You're offline
Skip to content
Memorandum

VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2018 AFR_hlayiso.com_.pdf

Subject: Visual ArtsGrade 12201819 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 VISUELE KUNSTE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word:  Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee.  Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.  Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte (‘Bullets’) dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoord te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. 6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS  Hierdie nasienriglyne moet as ʼn riglyn vir nasieners en ʼn onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs ʼn voorgestelde gids wees.  LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.  Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op ʼn holistiese wyse bespreek.  Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 3 RIGLYNE: Daar word van die KANDIDAAT verwag om die volgende te demonstreer:  Enige VYF vrae te beantwoord vir ʼn totaal van 100 punte.  Vrae en onder-afdelings duidelik en korrek te nommer.  Inligting reeds in een vraag bespreek, nie te herhaal nie. Indien herhaal, sal punte slegs die eerste maal toegeken word. Kruisverwysings na kunswerke is toelaatbaar.  Dat antwoorde in volsinne en paragrawe sal wees, volgens die instruksies vir elke vraag. INLIGTING IN KOLPUNTVORM SAL SLEGS MINIMALE PUNTE VERDIEN.  Die gebruik van korrekte kunsterminologie.  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn historiese en kulturele konteks.  Plasing van spesifieke voorbeelde binne ʼn kulturele, sosiale en historiese konteks.  Insig rakende kenmerke/besondere kreatiewe styl.  Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars. Daar word van die NASIENER verwag om die volgende te demonstreer:  Aanvaarding van bewese beredenering binne die konteks van die vraag.  Om inligting in gedagte te hou wat reeds boaan sommige vrae verskaf is.  Om na te sien volgens die riglyne hierbo wat aan die kandidate verskaf is.  Om te herken dat hierdie memorandum dien as ʼn riglyn vir nasieners sowel as onderrigwerktuig. Om dié rede is die inligting vir sommige antwoorde in meer diepte en inligting rakende ander antwoorde mag blote aanbevole riglyne wees.  Om leerders eerder te beloon vir wat hulle weet, as om hul in diskrediet te plaas vir wat hulle nie weet nie.  Om na die Visuele Kunste SAG-dokument raamwerk (p. 24) te verwys, as riglyne om vlakke van prestasie te assesseer. (Sien volgende bladsy.) LET WEL:  Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek sonder dat hulle die kunswerke al voorheen gesien het. Merkers kan dus nie feitelike akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke inligting put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet merkers onbevooroordeeld en buigsaam tydens die merkproses wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) PRESTASIE- ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES  KODE 7  Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 80–100% lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6  Demonstreer ʼn goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70–79% kommentaar te lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip. 5  Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul Substansieel kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 60–69% kommentaar te lewer.  Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn goeie vlak van insig en begrip. 4  Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 50–59% lewer.  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn redelik goeie vlak van insig en begrip. 3  Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul Bevredigend kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 40–49% kommentaar te lewer.  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn bevredigende vlak van insig en begrip. 2  Demonstreer slegs ʼn basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30–39% kommentaar te lewer.  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.  Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon ʼn elementêre vlak van insig en begrip. 1  Demonstreer ʼn geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0–29% kommentaar te lewer.  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns- terminologie.  Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 5 VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS IN DIE 1950’s EN 1960’s Oor die jare het baie opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars in hul werk op die uitbeelding van die ‘lot van die armes’ in verskillende sosiale kontekste en verskillende Suid-Afrikaanse omgewings gefokus. 1.1 Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b verskyn, moet leerders ʼn opstel skryf (minstens ʼn ¾ bladsy) waarin hulle die twee kunswerke vergelyk deur die wyses waarop die lot van die armes deur die twee kunstenaars verken word. Hulle moet verwys na die volgende:  Onderwerp  Komposisie en fokuspunt  Kleurgebruik  Styl  Boodskap en betekenis Onderwerp: Alhoewel die aktiwiteite in beide werke in ʼn landelike konteks gestel word, verskil die onderwerpe merkwaardig. In FIGUUR 1a beeld George Pemba ʼn paar landelike Xhosa-vroue uit, wat met behulp van skoffelpikke grond bewerk waaruit koring geoes is. In FIGUUR 1b word vier vroue met twee jong seuns (twee van die vroue met hul rug na die kyker en die ander twee wat die kyker in die gesig staar) uitgebeeld asof hulle huiswaarts beweeg nadat hulle brandhout ingesamel het. Dit is duidelik dat albei groepe vroue arm is; dié in FIGUUR 1a gebruik rudimentêre tegnologie om ʼn groot uitgestrekte stuk grond te bewerk terwyl dié in FIGUUR 1b van brandhout afhanklik moet wees vir brandstof. Komposisie en fokuspunt: Die fokuspunt van FIGUUR 1a is die vroue in die voorgrond. Albei word in die profiel voorgestel soos hulle na regs kyk. Die een naaste aan die kyker vul die onderste gedeelte van die formaat en laat die kyker voel asof hy/sy deel van die werk is. Die tweede vrou word in die middel gesny om ritmies ʼn illusie van perspektief te skep wat resoneer met die terugwykende lineêre perspektief van koringvelde. Laasgenoemde lei tot hul rondawels op die horison – ʼn teken van hul minderbevoorregte status. In FIGUUR 1b word die vroue in ʼn lineêre rangskikking oor die komposisie gespasieer sodat geen fokuspunt onder hulle ontstaan nie aangesien die oog van een figuur na die ander beweeg. Die agtergrond is relatief plat met tekens van terugwykende ruimte (d.m.v atmosferiese perspektief). Die kleure op die figure is baie sterker, wat van hulle die fokusarea maak. Die gebruik van kleur Die onderste helfte van FIGUUR 1a, wat gekenmerk word deur ʼn terugwykende agtergrond, word gevul met warm bruine bedek met sterk rooi, roomwit, blou en pers wat gebruik word vir die tradisionele Xhosa-rok van die vroue in die voorgrond. Die boonste helfte is ʼn sterk koel blou in die lug wat die werk ʼn gevoel van resessie gee – in ooreenstemming met die konvensie van warm kleure in die voorgrond en koel kleure in die agtergrond. Die blou dra ook by tot die realistiese gevoel en eenvoudige karakter van die landelike gemeenskap. In FIGUUR 1b eggo Chiarla vir Pemba in sy gebruik van afsonderlike helder primêre en sekondêre kleure om die kleredrag uit te lig. Sy agtergrond verskil egter omdat dit in warm oranje en pers geverf is om ʼn gevoel van ʼn warm middag voor skemer te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Styl Beide Pemba en Chiarla se werk hou verband met realisme deurdat hulle die lot van armes in landelike gebiede uitbeeld. Pemba se werk toon egter ʼn sterk gevoel van fatsoen wat beskrywend oorgedra word, terwyl Chiarla se werk ʼn indrukwekkende styl toon in die uitbeelding van vorms in ʼn minder afgewerkte naturalisme. Sy kwashale is meer gedefinieer, rou en gebroke om voue voor te stel. Dit toon die invloed van Impressionisme en kunstenaars soos Manet en Monet. In teenstelling hiermee pas Pemba eerder verf in relatief gladde tekstuur toe en gebruik kwashale om rondheid in die vorms te skep. Sy kwashale vir koring is meer definitief as Chiarla se wilde kwashale wat die hardheid van die omgewing eggo. Boodskap of betekenis Albei werke fokus op swaarkry wat deur die plaaslike plattelandse Afrika-vroue ervaar word. Pemba fokus op die oes en voorbereiding van die land vir plant terwyl Chiarla se werk handel oor om hout bymekaar te maak vir kook. (8) 1.2 Leerders moet ʼn opstel van minstens 1½ bladsye skryf waarin hulle voorbeelde deur enige TWEE kunstenaars wie se werke ʼn dokumentasie van lewens van mense in hul omliggende omgewings is, bespreek en evalueer. Hulle bespreking moet die volgende insluit:  Name van kunstenaars en titels van kunswerke  Onderwerpe  Gebruik van komposisionele toestelle  Formele elemente  Styl en tegnieke  Boodskappe oorgedra (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 7 VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die Afrika-gees het ʼn manier om uitdrukking te vind in die werke van kunstenaars wat beïnvloed word deur inheemse kunsvorms. 2.1 In ʼn opstel van minstens 1-1½ bladsye, moet leerders die bostaande stelling debatteer met verwysing na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b om die geldigheid daarvan te bewys. Hulle moet na die volgende aspekte verwys:  Invloede  Onderwerp  Vorms, simbole en kleure  Styl  Stemming FIGUUR 2a Sebidi se huidige werk was ʼn gevolg van die invloed van haar instrukteur, Mohl. Mohl het haar aangemoedig om tyd saam met die ou mense in die gemeenskap te spandeer en na hul stories en leerstellings te luister. Dit is in hierdie verhale dat ons die personifikasie van die gees van Afrika vind wat in die meeste van Helen Sebidi se werke uitgedruk word. Die ouma is die gids van die familie, is geen uitsondering nie. In Sebidi se werk verteenwoordig dit ʼn man en vrou met ʼn kind in die agtergrond onder die sorg van haar ouma – soos dit moet wees. Hier getuig die groter skaal van die ouma in die agtergrond van haar status. Sebidi oordryf nie net die vorms en kenmerke van haar figure om hul Afrikanisme uit te druk nie, maar gebruik ʼn Neo-pointilisme tegniek wat die werk ʼn tekstuurkwaliteit gee wat herinner aan inheemse pre-moderne Afrika- gemeenskappe. Die tradisionele kleredrag en die monochromatiese palet van aardse perse en bruine dra verder by tot ʼn Afrika-gevoel. FIGUUR 2b is ʼn werk met motiewe wat die invloed van inheemse kunsvorme aantoon en sodoende die gees van tradisionele vroulike Afrika-koningskap uitstraal. Die onderwerp is ʼn simboliese voorstelling van ʼn gesigportret van ʼn Afrika-koningin wat met voorwerpe, figure en vorms getooi word, waarvan baie simbolies verband hou met Afrika-gebruike en tradisies. Die swart tande verwys na krag en die mag van koninklikes. Die metaal-kettingband versier met ʼn Benin-masker verwys na verfraaiing, koninklike status en prestige. Dit is terselfdertyd die fokuspunt van ʼn ritueel wat die draer teen negatiewe magte beskerm. Die gesig, kompleksie, haar gelaatskleur en omliggende kroonsierade word almal naturalisties uitgebeeld. Hulle beklemtoon die aspek van skoonheid wat gepaard gaan met vroulike Afrika-koninklikes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Die komposisie is beide simmetries en asimmetries gebalanseer om die werk ʼn atmosfeer van mag en koninglikheid te gee. Aan die kant van haar gesig is naakte vroulike figure wat kruike met water in dra – hulle speel die rol van jong meisies in die dorp. Hierdie rol word herhaal in diegene wat onderlangs op die rand sit en water uit hul kruike stort. Die klassieke argitektuur (pilare), naaktheid van die figure, hul anatomie en ligaamshouding asook die naturalisme van die beelde herleef die Griekse ideaal van balans, skoonheid en perfeksie wat aan hierdie koninklike wese toegeken word. Dit weerspreek die gewilde idee van ekspressionisme as kenmerkend van Afrika-kunsvorme, maar het steeds die gees van Afrikanisme soos uitgedruk in die brons velkleur en die feit dat Afrikane tradisioneel half naak geklee was en mans as gespierd en sterk beskou is. Die kroon is versier met ʼn keël wat ontwikkel in die kop van ʼn voorvaderlike stamfiguur beeldhouwerkie wat in ʼn hout diamantvorm vasgelê is. Dit herinner aan die voorvaderlike figure wat as gidse en beskermers van die kroon dien. LET WEL: Hierdie is ʼn oop vraag. Die leerders se opinie sal nie noodwendig dieselfde as hierbo wees nie. Merkers moet dus 'n hoë mate van ontvanklikheid en buigsaamheid uitoefen wanneer hulle hierdie vraag merk. (10) 2.2 Leerders moet enige TWEE kunswerke bespreek deur enige ander twee kunstenaars wat hulle bestudeer het wie se werke ʼn Afrika/inheemse invloed het deurdat dit die gees van Afrika uitdruk (1 bladsy). Hulle moet verwys na die volgende:  Name van kunstenaars en titels van kunswerke  Invloede  Beeldgebruik wat verband hou met Afrika/inheemse kunsvorms  Gebruik van materiale/media en styl  Stemming (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 9 VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's Die volgende stelling is deur die kunstenaar gemaak met verwysing na sy werk, waarvan ʼn deel in die visuele illustrasie in FIGUUR 3a voorgestel word: ‘My werk handel oor sekere spanningsverskille wat uit die geskiedenis voortspruit en die herinnering aan die geweld wat aan swart liggame in die span van die Westerse heerskappy op die vasteland aangedoen is. liggame. Die uitwerking van daardie geskiedenis strek tot die lewenservarings van (Suid-) Afrikaners wat in elke stad woon.’ [Onderhoud deur: Houghton Kinsman gepubliseer in Another Afrika op 15 September 2014] 3.1 Leerders moet die visuele bron in FIGUUR 3a bestudeer met betrekking tot die bostaande stelling en die werk analiseer en interpreteer in terme van die volgende (1 paragraaf):  Onderwerp en media  Kenmerke van die werk wat spanning, geskiedenis, herinneringe van geweld en Westerse heerskappy simbolies voorstel  Stemming  Interpretasie en betekenis Ditaola 1 – VIII is ʼn reeks fotografiese afdrukke. Foto's is veronderstel om spesifieke oomblikke van ʼn bepaalde tyd uit te beeld. Modisakeng se vertoning neem ons terug in die koloniale geskiedenis van Afrika. Mohau Modisakeng verskyn in sy foto as half geklee in ʼn geplooide romp oor ʼn lang rokagtige kledingstuk – ʼn vooraansig middellengte-studie van die kunstenaar in ʼn militêre houding (‘pose’) met 'n antieke geweer wat oor sy rug hang. Modisakeng wil die rol van die kulkunstenaar aanneem, maar die wit duif wat in die reeks soms in rus en soms in vlug voorkom, laat hom na ʼn blote sirkus- towenaar lyk. Die voël verteenwoordig simbolies vrede, terwyl die antieke geweer verteenwoordigend is van Westerse koloniale geweld. Die geweer se teenwoordigheid herinner ons aan die feit dat die huidige sosiale geweld sy oorsprong in koloniale geweld het. Die wit duif wat na bewering ʼn onderhandelaar vir vrede sal wees, is rusteloos, ontwykend en tydelik. Modisakeng se foto toon flitse van ʼn blou-groen somber geskiedenis wat nagevolge het wat uitdrukking in ons hedendaagse samelewing gevind het. Gewere het geweld in samelewings gebring. Vrede is ontwykend, tydelik en word ironies deur geweld gesoek. Aanvaar enige gemotiveerde analise en simboliese interpretasie (5) 3.2 Banksy is die wêreld se mees bekende en gevierde graffiti-kunstenaar. Vir sommige mense is sy kunswerke stimulerend, ironies, humoristies en met heelwat stof tot nadenke. Vir ander is dit bloot vandalisme. Leerders moet die visuele illustrasie in FIGUUR 3b bestudeer en in ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½–¾ bladsy die kwessie/s en beoogde betekenis in die werk bespreek: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Dronk Engel is die eerste keer op die Londense brug gesien, hoewel daar sedertdien bo-oor dit geverf is. Dit wys ʼn gevalle engel, vasgebind en moeg. Die bottel stel alkohol voor aangesien dit is gemerk met ʼn teken wat normaalweg gebruik word om te verwys na skadelike stowwe. Hierdie tekens word normaalweg rooi gekleur, maar dit is in swart wat voorstel dat alkohol gevaarlik/noodlottig is, met ander woorde giftig. Die engel rook ook ʼn sigaret wat tans as gevaarlik vir mens se gesondheid beskou word. Die engel sit teen die kant van ʼn donker stegie en rook - ʼn gewoonte wat tans verband hou met sterftes wat deur longkanker veroorsaak word. Sy vlerke het aansienlik gekrimp, sodat hy nie meer kan vlieg nie, om nie eens te praat van loop sonder om om te val nie. Sy klere het die witheid verloor wat geassosieer word met suiwerheid; Dit is gevlek met vuil geel oker van die omliggende mure. Al wat oorbly om ons aan sy vorige engelstatus te herinner, is sy gekleurde halo. Die bui is somber en depressief en sy lyftaal dui aan dat hy hom aan albei agente vir sy lot oorgegee het. Banksy dra die boodskap oor dat, ten spyte van sy beste pogings, het die engel misluk en uiteindelik gedraai na dwelmmisbruik. Die ironie is of hy nog die etiket van ‘engel’ kan dra nadat hierdie lae status bereik is. Die werk weerspieël op lede van die samelewing wat eens as regverdig en goed beskou is, maar as gevolg van dwelmmisbruik ontaard het in gemors. Hy het nog ʼn kans om uit te kom na die rigting van die kyker of hy kan homself verder in die donker stegie laat sink. Aanvaar enige gemotiveerde analise en simboliese interpretasie (5) 3.3 Leerders kies TWEE kunswerke deur twee verskillende kunstenaars wie se werk handel oor die sosiopolitieke kwessies van ons tyd en bespreek die volgende in detail (1 bladsy):  Name van kunstenaars en titels van kunswerke  Media, tegnieke en stilistiese eienskappe  Onderwerpe en sosiaal-politiese kwessies wat in die werke behandel is  Boodskappe en betekenisse (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 11 VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Jackson Hlungwane se beeldhouwerke is nie net ʼn geval van kunsmaak ter wille van kuns nie; hy het sy beeldhouwerke gebruik as deel van sy preke waarin hy idees aangaande spiritualiteit en God wou oordra. 4.1 Met verwysing na die bostaande stelling, moet leerders die gegewe illustrasie in FIGUUR 4a beskryf, analiseer en interpreteer deur ʼn opstel van ʼn ½-¾ bladsy te skryf. Hulle moet verwys na die volgende:  Invloede  Medium en tegniek  Vorms en kenmerke wat van spiritualiteit en God getuig  Styl van beeldhoukundige voorstellings  Simboliese aspekte  Betekenis van die kunswerk Jackson Hlungwani se werk is beïnvloed deur ʼn samesmelting tussen tradisionele Tsonga waardes/gebruike en Christelike leerstellings. In sy werk neem God and Christ ʼn vorm aan met kenmerke wat herinner aan God as drie-enig. Dit is ʼn boomstomp wat Hlungwane vanaf die basis tot 'n groot menslike vorm gekerf het, met bene wat in teenoorgestelde rigtings uitsteek: twee persone - pa en seun in een. Die figuur staan regop met arms wat opwaarts gevou is en vasgepen aan die liggaam rondom die natuurlike opening van die boomholte. In lyn met die konvensies van Christelike uitbeelding, is die handpalm aan die regterkant getoon met ʼn wysvinger wat wys terwyl die linkerhand oop is in ʼn seënposisie. Daar is een groot kop met twee gesigte; een kyk na links en die ander na regs - beide glimlag om duidelik die vreugde te simboliseer wat vader en seun in hul eenheid ervaar. Op die bopunt van die kop is ʼn kruin met beelde van voëls ingesny wat die Heilige Gees verteenwoordig en sodoende die 3 entiteite wat een God uitmaak, voltooi. Mens kry die gevoel dat die duif nou en dan die kop verlaat en dan in die gat in die borsholte gaan bly soos deur die kunstenaar gesuggereer. Soos in sy ander beelde het Hlungwane hierdie figuur van God as ʼn sterk en soliede figuur uitgebeeld. Die Vader en Seun se gesigte lyk eenders en dit is moeilik om tussen hulle te onderskei. Die gesigte neem groot, ekspressiewe maskeragtige kenmerke aan: amandelvormige oë wat deur diep insnydings gedefinieer word wat buitelyne van die ooglede vorm en in groot neuse eindig. Die vorms van die mond word aangedui deur ʼn dun reguit lyn in die uitdrukking van ʼn glimlag. Die beeld bevestig Christus se lering dat hy in die Vader woon en die Vader in hom woon. Om hom te ken, is sinoniem met om die Vader te ken. (8) 4.2 Leerders vergelyk TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het wat geestelike inhoud openbaar en ʼn geestelike boodskap dra.  Name van kunstenaars en titels van kunswerke  Invloede  Uitdrukkings van geestelike inhoud/beeldgebruik  Media en tegnieke  Interpretasies betekenisse en boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Maurice Mbikayi se kunswerke ondersoek die positiewe en negatiewe impak wat kontemporêre tegnologie op mense van Afrika het. 5.1 Met verwysing na die bostaande stelling en visuele bron in FIGUUR 5a, moet leerders ʼn opstel van minstens ʼn ¾ bladsy skryf waarin hulle die kunswerk verduidelik, analiseer en bespreek. Neem die volgende in aanmerking:  Die medium en hoe dit met kontemporêre tegnologie verband hou  Die vorm en kenmerke en hoe dit aangevul word deur die titel  Rol van kleur in die werk  Maniere waarop die werk die negatiewe of positiewe impak van kontemporêre tegnologie aanspreek Maurice Mbikayi se werk (FIGUUR 5a) is ʼn beeldhou-installasie wat gemaak is met behulp van rekenaaronderdele, kabels en veselglas. Dit is duidelik dat die sluipmoordenaar se kapmantel gemaak is rekenaarsleutelborde. Van die regtermou af vloei ʼn menigte rekenaarkabels wat arteries en are verteenwoordig, aangesien dit sinspeel op die transmissie van data. Die onsigbare linkerhand hou ʼn lang stok waaraan rekenaarmuise vasgemaak is. Dit lyk asof hierdie die moordenaar se wapen verteenwoordig. Daar is geen twyfel dat die medium direk gekoppel is aan kontemporêre rekenaartegnologie nie. Die moordenaar is onsigbaar in die sin dat sy bestaan meer geestelik of virtueel is - dus verwys sy teenwoordigheid na geen onmiddellike dood of gevaar nie. Behalwe die kabels, is die hele vorm swart en verwys dit na die simboliese assosiasie met die dood. Ironies genoeg is die vorm allegories tot die 16de eeuse Shakespeare-Engelse beeld van ‘tyd’ met ʼn sens en ʼn uurglas wat negatiewe konnotasies van die dood dra. So terwyl rekenaartegnologie die vermoë het om sosiale vooruitgang te bevorder, kan dit ook in konfliksituasies ontplooi word om massavernietiging te bewerkstellig. Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing. (8) 5.2 Die gebruik van multi-media, gepaard met skaal, die gepaste metode en aanbiedingsruimte voeg nie net by tot die estetiese werking van die kunswerk nie, maar stel die kyker ook in staat om interaktief betrokke te raak en ʼn persoonlike betekenis te skep. Leerders moet verwys na FIGUUR 5b. Beskryf die werk in ʼn paragraaf van minstens ʼn ¾ bladsy en bespreek hoe die volgende aspekte van die werk ʼn impak op die estetiese werking en betekenis daarvan het:  Onderwerp en skaal  Keuse van medium en kleur  Aanbieding – skaal en ruimte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 13 Blomhondjie, die beeldhouwerk uit blomme deur Jeff Koons, is ʼn permanente installasie by die Guggenheim Museum Bilbao. In 1992 was hy opdrag gegee om ʼn stuk vir ʼn kunsuitstalling in Arolsen, Duitsland te skep. Die resultaat was Blomhondjie, 'n drie-en-veertig voet (12,4 m) lang snoeikunswerk van ʼn West Highland Wit Terrier-hondjie wat geskep is in ʼn verskeidenheid blomme op ʼn staal struktuur. Dit is gemaak van vlekvrye staal, hout (slegs by Arolsen), grond, geotextile materiaal, ʼn interne besproeiingstelsel en lewendige blomplante en is iets besonders om te aanskou. Blomhondjie kombineer die soetsappigste ikonografie denkbaar – blomme en hondjies – in ʼn monument vir die sentimentalis. Die grootte daarvan – oënskynlik buite beheer (dit groei steeds letterlik en figuurlik), maar is noukeurig opgebou en styf vervat – eggo die hedendaagse kultuur. Die blywende skoonheid van die hondjie lê in sy keuse van onderwerp, sy vorm en in sy skepping deur ʼn verskeidenheid blomme te gebruik en te verseker dat hulle in staat bly om te groei. Die kleure, grootte en skaal word ʼn uitnodiging en simboliese openbaring van wat die Guggenheim-museum besit. Koons betrek beide verlede en hede, met die gebruik van gesofistikeerde rekenaarmodellering, terwyl daar ook na die 18de-eeuse formele tuin verwys word. Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing. (6) 5.3 In ʼn opstel van minstens ʼn ¾ bladsy moet leerders ten minste EEN kunswerk wat hulle bestudeer het waarin die kunstenaar nuwe/alternatiewe media gebruik het analiseer en interpreteer. Hulle moet die volgende insluit:  Naam van kunstenaar en titel van kunswerk  Media/alternatiewe media  Invloede  Kunselemente gebruik  Aanbieding  Boodskappe en/of betekenisse (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Lionel Smit se Morphous 1 (FIGUUR 6a) is ʼn verkenning van die veranderende natuur/aard van basteridentiteit in die sosiale landskap van Suid-Afrika. 6.1 Met die bostaande in gedagte, word leerders verwag om ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy te skryf waarin hulle die volgende aanpak:  Die onderwerp  Hoe basterheid/hibriditeit en sy veranderende natuur/aard in die vorm ondersoek word  Hoe die styl en tegniek die idee aanvul  Die betekenis van die medium wat deur die kunstenaar gekies is  Die betekenis van die skaal en plek waar dit aangebied word  Boodskap Morphous 1, is ʼn groot tweekop borsbeeld van ʼn jong Afrika-vrou. Die koppe is aangrensend aan die kruin van die hare aan die agterkant vasgebind om die koppe in teenoorgestelde rigtings te laat kyk. Die verbastering/hibridisering lê in die replisering van die twee koppe, wat dus die skynbare teenstrydigheid in die losheid van die konneksie tussen die pre-demokratiese identiteite en die post- demokratiese identiteite voorstel - ten spyte van die feit dat gemeenskappe ʼn gesamentlike geskiedenis deel. Mens kry die gevoel dat die reis na die skepping van ʼn nuwe identiteit in Suid-Afrika se sosiale landskap altyd gekenmerk sal word deur hibriditeit wat die vorm van dualiteit sal aanneem. Die werk herinner ook aan die kwessie van tyd – van verlede en toekoms – en van die balanspunt waar Suid-Afrikaners hulself tans bevind soos die land begin met die volgende hoofstuk van ʼn post-apartheid en post-Mandela Suid-Afrika. Hierdie idee van hibriditeit word ook in Smit se kombinasie van realisme van die vroulike vorm en ekspressionisme in die los tekstuurstroke van hare en die vel geïllustreer. Of dit van die verlede of toekomstige oogpunt beskou word, bly hibriditeit ʼn unieke kenmerk van die Suid-Afrikaanse sosiale landskap. Die medium is brons. Dit spreek van die veerkragtigheid wat die land nodig het om die uitdaging te hanteer, terwyl die skaal dui op die enorme uitdaging. Die beeldhouwerk word voor die ‘Union Square’ geplaas; ‘unie’ ʼn herinnering aan die verlede en ʼn uitdaging vir die toekoms. Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing. (6) 6.2 Hasan en Hussain Essop gebruik fotografie om vertellings en karakters te skep; hulle vertel ʼn storie in elke prent. Hulle beskryf hul werk as die verkenning van die stereotipes van die Ooste en Weste – twee kulture wat grootliks in hul daaglikse lewe voorkom. Verwys na visuele illustrasie FIGUUR 6b en bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy die volgende:  Onderwerp  Die interpretasie van die titel binne die konteks van die onderwerp  Hoe stereotipes van Oos en Wes in die werk verken word  Die effektiwiteit van die medium wat gebruik word om die boodskap oor te dra Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 15 In hul werk Vryheidsvegters, aanvaar die broers die stereotipe van ekstremistiese Moslem-soldate wat hulle voorberei vir martelaarskap by ʼn oefenkamp. Die werk beklemtoon die vooroordele wat Westerlinge het teenoor die twee mans wat in Moslem-klere aangetrek is – ʼn aktiwiteit wat onder gewone omstandighede beskou kon word as bloot ʼn groep fikse mans in karate-uniforms wat oefen by ʼn buitelug- gimnasium in die middel van ʼn skilderagtige openbare promenade in die ryk omgewing van die dorp. Ironies genoeg kan die Ooste hulle beskou as vryheidsvegters wat besig is met hul roetine-opleidingsessie. Die tweeling se werk weerspieël dus hul dubbele identiteit van beide Moslems en deel in die lewe van Westerse Suid-Afrikaners. Die tweeling soek hul plek in ʼn multi-rassige en godsdienstige diverse samelewing. Ten spyte van die feit dat die voorstelling van die menslike figuur volgens Islam verbied word, produseer die tweelingbroers hul werk met behulp van digitaal saamgestelde foto’s. Hul werk bevat ʼn oorvloed van tweelingklone wat in verskillende aktiwiteite betrokke is. Deur slegs hulself as verteenwoordigers te gebruik, skep hulle persoonlike eerder as objektiewe ervarings. Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing. (4) 6.3 Leerders moet enige TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het wat kwessies oor identiteit in Suid-Afrika bevraagteken of ondersoek. Hulle moet die volgende in hul antwoord insluit:  Name van kunstenaar/s en titels van kunswerke  Inhoud en betekenis  Medium, styl en tegnieke  Kwessies van identiteit wat in die werke behandel word (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES Geslagsrolle, manlikheid, vroulikheid, patriargale oorheersing en seksualiteit is van die herhalende temas van kunstenaars wat geslagskwessies in hul werk aanpak. 7.1 Leerders moet verwys na die visuele inhoud in FIGUUR 7a en ʼn opstel skryf van ongeveer ʼn ¾ bladsy waarin hulle die moontlike geslagskwessies wat deur die kunstenaar hanteer word bespreek en debatteer. Hulle moet verwys na die volgende:  Titel  Onderwerp  Komposisie  Styl en benadering  Moontlike kwessies en boodskap In Andrea Kowch se werk, In my gedagtes word die kyker genooi om te deel in die gedagtes van ʼn plattelandse huisvrou met betrekking tot wanopvattings wat geslagsrolle betref. Die vrou dra ʼn kombuisvoorskoot en loop na die kyker met ʼn vars gebakte pastei wat sy oppad is om op die kombuistafel neer te sit (die kers en kruiebottelrak dui aan op die teenwoordigheid van ʼn tafel). Die vrou se halfoop oë en leë staar met pupille na regs gedraai stel voor dat die toneel wat aan haar regterkant verskyn, in haar gedagtes afspeel. Haar man sit sy hoed op terwyl hy aan die kruisbande van sy broek trek. Hy is soos ʼn soldaat wat vir ʼn noodgeval uitgeroep word. Op ʼn afstand het ʼn tornado die koringskuur aan die brand gesteek. Die tornado het die omtrek van die plaashuis bereik en waai nou die koringvelde plat en jaag die varke die huis in. Mens kan nie help om bespotting te lees op die vrou se gesigsuitdrukking nie – dit lyk asof sy sê dat, in die voorgeskrewe geslagsrolle, het die man meer afgebyt as wat hy kan kou. Die komposisie is asimmetries verdeel in twee dele; die vrou aan die regterkant wie se kalmte getuig van haar ondergeskikte rol - ʼn gehoorsame ‘tradisionele’ huisvrou - en ʼn man aan die linkerkant wie se manlikheid en patriargale heldhaftigheid uitgedruk word in sy vermoë om reg te wees vir ernstige uitdagings. Die vrou se ruimte word d.m.v die deur in die agtergrond afgebaken terwyl die man se tree wat hy gee buite sy area uitstrek om sy omvang en rol groter te maak. Die varke op die agtergrond is allegories aan dié in George Orwell se ‘Animal Farm’. Hulle is ʼn simbool van gierigheid en magsbeheptheid wat soortgelyk is aan dié van manlike oorheersing, maar is lafaards in die gesig van gevaar. Deur middel van die seksuele- en geslagsrelevante objekte (insluitend die mansklere teenoor die vroulike rok, kerslig en pastei teenoor veldbrand en koringvelde, binne-area teenoor buite-area) word geslagskwessies van patriargale oorheersing en geslagsrolle bevraagteken. Die eksentrieke en effens surrealistiese eienskappe in In my gedagtes weerspieël die invloed die twintigste eeuse kunsbeweging, Droombeeld Surrealisme en ‘Magic Realism’, wat belangrike verwysings is om Kowch se werk te verstaan. Die droomagtige eienskappe van die vrou se uitdrukking en die surrealistiese verwysing na wat in haar gedagtes aangaan asook die romantiese melodrama wat links van haar voorgestel word, verteenwoordig veral die invloed van Droombeeld Surrealisme. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 17 Kowch se werk herinner ook aan Magic Realism, in die sin dat dit wegbeweeg van direkte uitbeeldings van die werklikheid, maar terselfdetyd bestaan uit beelde van werklike en identifiseerbare voorwerpe. Byvoorbeeld, dit sou hoogs onwaarskynlik wees dat die vrou so ʼn kalm en passief sal bly in die geval van ʼn lewensbedreigende tornado-ervaring. In Magic Realism word beelde gemanipuleer om die “gewone na die buitengewone” te neem, terwyl maklik identifiseerbare items vreemde kwaliteite aanneem en die omgewings wat hierdie voorwerpe bewoon lyk onlogies eerder as onmoontlik. Die werk fokus op die geslagstema van voorgeskrewe rolle vir mans en vrouens en deur die gedagtes van ʼn vrou word hierdie rolle in die gesig van ʼn krisis ontbloot. Aanvaar enige ander logiese interpretasie met stawing. (8) 7.2 ‘Ek sal myself nie by die wêreld aanpas nie. Ek is by myself aangepas ’- Anais Nïn Hierdie aanhaling is gebruik as ʼn slagspreuk vir die uitstalling: “My Seks, My Self – Vrouekunstenaars wat seksualiteit en sensualiteit deur selfportrette ondersoek”, waarin Wendy Nelson se Slaapkamer Naakstudie (FIGUUR 7b) verskyn. In ongeveer ʼn ½ bladsy, bevestig Anais Nïn se aanhaling binne die konteks van die kunswerk in FIGUUR 7b en evalueer die mate waarin die aanhaling in die werk uitgedruk word deur die vorms en kenmerke van Wendy Nelson se werk te beskryf en te interpreteer. Wendy se kunswerk val onder die kategorie van feministiese kunstenaars wie se werk ʼn sterk opposisie toon teen die sogenaamde gevestigde tradisionele manlike dominante idees oor hoe die naakte vroulike liggaam voorgestel moet word: as ʼn realistiese voorstelling van anatomie, skoonheid en seksualiteit op ʼn wyse wat voordelig is vir manlike waardering. Dus, in haar werk breek sy weg van hierdie tipe voorstelling wat rondom mans se waardering gesentreer is. Sy stel die manlike blik teleur deur haar selfportret metafories voor te stel as ʼn slaapkamerstoel wat sy dan Slaapkamer Naakstudie noem. Die ‘stoel’ is geneig om konnotasies van manlikheid te dra, en die keuse laat mens wonder oor Wendy se geslag, al is die kenmerke van die stoel ongetwyfeld duidelik oor haar geslag. Die stoel het geen armleunings nie en is ontwerp met ʼn teruggeboë rugleuning om die idee van ʼn liggende naakte vrou te eggo. Die stoel word ondersteun deur kort sirkelvormige ringe wat op die wiele rus om vroulike sweefbewegings voor te stel. Dit is bedek met pienk fluweelmateriaal met borduurwerk wat dit die kwaliteit van vroulike koninklikes gee. Die romp is soos ʼn bors en is versier met bulte wat borste verteenwoordig en vanaf die ‘tepels’ hang borduurwerk. By die vou van die sitplek is ʼn ronde kussing met ʼn knoppie wat die maag en naeltjie voorstel. Net onder dit is ʼn miniatuur hartvormige kussing versier met goue drade om vroulike geslagsdele te verteenwoordig. Wendy het daarin geslaag om haar seksualiteit op haar eie terme te verteenwoordig. (6) 7.3 Leerders moet ʼn opstel skryf ʼn opstel van minstens ʼn ½ bladsy waarin hulle EEN werk van enige kunstenaar wat hul bestudeer het bespreek wat handel oor kwessies rakende manlikheid of vroulikheid. Hulle moet verwys na ʼn spesifieke kunswerk wat nie in hierdie vraestel voorkom nie. Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA ‘Argitektuur is nie net ʼn dekoratiewe vel wat oor ʼn stutraam getrek word wat deur ontwikkelaars en ruimtebeplanners ontwerp is nie. Dit is ʼn proses wat estetiese, strukturele, sosiale en omgewingsfaktore in ʼn organiese geheel integreer.’ - Herbert Muschamp 8.1 Leerders moet die bostaande aanhaling as riglyn gebruik en FIGUUR 8a en die geïllustreerde gedeelte van sy buite- en binneaansig soos sigbaar in FIGUUR 8b bestudeer. Hulle moet ʼn opstel van minstens 1 bladsy skryf waarin hulle die volgende beskryf:  Die ligging en funksie van die gebou  Invloede, innoverende prestasies en estetiese kenmerke  Buitengewone karakter  Doelwitte en effektiewe funksionaliteit  Tot watter mate die gebou as Volhoubaar en Eko-vriendelik beskou kan word Kloof Road House, geleë aan die voet van ʼn natuurreservaat in Bedford View, Johannesburg, is die nuutste projek van Nico van der Meulen Argitekte. Die gebou is ʼn huis wat geskik is vir binne/buite vermaak wat die uitsig na die noorde maksimaal benut. Omdat elke kamer in die huis met die aangelegde tuin na buite oopmaak, word binne/buite leefareas gewaarborg. Werner van der Meulen gebruik gebuigde staalvorms wat om die struktuur vou en die struktuur omraam deur die gebruik van parasitiese argitektuur. Van die straat af is dit duidelik dat die fors ontwerpte sluiterrandmuur en die swart staalvorms wat oor die huis kruip nie ‘n voorbeeld van gewone argitektuur is nie. Die swart staal motorhuisdeure van die vier nuwe motorhuise wat bo-op die bestaande huis aangebring is, kombineer met die beeldhoukundige staalvorms van die waghuis en porte cochere. Diagonale strookligte wat in die muur van die ingang voorkom, skep ʼn abstrakte patroon in die nag wat besoekers na die ingangshek lei. Staal, glas en beton word prominent in Kloof Road House gebruik en is in die ontwerp vanaf die grensmuur tot binne in die huis geïntegreer. Die skuins dak van die ingangsportaal oorhang die dubbelvolume-venster en die glasvoordeur by die ingang, terwyl die staaltrap agter die venster sigbaar is. Energie-doeltreffendheid was baie belangrik, daarom is daar besluit om ʼn ondergrondse watervloerverwarmingstelsel te gebruik wat gekoppel is aan sonpanele en ʼn hittepomp, beide vir verhitting en verkoeling. Dit is geïnstalleer in ʼn gepoleerde betonvloer vir goeie geleidingsvermoë. Lae-energie, lang, diagonale fluoresserende ligte is onreëlmatig oor die plafon versprei om die binneruimtes te verlig met lig wat ʼn rustige en stil atmosfeer skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 19 Die muur van die ingang is bedek met natuurlike hout in ʼn haringbeenpatroon om die hardheid van die staal-, glas- en betonbinnekant te versag, terwyl die beligte plafonne ʼn skadulose interieur binne-in die strukturele 3D-vorms skep. Nico van der Meulen Argitekte se kenmerkende naatlose verbinding van die binne- en buitenshuise ruimtes word bereik deur die gebruik van raamlose toevou-glasdeure wat die stoep omskep in ʼn verlenging van die sitkamer. Lineêre blomtuine flank die buitenste swembad in ʼn ruimte wat uitstrek om die ontspanningsfasiliteit met die woonkamer te verbind. Laasgenoemde is gevul met holtes en potte vir plante om uit die mure te spruit en die gebou ʼn sterk ekovriendelike karakter te gee. (8) 8.2 Leerders bespreek in ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye ten minste TWEE ander voorbeelde van baanbrekende kontemporêre argitektuur wat hulle bestudeer het wat die beginsels van volhoubaarheid en eko-vriendelikheid beliggaam. Hulle moet die volgende in die opstel insluit:  Naam van argitek(te) en geboue  Redes waarom die geboue as innoverend beskou kan word  Ontleding van die gebou in terme van die volgende: o Funksie o Gebruik van materiale, tegnologie en ontwerp o Ekologiese oorwegings o Funksionaliteit (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Visual Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all