You're offline
Skip to content
Question paper

Visual Arts P1 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Subject: Visual ArtsGrade 12201920 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN VISUELE KUNS V1 (TEORIE) 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 2 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word:  Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee.  Gee krediet vir laterale denke.  Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. 6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS  Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees.  LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.  Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.  Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.  Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 3 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES  Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, 7 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. Uitstekend  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. 80–100%  Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.  Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, 6 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te Verdienstelik lewer. 70–79%  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip.  Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, 5 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. Aansienlik  Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- 60–69% terminologie.  Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.  Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, 4 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. Gemiddeld  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. 50–59%  Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.  Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, 3 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar Bevredigend te lewer. 40–49%  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.  Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, 2 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar Elementêr te lewer. 30–39%  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.  Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, 1 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar Nie behaal nie te lewer. 0–29%  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 4 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas. BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN VERRYSENDE KUNSTENAARS Gerard Bhengu het op sy onmiddellike, omringende omgewing gefokus as 'n bron van inspirasie, waar hy alledaagse tonele vasgevang het. 1.1 Kandidaat moet krities die kunswerk in FIGUUR 1 analiseer en 'n opstel skryf deur die volgende riglyne te gebruik:  Kandidate moet die elemente van kuns bespreek (Lyn, kleur en tekstuur) Lyn – Die vertikale lyne van die riete en pale word gebruik om 'n heining/gras muur te skep in die agtergrond. Horisontale lyne wat deur die dwarspale van die heining voorgestel word skep perspektief. Die oneweredige horisontale lyne om die gras van die hut skep vorm. Die figure is nie omlyn nie. Kleur is lokaal of natuurlik wat verskeie toonwaardes van bruin, roes olyfgroen en blou aantoon. Die rooierige bruine kontrasteer met die blou lug. Die oranje mat komplimenteer die groen bome. Die warm kleure teen die koel agtergrond skep diepte. Swart toonwaardes is gebruik om skadu's te skep. Die gespikkelde kleure op die grond reflekteer die lug en skuif die warm kleure vorentoe. Tekstuur – Die nagebootste tekstuur word waargeneem op die grofheid van die hooi- en die grasmuur. Die tekstuur is blink en glad op die vel. Sekere dele van die gesig en die liggaam kom geplooid en gespierd voor deur die versigtige hantering van die toonwaardes in daardie areas. Tekstuur is ook aangedui op die voue van die klere en die materiaal van die kombers kom sag voor. Die blare lyk asof dit grof is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 5 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Identifiseer die fokuspunt en verskaf 'n rede vir jou antwoord. Die Isangoma in sy tradisionele kleredrag is die fokuspunt van die skildery. Hy is geïsoleer van die ander twee figure, en ook maak sy handgebare en die hooi agter hom, hom meer dominant as die res van die komposisie. Die Isangoma is aktief besig om te praat terwyl die ander twee figure in stilte luister.  Hoe die kunstenaar perspektief skep Dit is geskep deur die plasing van die drie mans in die middelgrond van die skildery. Perspektief is ook geskep deur die grasmuur en om die bome agter die figure te plaas. Die beeldgebruik agter die drie mans het minder detail. Die gebruik van ligter tonale waardes in die agtergrond skep perspektief. Die figure is groter as die gras heining wat detail verloor en in die agtergrond verdwyn en geleidelik kleiner word en sodoende perspektief skep. Die samevloeiende diagonale lyne van die mat skep 'n illusie van perspektief.  Styl/Tegniek Bhengu is bekend vir sy naturalistiese manier van skilder. Hy vang die figure vas in akkurate, naturalistiese detail. Gladde kwashale word gebruik om die naturalisme te skep. Die gespikkelde waterverf tegniek is gebruik in die grondoppervlakte, lug en bome. (10) 1.2 Kandidate moet een werk van enige TWEE kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) in 'n opstel bespreek. (10) [20] VRAAG 2: SUID AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEḮNVLOED DEUR AFRIKA EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS. Sang, dans en musiek is deel van ‘n mens se kultuur en tradisie. Mahlangu vors sy Afrika erfenis na as inspirasie vir sy skilderye, waar Picasso drie grotesk distorte figure gebruik het in hierdie dans opvoering. 2.1 Kandidate moet FIGUUR 2A met FIGUUR 2b vergelyk deur enige VIER van die volgende te gebruik:  Kleur Ooreenkomste: Primêre kleure, bloue, gele, pienk/rooi (bruine) word gebruik in beide skilderye. Bloue word gebruik in beide se agtergrond wat diepte skep. Warm kleure kontrasteer met koel kleure. Die kleure in beide skilderye skep 'n gelukkige, helder stemming. Verskille: FIGUUR 2a: Die agtergrond is 'n gryserige blou, die figure is geel, en die vloer is bruin/diep pienk. Die bykomstighede is blou, geel en pruim. Swart is gebruik vir die hare en vir patrone op die kralewerk/kleredrag. Die warm geel kontrasteer met die koel bloue in die agtergrond, wat die figure na vore bring. Die dominante geel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 6 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne figure in die voorgrond skakel ineen met die plat vorms in die agtergrond. Swart buitelyne is gebruik om Twee-dimensionaliteit te skep. Die vrolike kleure skep 'n opgewekte stemming. FIGUUR 2b: Primêre kleure is gebruik dwarsdeur die skildery behalwe in die dansende figure wat ligte pienk geverf is. Die plat ligte pienk van die figure kontrasteer met die bloue in die agtergrond. Die swart duidelike buitelyn skep twee- dimensionaliteit. Die geel reghoekige vorm op die vloer skep diepte. Die verspreide, abstrakte rooi vorms skep eenheid in die skildery. Plat kleur areas met patrone dui aan dat dit of 'n gordyn of muurpapier in die agtergrond kan wees. Die wit op die figuur regs kontrasteer met die bruin en swart langsaan, wat dimensie aan die figuur verleen. Die wit skep balans met die wit in die figuur links.  Komposisie Ooreenkomste: Die in beide komposisies dans die figure in 'n ry. Die komposisie is simmetries met eweveel gewig aan beide kante. Die vertikale figure domineer die voorgrond en skep 'n vlak agtergrond. Die komposisie is oorvol en kompak. Beide sentrale figure is die fokuspunt van die skilderye. Verskille: FIGUUR 2a: Landskap vs. horisontale formaat. Drie figure domineer die prentvlak. Die sentrale figuur slaan op 'n drom terwyl die ander twee met hulle hande in die lug dans FIGUUR 2b: Portret vs. vertikale formaat. Die figure hou hande terwyl hulle in 'n ritmiese dans beweeg, elkeen op een been asof hulle mekaar balanseer.  Ritme/Beweging Ooreenkomste: Beide skilderye handel oor energieke dansers met energieke hand- en voet bewegings. Ritme word geskep deur die herhalende beweging van die figure. Verskille: FIGUUR 2a: Die figure word uitgebeeld as n deelname in 'n stamgebonde Afrika dans. Hulle word geïllustreer met hulle voete, stampend op die grond. Die figure aan weerskante van die sentrale figuur word gewys met hulle hande in die lug sonder enige definitiewe gelaatstrekke. Die sentrale figuur speel op 'n drom. Beweging word geskep deur die swaai van die halsnoere van die sentrale figuur. Ritme word vesterk deur die herhaling van die haarstyle en patrone op die klere. Jy kan die ritme van die musiek waarneem en voel deur die gebruik van die kunstenaar se kleur, beeldgebruik en beweging. Die liggaamshoudings met die hande in die lug en die stampende voete dra alles by tot die stemming en atmosfeer van die skildery. Die herhaling van de vloeiende lyne in die voël en die landskap dra by tot die skep van beweging. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 7 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne FIGUUR 2b: Die uitdrukking en die styl geskep deur die kleurgebruik en beweging dra by tot die waansinnige stemming van die dans. Al die figuratiewe vorms en kleure, alhoewel grotesk in voorkoms, dra steeds energie en euforie oor. Die figuur aan die linkerkant het 'n verwronge kop wat in 'n lomp posisie gebuig is wat beweging skep. Die drie figure se bene is opwaarts vanaf die knie gebuig en hulle hou hande vas in 'n dansbeweging.  Invloede: Ooreenkomste: Beide skilderye reflekteer figure met Afrika maskeragtig gelaatstrekke. Hulle beeld 'n energieke dans uit wat ooreenkom met 'n Afrika stamdans. Verskille: FIGUUR 2a: Mahlangu reflekteer sy tradisionele Afrika erfenis in die skildery van 'n Afrika tradisionele dans. 'n Groot Afrika masker is aan die regterkant van die skildery geplaas wat tradisioneel deel is van geloofsisteme. Daar is Afrika patrone op die masker. Die figure is geklee in tradisionele Afrika kledingstukke met kralewerk en geometriese patrone. Die figure dra lendekledingstukke, etniese armbande en krale om hulle enkels. Daar is 'n prent van 'n geel voël wat die danser in die middel oorvleuel. Die inkerwings in die gelaatstrekke kan Afrika gesigte met littekens uitbeeld. FIGUUR 2b: Verwronge gesigte reflekteer die invloed van die Afrika masker. Die vorms van die dansers reflekteer die verlengde verwronge figure tipies van Picasso se kubistiese styl. Daar is donker buitelyne en die fragmentasie van vorm.  Styl Ooreenkomste: Beide kunswerke bevat figuratiewe beeldgebruik wat oordryf, verwring en vereenvoudig is. Hulle is primitief. Vorms is dominant en plat. Verskille: FIGUUR 2a: Oorvleuelende kleure is aangewend in kort, vinnige kwashale. Verwys na ekspressionistiese kwaliteite in die kunswerk. FIGUUR 2b: Hierdie Kubistiese skildery sluit in drie verwringe, verlengde plat voorstellings van drie dansers. Die eerste een aan die linkerkant is skaars sigbaar. Die agtergrond is gevul met hoekige en geometriese vorms i.e. reghoekige deure of vensters. Gelaatstrekke is vereenvoudig tot gestileerde monde, oë en neuse deur die gebruik van sirkels en kolle. Die gelaatstrekke van die oë neuse en lippe kom voor as uitknipsels wat ooreenkom met die papier- uitknipsels van Henri Matisse. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 8 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2 Kandidate moet 'n kort opstel skryf oor EEN kunstenaar se werk wat Afrika erfenis navors, en moet die naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk/e insluit. Verwys na TWEE kunswerke. Kandidate moet die volgende in hulle antwoord oorweeg:  Onderwerp  Formele kuns elemente  Invloede van Afrika en/of inheemse kunsvorms  Media (10) [20] VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERTANDSKUNS VAN DIE 1970'S EN 1980'S Gedurende die 1980’s, was swaardiens gepantserde voertuie van die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte, dikwels deel van die dag-tot-dag lewens van baie township inwoners. Paul Sibisi beeld sy ondervindinge in die township van Umkhumbane , Kwa-Zulu Natal uit, terwyl Zan Louw weergee dit wat sy waargeneem het in Langa, Kaapstad. 3.1 Kandidate moet verwys na die kunswerke in FIGUUR3a en FIGUUR 3b, en mag die volgende in sy/haar vergelyking gebruik:  Emosionele kleur FIGUUR 3a: Die kleur palet is beperk tot swart, wit en rooi. Die agtergrond is hoofsaaklik rooi wat die bloedvergieting in Suid-Afrika kan simboliseer. Die kleur rooi kan ook rewolusie, opstand, haat, militantheid, woede, politieke onruste, angs en bloed simboliseer. Die kleure is vergelykbaar met die kleure van 'n stopteken. Hierdie kleure stel voor 'n gemeenskap wat in stukke gesny is in 'n koorsagtige verwoesting van dood. Swart kan donkerte, dood, boosheid, negatiewe druk, vrees en angs simboliseer. FIGUUR 3b: Swart, gekrabbelde dowwe lyne domineer die kunswerk en skep 'n somber atmosfeer. Die swart kan dood, boosheid, donkerte, terreur, angs, vrees, onrus, worsteling, ongemak voorstel wat 'n swaar, kloustrofobiese gevoel skep. Daar is helder geel in beide van die broeke van die twee figure in die voorgrond en in die motor. Dit staan uit soos 'n padteken (chevron wat geel en swart is asook die rooi en wit band om tonele te versper) om teen gevaar te waarsku. Ooreenkomste: Beide het swart gebruik. Verskille: Die rooi is dominant in FIGUUR 3a terwyl die swart dominant is in FIGUUR 3b. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 9 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Lewer kommentaar oor die figure in beide kunswerke. FIGUUR 3a: Twee lewelose/dooie figure word uitgebeeld wat in die middel van die komposisie in die pad naby die wiele van die voertuig lê. Hulle is slagoffers in die toneel aangesien dit lyk of hulle deur die swaar voertuig omgery is. Links in die komposisie, is twee bystanders wat lyk asof hulle nie belangstel oor die gebeure nie. Die figuur regs van die voertuig lyk asof hy vashou of op die voertuig wil klim. Die oopgesperde hand in die boonste regterkantste hoek van die prentvlak mag simbolies wees van die onrus of kan verband hou met die titel, 'Stop dit nou!' FIGUUR 3b: Vyf soldate is geplaas bo-op die weermagvoertuig. Dit lyk asof hulle in beheer is. Aan die regterkant is drie figure voor wat besig is om klippe na die soldate gooi. 'n Kleiner figuur agter die geel motor is getuie van die toneel. Ooreenkomste: Beide kunswerke het toeskouers. Verskille: Die figure in FIGUUR 3a is passief, stil of dalk dood terwyl die figure in FIGUUR 3b aktief besig is om die die gepantserde voertuig met soldate te konfronteer. FIGUUR 3b is baie besig met beweging en aksie en dit kom voor of die kunstenaar die oomblik in tyd vasgevang het. Die kunstenaar vang die toneel vas na die gebeurtenis en daarom kom dit minder chaoties voor.  Bespreek die gepastheid van die titels FIGUUR 3a: Die kunstenaar het die woorde 'Stop dit nou!' gebruik en 'n dubbele uitroepteken gebruik. Hy herhaal dan die woord 'nou' en gebruik weer 'n dubbele uitroepteken. Die uitroeptekens is 'n uitroep en beklemtoon die dringendheid van die tyd frase, 'nou'. Die kunstenaar wil beklemtoon dat die politieke onrus 'nou'/onmiddellik tot 'n einde moet kom. Die titel hou verband met 'n handteken van stop! Die rooi kleur reflekteer 'n stopteken. FIGUUR 3b: Die titel is waar die gebeurtenis plaasgevind het.  Identifiseer die tipes lyn wat gebruik is en die effek wat dit geskep het FIGUUR 3a: Vertikale, dik en dun lyne, ligte lyne, gebroke lyne, gekurfde lye en diagonale lyne is dwarsdeur die kunswerk gebruik. Die vertikale lyne van die elektrisiteitspale skep 'n liniêre perspektief. Die verskeidenheid van lyne gebruik in hierdie kunswerk toon breekbaarheid of broosheid wat die hopeloosheid of die hulpeloosheid van die situasie. Dit kan ook rusteloosheid of onrustigheid toon dat hulle die omstandighede aanvaar het. FIGUUR 3b: Die herhalende, ritmiese ekspressiewe krabbel, arseringslyne en diagonale lyne lei almal tot die chaotiese en kloustrofobiese atmosfeer. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 10 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die werk van enige TWEE Suid Afrikaanse kunstenaars bespreek (EEN werk van elk), wie se werk weerstand bied teen 'n samelewing en/of politieke sisteem bied. Kandidate mag die volgende riglyne in hulle antwoord gebruik.  Hoe die onderwerp in die komposisie gerangskik is  Invloed/e  Media en tegniek  Die bedoeling van die kunstenaar. Wat hy/sy hulle probeer kommunikeer (10) [20] VRAAG 4: KUNS,VLYT EN SPIRITUELE WERKE HOOFSAAKLIK VAN LANDELIKE SUID-AFRIKA Baie kunstenaars druk hulle eie interpretasie van spiritualiteit uit en sodoende beeld hulle soms vereenvoudigde en distorte (verwronge) afbeeldings uit. Hulle werk is eerlik, met duidelike boodskappe wat hulle ware geloof reflekteer. 4.1 Kandidate moet FIGUUR 4a en 4b, bespreek en skryf 'n paragraaf waarin hulle verwys na sommige van die volgende:  Beskryf die gebruik van lyn en tekstuur in die beeldhouwerke FIGUUR4a: Die kunstenaar het 'n herhalende, ritmiese, beskrywende, diep, dun en duidelike ingekerfde lyne gebruik. Lyne is gebruik om vorm te skep en verskeie anatomiese kenmerke te identifiseer. Vertikale en diagonale is geskep deur die inkeping van die hout. Ritme is geskep deur die herhaling van die vloeiende inkepings. Die natuurlike grein van die hout is sigbaar in die vlerke in die agtergrond. Die boombas het taktuele tekstuur Die tekstuur op die beeldhouwerk is geskep deur die gravering met houtkerfwerk instrumente. Die boombas het growwe tekstuur terwyl dele van die figure glad is. Die growwe tekstuur van die houtpilare skep kontras met die gladde dele van die beeldhouwerk. FIGUUR 4b: Die horisontale lyne in die kleredrag verteenwoordig 'n rustige atmosfeer. Die gekurfde en diagonale lyne in die uitgestrekte arms van die figure skep beweging. Die brons figure het 'n taktuele/growwe tekstuur wat kontrasteer met die gladde, gepoleerde oppervlakte van die basis.  Hoe die kunstenaars die idee van beweging oordra FIGUUR 4a: Beweging is geskep deur die uitbeelding van die beeldhouwerk in 'n lopende posisie. Die engel het een been voor die ander en gebuig by die knie met een arm opgelig. Die bene is geskep met die verplasing van die gewig. Die vlerke en geboë lyne skep beweging. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 11 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne FIGUUR 4b: Die figure lyk asof dit in 'n dans houding uitgebeeld is, arms uitwaarts gestrek en bene van mekaar. Die figuur regs se knie is gebuig. Die konkaaf gevormde liggame laat dit voorkom asof dit deur die wind gewaai word terwyl hulle dans. Die plat basis verhoog die kontras met die bewegende figure.  Bespreek die uitdrukkings op die gesigte van die figure in beide kunswerke: FIGUUR 4a: Die gesig van 'n Engel het 'n breë glimlag met sy oë gesluit. Die Engel kom kalm, vreedsaam, gelukkig en heilig voor. FIGUUR 4b: Die gesigte is gestileerd met oordrewe neuse en ore. Die gebrek aan monde dui aan dat hulle stom is en geen stem het nie. Die gebrek aan gelaatstrekke kan vergelyk word met 'n Afrika masker.  Vergelyk hoe die kunstenaars distorsie in beide kunswerke gebruik het FIGUUR 4a: Die voorkop is klein met 'n groot, driehoekige neus wat uit verhouding is met die res van die gelaatstrekke. Die liggaam is in 'n profiel aansig geskep baie soos die Egiptiese figure. Die arms en hande is baie klein in verhouding met die res van die liggaam. FIGUUR 4b: Die figure het 'n verkorte aansig en is uit verhouding. Die gesigte is baie klein in verhouding met die afgeplatte liggame. Die arms is dun en kort in verhouding met liggaam. Die kop is piepklein in vergelyking met die groot, breë liggaam. Die vereenvoudigde vorms (8) van die koppe is dieselfde in beide kunswerke. Die figure is verwring, gestileerd en vereenvoudig. 4.2 Kandidate moet die werk enige TWEE kunstenaars bespreek wat kuns, kunsvlyt en/of spirituele werke van landelike Suid-Afrika skep. Hulle mag na die volgende riglyne verwys:  Invloede  Media en tegnieke  Moontlike betekenis/doel/funksie  Hoe hierdie kunswerke/kunsvlyte/spirituele werke bydra tot die samelewing. Kandidate moet hulle antwoorde staaf. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 12 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORĚRE EN POPULĚRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA Die kunstenaar, Sigalit Landau, het besluit om 'n swart rok in die Dooie See te dompel. Die swart rok was in die sout-ryke water vir twee maande. Die projek is 'n fotografiese reeks in agt dele waarin die kunstenaar die geleidelike proses van soutkristallisering vasvang. Kristallisering: Dit is die proses waarby soliede gevorm word wanneer die atome en molekules gerangskik word in 'n struktuur bekend as 'n kristal. Dooie See: Die Dooie See is 'n sout water meer in die Midde Ooste, geleë tussen Israel en Jordanië. Dit bevat 'n hoë sout en minerale inhoud en is bekend as die laagste punt op aarde. Geen plante of diere kan in hierdie meer leef nie aangesien dit meer as tien keer meer sout bevat as gewone seewater. Die Dooie See is ook 'n toeriste aantreklikheid deur die heling/en afskilfering van die vel. Deur te verwys na die visuele bronne in FIGURE 5a en 5b, moet die kandidate 'n opstel skryf waarin hulle die volgende riglyne bespreek EN EEN Suid- Afrikaanse Multimedia en of Nuwe media kunstenaar insluit, wie hulle medium gebruik het om 'n interessante/ongewone/alternatiewe kunswerk te skep. Agtergrond: Onderwys Hulpmiddel Die Dooie See het in Sigalit Landau se kunswerke voorgekom as 'n rituele motief of tema. Die Dooie See is geleë in 'n woestynlandskap, en sy soutgehalte laat die kunswerk toe om te transformeer in 'n wonderlike kristal objek. Landau se werk is radikaal, menslik en vooruitstrewend. Soos sout, onderhou dit die essensie van die lewe en genees sy wonde.  Hoe het die rok getransformeer/verander oor 'n periode van twee maande? Staaf jou antwoord. Die natuurlike proses van kristallisasie is gebruik in die skepping van die kunswerk. 'n Swart rok is gedompel in die Dooie See en het twee maande in die sout-ryke water gebly. Die natuurlike en geleidelike proses van kristallisasie is vasgevang in foto's. Wit soutkristalle is gevorm op die swart rok wat uiteindelik die hele rok bedek het en 'n suiwer wit, soutgekorste kledingstuk geword het. Die foto's is uitgestal as die kunswerke. Die rok het gekrimp en die oppervlakte het verdik met al die lae sout.  Lewer kommentaar oor die oorspronklike styl van die rok en die simbolisme wat geskep is. Die lang swart rok is formeel tog ook outyds. Dit het knoppies op die bostuk van die rok, lang pofmoue en 'n val om die nek. Die rok word totaal wit aan die einde van die proses wat reinheid en onskuld kan simboliseer. Die Victoriaanse konserwatiewe styl kan ook verwys na 'n weduwee wat die rok dra tydens 'n rou proses met die verlies van 'n geliefde. Verder simbolisme kan formaliteit, steriliteit, professionalisme, korrektheid en konfessionalisme en transformasie insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 13 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Hoekom het die kunstenaar die kristalliseringsproses gedokumenteer? Die natuurlike en geleidelike proses van kristallisasie is gedokumenteer in 'n reeks verskillende foto's oor 'n periode van twee maande. Die vergrote foto's is uitgestal as kunswerke in 'n galery. Die kunswerk kan nie uitgestal word in 'n galery nie aangesien dit 'n kort lewensduur het. As dit sou uitgestal word sal die rok uitmekaar val as gevolg van sy delikate voorkoms, en sodoende sy betekenis verloor. Die foto's dokumenteer die natuurlike/wetenskaplike proses wat permanent word en hou rekord van die geleidelike proses in 'n tydreeks. Dit is ook 'n proses wat nie onmiddellik plaasvind nie, daarom wys dit 'n verskeidenheid van transformering van tonale waardes.  Is die werklike beeld onderwater meer effektief as die reeks foto's? Motiveer jou antwoord. Kandidate kan argumenteer of die foto meer effektief deur hulle argument te motiveer. Ja, die foto's is vergroot en gee 'n helder beeld van die onderwater beeld. Die foto's is na die galery geneem om uitgestal te word en is meer bereikbaar vir almal. Die Dooie See is in die woestyn en het uiterste klimaatomstandighede en dit sou baie duur wees vir mense om soontoe te toer. Nie elkeen kan onderwater duik om na die rok in die sout- en troebel water te gaan kyk nie. Nee, die foto vang nie die broosheid van die sout-bekorste rok vas nie. Die regte beeldhouwerk (/3-d kunswerk is meer oortuigend .en aangrypend. Dit kan ook aangeraak word (taktuele werklike tekstuur) en is meer oorspronklik.  Wat is die relevansie van die titel van die kunswerk? Motiveer jou antwoord? Sout Bruid: Die titel impliseer dat dit die rok is vir 'n bruid. Bruide dra wit trourokke in die Westerse kultuur. Sout word gebruik as 'n preserveermiddel en simbolies kan 'n huwelik ook die preservering wees van die verbinding van twee mense, van liefde van groei en van hoop. Sout kan ook smaak aan voedsel verleen en dit 'n smaaklike ondervinding maak – 'n huwelik kan ook gesien word as 'n positiewe/smaaklike ondervinding. Ander interpretasies kan insluit: As jy verwys na iemand wat die' sout van die aarde is', beteken dit dat die persoon 'n goeie geaardheid het wat goeie kwaliteite het met hulle voete vas op die aarde. As te veel sout in jou kos gegooi word dan is dit bederf en skep 'n onaangename smaak, daarom moet die regte hoeveelheid sout moet gebruik word. 'Te veel van 'n goeie ding' kan skadelik wees/'neem dit met 'n knippie sout' (moenie dit te ernstig beskou nie). [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 14 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA 'I wanted to paint something that they would feel belongs to them' –Faith 47 (Ek wou iets skilder wat hulle sou voel behoort aan hulle' – Faith 47) Die Warwick Junction mark word soms beskou as 'n 'gevaar sone', maar die monumentale muurskilderye vier nou die identiteit van die handelaars op die steunpilare van die brug. 6.1 Kandidate moet verwys na die bogenoemde stelling en in 'n opstel bespreek hoe die kunstenaar deur die muurskilderye in FIGURE 6a-6d sosiale identiteit uitgebeeld het. Hulle mag na die volgende verwys:  Hoe hierdie muurskilderye die handelaars se identiteite reflekteer Die kunstenaar het individue geselekteer wat handelaars van die mark is as modelle vir die muurskilderye. Dit is 'n ware refleksie van die individue se identiteit. Die beelde gebruik van die hulle daaglikse kleredrag vas sodat hulle herken kan word deur die kopers en lede van die publiek. Hulle dra hulle tradisionele drag wat hulle etnisiteit klassifiseer. Faith 47 het realistiese portretstudies gemaak van die handelaars in hulle natuurlike liggaamshouding en in 'n nederige posisie. Die afbeelding van die diere reflekteer die kulturele erfenis van die handelaars, wat hulle rykdom en status van die Afrika kultuur verteenwoordig. Dit verleen ook trots aan die handelaars en 'n gevoel van behoort aan die area waar hulle werk.  Die gebruik van kleur, patroon, simbole en kleredrag Kleur: Faith 47 gebruik 'n monochromatiese palet naamlik swart, sepia, wit, geel-oker en geel in die patrone. Die grys van die sement vermeng met die muurskildery. Wit is as 'n as 'n tint in die teks, klere en vel van die bul. Swart en grys is gebruik in die kleredrag en patrone. Geel is die dominante kleur in die patroonwerk. Patroon: Die patrone wat 'n oosterse gevoel het reflekteer die inheemse ontwerp van die kralewerk en vlyte wat hulle verkoop in die mark se stalletjies. Dit reflekteer die kulturele erfenis van die inwoners. 'n Verskeidenheid van geometriese en organiese patrone word herhaal op al die pilare. Die groot sirkel (stralekrans) agter die bees se kop bestaan uit verskeie geometriese vorms. Die stralekrans stel voor die belangrikheid van die diere in hulle kultuur en het 'n spirituele gevoel. Die patrone in die agtergrond en die klere verbind die muur skildery en skep kontinuteit. Simbole: Die volgende simbole kan in die muurskilderye waargeneem word: 'n kierie/knopkierie (mag en ouderdom), wortels (groei/aanplanting/nuwe lewe/stabiliteit), voedsel(voeding/), voël (vrede/vryheid/nuwe lewe/hoop). Mandala (spiritualiteit/sirkel van die lewe), henna ontwerpe (Huwelik/feestelikheid), wit graffiti (stem van die mense/aanhaling/om 'n merk te maak), bul/leeu (manlikheid/sterkte/vreesloosheid/koning vyand die oerwoud). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 15 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne Die gevoude hande van die nederige figure verteenwoordig nederigheid en die bereidheid om die gemeenskap te dien. Mense wat hier inkopies doen is meestal die wat kan identifiseer met hierdie beelde. Die stralekrans agter die koppe van die diere (leeu en bul) sowel as die son (nuwe dag/nuwe era), is simbolies van geestelikheid Die leeu kom wreedaardig voor met sy skerp tande en mond wyd oop gereed om aan te val of om te bespring of te verdedig. Kleredrag: Die figure is geklee in alledaagse Westerse klere sowel as in tradisionele klere soos die doek/iduku om die vrou se kop. Die kombers/tjalie om haar skouers kan 'n getroude vrou simboliseer. Die kombers kan ook 'n simbool van beskerming en respek wees.  Stemming of atmosfeer wat hierdie skilderye skep Die muurskilderye is staties in vergelyking met die besige pendelaars. Die pendelaars lyk asof hulle haastig is en nie regtig interaksie het met die muurskilderye nie. Die doel is om 'n gevoel van eenheid en vriendskap te skep tussen die verbygangers. Hierdie handelaars is gelukkig om 'n gevoel van ek behoort aan siende dat hulle die mense is wat in die mark werk. Dit vier die alledaagse lewe van gewone mense wat 'n eerlike bestaan voer. Die beeldgebruik op die pilare van die brug kan 'n metafoor wees wat alle mense van die samelewing verenig.  Die effektiwiteit van die plasing van die afbeeldings op die pilare van die brug. Kandidate moet hulle antwoord uitbrei. Die monumentale muurskilderye is 'n toeriste aantreklikheid in Durban KZN wat die ekonomiese groei in die handelsindustrie genereer. Dit versier die andersins mistroostige sement brug en die area om die mark. Die mark adverteer die area onder die brug. Die muurskilderye kom voor asof hulle die omgewing domineer. Die brug is 'n metafoor vir die byeenbring van mense sowel as om die handelaars te vereer wat 'n eerlike bestaan voer, en die meerderheid van Suid- Afrikaners verteenwoordig. KANDIDAATE MOET KUNSWERKE BESPREEK POST 1994 (10) Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek wat identiteit in 'n post-demokratiese Suid-Afrikaanse gemeenskap aanspreek (Een van elk) en moet die name van die kunstenaars en titels van die kunswerke noem. Kandidate kan die volgende riglyne gebruik:  Beeldgebruik  Weergee van identiteit  Style en tegnieke  Media  Betekenis/boodskappe (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 16 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7 : GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID 7.1 Die liggaams houdings van die vrouens in FIGUUR 7a–7c vertel baie verskillende stories. Kandidate moet hierdie stelling bespreek deur na die volgende te verwys:  Kleur FIGUUR 7a Die sagte ligte pienk is simbolies van die onskuld van ʼn kind. Die sagte pienk is stereotipies van jong meisies se kleredrag. Perde word gewoonlik met manlikheid geassosieer en in hierdie skildery het die kunstenaar die perde in pienk, stereotipies van vroulikheid geskilder. Haar veltoon smelt saam met haar rok en die perde. In die verlede was stereotipering van jong meisies in pienk universeel aanvaarbaar. Die kunstenaar gebruik soortgelyke pienk tone dwarsdeur die skildery om vroulikheid te beklemtoon. FIGUUR 7b Die koningsblou is verteenwoordigend van koninklikheid of vroue in magsposisies. Die blou klere kontrasteer met die warm veltoon van die vrou. Kultureel weens haar hoë status in die samelewing of stamgroep sou sy in koningsblou gesien word. Die koningsblou skakel met haar houding van selfvertroue as ʼn vrou in ʼn magsposisie, veral met haar trotse houding. Die kleur blou is baie skaars en duur om the reproduseer. FIGUUR 7c Die kombers/tjalie is ʼn tradisionele blokkies-ontwerpte in bloue/groene/gele. Die kleure is gebaseer op die shweshwe/tradisionele materiaal. Die grimering/swart politoer word as gesigsmasker gebruik. Die groen en oranje patrone in die agtergrond skakel sterk met die kopserp wat die vrou dra. Die kleur van die blokkies kombers wat sy dra bestaan uit verskillende kleure wat ʼn sterk fokusarea skep.  Liggaamstaal/-houding FIGUUR 7a Die jong meisie is aangetrek in sagte, syagtige moderne styl rok met dun bandjies. Dit is 'n dun rok wat haar knieë bo dele van haar arms en bors wys. Haar gesig is nie sigbaar nie aangesien haar hare deel van haar gesig verberg as gevolg van die posisie van haar kop wat afwaarts en weggedraai is. Sy is in 'n sittende posisie op die grond met haar bene onder haar ingevou wat haar onskuld beklemtoon. Sy kom baie ontspanne voor en is ingestel op haar aktiwiteit waar sy met speelgoed-perde speel Die gesig is meestal verberg deur die hare en sy kom voor asof sy hartseer, teruggetrokke en kwesbaar is. FIGUUR 7b Die Afrika vrou dra 'n tradisionele hoed en blou tjalie, en het ook 'n tradisionele juweelstuk op haar voorkop en om haar nek. Sy kyk direk na die kyker. Sy staan regop en is vol selfvertroue as sy met die kyker interaksie het met haar handpalms afwaarts en na vore gedraai. Die diep-blou tjalie wat om haar skouers gedraai is en die juwele is verteenwoordigend van koninklikheid, iemand van 'n hoë status en rykdom in die samelewing. Haar houding en blik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 17 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne vertoon selfvertroue, mag en waardigheid. Die uitwaartse palms kan openheid en eerlikheid simboliseer. FIGUUR 7c: Die vrou is in die middel van die komposisie geplaas met haar rug na die kyker en kop effens gedraai om na die kyker oor haar skouer te kyk. Sy word in ʼn meer respekvolle manier uitgebeeld. Die tradisionele blokkies-ontwerpte, en multi-gekleurde Basoeto/Xhosa kombers om haar skouers toon haar kulturele gewoontes/agtergrond. Getroude vroue dra gewoonlik tradisionele komberse om hulle skouers en ʼn doek op hulle koppe as 'n teken van respek. Stemming/Atmosfeer FIGUUR 7a Die stemming is een van nabetragting waar die jong meisie in ʼn wêreld van haar eie spelende met die perde. Die hare oor haar gesig skerm haar van die blik van die kyker. FIGUUR 7b: Die stemming is een van stille selfvertroue met die jong vrou wat direk na die kyker staar. FIGUUR 7c: ʼn Nie-bedreigende stemming wys die ou tradisionele matriarg. Die portret/gesig skep ʼn gelukkige atmosfeer. Boodskap/Betekenis Al drie portrette beeld ʼn effens verskillende boodskap uit van introspeksie tot die selfvertroue van die nuwe geslagte en finaal die gelukkige aanvaarding van die ou tradisionele vrou. (10) 7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke moet bespreek wat kommentaar lewer oor die stereotiperende persepsies van geslag. Noem die kunstenaar en die titel van die kunswerk. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 18 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Soos wat boutegnieke en tegnologie verander, so word meer kreatiewe strukture gebou. Die dun versterkte sement dak van die kapel gee die gebou sy vloeibaarheid, wat die krulle van die 'holbol' gewels tipies van alle Kaap-Hollandse huise, komplimenteer. 8.1 Gewel: Dit is die dekoratiewe verskynsel bokant die voordeur. Holbol: Dit het 'n binne- buitentoe simmetriese kurwe wat verwys na hol, en bol (bal) waarvandaan die gewel sy naam gekry het. Kandidate moet 'n paragraaf skryf oor FIGUUR 8a-8c waarin hulle die volgende moet bespreek: Onderwysers hulpmiddel: 8a. Die elegante styl van argitektuur wat bekend staan as die Kaaps Hollandse argitektuur, het ontplooi oor 'n periode van tyd vanaf die 17 de eeu tot die vroeë 19 de eeu. Die vroeë Kaaps Hollandse geboue was eenvoudige grasdak, witgekalkte plaashuise. Hulle was gewoonlik reghoekig met 'n hout raam, wattelhout en klei mure, en vensters met luike, simmetries geplaas aan weerskante van die sentrale deur. Beïnvloed deur die 17de en 18de eeuse argitektoniese mode in Holland, is gewels bekend gestel aan huise wat in die Kaap gebou is, en dit het die kenmerkende verskynsel van die Kaaps- Hollandse argitektuur geword. Kaaps-Hollandse argitektuur het een groot gewel bo die voordeur gehad, wat ruimte toegelaat het vir die familiewapen, datum van konstruksie of ander versierings wat belangrik was vir die eienaars. Steyn was getaak om 'n plek van aanbidding te ontwerp en wat ondersteun is deur Psalm 36:7. 'hoe kosbaar is U onfeilbare liefde, O God! Die mens vind skuiling in die skudu van U vlerke,' 'n vers wat poësie verleen aan die vorm. 'n Soeke na eenvoud, het hy inspirasie gekry van die Morawiese sendingkerke van die 1800's in Mamre en Wuppertal, die wit beligte interieurs en die afwesigheid van tradisionele parafernalia wat 'n gevoel van ligheid en kalmte bewerkstellig het. Dieselfde kalm energie kom by die Bosjes-kapel voor.  Bespreek die ooreenkomste tussen FIGURE 8a en 8b FIGUUR 8a Dit is 'n tradisioneel Kaaps-Hollandse styl huis met 'n simmetriese gewel bokant die deur. Die witgekalkte muur is dieselfde as wit geverfde huise. Die Kapel in FIGURE 8b/8c is ook wit. Die Kapel is ook 'n simmetries geboë gebou met konveks/koepel vorms wat ooreenkoms met die holbol gewel van die Kaaps-Hollandse huis. Die kothuis styl vensters kom ooreen Met die glas-gordyn mure van die Kapel met die groot kruisvorm bo. Beide geboue is in die Kaap. Beide het trappe wat na die ingang lei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 19 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Beskryf die liniêre effek van die geboue FIGUUR 8a Die reguit horisontale lyn van die dak van die vertikale lyn van die deur tot by die nis van die boog skep 'n formele, statiese struktuur en balans. FIGUUR 8b en 8c Die geboë lyne van die dak vloei van konveks tot konkaaf wat die beweging van 'n voël naboots met die indruk van vlerke in beweging. Die beweging skep ook golwende, vloeiende gevoel. Beide geboue rus op 'n plat stuk aarde.  Verduidelik hoe die ontwerp van die gebou in FIGURE 8a en 8c verband hou met die omgewing. Motiveer jou antwoord FIGUUR 8b/c: Die rimpeleffek van die dak is herhalend van die spitse en valleie op die naby geleë bergreekse en die verhewe punte aan weerskante strek op na die lug wat die indruk skep van vlerke in beweging. Met skemer, lyk die Kapel asof dit dryf, 'n illusie geskep deels deur twee strategies geplaasde poele voor wat refleksies teweegbring, en 'n effense opheffing van 'n basis dra by tot die gevoel van gewigloosheid. Dit is 'n moderne, kontemporêre, innoverende, nie-tradisionele ontwerp van 'n kapel. 'n Golwend, vloeibare ontwerp is sigbaar in die struktuur. Daar is 'n balans tussen die positiewe en negatiewe kenmerke. Dit word een met die omgewing deur die omringende landskap te reflekteer in die water wat as 'n spieël funksioneer.  Lewer kommentaar oor die vensters in FIGURE 8a, 8b en 8c. FIGUUR 8a: Die reghoekige vensters en deur skep 'n herhalende reeks oor die hele muur. Die vensters aan weerskante van die deur is kleiner as die res van die vensters. Die kothuis-styl vensters is kenmerkend van die Kaaps-Hollandse argitektuur. Die vensters aan die onderkant sluit in luike wat die uiterste weersomstandighede beheer sowel as om estetiese kwaliteit te verleen aan die gebou. Die verskeie vensters laat natuurlike lig deur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kuns/V1 20 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 8.2 FIGUUR 8b: Die groot deurskynende glas gordynmure dwarsdeur die kapel laat natuurlike lig deur en het 'n omringende uitsig oor die berge. Dit verbind die interieur en die eksterieur en vergroot die binneruimte, en word een met die natuur. Die vensters is geboog wat die landskap naboots en ook die geboë dak. Die venster is verdeel deur 'n houtkruis wat die tradisionele gebrandskilderde glas venster van 'n tradisionele kerk, versterk. (8) Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat hulle bestudeer het bespreek. Noem die argitek en titel van die gebou/struktuur. Kandidate kan van die volgende in hulle antwoord oorweeg:  Lokalisering/Plek  Funksie/doel  Invloede  Materiale gebruik  Ontwerp en styl (12) [20] Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Visual Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all