Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V2
(PRAKTIES)
15 JULIE–18 OKTOBER 2019
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
huis gedoen word. [50]
ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 


%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5bdc103f-eeed-4782-b998-7efa38ad1914/v1-d2776644b50d05f7bf4e/card.webp)


View all





Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
NSC November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ONDERWERP 2: KUNSWERK
2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.
3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.
4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
te toon:
Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
ekspressiewe visuele taal te gebruik.
Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
van die werk versterk.
5. Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2019
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
verwesenliking van kreatiewe idees)
Die bronboek bied insig van hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk uitgedink, ontwikkel en
geskep is deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.
Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool
en/of by die huis daaraan werk.
Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.
As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.
Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel. Dit
moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en
kreatief in die aanbieding daarvan te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2019
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
te volg)
Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van
24 uur, in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die
kunslokaal gedoen word.
ALGEMENE RIGLYNE
1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.
2. Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.
3. Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word
as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.
4. Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
jy met die finale kunswerk begin.
5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
provinsie dit vereis.
6. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn,
vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
komposisie.
7. Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.
8. Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n
ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep.
9. Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
dissiplines te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2019
NSS
TEMA
Rituele
Wat is jou daaglikse rituele en gewoontes? Gaan skool toe, borsel jou tande, gaan stap,
joga, meditasie, lees, jel of vleg jou hare, sit grimering aan, gaan jou in-mandjie ('inbox') na
en ontmoet jou vriende by die skaatspark. Wat is jou familie se rituele: gaan kyk na 'n
sokkerwedstryd, speel Xbox, nuttig Sondagmiddagete of hou 'n piekniek in die park?
FIGUUR 1: Kenne Gregoire, Meisje FIGUUR 2: George Fischer, Ritual (Ritueel),
aan Tafel (Meisie aan Tafel), akriel gemengde media op houtpanele,
op paneel, 2011. datum onbekend.
FIGUUR 3: Marlene Steyn, Braided FIGUUR 4: Heikki Leis skep hiperrealistiese
Bonding (Gevlegte Verbintenis), olie sketse van oggendrituele uit die reeks Everyday
en gemengde media op doek, 2013. Reflection (Daaglikse Weerkaatsing),
grafietpotlood, 2007–2009.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2019
NSS
Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye reeks
vertolkings binne jou spesifieke dissipline. Jou vertolking moet die hoogtepunt van die
kreatiewe proses wees waarmee jy in graad 10 begin het.
FIGUUR 5: San-mense, Rotskuns, Botswana. Foto deur die Universiteit van die
Witwatersrand, datum onbekend.
Rituele was nog altyd deel van die mensdom. Die San-mense glo dat siekte die gevolg
van sosiale worstelinge/konflik is. Die opvoer van medisynedanse beklemtoon
verhoudings en bevry mense van siekte en negatiewe magte. Die medisyneliedere wat
tydens die danse opvoer word, word geaktiveer deur die vrouens wat sing en hande
klap en die mans wat dans. Gedurende die opvoering dans 'n man agter die persoon
met wie hy in konflik is. Die ritmiese eenheid van hulle liggame laat hulle in 'n
beswyming gaan wat goedgesindheid herbou en help met spoorsny, jag en die deel
van die vleis.
SINONIEME
seremonie, rite, seremonieel, waarneming,
spiritueel/geestelik, misterie, heilig, versiering, geloof,
viering, diens, sakrament, liturgie, lofprysing/
aanbidding, amp, opvoering, toneelspel, praktyk, orde,
gebruik, tradisie, konvensie, instelling, formaliteit,
prosedure, protokol, gewoonte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2019
NSS
Maskers word dikwels met rituele geassosieer. Afrika-maskers word as deel van
'n seremoniële kostuum beskou. Hulle word by godsdienstige en sosiale
gebeurtenisse gebruik om die voorvadergeeste te verteenwoordig of om die goeie en
bose magte in die gemeenskap te beheer. Party kombineer menslike en dierlike
eienskappe om die mens met sy natuurlike omgewing te verenig.
FIGUUR 6: Henry Moore, Mask (Masker), FIGUUR 7: Chokwe, Dance Mask
gegote sement, 1929. (Dansmasker), Koninklike Museum
Sentraal-Afrika, klei, krale en gevonde
voorwerpe, 17de tot 19de eeu.
FIGUUR 8: 'n Ritueel kan ook verwys na kulturele aktiwiteite of tradisies wat in
die alledaagse lewe plaasvind. Die Kaapse Klopse of Cape Minstrel Carnival
kom bymekaar om die nuwe jaar te vier. Ander karnavalle sluit die Mardi Gras
in New Orleans en die Karnaval in Rio de Janeiro in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2019
NSS
Die woord 'ritueel' word dikwels met kulturele en godsdienstige seremonies, soos
gradeplegtighede, doop of optogte verbind. Dit sluit lofprysingseremonies,
deurgangsrites en reinigingseremonies in. Soos wat kinders ouer word, is daar 'n
spesiale puberteitsdeurgangsrite, inisiasie, wat hulle moet help om maklik van
kindertyd na volwassenheid te beweeg. Deur inisiasie leer jong volwassenes oor die
tradisies en gebruike van hulle gemeenskap. Deurgangsrites is belangrik by nasiebou
en identiteitsvorming.
FIGUUR 9: Rasheed Araeen, Bismullah, vyf kleurfoto's op papier,
akriel en goue verf op doeke, 1988.
Kunstenaars verwys dikwels na rituele deur objekte, soos gesien word in Araeen
se Bismullah. Araeen verken sy identiteit as 'n Moslem in die Britse samelewing
deur foto's wat na Islamitiese rituele verwys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2019
NSS
KUNSTENAARS WAT RITUELE AS 'N TEMA ONDERSOEK HET
FIGUUR 10: Linnea Strid, Daily Routines (Daaglikse Roetines),
olie op laaghout, 2010.
FIGUUR 11: Keith Dietrich, Charles Lwanga, Anna Maswanganyi en
Prester John, triptiek, krytpastel op papier, 1988.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 12: Tracey Rose, MAQUEII, lambda-afdruk, 2002.
FIGUUR 13: Paula Rego, The Dance (Die Dans), akrielverf op doek, 1988.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 14: El Greco, The Burial of the Count of Orgaz (Die Begrafnis van die
Graaf van Orgaz), olie op doek, 1588.
FIGUUR 15: Cecil Collins, The Artist and His Wife FIGUUR 16: Keith Dietrich,
(Die Kunstenaar en Sy Vrou), olie op doek, 1939. Sunbeam, krytpastel op papier,
Die skildery beeld die ritueel van daaglikse datum onbekend.
middagtee uit met die paartjie wat teenoor mekaar
soos hoë priesters sit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 17: Igshaan Adams, Crawl (Kruip), tuinheinings en katoengare, 2018.
Die kunstenaar skep 'n veelsensoriese, grootskaalse installasie, wat aspekte van
tekstiele, beeldhou, gevonde voorwerpe en toneelopvoering bymekaarbring.
FIGUUR 18: John Murray, Flotsam and Jetsam (Wrakhout en Uitskot),
olie op doek, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 19: Phillemon Hlungwani, Ku Xonga Ka Nwansati I mi Ntirho Leyi Nene II
(Vroue Wys Hulle Skoonheid Deur Wat Hulle Doen),
gemengde media op papier, 2015.
FIGUUR 20: Kate Gottgens, Family Fragments (Familie-fragmente),
olie op doek, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 21: Hanneke Benade, Skyedive (Vryval), pastel op katoenpapier, 2008.
FIGUUR 22: Die Nuna-volk
doen die Bosvarkmasker-
opvoering in die dorpie Tierko,
Burkina Faso, 1985. Foto deur
Christopher D Roy.
Die Nuna-volk voer 'n jaarlikse
hernuwingsviering op om die
gemeenskap van negatiewe,
antisosiale of gevaarlike magte
te reinig. Gedurende hierdie
rites verskyn daar gemaskerde
dansers vanuit die wildernis wat
die dorpie en velde omring.
Gedurende die opvoering speel
tromspelers liedere wat uniek
aan elke maskerade is. Die
bosvarkmasker van die Nuna-
dorpie dans en skud sy kop, wat
die eienskappe/gedrag van die
dier naboots.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 23: Mona Hatoum, Performance Still Photograph
(Uitvoering-stillewefoto), 1985.
Kunstenaars se opvoerings het dikwels 'n ritualistiese gevoel. Kunstenaars skep en
gebruik hulle eie persoonlike mitologieë om daardeur hulle identiteit te verken.
Mona Hatoum verken die broosheid van die menslike toestand wat bedreig word.
Hatoum het vir amper 'n uur kaalvoet deur Londen se strate geloop, met
Doc Marten-stewels, wat gewoonlik deur die polisie gedra word, wat met die veters
aan haar enkels vasgemaak is. Hierdie daad, wat in die Performance Still
Photograph (Uitvoering-stillewefoto) in 1985 vasgevang is, herinner ons
aan godsdienstige pelgrimstogte waar pelgrims uiterste swaarkry verduur
om hulle geloof en godsdiens te toon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2019
NSS
Begin deur jou werk in jou bronboek te konseptualiseer deur die tema RITUELE te gebruik.
Dit is belangrik om 'n PERSOONLIKE reaksie te gee en van alledaagse beeldgebruik weg
te beweeg. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsings-
materiaal en vind 'n oorspronklike, kreatiewe oplossing om 'n ware individuele interpretasie
van RITUELE te skep.
Gebruik die riglyne hieronder om 'n kunswerk te skep waarin jy idees, emosies en
gedagtes oor RITUELE deel. LET WEL: Jou onderwyser moet hierdie proses fasiliteer.
Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra
Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk
Verkenning van en eksperimentering met materiaal en tegnieke
Ten minste 30% moet tekeninge wees wat jou konsepontwikkeling verduidelik
Tegnieke wat die geskikste sal wees om jou media en idees uit te druk
Grootte, formaat en aanbieding wat jou idees die beste sal pas
Sien die assesseringskriteria op bladsy 17 en 18.
TEKEN IN BRONBOEK
Tekenwerk kan geïnterpreteer word as die visualisering van waarnemings, gevoelens en
idees deur die maak van merke. Handvaardigheid moet gedemonstreer word en kan wissel
van eenvoudige lyntekeninge om idees te verduidelik tot volledige tonale tekeninge.
Verskillende media, style en tegnieke kan gebruik word om aan idees en konsepte uiting te
gee.
Dit uiters belangrik dat die bronboek met die kunswerk verband hou en visueel die
storie vertel van hoe dit uitgedink, ontwikkel en vervaardig is. DAAR MOET 'N
DUIDELIKE VERBAND TUSSEN DIE BRONBOEK EN DIE KUNSWERK WEES.
Jy kan die volgende in gedagte hou met betrekking tot die idee van RITUELE:
Jou daaglikse rituele
Persoonlike rituele en gewoontes
Familie- en groeprituele
Godsdienstige rituele, d.w.s. huwelike, feeste, karnavalle, versoening, ens.
Wêreldse rituele, d.w.s. verjaarsdae, gradeplegtigheid, doop, afsprake, ens.
Identiteitsrituele, d.w.s. taal, kultuur, ens.
LET WEL: Skep 'n kunswerk wat op RITUELE gebaseer is; nie net 'n illustrasie van
die tema nie.
Oorweeg die volgende in jou finale kunswerk:
Simbole en metafore
Formele elemente
Narratief
Styl
Boodskappe/Betekenisse
Die gebruik van media en tegniek
Wees kreatief en innoverend
ONDERWERP
Vermy die volgende en/of raadpleeg jou onderwyser indien jy onseker is:
Alle visuele beelde/kunswerke moet met die skool se gedragskode ooreenkom.
Let op/Wees sensitief vir alle kultuurpraktyke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2019
NSS
BESKRYWENDE RUBRIEK: ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
oplossingsvaardighede.
Poging is veel meer as wat vereis word.
Die 'WOW'-faktor is duidelik.
Werk toon groot mate van innovering.
Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang
die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.
Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie
van 'n wye reeks elemente en beginsels.
Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en
kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone
keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/
ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en
oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
Die meeste van eienskappe hierbo, maar sonder die 'WOW'-faktor.
Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar
ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
Goeie bewyse van moeite en toewyding.
Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
Tegnies goed, maar ontbreek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed 60–69 Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse
van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie.
Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
Gemiddelde vlak van tegniese bevoegdheid; moontlik beperkte
betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
beelde.
Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 18 DBE/November 2019
NSS
Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min
transformasie.
Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
beplanning nie, of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te
bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
motivering om te slaag.
Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
aanvaarbaar is.
Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Baie swak vaardigheidsvlak.
Projek is baie swak of onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking
nie.
Werk onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite
gedoen nie.
Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
ingehaal nie.
ASSESSERINGSINSTRUKSIES
Bronboek: Die vier assesseringskriteria dra ewe veel gewig. Elke assesseringskriterium
moet as 'n persentasie nagesien word. Die vier punte moet bymekaargetel word om 'n
totale punt uit 400 te wees en dan deur 8 gedeel word om 'n punt uit 50 te kry.
Kunswerk: Die kunswerk moet holisties nagesien word met geen spesifieke
puntetoekennings vir verskillende kriteria nie. Verwys na die beskrywende rubriek met
assesseringskriteria vir die kunswerk op bladsy 17 en 18. Alle kriteria MOET gedurende die
nasienproses in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 19 DBE/November 2019
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Gewigs- Punte-
KRITERIA toekenning toekenning
Konsepontwikkeling Breinkaarte, benoemde sketse en
tekeninge om konsepontwikkeling 25% 100
te toon
Navorsing, ondersoek, Sommige of al die volgende:
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's,
visuele beelde, versamelde
gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat
25% 100
jou geïnspireer het
o Eksperimentering met media
en/of verskillende tegnieke
Alle materiaal moet verband hou
met die ontwikkeling van jou werk
en jou besluite ondersteun.
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge
wees om jou konsepontwikkeling
25% 100
te verduidelik. (Prosestekeninge,
krabbels, visuele bewyse, ens.)
Aanbieding en algehele Dit moet visueel interessant wees
voorkoms en 'n persoonlike benadering toon.
25% 100
Jou bronboek moet uit gemiddeld
8–10 bladsye bestaan.
TOTAAL 100% 400/8 = 50
ONDERWERP 2: KUNSWERK
ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Punte-
KRITERIA toekenning
Keuse en gebruik van Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke konsep
Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
komposisie
Geheelindruk van werk Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
– oorspronklikheid, reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese Eksperimentering
implementering van Pak nuwe uitdagings aan
navorsing
Voltooiing en Aandag aan detail
aanbieding van Taak in aangewese tyd voltooi
kunswerk Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 20 DBE/November 2019
NSS
VERKLARING VAN EGTHEID
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.
Kandidaat se naam: Datum:
Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.
Kandidaat se handtekening: Datum:
Onderwyser se naam: Datum:
Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die
oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste
toestande voltooi is.
Onderwyser se handtekening: Datum:
Skoolhoof se handtekening: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 21 DBE/November 2019
NSS
BYLAE A: ALGEMENE RIGLYNE
1. Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
DISSIPLINE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
keuses sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie,
installasies, nuwe media, ens. in.
2. Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in
ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus op
skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3. Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak Visuele Kunste
nagesien en nie volgens die gespesialiseerde dissipline, bv. skilder en fotografie,
nie. In alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans wees tussen
tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat
gekies is. Die kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese
en konseptuele aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer
die kunswerk(e) geassesseer word.
4. Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5. Die hedendaagse kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke
voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre kunspraktyk
ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in gedagte gehou
word.
6. Kreatiwiteit, innovering en individualiteit moet beklemtoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 22 DBE/November 2019
NSS
BYLAE B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen
voorskrifte oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van
afdrukke, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir
riglyne en verwysing na tradisionele gebruik en kontemporêre skone kunste-praktyke
in hierdie dissiplines. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in kontemporêre
dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte
NIE.
BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot
die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar
wees.
Die bronboek moet bewys toon van:
o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met die gebruik van sagteware
of met die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer
o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. Skermskote
o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik.
Dit moet bewys van handvaardighede toon.
KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid eerder as tegniese vaardighede
beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie
kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe
tipes media om kuns te skep, in teenstelling met ontwerp, bv. musiekvideo's.)
Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe en
formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
gebruik)
Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
fundamenteel tot die benadering beskou, asook kontekssensitiwiteit.
Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
Aanbieding is belangrik:
o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
Alhoewel dit nie in die meeste skole moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
verbind is OF in A2 gedruk en gemonteer wees.
In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
van beeld en klank in ag geneem word.
Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg.
Dikwels verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek
die boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 23 DBE/November 2019
NSS
DIGITALE FOTOGRAFIE
Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in
grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2-afdruk, of groter.
Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur
'n narratief te volg.
Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas dit voor in die bronboek. Alle digitale
sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word. Die kandidaat
moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat geneem is,
illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar, aangesien so
baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is. Onderwysers moet die
ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.
Die bronboek moet die volgende insluit:
o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7)
o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
vertolking, skets), ens.
Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre
ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
Doen alle manipulasie en veranderings aan die foto's gedurende die 24 uur van die
eksamen.
Assessering van fotografie
Interpretasie en kommunikasie van die tema. Kandidate moet in staat wees om
verhoudinge tussen beelde saam te stel en te vorm.
Die werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe
weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die
bronboek noodsaaklik.
Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.
Formele elemente en beginsels.
Fotografie kan met ander media gekombineer word.
INSTALLASIE
Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in
ruimte te rangskik en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.
Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.
Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word.
Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om
die kunswerk te regverdig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 24 DBE/November 2019
NSS
UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerendekuns-stukke deeglik.
Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
Dramatiese Kuns.
Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word
en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en
modereringsproses.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5bdc103f-eeed-4782-b998-7efa38ad1914/v1-d2776644b50d05f7bf4e/card.webp)
Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum