Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2019
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 7Gender Issues in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
Gebruik van die korrekte kunsterminologie
Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
NIE.
9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2019
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2019
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Die Amerikaanse kunstenaar, John Biggers, en die Suid-Afrikaanse kunstenaar,
Helen Sebidi, toon albei die geswoeg en swaarkry in die alledaagse worsteling om te
oorleef.
1.1 Vergelyk die moontlike betekenisse en boodskappe in FIGUUR 1a en 1b.
Verwys na die volgende:
Plasing van die figure in hulle spesifieke agtergronde
Kleur, vorm en lyn
Komposisie
Perspektief (10)
1.2 Bespreek TWEE kunswerke deur enige Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat
deur hulle omgewing beïnvloed is.
Sluit die volgende by jou antwoord in:
Onderwerp
Gebruik van lyn, vorm en kleur
Sosiale/Kulturele invloede
Styl
Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
Onteiendes: Ontneem van grond, eiendom of besittings
Versamelaars: Mense wat bymekaarmaak/versamel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 1a: John Biggers, The Gleaners (Die Versamelaars), olie op doek, 1943.
FIGUUR 1b: Helen Sebidi, The Dispossessed (Die Onteiendes), akrielverf op doek, 2011.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Helen Sebidi en Wangechi Mutu het albei kunswerke geskep wat kenmerkend van
Afrika is.
2.1 Stem jy saam met die stelling hierbo of verskil jy daarvan?
Verduidelik jou antwoord deur na die volgende te verwys:
Spesifieke Afrika-invloede
Antieke en/of futuristiese siening van Afrika
Kunselemente
Materiaal en tegnieke
Styl (10)
2.2 Bespreek TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke deur verskillende kunstenaars
wie se werke Afrika- visuele beelde en/of -simbole insluit.
Gebruik die volgende riglyne in jou opstel:
Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en/of -simbole
Onderwerp
Lyn, vorm en kleur
Styl
Tegnieke/Materiaal
Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 2a: Helen Sebidi, The Spirit Guides Her towards Marriage
(Die Gees Lei Haar na Die Huwelik), olie op doek, 2015.
FIGUUR 2b: Wangechi Mutu, In Killing Fields Sweet Butterfly Ascends
(In Moordvelde Styg Soete Skoenlapper), ink, collage, papier, 2003.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
In FIGUUR 3a en 3b gee die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Willie Bester, 'n narratiewe
siening van die onregte wat aan die mense in informele nedersettings gedoen word.
3.1 Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n paragraaf waarin jy jou persoonlike
interpretasie van FIGUUR 3a OF FIGUUR 3b gee. (6)
3.2 Bespreek die kunswerk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy
bestudeer het wat sosiale en/of politieke kwessies weerspieël.
Skryf 'n opstel waarin jy op die volgende reageer:
Kunselemente
Visuele beelde gebruik
Media en tegniek
Styl
Moontlike boodskappe/betekenisse (14)
[20]
Interpreteer: Analiseer ('n gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
elemente van kuns) en evalueer (om 'n ingeligte opinie te gee)
Narratief: Storielyn
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 3a: Willie Bester, Necklace Murder (Halssnoermoord), ink-was-collage, 1989.
FIGUUR 3b: Willie Bester, Laws on Co-operation and Development II (Wette oor
Samewerking en Ontwikkeling II), waterverf en collage, 2009.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Suid-Afrika is 'n baie oorvloedige en kleurvolle land ten opsigte van kuns en kunsvlyt
en is gedurig besig om homself te herskep.
4.1 Kies enige TWEE kunswerke (FIGURE 4a tot 4d) en bespreek hoe hierdie
kunsvlyte herskep is deur na die volgende te verwys:
Patroon en kleur
Tegnieke
Funksie van die kunswerk (8)
4.2 Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunsvlytkunstenaars en/of
geestelike kunstenaars wat deur hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is.
Gebruik 'n paar van die volgende riglyne in jou opstel:
Invloede en inspirasie
Kunselemente
Gebruik van materiaal en tegnieke
Funksie en/of boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 4a: Die Afrika-kunssentrum, FIGUUR 4b: Die Afrika-kunssentrum, Appliek
Ilalapalm-mandjies, palm, gras en kleursel (geborduurde paneel) van Ukugqula Umbila
(gemaak om Zoeloe-bier in te stoor), datum (stamp van mielies/koring)
onbekend. deur die Ntokozo-groep, 2004.
FIGUUR 4c: Die Afrika-kunssentrum, FIGUUR 4d: Laduma Ngxokolo, Mother
Telefoondraadmandjiewerk, draad. Hierdie Tongue (Moedertaal), foto van gebreide
vlyt het waarskynlik sy oorsprong in die mansdrag deur MAXHOSA, deur tradisionele
1950's in KwaZulu-Natal gehad. Xhosa-kralewerk geïnspireer,
datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Die kunstenaar, Haroon Gunn-Salie, wat in Kaapstad gebore is, het 'n installasie van
17 figure geskep deur gemengde media te gebruik. Dit het 'n gepaardgaande
klankbaan, wat hy Songs for Sabotage (Liedere vir Sabotasie) noem. Die figure
verteenwoordig die stakende mynwerkers wat op 16 Augustus 2012 deur die polisie
tydens die eerste gewelddadige botsing by die Lonmin-myn in Marikana geskiet is.
Hulle het begin om Senzenia te sing net voordat die skietery begin het.
Die Poolse kunstenaar, Magdalena Abakanowicz, het 'n installasie van 106 drie meter
hoë 'liggame' geskep wat die gruwels gedurende die Tweede Wêreldoorlog uitbeeld.
Deur dit in 'n openbare ruimte te plaas, kan gewone mense daarmee kontak hê.
5.1 Vergelyk FIGUUR 5a met 5b deur die volgende in aanmerking te neem:
Waarom, dink jy, het die kunstenaar gekies om die onvoltooide figure uit
te beeld?
Waarom het die kunstenaars in beide installasies gekies om herhalende
figure te gebruik?
Hoe sou jy die styl van die figure en die impak wat hulle op die kykers
het, beskryf?
Dink jy dat die kunstenaars hulle boodskap suksesvol oorgedra het? Gee
redes vir jou antwoord. (7)
5.2 Watter kunswerk is meer suksesvol in die oordrag van sy boodskap? Gee
redes vir jou antwoord. (3)
5.3 Analiseer enige TWEE multimedia en/of nuwemedia-kunswerke. (10)
[20]
Analiseer: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente van
kuns
Senzenina: 'Wat het ons gedoen?' in Xhosa en Zoeloe
Agora: 'Plek van samekoms' in Grieks
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 5a: Haroon Gunn-Salie, Senzenina, installasie in gemengde media, 2018.
FIGUUR 5b: Magdalena Abakanowicz, Agora, gietyster,
Grant Park, Chicago, VSA, 2016.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Ons almal dra maskers wat van ons identiteit deel word.
Maskers het 'n lang geskiedenis vir beide seremoniële en praktiese doeleindes.
'n Masker vermom 'n mens se identiteit om 'n nuwe persoonlikheid of rol aan te neem.
Interpreteer hoe die masker identiteit vermom in FIGUUR 6a (stilfoto uit 'n
opvoeringstuk) deur na die volgende te verwys:
Komposisie
Agtergrond/Plasing
Verwantskap/Skakel met identiteit
Kostuums/Kleur
Moontlike boodskap/betekenis
Bespreek TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke ná 1994 wat 'n spesifieke identiteit
vermom of blootstel. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou
15
NSS
Downloaded from hlayiso.com
FIGUUR 6a: Kudzani Chiurai, We Live in Silence 1 (Ons Leef in Stilte 1), foto/stillewe
Blaai om asseblief DBE/November 2019
van die multimedia-opvoering, 2017.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Geslagsrolle wat deur die samelewing gedefinieer word, word deur die Meksikaanse
kunstenaars, Fabián Cháirez en La Suerte, bevraagteken.
7.1 Dink jy dat FIGUUR 7a en 7b tipiese voorstellings van manlikheid en
vroulikheid is? Motiveer jou opinie deur die TWEE kunswerke te bespreek.
Verwys na die volgende:
Uitbeelding van die figure
Kleur
Styl en tegniek (8)
7.2 Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wat in hulle werke
op manlikheid en vroulikheid kommentaar lewer. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 7a: La Suerte, titel onbekend, muurskildery in 'n agterbuurt, 2015.
FIGUUR 7b: Fabián Chairéz, El Jardin De Las Delicias, (uit die reeks Die Tuin van
Genot), olie op doek, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Patricia Piyani se gebrek aan opleiding het haar geïnspireer om 'n geleentheid te skep
vir behoorlike opleiding vir die kinders in haar gebied. Sy het die Silindokuhle
Preschool (Voorskool) in Port Elizabeth gestig wat met herwonne en teruggewonne
materiaal gebou is. Dit is deur die gemeenskap met plaaslike materiaal, soos
kartonhouers, wynbottels, houtpalette, skaatsplanke en geriffelde plastiekvelle gebou,
en het 'n SAIA-toekenning vir innoverende bouwerk vir volhoubare argitektuur ontvang.
8.1 Regverdig waarom die SAIA-toekenning vir innoverende bouwerk vir
volhoubare argitektuur aan die Silindokuhle Preschool toegeken is deur die
volgende te bespreek:
Gebruik van materiaal
Volhoubaarheid
Funksionaliteit
Ontwerp
Innoverende bouwerk (8)
8.2 Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse argitektoniese geboue/strukture wat jy
bestudeer het deur die volgende te bespreek:
Invloede
Innoverende ontwerp
Boumateriaal en konstruksiemetodes
Volhoubaarheid
Impak op die omgewing
Funksionaliteit (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2019
NSS
FIGUUR 8a: Collectif Saga, Silindokuhle Preschool, Port Elizabeth, Suid-Afrika, 2018.
FIGUUR 8b: Collectif Saga, bouproses FIGUUR 8c: Collectif Saga, 'n blik op die
van Silindokuhle Preschool. interieur van die klaskamer.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum