You're offline
Skip to content
Question paper

Visual Arts P1 May June 2021 Afr hlayiso.com

Subject: Visual ArtsGrade 12201919 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN VISUELE KUNSTE V1 2021 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:  Gebruik van die korrekte kunsterminologie  Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks  Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou. 8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek NIE. 9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning.  6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy  10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)  20 punte: 'n minimum van 2 bladsye 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/2021 SS/NSS LAAT HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/2021 SS/NSS BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Gerard Bhengu het gefokus op sy onmiddellike omgewing as 'n bron van inspirasie, waar hy alledaagse tonele vasgevang het. 1.1 Analiseer FIGUUR 1a krities in 'n opstel. Gebruik die volgende riglyne:  Bespreek die elemente van kuns (lyn, kleur en tekstuur)  Identifiseer die fokuspunt en gee 'n rede vir jou antwoord  Bespreek hoe die kunstenaar perspektief skep  Styl/Tegniek (10) 1.2 Baie kunstenaars het hulle plekke, ondervindings en alledaagse lewe deur hulle kunswerke aangeteken. Bespreek die kunswerke van enige TWEE kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) in 'n opstel. Noem die name van die kunstenaars en die titels van die kunswerke. (10) [20] Isangoma: Suid-Afrikaanse tradisionele geneser Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 Kopiereg voorbehou 5 SS/NSS Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 1a: Gerard Bhengu, Consulting the Isangoma (Raadpleeg die Isangoma), waterverf op papier, c.926–1936. Blaai om asseblief DBE/2021
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Sang, dans en musiek is deel van 'n mens se kultuur en tradisie. Mahlangu verken sy Afrika-erfenis as inspirasie vir sy skilderye terwyl Picasso drie verwronge figure in 'n dansopvoering gebruik. 2.1 Vergelyk FIGUUR 2a met FIGUUR 2b deur na enige VIER van die volgende te verwys:  Kleur  Komposisie  Ritme/Beweging  Invloede  Styl (10) 2.2 Skryf 'n kort opstel oor EEN kunstenaar se werk wat Afrika-erfenis verken. Noem die kunstenaar en titel van die kunswerk. Verwys na TWEE kunswerke. Oorweeg die volgende in jou antwoord:  Onderwerp  Formele kunselemente  Invloede van Afrika en/of inheemse kunsvorme  Media (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/2021 SS/NSS FIGUUR 2a: Speelman Mahlangu, Dancing Figures (Dansende Figure), olie op papier, 1984. FIGUUR 2b: Pablo Picasso, Three Dancers (Drie Dansers), olie op doek, 1925. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Swaargepantserde voertuie van die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte was dikwels gedurende die 1980's in baie townships teenwoordig. Paul Sibisi beeld sy ondervindinge hiervan in die Umkhumbane-township, KwaZulu-Natal uit, terwyl Zan Louw haar waarneming in Langa, Kaapstad, uitbeeld. 3.1 Vergelyk FIGUUR 3a en FIGUUR 3b deur op die volgende te reageer:  Emosionele kleur  Lewer kommentaar op die figure in beide kunswerke  Gepastheid van die titels  Die gebruik van lyn en die doeltreffendheid daarvan (10) 3.2 Skryf 'n opstel waarin jy die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) bespreek wie se werk weerstand teen 'n samelewing en/of politieke sisteem weerspieël. Gebruik die volgende riglyne:  Bespreek hoe die onderwerp en die komposisie gerangskik is  Invloed(e)  Media en tegniek  Die intensie/bedoeling van die kunstenaar. Wat probeer hy/sy/hulle oordra? (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/2021 SS/NSS FIGUUR 3a: Paul Sibisi, Stop it now!! Now!! (Stop dit nou!! Nou!!), ink op papier, 1986. FIGUUR 3b: Zan Louw, Bunghastraat Langa, monodruk op papier, 1986. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Baie kunstenaars druk hulle eie interpretasie van geestelikheid uit en beeld sodoende soms vereenvoudigde en verwronge afbeeldings uit. Hulle werk is eerlik, met duidelike boodskappe, wat hulle ware geloof weerspieël. 4.1 Bespreek FIGUUR 4a en 4b, en skryf 'n paragraaf waarin jy na sommige van die volgende verwys:  Die gebruik van lyn en tekstuur in die beeldhouwerke  Hoe die kunstenaar beweging in die beeldhouwerke oordra  Die uitdrukking op die gesigte van die figure in beide kunswerke  Hoe die kunstenaars verwringing in beide kunswerke gebruik het (8) 4.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt en/of geestelike werke van landelike Suid-Afrika skep. Verwys na die volgende riglyne:  Invloede  Media en tegnieke  Moontlike betekenis/doel/funksie  Hoe hierdie kunswerke/kunsvlyte/geestelike werke tot die samelewing bydra. Bespreek jou antwoord breedvoerig. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 Kopiereg voorbehou 11 SS/NSS Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 4a: Jackson Hlungwani, Angel (Engel), FIGUUR 4b: Sydney Khumalo, Moses and disciples Blaai om asseblief uit hout gekerf (59 cm x 62 cm), datum onbekend. (Moses en dissipels), (47 cm x 64 cm) bronsbeeld, 1970. DBE/2021
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA Die kunstenaar, Sigalit Landau, het besluit om 'n swart rok in die Dooie See te dompel. Die swart rok het vir twee maande onder die soutryke water gelê. Die projek is 'n fotografiese reeks van agt dele waarin die kunstenaar die geleidelike proses van soutkristallisering vasvang. Deur te verwys na die visuele bronne in FIGUUR 5a en 5b, skryf 'n opstel waarin jy die punte hieronder bespreek.  Hoe het die rok oor 'n tydperk van twee maande getransformeer/verander? Motiveer jou antwoord.  Lewer kommentaar op die oorspronklike styl van die rok en die simbolisme wat geskep is.  Hoekom het die kunstenaar die kristalliseringsproses gedokumenteer?  Is die werklike onderwaterbeeld meer effektief as die reeks foto's? Motiveer jou antwoord.  Dink jy dit is 'n gepaste van titel vir die werk. Motiveer jou antwoord.  Bespreek die werk van EEN Suid-Afrikaanse multimedia- en/of nuwe mediakunstenaar. [20] Kristallisering: Dit is die proses waartydens vaste stowwe gevorm word wanneer die atome en molekules in 'n struktuur, bekend as 'n kristal, gerangskik word. Dooie See: Die Dooie See is 'n soutwatermeer wat tussen Israel en Jordanië in die Midde-Ooste geleë is. Die soutwatermeer het 'n hoë sout- en mineraalinhoud en is bekend as die laagste punt op Aarde. Geen plante of diere kan in hierdie meer leef nie omdat dit amper tien keer meer sout as gewone seewater bevat. Die Dooie See is ook 'n toeriste-aantreklikheid bekend vir heling/afskilfering van die vel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/2021 SS/NSS FIGUUR 5a: Sigalit Landau, Salt Bride (Soutbruid), reeks foto's (163 cm x 109 cm) van die proses van soutaangepakte swart rok in die Dooie See, 2014. FIGUUR 5b: Detail van soutbeeldhouwerk wat na afloop van die proses uit die Dooie See gehaal is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 'I wanted to paint something that they would feel belongs to them' –Faith 47 (Ek wou iets skilder wat hulle sou voel aan hulle behoort' – Faith 47) Die Warwick Junction-mark word dikwels as 'n 'gevaarsone' beskou, maar die muurskilderye vier nou die identiteit van die handelaars van die mark deur hulle beelde op die ondersteunende pilare van die brug te monumentaliseer. 6.1 Verwys na die stelling hierbo en bespreek in 'n opstel hoe die kunstenaar sosiale identiteit deur die muurskilderye in FIGUUR 6a–6d uitgebeeld het. Verwys na die volgende:  Hoe hierdie muurskilderye die handelaars se identiteite weerspieël  Die gebruik van kleur, patroon, simbole en kleredrag  Stemming of atmosfeer wat hierdie muurskilderye skep  Die effektiwiteit van die afbeeldings op die pilare van die brug. Verduidelik jou antwoord. (8) 6.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) wat identiteit in 'n demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing ondersoek. Benoem die kunstenaars en die titel van die kunswerke. Verwys na die volgende riglyne:  Beeldgebruik  Uitbeelding van identiteit  Styl en tegnieke  Betekenis/Boodskappe (12) [20] Monumentaal: Kolossale/Enorme skaal of meer as lewensgroot. Gee erkenning aan en vereer persone van belang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/2021 SS/NSS FIGUUR 6a-d: Faith 47, Warwick Driehoek- muurskildery, foto van muurskildery deur Kierren Allen en Mark Edwards, Durban, Suid-Afrika, 2014. Die portrette toon die handelaars van die mark. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID 7.1 Die liggaams houdings van die vrouens in FIGUUR 7a–7c vertel baie verskillende stories. Bespreek hierdie stelling deur na die volgende te verwys:  Kleur  Liggaamstaal/-houding  Stemming/Atmosfeer  Boodskap/betekenis (10) 7.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke bespreek wat kommentaar lewer oor stereotipiese persepsies van geslag. Noem die kunstenaar en titel van die werk. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/2021 SS/NSS FIGUUR 7a: Melissa Huang, Melissa, olie op doek, 2012. FIGUUR 7b: Loyiso Mkize, Inyanga FIGUUR 7c: Boyce Magandela, Nthabiseng neenkwenkwezi (The moon and stars) (Die (The Basotho Queen (Die Basotho- maan en die sterre), koningin), akriel op kombers olie op doek, datum onbekend. (die kombers word as 'n skilderdoek gebruik), 2017. (*Nthabiseng: maak my gelukkig) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Soos wat boutegnieke en tegnologie verander, so word meer kreatiewe strukture gebou. Die skraal, gewapendebetondak van die kapel gee die gebou sy vloeibaarheid, wat die krulle van die 'holbol'-gewels wat tipies van alle Kaap-Hollandse huise is, komplementeer. 8.1 Skryf 'n paragraaf oor FIGUUR 8a, 8b en 8c waarin jy na die volgende verwys:  Bespreek die ooreenkomste tussen FIGUUR 8a en 8b.  Beskryf die lineêre effek wat op die geboue geskep is  Verduidelik hoe die ontwerp van die gebou in FIGUUR 8a en 8c by die omgewing inskakel. Motiveer jou antwoord.  Lewer kommentaar op die vensters in FIGUUR 8a, 8b en 8c. (8) 8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat jy bestudeer het. Noem die argitek en titel van die gebou/struktuur. Oorweeg sommige van die volgende in jou antwoord:  Lokalisering/Plek  Funksie/Doel  Invloede  Materiaal gebruik  Ontwerp en styl (12) [20] Gewel: Dit is die dekoratiewe verskynsel bokant die voordeur. Holbol: Dit het 'n binnetoe-buitentoe simmetriese kurwe wat verwys na 'hol', en bol (bal) waarvandaan die gewel sy naam gekry het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/2021 SS/NSS Holbol- gewel FIGUUR 8a: 17de eeu, Kaaps-Hollandse Huis met grasdak, foto deur Janet Davis. FIGUUR 8b: Steyn Studio en plaaslike argitekte TV3, Bosjes-kapél (kerk), Kaap, 2016. FIGUUR 8c: Steyn Studio en plaaslike argitekte TV3, Bosjes-kapel (kerk), Wes-Kaap, Suid-Afrika, 2016. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Visual Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all