Skip to content

Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12202118 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V2 (PRAKTIES 26 JULIE – 22 OKTOBER 2021) PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die huis gedoen word. [50] ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool gedoen word: 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50] Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: BRONBOEK ONDERWERP 2: KUNSWERK 2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2. 3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer. 4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede te toon:  Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer idees in reaksie op 'n projek-opdrag.  Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.  Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike, ekspressiewe visuele taal te gebruik.  Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk. 5. Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2021 NSS ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra. Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk uitgedink, ontwikkel en geskep is. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël. Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool en/of by die huis daaraan werk. Dit bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale kunswerk, ONDERWERP 2, aan. Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters belangrik. As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel. Dit moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en kreatief in die aanbieding daarvan te wees. Jou onderwyser moet die aanvanklike dinkskrum fasiliteer en vir jou leiding met die kreatiewe proses gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2021 NSS ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg) Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die kunslokaal, gedoen word. ALGEMENE RIGLYNE 1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese dissipline wat jy hierdie jaar gekies het. 2. Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word. 3. Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou. 4. Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT jy met die finale kunswerk begin. 5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis. 6. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie. 7. Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees. 8. Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep. 9. Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese dissiplines te skep. 10. Gaan voort om finale veranderinge en idees tot aan die einde van die 24-uur-eksamen in jou bronboek te doen en aan te teken. Die proses is belangrik aangesien dit jou in staat sal stel om jou sukses en tekortkominge tydens die eksamen te verduidelik en aan te teken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2021 NSS TEMA VOETSPOOR Ons voetspoor het nog altyd op verskillende maniere 'n impak op die natuur gehad. FIGUUR 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2021 NSS ONS VOETSPOOR HET NOG ALTYD OP VERSKILLENDE MANIERE 'N IMPAK OP DIE NATUUR GEHAD Ons word deur die natuur omring en is daagliks in interaksie daarmee. Die biosfeer, 'n koevert wat die aarde, sy grondlaag en enigiets anders wat lewe omring, is die intiemste deel van die natuur in verhouding tot die mens. Ons is altyd bewus van die invloed van die natuur in die vorm van die lug wat ons inasem, die water wat ons drink en die voedsel wat ons eet. Ons probleme en moeilikhede word deur ons inmenging by die natuurlike prosesse en klimaatveranderinge veroorsaak. Kunstenaars word oor die eeue heen deur die uitbeelding van die natuur en landskappe gefassineer. FIGUUR 2: William Turner, Reën, Stoom en Spoed – Die Groot Westerse Spoorlyn ('Rain, Steam and Speed – The Great Western Railway'), olie op doek, 1844. FIGUUR 3: Wassily Kandinsky, Landskap, olie op doek, 1913. Hy het die natuur as vertrekpunt vir sy skilderye, wat op die geestelike in kuns gefokus het, gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2021 NSS FIGUUR 4: David Hockney, iPad-digitale kunswerk, 2020. FIGUUR 5: David Hockney, 'n Groter Prentjie, iPad-digitale kunswerk, 2020. Hockney het verskeie iPad-tekeninge en plein air van die oostelike Yorkshire-landskappe gemaak wat die oorgang van winter na somer wys. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2021 NSS FIGUUR 6: Jody Thomas, Muurskildery van Greta Thunberg, foto deur Andrew Matthews, datum onbekend. Greta Thunberg, 'n klimaataktivis het 'Vrydae vir die Toekoms' ('Fridays for Future' (School Strike for Climate in 2018) begin waar sy begin staak het en op optrede teen klimaatsverandering aangedring het. Baie dinge in die natuur sal as gevolg van klimaatsverandering beïnvloed word, naamlik 'n warmer planeet, verandering in weerpartrone, suurvorming in oseane, stygende seevlakke, orkane, vloede, donderstorms en hewige sneeustorms wat tot die uitwissing van spesies waarop die mens vir voedsel staatmaak, kan lei. FIGUUR 7 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2021 NSS Klimaatsverandering is een van die grootste bedreigings vir die samelewing. Issac Cordal se plek- spesifieke straatkuns gee ons 'n nuwe perspektief op hierdie kwessies deur sy uitdagende en uittartende reeks klein sementbeeldjies wat ons standpunte van die samelewing uitdaag. FIGUUR 8: Isaac Cordal, Politici wat Aardverwarming debatteer, plek-spesifieke beeldhouwerk, sement, 2011. FIGURE 9: Federico Uribe se Persoonlike Strukture, 2019, is deur bewaring en plastiekbesoedeling geïnspireer. Uribe het ongewone voorwerpe en materiaal, soos patroondoppies, gekleurde skoenveters, spelde, potlode, elektriese drade, dasse en boeke hergebruik om 'n koraalrifinstallasie te skep. Op 'n afstand lyk die assemblages soos 'n mooi, kleurvolle onderwaterwêreld, wat ons aan die broosheid van die lewe herinner. Die vervaardiging van plastiek is onomkeerbaar en volgens die Wêreld Ekonomiese Forum produseer die wêreld nou meer as 300 miljoen ton plastiek elke jaar. Slegs 40 persent word een keer gebruik en meer as 8 miljoen ton plastiek word jaarliks in die see gestort. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2021 NSS Jy moet 'n kunswerk skep waarin jy jou persoonlike siening(s) van Voetspoor deel. In jou bronboek moet jy die storie VISUEEL vertel oor hoe die finale kunswerk UITGEDINK, ONTWIKKEL en VERVAARDIG is. Dit moet deur tekenwerk, skryf, inplak, foto's, ens. gedoen word. Hierdie reis in die bronboek moet individualiteit en kreatiwiteit weerspieël. Met die finale kunswerk sal jy in staat wees om idees, emosies en gedagtes van jou individuele interpretasie van die tema te toon: Voetspoor Oorweeg die volgende as inspirasie/idee vir jou finale kunswerk:  Ons voetspoor en verhouding met die natuur  Ons verhouding met skoonheid in die natuur  Hoe ons die natuur kan beskerm en koester  Hoe ons die natuur manipuleer en beheer  Hoe ons die natuur tot ons voordeel gebruik het  Hoe ons die natuur uitgebuit het  Die belangrikheid van 'n tuin as beide 'n fisiese en simboliese plek van ontvlugting  Jou interpretasies van hoe die mens die natuur bewaar/behou of vernietig het  Hoe ons ons planeet vir toekomstige generasies bewaar en beskerm  Besoedeling en die uitwerking daarvan op ons planeet  Hoe industrialisasie ons landskap deur die eeue heen verander het  Wat ons kan doen om bewustheid van die gevare van besoedeling/aardverwarming te kweek  Hoe ons materiaal hernu, herwin, hergebruik en manipuleer om vir 'n nuwe doel te gebruik  Hoe het ons nuwe gevonde/ongewone materiaal gebruik om innoverende oplossings/produkte/beeldhouwerke te skep, bv. plastieksakke word gebruik om skilderye en sakke te skep  Jy mag na die elemente in die natuur, naamlik lug, wind, water, vuur en aarde, verwys Raadpleeg jou onderwyser indien jy onseker oor kontroversiële beeldgebruik is:  Alle visuele beelde/kunswerke moet volgens jou skool se gedragskode wees  Wees bewus van sensitiewe beelde en kwessies by alle kulturele gebruike ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en realisering van kreatiewe idees)  Die assesseringskriteriabeskrywings sal jou lei met die beskrywing van jou idee. Maak seker dat jy 'n PERSOONLIKE terugvoering gee en bly weg van geykte idees.  Jou bronboek moet met jou finale werk verband hou. ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK  Dit is belangrik om 'n kunswerk te skep wat opwindend, oorspronklik, relevant en eerlik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2021 NSS ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Uitstaande 90–100  Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem- oplossingsvaardighede.  Poging is veel meer as wat vereis was.  Die 'WOW'-faktor is duidelik.  Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.  Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks elemente en beginsels.  Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.  Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89  Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.  Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.  Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie goed 70–79  Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.  Goeie bewyse van moeite en toewyding.  Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.  Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom. Goed 60–69  Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.  Goeie vlak van bevoegdheid. Gemiddeld 50–59  Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.  Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.  Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.  Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.  Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.  Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.  Die omvang van die werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2021 NSS Ondergemiddeld 40–49  Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.  Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.  Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag.  Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.  Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie, of onvolledige beplanning. Swak 30–39  Net genoeg materiaal/werke om te slaag.  Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik.  Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.  Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/ motivering om te slaag.  Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar is.  Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie swak 20–29  Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; Druip weinig of irrelevante werk/visuele inligting.  Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.  Baie swak vaardigheidsvlak.  Projek is baie swak of onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.  Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Onaanvaarbaar 0–19  Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.  Werk onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.  Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2021 NSS ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Voorgestelde KRITERIA punte- toekenning Konsepontwikkeling  Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om 25% konsepontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het 25% o Eksperimentering met media en/of verskillende tegnieke o Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsepontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Dit moet visueel interessant wees en 'n voorkoms persoonlike benadering toon. 25%  Jou bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Voorgestelde KRITERIA punte- toekenning Keuse en gebruik van  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens materiaal/tegnieke die konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van kunselemente en kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie Geheelindruk van werk  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone – oorspronklikheid, reaksies/oplossings kreatiwiteit, innovering Interpretasie en  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema praktiese  Eksperimentering implementering van  Pak nuwe uitdagings aan navorsing Voltooiing en  Aandag aan detail aanbieding van  Taak in aangewese tyd voltooi kunswerk  Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2021 NSS VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê. Kandidaat se naam: Datum: Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi. Kandidaat se handtekening: Datum: Onderwyser se naam: Datum: Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam) bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is. Onderwyser se handtekening: Datum: Skoolhoof se handtekening: Datum: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2021 NSS ADDENDUM A 1. Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE OPSIE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie, installasies, nuwe media, ens. in. 2. Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus op skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit. 3. Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste, nagesien en nie volgens die gespesialiseerde dissipline, bv. skilder en fotografie, nie. By alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans wees tussen tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat gekies is. Die kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese en konseptuele aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer die kunswerk(e) geassesseer word. 4. Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal, bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style. 5. Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre kunspraktyk ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in gedagte gehou word. 6. Kreatiwiteit, innovering en individualiteit moet beklemtoon word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2021 NSS ADDENDUM B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS. Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen voorskrifte oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van afdrukke, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir riglyne oor tradisionele gebruik en ook na tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in hierdie dissiplines verwys. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens. Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte NIE. BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.  Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/ multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar wees.  Die bronboek moet bewys toon van: o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met die gebruik van sagteware of met die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord) o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik. Dit moet bewys van handvaardighede toon. KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.  Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe tipes media om kuns te skep, in teenstelling met ontwerp, bv. musiekvideo's.)  Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe en formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou gebruik)  Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.  Persoonlike kontrole en uitvoer van werk  Aanbieding is belangrik: o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig. Alhoewel dit nie in die meeste skole moontlik is nie, moet die kandidaat die impak van die werk op 'n rekenaarskerm in ag neem. o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief verband hou OF in A2 gedruk en gemonteer is.  In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie van beeld en klank in ag geneem word.  Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig in ag neem. Dikwels verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2021 NSS DIGITALE FOTOGRAFIE  Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2-afdruk, of groter.  Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur 'n narratief te volg.  Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas dit voor in die bronboek. Alle digitale sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word. Die kandidaat moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar, aangesien so baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is. Onderwysers moet die ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.  Die bronboek moet die volgende insluit: o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7©) o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer. o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer, met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas, vertolking, skets), ens.  Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.  Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.  Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.  Doen alle manipulasie en veranderings aan die foto's gedurende die 24 uur van die eksamen. Assessering van fotografie:  Interpretasie en kommunikasie van die tema is belangrik. Kandidate moet in staat wees om verhoudings tussen beelde saam te stel en te vorm.  Die werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die bronboek noodsaaklik.  Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.  Formele elemente en beginsels.  Fotografie kan met ander media gekombineer word.  Neem die aanbieding van jou foto's in ag. INSTALLASIE  Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in ruimte te rangskik en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.  Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.  Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.  Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.  Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.  Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.  Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word. Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om die kunswerk te regverdig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V2 18 DBE/November 2021 NSS UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')  Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerende-kuns-stukke deeglik.  Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.  Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.  Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Dramatiese Kuns.  Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en modereringsproses. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all