Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201826 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Hierdie is ‘n vraestel met keusevrae. Wanneer ‘n kandidaat meer as vyf vrae beantwoord sal slegs die eerste vyf nagesien word. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word: • Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee. • Gee krediet vir laterale denke. • Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. 6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS • Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees. • LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. • Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek. • Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie. • Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES  KODE 7 • Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100% • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 • Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 70–79% lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. 5 • Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69% • Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4 • Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59% • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 • Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Bevredigend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 40–49% • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2 • Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 30–39% lewer. • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie. • Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1 • Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 0–29% lewer. • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie. • Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. Bly by die volgende puntetoekenning wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE: 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende provinsies moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS George Pemba en Tony Gum gebruik 'n narratiewe (verhalende) benadering in hulle werke om die kern van wat dit beteken om 'n Afrika-Xhosa-vrou te wees, vas te vang en te vier. Gum is 'n jong Xhosa-fotograaf, model en YouTube-vlogger. Gum se uitstalling, genoem Ode to She (Ode tot Haar), word gekenmerk deur 'n reeks selfportrette waar sy in tradisionele Xhosa-drag, genoem Umbacho, gefotografeer is. 1.1 Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle die volgende in ag neem: Onderrigmiddel: Tony Gum is bekend vir haar reeks selfportrette waar sy gefotografeer is in tradisionele Xhosa-klere, genoem, Umbacho. Sy aanvaar die tradisies sonder om hulle te verloor in 'n tydperk van moderne tegnologie. Om hierdie reeks foto's te kon skep, het sy op 'n pelgrimstog na die Oos-Kaap gegaan, wat haar voorvader tuisland is waar sy geleer het van die rituele van vrouwees in die Xhosa-kultuur. Ode to She is 'n uitnodiging om die narratiewe van oorgang en transformasie te ondervind. Albei figure is getroud. • Die voorwerpe/bykomstighede/versierings wat die kunstenaar gebruik in FIGUUR 1b, om aan te dui dat sy van Xhosa-afkoms is Sy is versier met tradisionele krale, armbande, klere en tradisionele liggaamsklei/geverfde gesig (imbaola). Deur hierdie elemente saam te voeg, oorvleuel Gum die tweeledigheid van landelike en stedelike lewenstyl. Sy gebruik moderne gereedskap om tradisionele grimering aan te wend. Albei het soortgelyke kopversierings. Bondels vuurmaakhout word ‘n daaglikse ritueel (simbolisering en selektering van die korrekte stukke). Wit krale beteken spiritualiteit. Vuurmaakhout en grimering dui op ou en nuwe praktyke en die voorskoot volwassenheid. Die aanwending van grimering mag ook dui op aangetrokkendheid tot die teenoorgestelde geslag. • Die ooreenkomste en verskille tussen kleure in FIGUUR 1a en 1b FIGUUR 1a: Die kunstenaar het helder, kontrasterende kleure gebruik, deur primêre en sekondêre kleure te kombineer met wit en geel okers wat 'n soliede en eenvoudige gevoel gee. Daar het 'n meer tradisionele/aardse gevoel. Die gebruik van komplementêre kleure kan gesien word in blou kopdoek en geel agtergrond. Haar gebruik van kleur het 'n glimmende effek. Die geeloker skep ‘n stralekrans effek. Rooi-oker kan verskillend na verwys word afhangende van die kind waar die leerder van daan kom.(kulturele verskille). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Die gebruik van blou kan verwys na adelikheid. ‘n Skadu word gesien aan die linkerkant van die vraestel. Die pyp wat gerook word dui op haar rang as ouer vrou wat haar middeljare bereik het. FIGUUR 1b: Die kunstenaar het helder, glimmende, kontrasterende kleure gebruik. Gum gebruik pienk tinte in die agtergrond en bruine, okers en oranjes vir die figuur. Die hout is gebind met 'n stukke blou materiaal wat komplementêr is tot die oranje areas in haar rok. Wit areas is bygevoeg by die wolke en vel van die figuur. Die gebruik van blou word gesien in die materiaal wat die vuurmaakhout saambind. Pienk verwys na jong,vroulike,ligsinnige in vergelyking met 1a waar die figure ouer is. Portrette(gesigte) is wit geverf en dit verteenwoordig imbaola. • Die gebruik van lyn en perspektief FIGUUR 1a: Daar is kromlynige lyne in die armband, kopdoek sowel as in die figuur se klere wat beweging skep. Diagonale lyne is sigbaar in die pyp. Dowwe vertikale en horisontale lyne word gesien agter die figuur. Vlak perspektief en 'n gebrek aan illusie van ruimte. Daar is geen beelde agter die portret om afstand en perspektief te skep nie. Organiese en geronde lyne. FIGUUR 1b: Daar is oorheersende diagonale lyne in die agtergrond en in die vuurmaakhout. Die kleredrag, halssnoer en armbande bestaan uit kromlynige lyne. Vertikale lyne is sigbaar in die vensters en bome. Perspektief is geskep deur 'n landskap in die agtergrond in te sluit wat diepte gee. Die beelde in die agtergrond is baie kleiner as die sentrale figuur, wat die idee van illusie van ruimte versterk.Skerp, vertikale en digonale lyne word gebruik. Haar liggaamshouding vorm ‘n S-vorm. Sterk gebruik van perspektief en herhaling van horisontale lyne. Die verdwynpunt is buite die prentoppervlak. • Die fokuspunt in beide FIGURE 1a en 1b. Motiveer. FIGUUR 1a: (10) Die portret van 'n ouer dame wat in die middel van die komposisie geplaas is. FIGUUR 1b: Die figuur van die dame wat lyk asof sy sweef in die middel van die komposisie.Sterk herhaling van van horisontale lyne. • Die atmosfeer/gevoel wat elke kunstenaar in sy werk bewerkstellig en hoe dit verkry word FIGUUR 1a: Ontspanne, tevrede atmosfeer van 'n figuur wat pyp rook, wat gewoonlik geassosieer word met ontspanning. Sy het 'n peinsende uitdrukking en dit lyk asof sy diep in gedagte is. Pemba se werk is geloofwaardig, ongekunsteld en eerlik. Volwassene/iemand met outoriteit. FIGUUR 1b: Elegant, selfversekerd, ontspanne en vreedsame atmosfeer soos wat die bewegende/dansende/swewende figuur gesien word wat besig is om grimering aan haar gesig aan te wend. Daar is ‘n sin van verwagting. Die aanwending van grimering is deel van ‘n ritueel. Daar is ‘n kontras tussen moderne grimering en tradisionele drag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 1.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat ons land se erfenis vasvang en vier, bespreek. Hulle moet die volgende by hulle antwoorde insluit: • Kunselemente • Sosiale/Kulturele invloede • Media en tegniek • Styl • Moontlike boodskappe /betekenisse (10) [20] YouTube-vlogger: 'n Persoon wat video's op YouTube plaas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS 'n Soeke na ware identiteit is wanneer 'n persoon of 'n kunstenaar na sy/haar kulturele 'wortels' deur visuele kunsvorme soek. – Walter Battiss 'Riel' (of 'Rieldans') is 'n Khoi-San-woord vir 'n antieke feestelike dans wat deur die Khoi-San uitgevoer word. Dit word as een van die oudste dansstyle in inheemse Suid- Afrika beskou. Dit word teen 'n energieke pas gedans en vereis baie ingewikkelde voetwerk. 2.1 Kandidate moet FIGUUR 2a en 2b analiseer deur na die volgende te verwys: • Verskille en ooreenkomste tussen die dansbewegings FIGUUR 2a: Daar is drie pare mense wat dans. Die figure is in groepe van twee verdeel. Die dansbewegings sal baie meer nougeset wees as in FIGUUR 2b. FIGUUR 2b: Daar is nege mense wat in 'n sirkel dans. Hulle is nie met hulle hande met mekaar verbind nie, hulle dans alleen. Hulle dansbewegings is subtiel en dit lyk amper asof hulle loop. • Die verskil tussen die skaal en plasing van die figure FIGUUR 2a: De figure is groot en domineer die middel van die prentvlak. 'n Suggestie van 'n skare is sigbaar in die agtergrond. FIGUUR 2b: Die figure is klein en is in die regterkantste onderste hoek geplaas. Die gemors/afval is groter as hierdie klein figuurtjies. Die sirkel kan ook as ‘n kollig gesien word. Die figure blyk uit die sirkel te beweeg. • Invloede in die uitbeelding van die figure in FIGUUR 2b Khoi-Khoi/San-skilderye of gravures/palimpseste. Walter Battiss kan ook 'n invloed wees. Helder, glimmende kleure is deur Zylla gebruik. Die kleur rooi domineer die figure in die skilderye en groen aan die kante van die drom skep ‘n kontrasterende en lei die oog in die kunswerk in.(Moontlike Afrika/Fauvisme(Dans van Matisse) invloed. Daar is spore van swart, geel oker, blou en geel met wit ligpunte (chiaroscuro). • Hoekom die figure in 'n afvalhouer/vullishouer in FIGUUR 2b getoon word en die moontlike betekenis daarvan Hy kontrasteer die afval wat met die verbruikersgemeenskap geassosieer word met die vroeëre jagter-versamelaarsamelewings soos die Khoi- Khoi/San. 'n Vergete kultuur. Dit kan die verlies of uitgestorwe San-mense van Suid-Afrika verteenwoordig en hoe die moderne mensdom hulle uitgebuit het. • Die stemming geskep in beide werke FIGUUR 2a: 'n Gelukkige, lewendige en genotvolle stemming as gevolg van die helder kleure en dansbewegings. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 2b: Hartseer, eensame en depressiewe atmosfeer as gevolg van die figure wat in 'n vullishouer/afvalhouer geplaas is. Die figure is met pyl en boog gewapen en is gereed om te jag. 2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars bespreek wie se werk as gevolg van die invloed van inheemse Afrika-kunsvorme, aan hulle Afrika-identiteit uitdrukking gee. Hulle moet die volgende riglyne gebruik: • Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en -simbole • Onderwerp • Kunselemente • Styl en tegniek • Moontlike boodskappe/betekenisse (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT 3.1 Beide werke verteenwoordig die onregverdighede van die wêreld. Kandidate moet in die vorm van 'n paragraaf verwys na die volgende: • Elemente van kuns in FIGUUR 3a wat die konsep van krake in ons samelewing ondersteun. Kandidate moet hulle antwoorde staaf. Lyn. Daar is verskeie diagonale en kromlynige lyne wat die werk domineer. Diagonale lyne verteenwoordig onstabiliteit en beweging. Lyne kerf die oppervlak. • Simbole/Konsepte gebruik in FIGUUR 3b wat aandui dat hierdie werke 'n sosiopolitieke toneel verteenwoordig Die geweer, koerantuitknipsels van politici, die teks 'peace', 'heritage', 'culture', 'musiek' en 'SA Police Service' en spatsels rooi verf wat bloed kan beteken. P.W.Botha kan gesien word in die afbeelding. Dekolonisasie is ‘n tema wat in hierdie werk gesien word. • Hoe kleur bydra tot die betekenis van die kunswerke. Motiveer. FIGUUR 3a: Die kleure is oorheersend koel bloue en swart met 'n titsel rooi en geel. Die somber kleur dra by tot die ongeërgde houding van die karakters in pakke klere. Grys kleure dra by tot die siellose besigheidsmans. Die geel lyk soos ‘n tafel. Die rooi das beteken “ek praat die waarheid”. FIGUUR 3b: Die diptiek bestaan uit sterk primêre kleure, wit en swart. Die komposisie is oorheersend geel met 'n band van rooi en blou aan die onderkant van die komposisie. 'n Helder, vrolike geel is gebruik om die boodskap en visuele impak van die skildery, wat die idee van oorlog en die ongeregtighede van die sosiopolitieke landskap in Suid Afrika, aanroer/aanpak. Die ou Suid- Afrikaanse vlag word gesien in die agtergrond. ’n Geel glans oor die kunswerk kan ‘n ou geskroeide aarde effek voorstel. • Moontlike betekenis(se) van die handgebare/afdrukke in FIGUUR 3a en 3b FIGUUR 3a: Sommige van die karakters geklee in pakke maak handgebare en steek hulle hande in die lug wat aggressie of ondersteuning wys, of om aandag te trek. Verskille in mening. Sommige is passief/gevou(figure in die agtergrond). Handgebare tipies met protes. Die geamputeerde hande kan kan die verlies aan mag verteenwoordig. Dit kan beteken dat die kunstenaar iets wat onmiskenbaar aanwesig is maar wat almal kies om nie raak te sien nie, aanspreek.(“addressing the elephant in the room”). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 3b: Die hande kan die nasie verteenwoordig wat hulle merk maak en hulle ondersteuning wys vir die regering of die algemene gemeenskap. Die wit handafdrukke is amper soos graffiti, en net onder elke afdruk is 'n naam bygevoeg wat die feit versterk dat hulle hul merk laat. Wit hande dui vreedsaamheid aan. Die name langs die hande kan aandui dat ooreenkoms bereik is. Die hande om die gewere is groter as die ander hande wat die politieke protes versterk. • Komposisie, perspektief en diepte FIGUUR 3a: Daar is 10 figure wat die prentvlak domineer, en 'n chaotiese, dramatiese en besige gevoel skep. Baie van die figure is verwronge met hulle gesigte/portrette wat versplinter voorkom. Vlak perspektief met gebrek aan negatiewe ruimte. FIGUUR 3b: Die diptiek bestaan uit twee geskilderde panele. Die komposisie van twee panele kan die hede en die verlede aandui. Elke paneel het 'n enkel figuur wat omring is deur lewendige geel/oranje. Die agtergrond agter die boonste gedeelte van die figuur is minder chaoties as agter die bene en voete. Die bene en voete van die vryheidsvegters is nie sigbaar nie. Die figuur aan die linkerkant het nie 'n geweer soos die een aan die regterkant nie. Vlak perspektief is sigbaar. Die kleur in die agtergrond is nie ligter as in die figuur nie. Die figure smelt saam met die agtergrond en kom plat en tweedimensioneel voor. Dit lyk soos ‘n graffiti stuk(plat). • Die geskiktheid van woorde en teks in FIGUUR 3b Die teks boaan die skilderye 'Peace before anything' en 'This our culture our music our heritage' is positief, maar die teks aan die onderkant van die skildery beteken 'skiet die boer' (Sidubul'ibulu) wat ver van positief of besielend is Dit kan ook ‘n negatiewe konnotasie wees. Die woord ‘Police service’ skei die diptiek. Name van persone en die woord ‘fragile’ word gebruik. Die koerantpapier in die agtergrond kan simbolies wees van huidige en sake uit die verlede. • Hoekom die kunstenaar gekies het om nie 'n gesig in die linkerpaneel van die diptiek in FIGUUR 3b te verf nie Hy wil die persoon uitbeeld sonder identiteit, moontlik met geen sê in die land se toekomstige besluite of gebeure nie. Die figuur is ook sonder hande en bene geskilder.(kragloos) Gesig is uitgevee en verwring(kolonialisme). (10) 3.2 Kandidate moet vergelyk hoe enige TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het sosiopolitieke kwessies van die verlede/hede aanpak/aanroer.Geen (10) vergelyking-maksimum van 9 punte. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Ardmore is 'n keramiekateljee in KwaZulu-Natal. Hulle skeppings fokus op die vertel van stories van die Zulu-volk, hulle kultuur en hulle verbeelding. Hulle word ook geïnspireer deur 'n begeerte om bewustheid van die uitwissing van diere in Afrika te skep. 4.1 Kandidate moet enige TWEE kunswerke uit FIGURE 4a tot 4d kies en die volgende bespreek: Onderrigmiddel: Ardmore Keramiekkuns is gestig deur Fée Halsted op Ardmore Farm in die Drakensberge in KwaZulu-Natal. Hier het sy Bonnie Ntshalintshali ontmoet. In 1990 het Fée en Bonnie gesamentlik die gesogte Standardbank Jong Kunstenaar-toekenning ontvang. Met hierdie sukses het die vereiste gekom om keramiek vir hulle uitstalling te skep en dus het Fée ander plaaslike vroue die geleentheid gebied om by Armore te leer, om werke te produseer om 'n inkomste vir die ateljee te genereer. Die Bonnie Ntshalintshali-museum is geskep om Fée se medekunstenaar en vriend te eer na haar tragiese dood aan MIV/Vigs in 1999. 'n Paar jaar later het Fée en haar gesin na die Caversham-vallei verhuis, en het die ateljee en museum hervestig en 'n ruim galery en kantore gebou. Dit het 'n huis vir Ardmore geskep en in 2009 het sy die Berg- en Rosetta- ateljees hier saamgesmelt. Die kunstenaars van die Ardmore-ateljee kry opleiding, materiaal, 'n ateljee en 'n gewaarborgde mark vir hulle werk, ondersteun deur 'n opgeleide bemarkings- en administrasiespan. Ardmore kunstenaars het met die jare verskeie toekennings ontvang en het oral versprei in Suid-Afrika uitgestal en ook oral in die wêreld. Ardmore-kunswerke kom voor in vooraanstaande galerye en versamelings, insluitend die Museum van Kuns en Ontwerp in Basel, Switserland, en die Tatham-kunsgalery in Pietermaritzburg, Suid- Afrika. Die bekende afslaers, Christie's, het Ardmore se kunswerke erken as 'hedendaagse versamelstukke'. • Uitbeelding van visuele beelde Die keramiekkunstenaars word beïnvloed deur die fauna en flora van Suid- Afrika. Hulle gebruik hoogs versierde diere, plante, ranke, blare en figuurtjies in hulle kunswerke. Sommige versierings word geverf met glasuur direk op die houer of voorwerp terwyl 3D-diere, -blomme en ander voorwerpe oral op die kunswerke geplaas word in verskillende en dekoratiewe komposisies. • Hoe die formele kunselemente gebruik is om die kunswerke te versier. Motiveer jou antwoord. FIGUUR 4a: Die houers in FIGUUR 4a is versier met pienk blomme, blare en vlakvarke om die wyer deel van die bak en 'n vlakvark is gebruik vir die handvatsel van die deksel. Die agtergrond is room-wit. Die vlakvarke is in natuurlike kleure geverf. Lyne is gebruik om die blare, ranke en omlynde blomme te verf. 'n Donkergrys rand is geverf om die rand van die deksel en die staander van die houer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 4b: Drie swart figure ry op die rug van 'n roomkleurige/wit renoster. Die renoster staan. Die vel van 'n Afrika gevlekte wilde kat is geplaas op die rug van die renoster. Die drie figure sit op die vel. Twee apies is geplaas op die voorkant van die renoster se kop terwyl een apie ook op die rug ry saam met die mense. Die figuur aan die agterkant ry sy-saal en wieg 'n baba vlakvark. Die figuur in die middel hou 'n sambreel met 'n lang handvatsel vas. 'n Babarenoster is bo- op die sambreel geplaas. Die figuur voor op die renoster is aangetrek in tradisionele hoed en romp. Die renosterhorings is versier met stroke in sirkelvormige kol-patrone. Die kyker word bewus gemaak van die uitwissing van diere in Afrika. FIGUUR 4c: FIGUUR 4c is in die vorm van 'n bakkie met 'n deksel. 'n Driedimensionele buffel is bo-op geplaas om as 'n handvatsel vir die deksel te dien. Buffels en luiperds is gerangskik om die wyer deel van die bak. Die agtergrondkleur van die bak is swart met die aalwyn plant as versiering. Sommige blare en blomme is geverf en glasuur as oppervlakversiering terwyl driedimensionele blare gerangskik is bo-op die deksel onder die buffel. Naturalistiese kleure is gebruik vir die buffels terwyl die aalwynplant geglasuur is in groene, oranjes en gele. FIGUUR 4d: FIGUUR 4d is 'n funksionele teepot versier in luiperdkolle, frangipani-blomme en blare. Die agtergrondkleur is oorheersend swart met spore van groen, geel en wit. Die luiperde, blomme en blare is naturalisties geverf. Die handvatsel van die teepot lyk soos luiperdkolle. Die tuit van die teepot is geglasuur in 'n plat swart kleur. Die luiperdkoppe wat uit die pot kom word driedimensioneel. • Invloede/inspirasies/stories wat vertel word Keramiekkunstenaars word beïnvloed deur wilde diere, landelike omgewings, mense, plante en blomme van Suidelike Afrika. Hulle beeld ook die bewaring van skaars diere. Indiese invloede gesien by persone wat op die rug van die renoster ry. • Identifiseer hoe die gebruik van materiaal en tegnieke verskillend is van dié van tradisionele keramiek-/pottebakkerkunstenaars FIGURE 4a, 4b, 4c and 4d is deur klei gevorm. Die driedimensionele diere, blare en blomme is gemoduleer met klei en gebak in 'n pottebakkersoond. Sodra die klei geverf is met helder en lewendige kleure, patrone en vorms, word dit geglasuur. Die kunswerk word dan gebak. Die teepotte kan of met 'n keramiekwiel gedraai word of in 'n gietvorm gemaak word. Die renoster kan met 'n gietvorm gemaak wees of dit is met die hand gevorm. Die potte word gedoop in 'n wit/helder glasuur en in die oond gebak, waar meer tradisionele potte nie met glasuur bedek word nie, maar in 'n oop vuur gebak word. Tradisionele kleipotte word soms met politoer behandel om 'n blink voorkoms te gee en word met patrone versier. Raku is ook 'n tegniek wat tradisionele kunstenaars vandag gebruik as hulle nie toegang tot 'n pottebakkersoond het nie. Dit wil voorkom of bogenoemde kunstenaars wit klei gebruik het waar die meer tradisionele kunstenaar erdeklei (rooi of bruin) gebruik of klei direk uit 'n rivierbedding. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 4.2 Kandidate moet die werk van TWEE handwerkkunstenaars en/of geestelike kunstenaars wat hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is, bespreek. Hulle moet die volgende riglyne gebruik: Kandidate kan Westerse Kuns bespreek. Dit kan ‘n tapeserie of selfs ‘n gebrandskilderde glasvenster wees onder andere as voorbeelde. • Invloede en inspirasie • Kunselemente • Gebruik van materiaal en tegnieke • Temas en onderwerp • Betekenis en boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA In FIGUUR 5a word Athi-Patra Ruga geïnspireer deur die modewêreld en beeld 'n figuur uit wat met blomme en juwele bedek is, terwyl Wim Botha, in FIGUUR 5b, twee figure kombineer wat uit boeke, ensiklopedieë en Bybels gemaak is. 5.1 Kandidate moet FIGUUR 5a en 5b vergelyk en kommentaar lewer op die verskille en ooreenkomste tussen die twee werke met gebruik van die volgende kriteria. Beide kunswerke is installasies/konseptuele kunswerke. Beide figure wat voorgestel word, is naak. Tsego Simon Nkoli was ‘n homoseksue aktivis en sterf van Vigs. • Onderwerp FIGUUR 5a: 'n Horisontale figuur, wat agteroor lê, is geplaas op 'n reghoekige, spieëlbasis met ligte wat die figuur omring. Die hele figuur is versier met verskillende klein blommetjies en juwele. Daar is ‘n geimpliseerde seksualiteit van die figuur. ‘n Rooi mat gevoel word geskep met die glans(invloed van mode). FIGUUR 5b: Twee groot figure wat óf baklei óf dans hang vanaf die plafon. Die figure is gemaak van boeke en metaalstawe beïnvloed deur religie en sosiale kommentaar. Ledemate wat uitmekaar breek en onherkenbaar is. Simboliseer religieuse spanning of morele agteruitgang of geweld wat kan herhaal in Suid- Afrika. Botha se kunswerk bind aan Futurisme op ‘n robuuste manier. • Simboliese betekenis van die materiaal in beide FIGUUR 5a en 5b. FIGUUR 5a: Die gebruik van weerkaatsende materiaal dui rykdom of status aan. Dit kan ook koninklikheid, vroulikheid en klas aandui. FIGUUR 5b: Die gebruik van boeke kan opvoeding, geskiedenis en kennis aandui en kan verwys na dinge wat in die verlede gebeur het. Die gebruik van geskiedenisboeke, Bybels en ensiklopedieë herinner ons aan ons erfenis en agtergrondinvloede. Die gebruik van skroewe en moere simboliseer dat ons aanmekaar gehou en gevorm word deur vorige kennis en ondervindinge in die verlede. • Die houding/posisie van die figure FIGUUR 5a: Die enkel figuur leun in 'n horisontale posisie(ontspanne op een elmboog) met een knie opgetrek asof sy/hy vir 'n foto poseer. Die beeldhouwerk is rondom sigbaar. Die figuur wat agteroor lê, is geplaas op die weerkaatsende spieël asof in ‘n toneelspeel op 'n verhoog in 'n dramaproduksie. Die kyker word gekonfronteer met die weerkaatsing van blink materiaal en helder ligte. Die leunende figuur kan androgeen wees. Die spasie rondom die figuur is tradisioneel. Kandidate kan ook Jeff Koons-Michael Jackson,Dying Gaul, Manet se “Luncheon on the Grass” en Michelangelo se “Creation of Adam” bespreek. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 5b: Die foto van die beeldhouwerk is “cropped”.Twee gekonstrueerde figure hang in die lug in 'n dubbelsinnige posisie. Hulle baklei of dans dalk. Daar vind interaksie plaas op 'n onsekere manier. Ruimte is deel van die kunswerk met ‘n futuristiese /robotagtige gevoel as gevolg van die gefragmenteerde vorm. • Die kandidaat se interpretasie en betekenis van die kunswerke FIGUUR 5a: Die figuur is selfvoldaan en vorstelik. Dit spog of poseer as 'n model. Dit kan ook verwys na materialisme of die invloed van mode en versiering op die status van mense. Rococo gevoel. FIGUUR 5b: Die twee figure wat op mekaar inwerk kan verwys na die konflik wat ons of ander mense dikwels op met ons verlede en grootword het. Konflik en misverstand is 'n direkte gevolg van mense wat nie dieselfde erfenis, godsdiens en opvoeding het nie. Geen vergelyking trek 1 punt af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 5.2 Kandidate moet TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat ongewone materiaal en tegnieke gebruik om hulle kunswerke te skep, bespreek. Verwys na die volgende riglyne: • Invloede • Onderwerp • Materiaal en tegnieke • Kunselemente • Moontlike betekenisse en boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Kunstenaars in demokratiese Suid-Afrika na 1994 bevraagteken hulle identiteit en nalatenskap. Dit skep 'n proses waar daar oor identiteit besin word en dit hergedefinieer/herskep word. 6.1 Kandidate moet die stelling hierbo asook die kunswerke in FIGUUR 6a en 6b in aanmerking neem en uitbrei oor hoe die kunstenaars oor hulle identiteite besin. Kandidate moet enige VYF van die volgende kies om hulle besprekings te lei: • Inhoud en komposisie FIGUUR 6a: Agt gesiglose manlike figure geklee in pakke en hoede domineer die komposisie. Die manlike en vroulike figure hou septers of kieries vas. Aan die linkerkant van die komposisie is 'n vroulike figuur geklee in 'n kort broek met 'n geweefde romp wat lyk of dit haar hele kop bedek. Dit lyk asof sy lang hare het en word uitgebeeld waar sy in 'n poel water staan met 'n blomplant voor haar. Haar bene en voete is afgesny wat kan beteken dat sy nêrens heen kan gaan nie. 'n Manlike figuur, in wit geverf, domineer die regterkant van die komposisie. Hy word uitgebeeld met 'n hoed, das en handskoene wat hom baie belangrik laat voorkom. In die middelgrond van die komposisie is 'n rankerige dekoratiewe groen mat geverf. Die geel oker/oranje lug in die agtergrond is verwyderd van die groen mat met 'n duidelike horisontale lyn. FIGUUR 6b: 'n Manlike getatoeëerde figuur domineer die middel van die prentvlak. Die agtergrond word weergegee met 'n ronde groen vorm met ontploffende uitstralende diagonale lyne. Sy liggaam is versier met beelde van 'n leeu, 'n kwaai vuis, vintage pin-up-meisies, twee hande wat rewolwers vashou, 'n skets van 'n vroulike oog, vliegtuigbomme wat uit die lug val, 'n tier, 'n skaap, 'n ruimtetuig en die woorde 'Game Over'. ‘Gaming’ as ‘n sub-kultuur kan verskaf word. • Kleur FIGUUR 6a: Die mans is almal in pakke van verskillende kleure aangetrek, dit wissel tussen geel, blou en skakerings van pienk. Die figuur geklee in die donkerder pak neig om die fokuspunt te wees. Die groen in die agtergrond kontrasteer met die rooi in die baadjie, die pienk pak en die pienk blomme. Die heldergeel pak in die agtergrond lei die oog in die prentvlak in en skep diepte. Die groen das van die groter figuur balanseer die groen broek van die figuur ver links in die skildery. Die wit geverfde gesig, wit handskoene en wit hemp beklemtoon die groot figuur in die voorgrond. Die kleur wit word herhaal in die broek van die figuur ver regs. Die middelgrond van die skildery het 'n groen rankagtige oppervlak en kan 'n voorstelling van die see of 'n leë rivier wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 6b: Die manlike figuur dra 'n pienk hoed, wat gewoonlik met vroue geassosieer word. Spatsels liggeel, pienk en blou is aangewend op sy gesig. Die tatoes is gegraveer met swart lyne. 'n Groot groen sirkel, geraam met pienk dekoratiewe kant, kan agter die kop van die figuur gesien word. Grys en geel onreëlmatige vorms is in die middel van die groot sirkel geplaas. Heldergeel strale versprei vanaf die middel van die sirkel wat die son se strale voorstel. 'n Dekoratiewe groen en okergeel lap word oor sy mond gedra. Die bleek kleure op die liggaam het 'n kamoefleereffek. • Lewer kommentaar op die kleredrag: FIGUUR 6a: Drie van die agt mans dra pakke met hoede, terwyl die ander sportbaadjies en broeke dra. Sakdoeke steek by die sakke van die baadjies uit wat die formaliteit van die geleentheid beklemtoon. Die vroulike figuur is aangetrek in 'n kortbroek en hou 'n septer vas. Hy/sy is kaalvoet. Dit kan ook verwys na 'n Hollandse pionier wat nou kaalvoet is en omring word deur die inheemse volke wat die here ('gentlemen') word. FIGUUR 6b: Die manlike figuur het 'n kaal bolyf en dra slegs 'n pienk en grys hoed. Daar is 'n doek om sy mond en neus gebind wat aandui dat die gesproke woord onnodig is aangesien die tatoeëermerke vir hulleself praat. Sy bolyf is oortrek met tatoeëermerke wat sy naaktheid wegsteek. Sy tatoeëermerke word die kledingstukke soos 'n koerant vir almal om te lees. • Waarom het die kunstenaar nie gelaatstrekke in FIGUUR 6a uitgebeeld nie. Motiveer jou antwoord. FIGUUR 6a: Die gelaatstrekke is weggelaat om aan te dui dat kleredrag die identiteit van die individu geword het. Dit kan ook aandui dat baie mense deur die samelewing beoordeel word deur wat hulle aantrek. Soms kan ons uiterlike voorkoms definieer wie ons is en hierdeur word ons deur mense geoordeel. • Wat stel die sirkelagtige vorm in die agtergrond moontlik voor FIGUUR 6b: Die sirkelagtige vorm in die agtergrond simboliseer 'n heilige krans, soos wat in vroeë Christen-kunswerke gesien kan word. Dit kan wees dat die Timekeeper (Tydhouer) homself as 'n priester of heilige beskou. Die sirkel kan 'n venster of portaal verteenwoordig. • Moontlike interpretasie van die titels van FIGUUR 6a en 6b FIGUUR 6a: Die naam 'Sarah' kan verwys na Saartjie Baardman, die Khoi-Khoi/San-vrou wat uitgebuit is deur die Engelse koloniste. 'Some gentlemen' ('Party here'), kan verwys na die Engelse here wat Saartjie beskou het as 'n sekssimbool. Na inisiasie trek die seuns deftige klere aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 6b: Timekeeper (Tydhouer) kan verwys na 'n persoon wat gebeure in die geskiedenis as tatoes neerskryf. Hy maak 'n stelling deur sy liggaam te wys vir almal om te 'lees'. Hy hou tyd van alles wat in verlede en hede gebeur. Die woorde 'Game Over', kan beteken dat 'n nuwe era, fase of identiteit bereik is. Die nommer 43 kan verwys na ‘n bende of die nommer 43 kan beteken om inwaarts te kyk. • Hoe die kunstenaars van FIGUUR 6a en 6b oor hulle identiteite in 'n die demokratiese era na 1994 besin FIGUUR 6a: Die here(kofifi) word 'n nuwe identiteit gegee aangesien hulle nou in staat is om pakke klere en dasse te dra, waar in die verlede die meeste mense gesien is as werkers met klere wat nie geskik is vir spesiale geleenthede nie. Die Saartjie/koloniste-beeld verteenwoordig 'n identiteit voor demokrasie. Die eensame figuur dra 'n septer wat 'n leidende rol aandui, tog is haar voete van haar liggaam afgekap wat haar verhinder om vorentoe te beweeg. FIGUUR 6b: ‘Timekeeper 43’ is die naam van ‘n speletjie. Die kandidaat kan dit sien as ‘n bende kultuur/hy kan ‘n sluipmoordenaar wees. Die 43 bendelede is die wyse lede. Hierdie figuur is selfvoldaan en het selfvertroue. Hy dra die merke van geskiedenis en die verlede op sy vel. Die woorde 'Game Over' beklemtoon die feit dat die tyd is om die bakleiery te stop of dit kan oorlog en die einde van die wêreld uitbeeld. Hy beklemtoon die feit dat hy 'n spesiale identiteit het met die stralekrans om sy kop. Dit kan aandui dat in 'n demokratiese land jy die toekoms kan bou deur te onthou of rekord te hou van geskiedenis. (12) 6.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het bespreek wat identiteit in 'n demokratiese Suid Afrikaanse samelewing aanpak/aanroer. Hulle kan die volgende riglyne gebruik: • Beeldgebruik • Uitbeelding van identiteit • Styl en tegnieke • Media • Moontlike betekenis en boodskappe (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Selfs in vandag se samelewing wat geslagsgelykheid ondersteun, word 'n vrou se vaardighede en eienskappe dikwels as trofeë beskou, asof hulle ornamente is. 7.1 Kandidate moet verwys na enige TWEE van die visuele bronne (FIGURE 7a tot 7d) en bespreek hoe die kunstenaars kommentaar lewer op die idee van 'n vrou as 'n trofee. Hulle moet die volgende riglyne gebruik: • Fokuspunt, motiveer FIGUUR 7a: 'n Naakte jong meisie, wat staan teen 'n wit gekalkte baksteenmuur, vorm die fokuspunt. Haar hande/polse word stewig vasgeklem deur die hande van twee manlike figure, geklee in uniform. Hulle liggame is afgesny deur die prentvlak. Die privaatdele van die vroulike figuur is bedek deur twee swart reghoeke asof gesensor deur die gedrukte media. FIGUUR 7b: 'n Vrou in 'n wit rok poseer vir die kamera in 'n tipiese feministiese gebaar. Sy vertoon haar kantrok soos wat 'n model sou doen. 'n Duidelike, lewendige agtergrond is geskep deur 'n Oosterse mat wat 'n pienk rand het. FIGUUR 7c: 'n Jong meisie, geklee in 'n wit rok, word sittend uitgebeeld. 'n Trofee van 'n bok/hert is op haar skoot. Sy dra plat skoene en sy het 'n kussing onder haar voete. Regs in die agtergrond is 'n vroulike figuur wat kniel op die vloer. FIGUUR 7d: 'n Jong meisie, geklee in 'n sagte wit rok word uitgebeeld waar sy op 'n wolk sit. Sy dra 'n tiara/kroon asof sy gekroon is as 'n skoonheidskoningin. • Kleur FIGUUR 7a: 'n Ekspressionistiese gevoel word gekenmerk deur die vereenvoudiging van die figure. Emosie is sigbaar in die hartseer uitdrukking op die meisie se gesig en die harde gesigsuitdrukkings van die mans. Die gebruik van monochroom in die agtergrond vorm 'n kontras met die natuurlike kleur van die meisie se vel. Dit verhoog die melankoliese atmosfeer en versterk die konsep van uitbuiting van vroue in die strate. FIGUUR 7b: Die vrou is uitgebeeld in 'n wit rok en geplaas teen 'n bedrukte groen mat. Die wit rok vorm 'n skerp kontras teen die groen en pienk agtergrond. Swart buitelyne word gebruik om patrone op die groen mat te vorm en die vorms is gevul met skakerings van pienk. Klein wit blommetjies kan in die middel van die mat gesien word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 7c: Dit is 'n ekspressionisties/figuratiewe werk met die gebruik van sterk kleure. Die wit van die rok beeld vroulikheid uit. Die sagte, vroulike, wit satynrok en die kantversiersels is in teenstelling met die dowwe bruin trofee geplaas. Die vloer en omliggende agtergrond is hoofsaaklik bruin en rooi. FIGUUR 7d: 'n Vroulike figuur is geskilder op 'n realistiese wyse. Die feit dat sy op 'n wolk geplaas is versterk 'n engelagtige voorkoms. Die wit rok kan reinheid of maagdelikheid simboliseer. • Houding van die figure en die betekenis van die klere FIGUUR 7a: 'n Weerlose, naakte jong meisie domineer die prentvlak. Haar naaktheid is bedek met die swart reghoeke (gesensor). Sy word gevange gehou deur twee manlike soldate soos 'n trofee, of dier wat gevang is. Die soldate se liggame is deur die prentvlak afgesny, wat dit moeilik maak om hulle gesigte en gesigsuitdrukkings te sien, wat verborge identiteite tot gevolg het. Die naakte meisie kan 'n kinderprostituut/ jong vrou/ oorlogsgevangene verteenwoordig. Haar naaktheid wat weggesteek word deur swart reghoeke (gesensor) is om haar skaamte weg te steek. Die twee mans aan weerskante dra uniforms wat kan aandui dat hulle soldate/polisiemanne is, en figure van mag/outoriteit is. FIGUUR 7b: Die vrou se figuur domineer die middel van die prentvlak. Die vrou se houding is tipies van hoe 'n model 'n rok sou dra. Sy kom selfversekerd voor en kyk na regs wat kan beteken dat sy wag vir goedkeuring van haar bewonderaars. Haar hare is netjies gekam en vasgemaak in 'n los vlegsel. Die vrou is geklee in deftige wit kantrok, en sy dra delikate deursigtige skoene. Sy vertoon die rok om bewonder te word. FIGUUR 7c: Die vroulike figuur is effe oorgewig en onaantreklik. Sy kyk oor haar skouer asof sy nie oogkontak met die kyker wil maak nie. Sy sit nie op 'n baie vroulike manier nie, aangesien haar bene effens uitmekaar is en haar voete op 'n kussing rus. Sy het 'n manlike voorkoms. Die groot trofee op haar skoot word die fokuspunt wat die manlikheid van haar pa, die jagter, simboliseer. 'n Bedeesde, knielende vroulike figuur kan gesien word in die agtergrond van die skildery. Dit wil voorkom asof sy 'n bediende is of deel kan wees van haar pa se trofeë. Die meisie wat in die stoel sit is geklee in 'n wit rok wat gemaak is van goedkoop, blink materiaal. Die pienk strik in haar hare laat haar kinderlik lyk. Die klein knielende figuurtjie in die agtergrond is geklee in 'n formele swart rok wat aandui dat dit 'n bediende kan wees, of 'n skaam familielid. FIGUUR 7d: Die meisie op die wolk word uitgebeeld as 'n engel of 'n skoonheidskoningin. Sy is geplaas op 'n wit wolk asof sy uitgestal word vir almal om te sien. Omdat sy 'n kroon dra, klassifiseer dit haar as 'n kommoditeit vir almal om te sien. Die meisie is uitgebeeld as 'n skoonheidskoningin en is geklee in 'n kort geplooide kaalskouerrok. Sy dra 'n tiara/kroon wat gewoonlik geassosieer word met bruide, skoonheidskoninginne, prinsesse of feetjies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Plasing/agtergrond FIGUUR 7a: Die naakte meisie is geplaas teen 'n muwwe, vuil, wit gekalkte baksteenmuur. Dit kan 'n tronk voorstel, of 'n muur in 'n obskure stegie. FIGUUR 7b: Die foto van die vroulike figuur is op 'n dekoratiewe groen en pienk Oosterse mat geplaas. FIGUUR 7c: Hierdie vroulike figuur sit op 'n sitkamerstoel met haar voete wat rus op 'n kussing. Die bruin agtergrond is baie leeg met net 'n gordyn links en 'n klein figuurtjie regs. FIGUUR 7d: Die gekroonde meisie sweef op 'n wolk. Sy hou vas aan die kante van die wolk asof dit beweeg. • Moontlike betekenis en boodskappe met verwysing na die titels van die kunswerke FIGUUR 7a: Die meisie wat in hierdie werk uitgebeeld word, is dalk gearresteer vir verskeie redes. Sy word beskou as 'n trofee wat deur die gereg gevang is of sy kan net 'n meisie wees wat deur mans in uniform misbruik word. Die titel kan verwys na die meisie wat as gevolg van 'n onwettige daad gevange geneem is en nou beskou word as die trofee van die mans in uniform.Daar kan verskeie interpretasies van hierdie afbeelding wees (alle kommentaar moet gemotiveer wees). FIGUUR 7b: Die meisie wat vir die foto poseer wil die kyker beïndruk. Die wit, vroulike rok waarmee gespog word, dui aan dat meisies versier en uitgestal word soos trofeë vir bewondering en versiering. Die wit rok kan ook verwys na onskuld. Sy vergelyk haarself met die pop, Barbie. Barbie is bekend vir haar maer lyfie en mooi gesiggie. Die houding van die figuur is baie dieselfde as die van 'n Barbie-pop. FIGUUR 7c: Die jong meisie, wat haar pa se vreugde en trots is, speel met sy jagtrofeë, asof sy dan meer gewaardeer sal word. Omdat sy onaantreklik is en oordrewe geklee is in 'n kitsch satynrok, beklemtoon dit die feit dat sy probeer om vroulik te wees en om as haar pa se trofee beskou te word. Dit lyk asof die jong, onaansienlike meisie net as mooi beskou kan word as sy uitgestal word saam net haar pa se jagtrofeë. FIGUUR 7d: Die naam Beatrice beteken om blydskap te gee. Hierdie realistiese uitbeelding van skoonheid en vroulikheid skep 'n melankoliese atmosfeer. Geplaas op 'n wolk wat lyk soos spookasem, is dit asof mooi vroue vergelyk word met engele wat soos spookasem lyk. Hulle word gekroon, geplaas op 'n voetstuk en erkenning word gegee as 'n trofee om uitgestal te word. Soms word skoonheidskoninginne op 'n troon geplaas en beskou as 'n trofee om deur almal bewonder te word. Vroue kan dikwels 'n goedkoop kommoditeit word. 'Beatrice' kan verwys na die figuur se naam. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 23 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 7.2 Kandidate moet die werk bespreek van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het wat op manlikheid en/of vroulikheid kommentaar lewer. Gebruik die volgende riglyne: • Beeldgebruik/visuele voorkoms • Inhoud en komposisie • Geslagskwessies aangepak • Medium • Styl en tegnieke • Moontlike boodskappe en betekenisse (10) [20] Trofee: 'n Beker of ander dekoratiewe voorwerp wat as 'n prys vir oorwinning of sukses toegeken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 24 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Ek het nog altyd diegene waardeer wat dit waag om met materiaal en verhoudings te eksperimenteer. – Zaha Hadid Soos wat boutegnieke en tegnologieë verander, sal meer kreatiewe wonings gebou word. Innoverende ontwerpe met herwinde materiaal word met hipermoderne tegnologie gevul. Die villa in FIGUUR 8a en die biblioteek in FIGUUR 8b is nog net die begin van dit wat moontlik sal wees. FIGURE 8a and 8b wys argitekte wat gewaag het om te eksperimenteer deur futuristiese, dog funksionele strukture uit opgesikleerde (hernude) materiaal te skep. Kandidate moet verwys na die visuele bronne en enige TWEE Suid Afrikaanse strukture/ monumente/geboue wat hulle bestudeer het en 'n opstel skryf waarin hulle die innoverende gebruik van ongewone en of nie-tradisionele materiale bespreek, deur die volgende te oorweeg: • Die manier waarop die argitek met nuwe tegnologieë geëksperimenteer het FIGUUR 8a: Met die gebruik van herwinde vliegtuigonderdele en minimale glas omhulde strukture het die argitek geëksperimenteer met nuwe boutegnologie. Die groot glasruite is gemonteer op klinknaelmetaalrame, afgeskerm deur metaalpanele en so geplaas om maksimum daglig in te laat. FIGUUR 8b: Die innoverende opsiklering van skeepshouers en om dit op mekaar te stapel, skep interessante vertikale en horisontale lyne en vorms. Die gemonteerde glaspanele laat lig toe in die struktuur. Kandidate se eie voorbeelde • Materiaal en die belangrik daarvan FIGUUR 8a: Die argitek het staal en glas gebruik om vensters te skep met diagonale en vertikale lyne wat die beeld van 'n vliegtuig naboots. Die opsiklering van werklike vliegtuigonderdele gee 'n nuwe betekenis aan voorwerpe wat weggegooi is. Die onkonvensionele materiaal maak deure oop vir nuwe innoverende idees en ontwerpe. FIGUUR 8b: Skeepshouers verskaf bekostigbare, stabiele en maklik-om-te-bou alternatiewe oplossings om konvensionele werk- en leefruimtes te skep. Hierdie klaargemaakte strukture kan opgerig word in die helfte van die tyd as wat tradisionele boumetodes sal neem. Indien hierdie biblioteek by 'n ander skool opgerig word, kan dit ook dien as inspirasie vir borge/skenkers/donateurs om te toets of 'n skool 'n groter gerief kan behartig voordat dat daar een gebou word. • Invloede FIGUUR 8a: Internasionalestyl-argitektuur, d.i. Le Corbusier en Mies v.d. Rohe. Minimalisme kan ook 'n invloed wees. FIGURE 8b: Bauhaus en De Stijl se gebruik van kleur. Piet Mondrian se gekleurde blokke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 25 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Vorm en lyn FIGUUR 8a: Diagonale lyne het driehoekige vorms geskep wat geheg is om 'n driedimensionele venster te skep. Dit lyk asof die mure in en uit die gebou beweeg. FIGUUR 8b: Die reghoekige vorm en reguit lyne herinner ons aan die De Stijl-beweging. Dit weerspieël ook die domino-sisteem van Le Corbusier waar 'n enkele modulêre sisteem herhaal word in verskillende rangskikkings om 'n meer komplekse eenheid te skep wat voldoen aan verskeie vereistes. Die struktuur vorm 'n uitdagende vrydraerbalk wat visueel treffend is. • Ontwerp en funksionaliteit FIGUUR 8a: Hierdie huis is so naby as wat 'n mens kan kom om in die wolke te bly. Soos 'n vliegtuig is die huis blootgestel aan die elemente aan alle kante en wil voorkom asof dit sweef bo water, want dit is op stelte geplaas en staan weerskante van 'n swembad en 'n klein meer. Dit word beskou as 'n swewende boks van herinneringe. Dit funksioneer as leefruimte met kamers wat beskou word as bokse gevul met herinneringe vir 'n afgetrede loods. Die struktuur is geskep om die inwoners die gevoel te gee asof hulle in die lug bly. FIGUUR 8b: Twee skeepshouers is opmekaar gestapel in 'n kruisformasie, wat twee spasie onderskei: 'n plek om inligting te bekom en 'n plek om huiswerk te doen en te lees. Die biblioteek is 'n funksionele voorbeeld van 'n opwindende stimulerende plek, wat nie net inligting huisves nie, maar ook deur die gebruik van kleur, vorm, lig, die ope lug en verbeeldingryke en vindingryke ruimte, die kyker 'n inspirerende ondervinding gee wanneer dit betree word. • Die verskillende vorms geskep in FIGUUR 8a en die visuele impak wat dit op die kyker het Die gefragmenteerde fasade van die villa is geskep deur driehoekige glaspanele bymekaar te voeg. Gefragmenteerde, geometriese vorms word vensters. Lang, dinamiese lyne stel spoed en beweging voor. Hierdie struktuur ondersoek die idee van vlug as 'n sterk motiveerder vir argitektoniese uitdaging. Dit is futuristies aangesien beweging geskep word deur diagonale en vertikale lyne. • Redes vir die lig/oplig van die gebou in FIGUUR 8a en 8b FIGUUR 8a: Die argitektoniese firma was in staat om 'n gevoel te skep van 'n vliegtuig wat deur die lug vlieg. Die gestapelde, vrydraer vertikale volumes draai en wring om 'n vliegtuig na te boots wat deur die lug beweeg. FIGUUR 8b: Dit verskaf ekstra ruimte vir interaksie met die leerders. Dit verskaf skadu en dit simboliseer die verheffing van kennis. Dit laat ook toe vir byvoeging van nog modulêre eenhede. Dit raak meer esteties aantreklik. Dit omskep 'n gewone stooreenheid in 'n meer funksionele gebruikerspasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 26 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne KANDIDATE MOET 'N BESPREKING VAN HULLE EIE STRUKTURE INSLUIT Onderrigmiddel: FIGUUR 8a: Aviator's Villa (Vlieënier se Villa), word bereik deur 'n lang, smal oprit soortgelyk aan die aanloopbaan van 'n vliegtuig. Die interieur is ontwerp as 'n minimale opeenvolging van drie primêre ruimtes: die ruim, 30 voet hoë leefarea/kombuis/eetkamer; die vrydraerbalk 40 voet-slaapkamer; en die biblioteek. Die finale swewende volume word beskou as 'n 'boks van herinneringe'. Dit is slegs bereikbaar deur die slaapkamer en funksioneer as 'n spasie vir meditering en om memento's in te stoor. Die boks het 'n groot venster met 'n uitsig van die bebosde area buite en 'n dakvenster agter, wat uitkyk op die vrydraerbalkvolume van die slaapkamer aan die bokant en wat ook die hoogste punt van die huis is en beskou word as die finale plek om na te beweeg aan die einde van die dag. 'n Monumentale wenteltrap lei van die leefarea tot by die slaapkamer. Aan weerskante van die trappe is 'n reeks weggesteekte spasies wat geplaas is tussen die twee hoofvertrekke. Hierdie sekondêre ruimtes is bedoel om onafhanklik en uniek in te leef, in kontras met 'n tradisionele uitleg. Futuristiese argitektuur bevorder die gebruik van staal, glas en sement. Dit is word deeglik bereken om die maksimum buigbaarheid en ligte gewig te verseker. Hierdie elemente boots die tekstuur van wolke na, en versag die son se strale om sagte skaduwees in die woning se interieur te skep. Die gebou het eienskappe van Dekonstruktivisme aangesien dit antiswewend en gefragmenteerd is. [20] Herwinde: Om nuwe betekenis aan afvalstrukture te gee Futuristies: Innoverende idees wat voor hulle tyd uitgedink word Villa: Baie deftige huis TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all