Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12202523 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat toegewings gemaak word aan kandidate in baie gevalle: • Kandidate moet krediet ontvang vir hul eie menings en idees in hul antwoorde waar van toepassing. Geen negatiewe nasien nie. • Dit is belangrik dat argumente en stellings beredeneer/gemotiveer/gestaaf en gekwalifiseer is deur verysing na bronne/kunswerke. • Krediet moet aan laterale denke gegee word. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Waar van toepassing, moet kandidate die naam van die kunstenaar en titel van elke kunswerk voorsien vir elke kunswerk genoem. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. EEN punt moet afgetrek word as daar geen vergelyking getref is nie in 'n vraag wat kandidate versoek om te vergelyk. 6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet kandidate krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van toepassing. Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS • Hierdie nasienriglyne dien as 'n riglyn vir nasieners asook 'n onderrigmiddel. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. • LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. • Alhoewel die inligting vir die vrae in puntvorm gegee word, moet kandidate opstel/paragraaf formaat gebruik om hulle inligting in 'n holistiese wyse te bespreek. • Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde wat puntsgewys geskryf is, kan nie volpunte kry nie. Volpunte kan nie toegeken word as die titel of kunstenaar inkorrek is nie • Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES KODE • Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en Uitstekend historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. • Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Verdienstelik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 70–79% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. • Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en Aansienlik historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69% • Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. • Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en Gemiddeld historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59% • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. • Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en Bevredigend historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 40–49% • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. • Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese Elementêr en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 30–39% • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. • Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Nie behaal nie politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 0–29% • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. NASIENERS MAG SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE NASIEN EN AS 'N KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE GEDOEN HET, SAL SLEGS DIE EERSTE VYF GEKREDITEER WORD. KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD IN ENIGE VOLGORDE. Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van TWEE. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As daar geen vergelyking is nie – 1 punt As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS 'Opstaan, teen dagbreek wat ek wakker word Om my net in 'n vislose meer uit te gooi Ek het stroomaf geseil om te sien wat ek het, Ek het my boot oor die land getrek, Ek het op die grond geswem en in die stroom geloop en Van die oewer af het ek 'n kurper gesien en Tuna ook, en salmviskuite.' [Bron: 'n Vrye vertaling van 'n uittreksel uit A Song about Fishing deur Genesis Owusu] Baie Suid-Afrikaners maak 'n bestaan uit visvang. FIGUUR 1a: Peter Clarke, Fishermen (Vissermanne), olie op bord, 1960. FIGUUR 1b: Maggie Laubser, Fish Seller (Visverkoper), olie op doek, 1937. Woordelys: Kurper, tuna, salmviskuite: tipes vis en viseiers 1.1 Kandidate moet bespreek hoe die kunstenaars Peter Clarke en Maggie Laubser die lewe van vissermans uitgebeeld het en hulle mag die volgende riglyne gebruik: • Verskillende stories wat deur ELKE kunstenaar vertel word FIGUUR 1a: Clarke het twee vissermanne uitgebeeld wat op die strand loop met hul vangs van die dag. Beide van hulle dra die visse wat hulle gevang het in hul linkerhand en 'n mandjie in hul regterhand. Die vissermanne loop weg van die kyker. Die lang skaduwees dui daarop dat dit die einde van die dag is. Hulle stap huis toe. Hierdie toneel kan hul lewensbestaan/broodwinning uitbeeld. Hulle gaan óf die vis verkoop óf dit gaan hulle volgende maaltyd wees. FIGUUR 1b: Laubser het 'n jong seun uitgebeeld met 'n met 'n bak vis op sy kop. Hy gaan moontlik die vis verkoop wat hy self gevang het of gekoop het van die vissermanne in die hawe. Die jong seun kyk nie direk na die kyker nie. Hy kom voor asof hy verdiep is in sy gedagtes en moeg is. • Gebruik van kleur en kontras FIGUUR 1a: Clarke het koel kleure in die klere van die vissermans (waterstewels, denimbroeke, langmouhemde, serp, hoed en mussie) en die oseaan agter hulle (donkerblou, blou-grys, ligblou en seegroen) gebruik. Dit is gekontrasteer met die geel-oker/oranje baadjie wat gedra word deur een van die vissermanne, die mandjies, seesand en rooi vis wat deur die vissermanne gevang is. Komplimentêre kleure is gebruik in die klere (oranje en blou) sowel as die visse en mandjies (rooi en groen). FIGUUR 1b: Laubser het koel kleure gebruik vir die vis en die bak op die jong seun se kop, sy hemp, die see en die berge agter hom (liggroen, ligblou, seegroen en blou-pers). Dit kontrasteer met die bruin en geeloker wat gebruik is op die seun se gesig (gebrande siënna, bruin en gebrande oranje). Die ligte pastel kleure van die jong seun se hemp en die bak vis is in kontras met die skadu wat val word op die linkerkant van sy gesig en donkerbruin op sy nek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Komposisie en fokuspunt FIGUUR 1a: Die twee vissermanne, wat van agter gesien word, oorheers die komposisie. Hulle is in die voorgrond geplaas. Die middelgrond en agtergrond bestaan uit die strand en die see. 'n Diagonale lyn word geskep deur die skadu van die vissermanne wat die kyker se oog verder in die kunswerk inlei. Die fokuspunt is die vissermanne omdat hulle die grootste deel van die komposisie inneem óf die vis weens die helder rooi-oranje wat gebruik is. FIGUUR 1b: Die jong seun is in die voorgrond. Dit is 'n frontale aansig van hom. Die see, vissersboot en die bergreeks is in die middel- en agtergrond geplaas. Die seun is die fokuspunt omdat hy die helderste, grootste en mees gedetailleerde beeld binne die komposisie is. Die bak met vis op sy kop trek ook aandag vanweë die diagonale lyn wat deur sy hand geskep word. • Vereenvoudiging FIGUUR 1a: Clarke het die voorwerpe vereenvoudig na basiese hoekige vorms, soos die rooi vis, die mandjies en die twee vissermanne. Die dik swart buitelyne en sterk hoekige lyne vereenvoudig die voorwerpe verder. Die vereenvoudiging van vorm word dikwels geassosieer met Clarke se figuratiewe styl. FIGUUR 1b: Laubser het die voorwerpe vereenvoudig na basiese vorms, soos die jong seun se amandelvormige oë, sy hand, die vis in die bak, die vissersboot en die berge. Sommige van die voorwerpe, soos die vis se stert wat uit die bak uithang, lyk asof dit vereenvoudig en verwring is. • Atmosfeer of stemming wat geskep word FIGUUR 1a: Clarke het gefokus op die vissermanne se lewensbestaan. Hulle loop op die strand met hul vangs van die dag. Clarke beeld hierdie alledaagse toneel uit die lewe van die vissermanne uit, wat heelmoontlik van Simonstad kom, waar hy gewoon het. Hoofsaaklik koel kleure is gebruik, wat 'n somber laatmiddag atmosfeer of stemming skep. FIGUUR 1b: Laubser het gefokus op die lewensbestaan van die jong seun. Hy verkoop vis wat hy gevang het of gebring het van die hawe om so 'n bestaan te maak. Die warm kleure trek aandag na die seun se gesig. Sy ernstige gesigsuitdrukking skep 'n nadenkende atmosfeer of 'n gevoel van uitputting. Daar is 'n gevoel van bedroefdheid of moegheid in sy oë. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek, wat die lewe van mense in hulle gemeenskappe uitbeeld. Kandidate kan die volgende riglyne gebruik: • Beskrywing • Formele kunselemente • Komposisie • Hoe gemeenskappe in die kunswerke uitgebeeld word (10) [20] VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORME Sanford Biggers is 'n kontemporêre Afro-Amerikaanse kunstenaar wat nadink oor sy Afrika- en Westerse herkoms in sy kunswerk. FIGUUR 2a: Sanford Biggers, The Soothsayer (Die Waarsêer), wit marmer op houtvoetstuk, 2019–2023. FIGUUR 2b: Romeinse kunstenaar, Nymph with a Shell (Nimf met 'n Skulp), marmer, 1ste eeu (Westerse kuns). FIGUUR 2c: Benin-kunstenaar, Benin-masker, ivoor, 1600 (Afrika-kuns). Woordelys: Westerse Kuns: Westerse kuns het ontstaan in Europa tydens die Renaissance en versprei na alle kolonies soos die Verenigde State van Amerika, Australië en ander lande. Herkoms: tradisies, geloof en gebruike wat oorgedra word van een geslag tot die volgende Waarsêer: 'n persoon wat die toekoms kan sien 2.1 Kandidate moet bespreek hoe Afrika- en Westerse kuns in FIGUUR 2a gekombineer is. Kandidate mag die volgende as riglyne gebruik: • Die invloed van FIGUUR 2b op die liggaamsposisie en die naturalistiese styl van FIGUUR 2a 'n Naturalistiese styl tipies van Romeinse beeldhouwerk is gebruik vir die vroulike figuur in FIGUUR 2b. Die bene, voete en arms is in proporsie tot mekaar, met die geronde vorm van die knieë sigbaar onder die rok. Die voue van die rok is gedetailleerd en lyk soos materiaal en die liggaamsdele soos die hande en voete is ook gedetailleerd. Alhoewel die masker 'n groot deel van die liggaam bedek in FIGUUR 2a, kan ons steeds die bene, arms en gedeelte van die lyf net onder die masker sien. Die vroulike figuur het dieselfde sittende liggaamsposisie as die Romeinse beeldhouwerk in FIGUUR 2b. Sy sit in 'n vroulike posisie. 'n Kontrapposto- liggaamsposisie is gebruik waar die gewig van die bolyf effens gedraai is. Biggers het die posisie van die arm verander, maar behou die gewig op die linkerhand. Die sittende figuur kom ontspanne voor, asook die figuur in FIGUUR 2b. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Die posisie en skaal van die masker in FIGUUR 2a Die skaal van die regop Afrika-masker is uitsonderlik groot. Dit omvou en versteek die grootste deel van die vroulike figuur. Die figuur agter die masker is uit proporsie teenoor die Afrika-masker omdat dit kleiner is. • Ooreenkomste tussen FIGURE 2a en 2c Biggers het gebruik gemaak van 'n ivoormasker van Benin as bron van inspirasie om die kwessie van sy Afrika-herkoms aan te spreek. FIGUUR 2a is nie 'n direkte kopie nie, maar daar is duidelike ooreenkomste naamlik die ingesnyde lyne op die voorkop, die ovaalvorm met die oordrewe gelaatstrekke soos gesien in die oë, neus en mond. Beide maskers het groot voorkoppe en het óf 'n baard óf 'n dekoratiewe kraag. • Wat die kombinasie van Westerse kuns en Afrika-kuns oor Biggers se herkoms in FIGUUR 2a sê Biggers is 'n Afro-Amerikaanse kunstenaar. Die Afrika masker in FIGUUR 2a verwys na sy Afrika voorsate of herkoms. Die klassieke beeldhouwerk in FIGUUR 2b verwys na die Westerse kultuur in Amerika, waar hy nou woon. Die kunstenaar sien homself as 'n kombinasie van verskillende kulture. Die oorheersing van die Afrika masker weerspieël egter die belangrikheid van sy verbintenis met Afrika. • Hoe die titel, Die Waarsêer, die boodskap van FIGUUR 2a oordra Die titel van Die Waarsêer verwys na die toekoms alhoewel die kunswerk so sterk verwys na die verlede en die herkoms. Dit suggereer dat Biggers besig is om 'n nuwe identiteit vir homself as 'n Afro-Amerikaner en die toekoms waartydens Afrika kulture gevier sal word. Hy verwerk sy nuwe identiteit met hegter bande aan die Afrika kultuur. Hy ontken nie sy Westerse invloede nie, maar versteek dit agter die oorgroot masker. (8) 2.2 Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat Afrika-kultuur, -simbole en/of -tegnieke in hulle kunswerke gebruik, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Kandidate mag die volgende riglyne gebruik: • Formele kunselemente • Styl • Media en tegnieke • Betekenis/Boodskap van die kunswerk (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Op die Kaapse Vlakte het 'n Graad 3-leerder onlangs die volgende geskryf: 'Eendag gaan ek 'n 'gangster' (bendelid) word en ek gaan 'n 'gun' (geweer) in my hand vashou en 'guns' (gewere) in my huis smokkel.' [Bron: Aanhaling geneem uit Three Months in a Cape Flats School deur Nicole van Driel, 2024] Léshaan Moses toon bende-inwydingsrituele wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad beoefen word. Jongmense word gedwing om aan gewelddadige dade deel te neem om as lid van 'n bende aanvaar te word. FIGUUR 3: Léshaan Moses, Dodging Bullets (Koes vir die Koeëls), akrielverf, potlood en pen, datum onbekend. 3.1 Kandidate moet bespreek wat die impak van die kunswerk in FIGUUR 3a is op hulle as die kyker. Hulle moet verwys na die volgende riglyne: • Die gebruik van kleur FIGUUR 3a is hoofsaaklik monochromaties met 'n donkerswart agtergrond en sketsagtige wit lyntekeninge wat monsters vorm. Daar is skakerings van grys op die twee kinders wat toonwaardes skep. 'n Teenwig word geskep tussen die skakerings van grys en swart met 'n diep rooi kleur wat die kind aan die linkerkant omring, wat 'n bloedvlek agter hom skep. Die pienk op sy liggaam en klere stel moontlik bloedspatsels voor. • Die verskillende houdings van elke kind Die kind aan die regterkant is die aanvaller. Hy staan regop en rig die pistool voor hom uit. Sy arm is teen 'n reghoek met sy liggaam en wys dat hy die pistool in sy vuis vasklem. In kontras is die ander kind die slagoffer. Sy bolyf is weg van die pistool gedraai asof hy probeer om homself te beskerm van fisiese skade. Ten spyte van sy liggaamsposisie is sy kop gedraai in die rigting van die toneel van geweld. Die kind aan die regterkant het 'n sterk vertikale regop posisie in kontras met die kind aan die linkerkant wat 'n geronde buigende houding het. Dit beklemtoon die mag van die kind aan die regterkant oor die slagoffer aan die linkerkant. • Waarom die jong kinders eenders lyk Beide kinders is geteken in potlood en hulle dra dieselfde kledingstukke – 'n wit T-hemp en opgerolde denim kortbroeke. Dit kan wees dat dieselfde kind homself verbeel hoe dit is om aan beide kante van die toneel te wees, as slagoffer of as aggressor. Die kunswerk wys vir ons wat sy toekoms sal wees in beide rolle. Deur 'n pistool te rig op die seun aan die linkerkant word die daad van doodmaak of die bedreiging van onskuld gesimboliseer. Beide kinders kan verwant wees (broers of tweelinge). Die jonger broer volg in die voetspore van die ouer broer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Die styl en die betekenis van die monsters op die agtergrond Die monsters is in 'n kinderlike styl geteken. Dit herinner ons aan die gesteelde onskuld van die jong mense wie se lewens geneem is weens bendeverwantegeweld. Dit kan ook wys op die bose keuses wat bendelede afdwing deur die kind aan te moedig om 'n lewe te neem. Die monsters kan die spoke van die verlede verteenwoordig wat by hulle spook. • Verduideliking van die titel Die titel kan letterlik gelees word, deur te verwys na die fisiese daad om 'n koeël te mis om aan die lewe te bly. Die titel kan egter ook metafories gelees word as 'n manier om van gevaar te ontsnap. Hierdie manier kan beteken dat die lot van die seun is, dat hy nie aan 'n bende gaan behoort nie en dat hy dus gered word van 'n lewe van misdaad. Die titel suggereer die belangrikheid van keuse. (10) Sommige keuses moet vermy word, want dit kan jou skade berokken. 3.2 Kandidate moet enige TWEE sosiopolitieke Suid-Afrikaanse kunswerke wat hulle bestudeer het en wat 'n emosionele impak op hulle gehad het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA In hierdie foto staan Esther Mahlangu voor 'n huis waarop haar Ndebele-ontwerpe geverf is. Sy gebruik die styl van die Ndebele-muurskilderye in haar akrielverfskildery op skilderdoek (FIGUUR 4a en FIGUUR 4b). FIGUUR 4a: Esther Mahlangu, Gateway (Ingang), akriel op doek, 2005. FIGUUR 4b: Esther Mahlangu, Ongetiteld, akriel op doek, 2009. 4.1 Kandidate moet verduidelik hoe Esther Mahlangu die tradisionele Ndebele-styl binne kontemporêre skilder herdenk. Hulle mag na die volgende riglyne verwys: • Gebruik van kleur, lyn en ruimte in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b In beide FIGURE 4a en 4b is die kleure plat, helder en lewendig. Daar is 'n herhaling van beide warm en koel kleure, soos die warm geel en pienk met koue blou, pers en groen. Natuurlike bruine en swart is gebruik vir die beeste en hoenders. Vet swart lyne is gebruik in buitelyne, horisontale, vertikale en diagonale lyne. Die lyne vorm 'n raam om die sentrale prent of ontwerp met hoekige, sigsag lyne. Die lyne van die raam in FIGUUR 4b is dikker as die lyn in FIGUUR 4a. In beide FIGURE 4a en 4b bestaan die positiewe ruimte uit geometriese fatsoene en patrone met wit as die negatiewe ruimte. In FIGUUR 4a omring die wit negatiewe ruimte die huis en die diere. Daar is geen illusie van diepte geskep in FIGUUR 4a nie. Die figure en diere is op dieselfde vlak as die ingang en die huis. Die groot areas met plat kleur is omlyn met vet, swart lyne wat die prentruimte meer vervlak. • 'n Beskrywing van die landelike toneel in FIGUUR 4a 'n Tradisionele Ndebele tuiste is uitgebeeld met beeste, hoenders en 'n koeiwagter. In die onderste regterhoek sien ons 'n ingang met 'n hek na die huis waar die beeste en hoenders beskerm word deur die koeiwagter. Hy staan tussen die huis en die ingang. Daar is geen landskap uitgebeeld op die agtergrond nie. • Wat maak FIGUUR 4a vereenvoudig? FIGUUR 4a bestaan uit plat, silhoeëtvorms word gesien in die figuur en die diere. Die koeiwagter en diere is vereenvoudig tot piktogramme eerder as realistiese uitbeeldings. Die plat kleur is aangewend sonder tonale oorgange. Die tekort aan die illusie van ruimte vereenvoudig die prent verder, aangesien die diere aan die regterkant lyk asof dit in 'n oop ruimte dryf. Die toneel is omring met 'n geometriese kleurvolle raam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Komposisie en herhaling in FIGUUR 4b Die geometriese ontwerp is simmetries gebalanseerd in FIGUUR 4b. Die sentrale motief bestaan uit twee donkerpienk pyle en 'n horisontale blou reghoek wat in hakies geplaas is met twee geel sekelmaanvorms. Dit is die fokuspunt omdat dit sentraal geplaas is en omraam is. Daar is herhaling van driehoekige fatsoene wat 'n patroon rondom die sentrale motief vorm. Die gebruik van kleur in elke motief word ook herhaal. • Wat maak FIGUUR 4b abstrak, en hoe herdenk dit Ndebele-tradisies? FIGUUR 4b is abstrak omdat daar geen herkenbare figure/beeldmateriaal is nie. Dit is 'n plat geometriese ontwerp wat direk verwys na tradisionele Ndebele ontwerp. Sy betoon eer aan die ontwerpe en kultuur soos dit van geslag tot geslag oorgedra is. Dit kan gesien word in die gebruik van plat helder kleur, vereenvoudigde fatsoene en vet buitelyne wat wys op die respek en preservering van die oorspronklike ontwerpe wat tradisioneel gebruik is. Die kunstenaar sien die waarde van funksionele ontwerp in as artistiek in sy eie reg deur dit na 'n skilderdoek oor te dra. Sy het kunsvlyt kontemporêre kunsomgewing gebring en daardeur vier sy dit op die wêreldverhoog. (8) 4.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor die kunswerke van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars/kunsvlytkunstenaars van landelike Suid-Afrika wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat óf tradisionele kuns, kunsvlyt en/of geestelike kunswerke geskep het. Hulle mag die volgende riglyne gebruik: • Beskrywing van ELKE kunswerk • Enige TWEE formele kunselemente • Media en tegniek • Moontlike betekenis/boodskap/funksie (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA In Flooded Garden (Oorstroomde Tuin) het Oscar Murillo die Turbine Hall (Tate Modern, Londen) verander in 'n interaktiewe ruimte waar mense kon kom skilder. Murillo is deur Claude Monet se skilderye van sy tuin geïnspireer. Hy het begin deur op die skilderdoeke te skilder en dan die kykers uit te nooi om bo-oor sy eerste laag verf te skilder. FIGUUR 5a: Claude Monet, The Waterlilies – the Clouds (Die Waterlelies – die Wolke), olie op doek, 1920–1926. FIGUUR 5b: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), kunstenaar en kykers besig om te skilder. FIGUUR 5c: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), (lugbeeld/ boaansig), installasie in die Turbine Hall, Tate Modern, 20 Julie–26 Augustus 2024. FIGUUR 5d: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), vertoonde voltooide kunswerk, 2024. 5.1 Kandidate moet die interaksie tussen die mense en die kunswerk(e) in FIGURE 5b tot 5d verduidelik. Hulle mag die volgende riglyne gebruik: • Ooreenkomste met Monet se skildery in FIGUUR 5a Die onderwerp van Murillo se kunswerk is soortgelyk aan Monet se Waterlilies – the Clouds en dui op die inspirasie van Monet se skilderye van die leliedamme in sy tuin. Die illusie van water is uitgebeeld met dieselfde kleurpalet as in Monet se skilderye. Die ekspressiewe gebruik van kwasmerke skep lae van kleur. Dit skep 'n effek wat uit fokus en wasig is in beide Monet en Murillo se skilderye. Daar is geen gedefinieerde lyne in die skilderye nie. Beide kunswerke is groot in skaal en omring die toeskouer. • Die voordele daarvan vir die betrokke individu om deel te wees van die skepping van Murillo se kunswerk Jy is nie net 'n kyker van die kunswerk nie maar word nou ook 'n deelnemer in die skepping van die kunswerk. Daar is 'n werklike gevoel van interaksie tussen die deelnemers van alle ouderdomme. Dit kan ook 'n vorm van kunsterapie wees – die idee om verlore te raak binne die oomblik van die kreatiewe proses kan ook 'n vorm van genot wees. Die deelnemers maak hul merk op die kunswerk wat ander kan aanskou. Die werk is 'n samewerking tussen die kunstenaar en die publiek. Die deelnemers hoef geen kunservaring te hê nie. • Redes vir die sirkelvorm en die skaal in FIGUUR 5b Monet se groot waterlelie skilderye is in 'n ovaalruimte uitgestal wat die toeskouer omring. Murillo se sirkelvorm is soortgelyk, wat die indruk van die oneindige met geen beperkinge, skep. Die deelnemers word omring met die kunswerk as gevolg van die groot skaal van die skilderdoek. Hulle word oorweldig deur al die kleure. Mens kan nie sien hoe die finale kunswerk lyk nie, totdat jy wegstaan om te kyk daarna van 'n afstand. Murillo se werk verwys na Monet se panoramiese formaat en skaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Waarom Murillo as die kunstenaar beskou word, alhoewel hy nie die alleenskepper van die kunswerk is nie Murillo het die idee van die interaktiewe projek begin deur die feit dat hy geïnspireer was deur Waterlillies – the Clouds. Hy het met die idee vorendaggekom en het die proses begin. Hy het beheer behou oor die keuse van kleure asook om materiale (skilderdoek, verf en kwasse) te verskaf. Dit was sy idee om die groot skilderdoeke in 'n sirkelvorm te plaas. Murillo het ook op 'n tydraamwerk besluit vir die skepping van die kunswerk. Dit was sy visie, wat ontwikkel het tot 'n aksieplan wat saam met die publiek, wat die Turbine Hall besoek het, geskep is. • Hoe opvoering en installasiekuns Murillo se Flooded Garden (Oorstroomde Tuin) geïnspireer het Konseptuele kuns inspireer Murillo se kunsmaakproses wat nie net deur homself uitgevoer word nie, maar ook deur ander deelnemers. Daar is nie meer 'n ontkoppeling (verwydering) tussen die kunstenaar en die kyker nie. Die kyker word nou die geleentheid gegee om 'n deelnemer te wees en daarom het hulle gedeeltelike eienaarskap in die skepping van die kunswerk. Dit skep 'n groter inkoop deur die deelnemers en sal mense aanmoedig om die galery te besoek. Optrede en installasie kuns behels om te kyk, op te treë en deel te neem. Kunswerke word nie meer net gesien waar dit teen 'n muur uitgestal word binne 'n galeryruimte nie. Die tradisionele konsep van 'n skildery wat deur een kunstenaar geskep word, is getransformeer na 'n samewerking van die kunstenaar met almal, van alle ouderdomme, wat gewillig is om deel te neem. (10) 5.2 Kandidate moet TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het wat toon hoe die kunstenaars nuwe/alternatiewe media gebruik het. Hulle mag die volgende riglyne gebruik: • Beskrywing • Materiale/Tegnieke • Boodskap/Betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Nosiviwe Matikinca, die wenner van die 2023 SASOL New Signatures Kunskompetisie, vestig die aandag op die stryd in onderbefondsde openbare skole in Suid-Afrika wat deur baie leerders trotseer word. Baie Suid-Afrikaanse leerders reis ver om by die skool te kom en bevind hulleself in oorvol klaskamers waar daar 'n tekort aan hulpmiddels, soos boeke en skooltafels, is. FIGUUR 6b toon 'n installasie van keramiekskoolskoene (gemaak met die glipafgietsel- metode) en skooltafels. FIGUUR 6a: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is) (detail), keramiek-skoolskoene, 2023. FIGUUR 6b: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is), installasie-aansig van skooltafels met keramiek-skoolskoene, 2023. Woordelys: Glipafgietsel-metode: Dit is 'n keramiekproduksietegniek wat behels dat vloeibare klei, bekend as glip, in 'n gietvorm gegiet word. Die oortollige glip word dan uit die gietvorm gedreineer, wat veroorsaak dat 'n dun lagie klei teenaan die mure van die gietvorm hard raak. Die keramiek-glipbeeldhouwerk word dan in 'n keramiek-droogoond gebak. 6.1 Kandidate moet die impak van skoolervarings op leerders se identiteit, soos gesien in FIGURE 6a en 6b, bespreek. Hulle mag verwys na die volgende riglyne in hulle antwoord: • Waarom die kunstenaar gekies het om hierdie breekbare materiaal te gebruik om die skoene te skep? Skoene is veronderstel om sterk en duursaam te wees sodat dit jou voete kan beskerm. Deur 'n breekbare materiaal te gebruik as medium, beklemtoon die kunstenaar dat die kinders wat dit dra kwesbaar en breekbaar is as gevolg van armoede. Eerder as om 'n geskenk van nuwe skoene te ontvang, het die kinders skoene ontvang wat binnekort uitmekaar gaan val. Die gebreekte en gekraakte sole is in teenstelling met die doel van om skoene te dra wat leerders se voete op hul lang staptog na hul skole, sal beskerm. Die breekbaarheid van die medium kan ook 'n metafoor wees vir die kinders wat ook breekbaar is, veral binne die oorvol klaskamers waar hulle nie die aandag en sorg kry, wat hulle desperaat benodig, nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Die stemming/atmosfeer wat in FIGUUR 6b oorgedra word van die skoene in 'n leë klaskamer Die afwesigheid van die leerders en onderwysers in die klaskamer installasie skep 'n onheilspellende atmosfeer, soos in die stil skoolgange op 'n laatmiddag, wanneer almal weg is. Die lig dui daarop dat dit 'n klaskamer is in die middag. Die leë klaskamer lok die kyker uit om te dink omtrent die rede waarom die leerders en onderwysers nie daar is nie. Die steurnis wat veroorsaak is deur die teenwoordigheid van die skoene wat agtergelaat is, skep die idee dat daar 'n soort onderbreking in die les was wat veroorsaak het dat die mense gevlug het. Die skoene skep ook die gevoel van om agtergelaat te wees, asof die leerders deur die skoolsisteem gefaal is. Die leegheid van die klas stel die tekort aan ondersteuning van die verskeie belanghebbers voor. • Verduidelik die titel van die kunswerk Ndiziphiwe kan die naam wees van die kind wat die skoolskoene gegee het, of ontvang The Gift That Was Given to Me (Die present wat aan my gegee is), stel voor dat die skoolskoene tweedehands is en dat dit aangegee is deur familielede, broers of susters of ander leerders en/óf moontlik deur die insamelingsinisiatiewe van ander skole. Die idee van die 'present' is ironies omdat die skoene nie nuut en doelbewus aangekoop is nie. Die waardigheid van die ontvanger van die present word geskaad omdat die verweerde skoene lyk asof dit eintlik weggegooi moet word. • Hoe weerspieël die kunswerk die opvoedkundige ongelykhede in ons skole? Matikinca het keramiek gebruik omdat dit 'n breekbare medium is. Die lewer ook kommentaar op die breekbare onderwysstelsel in Suid-Afrika, selfs na dertig jaar van demokrasie. Die gebreekte skoolbanke en die afwesigheid van stoele suggereer dat dit nie ideale omgewing vir opvoeding en leer is nie. Die getal skoene dui ook op die oorvol klaskamer en dat leerders gedwing word om skoolbanke te deel. Daar is ook 'n afwesigheid van boeke en ander bronmateriaal soos plakkate teen die mure tesame met die gebreekte skoolbanke. Dit verwys na 'n skool met 'n tekort aan hulpmiddels en dat daar nie klem geplaas word op die aanbied van 'n kwaliteit opvoeding nie. Die tekort aan boeke en ander bronne soos plakkate op die mure en die gebreekte skoolbanke wys dat dit nie die ideale omgewing is vir onderwys en leer om plaas te vind nie. Die klaskamer is nie uitnodigend nie en mens mis 'n warm, verwelkomende omgewing vir leerders wat wil leer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Verduidelik die skoene as 'n simbool van identiteit. In die algemeen word skoene gesien as 'n statussimbool as gevolg van modegiere en handelsname. Mense koop skoene om modegiere te volg en om in te pas by hul sosiale groepe, wat dikwels verwys na hul finansiële status en hul identiteit. Die skoene in FIGUUR 6a is hoofsaaklik funksioneel en nie 'n modestelling nie. Die leerders wat hierdie aangee skoene dra kry die geleentheid om skooltoe te gaan met skoene, maar dit wys die swaarkry wat leerders ervaar wat ook 'n invloed het op hul identiteit. Leerders se ervarings op skool speel 'n belangrike rol in hul in die vorming van hul identiteit in die samelewing. Terwyl skool ervaar kan word as 'n beskermende omgewing en 'n plek van veiligheid, is dit nie die skoolervaring wat aangebied word in Matikinca se installasie nie. (10) 6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat hulle bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar) wat identiteit in ons demokratiese samelewing aanspreek. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Daar word dikwels gesê dat elkeen weet wat vir hom/haar mooi is. In die foto (FIGUUR 7a) dra Kim Kardashian 'n liggaamsgordel wat haar middel kleiner laat lyk om haar figuur te beklemtoon. Sy word deesdae dikwels as 'n simbool van skoonheid gesien. FIGUUR 7a: Kim Kardashian, Met Gala, kleurfoto, 2024. FIGUUR 7b: Peter Paul Rubens, The Three Graces (Die Drie Grasieë), olie op doek, 1639. FIGUUR 7c: Otto Dix, Portrait of the Journalist Sylvia von Harden (Portret van die Joernalis Sylvia von Harden), olie en tempera op hout, 1926. FIGUUR 7d: Jenni Saville, The Bride (Die Bruid), olie op doek, 1992. FIGUUR 7e: Delita Martins, Rain Falls from The Lemon Tree (Reën Val van die Suurlemoenboom), akriel, houtskool, dekoratiewe papiere en naaldwerk met die hand, 2020. 7.1 Kandidate moet sê hoe hulle voel daaroor dat Kim Kardashian haar liggaam fisies transformeer om deesdae 'n simbool van skoonheid te wees. Kandidate moet hulle antwoord verduidelik deur na FIGUUR 7a te verwys. Kandidate mag 'n positiewe reaksie gee omtrent Kim Kardashian se liggaamtransformasies óf hulle kan krities wees daaromtrent. Die antwoord hieronder is nie omvattend nie en kandidate mag verskillende opinies daaromtrent uitspreek. Hulle moet egter hul antwoord regverdig met verwysing na die foto in die FIGUUR 7a. (1 punt vir hul opinie met die verduideliking, 1 punt vir die waarneming wat direk van die foto in FIGUUR 7a kom.) Kandidate wat positief voel omtrent Kardashian se transformasie kan die volgende sê: Kardashian het die reg om te kies wat sy wil doen met haar liggaam. Sy kan hierdie veranderinge maak om meer positief te voel omtrent haar liggaam en haar voorkoms deur die spesifieke liggaamsvorm, 'n baie dun middel en wye heupe soos gesien in FIGUUR 7a, aan te neem. Kandidate wat krities of negatief voel omtrent Kardashian se transformasie kan soos volg beantwoord: Kardashian se veranderinge aan haar liggaam is skadelik vir vroue omdat dit die ideale van skoonheid, wat nie natuurlik is nie, behou. Jong mense kyk op na beroemde persone en eerder as om hulle aan te moedig om te vier hoe hulle lyk, plaas Kim Kardashian se stelling die idee na vore dat skoonheid moeilik of onmoontlik kan wees om te bereik, soos gesien in die onnatuurlike liggaamsvorm met die baie dun middel en wye heupe wat ons sien in FIGUUR 7a. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 7.2 Kandidate moet bespreek hoe konvensionele idees van skoonheid versterk of uitgedaag word in die skilderye van vroue? Kandidate moet ENIGE TWEE kunswerke kies uit FIGURE 7b, 7c, 7d of 7e om hierdie vraag te beantwoord. Kandidate mag die volgende riglyne gebruik: • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van skoonheid • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke • Die impak van kleur • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid Kandidate moet ENIGE TWEE kunswerke kies om te bespreek: FIGURE 7b • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van skoonheid In FIGUUR 7b, word skoonheid uitgebeeld deur gesonde en geronde liggame. Daar was 'n groter waardering van die voller sensuele vroulike liggaam. In die geskiedenis is die vrou se rol sinoniem met moederskap en daarom het die kunstenaar hul wye heupe beklemtoon as verwysing na hulle vrugbaarheid. • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke Die Drie Grasieë uit Griekse mitologie stel die drie dogters van Zeus voor. Hulle versinnebeeld Vrolikheid, Elegansie en Jeug/Skoonheid. Die vroue is baie gemaklik met hul naakliggame. Die drie vroue lyk ook gemaklik in mekaar se teenwoordigheid en is vervleg in 'n sirkel en raak aan mekaar. Die twee aan die linkerkant se arms is verbind aanmekaar en kyk na mekaar. Die sentrale figuur strek haar arm na die figuur aan die regterkant, wat in die van die sirkel inkyk. Hulle staan in 'n contrapposto-liggaamsposisie, met die gewig op een been, wat terugverwys na Klassieke Griekse beeldhouwerk. • Die impak van kleur Rubens skilder met natuurlike kleure en tonale graduering om sy onderwerpe in 'n naturalistiese styl uit te beeld. Die figure is helderder en staan uit teenoor die donkerder agtergrond en die blou lug. Die kleure is harmonieus met ligte, sagte tonale waardes in die figure. • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid Die werk daag nie die konvensionele idees van die skoonheid van die tyd uit nie. Dit versterk eerder die idee dat vroue as voorwerpe van skoonheid beskou word met sagte houdings en hul porselein velle asook die sagte gloei wat hulle omring. Hierdie tipe kunswerke is dikwels gemaak vir 'n manlike kykers deur die vrouefigure aan te bied as mitologiese karakters. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 7c • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van skoonheid Na die Tweede Wêreldoorlog in die 1920s was daar 'n 'nuwe vrou' wat begin werk het en na haarself gekyk het. Dit was die begin van feminisme. Dix beeld 'n persoon uit wat meer androgeen lyk, met kort hare en wat haar gesig wit met rooi lipstiffie opgemaak het. Sy is uitgebeeld met groot hande, 'n geboë figuur, terwyl sy op haar eie rook en drink. Sy was die voorstelling van 'n nuwe bevryde en intellektuele vrou. • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke In die 1920s sou dit ongewoon gewees het om 'n vrou alleen te sien sit by 'n klein tafeltjie terwyl sy rook en drink, soos ons sien in FIGUUR 7c. Dit sou meer verwag wees om 'n man te sien sit wat alleen sit en rook en drink in die publiek. Von Harden lig haar hand met haar sigaret asof sy in die middel van 'n gesprek is, terwyl sy haar hande gebruik in 'n gebaar asof sy besig is om te praat. Sy staar verby die kyker met 'n intense blik. Von Harden kom voor as hardkoppig en nadenkend, wat haar rol as joernalis eggo. Dit kom voor asof sy betrokke is in 'n intellektuele gesprek. • Die impak van kleur Terwyl Von Harden is nie uitgebeeld is in 'n konvensionele sagte en vroulike manier nie, het Dix pienk in die agtergrond gebruik, wat sinoniem is met vroulikheid. Von Harden is aangetrek in rooi wat kras lyk teenoor die pienk agtergrond. • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid Hierdie portret van Sylvia von Harden is nie 'n tradisionele uitbeelding van vroue in die 1920s nie. Dix trek aandag die onderwerp se karakter as iemand wat haarself laat geld eerder as om haar voorkoms te beklemtoon, deur te verwys na haar rol as 'n joernalis in die titel. Dit dui ook op haar posisie as werkende persoon in die 1920s FIGURE 7d • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van skoonheid In FIGUUR 7d, het Saville die tradisionele idee van skoonheid omgekeer deur die figuur wat uittroon bo die kyker of die kyker kyk op na die figuur. Sy gee ook 'n verwringde en onvleiende aansig van die figuur. Sy oordryf die vorms en beklemtoon die verf-aanwending as uitbeelding van die skoonheid van vel. Sy beklemtoon die figuur se arms omdat sy die blomstingels vashou in 'n sterk greep. Sy kom voor as sterk. Die beknopte aansig en voorverkorting maak dat sy groter lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Die bruid is uitgebeeld in 'n wit rok, 'vratte en al' en is nie geïdealiseerd nie. Hierdie werklikheid kontrasteer met die kontemporêre verwagting van bruide om te streef om 'n slanke figuur te hê. • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke Jenni Saville se The Bride wys 'n onkonvensionele uitbeelding van 'n bruid van baie naby en van onder af. Sy kyk nie na die kyker om haar gesig te wys, soos in troufoto's nie. Sy dra nie 'n versierde en mooi trourok nie en haar hare en grimering is nie gedoen nie. Sy lyk asof sy haar onderklere dra, terwyl sy die blomme vashou en 'n sluier dra. • Die impak van kleur Ons assosieer dikwels suiwer wit met trourokke as historiese simbool van suiwerheid en maagdelikheid. Saville gaan teen hierdie idee in deur pienke as ligpunte op die onderklere te gebruik met blou en grys as die skaduwees. Die ontwrigtings van verskillende toonwaardes druis in teen die suiwer, skoon, wit voorkoms. • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid Die bevestigende voorkoms van haar liggaamsposisie suggereer dat sy gemaklik is in haar eie vel. Die bruid val nie in by die konvensionele prente van bruide nie. Sy is nie besig om enige iemand se eiendom te word nie. Jenni Saville skilder 'n ander tipe skoonheid van ons tyd. Die vrou se gesig is gesond en dit is 'n positiewe liggaamsbeeld wat vier dat sy 'n sensuele vol figuur het en 'n sterk vrou is. FIGURE 7e • Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van skoonheid Die vrou in FIGUUR 7e dra 'n swembroek wat haar bors, arms en bene ontbloot. Sy kom natuurlik voor, sonder 'n opgesmukte haarstyl en grimering. • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke Die werk is 'n viering van die skoonheid van jeug. Daar is ook 'n viering van 'natuurlike' skoonheid waar grimering nie gedra word nie, iets wat populêr gemaak is deur bekendes in die afgelope paar jaar. • Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke FIGUUR 7e wys 'n vrou wat met gekruisde bene sit, haar arm op haar knie en ken op haar hand. Sy staar in die verte in. Sy kyk nie na die kyker nie. Sy lyk ontspanne en is nie bewus dat sy deur die kyker aanskou word nie. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Die impak van kleur Die blou reëndruppelvorms is deurskynend en oorvleuel gedeeltelik met die swart en wit monochromatiese toonwaardes van haar gesig en liggaam, sonder om die liggaam te bedek. Die blou reëndruppels maak 'n direkte verwysing na die titel. Dit kan die patroon van 'n handdoek waarop die figuur sit, suggereer. Die blou verwys ook na water omdat sy geklee is om te gaan swem. Blou oorheers die komposisie van die kunswerk. Die rooi van die uitgesnyde blompatroon rondom haar nek, kontrasteer met die swart en die blou. Dit verwys na tradisionele kantkrae wat deur koninklike vroue gedra is, en op daardie manier is dit in teenstelling met die baie gemaklike liggaamsposisie en kleding. • Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van skoonheid Die kunswerk vier die natuurlike skoonheid van die vrou omdat sy nie grimering dra nie en haar hare is opgebind. Dit lyk asof sy langs 'n swembad sit en sy is gemaklik in haar eie vel, sonder om in te val met tradisionele idees van skoonheid. 7.3 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat kommentaar lewer op geslagskwessies. Hulle mag die volgende riglyne gebruik: • Kort beskrywing van die kunswerk • Media en tegniek • TWEE formele kunselemente • Geslagskwessies wat verken word (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Die vorige president Thabo Mbeki het 'n visie gehad van die nuwe Presidensiële Sentrum as 'n gebou wat 'beoog om beide 'n Afrika-verlede en 'n Afrika-toekoms te kombineer. Dit sal 'n plek wees waar Afrikane hulle eie geskiedenis en identiteit kan blootlê.' Hierdie Sentrum huisves 'n museum, navorsingsentrum, spesiale versameling en 'n lees- en argiefsentrum ('n versameling van historiese dokumente of rekords). Die Presidensiële Biblioteek huisves artefakte en sleuteldokumente om Afrika-geskiedenis en -kennis te bewaar. Die argitek het die vorm van 'n Afrika-styl-graanskuur ('n struktuur waarin graan gestoor word) as inspirasie vir sy ontwerp gebruik. FIGUUR 8a: Sir David Adjaye van Adjaye Associates, Thabo Mbeki Presidensiële Biblioteek, Riviera, Johannesburg, Suid-Afrika, gekompakteerde lae modder, 2021. FIGUUR 8b: Adjaye Vennote, Thabo Mbeki Presidensiële Biblioteek, Riviera, Johannesburg, Suid-Afrika, 2021. FIGUUR 8c: Tradisionele graanstoor, Niger, modder, datum onbekend. 8.1 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle bespreek hoe die Presidensiële Biblioteek die tradisionele graanskuur herinterpreteer het tot 'n funksionele publieke ruimte. Hulle kan die volgende riglyne gebruik: • Hoe die graanskuur in FIGUUR 8c 'n invloed op die vorme, kleur en tekstuur van die gebou in FIGUUR 8a gehad het Die Adjaye Vennote se Thabo Mbeki se Presidensiële Biblioteek het die geronde vorm geneem van die graanskuur in FIGUUR 8c. Die geboogde vorm van die dak en die ronde, sirkelvormige basis van die struktuur eggo die graanskuur. Die soliede en die ononderbroke oppervlakte van die mure is ook soortgelyk aan die graanskuur. Die graanskuur het 'n rowwe oppervlak en die klei lyk droog met 'n gespikkelde oppervlak. In die Presidensiële biblioteek het die gekompakteerde lae modder 'n gladder oppervlak, maar die tekstuur is sigbaar in die horisontale bande van die verskillende kleure klei lae wat 'n gelaagde oppervlak suggereer. Die bruin kleur van die tradisionele graanskuur in FIGUUR 8c vermeng met die natuurlike omgewing, spesifiek die grond. Soortgelyk hieraan het die argitekte in FIGUUR 8a die kleur van die klei ontbloot gelaat deur nie die gebou te verf nie. Die variasie van aardse terracotta kleure van die gebou ontbloot die proses van die verskillende lae klei wanneer dit uit die grond uitgegrawe word. Dit verwys na die tradisionele gebruik van klei of modder as boumateriale. • Die rol/funksie van die opening in FIGUUR 8a en in FIGUUR 8c Die graanskuur in FIGUUR 8c is gelig van die grond af om te verhoed dat die reën of nat grond in die struktuur inkom. Die openinge aan die onderkant van die graanskuur word herhaal in die ingangsopening van die Presidensiële biblioteek. Die geometriese fatsoen van die ingangsopening van die Presidensiële biblioteek lyk soos die negatiewe fatsoene tussen die bakstene aan die basis van die graanskuur. Die ingang is groter in skaal as die openinge in die graanskuur. Hierdie openinge onderbreek die vorm van die gebou en is herhaal in die dak van die Presidensiële biblioteek. Terwyl dit nie geneem is van die graanskuur nie lyk dit asof die argitekte hierdie besluit geneem het om natuurlike lig in die gebou in te laat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1 23 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Waarom jy dink die argitekte in FIGUUR 8a 'n tradisionele struktuur (FIGUUR 8c) as 'n invloed gekies het Dit kom voor asof die argitekte 'n doelbewuste besluit gemaak het om te verwys na die tradisionele graanskuur. Hulle het gebruikgemaak van 'n bekende tradisionele struktuur sodat die Presidensiële biblioteek bekend sou voel aan Afrika. Die kleur van die graanskuur vermeng met die natuurlike landskap. Die vorm en kleur verskaf ook maniere om die gebou te integreer in die natuurlike landskap. • Watter verhouding die argitekte tussen die funksie van 'n graanskuur (FIGUUR 8c) en die idee van 'n biblioteek (FIGUUR 8a) gesien het Die argitekte het gewerk met die idee van 'n stoor struktuur – die graanskuur is 'n stoorplek vir graan. Dit is gebruik as 'n metafoor vir 'n biblioteek, wat 'n stoorplek vir boeke en dus vir kennis is, waar mense navorsing kan doen of waar hulle opvoedkundige lesings kan aanbied. Dit verwys na die idee van graan as stapelkos en daarom kennis/boeke as voedsel. Die sirkel fatsoen bevorder die idee van mense wat vergader. Soos graanskure kan die Presidensiële biblioteek gesien word as 'n stoorplek vir hulpbronne. (8) 8.2 Kandidate moet TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat hulle bestudeer het, analiseer, wat funksionaliteit en kenmerkende ontwerp tot voordeel van die gemeenskap gebruik. Hulle mag die volgende riglyne gebruik in hulle antwoord: • Invloede • Terrein en omgewing • Materiale en konstruksietegnieke • Argitektoniese styl (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all