Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE P1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
• Gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
• Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
NIE.
9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2018
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2018
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
George Pemba en Tony Gum gebruik 'n narratiewe (verhalende) benadering in hulle
werke om die kern van wat dit beteken om 'n Xhosa-vrou te wees, vas te vang en te
vier. Gum is 'n jong Xhosa-vrou, fotograaf, model en YouTube-vlogger. Gum se
uitstalling, genoem Ode to She (Ode tot Haar), word gekenmerk deur 'n reeks
selfportrette waar sy in tradisionele Xhosa-drag, genoem Umbacho, gefotografeer is.
1.1 Skryf 'n paragraaf waarin jy die volgende in aanmerking neem:
• Die voorwerpe/tooisels/versierings wat die kunstenaar in FIGUUR 1b
gebruik om aan te dui dat sy van Xhosa-afkoms is
• Die ooreenkomste en verskille tussen die kleure in FIGUUR 1a en
FIGUUR 1b
• Die gebruik van lyn en perspektief
• Die fokuspunt in FIGUUR 1a en 1b. Motiveer.
• Die stemming/gevoel wat ELKE kunstenaar in sy/haar werk bewerkstellig
en hoe dit bereik word (10)
1.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat ons land se erfenis
vasvang en vier.
Sluit die volgende by jou antwoord in:
• Kunselemente
• Sosiale/Kulturele invloede
• Media en tegniek
• Styl
• Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
YouTube-vlogger: 'n persoon wat video's op YouTube plaas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 1a: George Pemba, Xhosa Woman Smoking a Pipe,
(Xhosa-vrou wat 'n Pyp Rook), olie op bord, 1945.
FIGUUR 1b: Tony Gum, Ode to She,
(Ode aan Haar), foto, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
'n Soeke na ware identiteit is wanneer 'n persoon of 'n kunstenaar na sy/haar kulturele
'wortels' deur visuele kunsvorme soek.
– Walter Battiss
'Riel' (of 'Rieldans') is 'n Khoi-San-woord vir 'n antieke feestelike dans wat deur die
Khoi-San uitgevoer word. Dit word as een van die oudste dansstyle in inheemse
Suid-Afrika beskou. Dit word teen 'n energieke pas gedans en vereis baie ingewikkelde
voetwerk.
2.1 Analiseer FIGUUR 2a en 2b deur na die volgende te verwys:
• Ooreenkomste en verskille tussen die dansbewegings
• Die verskil in skaal en plasing van die figure
• Invloede in die uitbeelding van die figure in FIGUUR 2b
• Hoekom die figure in 'n vullishouer/vullisbak in FIGUUR 2b getoon word
en die moontlike betekenis en boodskappe daarvan
• Die stemming wat in albei werke geskep is (10)
2.2 Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wie se werk uiting
aan hulle Afrika-identiteit gee as gevolg van die invloed van inheemse Afrika-
kunsvorme.
Gebruik die volgende riglyne:
• Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en -simbole
• Onderwerp
• Kunselemente
• Styl en tegniek
• Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 2a: Foto van Rieldansers van die Suurrug Suurtrappers van Wupperthal
by die jaarlikse ATKV-kompetisie in die Kaap, 2015.
FIGUUR 2b: Manfred Zylla, Riel Dans (Rieldans),
gemengde media op papier, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
3.1 Beide werke verteenwoordig die onregverdighede van die wêreld.
Skryf 'n paragraaf waarin jy op die volgende reageer:
• Elemente van kuns in FIGUUR 3a wat die konsep van krake in ons
samelewing versterk. Motiveer jou antwoord.
• Simbole/Konsepte in FIGUUR 3b gebruik wat aandui dat hierdie werke
'n sosiopolitieke toneel verteenwoordig
• Hoe kleur tot die betekenis van die kunswerke bydra. Motiveer.
• Moontlike betekenis(se) van die handgebare/afdrukke in FIGUUR 3a
en 3b
• Komposisie, perspektief en diepte
• Die geskiktheid van bewoording en teks in FIGUUR 3b
• Hoekom die kunstenaar gekies het om nie 'n gesig in die linkerpaneel van
die diptiek in FIGUUR 3b te verf nie (10)
3.2 Vergelyk hoe enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, sosiopolitieke
kwessies van die verlede/hede ondersoek. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 3a: Mpumelelo 'Layziehound' Coka, The Cracks (Die Krake),
gemengde media, verf, tydskrifuitknipsels en teks, 2016.
FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Sidubul'ibulu, (diptiek),
gemengde media op papier, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Ardmore is 'n keramiekateljee in KwaZulu-Natal. Hulle skeppings fokus op die vertel
van stories van die Zulu-volk, hulle kultuur en hulle verbeelding. Hulle word ook
geïnspireer deur 'n begeerte om bewustheid van die uitwissing van diere in Afrika
te skep.
4.1 Kies enige TWEE kunswerke (FIGURE 4a tot 4d) en bespreek die volgende:
• Uitbeelding van visuele beelde
• Hoe die formele kunselemente gebruik is om die kunswerke te versier.
Motiveer jou antwoord.
• Invloede/Inspirasie/Stories vertel
• Identifiseer hoe die gebruik van materiaal en tegnieke van dié van
tradisionele pottebakkers/keramiekkunstenaars verskil (8)
4.2 Bespreek die werk van TWEE handwerkkunstenaars en/of geestelike
kunstenaars wat deur hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is.
Gebruik die volgende riglyne:
• Invloede en inspirasie
• Kunselemente
• Gebruik van materiaal en tegnieke
• Temas en onderwerpe
• Betekenis en boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 4a: Ardmore-keramiekateljee, FIGUUR 4b: Ardmore-keramiekateljee,
Warthog Bowl Centrepiece (Vlakvarkbak- Rhino Riders (Renosterryers),
tafelversiering), geglasuurde klei (keramiek), geglasuurde klei (keramiek), datum onbekend.
datum onbekend.
FIGUUR 4c: Ardmore-keramiekateljee, FIGUUR 4d: Ardmore-keramiekateljee,
Buffalo Bowl Centrepiece (Buffelbak- Leopard Teapot (Luiperdteepot),
tafelversiering), geglasuurde klei (keramiek), geglasuurde klei (keramiek), datum onbekend.
datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
In FIGUUR 5a word Athi-Patra Ruga deur die modewêreld geïnspireer en beeld 'n
figuur uit wat met blomme en juwele bedek is, terwyl Wim Botha, in FIGUUR 5b, twee
figure kombineer wat uit boeke, ensiklopedieë en Bybels gemaak is.
5.1 Vergelyk FIGUUR 5a en 5b en lewer kommentaar op die verskille en
ooreenkomste tussen die twee kunswerke.
Gebruik die volgende kriteria:
• Onderwerp
• Simboliese betekenis van die materiaal in beide FIGUUR 5a en 5b
• Die houding/plasing van die figure
• Jou interpretasie van die betekenis van die kunswerke (8)
.
5.2 Bespreek TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat
ongewone materiaal en tegnieke gebruik om hulle kunswerke te skep.
Verwys na die volgende riglyne:
• Invloede
• Onderwerp
• Materiaal en tegnieke
• Kunselemente
• Moontlike betekenisse en boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 5a: Athi-Patra Ruga, Proposed Model for Tseko Simon Nkoli Memorial
(Voorgestelde Model vir Tseko Simon Nkoli-gedenkteken), hoëdigtheid-
sponsbeeldhouwerk, kunsblomme, juwele, Perspex en gloeilampies, 2017.
FIGUUR 5b: Wim Botha, Study for the Epic Mundane (Studie vir die Epiese
Alledaagse), beeldhouwerk van hout, vlekvrye staal, ensiklopedieë,
Bybels en historiese dokumente, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Kunstenaars in demokratiese Suid-Afrika ná 1994 bevraagteken hulle identiteit en
nalatenskap. Dit skep 'n proses waar daar oor identiteit besin word en dit
hergedefinieer/herskep word.
6.1 Neem die stelling hierbo asook die kunswerke in FIGUUR 6a en 6b in
aanmerking en brei uit oor hoe die kunstenaars oor hulle identiteite besin.
Kies enige VYF van die volgende om jou bespreking te lei:
• Inhoud en komposisie
• Kleur
• Lewer kommentaar op die kleredrag in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b
• Waarom het die kunstenaar gekies om nie gelaatstrekke in FIGUUR 6a
uit te beeld nie? Motiveer jou antwoord.
• Wat kan die sirkelagtige vorm in die agtergrond van FIGUUR 6b voorstel?
• Moontlike interpretasie van die titels van FIGUUR 6a en FIGUUR 6
• Hoe die kunstenaars van FIGUUR 6a en FIGUUR 6b oor hulle identiteite
in die demokratiese era ná 1994 besin (12)
6.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat
identiteit in 'n demokratiese Suid Afrikaanse samelewing ondersoek.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
• Beeldgebruik
• Uitbeelding van identiteit
• Styl en tegnieke
• Media
• Moontlike betekenis en boodskappe (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 6a: Simphiwe Ndzube, Detail of Sarah and Some Gentlemen (Detail van Sarah
en 'n Paar Here), houtskool, collage en akriel op papier, 2014.
FIGUUR 6b: Norman O'Flynn, Timekeeper, 43 (Tydhouer, 43), akriel op glas, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Selfs in vandag se samelewing waar geslagsgelykheid ondersteun word, word 'n vrou
se vaardighede en eienskappe dikwels as trofeë beskou, asof dit ornamente is.
7.1 Verwys na enige TWEE van die visuele bronne (FIGURE 7a tot 7d) en
bespreek hoe die kunstenaars kommentaar lewer op die idee van 'n vrou as
'n trofee.
Gebruik die volgende riglyne:
• Fokuspunt, motiveer
• Kleur
• Houding van die figure en die belangrikheid van klere
• Plasing/Agtergrond
• Moontlike betekenisse en boodskappe met verwysing na die titels van die
kunswerke (10)
7.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat op
manlikheid en/of vroulikheid kommentaar lewer.
Gebruik die volgende riglyne:
• Beeldgebruik/Visuele voorkoms
• Inhoud en komposisie
• Geslagskwessies ondersoek
• Medium
• Styl en tegnieke
• Moontlike boodskap en betekenisse (10)
[20]
Trofee: 'n beker of ander dekoratiewe voorwerp wat as 'n prys vir oorwinning of
sukses toegeken word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 7a: Marlene Dumas, The Trophy FIGUUR 7b: Thania Petersen, Barbie and
(Die Trofee), olie op doek, 2013. Me Series: Portrait of Childhood 1 (Barbie-
en-Ek-reeks: Portret van Kinderjare 1),
foto, 2015.
FIGUUR 7c: Paula Rego, Snow White FIGUUR 7d: Will Cotton, Beatrice,
Playing with her Father's Trophies olie op doek, 2010.
(Sneeuwitjie wat met haar Pa se Trofeë
Speel), pastel op papier, 1995.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Ek het nog altyd diegene waardeer wat dit waag om met materiaal en verhoudings
te eksperimenteer.
– Zaha Hadid
Soos wat boutegnieke en tegnologie verander, sal meer kreatiewe wonings gebou
word. Innoverende ontwerpe, met herwinde materiaal, word met hipermoderne
tegnologie gevul. Die villa in FIGUUR 8a en die biblioteek in FIGUUR 8b is nog net die
begin van dit wat moontlik sal wees.
FIGUUR 8a en 8b wys argitekte wat dit gewaag het om te eksperimenteer deur
futuristiese, dog funksionele strukture uit opgesikleerde (hernude) materiaal te skep.
Verwys na die visuele bronne en enige TWEE Suid-Afrikaanse strukture/monumente/
geboue wat jy bestudeer het en skryf 'n opstel waarin jy die innoverende gebruik van
ongewone en/of nie-tradisionele materiaal bespreek.
Neem die volgende in aanmerking:
• Die manier waarop die argitek met nuwe tegnologieë geëksperimenteer het
• Materiaal en die belangrikheid daarvan
• Invloede
• Vorm en lyn
• Ontwerp en funksionaliteit
• Die verskillende vorms wat in FIGUUR 8a geskep is en die visuele impak wat dit
op die kyker het
• Redes vir die lig/oplig van die geboue in FIGUUR 8a en 8b [20]
Opgesikleerde: om nuwe betekenis aan afvalstrukture te gee
Futuristies: innoverende idees wat voor hulle tyd uitgedink word
Villa: baie deftige huis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 8a: Carlo Enzo (Urban Office), Villa for an Aviator (Pilot) (Villa vir 'n Vlieënier
[Loods]), opgesikleerde vliegtuigonderdele, 2016.
FIGUUR 8b: Architects Of Justice, SEED Library II (SAAD-biblioteek II),
in Alexandra-township, Johannesburg, Suid-Afrika, 2010.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum