Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2020
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 353.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
voorsiening gemaak word:
Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
Gee krediet vir laterale denke.
Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoorde te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte
kunstenaar en titel van die werk toegeken.
6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
7 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Uitstekend Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
80–100% Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
6 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
Verdienstelik lewer.
70–79% Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
5 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Aansienlik Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
60–69% terminologie.
Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
4 politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
Gemiddeld Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
50–59% Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
3 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Bevredigend te lewer.
40–49% Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
2 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Elementêr te lewer.
30–39% Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
1 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Nie behaal nie te lewer.
0–29% Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar in plaas van twee bespreek is .
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1 Kandidate moet die verskille tussen FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bespreek deur
sommige van die volgende riglyne te gebruik.
Onderwerp
FIGUUR 1a: Pierneef beeld 'n Hoëveld toneel uit, die boskamp van Anton van
Wouw by Rooiplaat. Die beeldhouer Anton van Wouw was die peetpa,
onderwyser en mentor van Pierneef. Pierneef het sy vormingsjare in Van
Wouw se ateljee in Pretoria deurgebring, om die ouer kunstenaar se
tekentegnieke en deeglike waarneming na te volg.
FIGUUR 1b: Skhosana illustreer 'n toneel in 'n stedelike woongebied. Die twee
kunswerke kontrasteer met mekaar deur die onderwerp van die werke en die
tegnieke waarmee dit geverf is. Pierneef se werk is 'n vroeëre werk terwyl die
werk van Skhosana baie later voltooi is. Sy skilderye van township lewe, wat
nie veel verander het sedert die politieke veranderinge van 1994 nie, bevat
sosio-ekonomiese standpunte gemeng met humor en ironie. Sy werke dra
meer ooglopende tekens van ellende en armoede wat bydraende faktore is tot
misdaad, dwelmverslawing en prostitusie, soos wat mense veg vir oorlewing.
Kleur en lyn
FIGUUR 1a: Pierneef se skildery het sagte, dowwe en uitgewaste kleur, wat 'n
kalm en naturalistiese landskap uitbeeld. Shkosana kies helder pienke,
oranjes, bloue en groene om sy landskap op te vrolik, waar Pierneef sagte
groene, okers en bruine kies om sy dokumentering van 'n vreedsame landskap
te skep. Die figure is geverf in skakerings/toonwaardes van groen/geel oker.
Die vuur is geskep met hues van rooi, gele en bruine. Die bome is gevorm
deur vertikale lyne en die takke van die bome word organiese vry-vloeiende
lyne wat beweging suggereer. Die horisontale lyn skep 'n definitiewe horisonlyn
in die middelgrond wat perspektief skep. Diagonale lyne kan gesien word in die
skepping van die tent en die tenttoue. Die gras in die voorgrond is gevorm deur
diagonale lyne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 1b: Die kunstenaar het gekies om gelukkige, stralende vibrerende
kleure te gebruik om 'n gelukkige kunswerk te skep alhoewel daar tekens is
van armoede en 'n gebrek aan 'n infrastruktuur. Die kunstenaar het
komplimentêre kleure gebruik bv. blou en oranje, rooi en groen en pers en
geel. Hierdie kleure is nie verteenwoordigend van die werklikheid nie. Hy het
areas van geel verf dwarsdeur die komposisie gebruik. Die elektriese/telefoon
pale vorm vertikale lyne wat krag en mag voorstel. Horisontale lyne is sigbaar
in die heining, straat en huise. Diagonale lyne is sigbaar in die dakke en
gebroke heinings in die voorgrond van die komposisie. Graffiti kan gesien word
op die groen deur van die groot huis en die sement muur.
Fokuspunt
FIGUUR 1a: Die wit tent wat net af van die middelpunt af voorgestel is, is die
fokuspunt. Die donkerder take van die boom skep arabesk lyne en die vorms
van die omringende bome omraam die tent.
FIGUUR 1b: Die helder, oranje huis domineer die komposisie. Die groter
oranje huis is helderder as die ander huise wat dit meer laat uitstaan as die
res. Die kinders wat langs die huis speel trek aandag as gevolg van die
diagonale lyn van die grasperk en die huis wat die oog daarna toe trek.
Perspektief
FIGUUR 1a: Perspektief is verkry deur die bome wat kleiner word soos wat die
komposisie na agter beweeg. Perspektief is geskep deur die gebruik van
dowwe kleure in die agtergrond wat diepte aan die kunswerk verleen.
FIGUUR 1b: Perspektief is geskep deur die huise en figure wat kleiner geteken
is in die agtergrond.
Stemming/atmosfeer
FIGUUR 1a: 'n Kalm en rustige atmosfeer is geskep deur die sagte/koel palet.
FIGUUR 1b: 'n Vibrerende en gelukkige atmosfeer is geskep deur die
kunstenaar se gebruik van helder kleur, onderwerp en lewendige toneel. Die
groen grasperk, hoenders, los klippe en ander objekte en figure voor die oranje
huis skep 'n informele atmosfeer.
Styl
FIGUUR 1a: Die kunswerk is in 'n naturalistiese styl geverf. Daar is sigbare
kwashale en areas van Impressionistiese kwaliteite soos gesien kan word in
die kort kwashale in die gras en blare sowel as in die veld in die middelgrond.
Die geel en geel-oker graslande in die agtergrond herinner ons aan die
verftegnieke van Van Gogh.
FIGURE 1b: Dit is gestileerd. Die kunstenaar sien sy werk as humoristies,
eenvoudig in benadering om 'n komiese en naïewe kunswerk te skep. Daar is
geen sigbare kwashale in die kunswerk nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (10)
wat uitdrukking gee aan hulle onmiddellike omgewings. Hulle mag die
volgende riglyne gebruik:
Beskrywing van die spesifieke plek/omgewing van die toneel en
komposisionele aspekte
Kunselemente
Tegnieke en media
Invloede
Styl
[20]
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Olaf Hajek, 'n Duitse kunstenaar, word deur sy reise na Suid-Afrika beïnvloed. Hy
gebruik sy indrukke van Afrika as 'n vertrekpunt en kombineer dit met 'n gevoel van
verwondering wat deur Afrika se natuurlike en kulturele skoonheid geïnspireer word.
2.1 Kandidate moet bespreek hoe Hajek sy gevoel van verwondering uitdruk in die
natuurlike en kulturele skoonheid van Afrika. (10)
Verwys na die volgende:
Natuurlike/kulturele invloede
Die toneel beeld 'n interieur vertrek uit, gevul met verskillende Afrika
beeldhouwerke en maskers. Eksotiese plante, soos orgideë, en voëls is in 'n glas
huis geplaas wat kan verwys na die eksotiese Afrika kontinent. Die tuin en plante
verwys na die natuur. Die verskeie helder vibrerende kleure en patrone kan ook
verwys na die invloed van die Afrika son en lewendige kulture.
Komposisie
Die kunswerk het 'n horisontale formaat. Die interieur en eksterieur van die gebou
is uitgebeeld. Die interieur is geplaas aan die onderkant van die kunswerk terwyl
die tuin in die agtergrond gesien kan word. Verskeie Afrika maskers is lukraak
geplaas aan die onderkant van die komposisie. 'n Lêende vroulike figuur kan
gesien word op die vloer van die interieur. – sy leun op haar elmboog. 'n Glas
huis/konserwatorium is geplaas aan die regterkant van die komposisie. Dit is
gevul met eksotiese plante en voëls. 'n Tuin met verskeie bome, plante, 'n fontein
en grasperk is sigbaar deur die boogingange. Leerders kan verwys na die Grand
Odalisque van Ingres.
Perspektief
Diepte is geskep deur die diagonale lyne van die vloer en die oorvleueling van
vorms en volumes. Die plantegroei in die agtergrond is baie kleiner geverf as die
objekte in die voorgrond wat ruimte en diepte skep. Multi-punt perspektief is
gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Kleur
Baie juweelagtige, sterk, vibrerende kleure is deur die kunstenaar aangewend
bv. groene, turkoois, pienke, rooie, gele en bloue. 'n Helder blou/turkoois kleur is
in die fontein gebruik. Die beelde/figuurtjies is swart, grys en bruin. Die lêende
figuur dra 'n wit en pienk masker wat kontrasteer met die helder agtergrond.
Kleurvolle patrone kan in die vloer en in die rok gesien word. 'n MAKSIMUM van
2 punte moet toegeken word.
Of sy indrukke van Afrika suksesvol is of nie.
Die kandidaat moet noem of hy/sy dink dat die kunstenaar 'n suksesvolle indruk
van Afrika skep of nie. Hulle moet hulle argument motiveer deur na die kunswerk
te verwys.
2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende Suid Afrikaanse kunstenaars
bespreek wat die invloed van Afrika simbole en kunsvorms in hulle werk uitbeeld.
Gebruik sommige van die volgende riglyne:
Onderwerp
Invloede van inheemse kunsvorme en simbole
Kunselemente
Styl en tegniek
Moontlike betekenisse/boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Kunstenaars voel dikwels emosioneel deur voorval geraak en die behoefte om hierdie
ervaringe visueel te dokumenteer. Pablo Picasso was geskok oor die bomaanval op
Guernica, 'n plattelandse dorpie in noordelike Spanje, gedurende die Spaanse
Burgeroorlog. Baie onskuldige vroue en kinders het in hierdie oorlog hulle lewens
verloor.
Ayanda Mabula beeld baie jare later die weduwees uit van die mynwerkers wat tydens
'n staking by Marikana in Noordwes in Suid-Afrika doodgemaak is. Die Suid-Afrikaanse
Polisiediens het op 16 Augustus 2012 op 'n groep stakende mynwerkers by Marikana
begin skiet en 34 mynwerkers gedood en nog 78 ernstig gewond.
3.1 Kandidate moet bespreek hoe die kunstenaars in FIGURE 3a en 3b hulle protes
uitgebeeld het teen die onregverdighede van die mensdom deur te verwys na
sommige van die volgende riglyne:
Beeldgebruik en simbolisme
FIGUUR 3a: Picasso het fragmente van mense en diere in sy werk gebruik.
Beelde van ligbronne, 'n lamp vasgehou deur 'n uitgestrekte arm en 'n
gloeilamp (son) aan die bokant van die komposisie kan gesien word. 'n Hand
wat 'n gebreekte swaard vashou is sigbaar in die voorgrond. 'n Bul is geplaas
bo links in die skildery. 'n Perd met 'n oopgesperde bek domineer die
middelpunt van die kunswerk. Aan die linkerkant is 'n ma wat haar dooie baba
vashou. Aan die regterkant is 'n gesig wat in die prentvlak inkyk en 'n figuur wat
op een knie staan wat ook in die prentvlak inkyk. Ver regs is 'n figuur met twee
hande in die lug en 'n oopgesperde mond. Reg in die middel aan die bo-kant
van die kunswerk is 'n gloeilamp of strale van die son wat 'n metafoor is vir 'n
nuwe begin of 'n nuwe lewe. Die oopgesperde monde van die mense en diere
beeld vrees en terreur uit. Die skerp gepunte ore van die bul en die skerp tong
van die perd herinner aan spiese wat in gevegte gebruik word. Die fragmente
van die mense is simbolies van al die vroue en kinders wat dood is in
Guernica. In die neus van die perd is 'n beeld van 'n kopbeen wat van die dood
getuig. Die bronne van lig kan aandui dat lig gewerp moet word op die gruwel
van die mensdom. Dit kan ook simbolies wees van hoop en 'n nuwe lewe. Die
middelste lig wat skyn soos die son, herinner die wêreld aan hierdie tragiese
gebeurtenis.
FIGUUR 3b: Hierdie is 'n besige toneel in 'n stad met die woord OK Bazaars
geskryf in spieëlskrif op een van die geboue in die agtergrond. Dominerend in
die voorgrond is 'n foto van 'n vrou aangetrek in tradisionele kleredrag. Sy dra
'n houer op haar kop met 'n hoender wat bo uitsteek. Aan die linkerkant van die
figuur is 'n antieke motor met 'n karikatuur van 'n jong man se gesig op die
agterste sitplek. Regs van die fokale punt is 'n klein trokkie gelaai met goedere.
In die middelgrond is mense wat oor die straat loop. 'n Vrou wat haar baba op
haar rug dra kan voor links gesien word. Ver links in die werk is deel van 'n ou
bus wat in die prentvlak in beweeg. Aan die regterkant in die agtergrond is 'n
foto van die struktuur van 'n myn. Reg in die middel van die kunswerk aan die
bokant is dieselfde beeld van die gloeilamp wat soos die son skyn soos in
FIGUUR 3a. Die vrou in die middel verteenwoordig al die weduwees wie se
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
mans dood is tydens die staking by Marikana myn. Sy is alleen en moet nou
self sorg. Sy mag dalk 'n die lewendige hoender probeer verkoop in die stad
vir 'n inkomste. Ironies is die OK Bazaars in die agtergrond gewoonlik die
supermark waar 'n mens kos koop. Dit word 'n metafoor vir die mense wat 'n
inkomste het. Die beeld van die myn is opsetlik daar geplaas om aan te dui
dat dit die rede was vir die vrou se armoede. Die veteraanvoertuig is simbolies
van die koloniale rykes. Die vintage bus is ook 'n aanduiding van die vervoer
wat gebruik word vir die meerderheid van die mense. Die ligbron in die middel
is geplaas om die mense te herinner aan hierdie tragedie.
Ooreenkomste en verskille
Ooreenkomste: Mabulu het dieselfde ligbron as Picasso gebruik. Dit verleen
aan Mabulu se werk 'n 'Afrika Guernica' kwaliteit. Al twee werke beeld 'n
tragiese onnodige voorval in die geskiedenis van hulle lewens uit.
Verskille: Die verskille lê in die gebruik van media sowel as die tegnieke wat
gebruik is. FIGUUR 3a: Olieverf is gebruik in 'n Kubistiese styl. Foltering en
terreur is deur die gesigte en oopgesperde monde en fragmente van mense en
diere uitgebeeld. FIGUUR 3b bevat kenmerke van Realisme in die foto's en
Surrealisme in die skets van die groot kop in die antieke motor, die naïewe
tekening van die groot hoender en die suggestie van die myn in die agtergrond.
'n Alledaagse toneel van stadslewe is uitgebeeld en die enigste herinnering
aan die tragiese gebeurtenis is die herhaling van Picasso se son van die
Guernica.
Media en tegnieke
FIGUUR 3a: Picasso het olieverf in 'n kubistiese styl gebruik.
Gefragmenteerde mense en diere kom voor asof hulle 'gebreek' is as gevolg
van die bombardering van die dorp Guernica. 'n Melankoliese gevoel word
geskep deur gebruik te maak van die swart, wit en grys.
FIGUUR 3b: Deur gebruik te maak van werklike foto's, maak dit die kyker meer
bewus van detail in hierdie realistiese werk. Die tekening van die ligbron as 'n
herhaling van die een in die Guernica, dui aan die hartseer en verlorenheid van
die weduwees van Marikana.
Styl
FIGUUR 3a: Figuratief met Kubistiese invloede. Gefragmenteerde vorms en
duidelike lyne. Verskeie aansigte kan gelyktydig gesien word.
FIGUUR 3b: 'n Tikkie Surrealisme is sigbaar in die werk as gevolg van die
keuse van die media (foto-montage).
Betekenis en boodskappe:
FIGUUR 3a: Picasso wou sy weerstand teen oorlog uitdruk en wat dit aan
vroue en kinders doen. Die gefragmenteerde en gefolterde uitdrukkings van die
diere en mense dra 'n boodskap van, gruwel, angs en verslaenheid oor.
FIGUUR 3b: Mabulu gee 'n realistiese narratiewe seining van hoe die
weduwees van die mans wat dood is by Marikana moet oorleef. Hy vergelyk
hulle lewens met die rykdom van die stad wat gegenereer is deur die inkomste
van die myn.
Watter kunswerk wek die meeste emosie? Kandidate moet hulle
antwoorde motiveer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerk bespreek van enige
TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het wie se werk
sosio- en/of politieke kwessies reflekteer.
Hulle moet die volgende as 'n riglyn gebruik:
Kunselemente
Komposisie
Beeldgebruik en inhoud
Styl (12)
[20]
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
4.1 Kandidate moet of Figuur 4a OF FIGUUR 4b kies en skryf 'n paragraaf deur
die volgende riglyne te gebruik:
Uitbeelding van die figure
In beide kunswerke is skaduwees sigbaar aan die linkerkant van die skilderye
wat suggereer dat die ligbron van die regterkant van die komposisie afkomstig
is.
FIGUUR 4a: Sewe figure is geplaas in die middelgrond van die komposisie.
Vyf vroue is geplaas agter die hoof manlike figuur. Hy word uitgebeeld met sy
regterhand gelig en sy mond oop Dit veronderstel dat hy die jong man/vrou
met sy/haar rug na die kyker seën/doop. Al die figure is in die water en 'n
grasland en bome is sigbaar in en om die water. Die figure is almal geklee in
wit en blou klere. Die figure is groot en sonder baie detail.
FIGUUR 4b: Die kunswerk beeld 'n woning uit met drie hutte/rondawels en vier
figure. Die figure is geplaas in die middel van die prentvlak. Die drie vroulike
figure dra elk 'n handsak en die manlike figuur stoot 'n speelgoed draadkar. Die
titel stel voor dat hulle jonk en sorgvry is. Dit kan wees dat hulle 'n speletjie
speel dat hulle inkopies gaan doen en die seun die motor bestuur. Die figure is
groot sonder baie detail.
Formele kunselemente
FIGUUR 4a: Die kunswerk het 'n lewendige gevoel van kleur. Die figure is
geklee in wit klere met donker embleme van sterre en kruise. Die vroulike
figure dra wit hooftooisels wat versier is met klein kruise en sterre. Die figure
staan in blou poel water. Die landskap agter die figure is hoofsaaklik groen-
geel/oker. Die sterk komposisie het vertikale en horisontale lyne in die kruise.
Geboë lyne is sigbaar in die lyn wat die water van die gras skei en die grasveld
van die bome. Die rimpels op die water vorm kort, horisontale lyne wat
kontrasteer met die vertikale lyne in die bosse/grasland. Die portrette van
hierdie figure is geskilder in toonwaardes van bruin. Daar is geboë, vloeiende
lyne in die klere. Visuele teksture is sigbaar in die grasland en die water. Die
komposisie is sterk en dekoratief wat die mag van Afrika-vroue vier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 4b: Komplementêre kleure, nl. blou en oranje is dominant in die
prentvlak. Die hutte is versier met groen, blou en oranje geometriese patrone.
Die patrone is langs mekaar geplaas teen die wit mure van die hutte. Die
grasdakke is donker. Al die figure is geverf in toonwaardes/skakerings van blou
en groen. Die speelgoed motor is geverf in helder vibrerende rooi.
Geometriese lyne skep patrone op die mure van die hutte. Delikate dun wit
lyne wat die figure omlyn skep amper 'n stralekrans-effek. Daar is geen
tekstuur in die skildery nie aangesien gladde kwashale gebruik is
Gebruik van perspektief
FIGUUR 4a: Die kleiner vroulike figure is agter mekaar geplaas in die
agtergrond en die figuur in die voorgrond van die komposisie met sy/haar rug
na die kyker, lei die oog in die prentvlak in om diepte te skep. Die vloeiende
horisontale lyne by die kant van die poel skep 'n een-punt perspektief.
FIGUUR 4b: Die plasing van die figure wat kleiner word en in 'n diagonale lyn
staan, lei die oog in die prentvlak in wat perspektief skep. Die twee kleiner
hutte agter die sentrale groot hut skep 'n illusie van ruimte.
Gebruik van patroon en simbole
FIGUUR 4a: Die kruis op die rug van die gedoopte figuur simboliseer
Christenskap. Hierdie kruise word herhaal op die krae van die kledingstukke
wat gedra word deur die ander mense. Die figuur ver regs het sterre op die
kraag. Hierdie sterre kan die ster van Bethlehem simboliseer wat die geboorte
van Christus aankondig. .
FIGUUR 4b: Tipiese etniese geometriese patrone is op die mure van die hutte
aangewend. Die oranje en blou driehoeke is geplaas op 'n groen rand wat die
mure van die hutte versier. Die patrone word narratief aangesien dit inligting
gee oor verskeie kulture. (8)
4.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE voorbeelde van Suid-
Afrikaanse vlyt-kunstenaars en/of spirituele kunstenaars bespreek.
Onderwerp/inhoud
Invloede en inspirasie
Kunselemente
Gebruik van materiaal en tegnieke
Funksie en/of boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Heinings, skeidings, versperrings, mure, grense en hindernisse beperk ons
vryheid van beweging.
Toe die Berlynse Muur in 1989 geval het, was daar nog 11 ander lande in die wêreld
met grensheinings en mure. Teen 2016 het 70 lande nog grensheinings en
mure gebou. Ai Wei-Wei pak hierdie kwessie in sy interaktiewe 300 stuk- openbare
kunswerk aan, wat in die stad, New York, Amerika, geïnstalleer is.
Die installasies in FIGUUR 5a en 5b maak deel uit van die uitstalling, Good Fences
Make Good Neighbours, in New York.
5.1 Kandidate moet bespreek hoe Ai Wei-Wei die internasionale migrasiekrisis en
huidige globale apolitieke landskap aanspreek deur na sommige van die
volgende te verwys:
Interpretasie en keuse van die ligging/plek
Hierdie is 'n stadswye publieke uitstalling, 'n reeks van grootskaalse en
kleinskaalse installasies oral deur New York. Die spesifieke ligging van Figure
5a en 5b betoon eer aan WEIWEI se eie lewe, waar hy vir meer as 'n dekade
in die stad gewoon het. Hy wou sy liefde en respek terug betaal aan die stad
van New York. Die werke strek van monumentale strukture tor 200 unieke
baniere wat aan lamppale vasgemaak is in al vyf munisipaliteite (dorpe), en
beelde van vlugtelinge wat in spasies vertoon word wat gewoonlik vir
advertensie gebruik word. Die uitstalling bestaan uit 'n reeks komponente van
verskeie groottes met die doel om 'n politieke boodskap te stuur oor al die
munisipaliteite van dorpe heen. WeiWei se werke, ingeweef met die bestaande
stedelike landskap, kan nie net in Manhattan gevind word nie maar ook in die
Bronx, Queens, Brooklyn en Staten Island.
Keuse van strukture
FIGUUR 5a: Hierdie hok is gekonstrueer deur metaal/yster tralies aanmekaar
te sweis om 'n groot hok in goue kleur te skep. Besoekers kan in die hok se
sentrale ruimte beweeg en die tralies en die traliehek omring die kyker. Die
vorm van 'n grensdraad of hok veronderstel dat dit beweging inhibeer deur die
boog, maar 'n deurgang deur hierdie versperring het 'n ander deur wat
oopmaak.
FIGUUR 5b: 'Die boog' by Washington Square Park — 'n hokagtige
monumentale staal/ysterkonstruksie aan mekaar gesweis, in die vorm van 'n
heining of hok veronderstel dat dit jou beweging beperk word maar dit is 'n
deurgang wat deurgesny is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Skaal van die werke
FIGUUR 5a: 'Gilded cage'( Vergulde Hok) (goud geplatteer) staan by die
ingang van Central Park. Die reuse vergulde hok weerspieël die luuksheid van
die nabygeleë Fifth Avenue.
FIGUUR 5b: Die hok is silwer geverf, 'n boog en is geplaas onder die boog
van Washington Square Park. Die 37 voet hoë staal hok verwys na die
ikoniese vorm van die marmer boog.
Kandidate moet identifiseer hoekom hulle dink dat hierdie installasies
suksesvol is in die oordrag van die kunstenaar se boodskap. Hulle
moet redes gee vir hulle antwoord.
Die kunstenaar adresseer die internasionale migrasiekrisis en huidige globale
geopolitieke landskap deur die motief van sekuriteitsheinings te gebruik as 'n
magtige kunstige simbool. Die pleidooi van misplaasde mense, baie van wie
slagoffers van die oorlog of terreur is. Omdat hy groot geword het tydens die
oproere van die kulturele rewolusies in China, het WeiWei 'n spesifieke
empatie ontwikkel met misplaasde mense – omstandighede wat hom
aangespoor het om die onderwerp van grense aan te spreek. Oor die afgelope
paar jaar het die kunstenaar gereis na vlugtelingskampe regoor die wêreld en
het baie van sy tyd spandeer om aandag te vestig op hierdie kwessie. (8)
5.2 Kandidate moet Twee multimedia kunswerke vergelyk wat 'n sterk boodskap
aan die publiek oordra en/of gebruik maak van nuwe en onkonvensionele
media om hulle betekenis oor te dra. (12)
[20]
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
FIGUUR 6a en 6b is twee tonele uit die William Kentridge film, More Sweetly Play the
Dance (Speel die Dans Nog Meer Soetsappig). Die kyker is omring deur 'n vloer-tot-
plafon-ervaring van bewegende beelde, tekeninge en klank.
6.1 Kandidate moet die verskeie Suid Afrikaanse aangeleenthede in beide
kunswerke identifiseer deur die volgende te bespreek:
Visuele voorkoms
FIGURE 6a en b: Verskeie figure is in 'n landskap geplaas. Die identiteit van
hierdie figure is versteek. Die leidrade kan identifiseer met 'n persoon wat
protesteer, 'n politikus en werker/boer. In FIGUUR 6a is daar manlike en
vroulike figure wat mense op 'n slee/ploeg trek. Daar is 'n outydse gevoel met
die gebruik van megafone, notas en merke/krapmerke in die agtergrond.
Plasing/Aksies/Simbolisme van die figure en dekoritems
FIGUUR 6a en b: In beide werke is die figure geplaas in 'n prosessie. Ses
menslike figure hou vergrote lyntekeninge vas wat afkomstig is van Kentridge
se kunswerke. Die figure is aan die onderkant van die komposisie geplaas
waar hulle beweeg en stap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Styl en keuse van medium
FIGUUR 6a: Sy tekenstyl is baie ekspressionisties met die klem op merk-
making. Dit skep 'n gevoel van betrokkenheid en emosie in die kunswerk. (6)
6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke van Suid Afrikaanse
kunstenaars wat identiteit in 'n demokratiese samelewing aanspreek. Hulle
moet die volgende riglyne gebruik:
Formele kunselemente
Styl en tegnieke
Beeldgebruik
Uitbeelding van identiteit
Media
Moontlike betekenis en boodskappe (14)
[20]
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Osborne Macharia, 'n kunstenaar van Kenia, het 'n reeks foto's, genoem 'All women',
geskep. In hierdie reeks, I am Idol, I am Nurturer and I am Warrior en (Ek is Afgod,
Ek is Versorger en Ek is Kryger) stel hy vrouebemagtiging voor.
7.1 Deur te verwys na die beelde in FIGURE 7a, b en c, moet kandidate
kommentaar lewer of die titels suksesvol uitgebeeld is deur te verwys na die
volgende:
Styl, dekor en agtergrond
Al die foto's beeld 'n interieur toneel uit. Verskillende blomme kan in al drie
werke gesien word. In FIGUUR 7a en 7b is outydse telefone in die komposisie
gebruik/ Beide telefone is van die mikkie af. In al die foto's dra die vroue rokke,
grimering, armband en hooftooisels. Al die foto's het driehoekige komposisies.
FIGUUR 7a: Die hoogs dekoratiewe, oranje patroon muurpapier (kolle en
organiese vorms) domineer die agtergrond en die vroue figuur is in die hoek
van die interieur van 'n kamer geplaas. Die kunstenaar het 1950'2 meubels ('n
stoel, radio, 'n waaier, 'n tafel en 'n leeslamp) in sy komposisie gebruik.
'n Strelitzia is op 'n klein sirkelvormige tafeltjie in die voorgrond geplaas. Die
kleur van die Strelitzia vermeng met die agtergrond as gevolg van dieselfde
kleur. Die vierkantige turkoois horlosie teen die muur breek die muurpapier in
die agtergrond. Die bykomstighede is nie huislik nie, alhoewel die blom na
feminisme verwys. Die telefoon kan dalk aantoon dat sy baie besig is asook 'n
vorm van kommunikasie met die buite wêreld. Die telefoon wat van die mik af
is, kan veronderstel dat sy besig was om op die foon te praat. Die figuur is
aangetrek in 'n noupassende rok en swart sandale.
FIGUUR 7b: Die hoogs dekoratiewe cerise pienk bedrukte muurpapier
domineer die agtergrond (driehoekige motiewe). Die versorger is omring met
drie hoede dose/vroulike tassies en 'n wit rottangstoel. Aan die regterkant van
die foto is nagemaakte wit rose wat in die tydskrifte se mandjie geplaas is. Die
kunstenaar het drie soorte ligbronne gebruik bv. twee moderne rooi leeslampe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
en 'n ou lantern. Die doel van hierdie ligbronne kan wees dat die 'Versorger' 'n
metaforiese 'lig' vir die familie voorsien. Die Versorger hou haar regterarm op
met gebalde vuis en haar linker arm is op haar heup wat 'n verplasing van haar
gewig skep. Die Versorger vertoon mag met haar arm wat in die lug is. Die
plasing van die linker arm op die heup kan verleidend wees. 'n Outydse
tikmasjien is bo-op die hoededose gesit en die transistor radio staan op die
vloer. Daar is twee gangtapyte/matte wat in kruisformaat op die vloer lê. Die
matte is versier met tipiese tradisionele Afrika patrone. Blink silwer
skoene/pantoffels is op die mat in die voorgrond van die prentvlak geplaas.
Die cerise pienk/rooi horlosie (regtermuur) en die cerise pienk/rooi staanlamp
vermeng amper met die agtergrond.
FIGUUR 7c: Die hoogs dekoratiewe turkoois muurpapier met patrone
domineer die agtergrond (organiese plantmotiewe). Die kunstenaar het 'n ou
tas, 'n antieke kis (tas), 'n outydse rooi telefoon, 'n turkoois stoel, 'n turkoois
mat, 'n potplant en drie vase met nagemaakte blomme in die komposisie
geplaas. Blomme verteenwoordig vroulikheid. Die figuur is geplaas in die hoek
van die kamer, geklee in 'n korporatiewe uitrusting asof sy op pad is om te
gaan werk. Die foto het baie meer vase met blomme in as die vorige twee
foto's. Hoe magtiger sy word hoe vrouliker kom sy voor wat aandui dat sy net
vrou is. Daar is geen lampe of ligte in hierdie komposisie wat suggereer dat die
vrou wat die 'metaforiese lig van die huis' is, die huis moet verlaat om haar
beroep na te jaag nie.
Kleur:
FIGUUR 7a: Daar is 'n gebruik van kontrasterende bloue van die dekor en die
rok en die oranje in die agtergrond. Dit komplementeer mekaar en skep 'n
helder resultaat. Die pienk materiaal van die hooftooisel is vroulik en is kreatief
in 'n tradisionele manier om die kop gebind.
FIGUUR 7b: 'n Wit rottangstoel kontrasteer teen die helder cerise pienk van
die mure. Dit verleen 'n vroulike sagtheid aan die foto. Die groen lamp bo-op
die tas, en die groen lantern regs, kontrasteer met die helder rooi van die groot
lamp en die ronde versiering teen die regterkantste muur. Die gebruik van
hierdie komplementêre kleure forseer die kyker om alle detail raak te sien.
FIGUUR 7c: Kontrasterende turkoois en rooi kleure skep 'n sterk visuele
impak. Die gebruik van rooi in die blompot regs, die rooi in die haarversiering
van die figuur en die rooi in die telefoon op die vloer regs, vorm 'n driehoekige
komposisie wat die oog deur die prent lei. Die komposisie is gebalanseerd deur
die ligblou vase met blomme aan weerskante van die figuur.
Kleredrag en liggaamstaal
FIGUUR 7a: Die vrouefiguur, geklee in 'n blou noupassende rok, buk vooroor
op 'n uitdagende manier, wat of haar dik gevlegte hare of kreatiewe hooftooisel
mee spog. Die idool figuur dra 'n noupassende rok wat aandui dat alle vroue
daarvan hou om mooi aan te trek.
FIGUUR 7b: Ook geplaas in die hoek van 'n kamer, is hierdie figuur geklee in
'n sagte pienk aandrok met 'n opening aan die kant wat haar goed gevormde
linker been wys. Die Versorger is 'n sagte, vrou wat deernis het en sy dra 'n
sagte pienk rok om dit te beklemtoon. Tog wys die gebalde vuis dat sy sterk is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 7c: Sy dra 'n baadjie, romp en silwer hoë hak stewels. Haar arms is
gevou wat selfvertroue uitbeeld. Sy dra 'n Westerse rok met 'n kontrasterende
tradisionele hooftooisel. Dit maak haar veelsydig en versterk haar kulturele
oorsprong.
(6)
7.2 Kandidate moet 'n analise skryf van die werk van enige TWEE kunstenaars
wat hulle bestudeer het wat geslagskwessies uitbeeld. Hulle mag die volgende
in hulle antwoord gebruik:
Invloede
Beeldgebruik
Onderwerp/inhoud
Medium
Styl en tegnieke
Betekenis en boodskappe (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Die Zeitz Museum van Kontemporêre Kuns Afrika (Zeitz MOCAA) is by die Victoria &
Alfred Waterfront in Kaapstad gebou, die grootste museum van kontemporêre
Afrika-kuns in die wêreld. Heartherwick Studios, VDMMA- en RBA-vennote het 'n ou
historiese graansilo omskep en dit in 'n reeks galerye verander. Die museum het ses
vloere en die Royal Portfolio Hotel beslaan die gedeelte wat eens die graanhysbak-
gedeelte was, sowel as die vloere bokant die museum. Die vorm van 'n vergrote
mieliepit of graankorrel was ook die inspirasie vir die interieur van die gebou.
8.1 Deur te verwys na FIGURE 8a en 8b, moet kandidate die volgende vrae (8)
beantwoord:
VIR DIE ONDERWYSER:
Die samevoeging van hierdie deurkruising van geometrie skep 'n
buitengewone pragvertoon van hoeke, verkry deur gevorderde sny tegnieke
van beton. Silindriese hysbakke styg in deurgesnyde buise en trappe spiraal na
bo soos reuse boorpunte. Die skagte is toegemaak met verstekte glas waaroor
geloop kan word, en wat lig in die gebou deur laat.
Hoekom dink jy was die argitek geïnspireerd om gebruik te maak van
'n ou, leë historiese graansilo vir 'n moderne kunsmuseum?
Die her-ontwerp van 'n silo tot 'n funksionele ruimte sal eer betoon aan die
oorspronklike ontwerp en siel van die struktuur. Die konstruksie is nog
steeds sterk en om dit te vernietig sou sinneloos wees. Dit is ook 'n
uitdaging vir enige argitek om ruimte te skep binne in die buise van 'n
graansilo. Dit het ook historiese waarde. Deur hierdie gebou te her-ontwerp
in 'n bruikbare ruimte het aan die gebou 'n nuwe doel verleen. Eerder om
die oorspronklikheid van die gebou se industriële erfenis te verwyder, wou
hulle 'n manier vind om dit te geniet en te vier. Die hoofuitdaging was om
die oorspronklike industriële identiteit van die gebou, wat as 'n erfenis
gebou verklaar was, te bewaar. Die historiese waarde is behou deur nie die
buitenste fasade te verander nie.
Die ruimte in die interieur is geaktiveer op 'n unieke wyse. Hoe reageer
jy op die ruimte/skaal soos gesien kan word in FIGUUR 8b?
Die oplossing vir 'n interieur was om galerye en 'n sentrale ronde spasie van
die silo's se buisvormige sement struktuur uit te kerf, om sodoende 'n
buitengewone ruim, katedraalagtige sentrale atrium te skep wat belig word met
lig van 'n oorhoofse glas dak. Die argitekte het 'n dwarssnit gemaak deur agt
van die sentrale betonbuise. Dit het 'n ovaal atrium geskep wat omring is deur
sement skagte aan die bokant en aan die kante. Lig wat deur die glas dak
instroom beklemtoon die rondheid van die buise. Hulle het spasie geskep deur
die buise in die lengte te sny. Dit het groot ovaal spasies tot gevolg gehad wat
mens herinner aan die gange in 'n miernes. Die kyker voel verdwerg deur die
reusagtige deurgesnyde buise
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2020
SS/NSS – Nasienriglyne
Gee redes waarom jy dink dat die argitek ook 'n keuse wou uitoefen
om 'n hotel as deel van die totale ontwerpplan in te sluit?
Besoekers en vakansiegangers sal opgewonde wees om in 'n luukse hotel
bo-op 'n graansilokonstruksie te bly. Dit sal ook sorg vir 'n groot inkomste vir
die projek. Menses al ook gemotiveerd wees om die galery te besoek.
Groepe wat werkswinkels en seminare in die galery bywoon kan in die hotel
geakkommodeer word in 'n gebou wat deel is van 'n argitektoniese fenomeen (8)
8.2 Kandidate moet enige TWEE Suid Afrikaanse geboue/strukture wat hulle
bestudeer het, bespreek. Hulle moet verwys na die volgende in hulle opstel:
Funksie
Gebruik van materiaal en tegnieke
Stilistiese kenmerke/dekoratiewe kenmerke
Moontlike invloede
Omgewingskwessies
Woordelys: Silo: Groot industriële silindriese betonstruktuur waarin graan
gestoor word. (12)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (English)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper