro Russo, Eco Home (Ekohuis), Franschhoek, Suid-Afrika, 2014.
Verskillende aansigte van dieselfde huis. Vooraf in 'n fabriek in Suid-Afrika vervaardig
en daarna na sy ligging vervoer.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum