Skip to content

Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12202526 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V2 (PRAKTIES) 28 JULIE 2025–24 OKTOBER 2025 PUNTE: 100 TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die huis gedoen word [50] ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde omstandighede SLEGS by die skool gedoen word: 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50] Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: ONDERWERP 1: BRONBOEK ONDERWERP 2: KUNSWERK 2. Jy moet beide ONDERWERP 1 (Bronboek) EN ONDERWERP 2 (Kunswerk) voltooi. 3. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede te toon: • Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in reaksie op 'n projek-opdrag te genereer. • Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n verskeidenheid materiale en tegnieke. • Los visuele en konseptuele probleme op met die skepping van verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike, visuele taal te gebruik. • Bestuur jou tyd en die werkproses doeltreffend. • Bied jou eie werk op 'n professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik EKSAMENVEREISTES 2025 ONDERWERP 1: • Jy mag by die skool en by die huis aan die bronboek werk. • Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en dit saam met jou finale kunswerk, ONDERWERP 2, aanbied. • Jy MOET die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek voordat jy met die finale kunswerk begin. Jou onderwyser sal help deur jou in jou kreatiewe proses in die bronboek te lei. • Jy mag in jou bronboek aanhou werk tot aan die einde van die 24-uur-eksamen, wat finale veranderinge en idees moontlik sal maak. ONDERWERP 2: • Die eksamenwerk moet onder toesig in die teenwoordigheid van 'n toesighouer in die kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur te gebruik. ALLE KUNSWERKE in ENIGE MEDIA moet onder toesig gedurende die 24-uur-eksamen gedoen word. • Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou. • Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met tegniese probleme te help, maar jou onderwyser mag jou nie gedurende die 24 uur met die kunswerk help nie. • Vir digitale kunswerke, bv. fotografie of video, moet die SD-kaart, geheuekaart of enige ander storingstoestelle/-kaarte vir die duur van die eksamen by die skool bly. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik EKSAMENRIGLYNE Jou finale kuns- praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel word. ONDERWERP 1: BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) 'Kreatiwiteit verg moed.' – Henri Matisse Die bronboek vorm 'n belangrike deel van hierdie eksamen. Die bronboek moet gebruik word om jou kreatiewe idees te ontwikkel deur navorsing, die ondersoek van tegnieke, tekening en die kombinasie van prosesse en idees wat ondersoek is. Die volgende riglyne moet saam met die prikkels op bladsy 7 gelees word om die proses te verryk: • 'n Minimum van 30% behoort tekeninge te wees (van eenvoudige lyntekeninge/- sketse tot tonale tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik. • Groot klem word op die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal geplaas. As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer of die visuele beelde betekenisvol verander om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. • Die bronboek moet al die denkprosesse wat tot die maak van die kunswerk gelei het, duidelik oordra deur visueel die 'storie' te vertel van hoe jou kunswerk uitgedink, ontwikkel en geskep is deur tekening, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël. • Die bronboek vir nuwe media/multimedia/digitale kuns/fotografie moet bewyse van jou denkprosesse wat tot die finale kunswerk gelei het, toon. Buiten die bestaande kriteria, soos teken en tegniese verkenning, moet die bronboek die volgende insluit: o Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord) o Eksperimentering met visuele beelde en tegnieke, die insluiting van ander materiale, bv. collage of stikwerk, of deur digitale collage-beelde o Dokumentasie van prosesstappe, bv. skermskote wat die redigeringsbesluite wat gemaak is, dokumenteer; die gereedskap wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer In alle praktiese dissiplines moet die kunswerk uit die bronboek ontwikkel. Daar moet 'n duidelike skakel tussen die ontwikkeling in die bronboek en die finale kunswerk wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding, deur veilige praktyk te volg) Lewe is kuns. Ek skei dit nooit nie.' – Ai Weiwei • Jou kunswerk moet 'n uitdrukking van jou eie ervarings, idees en gevoelens wees om jou storie te vertel. Interpreteer die onderwerp op 'n manier wat relevansie en betekenis vir jou het. • Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te maak in die praktiese dissipline wat jy hierdie jaar gekies het en waarin jy die meeste selfvertroue het. • Gespesialiseerde opsies sluit in: teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie, installasies, nuwe media, ens. Jy het die vryheid om oor dissiplines heen te werk. Dit stem ooreen met kontemporêre kunspraktyke wat gedurig ontwikkel. 'n Gespesialiseerde fokus op skilder kan die ondersoek na driedimensionele werk en nuwe media insluit. • Jou kunswerke moet gerig wees op die kriteria van die vak Visuele Kunste en nie volgens die gespesialiseerde dissiplines, bv. skilder of fotografie, nie. Daar moet dus 'n balans tussen tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) binne jou gekose benadering wees. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie. • In enige van die praktiese dissiplines kan jy jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een werk gelees word. • Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis. Oorweeg die skaal en formaat van jou kunswerk om jou idees die beste oor te dra. • Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees. • As jy kies om met digitale kuns, video en fotografie te werk, moet jy nie te veel op sagteware of digitale prosesse staatmaak om visuele effekte te skep nie. Jy moet egter jou medium/tegnologie bewustelik gebruik om jou visuele beelde te transformeer. Die medium is 'n hulpmiddel om verbeeldingryke, konseptuele en artistieke elemente te realiseer. In tweedimensionele digitale werk of fotografie kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk wees nie. Dit moet 'n reeks van 'n minimum van DRIE A4-werke wees wat 'n storie uitbeeld OF dit moet op A2 of groter en gedruk gemonteer wees en 'n selfstandige storie uitbeeld. • As jy kies om met video te werk, moet jy die klankbaan sorgvuldig oorweeg om te voorkom dat jy 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk gee wat die boodskap gaan teenwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik • As jy kies om met 'n installasie te werk, moet kunswerke ten volle opgelos word, beide tegnies en konseptueel, in die eksamenlokaal en onder toesig. Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en kunsmuseums in 'n groot formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig. Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet kandidate die impak van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg. • As jy kies om met gebeurteniskuns/optredekuns ('performance art') te werk, moet jy sorgvuldig aandag skenk aan die subtiele verskille tussen opvoering as Visuele Kunste en opvoering as Dramatiese Kunste. Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word en nie die werklike opvoering nie as gevolg van die aard van die eksamen- en modereringsproses. • Kreatiwiteit en individualiteit is belangrik. Die visuele beelde wat in die kunswerke gebruik word, moet voldoen aan die skool se gedragskode volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES Elke kunstenaar volg 'n ander roete tydens die skeppingsproses. Die prikkelwoorde hieronder kan in enige volgorde gebruik word om jou met die ontwikkeling van jou bronboek te help. Jy mag hierdie bladsy fotokopieer en die prikkels individueel uitknip. Plak dit in jou bronboek as opskrifte in enige volgorde wat op jou skeppingsproses betrekking het. Elkeen van hierdie stappe kan jou help om jou navorsing te verdiep en verskillende benaderings te probeer. VRA KYK VIND DIE PROBLEEM VERKRY DIE KENNIS Ondersoek die tema van die opdrag. Kyk rondom jou: Doen navorsing en versamel. Navorsing van kunswerke. Versamel materiaal wat jou inspireer. LEER SPEEL VERSAMEL VERWANTE INLIGTING ONTWIKKELING Dink aan die dinge wat jy met die tema Eksperimenteer met media. Oefen jou assosieer. tegnieke. Neem risiko's deur nuwe dinge met Dinkskrum. Persoonlike besinning. jou tegniek te probeer. DINK INTEGREER GENEREER IDEES KOMBINEER IDEES Neem foto's. Skep collages. Maak Speel rond met idees. Soek na onverwagse tekeninge. kombinasies. Skakel sommige idees uit en voeg ander by. Eksperimenteer verder om nuwe moontlikhede te ondersoek. KIES KIES DIE BESTE IDEES Maak finale komposisietekeninge met besluite oor die media wat jy gekies het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik PLEK Nubokho Nqaba, Umaskhenkethe (Plastieksakke), kleurfoto, 2012. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik HENRY MOORE – Oorlogstekeninge Henri Moore was 'n beroemde beeldhouer van die 20ste eeu. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy hom tot teken gewend. Sy tekeninge toon die impak van plek op sy artistieke ontwikkeling. In dié geval, die tyd wat hy gedurende die oorlog in die ondergrondse treintonnels deurgebring het. Henri Moore, Bomskuilingtekeninge, gemengde media, c. 1942. Bombardering gedurende Vra: Ondersoek die tema 1940–1941 Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse Lugmag nywerheidsdorpe en -stede gebombardeer. Dit was 'n donker tydperk in die Britse geskiedenis. Die bomwerpers wat hoog in die lug was, was ver verwyder van hulle impak op mense se lewens. Foto van twee bomwerpervliegtuie, 1940. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Dink: Genereer idees In die ondergrondse treintonnels Ongeveer 100 000 Londenaars het snags in ondergrondse tonnels gaan skuil. Moore het die menslike lyding daar onder in die tonnels ervaar. Vreemdelinge het langs mekaar beland en op die vloer geslaap. Die ruimte was donker, beknop en vreesaanjaend, soos in sy tekeninge gesien. Kyk: Navors en versamel Henry Moore het, uit respek vir die mense wat gely het, nie van die lewe geteken nie. Maar, hy het aantekeninge gemaak en wanneer hy na sy ateljee teruggekeer het, het hy hierdie tekeninge uit sy geheue geskep. Dit toon die lyding van die Londenaars. Moore was 'n beeldhouer, maar hy was tot teken beperk weens die beperkings van die oorlog. Henri Moore, Bomskuiling- tekeninge – Sittende Moeder en Kind, potlood, waskryt, waterverf, pen en ink, c. 1940. Speel: Oefen tegnieke Kunsmateriale vertel 'n storie Moore het eksperimentele tekeninge met baie verskillende media geskep. Die materiale wat hy gebruik het, roep die gevoel van die tonnel op. Die onheilspellende donkerte van sy waterverf beeld die gebrek aan lig ondergronds uit, en die tekstuur wys na die vuil oppervlakke van die tonnel. Henry Moore, Bomskuiling- tekening, potlood, waskryt, waterverf, pen en ink, c. 1940. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Leer: Versamel inligting Moore se kuns het ontwikkel uit dit wat hy om hom gesien en ervaar het. Die ingeperkte ruimte van die tonnel het Moore se uitbeelding van sy figure beïnvloed. Die liggame is in hegte komposisies teen die mure opgedruk. Kies Met verloop van tyd het die figure in die tekeninge meer verwronge geraak. Die toenemend geabstraheerde vorme van sy tekeninge sou later sy beeldhouwerkvorme beïnvloed. Integreer: Kombineer idees Met verloop van tyd het Moore die vorme van Uitstalling van Moore se sy beeldhouwerke verder vereenvoudig na beeldhouwerke skaars herkenbare organiese figure. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik PLEK 'n Plek vertel 'n storie. Die plekke waarin ons onsself bevind, raak deel van ons storie. Soos die mense in Henry Moore se kunswerke het ons 'n impak op die plekke wat ons beset, en die plekke waar ons tyd bestee, het 'n impak op ons. Kunswerke oor plek kan die kyker iets oor die voorkoms van die plek vertel. Die kunstenaars kan ons die voorkoms van 'n interieur, 'n landskap of geboue wys met die fokus op details soos lig, die weer of teksture. Kunstenaars kan die karakter van 'n plek vasvang – die stemming en gevoel daarvan. Kunswerke kan aan ons die aktiwiteite wat plaasvind, wys of hulle kan ons wys hoe mense deur plek beïnvloed word. Plek kan 'n binne-plek óf 'n buite-plek óf 'n ervaring van 'n plek wees. Sekere plekke verbind ons met ons familie of 'n gemeenskap. In sommige plekke konnekteer ons met die landskap of die natuurwêreld. Soms hou ons vas aan fisiese herinneringe van 'n plek om ons verbintenis met die plek te behou. George Pemba, Breakfast (Ontbyt), olieverf op bord, 1993. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Die plek waar jy behoort Baie kunstenaars dra in kunswerke 'n gevoel van veiligheid en behoort oor, oor die huis- of skoollewe. Hierdie kunswerke vertel ons iets oor die plek, maar hulle wys ons ook die mense in die plek: wat hulle in die ruimte doen, die voorwerpe wat hulle gebruik, hoe mense voel wanneer hulle in die plek is en hoe die plek mense saambring. Die plek waar jy behoort: huis Njideka Akunyili Crosby, Super Blue Omo, gemengdemedia-skildery (akrielverf, kleurpotlode en collage-prente uit foto's, tydskrifte en advertensies), 2016. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Gerard Sekoto, Mother and Baby (Moeder en Baba), olieverf op doek, datum onbekend. Pierre Bonnard, Nude in Bathtub (Naakfiguur in Bad), olieverf op doek, c. 1940–1946. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Pieter Hugo, In Sipho Ntsibande's Home, Soweto (from the series Kin) (In Sipho Ntsibande se Huis, Soweto (uit die reeks Familie), kleurfoto, 2013. Vincent van Gogh, Still Life with a Plate of Onions (Stillewe met 'n Bord Uie), olieverf op doek, 1889. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Phillemon Hlungwani, Vamanana Lava Tirhaka Hi Ku Ti Yimisela Xikwembu Xa Katekisa (God Seën Vroue wat met Ywer en Vasberadenheid werk), houtskool en pastel op papier, datum onbekend. Gerard Sekoto, Women in the Fields (Vroue in die Velde), olieverf op doek, datum onbekend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Vincent van Gogh, Houses and Figure (Huise en Figuur), olieverf op doek, 1890. Van Gogh het uit sy geheue geskilder. Die plek waar jy behoort: skool Andries Gouws, Grahamstown residence Trevor Makhoba, Bravissimo, room, open curtains, 2nd version olieverf op bord, 1997. (Grahamstad-koshuiskamer, oop gordyne, 2de weergawe), olieverf op doek, 2009–2011. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Jou plek op Aarde: die landskap Landskappe toon die natuurwêreld en ons plek in die wêreld. Jake Aikman, In Your Own Time Jake Aikman, Sea-Sea Jake Aikman, HR (Op Jou Eie tyd), after Richter (See-See ná Seascape Aggregate olieverf op linne, 2023. Richter, olieverf op doek, IV (HR-seelandskap 2007. Versameling IV), olieverf op bord, 2019–2022. Alhoewel sommige van Jake Aikman se seelandskappe naturalistiese studies van die see is, het hy ook die verf gebruik om die kwaliteit van die landskap oor te dra. In See-See ná Richter drup die verf soos die water van die branders. In HR-seelandskap Versameling IV is die verf dik en ondeursigtig en voel dit benouend soos om deur 'n rowwe see te loop. Arthur Buthelezi, Night Scene in a Zulu Kraal (Nagtoneel in 'n Zoeloe-kraal), olieverf op doek, 1947. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Johann Louw, In the Empty Landscape with a Reptile (In die Leë Landskap met 'n Reptiel), olieverf op doek, 2022. Jou plek op Aarde: uitbuiting van die land William Kentridge, Colonial Landscapes (Koloniale Landskappe), houtskool en pastel op papier, 1996. William Kentridge het illustrasies verwerk wat uit 'n keurversameling met die titel Africa and Its Exploration as Told by Its Explorers (1891) geneem is. Kentridge was geïnteresseerd in wat van daardie plekke – verlate en vervalle – geword het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 20 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Jou plek deur materiale uitgedruk Kunstenaars het met materiale wat van 'n spesifieke plek kom, gewerk om die plek te simboliseer of te herdenk. Unite het terreinspesifieke materiale van nywerheids- en mynterreine gebruik om poeierpastelle vir hierdie grootskaalse tekeninge te maak. Sy het metaaloksiede, pigmente, kalsium, koolstof en diamantgruis gebruik. Jeanette Unite, Headgear Mine Shaft (Hoofbedekking-mynskag), poeierpastelle van pigmente, 2013. Emma Willemse het parketvloerblokkies van die huis waar sy gewoon het, gehou. Die vloerblokkies het 'n fisiese herinnering aan die plek geword en 'n manier om die ontasbare oomblikke wat op daardie vloer plaasgevind het, te onthou. Emma Willemse, How to Remember a Home (Traces) (Hoe om 'n Huis te Onthou (Spore)), muurinstallasie met houtvloerblokkies, 2011. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 21 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Alexandra Karakashian, Shifting Grounds II (Verskuiwende Gronde II), motorkar-olie op doek, 2015. Karakashian het skilderdoeke met motorkar-olie bevlek om die vernietigende effek van oliestortings op die omgewing te toon. Anselm Kiefer, Nuremberg (Neurenberg), akriel, emulsie en strooi op doek, 1982. Anselm Kiefer se werke hou verband met Duitsland se verlede, spesifiek die Tweede Wêreldoorlog. Sy dik, impasto-oppervlak suggereer die nasleep van 'n oorlogsveld. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 22 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Waar voel jy Waar is die veilig? plek waar jy behoort? Hoe voel jy in die landskap? Watter kunsmateriale of Wat is jou nie-kunsmateriale kan jou verhouding ervaring of gevoel van die met die plek die beste oordra? landskap? Is daar spesiale plekke wat jy onthou, maar nie Is daar plekke wat 'n meer besoek impak op jou lewe nie? Is daar voorwerpe of gehad het? items wat jou aan 'n plek verbind? Hoe kan die landskap aandag gee aan breër kwessies soos politieke en/of Is daar materiale omgewingskwessies? wat van die plek kom? Jou kunswerk oor plek kan 'n binne- of buite-plek wees, 'n landskap, 'n stillewe, 'n portret of 'n abstrakte kunswerk. Dit moet egter vir die kyker 'n gevoel van jou persoonlike stem gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 23 DBE/November 2025 NSS Vertroulik ASSESSERING ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: Gewigs- KRITERIA toekenning Konsep-ontwikkeling • Breinkaarte, sketse met aantekeninge en 25% tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek, • Dit moet 'n paar van of al die volgende insluit: 25% eksperimentering, o Sketse, tekeninge, foto's, visuele ens. beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou inspireer o Eksperimentering met media en/of verskillende tegnieke • Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om 25% jou konsep-ontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en • Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25% algehele voorkoms benadering • Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGS- Dit sluit die volgende in: KRITERIA Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep materiale/tegnieke • Veilig en hanteerbaar • Tegniese vaardigheid Gebruik van formele • Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie Geheelindruk van werk – • Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, antwoorde/oplossings kreatiwiteit, innovering Vertolking/Interpretasie • 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema en praktiese • Eksperimentering implementering van • Probeer nuwe uitdagings navorsing Voltooiing en aanbieding • Aandag aan detail van kunswerk • Taak in toegelate tyd voltooi • Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 GROOTTOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 24 DBE/November 2025 NSS Vertroulik ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente Uitstaande 90–100% • Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem- oplossingsvaardighede. • Poging is veel meer as wat vereis was. • Die 'WOW'-faktor is duidelik. • Werk toon groot mate van innovering. • Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe. • Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks elemente en beginsels. • Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend. • Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89% • Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar. • Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor. • Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie goed 70–79% • Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar. • Goeie bewyse van moeite en toewyding. • Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie. • Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom. Goed 60–69% • Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede. • Goeie vlak van bevoegdheid. Gemiddeld 50–59% • Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig. • Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie. • Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede. • Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite. • Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde. • Min bewyse dat iets ongewoons probeer is. • Die omvang van die werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 25 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Onder- 40–49% • Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie. gemiddeld • Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees. • Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag. • Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie. • Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie, of onvolledige beplanning. Swak 30–39% • Net genoeg materiaal/werke om te slaag. • Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik. • Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie. • Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag. • Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar is. • Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie swak 20–29% • Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; Druip weinig of irrelevante werk/visuele inligting. • Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking. • Baie swak vaardigheidsvlak. • Projek is baie swak of onvoltooid. • Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette. • Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Onaanvaar- 0–19% • Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan baar selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie. Druip • Werk onvoltooid. • Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie. • Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd ingehaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V2 26 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VERKLARING VAN EGTHEID Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê. Kandidaat se naam: Datum: Ek verklaar dat die hele aangehegte NSS praktiese eksamen my eie, oorspronklike werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi. Kandidaat se handtekening: Datum: Onderwyser se naam: Datum: Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam) bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is. Onderwyser se handtekening: Datum: Skoolhoof se handtekening: Datum: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all