Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 436.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 7Gender Issues in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
voorsiening gemaak word:
• Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
• Gee krediet vir laterale denke.
• Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoorde te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
en titel van die werk toegeken.
6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
• Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
• LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
• Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
• Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
• Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 • Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
80–100% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 • Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
70–79% lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon uitstekende insig en begrip.
5 • Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
60–69% • Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 • Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
50–59% • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 • Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Bevredigend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
40–49% • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 • Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
30–39% lewer.
• Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
• Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 • Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
0–29% lewer.
• Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
• Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee.
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.
Sien na as ‘n geheel Daar is GEEN onderverdeling in die die toekenning van punte in
spesifieke kunstenaars/kunswerke/riglyne nie. Merk as ‘n geheel. Een punt gesamentlik
vir die titel en die kunstenaar.
As die kandidaat nie die kunswerk/e en kunstenaar/s korrek benoem is nie kan hulle nie
volpunte kry nie, en daarom word EEN PUNT AFGETREK d.i. 9/10.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Die Amerikaanse kunstenaar, John Biggers en Suid-Afrikaanse kunstenaar, Helen
Sebidi wys albei die geswoeg en ontbering in die alledaagse worsteling om te
oorleef.
Gegewe inligting: Vervreemd/Onteien: Ontneemde land, eiendom of besittings
verwyderd/weggeneem.
1.1 Kandidate moet die moontlike betekenisse en boodskappe in Helen Sebidi
(FIGUUR 1b) en John Biggers (FIGUUR 1a) se werk vergelyk, deur na die
volgende
• Plasing van die figure in hulle spesifieke agtergrond.
FIGUUR 1a: John Biggers beeld 'n toneel uit in die buitewyke van 'n
stad met vier figure op 'n spoorlyn. Die figure is geplaas in die middel
van die kunswerk, besig om steenkool op te tel.
Die figure domineer die middelgrond. Die versameling van steenkool
dui aan dat hulle arm is. Die stadstoneel (bo, links in die prentvlak) is
teenaanliggend die hout/sink huise in die middelgrond.
FIGUUR 1b: Helen Sebidi beeld 'n groot klomp manlike en vroulike
figure uit wat besig is met hulle daaglikse take. Die figure domineer die
prentvlak wat 'n gevoel van oorvol/engtevrees gee as gevolg van die
oorvleueling van die figure. Die huise vul die agtergrond van die
skildery. Die huise is minder waarneembaar in verhouding tot die figure.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Kleur, vorm en lyn
FIGUUR 1a: Die kunstenaar gebruik aardse natuurlike kleure (sepia en okers)
vir die myne aan die linkerkant en die landelike behuising in die voorgrond.
Hy gebruik vibrerende helder gele sowel as sagte bloue vir die stadtoneel in
die agtergrond. Die gebruik van bloue skep diepte en kontrasteer met die
oranje. Daar is 'n aanduiding van blou in die materiaal van die vroue se rokke
en ook die spoorlyn. Die treinspore bestaan uit diagonale lyne wat die oog
diep in die prentvlak intrek wat 'n gevoel van beweging skep.
Die vloeiende lyne van die vroue se rokke kan aandui dat daar 'n ligte bries
waai.
FIGUUR 1b: Die Kunstenaar gebruik helder, vibrerende kleure wat 'n gevoel
van geluk kan skep. Die klere van die figure is hoofsaaklik warm tone,
naamlik: geel, oranje en rooi wat teenaan die kouer bleek bloue, pers en
groen geplaas is. Die kunstenaar gebruik komplimentêre kleure. Die
behuising in die agtergrond bestaan uit bleek bloue en groene (groei), en
tonale kleure wat in die die ruimte verdwyn en diepte skep. Die kunstenaar
gebruik organiese vry- vloeiende vorms in die klere van die figure. Vloeiende
en gekromde lyne is gebruik in die klere en potte. Diagonale lyne kan gesien
word in die vurke en plaasgereedskap. Sirkelvormige vorms is waarneembaar
in die potte, mandjies en wiel van die donkie kar. Perspektief is geskep deur
die lyne van die huise.
• Komposisie
FIGUUR 1a: Biggers plaas vier figure in die voorgrond en in die sentrale
gedeelte van die skildery om die fokale punt te vorm. Die groep van vier
versamel steenkool vanaf die spoorlyn wat regoor die kunswerk van links na
regs strek. Huise is sigbaar agter die figure. Daar is 'n fabriek/industriële
perseel aan die regterkant.
FIGUUR 1b: Sebidi se komposisie is baie besig en amper chaoties. Die figure
oorvleuel mekaar en die figuur in die onmiddellike voorgrond (aangetrek in
pers/blou) word die fokuspunt. Diagonale lyne lei die oog na die fokale punt.
Die sentrale figuur is groter as die res.
• Perspektief
Beide werke gebruik 'n twee-punt perspektief soos wat gesien kan word in die
huise van beide skilderye.
FIGUUR 1a: Daar is 'n illusie van ruimte. perspektief word geskep deur die
spoorlyn. Die huise wat kleiner word in die agtergrond skep diepte.
FIGUUR 1b: Daar is 'n illusie van ruimte (huise). Liniêre perspektief is geskep
deur die geboue wat kleiner word na agter. Sommige van die figure word
kleiner voorgestel om diepte en perspektief te skep. Die kleure word ligter (10)
soos wat die objekte na agter beweeg in die ruimte deur is atmosferiese/lug
perspektief te gebruik. Die stadtoneel is bleek-blou in vergelyking met die
middelgrond. Die grootte van die figure is nie konsekwent volgens skaal
geteken nie. Atmosferiese/lugperspektief word geskep. Perspektief is geskep
deur die lune vandie huise.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Ooreenkomste:
Beide het ‘n horisontale/landskap formaat.Harde arbeid en uitputting kan
gesien word in die liggaamstaal van die mense.Daar is geen sigbare
gesigsuitdrukkings van die figure nie. In beide werke sien ons simmetriese
balans. Lig- bloue kan gesien word in die agtergrond van elke werk.
Verskille:
Figure 1a verwys na ‘n klein groepie figure, moontlik van een huishouding.
Hulle is individuele arbeiders. Die landskap is dor en droog.
Figuur 1b: Vibrerende kleure bring hulde aan die werk en voeg ‘n gevoel van
trots by hulle menswaardigheid. Die werk verwys na ‘n gemeenskap
wat saam werk. Die landskap is groen en weelderig.
1.2 Kandidate moet TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaar/s
bespreek wat beïnvloed is deur hulle omgewing.
Kandidate kan TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars/ of twee
kunswerke van dieselfde kunstenaar van enige tyd (periode) bespreek.
• Onderwerp
• Gebruik van lyn, vorm en kleur
• Sosiale/Kulturele invloede
• Styl (10)
• Moontlike boodskappe/betekenisse [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Helen Sebidi en Wangechi Mutu het beide kunswerke geskep wat onbetwisbaar Afrika
is.
2.1 Stem jy saam of verskil jy van bogenoemde stelling?
Kandidate moet 'n terugvoering gee of hulle saamstem of verskil met die
stelling dat die kunswerke tipies Afrika is en hulle moet hulle stelling
verduidelik deur te verwys na die riglyne in die vrae.
FIGUUR 2a:
• Spesifieke Afrika-invloede
Duidelike Afrika invloede word gesien in die gebruik van tradisioneel geklede
vroue, geplaas as 'n sentrale punt in die komposisie, gekombineerd met 'n
groot, mistieke voël op die regterskouer van die figuur. Die figuur dra
tradisionele Afrika klere, krale en hooftooisel en sodoende verteenwoordig en
herdenk haar tradisies. Sy is geplaas in 'n oop, barre landskap wat ook
verwys na 'n Afrika landskap. Die voete lyk soos hoewe. Dit kan ook verwys
na Lobola.
'N MAKSIMUM VAN 2 PUNTE moet toegeken word.
• Antieke en/of futuristiese sienings van Afrika
Hierdie kunswerk is meer antiek (tradisioneel). Dit mag dalk mitologie,
spiritualiteit, oorerwing en tradisionele waarde sisteme verteenwoordig.
Sebidi glo dat die eerste ware gode spirituele diere is – sy nooi ons uit om die
spirituele betekenis van diere in die alledaagse lewe te deurdink. Hierdie werk
is 'n meer tradisionele en historiese weergawe.
• Kunselemente
Organiese, eenvoudige duidelike lyne kan gesien word in die uitbeelding van
die vrou, voël en landskap. Die vorms is gekrom en gerond wat 'n organiese
gevoel skep. Tipiese Afrika, warm, natuurlike bruin en oranje kleure
kontrasteer met die koue, ligter blou lug in die agtergrond. Die figuur en voël
is in donkerder toonwaardes geskilder as die res van die agtergrond en die
lug. Sy werk hoofsaaklik in pastel, akriel en olie verf, en sy het 'n duidelike styl
ontwikkel wat vibrerende kleure, growwe oppervlaktes, verwronge
perspektiewe, abstrakte menslike en dierlike figure en droombeelde langs
mekaar plaas, in 'n pointillistiese, gestippelde styl van pastel- of verf-
aanwending. Meer onlangs het sy teruggekeer na beeldhouwerk in klei en
beeldhouwerke wat in brons gegiet is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Materiale en tegnieke
Hierdie kunswerk is geskilder in olieverf met 'n hoë tasbare en getekstureerde
gevoel. Verf is aangewend in 'n impasto tegniek met klein stippeltjies of
merkies. Dit skep 'n pointillistiese en lewendige skildery. Sy werk hoofsaaklik
in pastel, akriel en olieverf, en sy het 'n duidelike styl ontwikkel wat vibrerende
kleure, growwe oppervlaktes, verwronge perspektiewe, abstrakte menslike en
dierlike figure en droombeelde langs mekaar te plaas, in 'n pointillistiese,
gestippelde styl van pastel of verf-aanwending.
• Styl
Haar werk is naturalisties/figuratief en sy gebruik gereeld 'n pointillistiese,
gestippelde styl van pastel of verf-aanwending.
FIGUUR 2b:
Wangechi Mutu van Kenia is 'n kontemporêre kunstenaar bekend vir haar
werk wat geslag, ras, kunsgeskiedenis en persoonlike identiteit aanraak.
Deur komplekse collages, video's, beeldhouwerke en opvoerings te skep, is
Mutu se werk kenmerkend van herhalende misterieuse temas soos
gemaskerde vroue met slangagtige haarlokke. Haar werkswyse deur te plak
en te monteer, kombineer 'n verskeidenheid van bron materiale en teksture
om verbruik en oormaat te ondersoek. Mutu het haar eie manier van storie-
vertelling: haar werke dokumenteer die kontemporêre skepping van mites van
bedreigde kulturele erfenis. Haar collages wil antiek en futuristies voorkom;
haar figure strewe na 'n super-ras, newe-produkte van 'n moeitevolle en
gedwonge ewolusie. Verwysing na geweld kan gesien word in die rooi
spatsels wat verwys na bloed. Buffelhorings is sigbaar in die hare
(manlikeheid/geslag/geweld.rykdom op die banknote.
• Spesifieke Afrika-invloede
Die vrou verteenwoordig 'n meer futuristiese Afrika vrou met die invloed van
Westerse elemente bv. hoë hak skoene, moderne uitrusting en 'n futuristiese
geweer. Sy word kaal bo-lyf uitgebeeld en dra Afrika geïnspireerde juwele.
Haar lang haarstuk kan die Afrika haarstyl voorstel. Haar gelaatstrekke kom
ooreen met 'n Afrika skoonheid. Warm aardse kleure en die spesifieke
landskap is sinoniem met Afrika. Die kunstenaar gebruik bestaande
stereotipes om 'n 'nuwe en verbeterde' ras te konstrueer wat tradisionele
waardes, oorlewing van historiese onderdrukking, en 'n florerende deelname
aan globale byderwetse modes reflekteer. Haar godinagtige figuur omvat die
verspreide fasette van 'n moderne Afrika, vasgevang in die samevloeiing van
Westerse konsepte, interne wroeging, antieke tradisies en blosende toekoms.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Antieke en/of futuristiese sienings van Afrika
In FIGUUR 2b skep sy 'n futuristiese Afrika vrou en betowerende skoonheid
met verskillende fragmente van uitgeknipte papier (collage). Sy is geplaas in
'n sensuele, gehurkte posisie, as 'n sentrale fokus, in 'n vereenvoudigde
agtergrond en landskap wat bestaan uit blare, gras en blomme. Mutu het
gesê dat dit lyk of die figuur bemagtig word deur haar oorlewingsvaardighede
en immuun is teen gruwels en om slagoffers te wees. Die spirituele wêreld
word voorgestel deur 'n skoenlapper wat fladder links bo in die kunswerk. Die
amper wetenskapfiksie-kenmerk van haar beeldgebruik het haar werk
geplaas in die ryk van Afrofuturisme. Sy is baie besorgd oor Westerse
kommersialisme en haar werk reflekteer soms die ongelooflike invloed wat
Amerika gehad het op kontemporêre Afrika kultuur.
• Kunselemente
Meestal warm, Afrika kleure soos geel, bruin en oranje is gebruik in die figuur
en voorgrond terwyl effense blou gesien kan word in die haarversiering,
futuristiese wapens en juwele. Die verre agtergrond is 'n leë wit spasie.
• Materiale en tegnieke
Die oppervlakte waarop sy werk het botsende teksture om 'n wye reeks van
konnotasies te skep: van skoonheidsmodelle, tot gekleurde materiale, vel wat
siektetoestand het, en wetenskap-fiksie spesiale effekte. Deur tydskrif prente
saam met geverfde oppervlakke en gevonde materiale te gebruik, ondersoek
Mutu se collages die tweeledige natuur van kulturele identiteit, verwysend na
koloniale geskiedenis, mode en kontemporêre Afrika politiek. Mutu gebruik
collage as 'n middel van beide die fisiese en konsepsuele om laag-op-laag
diepte in haar werk in te bring. Deur gebruik te maak van beelde uit mode
tydskrifte, National Geographic, en boeke oor Afrika-kuns, sit die kunstenaar
figure aanmekaar wat beide elegant en pervers/sedeloos is. (10)
• Styl
2.2 Haar werk is surrealisties in die kombinasie van verskillende beelde/
elemente. Die beeld is 'n kombinasie van naturalistiese en fantasie elemente.
Beide beelde kniel en is sentraal geplaas in ‘n landskap metdiere/voëls.
Kandidate moet TWEE Suid-Afrikaanse werke van verskillende kunstenaars
bepreek wie se werk Afrika beelde en simbole insluit. Askandidate TweE
kunswerke van dieselfde kunstenaar bespreek: Maksimum 6/10.
Daar is geen onderverdeling in die merk van spesifieke
kunstenaars/kunswerke.riglyne. Een punt vir die titel en die kunstenaar.
Hulle mag die volgende riglyne in hulle opstel insluit:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Die invloede van inheemse Afrika kunsvorms en/of simbole
• Onderwerp
• Lyn, vorm en kleur
• Styl
• Tegnieke en materiale
• Moontlike boodskappe /betekenisse (10)
[20]
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
In FIGURE 3a EN 3b, gee Suid-Afrikaanse kunstenaar Willie Bester, 'n narratiewe
seining van die onreg wat aan die mense in die informele nedersettings gedoen is
gedurende die 1980’s.
3.1 Deur te verwys na die bogenoemde stelling, moet kandidate 'n paragraaf skryf
waarin hulle hulle persoonlike interpretasie gee van FIGUUR 3a OF FIGUUR
3b.
FIGUUE 3a: Die komposisie bestaan uit lyntekeninge van 'n motorband, met
twee 5 liter blikke motorolie. Die blikke is geplaas aan beide kante van die
sentrale beeld van die motorband. Gedurende die politieke onrus in Suid-
Afrika is brandende motorbande gebruik as 'n metode om verklikkers en
verraaiers te vermoor. Dit het bekend gestaan as 'necklacing' omdat die band
om die lyf of nek van die slagoffer geplaas is en aan die brand gesteek is.
'n Byl steek uit aan die linkerkant van die motorband en die woord
'collaborator' (medepligtige) is op die handvatsel geïllustreer. 'n Plakkaat is
ingedruk in die middel van die motorband met die woorde 'Sell Out'
(Uitverkoop) Onder die band is 'n pakkie Lion vuurhoutjies wat geplaas is
langs die word 'Judas'. Vuurhoutjies word gebruik om vuur aan te steek. Die
'New Nation' (Nuwe Nasie) koerant wat insidente van 'necklace' moorde
berig, kan in die agtergrond van die komposisie gesien word. Daar is 'n foto
van geboeide hande bokant die woorde 'Informers Horror Death' (Informante
Gruwel Dood) 'n Mens se kop steek onder die motorband uit. Die harde
werklikheid van hierdie beelde beklemtoon die wreedheid van die hierdie
teregstellings. Die handkontrole vir toumarionette kan in die regterkant van
die komposisie gesien word. Die toue manipuleer 'n hand en die woorde
'poppe show' is is bedek met 'n kol rooi verf. Dit kan simboliseer dat mense
poppe is en beheer word deur die mense wat die toutjies trek. Mense is
marionette as dit kom by oorlewing. Hulle sal enige iets doen om te oorleef.
Die muntstukke simboliseer die geld wat betaal is aan die mense in die
informele nedersettings wat name van aktiviste vir die polisie gegee het.
Die geskrewe woord 'Judas' kan verwys na die die dissipel wat Jesus verraai
het. 'Informers' (Informante) verwys na mense wat beskou was as verrraaiers
en 'Horror' (Gruwel) en 'Death' (dood) beskryf die manier van die
teregstellings. Die kragtige woorde en frases is beide letterlik en figuurlik. Die
drie afvrywings (frottage) van die munte kan die omkoopgeld vir inligting
simboliseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Hierdie kunswerk is beïnvloed deur die moorde van politieke informante wat
inligting aan die polisie oordra. Die woorde 'sell out, informers, horror, death',
gee ons 'n idee hoe die kunstenaar 'n stryd gehad het teen die afsku in die
informante, maar ook 'n weerstand gehad het teen die 'necklace' moorde.
Die hoofopskrifte van die koerant versterk ook die boodskap en dra die
gruweldade oor aan die wêreld. Die gruwel van hierdie teregstellings is
versag deur die gebruik van sagte blou en geel-oker verf/ink. Die beelde en
die teks is omlyn met duidelike swart ink wat die boodskap beklemtoon. Die
collage van foto's van die liggaam en die kop skep 'n skokkende realiteit.
FIGUUR 3b: 'n Kopbeen, geverf in waterverf, is geplaas oor 'n collage kopie
van die 'Law on co-operation and development' (Wet op samewerking en
ontwikkeling). Die figuur links hou sy hande in die lug en dit wil voorkom asof
hy gearresteer word. Die kopbeen kan 'n metafoor vir dood wees. In die
voorgrond van die komposisie kan 'n vrou gesien word met 'n baba op haar
rug en 'n emmer in haar hand. Dit kan wees dat sy water gaan haal. Die
kleure kan die volgende voorstel bv. sagte blou kleur (die lug/landskap –
vrede), geel (helder, wat die dag voorstel), rooi/pienk (bloed, gevaar.) Aan
die regterkant van die komposisie is soldate wat uit 'n loopgraaf uitklim en in
die rigting van die informele nedersetting in die agtergrond hardloop. 'n
Weermag voertuig is geplaas net bo die sentrale figuur en aan die linkerkant
is 'n groep mense wat stap met hande in die lug. Bester het twee
skale/afmetings in sy komposisie gebruik wat gewoonlik op kaarte en atlasse
gebruik word. Dit kan die uitmeet van grond vir die nuwe ontwikkeling
simboliseer. Die aanduiding van die skaal, soos op landkaart (bo en onder)
dui aan die afmetings van die die land (grond) – die grootte van ‘n spesifieke
grond gedeelte.
Die soldate en die weermag verteenwoordig die regering wat geweld gebruik
het om mense te verwyder van hulle blyplek of om massa mense te forseer
om uitmekaar te beweeg. Die visuele afbeelding kan ook verwys na onwettige
immigrante van ander lande. Die vrou en die kind simboliseer die mense wat
die meeste deur ontwrigting geraak word. Die soldate aan die een kant pas
die wet toe en die mans aan die ander kant wys hulle woede, terwyl die vrou
en die kind in die middel vasgevang word. Mense word ontwrig deur 'n wet
wat op 'n stukkie papier geskryf is.
Deur fotografiese materiaal in hierdie kunswerk te gebruik gee 'n harde
werklikheid van dit wat in die informele nedersettings gebeur het gedurende
die 1980's. Die kunswerk ontlok ook 'n gevoel van simpatie deur gebruik te
maak van sagte pienk, blou en geel water kleure.
Hierdie kunswerk is geïnspireer deur die feit dat mense verplaas is om plek te
maak vir nuwe ontwikkeling wat tot gevolg gehad het dat die mense geen
heenkome gehad het nie. Die swak oordeel van soldate in die beheer van
oproerige groepe en die onmenslike behandeling van vroue en kinders het
Bester gemotiveer om sy storie te vertel. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.2 Bespreek die kunswerk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy
bestudeer het wat sosiale en/of politieke kwessies weergee. Slegs RSA
kunstenaars. Geen ander moet aanvaar word nie.
Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle op die volgende reageer:
• Kunselemente
• Beelde gebruik
• Media en tegniek
• Styl
• Moontlike boodskappe /betekenisse (14)
[20]
Interpretasie: Analiseer ('n detail en logiese bespreking van die formele elemente
van kuns) en evalueer ('n geleerde opinie van)
Narratief: Storielyn
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Suid-Afrika is ‘n baie oorvloedige en kleurvolle land in terme van kuns en vlyte en is
gedurig besig om homself te herskep.
4.1 Kandidate moet enige TWEE kunswerke (FIGURE 4a tot 4d) kies, en die
volgende bespreek:
• Patroon en kleur
FIGUUR 4a: 'n Sirkelvormige geweefde Ilalapalm/gras mandjie met patrone.
Die kleurvolle geometriese patrone is verkry deur die Ilalapalm te kleur met
natuurlike kleurstowwe. Die oker kleur word verkry deur die umqandande
vrug te gebruik, swart word verkry deur deur isiszimane wortels en pers word
verkry deur umphekambedu blare. Die verskillende skakerings van bruin is
verkry deur metaal blikke in water te dompel en die geroeste gekleurde water
word gebruik om die Ilala palm se stringe te kleur. Daar is oor die 20
natuurlike kleure beskikbaar vir die wewers. Die mandjie het bane met
simmetriese en geometriese vorms. Die geweefde patrone vorm klein swart
en wit vierkante wat teenaan bruin vorms geplaas is. Die mandjie se kleure is
hoofsaaklik swart, wit en bruin/oker.
FIGUUR 4b: Die appliek bestaan uit 'n nedersetting en 'n vrou wat mielies
maal in 'n pot. Twee hutte in die agtergrond oorvleuel mekaar en drie
hoenders, 'n boom en plante/blomme is uitgebeeld in die onmiddellike
voorgrond. 'n Wolk is voorgestel regs bo. Die woorde, Ukugqula Umbila
(stamp van mielies/koring) is geborduur diagonaal langs die boom en die dak
van een van die hutte. Shweshe materiaal is gebruik in sommige van die
objekte/figure. Die kunstenaar het gekies om effe-kleurige en Shweshe
patroon materiaal in die komposisie te gebruik. Die patrone bestaan uit 'n
herhaling van sirkels, kolle en ekliptiese-vorms. Die appliek het 'n swart
agtergrond wat toelaat dat die helder kleure dominant word. Die figuur,
plantegroei en huise bestaan uit helder kleure: pienk, geel, oranje, rooi en
blou onder andere. Die kleur is arbitrêr en nie-voorstellend. Vorm is
gestilleerd, naíef en kinderlik.
FIGUUR 4c: Die sirkelvormige telefoondraad mandjie is multi-gekleurd (rooi,
groen, blou, geel, turkoois, groen en swart). Die mandjie het 'n radiale
gedraaide patroon wat 'n optiese illusie skep. Al die lyne ontmoet in die
middel van die mandjie. Die mandjie het helder, vibrerende kleure. Dit het ‘n
hipnotiese effek.
FIGUUR 4d: Foto van 'n Xhosa-geïnspireerde moderne gebreide kledingstuk.
Geometriese patrone is dominant in die mat. Die geometriese patrone is
herhaal en maak die ontwerp in die mat en materiaal simmetries. Die mat
bestaan uit swart, aardse bruine en sepia kleure met 'n suggestie van sagte
blou, liggroen, en pienk in kontras met die rooi, oranje en wit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Tegnieke
FIGUUR 4a: Geweefde Ilalapalm, gras en kleursel. Tradisioneel is Ilalapalm
mandjies geproduseer om Zoeloe bier in te stoor. Die mandjies is so geweef
dat wanneer die weef nat word swel dit uit en word waterdig.
FIGUUR 4b: 'n Appliek. Stukkies kleurvolle materiaal is op swart materiaal
vasgestik. Dit word teen 'n muur gehang.
FIGUUR 4c: 'n Bak/mandjie gemaak van geweefde draad.
FIGUUR 4d: Die mat is handgeweef op 'n weefraam of met die hand. Die
gedrukte katoen/poliëster is met 'n masjien gefabriseer. Die matte word
gebrei deur mohair/wolte gebruik.
• Funksie van die kunswerk
FIGUUR 4a: Tradisioneel is hierdie houer gebruik om brou (gis) in te stoor en
is daarom funksioneel. Die Westerse kultuur koop hierdie mandjies as 'n
dekoratiewe ornament wat nie-funksioneel is.
FIGUUR 4b: Die appliek kan dekoratief of funksioneel wees.
FIGUUR 4c: Die draadmandjie kan funksioneel sowel as dekoratief (nie-
funksioneel) wees. Hierdie mandjie kan gebruik word as 'n vrugte bak sowel
as teen 'n muur gehang word as 'n estetiese objek.
FIGUUR 4d: Die mat kan funksioneel wees sowel as dekoratief (nie-
funksioneel). Die mat kan gebruik word as 'n slaapmat of teen 'n muur
gehang word as 'n estetiese objek. Die gedrukte materiaal is gebruik om
klere of dekens te maak. Die materiaal is dikwels nie verwerk tot 'n drabare
kledingstuk nie maar net so gebruik. (8)
4.2 Kandidate moet TWEE kunswerke bespreek deur verskillende vlyt-
kunstenaars en/of spirituele kunstenaars wie geïnspireer is deur hulle kultuur
en verbeelding.
Hulle kan sommige van die volgende riglyne gebruik in hulle opstel:
• Invloede en inspirasie
• Kunselemente
• Gebruik van materiaal en tegnieke
• Funksie en/of boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Kaapstad-gebore kunstenaar Haroon Gunn-Salie, het ‘n installasie van 17 figure
geskep deur gemengde media te gebruik. Dit het ‘n gepaardgaande klankbaan, wat
hy Songs for Sabotage (Liedere van Sabotasie) getitel het. Die figure verteenwoordig
die die stakende mynwerkers wat deur die polisie geskiet is tydens die eerste
geweldadige skermutseling by die Lonmin myn in Marikana op 16 Augustus 2012.
Hulle het begin om Senzenia te sing net voordat die skietery begin het.
Die Poolse kunstenaar, Magdalena Abakanowicz, het ‘n installasie van 106
driemeterhoë ’liggame’ geskep wat die gruwels gedurende die Tweede Wêreld
oorlog uitbeeld. Deur hulle in ‘n publieke ruimte te plaas, skep dit interaksie met
gewone mense.
5.1 Kandidate moet FIGURE 5a en 5b bespreek deur die volgende te antwoord:
Kandidate sal punte verwerf deur verskille en ooreenkomste te bespreek.
Die lewensgrootte figure in (5a) is groter as die lewnsgrootte figure in Figuur 5b.
Die kyker wat tussen die beeldhouwerke beweeg, veroorsaak in beide installasies
‘n ongemaklike reaititeit by die kyker.
FIGUUR 5b: 106 – Sg Seagorgium is atomiese nommer 106 vernoem na Glenn
T Seaborg, ‘n sintetise element, geskep in ‘n laboratorium en nie in die natuur
gevind word nie. Die nommer (17) is simbolies vir insig, self-dissipline, sterkte,
vergelyking, wysheid en die drang navrede enliefde vir die mensdom.
• Waarom dink jy het die kunstenaar besluit om onvoltooide figure te
skep?
FIGUUR 5a: Mense wat in groot getalle op die myne werk het hulle identiteit
verloor aangesien hulle beskou word as 'n werkende eenheid. Die rede vir die
uitlaat van die hande kan die kwesbaarheid van die mans beklemtoon, waar hulle
gehurk in 'n weerlose posisie sit. Die kunstenaar het die geeste vasgevang van
die slagoffers van die Marikana Slagting. Koplose/ gesiglose figure word
behandel sonder waarde en identiteit.
FIGUUR 5b:
Die figure is dopagtige negatiewe van die menslike vorm. Gedurende WOII
het mense daagliks in vrees en wantroue geleef. Hulle het lewendige
organismes geword met geen hoop of toekoms, probeer om van dag tot dag
te oorleef. Hulle het fragmente van die samelewing geword. Hulle dink nie vir
hulleself nie en hulle hande is afwesig aangesien hulle niks kan doen aan
hulle verknorsing nie.
• Waarom het die kunstenaar besluit om figure te herhaal in beide
installasies?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 5a: Deur die koplose figure te herhaal, beklemtoon Haroon Gunn-Salie
die groot groep mense wat oortuigend vas gestaan het om te veg vir dieselfde
voordele. Die herhaling versterk die boodskap van hierdie hartseer slagting.
Mense groepeer saam in 'n tyd van onsekerheid.
FIGUUR 5b: Die installasie bestaan uit lang menslike torso's. Sommige lyk
asof hulle loop, terwyl ander vasgeanker is op een plek. Die herhaling skep
beweging en dit voel asof die kyker saam met hulle beweeg.
• Hoe sal jy die styl van die figure beskryf en die impak wat dit op die
kykers het?
FIGUUR 5a: 'n Surrealistiese uitbeelding van mans wat op hulle hurke sit. Die
klerdrag is realisties maar deur die hande en koppe weg te laat het dit 'n
nagmerrie tot gevolg.
FIGUUR 5b: 'n Ekspressionistiese uitbeelding van hol torsos word bewys deur
die vereenvoudiging en verwringing van die figure. Hulle het leë doppe geword
met geen identiteit of om vir hulleself te dink nie. Slegs hulle bene en voete is
funksioneel en is die enigste menslike realistiese kenmerk.
• Dink jy dat die kunstenaars suksesvol was met die oordra van hulle
boodskap? Gee redes vir jou antwoord
FIGUUR 5a: Ja, die kunstenaar het 'n suksesvolle boodskap oorgedra. Hulle
verteenwoordig die stakende mynwerkers wat deur die polisie geskiet is
gedurende die eerste gewelddadige skermutseling by die Lonmin myn in
Marikana in die Noordwes provinsie op 16 Augustus 2012. Gunn-Salie se werk is
'n duidelike, lewensgrootte herinnering aan mense oral, dat dit nie saak maak wie
in beheer is nie, die mense nooit vergeet mag word nie. Deur die lied, Senzenina,
in die installasie te gebruik, impliseer hy dat hy ontmoedig en teleurgesteld is in
die nuwe demokrasie. Dit word beskou as 'n lied van
sabotasie/weerloosheid/verlorenheid. Die lied beteken “Wat het ons gedoen”.
Die klankbaan het geweerskote in die agtergrond. Die die sterk realitiet van die
klere en skoene is voorstellend van regte mense.
FIGUUR 5b: Agora beteken publieke plekke wat voorstel dat mense die
oortreder in die publiek ontmoet. Die kunstenaar was ook suksesvol in die oordra
van 'n sterk boodskap. Agora beteken die samekoms van mense, wat impliseer
dat mense saamdrom gedurende 'n tyd van onsekerheid. Hierdie torso's beweeg
in verskillende rigtings terwyl ander geanker is op dieselfde plek asof hulle mense
sonder doel of rigting is. (7)
5.2 Argumenteer watter werk is meer suksesvol in die oordra van hulle boodskap?
Kandidate moet redes gee vir hulle antwoord. Geen punt sal toegeken word om
net FIGUUR A OF B te antwoord nie. Die antwoord moet gerugsteun word deur 'n
geldige argument. Oop-einde vrae laat die kandidaat toe om ‘n verskeidenheid
inligitng te gee op voorwaardedatdie inligitngafleibaar is ennieherhaalwordnie. (3)
5.3 Kandidate moet enige TWEE multimedia en/of nuwe media kunswerke analiseer.
Kandidate kan twee kunswerke bespreek van dieselfde kunstenaar sowel as (10)
internasionale media [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Ons dra almal maskers wat deel geword het van ons identiteit
Maskers het 'n lang geskiedenis van beide seremoniële en praktiese doeleindes. 'n
Masker vermom 'n mens se identiteit om 'n nuwe persoonlikheid of rol aan te neem.
Kandidate moet interpreteer hoe die masker identiteit versteek in FIGUUR 6a (stil foto
van 'n opvoeringstuk) deur na die volgende te verwys:
• Komposisie
In FIGUUR 6a word vyf menslike figure uitgebeeld wat na die kyker kyk. Hulle
staan regop met hulle hande langs hulle lyf. Die middelste figuur is effens meer
vorentoe geplaas as die ander vier figure. Simmetriese komposisie. Kontras
tussen eenvoudige en getekstureerde (Luiperd motief) kleredrag.
• Agtergrond/plasing:
Daar is beelde van tradisionele vroulike figure wat bo-oor die herhalingspatroon
geplaas is.
• Verwantskap/skakel tot identiteite
In FIGUUR 6a plaas die kunstenaar vier Afrika gemaskerde figure agter 'n figuur
geklee in 'n Westerse tier-bedrukte pak klere teen die agtergrond met Afrika-
patrone en -versierings.
• Kostuums/kleur
In FIGURE 6a dra die vier figure wit klere en maskers – hulle mag gesien word
as mense sonder individuele identiteit en almal dieselfde is of om geneutraliseerd
te wees of geïgnoreer te wees. Die wit klere die stel voor en simboliseer wat na ‘n
kerk toe gedra word.(reinheid). Hulle gee voor om puristies agter hulle masker te
wees terwyl hulle ware Afrika identiteit agter hulle na hulle kyk. Die figuur in die
voorgrond is geklee in Afrika drukwerk wat kontrasteer teen die figure agter haar.
Die donker herhalingspatroon teen die muur is verwant aan die kostuum van die
hooffiguur. Haar klere het spatsels bloue en sepia/bruine wat in die agtergrond se
patroon, direk bo-kant haar kop, invloei wat haar superioriteit beklemtoon.
• Moontlike boodskap/betekenis
FIGUUR 6a: Hy het 'n unieke visuele styl geskep wat populêre kulture kombineer met
bitsige satiriese kritiek van die kontinent se post-koloniale leierskap en politieke
agendas. Hy plaas verskillende aspekte van ons geskiedenis in een oomblik in tyd.
Mense is vasgevang tusen Afrika en Westerse geloof en tog kom voor as rigiede
Christene. Die kontras tussen die middelste en ander figure stel vvor die konflik tussen
tradisionele geloofsisteme en moderne Afrikanisme wat altwee deel is van jong Afrikane
se identiteit.
• Kandidate moet TWEE Post- 1994 Suid-Afrikaanse kunswerke bespreek wat 'n
spesifieke identiteit versteek of blootstel. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Geslagsrolle wat gedefinieër word deur die samelewing word bevraagteken deur die
Meksikaanse kunstenaars Fabián Cháirez en La Suerte.
7.1 Kandidate moet hulle opinies gee oor watter FIGUUR hulle oorweeg om
tipiese voorstellings van manlikheid en vroulikheid te wees? Hulle moet hulle
opinie ondersteun deur die TWEE kunswerke te bespreek. Hulle mag verwys
na die volgende:
Moontlike beweegredes
FIGUUR 7a: Deur die figuur teen 'n muur in 'n spesifieke agtergrond te plaas,
maak die boodskap meer kragtig en bereik meer kykers. Die kunstenaar het
gekies om die die vroulike figuur teen die muur voor te stel om mense bewus
te maak dat nie nodig is vir alle vroue om mooi te wees en die perfekte
liggaamsverhoudings, soos gesien kan word in die media, te hê nie. Die beeld
kan haar manier wees om die stereotipering van die vroulike liggaam te
weerlê.
Nasieners kan enige ondersteunde antwoorde aanvaar
FIGUUR 7b: Die kunstenaar beeld die leunende figuur uit in 'n sensuele
houding. Hierdie is nie die manlike voorstelling nie, in plaas daarvan is die
figuur teer, weerloos en nogal vroulik uitgebeeld. Fabián poog om manlikheid
te herdefinieer deur sy skildery deur mans uit te beeld as vroulike wesens , hy
bevraagteken die giftige geslagsrolle wat diep ingegroef is in die samelewing
en smeek die kyker om hulle persepsies uit te daag. Sy werk funksioneer as
'n kragtige kommentaar.
.
Nasieners kan enige ondersteunde antwoorde aanvaar
• Uitbeelding van die figure
FIGUUR 7a: 'n Vroulike figuur, geklee in rooi-pers swemdrag, is 'n
muurskildery, teen 'n vervalle muur van 'n ou gebou. Die muur vorm die
agtergrond. 'n Simbool van 'n vis en die kunstenaar se handtekening is
aangebring net onderkant die figuur. Die figuur is frontaal en kom voor asof
sy val met haar hande en voete wat gebuig is in 'n ongemaklike posisie. Die
arms is bo-kant haar kop gelig. Die houding van die figuur vul die spasie
suksesvol. Dis ‘n liggaam is uitgesprei en sonder grasie en nie tipies van ‘n
vrou nie. Dit is meeer sosiaal aanvaarbaar vir ‘n vrou om haar liggaam toe te
hou. Lyne om die bene, arms, gesig en nek kan los vlees aandui. Die
kunstenaar beklemtoon die konsep van vlees tot die uiterste deur definitiewe
vloeiende lyne te gebruik wat die voue van die liggaam voorstel wat dalk haar
manier is om die stereotipering van die vroulike liggaam te ontken. Die figuur
het ‘n derde oog. Dit leen aan die figuur ‘n esoteriese of spirituele
bewuswording.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 7b: Die figuur is voorgestel op 'n teatrale manier en kom voor asof
hy slaap. 'n Naak manlike figuur lê slapende op 'n pienk sy lap/drapeersel.
Die pienk laken is versier met wit liniêre geblomde patrone wat soos
borduurwerk lyk. Groot pienk rose bedek die laer deel van die liggaam en
gedeeltes van die kop. Die voorgrond is bedek met doringagtige kaktus plante
wat kontrasteer met die sagte vroulike beelde. Twee klein voëltjies (Kolibrie)
hang oor die figuur asof hulle suiker of heuning soek. Die agtergrond word
gedomineer deur 'n blou nag-hemelruim, gevul met klein wit sterretjies
• Kleur
FIGUUR 7a: Die figuur se rooi/pers swembroek (kostuum) en hare
kontrasteer teen die wit muur. Die ledemate is in 'n ligte vlees tint geverf wat
die depressiewe omgewing verhelder.
FIGUUR 7b: Die vroulike kersierooi ('cerise') pienk, sy-drapeersel, kontrasteer
met die blou van die nag-hemel. Die wit kleure in die voëls, sterre en
borduurwerk versag die helder kleure van die lug en drapeersel. Die
groen/bruin kaktus komplimenteer en kontrasteer die gladde drapering.
• Styl en tegniek
FIGUUR 7a: Die figuur is verwronge en gestileerd, 'n styl baie keer gebruik in
muurskildering. Die eenvoudige, vloeiende lyne skep die voue van die vlees
van die liggaam. Hierdie tegniek het 'n naïewe benadering tot gevolg. Die
figuur kom komies en spitsvondig voor.
FIGUUR 7b: Die skildery is naturalisties met geen sigbare kwashale, skep 'n
amper fotografiese afbeelding. Die ‘Starry Night’ agtergrond skep ‘n (8)
droomagtige surrealistiese gevoel. Die katus plante simboliseer die risikos
wat geneem word wanneer ware self/gevoelens gevolg word in die
dominerende manlike wêreld. Daar is ‘n kombinasie van die 18e eeu se
naturalisme deur die baie egalige kwashale en moderne surrealisme.
7.2 Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars wat hulle
bestudeer het bespreek, wat kommentaar lewer oor geslagskwessies. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Patricia Piyani se gebrek aan opleiding het haar geïnspireer om ‘n geleentheid te
skep vir ordentlike opleiding vir die kinders in haar gemeenskap. Sy het die
Silindokuhle Pre-school in Port Elizabeth gestig wat gekonstrueer is uit herwonne en
teruggewonne materiale. Dit is deur die gemeenskap gebou, met lokale materiale
soos hardebordhouers, wynbottels, houtpalette, skaatsplanke en geriffelde plastiese
velle, en verwerf ‘n SAIA toekeniing vir innoverende geboue, vir volhoubare
argitektuur.
Gegewe inligting: Volhoubaarheid in argitektuur verminder die negatiewe impak van
geboue op die omgewing deur die doeltreffendheid en matigheid in die gebruik van
materiaal, energie en ontwikkelingsruimte en die ekosisteem.
8.1 Kandidate moet staaf waarom die SAIA toekenning vir innoverende geboue
vir volhoubare argitektuur toegeken is aan die Silindokuhle Pre-school.
• Gebruik van materiale
Die hergebruik van bestaande strukture motiveer mense om weggooi
materiale te herwin/terugwin. Op die lang duur, sal dit 'n impak op die
omgewing hê soos wat minder afval onder die grond en in die oseane
beland. Afval kan baie keer opgegradeer word om 'n nuwe funksie te hê.
Plastiese en glas bottels is maklik verkrygbaar aangesien hierdie die meeste
gevonde materiale op die ashope is. Hout palette wat gebruik word om swaar
toerusting te vervoer word baie keer weggegooi deur maatskappye maar kan
nog steeds gebruik word as 'n funksionele bou- materiaal. Plastiese- en glas
bottels kan gevul word met enige opgetelde objekte soos papier, plastiese
sakke, stukkies gebreekte materiale en sand. Hierdie word gebruik as bou
blokke/bakstene.
• Volhoubaarheid
Deur verskillende gekleurde glasbottels te gebruik, laat dit lig toe in die
gebou. Die verskillende kleure skep kreatiewe gereflekteerde patrone van lig
binne in die gebou. Die bottels word gebruik as 'n plaasvervanging vir
vensters. Herwonne glas en plasties is sterk en duursaam wat nie gereelde
onderhoud vereis nie. 'n Gebou soos hierdie kan uiterste temperature
weerstaan.
• Funksionaliteit
Die gebou funksioneer goed as 'n voor-skool aangesien kinders 'n warm en
veilige plek nodig het om met aanvangsonderrig te begin. Dit is bereik deur
die gebruik van materiale soos glasbottels en 'n geriffelde plastiese dak. Dit
laat daglig deur en die houtstrukture en teruggewinde materiale is warm,
waterdig en volhoubaar. Teruggewonne plastiese kratte funksioneer as
blombeddings en groentetuine, wat voedsel kan voorsien vir die kinders.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Ontwerp
Dit is 'n Post-modernistiese gebou wat bestaan uit 'n kreatiewe dak wat 'n
illusie van beweging by die kyker skep. Dit is 'n oop-plan ontwerp met 'n
klomp sigbare houtpalette en glaspanele. Houtrame en houtpale is nie net
dekoratief nie maar ook funksioneel aangesien dit die struktuur van die mure
en die dak ondersteun. Die helling van die geriffelde plastiese dak sorg vir
die opgaar van reënwater wat weer in die vrugte- en groentetuine, asook op
die grasperk gebruik word.
• Bou innovering/s
Die ontwerp van die gebou kan dien as die oplossing van die
behuisingsprobleem in Suid-Afrika. Die bekostigbare plan kan opgerig word
deur die gemeenskap. 'n Ontwerp soos hierdie kan in stand gehou word teen
'n lae koste aangesien materiale maklik vervang kan word. Hierdie
innoverende gebou sal mense onderrig in die moontlikhede van die gebruik
van herwonne- en teruggewonne materiale. (8)
8.2 Kandidate moet TWEE Suid-Afrikaanse argitektoniese geboue/strukture wat
hulle bestudeer het analiseer, deur die volgende te bespreek:
Enige periode/geboue kan bespreek word.
• Invloede
• Innoverende ontwerp
• Boumateriale en konstruksiemetodes
• Volhoubaarheid
• Impak op die omgewing
• Funksionaliteit (12)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper