Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 397.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis40 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art30 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
voorsiening gemaak word:
Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
Gee krediet vir laterale denke.
Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoorde te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte
kunstenaar en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar
geen vergelyking plaasgevind het nie.
6.
Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
antwoord bespreek, waar van toepassing.
7.
Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens
die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal
nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
7 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Uitstekend Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
80–100% Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
6 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
Verdienstelik lewer.
70–79% Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
5 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Aansienlik Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
60–69% terminologie.
Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
4 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Gemiddeld Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
50–59% Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
3 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Bevredigend te lewer.
40–49% Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
2 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Elementêr te lewer.
30–39% Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
1 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Nie behaal nie te lewer.
0–29% Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar in plaas van twee bespreek is .
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1 Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b vergelyk deur te verwys na die
volgende: Geen vergelyking -1 punt
Narratiewe/Stories
FIGUUR 1a: Die storie is 'n intieme raadpleging tussen 'n moeder en 'n kind
en die iSangoma (Xhosa kultuur). Die komposisie is geplaas in die binnekant
van 'n kamer/tradisionele kamer wat privaat en konfidensieël voorkom.”n
Tradisionele huislike gevoel. (Diervelle op mure, vloere lyk soos modder, sit
op die vloer). Sibisi fokus op oorvloed.
FIGURE 1b: Die storie is 'n groep iSangomas(Zoeloe) wat 'n fees van
verskeidenheid kosse geniet (hoender,pap en bier,) Die komposisie reflekteer
die interaksie/gesprekke tussen vyf sittende iSangomas op die vloer van 'n
moderne huis en 'n figuur wat in die deur staan.
In albei kunswerke is die Sangoma teenwoordig en is ook gesete op die vloer
in die teenwoordigheid van die hoofkarakter.Die fees vir
inisiasie/verwelkoming van „n nuwe iSangoma tot die groep(jong man wat
tradisionele seremoniële bier in bierhouer inbring in die deuropening). Die
feesmaal bestaan uit heel hoender gaargemaak met slegs sout en „pap‟. Die
groen emalje kom is gebruik vir reinigingseremonie. Albei werke is
eenvoudige illustratiewe narratiewe style met onderliggende morele stories.
Visuele leidrade wat die 25 jaar tydverskil aandui
Die komplimentêre kleure van pers en geel in FIGUUR 1a verskil van die
helder rooi en groen in FIGUUR 1b. Die uitbeelding van die figure in FIGUUR
1a is formeel in die raadpleging van die iSangoma deur die vrou. In FIGUUR
1b is 'n informele fees gehou deur 'n groep iSangomas met 'n verskeidenheid
kosse en moderne bier(kan ook muti of drank wees) in 'n krat wat gemerk is
met die SAB logo. Hulle kleredrag is meer modern maar steeds tradisioneel,
terwyl in FIGUUR 1a dra die iSangoma klere wat totaal van natuurlike
organiese material gemaak is. Die moderne items is die pallet/tafel op die
vloer, gordyn en rakke met bottels in die agtergrond asook die oop deur. In
FIGUUR 1a sit mense op die vloer van „n tradisionele hut uit die verlede. Die
Sangoma in Pemba se werk is manlik waar meer vroue hierdie professie in
onlangste tye opgeneem het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Formele kunselemente: Kandidate kan enige kunselemente
bespreek, soos kleur, lyn, vorm ens.
Kleur: FIGUUR 1a: Daar is 'n verskeidenheid aardse kleure gebruik soos
bruine, okers en gele wat die kunswerk domineer. Komplimentêre kleure
soos perse en gele is in die voor- en agtergrond. Die oranje kombers wat die
baba toemaak kontrasteer en komplimenteer die blou suiwer kleure van die
ma se hooftooisel. Die koeler kleure in die agtergrond skep perspektief. Die
gebruik van wit in die klere en in die kralewerk van die iSangoma/geneser se
kleredrag trek die aandag na die figure. Die vrou en kind is effens groter as
die iSangoma regs. Die vertikale lyn van die muur agter die iSangoma en die
gordyn agter die ma en kind skep diepte en skei die agtergrond van die
voorgrond. Die agtergrond is in ligter en sagter toonwaardes geverf om diepte
te skep. Die diagonale lyne van die iSangoma se bene trek die oog in die
prentvlak in en skep diepte.Die Sangoma se uitgestrekte hand in die rigting
van die moeder en kind dui sy erken van haar aan. Sy kyk af en hy kyk na die
toeskouer. Herhalende sirkelvorms in die komposisie. Kop van die moeder,
kind, sangomas en kopstukke en ook sirkelvorms in die agtergrond. Dieselfde
herhaling van sirkelvorms in FIGUUR 1b. Die koppe van die mans, die
komme op die tafel en die dromme. 1a en 1b het „n horisontale effek met die
mense wat amper in „n ry sit terwyl 1b ook vertikale lyne in die gordyne, deur
en dromme aan die regterkant het. 1a is „n meer informele respekvolle
uitbeelding.
FIGUUR 1b: Die warm rooie domineer in die komposisie wat gekontrasteer
word deur die swart en wit tradisionele kleredrag van die iSangomas. Die
bruin gedrukte diermotief op die hooftooisel en die drom verteenwoordig die
Afrika tradisie. Die groen skottel met water komplimenteer die rooi omgewing.
Die groen word ook herhaal op die deur wat 'n sin van balans in die skildery
skep. Diepte word geskep deur die rangskikking van die groen skottel, tafel
en bierkrat in die voorgrond en die vyf figure in die middelgrond teen die rooi
muur in die agtergrond. Dit word verder verhoog deur die figuur in die deur
insluitende die landskap agter hom. Diepte/perspektief word geskep deur die
diagonale lyn by die deur sowel as die lyn wat die vloer en die rooi muur skei.
Die helder kleure en die besige interaksie van die iSangomas teen die
eenvoudige donkerder rooi muur skep ook diepte.
Fokuspunt:
FIGUUR 1a:
Die iSangoma se traditionele dekoratiewe kleredrag en handgebare maak
hom die fokuspunt. Kandidate kan enige ander elemente bespreek solank
hulle net hulle antwoorde staaf. Fokus word geplaas op die vrou met die baba
(wit hemp en sirkelbeweging van die rooi toedraaikombers om die baba en
die arm van die vrou) wat die oog lei na die iSangoma. Langs die Sangoma is
diervelle en „n kopbeen wat nadruk op hom plaas.
FIGUUR 1b:
Die sittende figuur (vrou), wat vorentoe kyk, in die middel is die fokuspunt. Sy
is die enigste een wat 'n eenvoudige wit bostuk dra. Kandidate kan enige
ander elemente bespreek solank hulle net hulle antwoorde staaf. Die fokus is
op die kos(wit „pap‟ balle). Die ligbron skyn daarop met hande wat uitreik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Stemming/atmosfeer
FIGUUR 1a:
Die stemming is donker, spiritueel, intiem en kultureel in 'n tradisionele toneel.
Die vrou se liggaamshouding en gesigsuitdrukkings dra 'n gevoel oor van
kommer, omgee, beskerming, onderdanigheid, respek, aanvaarding,
weerhouding en stilte. Die iSangoma word voorgestel as magtig, energiek,
selfversekerd en lewendig. Die ma en die iSangoma het kontrasterende
emosies/uitdrukkings. Die atmosfeer van die skildery toon 'n ekspressiewe,
intieme, privaat, warm, snoesige toneel toegeskryf aan die kleure en styl wat
gebruik is sowel as die rangskikking van die figure in die skildery. Die vrou
skep 'n kalm, beskermende atmosfeer met haar hand op die baba se kop,
terwyl die iSangoma lewendiger vertoon as gevolg van sy ekspressiewe
gebare en gesigsuitdrukking.
FIGUUR 1b:
Die skildery het 'n vierende en feestelike atmosfeer. Die stemming is ernstig
en die iSangomas is besig om te eet en die fees te geniet. Die stemming is
een van eenheid en verbinding met mekaar. (10)
1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin die kunswerke van enige TWEE
kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) beskryf wat interessante temas
vasvang. Verskaf die name van die kunstenaars en die titels van die
kunswerke.
Hulle moet die volgende in hulle opstel oorweeg:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Media en tegniek
Die boodskap/betekenis van die kunswerk (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
2.1 Kandidate moet die interpretasie van die sokkertema bespreek deur die
volgende te oorweeg:
FIGUUR 2a: Zamani Romeo Makhanya, Ritme van Sokker (Soccer's
Rhythm), inkdruk op katoenpapier, 2010.
FIGUUR 2b: Jackson Hlungwane, Christus Speel Sokker (Christ Playing
Soccer) gesnede hout, datum onbekend.
FIGUUR 2c: Umberto Boccioni, Dinamiek van 'n Sokkerspeler (Dynamism
of a Soccer Player ) olie op doek,1913.
Hoe die twee-dimensioneele en drie-dimensionele gebruik van
media die uitbeelding van die tema beïnvloed.
FIGUUR 2a: Vibrerende kleure is op katoenpapier gedruk wat visueel genot
verskaf en skep die opwindende atmosfeer teenwoordig by 'n sokker
wedstryd. Vir die kyker lyk dit asof die toeskouers sowel as die spelers
tegelykertyd op een vlak uitgebeeld word, en lyk amper asof hulle oorvleuel.
Die fragmentering van die gesigte, lywe en klere deur die gebruik van skerp,
vertikale lyne, skep 'n besige atmosfeer en dra by tot die energieke speel van
die spel. Die figure is geskilder in 'n gestilleerde, figuratiewe en verwronge
manier en is amper kubisties wat gesien is in die gefragmenteerde,
vereenvoudigde gesigte en figure. Is verdeel in die helfte met „n baie sterk
vertikale lyn en twee kontrasterende kleure rooi en groen. Dui dag en nag
aan-sokker wat „n groot deel is van Afrika leefstyl asook twee opponerende
spanne. Voetspore is sigbaar. 2D werk vang die gees en energie van sokker
vas.
FIGUUR 2b: 'n Driedimensionele beeldhouwerk van inheemse hout, beeld
Christus wat sokker speel uit. Die arms is gevou om die liggaam om
beweging te skep. Aan die voete is sokkerskoene en die bal is perfek
gebalanseer tussen hulle. Ingesny in die hout is kerfwerk wat 'n embleem op
die trui/hemp uitbeeld. Die kunstenaar het 'n subtraktiewe metode gebruik toe
hy die houtbeeld gekerf het. Hout is 'n duursame, harde stewige medium. Die
hout se kleur verander met tyd. Die natuurlike grein van die hout is sigbaar en
skep tekstuur. Die oppervlak is gepoleer en het 'n blink voorkoms. Gekurfte
lyne word gebruik. „n Moment in die speel van sokker vasgevang, gebruik die
vloei van die grein van die hout om die posisie van die arm,been, voet en bal
te suggereer en fokus te plaas op die bal.
FIGUUR 2c: As 'n mens naby kyk kan die afbeelding van 'n kuitspier
waargeneem word in die middel van die skildery. Voete is amper die
belangrikste faktor in die speel van sokker en deur middel van die dinamiese
diagonale lyne lyne en vorms het die kunstenaar daarin geslaag om 'n
geannimeerde beweging te skep. Fragmentering, ligstrale, herhaling van die
vorms en die stippel kwasmerke suggereer beweging.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Energie/ritme/beweging uitgebeeld in die styl en tegniek van die
werke
FIGUUR 2a: Die maskeragtige gesigte is tipies Afrika. In die middel van die
komposisie sowel as aan die regterkant van die drukwerk, kan hande gesien
word wat 'n drom speel. Dit kan vrolikheid, geluk, opgewondenheid en
beweging simboliseer. Die herhaling van die patrone op die kleredrag beeld
tradisionele Afrika motiewe uit. Die herhaling van die voete simboliseer die
fisiese energieke skopaksies van 'n sokkerspeler. 'n Sokkerbal as die son
word 'n metafooor vir sokker as die lig van hulle lewe in Afrika. Drie ander
ronde vorms is sigbaar wat die beweging van 'n bonsende bal voorstel. Ritme
word geskep in die herhaling van die voete, die speel van dromme, en die
klank van die vuvuzelas. Die portretstudies word voorgestel met oop monde
wat of sing of aktief in die spel betrokke is. Ritme word ook geskep deur die
herhaling van kleure, bonsende balle en baie voete.
FIGUUR 2b: Die beeldhouwerk is 'n figuratiewe, verwringde vereenvoudigde
figuur gekerf uit hout. 'n Ekspressionisties, naiewe benadering is sigbaar in
die harde gelaatstrekke, groot kop en verkorte bene. Potensiële beweging
kan gesien word in die kinetiese energie van die arms en bene. Ritme word
geskep deur die arms wat om die liggaam van die sokkerspeler gevou is. Die
bene van die figuur is staties en die sokkerbal word tussen die twee voete
vasgehou. Die figuur is gereed om te beweeg of om die bal te dribbel.
FIGUUR 2c: In hierdie Futuristiese werk, wou Boccioni beweging en energie
vasvang. Die kunstenaar het gefragmenteerde vorms in vibrerende
kontrasterende bloue en oranjes geverf. Dit dra by tot die energie en
beweging in die skildery. Diagonale lyne lyk asof dit uitstraal van die
middelpunt en dit skep 'n beeld van 'n ontploffing.
Afrika en/of Westerse invloede
FIGUUR 2a: In die middel van die drukwerk is 'n groot eier wat broosheid,
nuwe lewe en hoop skep deur 'n spel, wat mense bymekaar bring, voorstel.
Die beelde van die twee vuvuzelas, wat gewoonlik by 'n sokkerwedstryd
gebruik word is tipiese Suid-Afrikaanse beelde. Helder kleure, Afrika
tekstielpatrone op die klere/swart velkleur/moderne Afrika haarstyle/
maskeragtige gesigte.
FIGUUR 2b: Die beeldhouer gebruik inheemse hout van Suid-Afrika om 'n
moderne sokkerspeler in sokkerdrag uit te beeld. Die metode is tipiese Afrika
kerfwerk wat 'n naiewe verwringing van die liggaam uitbeeld. Tipiese Afrika
houtkerfwerk tegnieke/ Westerse styl sokkerklere.
FIGUUR 2c: Die invloed van Kubisme en Pointilisme op Futurisme kan gesien
word in die fragmentering van die vorms wat beweging en vibrasie skep. Dit
stel die energie van 'n sokkerspel voor. Westerse Futurisme beweging
tegnieke. Ekspressionisme. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaansde kunstenaars
bespreek wie se werk inheemse en/of Afrika simbole en kunsvorms reflekteer.
Hulle moet die name van die kunstenaars en die titels van die kunswerke
noem.
Hulle mag sommige van die volgende in hulle opstel gebruik:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Styl
Boodskap en/of betekenis (10)
[20]
VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS
VAN DIE 1970s EN 1980s
3.1 Kandidate moet enge TWEE kunswerke van FIGURE 3a, 3b en 3c vergelyk deur
na die volgende riglyne te verwys:
FIGUUR 3a: Willie Bester, Speelman (Play man), gemengdemedia-
beeldhouwerk, 1995.
FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Kinderdemokrasie (Infant Democracy), olie en
bladgoud op doek, 2017.
FIGUUR 3c: Khaya Witbooi, Handdruk met geweer (Gun Shake), gemengde
media, 2017.
Lyn, kleur, vorm, patroon
FIGURE 3a: Die figure hou 'n geweer in 'n diagonale lyn wat na die grond toe
wys, vas. Die vertikale lyn van die staander wat die drip bottel vashou vorm 'n
kontras met die soliede vorm van die figuur. Kleur kan gesien word in die
turkoois, oranje en groen spuitverf op die metaal beeld wat die gekamoefleerde
klere wat soldate gewoonlik dra, naboots. Die driedimensionaliteit van die beeld
het 'n lewensgetroue vorm. Patroon en tekstuur word geskep deur die klein
individuele deeltjies van metaalobjekte wat gebruik is om die beeld te skep.
Geen gevoel/onderdrukker gereed om enige oproer teen te staan. Metaal koud
en ontoeganklik.
FIGUUR 3b: Die afwisselende rooi en goue strale skep patroon. Dit skep 'n
vorteks van strale, vorm patrone en kontrasteer met die geboë lyne van die
draperings van die moederfiguur. Die sterk vertikale lyn van die geweer
simboliseer krag en sterkte van die ma-figuur. Die rooi vorms/linte is omlyn met
'n dun swart lyn.
Die treffende rooi kleur kan dood simboliseer of geweld, liefde, woede, passie of
gevaar. Vertikale lyn in die komposisie is geskep deur die moeder figuur wat 'n
masjiengeweer in haar regterhand vashou, terwyl sy die baba borsvoed. Die
sagte syerige klere en bykomstighede, wat gedra word deur die ma, kan rykdom
of koninklikheid of haar kulturele/tradisionele herkoms weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Die moeder en baba-figuur is geverf in 'n reeks van bruine. Rooi/magenta is
sigbaar in die hooftooisel en klere van die moeder figuur. Die turkoois en oranje
in die klere word herhaal in die halsnoer. Donker groen is in die geweer gebruik
en herhaal in die voue van die materiaal/klere. Middeleeuse ikoonkuns Pieta
met goudblad/Madonna-agtige Afrika vrouefiguur in Sjinese propaganda
plakaatstyl.
FIGUUR 3c: Daar is 'n verskeidenheid van geboë lyne te sien in die hande, die
ontploffing en die gesigte. Diagonale lyne boots 'n ontploffing na. Die
aaneenlopende horisontale lyne verdeel die prentvlak. Kontoerlyne definieer en
omlyn die hande, gewere ontploffing en die gesigte. Daar is 'n dominante
gebruik van warm rooi, geel en oranje deur die hele kunswerk behalwe vir die
kontrasterende ultramaryn blou geweer/hand. Die kleure word arbitrêr gebruik
en is nie verteenwoordigend nie. Die helder geel in die agtergrond beklemtoon
die handdruk wat die fokuspunt is.
Styl en media:
FIGUUR 3a: Die gebruik van gemenge media soos die metaal objekte wat
gekombineer is met werklike objekte soos die bottels en weermag hoed, gee die
beeldhouwerk 'n meganiese, amper robotagtige voorkoms. Die media skep 'n
tasbare tekstuur en die beeldhouwerk nooi die kyker uit vir interaksie met die
werk.
FIGUUR 3b: Die styl is naturalisties. Die plat aanwending van kleur in die
agtergrond verplat die komposisie. Die gebruik van goud is simbolies van
heiligheid wat herinner aan die Vroeë Renaissance kunswerke.
FIGUUR 3c: Dit kom ooreen met die 60's se styl van Popkuns en tipiese Post-
Modernisme in die kombinasie van beelde. Gedurende die 1960's het plakkate,
pamflette en strokiesprente, memphis ontwerpe, Ben Day kolle, patrone en
strokies karikature ingesluit. Die gemengde media kunswerk is illustratief.
Helder, plat kleur is aangewend in 'n gladde meganiese manier. Die fokuspunt
bestaan uit 'n rooi gekleurde hand wat 'n blou gekleurde hand skud wat 'n
pistool as een van die vingers het.
Die uitbeelding van die geweer in elke kunswerk en die rol daarvan
in verband met die ander beeldgebruik in die kunswerk
Die geweer wat deur die soldaat vasgehou word, wys na die grond toe. Dit maak
dit minder geweldadig aangesien dit nie op iemand gerig is nie. Die masker op
die gesig dui aan dat daar chemiese stowwe dalk in die lug mag wees. Die
geweer word 'n simbool van verdediging en nie aanval nie. Die soldaat word
gevoed of word lewend gehou deur die bottels wat aan sy rug vasgemaak is.
Die geweer dui aan dat hy iemand is wat in 'n oorlog veg of deel is van 'n
verdedigingsmag.
FIGUUR 3b: Die moeder wat die geweer vashou is simbolies van beskerming,
sekuriteit, mag, krag en selversekerdheid. Die baba verteenwoordig onskuld,
kwesbaarheid, hulpeloosheid, liefde, hoop en die toekomstige generasie.
FIGUUR 3c: Die beeld van die geweer gekombineer met die hand in die
handdruk kan oneerlikheid, bedrog, misleiding, verkulling, valsheid en bedrog
voorstel. Die handdruk wat in die middel van die vierkantige formaat geplaas is
word die fokuspunt. Haai-agtige ammunisie/patrone is geplaas regs onder. Die
portrette in die kunswerk kan mense in konflik voorstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Hoe spreek hierdie werke sosio-politieke kwessies in Suid-Afrika
aan?
FIGUUR 3a: 'Speelman' mag verwys na gewapende mans wat 'n spel speel in 'n
onstabiele samelewing. Die kunstenaar beeld 'n figuur uit wat gewapen en
gemasker is en wat op sy rug goedere dra as 'n lewensmiddel wat mag aandui
dat dit die manier is hoe 'n mens in 'n geweldadige land oorleef.
FIGUUR 3b: Die titel “Kinderdemokrasie” verwys na 'n klein kindjie/baba en 'n
Demokrasie verwys na 'n regeverdige, gelyke land. Dit kan beteken dat 'n ouer
in 'n jong demokrasie moet veg vir die regte van 'n kind. Dit kan ook verwys na
ons demokrasie wat nog jonk en nuut is en nodig het om gekoester en beskerm
te word soos 'n jong kind. Hierdie beeld lê ook die pad neer vir toekomstige
generasies en tema van vryheid en bevryding.
FIGUUR 3c: Daar is beeldgebruik van haai-agtige ammunisie aan die onderkant
van die komposisie wat simbolies is van misleiding en verkulling. Die agtergrond
het watermerke van gesigte wat strek van mense in die geskiedenis tot komiese
karakters. Daar is 'n gestilleerde beeld van 'n 'n ontploffing of geweerskoot wat
simbolies is van spanning, haat, misleiding en oorlog.
Die strokiesverhaal gesigte, Ben Day kolle en die Memphis ontwerp kan massa
produksie uitbeeld. Die swart, wit en grys beeld van 'n ontploffing is geillustreer
in die boonste linkerkantste hoek. Die titel 'Handdruk met geweer' beteken dat
terwyl hulle hande skud in goeie vertroue , is die geweer simbolies van
misleiding/bedrog. Die geweer het 'n kwaadwillige betekenis.Helder
Popkunsagtige hande op tipiese supermark advertensies wat handel en geld
aandui/ dui ook die skadubeeld van Jan van Riebeeck aan wat op Suid-
Afrikaanse geldnote was in die verlede. Die blou en pienk hande kan na
geslagsrolle verwys deur manlik of vroulik te wees. Die helder kleure kan aandui
dat daar geen spyt by die oortreder is nie, hul voel nie skuldig/verantwoordelik
nie. Al die kunswerke handel met sosio-politiese kwessies deur middel van
geweld. Die spotprent gesig in 3c kan na die dood dui omdat die oë kruise is. (10)
3.2 Kandidate moet 'n kritiese analise skryf oor TWEE kunswerke (een per
kunstenaar) wie se temas sosio-politieke kwessies reflekteer. Hulle moet die
kunstenaars en die titels van die kunswerke noem.
Hulle moet die volgende oorweeg:
Onderwerp
Formele elemente van kuns
Boodskap/betekenis (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE AFRIKA
4.1 Kandidate moet die stories bespreek wat vertel word in FIGURE 4a en 4b by
deur die volgende te vergelyk:
FIGUUR 4a: Lucky Sibiya, Kryger, houtsnee, 1977.
FIGUUR 4b: Judus Mahlangu, Doop, etswerk, 1975.
Formaat
FIGURE 4a: Sibiya maak gebruik van 'n vertikale/portret formaat wat by die
beeldgebruik pas. Die groot figuur in die voorgrond domineer die vertikale
formaat deur „n groot verlengde liggaam met uitgestrekte hande. Agter is 'n
gevoel van resessie/diepte met die groot groep mense wat geleidelik kleiner
word na agter en dit beweeg na agter na die natuurlike landskap formaat van
beeste en geronde hutte.
FIGUUR 4b: Die lang horisontale formaat is suksesvol gebruik om 'n naby
aansig te wys van 'n saamgedromde groep mense wat 'n doop aanskou. Die
afgesnyde aansig van die figure in hierdie formaat maak die kyker deel van die
aktiwiteit, en gee ons 'n begrip van die godsdienstige geesdrif van die mense
wat in die water staan.
Fokuspunt
FIGUUR 4a: Die fokuspunt is die groot figuur in die voorgrond met uitgestrekte
arms aangesien dit baie groter is as die ander figure in die agtergrond en dit vul
'n groot deel van die komposisie.
FIGUUR 4b: Die fokuspunt is die prediker in die voorgrond wie die persoon
doop aan die onderkant van die toneel. Hy is geplaas in die middel van die
komposisie, sy kop is gelig en hy staar opwaarts en hy dra 'n hemp met
kontrasterende wit en swart patrone.
Lyn en tekstuur
FIGUUR 4a: Geboë lyne skep die hutte in die agtergrond en die lyne van die
landskap. Vertikale lyne kan gesien word in die vorms van die figure. Kort,
vertikale en horisontale insnydings skep tekstuur in die agtergrond. Die
diagonal lyne van die uitgestrekte arms skep beweging en spanning in die
negatiewe ruimte. Vertikale lyne in die middelgrond stel die gras in die veld
voor. Die gebruik van lyn is gestilleerd en eenvoudig. Wit lyne word gebruik om
die vorms en figure te omlyn waar 4b donker buitelyne het. Gladde teksture van
die figure kontrasteer met die rowwe merke op die veld.
FIGUUR 4b: Horisontale en vertikale lyne op die klere skep tekstuur en
patroon. Organiese lyne vorm die vorms van die figure. Die lyne help om die
kyker se oog in 'n ritmiese beweging te lei en dit skep beweging in die figure en
in die rippels op die water. Die swart ge-etsde buitelyne rondom al die vorms.
Lyne suggereer verskillende getekstureerde tekstiele (geruite/lyne/kolletjies/
geblomde) van die klere van die mense. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Diepte en perspektief
FIGUUR 4a: Diepte en perspektief word geskep deur die verkleining van die
figure wat verdwyn na 'n verdwynpunt. Oorvleueling/ groot figure voor met
kleiner figure in die agtergrond.
FIGUUR 4b: Soortgelyke uitbeelding van diepte word gebruik in FIGUUR 4b.
Die oorvleuling van figure skep ook ʼn gevoel van diepte en perspektief.
Styl
FIGUUR 4a: Sibiya gebruik opsetlike distorsie en oordrywing in sy gestilleerde
weergawe van die figure en die beeste. Daar is „n groot figuur voor en minder
detail na agter. Klein speldekop figure.
FIGUUR 4b: Die ekspressiewe styl van Mahlangu se werk word gebruik om die
emosionele liggaamstale/gebare van die gemeenskap uit te beeld.
4.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN werk
per kunstenaar) wie kuns, vlyt, en/of spirituele werke van landelike Suid-Afrika
skep.
Hulle mag verwys na die volgende riglyne:
Invloede
Media and tegniek
Moontlike betekenis/doel/funksie
Hoe dra hierdie kunswerke by tot die samelewing?
Staaf jou antwoord (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
FIGUUR 5a: Fiona Kirkwood, Geestesjas, klippies, papieruitknipsels, 1000
koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad, en ander herwinde materiaal,
installasie, 2001.
FIGUUR 5b: Fiona Kirkwood, Geestesjas (Spirit Coat), (detail) klippies,
papieruitknipsels, 1000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en
ander herwinde materiaal, installasie, 2001.
5.1 Kandidate moet die Geestesjas bespreek (FIGURE 5a-c) deur te verwys na die
volgende:
Onderwysers hulpbron: Kirkwood se werk reflekteer haar gewaarwordinge van
die gees van Suid-Afrika en die energie, lewendigheid, 'n post-apartheid
demokrasie, HIV/AIDSen omgewingskwessies. Die onderliggende boodskap is
'n drang om alle vorms van lewe te beskerm.
Die moontlike betekenis van die uitgesnyde figure wat geplaas is in
'n sirkel van klippe op die vloer
Die papieruitknipsels van die liggame kan lyke voorstel sowel as verskillende
rasse groepe. Die uitknipsels is op die vloer geplaas in 'n sirkelvormige patroon.
Dit kan die bymekaarkom van verskillende rassegroepe in die spirituele wêreld
voorstel.
Simbole in die werk, bv. Kruise ens. en die betekenis daarvan
Die jas is 'n simbool van spirituele beskerming. Daar is 'n geborduurde liniêre
buitelyn van die kaart van Afrika wat al die mense van die kontinent
verteenwoordig. Die kunstenaar gebruik kralewerk sowel as plastiese
kruisvormige objekte om die spirituele tema te versterk. Die kralewerk aan die
agterkant van die kledingstuk vorm 'n groot kruis. Die klippe in die sirkel is
simbolies van 'n tradisionele/rituele seremonie.
Die gebruik van 'n verskeidenheid van onkonvensionele en
herwinde materiaal en die rol wat dit speel in die skepping van tekstuur,
kleur en stemming
'n Lewensgrootte drabare jas is gemaak deur gebruik te maak van tradisionele
kralewerktegnieke en herwinde materiale. Die blink, metaal koeldrankblik
ringetjies stel 'n ridder in sy blink pantserklere voor. Die kunstenaar gebruik
verskeie herwinde en weggooibare objekte in haar kunswerk wat dit 'n nuwe
doel gee wat 'n pragtige kunswerk tot gevolg het. Die verskeie afvalmateriaal
skep 'n geestesjas teenoor 'n hoop afvalprodukte. Die onkonvensionele
materiaal word inmekaar geweef, baie soos tradisionele weeftegnieke.
Dit kan die voorvadergeeste verbind met 'n moderne jas wat in die dag gedra
kan word. Die verskeie materiale dra by tot die tasbare kwaliteit van die jas. Die
plasing van die klippe op die omtrek skep 'n versperring om die jas. Dit kan 'n
veiligheidsomgewing voorstel vir die wat in die sirkel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Betekenis van die titel: dink jy die werk is 'n suksesvolle uitdrukking
van 'n Geestesjas, en hoekom? Waarom sou die kunstenaar in ons
moderne wêreld, 'n geestesjas wil skep?
'Geestesjas ('Spirit Coat'): impliseer dat die jas gedra kan word na 'n spirituele
samekoms/kan ook meer persoonlik wees. Dit simboliseer dat alle Afrikane van
die Afrika kontinent gedrapeer en beskerm kan word met hierdie jas. Dit kan ook
die samekoms van verskillende rassegroepe in 'n spirituele omgewing voorstel.
In ons moderne wêreld met al die gelowe, verskille en spanning wat ondervind
word in gemeenskappe en kulture, wou die kunstenaar een spesifieke
geestesjas skep wat aandui dat een gees alle mense onder een spirituele
kledingstuk sal lei. Die leerders se eie mening/benadering of die kunswerk
suksesvol is of nie sal verskil.
Die sirkel dui aan en verwys na die sirkel van die lewe wat almal insluit. Mense
(figure) wat doodgaan sal „n spirituele vorm aanneem. Spirituele beskerming
(ringetjies lyk soos Middeleeuse kettingpos) soos in die Bybel beskryf/watte
simboliseer die onskuldige lam van die Bybel-beskerming en eer. Spreek die
hunkering na Spiritualisme en die wegbeweeg van verbruikers- en weggooi
kultuur aan(ook gesien in die gebruik van gevonde voorwerpe om die kunswerk
te maak). Die lig wat van die jas kom in FIGUUR 5a ondersteun die idee van
spiritualiteit/geestelikheid. Die sirkel op die vloer kan ook „n bidsirkel aandui. Die
swart en wit uitgeknipte papier figure van verskillende rassegroepe hou hande
vas. Die vertikale plasing van die jas kan vergelyk word met „n Christus tipe
figuur/heilige figuur. Klipsirkels is tipies van Afrika kulture. „n Sirkel is „n simbool
van ewigheid of „n volledige sirkel-lewenssirkel. Die wit kleur verteenwoordig
spiritualiteit en lyk ook soos „n wolk. Herwinde materiale kan simbolies wees
van die hergeboorte van die oue. (10)
5.2 Kandidate moet enige TWEE kontemporêre kunswerke bespreek wat
nuwe/alternatiewe media gebruik om 'n kragtige boodskap oor te dra. Hulle moet
die name van die kunstenaars en titels van die kunswerke noem. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA
6.1 Kandidate moet hulle argumente regverdig deur na die stelling te verwys en
enige DRIE van die FIGURE 6a-6e.
FIGUUR 6a: Maluka skep 'n kontemporêre en dekoratiewe kunswerk wat ons
almal herinner aan graffitikuns, strokiesprente, Popkuns en kontemporêre
grafiese ontwerp. Die portret van 'n jong vrou word uitgebeeld met vreemde
deurdringende oë wat 'n hipnotiese effek het asof sy nie haar staar kan stop nie.
Sy is geplaas in die middel van 'n duidelike dekoratiewe agtergrond met helder
kleure en patrone. Sy verteenwoordig die straatkultuur van Suid-Afrika met haar
pienk hare en dra moderne klere met patrone op. Dit kan ook „n trans persoon
wees nie noodwendig „n vrou wanneer na die titel van die werk wat na die
verlore seun verwys. Dit verwys ook na die selfie kultuur in sosiale media in die
gesigsuitdrukking en verteenwoordig „n geposeerde beeld. Die figuur het pienk
hare, vroulike verlore seun(titel) suggereer gay/trans/transvestiet man wat nie
aanvaarbaar of welkom in sy familie/gemeenskap is nie.
FIGUUR 6b: Die portret is van 'n jong persoon wat skaam vir die toeskouer
glimlag. Die gebruik van gare wat in die gesig geweef is skep tekstuur en stel
die pixels van 'n foto voor. Dit wil voorkom asof die prent uit fokus is en die
identiteit van die persoon verberg. Die gesig kan die van 'n man wees. Die
gebruik van die gare impliseer vroulikheid kwesbaarheid weens die delikaatheid
wat nie gewoonlik met manlikheid geassossieer word nie en skep 'n kanterige
drapering en patroon in die agtergrond. Identiteit word soms uitgebeeld soos
wat ons lyk en wat ons aantrek en hoe ander mense ons goedkeur. Die huidige
probleme wat deur jongmense ondervind word, is die onvoorwaardelike
aanvaarding deur ander op sosiale media en dat hul enige iets sal doen om
hulle werklike voorkoms weg te steek of die realitieit te versag. Vroulike kant
portret,a-tipies om gebruik te word om „n man voor te stel. Lewende refleksie
van ons samelewing nou waar alle grense vervaag word.
FIGUUR 6c: Flynn skep 'n portret van 'n kontemporêre man uitgebeeld teen 'n
kleurvolle graffiti agtergrond. Plat, helder kleure is gebruik in die figuur en
agtergrond wat 'n kontemporêre/graffiti-effek skep. Die manlike persoon dra 'n
masker wat versier is met kleurvolle rye van patrone wat kan verwys na die
maskers wat gedra is tydens die Covid-10 pandemie, alhoewel dit in 2017
gemaak is. Die figuur is ook gekroon wat kan beteken dat hy 'n belangrike
persoon is of die sleutelfiguur is in 'n straat bende. Die dekoratiewe vorms en
vorms op sy lyf kan verwys na die tattoos of kodering die invloed van tegnologie
op die moderne mens. Populêre kultuur ikonografie d.i.graffiti-
agtige/superhelde(gekroonde)1011011-tweeledige kode/tatoeërmerke/religieuse
simbole/maskers simbolies van beskerming-soms van onsself.
FIGUUR 6d: Claudette Shreuder gebruik haar familiefotos en haar herinneringe
om miniatuur beeldhouwerkies van hulle te skep. Sommige mense identifiseer
of identifiseer nie met hulle families nie en voel dat hulle nie inpas nie. Die figure
lyk ernstig en stug en staar sonder uitdrukking. Die beeldhouwerke kom baie
dieselfde voor as speelgoed of poppe waarmee gespeel kan word. Die
kunswerk is beïnvloed deur Afrika beeldhoukuns soos van bv. Benin. Drie vroue
met man/man-kind/baba-seun-dui die rol van die vrou as versorger van die man
vir ewig aan( soms nie willig nie). (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 6e: Die Essop broers beeld hulleself uit dwarsoor die hele
komposisie in beide tradisionele en moderne kleredrag. Hulle beeld hulleself
uit waar hulle die vas breek met kitskos (MacDonald's and Coke) wat
ongewoon is in hulle kultuur. Dit verwys na die vermenging van hulle tradisie
met Westerse kulture deur die vas te verbreek op die strand en nie by die
huis met hulle families nie. Die fotomontage het 'n ongewone voorstelling van
die gebedsmat by die strand wat ook nie voldoen aan die tradisionele
gewoontes nie. Die broers bevraagteken hulle identiteit as Moslem individue
in vandag se wêreld.
6.2 Kandidate enige TWEE kunswerke bespreek wat identiteit in 'n demokratiese
Suid-Afrikaanse samelewing aanspreek. Hulle moet die name van die
kunstenaars en die titels van die kunswerke noem.
Hulle mag verwys na die volgende riglyne:
Beeldgebruik
Identiteitspolitiek
Styl en tegnieke
Betekenis/boodskappe (10)
[20]
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
7.1 Kandidate moet die bogenoemde stelling bepreek deur te verwys na FIGURE
7a-7d. Hulle mag die volgende oorweeg:
FIGUUR 7a
Die betekenis van:
Die hande op die gesig
Die kunstenaar kies om die kyker te konfronteer en te skok deur die rooi
handafdrukke oor die monde van die slagoffers te gebruik wat hulle dwing om
stil te bly. Die handafdrukke kan bloed of geweld voorstel of simboliseer. Die
rooi handafdrukke oor die mond simboliseer die fisiese geweld wat vroue op
'n daaglikse basis ervaar of 'n bevel om stil te bly en nie te praat oor
verkragting en mishandeling nie. Die fotos is monumentale skaal gedoen. Dit
laat ons dink aan die Super-Realistiese portrette van Chuck Close. Die rooi
hande is so groot soos die gesig. Dit forseer die kyker om daarna te kyk. Die
skaal van mishandeling is veel groter as wat ons besef of omgee om te
erken.
Onderklere op die sypaadjie
Onderklere word universeel geassosieer met vroue en word deur alle vroue
uit verskillende vlakke van die samelewing gedra. Die onderklere is in twee
rye gerangskik onder die fotos op die sypaadjie. Dit vorm amper 'n patroon
wat verwys na huishoudelike geweld en mishandeling wat 'n gedragspatroon
kan word. Dit kan reflekteer hoe vroue weggegooi word deur die onderklere
oor die sypaadjie te strooi. Dit beperk die beweging van die publiek en
forseer die voetgangers om hul weg om die werk te navigeer. Dit forseer die
kyker om die kwessie van mishandeling te konfronteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Kleur
Die protesteerders het grootskaalse kleur fotos van vroue met
hartseer/betraande gesigte uitgestal. Elke foto is verteenwoordigend van 'n
werklike persoon. Deur dit in kleur aan te bied dui dit die verskillende
nasionaliteite en rassegroepe aan van mense wat slagoffers is van
gelagsgebaseerde geweld. Alle tipes mense wat hierdie fotos sien kan met
die boodskap identifiseer. Rooi hande wat die monde toemaak verwys direk
na die vroue wat geviktimiseer en stilgemaak word. Die rooi kleur kan na
bloed verwys en die pyn/lyding van die vroue. Die kunstenaar het rooi en wit
onderklere onderaan die lewensgrootte fotos, op die sypaadjie geplaas, wat
'n direkte, duidelike boodskap oordra na die samelewing. Die kleur rooi
kontrasteer met die ligte kleure van die portrette. Die byvoeging van die wit
onderklere kan sinspeel op reinheid en onskuld terwyl die rooi na geweld,
mishandeling en dood kan verwys.
FIGUUR 7b:
Die betekenis van:
Die hande op die gesig
Die hande beskerm die gesig. Die figuur is in „n verdedigende en
onderdanige posisie. Die oortreder probeer om die slagoffer stil te maak.
Kleur
Die bloedrooi gesig en hande simboliseer vrees, pyn en woede. Die helder
turkoois blou albaster oë kan die onskuld van 'n kind voorstel. Die goue skrif
'BE MINE',('WEES MYNE') is woorde wat deur die kind geskreeu of gesê
word en is duidelik sigbaar teen die effe eenvoudige wit agtergrond. Die
bloed spatsels wat in die voorgrond voorkom word die fokuspunt. Dit
suggereer dat die insident van mishandeling onlangs plaasgevind het.
FIGUUR 7c:
Kleur
Die kunstenaar gebruik beperkte kleure soos 'n verskeidenheid van rooi op
die figure en 'n horisontale band van skrif teen die wit agtergrond/muur. Die
ligter rooi van die baba staan uit teenoor die groter bloedrooi/maroen figuur.
Die groen, bang oë van die kind daag die kyker uit tot interaksie. Die rooi
geskrewe deel in die agtergrond kan verwys na kalligrafie geskryf met bloed/
'n gesnyde vinger. Die verskillende skakerings van rooi skei die beelde wat
diepte skep. Ironies verwys die 'Happy Father's day' (Gelukkige Vadersdag)
stempel na 'n liefdevolle ouer wat in hierdie geval dalk die mishandelaar kan
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 7d:
Die betekenis van:
Skoene
Die protesteerders in Brussels het „n optog gehou om hulle misnoë teenoor
die mishandeling van vroue ten toongestel. Hulle het verskeie skakerings van
pare rooi skoene gekies wat die verskillende status, ouderdomme en
beroepe van die vroue verteenwoordig wat aandui dat alle vroue geaffekteer
word. 'n Enkele rooi stewel is simbolies van die gestoei en geweld wat lei tot
die verlies van lewe. Die naam van die persoon en die datum van haar dood
is aangeteken op die stewel ter nagedagtenis van haar lewe. Die skoen word
amper 'n grafsteen. Hierdie uitgetrapte skoene wys die worsteling en leiding
van hierdie vroue wat skynbaar hard gewerk het vir hulle families. Die rooi
skoene is die vroulike slagoffers se persoonlike items wat alle tipes vroue oor
die wêreld verteenwoordig.
Kleur
Die rooi skoene simboliseer dood, bloed en geweld. Gewoonlik word die
kleur rooi geassosieer met liefde en passie wat hier weerlê word.
Stemming/emosie, atmosfeer bv. Kommunikasie deur die oë, materiaal,
media en tegniek
FIGUUR 7a
Die stemming is hartseer, ontstellend, dit onssluit diep emosies by die kyker.
Die oë is deurdringend wat pyn en leiding van hierdie vroue tentoonstel. Die
oë ver regs is deurdringend wat woede toon. Die eerste portret beeld seer uit.
Die hoëdefinisie fotos verwys na werklike mense met werklike emosies. Die
gebruik van regte onderklere maak die boodskap duidelik en onvermydelik,
wat die kyker skok.
FIGUUR 7b
Die klein dogterjie is kwesbaar, bang en verslae. Dit word aangedui deur die
handgebare en die oë. Die hande is opgelig met die palms uitwaarts soos
iemand wat opgegee het, oorgee of onderdanig is. Die oë kyk links af, bang
om oogkontak te maak en emosioneel na binne gekeer. Die spatsels bloed
verwys na die geweldadige daad van mishandeling. Die bloed om die mond
kan die aanval of mishandeling aandui wat sy ondervind het. Die bleek vel
verwys na die bloedverlies en doodsheid. Die gebruik van ink, houtgom op
papier dra by tot die realistiese effek van die kunswerk.
FIGUUR 7c
Die klein dogtertjie kom emosieloos en leweloos voor. Dit word aangedui
deur die verwronge nek, die lam hande sowel as die plat lyn (hartlyn wat
gewoonlik dood aandui) wat horisontaal in die agtergrond voorkom. Die oë is
agteroor gerol en sy kom dood voor. Die bloedspatsels en -smeersels in die
agtergrond verteenwoordig die ernstige daad van geweld wat sy moes
deurmaak. Die atmosfeer wys 'n mishandelde omgewing met die skrif teen
die muur 'Happy Father's Day'. Die beeld weerspiëel die boodskap op die
muur. Sy is alleen, geïsoleerd, breekbaar, swak en het 'n gevoel van
leegheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 7d
Die stemming is depressief en hartseer as gevolg van die aantal skoene wat
in die uitstalling ingesluit is. Die verskeie rooi skoene dra by tot die atmosfeer
en stemming aangesien hulle vroue, kinders en ouer mense verteenwoordig
en dit het 'n direkte impak op alle tipes mense wat hiermee kan vereenselwig.
Kandidate moet bewys lewer deur te verwys na FIGURE 7a-7d
Kandidate moet aandui watter van hierdie voorbeelde hulle voel
die grootste impak het om die publiek se aandag te trek na
hierdie geslagsgebaseerde geweld toe. Hulle moet redes gee vir
hulle antwoord.
Voorbeeld: Hulle lig die belangrikheid uit van geslagsgebaseerde geweld wat
'n publieke gewaarwording skep selfs al is mense nie gewoond daaraan om
die nuus op sosiale platforms te volg nie. In hierdie onvermydelike uitstalling
word die kyker uitgedaag word om oor hierdie onbesproke moeilik kwessies
te debateer en dit te bespreek. Die onderklere is intiem wat die persoonlike
skending van die mees private ruimte van 'n vrou simboliseer. Hierdie is nie
items en fotos wat gewoonlik uitgestal word in die publiek nie, nogtans poog
die kunstenaar om skok en bewuswording by die kykers/voetgangers te skep.
Die objekte beklemtoon die kwesbaarheid van vroue in die samelewing. Die
hande blyk om verdedigend te wees om haarself te beskerm.
(10)
7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (een werk per
kunstenaar) wat hulle bestudeer het wat geslagskwessies aanspreek.
Hulle moet die name van die kunstenaars en die titels van die werke noem. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
8.1 Kandidate moet 'n paragraaf skryf deur FIGURE 8a en 8b te bespreek deur te
verwys na sommige van die volgende:
Hoe word Frank Lloyd Wright se stelling toegepas in elke
voorbeeld?
In FIGUUR 8a is die huis/gebou met die spieëls in 'n bergagtige landskap in
Gstaad, Switzerland, geplaas waar die omliggende landskap gereflekteer word
op die spieëls en dus deel word van die huis. In FIGUUR 8b is die huis geplaas
in die barre Franschoek omgewing en verwyn amper in die landskap. Die
inheemse hout wat vir die oortrek van die huis se eksterieur gebruik is dra by tot
die versmelting met die natuur.Die glas sal warmte/hitte in die interieur van die
gebou skep (soos „n glashuis)
Deur te verwys na FIGUUR 8a, bespreek hoe tyd en lig 'n effek kan
hê op die eksterior van die gebou. Brei jou antwoord uit.
Tyd en lig het 'n gedefinieerde effek op die eksterieur van die gebou.
Afhangende van die tyd van die dag of die seisoen sal verskillende beelde
gereflekteer word op die spieëls en verander soos die tyd en die lig verander
tydens die verskillende seisoene. Gedurende die dag wanneer dit lig is, is die
kleure helder en die landskap, lug, wolke en son kan in die refleksies gesien
word. Gedurende die nag wanneer daar nie lig is nie, word die donker lug,
maan en sterre in die gespieëlde panele gereflekteer.
Hoe het Aitken in FIGUUR 8a sy materiaal/media op 'n innoverende
manier gebruik. Brei uit op jou antwoord.
In FIGUUR 8a word die eksterieur van die struktuur bedek met groot spieëls.
Hierdie spieëls reflekteer verskillende dele van die landskap op dieselfde tyd.
Die kyker kan rondop die struktuur beweeg om al die aansigte te sien en die
gebou binnegaan waar die spieëls teen verskillende hoeke geplaas is om 'n
kaleidoskoop effek te skep.
Deur te verwys na FIGUUR 8b, bespreek die voordele om hierdie
gebou vooraf te vervaardig.
Hierdie huise is ontwerp met volhoubare ontwerpbeginsels, insluitend lae
onderhoudsmateriale. Werkers kan die strukture in hulle werkswinkel
aanmekaar sit en hule hoef nie na die perseel met hulle materiale en
gereedskap te reis nie wat die koste effektief maak. Verskillende
weersomstandighede kan die konstruklsie van geboue beïnvloed as dit op die
perseel gedoen word, daarom is dit beter om binnenshuis te werk waar die
omstandighede gereguleer/gemanipuleer kan word. Hulle word vooraf in 'n
fabriek in Suid-Afrika vervaardig om konstruksie afval te verminder en dan op
die perseel geinstalleer om 'n unieke struktuur aanmekaar te sit.
Elke huis het 'n verskillende dakstruktuur. Bespreek die voordele
en nadele van elk
In FIGUUR 8a het die huis 'n spitsdak en is gekonstrueer deur driehoek
konstruksies. Dit skep skuins dakoppervlaktes sodat die reënwater en sneeu
stadig met gravitasie kan afvloei. Die voordeel van 'n spitskdak is dat dit meer
spasie/volume in die interieur van die gebou voorsien om sodoende meer
spasie in die vertrekke te gee, hoër mure te kan bou en meer plafonruimte te
gee. Die nadele van 'n skuinsdak is dat die duurder is om op te rig en dit kan
esteties visueel die natuurlike omgewing binnedring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 8b het 'n platdak wat die kubus-vormige modulêre eko-huis
beklemtoon. Die voordele van 'n platdak is dat dit goedkoper is en dat die
konstruksie in 'n baie korter tyd opgerig kan word. Die nadele van 'n platdak
is dat dit gewoonlik lek as dit nie effektief geseël is nie en dat dit gereeld
skoongemaak moet word om enige gemors te verwyder wat blokkasies kan
veroorsaak. (8)
8.2 Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue bespreek wat in hulle
omgewing op 'n interessante manier inpas. Hulle moet die naam/name van die
argitek(te) en die titels van die geboue noem.
Hulle moet sommige van die volgende in hulle antwoord oorweeg:
Invloed van ligging/bouterrrein
Funksie/Doel
Invloede
Materiale gebruik
Ontwerp en styl (12)
Argitektoniese strukture van enige tyd kan ook aanvaar word- Hector Peterson
Gedenkstuk of Nelson Mandela Brug.
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper