Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12201820 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *VSLAA1* Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon: x Gebruik van die korrekte kunsterminologie x Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke x Skryf en navorsing in ʼn geskiedkundige en kulturele konteks x Plaas van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks x Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou. 8. Skryf op ʼn duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Moet nie puntgewys antwoord nie – kolpunte word slegs gebruik as riglyne vir jou opstelstruktuur. 9. ʼn Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die 6–8 punte: ʼn minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf) puntetoekenning: 10–14 punte: ʼn minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel) 20 punte: ʼn minimum van 2 bladsye (opstel) 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 3 LOS HIERDIE BLADSY OOP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS IN DIE 1950's EN 1960's Oor die jare het baie opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars in hul werk op die uitbeelding van die 'lot van die armes' in verskillende sosiale kontekste en verskillende Suid-Afrikaanse omgewings gefokus. 1.1 Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b verskyn, skryf ʼn opstel (minstens ʼn ¾ bladsy) waarin jy die twee kunswerke vergelyk deur die wyses waarop die lot van die armes deur die twee kunstenaars verken word. Verwys na die volgende: x Onderwerp x Komposisie en fokuspunt x Kleurgebruik x Styl x Boodskap en betekenis (8) 1.2 Skryf ʼn opstel van minstens 1½ bladsye waarin jy voorbeelde deur enige TWEE kunstenaars bespreek en evalueer wie se werke ʼn dokumentasie van lewens van mense in hul omliggende omgewings is. Jou bespreking moet die volgende insluit: x Name van kunstenaars en titels van kunswerke x Onderwerpe x Gebruik van komposisionele toestelle x Formele elemente x Styl en tegnieke x Boodskappe oorgedra (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: George Pemba, Twee Koringmaaiers, olie op paneel, ongedateer. FIGUUR 1b: Mauro Chiarla, Hardwerkende Zoeloevroue, olie op doek, ongedateer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Die Afrika-gees het ʼn manier om uitdrukking te vind in die werke van kunstenaars wat beïnvloed word deur inheemse kunsvorms. 2.1 In ʼn opstel van minstens 1-1½ bladsye, debatteer die bostaande stelling met verwysing na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b om die geldigheid daarvan te bewys. Jy kan na die volgende aspekte verwys: x Invloede x Onderwerp x Vorms, simbole en kleure x Styl x Stemming (10) 2.2 Bespreek enige TWEE kunswerke deur enige ander twee kunstenaars wat jy bestudeer het wie se werke ʼn Afrika/inheemse invloed het deurdat dit die gees van Afrika uitdruk (1 bladsy). Verwys na die volgende: x Name van kunstenaars en titels van kunswerke x Invloede x Beeldgebruik wat verband hou met Afrika / inheemse kunsvorms x Gebruik van materiale/media en styl x Stemming (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Mmakgabo Helen Sebidi, Die Ouma is die Gids van die Familie, olie op doek, 2015 – 2016. FIGUUR 2b: Loyiso-Mkize, Gqama-Ntyatyambo, olie op doek, ongedateer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's Die volgende stelling is deur die kunstenaar gemaak met verwysing na sy werk, waarvan ʼn deel in die visuele illustrasie in FIGUUR 3a voorgestel word: 'My werk handel oor sekere spanningsverskille wat uit die geskiedenis voortspruit en die herinnering aan die geweld wat aan swart liggame in die tydperk van die Westerse heerskappy op die vasteland aangedoen is. Die uitwerking van daardie geskiedenis strek tot die lewenservarings van (Suid-) Afrikaners wat in enige stad woon.' [Onderhoud deur: Houghton Kinsman gepubliseer in Another Afrika op 15 September 2014] 3.1 Bestudeer die visuele bron in FIGUUR 3a met betrekking tot die bostaande stelling en analiseer en interpreteer die werk in terme van die volgende (1 paragraaf): x Onderwerp en media x Kenmerke van die werk wat spanning, geskiedenis, herinneringe van geweld en Westerse heerskappy simbolies voorstel x Stemming x Interpretasie en betekenis (5) 3.2 Banksy is die wêreld se mees bekende en gevierde graffiti-kunstenaar. Vir sommige mense is sy kunswerke stimulerend, ironies, humoristies en met heelwat stof tot nadenke. Vir ander is dit bloot vandalisme. Bestudeer die visuele illustrasie in FIGUUR 3b en bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½-¾ bladsy die kwessie/s en beoogde betekenis in die werk: Jy kan na die volgende verwys: x Onderwerp x Kleur x Stemming (5) 3.3 Kies TWEE kunswerke deur twee verskillende kunstenaars wie se werk handel oor die sosiopolitieke kwessies van ons tyd en bespreek die volgende in detail (1 bladsy): x Name van kunstenaars en titels van kunswerke x Media, tegnieke en stilistiese eienskappe x Onderwerpe en sosiaal-politiese kwessies wat in die werke behandel is x Boodskappe en betekenisse (10) [20] WOORDELYS: Ditaola – Ek Vind Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a: Mohau Modisakeng, Ditaola VIII, inkjet-druk op Epson UltraSmooth, 2×1.5m, 2014. FIGUUR 3b: Banksy, Dronk Engel, graffiti op ʼn muur in Londen, ongedateer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Jackson Hlungwane se beeldhouwerke is nie net ʼn geval van kunsmaak ter wille van kuns nie; hy het sy beeldhouwerke gebruik as deel van sy preke waarin hy idees aangaande spiritualiteit en God wou oordra. 4.1. Met verwysing na die bostaande stelling, beskryf, analiseer en interpreteer die gegewe illustrasie in FIGUUR 4a deur ʼn opstel van ʼn ½-¾ bladsy te skryf. Verwys na die volgende in jou opstel: x Invloede x Medium en tegniek x Vorms en kenmerke wat van spiritualiteit en God getuig x Styl van beeldhoukundige voorstellings x Simboliese aspekte x Betekenis van die kunswerk (8) 4.2 Vergelyk TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het wat geestelike inhoud openbaar en 'n geestelike boodskap dra. Gebruik die volgende as riglyn in jou antwoord: x Name van kunstenaars en titels van kunswerke x Invloede x Uitdrukkings van geestelike inhoud/beeldgebruik x Media en tegnieke x Interpretasies betekenisse en boodskappe (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: Jackson Hlungwani, God en Christus, gekerfde en gekleurde hout, 1990. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID- AFRIKA Maurice Mbikayi se kunswerke ondersoek die positiewe en negatiewe impak wat kontemporêre tegnologie op die mense van Afrika het. 5.1 Met verwysing na die bostaande stelling en visuele bron in FIGUUR 5a, skryf ʼn opstel van minstens ʼn ¾ bladsy waarin jy die kunswerk verduidelik, analiseer en bespreek. Neem die volgende in aanmerking: x Die medium en hoe dit met kontemporêre tegnologie verband hou x Die vorm en kenmerke en hoe dit aangevul word deur die titel x Rol van kleur in die werk x Maniere waarop die werk die negatiewe of positiewe impak van kontemporêre tegnologie aanspreek (8) 5.2 Die gebruik van multi-media, gepaard met skaal, die gepaste metode en aanbiedingsruimte voeg nie net tot die estetiese werking van die kunswerk by nie, maar stel die kyker ook in staat om interaktief betrokke te raak en 'n persoonlike betekenis te skep. Verwys na FIGUUR 5b. Beskryf die werk in ʼn paragraaf van minstens ʼn ¾ bladsy en bespreek hoe die volgende aspekte van die werk ʼn impak op die estetiese werking en betekenis daarvan het: x Onderwerp en skaal x Keuse van medium en kleur x Aanbieding - skaal en ruimte (6) 5.3 In ʼn opstel van minstens ʼn ¾ bladsy, analiseer en interpreteer ten minste EEN kunswerk wat jy bestudeer het waarin die kunstenaar nuwe/alternatiewe media gebruik het. Sluit die volgende in: x Naam van kunstenaar en titel van kunswerk x Media/alternatiewe media x Invloede x Kunselemente gebruik x Aanbieding x Boodskappe en/of betekenisse (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: Maurice Mbikayi, ‘e-mukishi’ (Sluipmoordenaar), rekenaar- onderdele, kabels en veselglas, 2015. FIGUUR 5b: Jeff Koons, Blomhondjie, vlekvrye staal, grond en blomplante, 1240 x 1240 x 820 cm, Guggenheim Museum Bilbao,1992. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Lionel Smit se Morphous 1 (FIGUUR 6a) is ʼn verkenning van die veranderende natuur van basteridentiteit in die sosiale landskap van Suid-Afrika. 6.1 Met die bostaande in gedagte, skryf ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy waarin jy die volgende aanpak: x Die onderwerp x Hoe verbastering/hibriditeit en sy veranderende natuur in die vorm ondersoek word x Hoe die styl en tegniek die idee aanvul x Die betekenis van die medium wat deur die kunstenaar gekies is x Die betekenis van die skaal en plek waar dit aangebied word x Boodskap (6) Hasan en Hussain Essop gebruik fotografie om vertellings en karakters te skep; hulle vertel ʼn storie in elke prent. Hulle beskryf hul werk as die verkenning van die stereotipes van die Ooste en Weste – twee kulture wat grootliks in hul daaglikse lewe voorkom. 6.2 Verwys na visuele illustrasie FIGUUR 6b en bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer ʼn ½ bladsy die volgende: x Onderwerp x Die interpretasie van die titel binne die konteks van die onderwerp x Hoe stereotipes van Oos en Wes in die werk verken word x Die effektiwiteit van die medium wat gebruik word om die boodskap oor te dra (4) 6.3 Bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat kwessies oor identiteit in Suid-Afrika bevraagteken of ondersoek. Sluit die volgende in jou antwoord in: x Name van kunstenaar/s en titels van kunswerke x Inhoud en betekenis x Medium, styl en tegnieke x Kwessies van identiteit wat in die werke behandel word (10) [20] WOORDELYS Morphous: Die vermoë om egalig van een beeld na ʼn ander te verander. Stereotipe: ʼn Bepaalde idee of beeld wat mense van ʼn sekere persoon, groep of ding mag hê, maar wat nie werklik waar is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGUUR 6a: Lionel Smit, Morphous 1, brons, Union Square, 2014. FIGUUR 6b: Hasan and Hussain Essop, Vryheidsvegters, ‘light jet’ C-druk op argiefpapier, 2014. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES Geslagsrolle, manlikheid, vroulikheid, patriargale oorheersing en seksualiteit is van die herhalende temas van kunstenaars wat geslagskwessies in hul werk aanpak. 7.1 Verwys na die visuele inhoud in FIGUUR 7a en skryf ʼn opstel van ongeveer ʼn ¾ bladsy waarin jy die moontlike geslagskwessies wat deur die kunstenaar hanteer word, bespreek en debatteer. Verwys na die volgende: x Titel x Onderwerp x Komposisie x Styl en benadering x Moontlike kwessies en boodskap (8) ‘Ek sal myself nie by die wêreld aanpas nie. Ek is by myself aangepas ’- Anais Nïn. Hierdie aanhaling is gebruik as ʼn slagspreuk vir die uitstalling: “My Seks, My Self – Vrouekunstenaars wat seksualiteit en sensualiteit deur selfportrette ondersoek”, waarin Wendy Nelson se Slaapkamer Naakstudie (FIGUUR 7b) verskyn. 7.2 In ongeveer ʼn ½ bladsy, bevestig Anais Nïn se aanhaling binne die konteks van die kunswerk in FIGUUR 7b en evalueer die mate waarin die aanhaling in die werk uitgedruk word deur die vorms en kenmerke van Wendy Nelson se werk te beskryf en te interpreteer. Jy kan die volgende as ʼn riglyn gebruik: x Die aanhaling se betekenis volgens jou x Simboliek agter die vorm en kenmerke x Kleur- en materiaalgebruik x Betekenis en boodskap in die konteks van die aanhaling (6) 7.3 Skryf ʼn opstel van minstens ʼn ½ bladsy waarin jy EEN werk van enige kunstenaar wat jy bestudeer het bespreek wat handel oor kwessies rakende manlikheid of vroulikheid. Verwys na ʼn spesifieke kunswerk wat nie in hierdie vraestel voorkom nie. (6) [20] WOORDELYS Manlikheid: Die eienskappe kenmerkend van die manlike geslag Vroulikheid: Die eienskappe kenmerkend van die vroulike geslag Patriargaal: Kenmerkend van ʼn patriargie. ʼn Soort sosiale struktuur waarin ʼn man die familiehoof is en eiendomsreg word deur die manlike afstamming bepaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Andrea Kowch, In my Gedagtes, akriel op doek, 2017. Detail FIGUUR 7b: Wendy Nelson, Slaapkamer Naakstudie, stoel oortrek in fluweel met borduurwerk, 1999. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA ‘Argitektuur is nie net ʼn dekoratiewe vel wat oor ʼn stutraam getrek word wat deur ontwikkelaars en ruimtebeplanners ontwerp is nie. Dit is ʼn proses wat estetiese, strukturele, sosiale en omgewingsfaktore in ʼn organiese geheel integreer.’ Herbert Muschamp 8.1 Gebruik die bostaande aanhaling as riglyn en bestudeer FIGUUR 8a en die geïllustreerde gedeelte van sy buite- en binneaansig soos sigbaar in FIGUUR 8b. Skryf ʼn opstel van minstens 1 bladsy waarin jy die volgende beskryf: x Die ligging en funksie van die gebou x Invloede, innoverende prestasies en estetiese kenmerke x Buitengewone karakter x Doelwitte en effektiewe funksionaliteit x Tot watter mate die gebou as Volhoubaar en Eko-vriendelik beskou kan word (8) 8.2 Bespreek in ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye ten minste TWEE ander voorbeelde van baanbrekende kontemporêre argitektuur wat jy bestudeer het wat die beginsels van volhoubaarheid en eko-vriendelikheid beliggaam. Jy moet die volgende in jou opstel insluit: x Naam van argitek(te) en geboue x Redes waarom jy die geboue as innoverend beskou x Ontleding van die gebou in terme van die volgende: o Funksie o Gebruik van materiale, tegnologie en ontwerp o Ekologiese oorwegings o Funksionaliteit (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Nico van der Meulen Argitekte, Kloof Road House, Bedfordview, Johannesburg, Suid-Afrika. (Kernmateriale: staal, beton en glas) 2015. FIGUUR 8b: Nico van der Meulen Argitekte, Kloof Road House (Gedeelte van buite- en binneaansig) Johannesburg, Suid-Afrika, 2015. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all