Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V2
(PRAKTIES)
20 JULIE–19 OKTOBER 2018
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of tuis
gedoen word. [50]
ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
omstandighede SLEGS by die skool gedoen word: 'n
minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50]
Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 2.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
2. Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.
3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.
4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
te toon:
• Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
• Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
• Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike en
ekspressiewe visuele taal te gebruik.
• Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
van die werk versterk.
5. Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2018
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
verwesenliking van kreatiewe idees)
Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk uitgedink, ontwikkel en
geskep is deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.
Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool en
by die huis daaraan werk.
Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.
As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.
Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel. Dit
moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en
kreatief in die aanbieding daarvan te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2018
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
te volg)
Die eksamenwerk moet met gebruik van 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum
van 24 uur, in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die
kunslokaal, gedoen word.
ALGEMENE RIGLYNE
1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.
2. Jy kan jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek,
triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.
3. Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word
as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.
4. Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
jy met die finale kunswerk begin.
5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
provinsie dit vereis.
6. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn,
vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
komposisie.
7. Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.
8. Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n
ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep.
9. Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
dissiplines te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2018
NSS
Tema
Bagasie/Las
Alles wat ek gedoen het wat belangrik is, kan in 'n klein tassie gepak word.
– Marcel Duchamp 1952
FIGUUR 1: Zoe Leonard, 1961, 2002 – FIGUUR 2: Karen Cronje, Burden (Las),
Ongoing Suitcases (1961, 2002 – olie op doek, 2017.
Onafgehandelde Tasse), ou tasse vir elke
jaar van die kunstenaar se lewe, 2002.
Elkeen van die tasse in die ry in Zoe Leonard se kunswerk, stel 'n jaar van haar lewe voor. Elke
jaar voeg sy nog 'n tas, volgepak met herinneringe en nostalgie, by die kunswerk. Die tasse is 'n
unieke driedimensionele selfportret van die kunstenaar en verwys ook na haar persoonlike
geskiedenis. Zoe Leonard is die kind van vlugtelinge wat van Pole tot Italië rondgetrek het en
uiteindelik in Amerika beland het.
bagasie; tasse; koffers; sakke; trommels; besittings; gereedskapsakke;
toerusting; goed; uitrusting; gerei; toestelle
Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye reeks
vertolkings binne jou spesifieke dissipline. Jou vertolking moet die hoogtepunt van die
kreatiewe proses wees waarmee jy in graad 10 begin het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2018
NSS
BAGASIE (SELFSTANDIGE NAAMWOORD)
• Tasse, koffers en trommels wat persoonlike besittings bevat; ingepakte reisgoed;
bagasie
• Voorrade en uitrusting (vervoerbaar), veral wat 'n leër saamneem vir sy gebruik
• Ontasbare dinge (soos gevoelens, omstandighede of oortuigings) wat vir ons
'n las is
• Emosionele bagasie
FIGUUR 3: Betontasse, gemerk John Smith, is deel van 'n kunsversameling
in Estland (Oos-Europa) deur Jaan Manitski versamel.
Die tasse herinner ons aan diegene wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog uit Estland
moes vlug.
Ons almal dra bagasie saam met ons, nie net fisies nie, maar ook figuurlik en
emosioneel. Dit kan positief of negatief wees. Dit sal ons persoonlike en
familiegeskiedenisse, herinneringe en ervarings insluit. Watter bagasie dra jy?
Hoe dra jy dit?
Sakke is sedert die vroegste tye van die
beskawing gebruik om persoonlike artikels in
rond te dra en daar was 'n verskeidenheid
ontwerpe vir 'n paar gebruike, soos sakke
met knippe, leersakke en beursies met lang
toetrekkoorde. Die tas as 'n funksionele
voorwerp is 'n simbool van mobiliteit en laat 'n
mens aan verskillende tipes reise dink: van
die betowerende wegbreekvakansies van
stralerjakkers of die gewone gemak van die
familievakansie tot die gedwonge verskuiwing
van bannelinge en vlugtelinge.
FIGUUR 4: He Xun, Empty Baggage
(Leë Bagasie), olie op doek, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2018
NSS
LAS (SELFSTANDIGE NAAMWOORD)
'n Las is wanneer iemand iets wat swaar is, vashou of dra of wanneer iemand iets wat
moeilik of onaangenaam is, moet aanvaar of hanteer.
• Iets wat gedra word
• Iets onderdrukkend of kommerwekkend
• 'n Las dra
• Die kapasiteit/vermoë om 'n vrag te dra
Die handsak het uit 'n verskeidenheid praktiese behoeftes ontwikkel. Daar is sakke vir
spesifieke doeleindes, soos leeraktetasse vir die kantoor en praktiese leer- en
plastieksakke vir daaglikse gebruik wanneer daar gestap of gekuier word. Daar is ook
elegante, blink handsakkies en palmhandsakkies vir gebruik in die aand.
Handelsmerke het in die 20ste eeu belangrik geword en modeontwerpers, soos Louis
Vuitton, Gucci en Prada, het die handsak as 'n belangrike bykomstigheid beskou.
FIGUUR 5: Antieke FIGUUR 6: Die Wêreld se FIGUUR 7: Dior, 'n Pienk,
Assiriese Reliëfkerfwerk Oudste Beursie is gevind wat Geel en Blou Handsak met
van 'n handsak, moontlike met 'n 100 hondetande versier Silwermetaalware, 2014.
voorstelling van die kosmos, is. Opgrawers by 'n terrein
Nimrud, 883. naby Leipzig het meer as 'n
100 hondetande, wat baie na
aan mekaar gerangskik was, in
'n graf wat tussen 2500 en
2200 v.C. gedateer is,
opgegrawe. Die leer of
materiaal het mettertyd
verdwyn en al wat oorgebly
het, is die tande.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2018
NSS
WAT SOU JY IN EEN SAK PAK AS JY VOOR 'N RAMP MOES UITVLUG?
Byna 100 000 mans, vroue en kinders het in 2017 uit hulle oorlogsgeteisterde
tuislande gevlug. Hulle het op rubberbote oor die Egeïese See na die Griekse eiland,
Lesbos, gereis. Die Internasionale Reddingskomitee en die fotograaf, Tyler Jump, het
foto's vir die reeks, 'What's in my bag?' ('Wat is in my sak?') gedokumenteer. Die
visuele beelde hieronder toon die inhoud van een persoon se bagasie, wat die verhale
van sy geskiedenis, familie en sy hoop vir die toekoms verpersoonlik.
FIGUUR 8: 'n Tiener met die naam Iqbal het honderde myle gereis en koeëls ontduik
om uit Afganistan te ontsnap. Sy rugsak het tandepasta, room om jou gesig wit
te maak, 'n kam, 'n naelknipper, verbande, 100 Amerikaanse dollar, 130 Turkse lira,
'n slimfoon en 'n bystandselfoon bevat.
Leaving on a Jet Plane
deur John Denver
All my bags are packed
I'm ready to go
I'm standin' here outside your door
I hate to wake you up to say goodbye
But the dawn is breakin'
It's early morn
The taxi's waitin'
He's blowin' his horn
Already I'm so lonesome
I could die
FIGUUR 9: Jan van der Merwe,
Baggage Arrival (Bagasie-
aankoms), gemengde media,
geroeste metaal, 2001.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2018
NSS
KUNSTENAARS WAT BAGASIE/LAS AS 'N TEMA ONDERSOEK HET
Talle kunstenaars het deur die jare die tas vir groot simboliese effek gebruik. 'n Tas kan 'n
mens aan 'n hele reeks reisende/rondtrekkende tipes laat dink, of hulle nou professioneel
of meer vry van gees is. 'n Las is wanneer iemand iets wat swaar is, vashou of dra of
wanneer iemand iets wat moeilik of onaangenaam is, moet aanvaar of hanteer.
FIGUUR 10: Greg Drasler, Flight to Egypt FIGUUR 11: Honore Daumier,
(Vlug na Egipte), olie op doek, 1988. The Burden (Die Las), olie op doek,
1853.
FIGUUR 12: Clara Lieu, Self-Portrait FIGUUR 13: Marcel Dzama, Untitled
from Falling Project (Selfportret uit (Suitcase with Three Heads)
Falling-projek), houtskool, 2013. (Ongetiteld [Tas met Drie Koppe]),
tas, handgemaakte gipsmaskers en
handpoppe, 2007.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2018
NSS
Dieter Roth het 37 tasse vol oopgemaakte
blokke camembert- en cheddarkaas
gepak. Sy installasie is in rye gerangskik
asof die tasse vir hulle eienaars gewag het
wat die glans van die makro-
stralerjakkerstydperk oorgedra het. Maar
die reukie van middelklasaansien was net
'n dwaalspoor tot die inhoud wat binne
besig was om te verrot. As deel van die
aanbieding is 'n tas elke dag oopgemaak,
wat die stank wat deur die galery gesweef
het, vererger het. Die tasse was
naderhand verrottende poele wurms en
uiteindelik het gesondheidsbeamptes die
uitstalling toegemaak.
FIGUUR 14: Dieter Roth, Staple Cheese
(A Race)(Stapelkaas ['n Resies]), tasse
en gemengde soorte kaas, 1970.
FIGUUR 15: Vitamorte, Apparatus for FIGUUR 16: Nausheen Saeed,
(Negative) Thinking (Apparaat vir Females as Baggage or Luggage
(Negatiewe) Denke), was en leertas, 2017. (Vroue as Bagasie), materiaal,
veselglas, ritssluiers, bande en
handvatsels, 2013.
Die kunstenaar impliseer dat vroue 'n 'las'
is wat so gou as moontlik in 'n huwelik
weggepak moet word. Sy beskou bagasie
as 'n besitting en dat vroue, in hulle rolle as
moeders, vroue, susters en dogters, altyd
aan ander behoort. Wat binne gebêre is, is
baie persoonlik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 17: Alex Moscoso Española, Excess FIGUUR 18: Yinka Shonibare,
Baggage (Migrant White number 1) Homeless Child (Hawelose Kind),
(Oortollige Bagasie [Migrant Wit materiaal, tasse, voorwerpe wat
nommer 1]), akriel op gebruikte klere, tou en gevind is, 2013.
'n gebruikte boks wat die kunstenaar se
Shonibare ondersoek, deur parodie en
persoonlike besittings en waardevolle ironie, vraagstukke oor identiteit, sosiale
items bevat, 2010. hiërargie en die kolonisasie van Afrika.
FIGUUR 19: Gerard Sekoto, The Train Crowd FIGUUR 20: Agim Sulaj, Refugees
(Die Treinskare), olie op doek, 1945. (Vlugtelinge), grafiet op papier, 2016.
Hierdie werk is aan die vlugtelingtragedie
opgedra; die mense wat na 'n beter lewe soek,
maar wat dikwels 'n tragiese einde het. Hulle
drome verdrink in die groot immigrasiedraaikolk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 21: Matthew Hindley, Kalypso, olie op doek, 2008/9.
'Umaskhenkethe' is die Xhosa-woord vir die
plastiekmaassak wat in China gemaak word.
'Unomgcana' beteken 'die een met strepe' en
'Umaskhenkethe' beteken 'die reisiger'.
In Suid-Afrika is die sak algemeen as die
China-sak, Zimbabwe-sak, Khumbulekhaya-
sak of Mashangaan-sak bekend. Hierdie sakke
staan bekend as die Ghana-moet-huis-toe-
gaan-sak in Nigerië, die Bangladeshi-sak in die
VK, Turkse sakke in Duitsland, Meksikaanse
sakke in Amerika en die 'Guyanese Samsonite'
in die Karibiese Eilande. Hierdie sakke het
wêreldwye simbole van migrasie geword, nie
net oor grense nie, maar ook binne lande.
Hierdie sakke is voorwerpe wat 'n huis/tuiste
dra en is die middel tot oorlewing vir 'n mens
wat nie baie het nie.
FIGUUR 22: Nobukho Nqaba,
Umaskhenkethe likhaya lam, foto, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2018
NSS
FIGUUR 23: Francesco Sambo, My FIGUUR 24: Mona Hatoum, Traffic (Verkeer),
Head in a Bag (My Kop in 'n Sak), tasse en mensehare, 2002.
digitale fotografie, 2014.
Sambo beweer: 'Die werklike wêreld is te
klein vir my. Ek ontdek in 'n papiersak dat
my verbeelding geen perke het nie.'
FIGUUR 25: Gan Chin Lee, Lebuh Pudu, olie op doek, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2018
NSS
Voordat jy met jou kunswerk begin, is dit belangrik om PERSOONLIK te reageer en
van afgesaagde visuele beelde weg te skram.
Onderwysers moet die aanvanklike dinkskrum/navorsingsproses fasiliteer.
Begin deur die tema BAGASIE/LAS in die vorm van 'n breinkaart in jou bronboek te
konseptualiseer.
Gebruik die riglyne hieronder om 'n kunswerk te skep waarin jy idees, emosies
en gedagtes oor BAGASIE/LAS deel. Jou onderwyser moet hierdie proses
fasiliteer.
• Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra
• Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk
• Verkenning van en eksperimentering met materiaal en tegnieke, wat ten minste
EEN tonale tekening relevant tot die tema moet insluit
• Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou konsepontwikkeling te verduidelik,
wat ten minste EEN tonale tekening moet insluit
• Media wat hierdie idees suksesvol kan oordra
• Tegnieke wat die geskikste sal wees om te gebruik om jou media en jou idees uit
te druk
• Grootte, formaat en aanbieding wat jou idees die beste sal pas
• Sien die assesseringskriteria op bladsy 15 en 16.
LET WEL: Jy kan ÓF Bagasie ÓF Las as aparte temas interpreteer ÓF jy kan 'n
kombinasie daarvan interpreteer.
Jy kan die volgende in verband met die idee van BAGASIE en/of LAS in ag neem:
• Wat is in die sak?
• Fisiese bagasie
• Fisiese laste
• Emosionele laste
• Intellektuele bagasie
• Beskadigde bagasie/onnodige bagasie
• Persoonlike emosionele bagasie, die gevoelens wat jy oor jou verlede het en die
dinge wat met jou gebeur het, wat dikwels 'n negatiewe effek op jou gedrag en
houding/ingesteldheid het
• Bagasie-ondersoek
• Kajuitbagasie op 'n vliegtuig
• Artillerie-bagasie
• 'Bagasie', soos jou familiegeskiedenis en ervarings
• Trek/Verhuis/Migrasie
• Eie ondersoek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2018
NSS
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 • Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
oplossingsvaardighede.
• Poging is veel meer as wat vereis was.
• Die 'WOW'-faktor is duidelik.
• Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol
selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die
uitstaande visuele eienskappe.
• Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie
van 'n wye reeks elemente en beginsels.
• Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
• Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en
kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone
keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 • Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/
ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en
oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
• Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
• Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 • Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar
ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
• Goeie bewyse van moeite en toewyding.
• Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
• Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed 60–69 • Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse
van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
• Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 • Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
• Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie.
• Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
• Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte
betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
• Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
beelde.
• Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
• Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2018
NSS
Ondergemiddeld 40–49 • Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
• Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
• Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
• Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
• Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
beplanning nie, of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 • Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
• Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
• Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te
bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
• Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
motivering om te slaag.
• Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
aanvaarbaar is.
• Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 • Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
• Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
• Baie swak vaardigheidsvlak.
• Projek is baie swak of onvoltooid.
• Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
• Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 • Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking
nie.
• Werk onvoltooid.
• Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen
nie.
• Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
ingehaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 17 DBE/November 2018
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Punte-
toekenning
Konsepontwikkeling • Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge
om konsepontwikkeling te toon.
Navorsing, ondersoek, • Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige
ander materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
o Eksperimentering met media en/of
verskillende tegnieke
• Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van jou werk en jou besluite
ondersteun.
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om
jou konsepontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele • Dit moet visueel interessant wees en 'n
voorkoms persoonlike benadering toon.
• Jou bronboek moet uit gemiddeld
8–10 bladsye bestaan.
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Punte-
toekenning
Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek
materiaal/tegnieke volgens die konsep
• Veilig en hanteerbaar
• Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele • Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur,
tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie,
proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk – • Ontwikkeling van nuwe, unieke en
oorspronklikheid, kreatiwiteit, ongewone reaksies/oplossings
innovering
Interpretasie en praktiese • 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van navorsing • Eksperimentering
• Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding van • Aandag aan detail
kunswerk • Taak in aangewese tyd voltooi
• Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 18 DBE/November 2018
NSS
VERKLARING VAN EGTHEID
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Die
onderwyser/toesighouer moet ook teken en dit dek alle bewyse voorgelê.
Kandidaat: Datum:
Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen my eie, oorspronklike werk
is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.
Kandidaat se handtekening: Datum:
Onderwyser: Datum:
Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die
oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste
toestande voltooi is.
Onderwyser se handtekening: Datum:
Skoolhoof se handtekening: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 19 DBE/November 2018
NSS
BYLAE A: ALGEMEEN
1. Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
DISSIPLINE te kies wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
keuses sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie,
installasies, nuwe media, ens. in.
2. Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in
ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus in
skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3. Kandidate se kunswerke word nagesien volgens die kriteria vir die vak, Visuele
Kunste, en nie volgens die gespesialiseerde dissipline nie, bv. skilder en
fotografie nie. In alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans tussen
tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering gekies,
wees. Die kandidaat se bedoeling en benadering tot beide die tegniese en
konseptuele aspekte van die werk, moet in aanmerking geneem word wanneer
kunswerke geassesseer word.
4. Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5. Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke
voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre kunspraktyk
ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in gedagte gehou
word.
6. Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 20 DBE/November 2018
NSS
BYLAE B: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen voorskrifte
oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van afdrukke, teken
en beeldhoukuns nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir riglyne oor
tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in hierdie dissiplines.
Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/
multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte NIE.
BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
• Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot die
finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar wees.
• Die bronboek moet bewys toon van:
o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met gebruik van sagteware of met
die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer
o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik.
KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTI-MEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
• Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede beklemtoon.
Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n spesifieke
rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese uitvoering daarvan.
Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie kunswerk
te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe media vir
Visuele Kuns of Ontwerp, bv. musiekvideo's.)
• Die gebruik van rekenaartoepassings as hulpmiddels om konsep, ekspressiewe en
formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy/haar kwas en verf sou
gebruik)
• Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
• Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
• Aanbieding is belangrik:
o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums op 'n groot
oppervlak geprojekteer om die kyker te oorweldig met 'n totale sensoriese
ervaring. Alhoewel dit meestal nie by 'n skool moontlik is nie, moet die kandidaat
die impak van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
verbind is OF in ten minste A2 gedruk en gemonteer wees.
• In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
van beeld en klank in ag geneem word.
• Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg. Dikwels
verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die
boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 21 DBE/November 2018
NSS
DIGITALE FOTOGRAFIE
• Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in
grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2- of groter afdruk.
• Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur
'n narratief te volg.
• Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas die CD voor in die bronboek.
Alle digitale sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word.
Die kandidaat moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat
geneem is, illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar,
aangesien so baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is.
Onderwysers moet die ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.
• Die bronboek moet die volgende insluit:
o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7)
o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
skermskote wat alle redigeringsbesluite illustreer.
o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
vertolking, skets), ens.
• Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
• Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre
ontwikkelings in digitale fotografie skone kuns.
• Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
Assessering van fotografie:
• Interpretasie en kommunikasie van die tema. Kandidate moet in staat wees om
verhoudinge/konneksies tussen beelde te vorm.
• Werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe
weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die
bronboek noodsaaklik.
• Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.
• Formele elemente en beginsels.
• Fotografie kan met ander media gekombineer word.
INSTALLASIE
• Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in die
ruimte te rangskik, en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
• Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
• Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.
• Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
• Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.
• Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
• Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word.
Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om
die kunswerk te regverdig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2 22 DBE/November 2018
NSS
UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
• Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerende-kuns-stukke deeglik.
• Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
• Dokumenteer uitvoerende kuns fotografies, videografies en met tekeninge en
woorde.
• Gee noukeurig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
Dramatiese Kuns.
• Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word
en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en
modereringsproses.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum