Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VLSA.1
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2020
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
OGGENDSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
Gebruik van die korrekte kunsterminologie
Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
NIE.
9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS
LAAT HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1 Bespreek die verskille in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp
Kleur en lyn
Fokuspunt
Perspektief
Stemming/Atmosfeer
Styl (10)
1.2 Skryf 'n opstel oor enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat aan hulle
onmiddellike omgewing uitdrukking gee.
Gebruik die volgende riglyne:
Beskrywing van die spesifieke plek/omgewing van die toneel en die
komposisionele aspekte
Kunselemente
Tegniek en media
Invloede
Styl (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 1a: Jacob Hendrik Pierneef, The Bush Camp of Anton van Wouw,
Rooiplaat (Die Boskamp van Anton van Wouw, Rooiplaat), olie op doek,
datum onbekend.
FIGUUR 1b: Siyabonga Skhosana, Urban Living (Stedelike Lewe),
akriel op doek, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Olaf Hajek, 'n Duitse kunstenaar, word deur sy reise na Suid-Afrika beïnvloed. Hy
gebruik sy indrukke van Afrika as 'n vertrekpunt en kombineer dit met 'n gevoel van
verwondering wat deur Afrika se natuurlike en kulturele skoonheid geïnspireer word.
2.1 Bespreek hoe Hajek 'n gevoel van verwondering oor die natuurlike en
kulturele skoonheid van Afrika uitdruk.
Verwys na die volgende:
Natuurlike/Kulturele invloede
Komposisie
Perspektief
Kleur
Of sy indrukke van Afrika suksesvol is, of nie (10)
2.2 Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende Suid-Afrikaanse kunstenaars
(EEN werk per kunstenaar) wat die invloed van Afrika-simbole en kunsvorms
in hulle werk uitbeeld.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp
Invloede van inheemse kunsvorms en simbole
Kunselemente
Styl en tegniek
Moontlike betekenisse/boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
DBE/November 2020
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
7
SS/NSS
Visuele Kunste/V1 Kopiereg voorbehou
FIGUUR 2a: Olaf Hajek, The Big Collector (Die Groot Versamelaar), akrielverf en oliepastel op bord, 2016.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Kunstenaars wat emosioneel deur 'n voorval geraak word, voel dikwels die behoefte
om hierdie ervaringe visueel te dokumenteer. Pablo Picasso was geskok oor die
bomaanval op Guernica, 'n plattelandse dorpie in noordelike Spanje, gedurende die
Spaanse Burgeroorlog. Baie onskuldige vroue en kinders het in hierdie oorlog hulle
lewens verloor.
Ayanda Mabula beeld baie jare later die weduwees uit van die mynwerkers wat tydens
'n staking by Marikana in Noordwes in Suid-Afrika doodgemaak is. Die Suid-Afrikaanse
Polisiediens het op 16 Augustus 2012 op 'n groep stakende mynwerkers by Marikana
begin skiet en 34 mynwerkers gedood en nog 78 ernstig gewond.
3.1 Neem die stelling hierbo in ag en skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek hoe die
kunstenaars in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b hulle protes teen die ongeregtighede
van die mensdom uitgebeeld het.
Jy kan na sommige van die volgende riglyne verwys:
Beeldgebruik en simboliek
Ooreenkomste en verskille
Styl
Betekenis en boodskappe
Die kunswerk wat die sterkste emosie ontlok. Motiveer jou antwoord. (8)
3.2 Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerk bespreek van enige TWEE
Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het, wat oor sosiale en/of
politieke kwessies besin.
Gebruik die volgende riglyne:
Kunselemente
Komposisie
Beeldgebruik en inhoud
Styl (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Guernica, olie op doek, 1937.
FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Marikana Widows (Marikana-weduwees),
gemengde media op doek, 2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
4.1 Kies FIGUUR 4a OF FIGUUR 4b en skryf 'n paragraaf deur die volgende
riglyne te gebruik:
Uitbeelding van figure
Formele kunselemente
Gebruik van perspektief
Gebruik van patroon en simbole (8)
4.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE voorbeelde deur Suid-Afrikaanse kunsvlyt-
kunstenaars en/of geestelike/spirituele kunstenaars bespreek.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp/Inhoud
Invloede en inspirasie
Kunselemente
Gebruik van materiaal en tegnieke
Funksie en/of boodskap (12)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 4a: Sibusiso Duma, Zionist Baptism (Zionistiese Doop),
akrielverf op bord, datum onbekend.
FIGUUR 4b: Sibusiso Duma, When We Were Young (Toe Ons Jonk Was),
akrielverf op bord, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Heinings, skeidings, versperrings, mure, grense en hindernisse beperk ons
vryheid van beweging.
Toe die Berlynse Muur in 1989 geval het, was daar nog 11 ander lande in die wêreld
met grensheinings en mure. Teen 2016 het 70 lande nog grensheinings en
mure gebou. Ai Weiwei pak hierdie kwessie in sy interaktiewe 300 stuk- openbare
kunswerk aan, wat op verskeie plekke in die stad New York, Amerika, geïnstalleer is.
Die installasies in FIGUUR 5a en 5b maak deel uit van die uitstalling, Good Fences
Make Good Neighbours, in New York.
5.1 Bespreek hoe Ai Weiwei die internasionale migrasiekrisis en die huidige
globale politieke landskap aanpak deur die gebruik van nuwe media met
verwysing na die volgende:
Interpretasie en keuse van die plek/ligging
Keuse van strukture
Skaal van die kunswerke
Dink jy dat hierdie installasies sy boodskap suksesvol oorgedra het? Gee
redes vir jou antwoord. (8)
5.2 Vergelyk enige TWEE multimediakunswerke wat 'n sterk boodskap aan die
publiek oordra en/of wat nuwe en onkonvensionele media gebruik om hulle
betekenis oor te dra.
(12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 5a: Ai Weiwei, Gilded Cage (Vergulde Hok), ingang na Central Park,
New York, 2017. Verguld (met goud oortrek).
FIGUUR 5b: Ai Weiwei, Arch (Boog), Washington Square Park, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
FIGUUR 6a en 6b is twee tonele uit die William Kentridge film, More Sweetly Play the
Dance (Speel die Dans Nog Meer Soetsappig). Die kyker is omring deur 'n vloer-tot-
plafon-ervaring van bewegende beelde, tekeninge en klank.
6.1 Bespreek die verskillende Suid-Afrikaanse kwessies wat in beide kunswerke
in FIGUUR 6a en 6b gesien word deur na die volgende te verwys:
Visuele voorkoms
Plasing/Aksies/Simbolisme van die figure
Styl en keuse van medium (6)
6.2 Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat
identiteit in 'n demokratiese samelewing hanteer.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
Formele kunselemente
Styl en tegnieke
Beeldgebruik
Uitbeelding van identiteit
Media
Moontlike betekenis en boodskappe (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 6a: William Kentridge, More Sweetly Play The Dance (Speel Die Dans Nog
Meer Soetsappig), 8-skerm-filminstallasie met vier megafone, 15 minute lank, 2015.
FIGUUR 6b: William Kentridge, More Sweetly Play The Dance (Speel Die Dans Nog
Meer Soetsappig), 8-skerm-filminstallasie met vier megafone, 15 minute lank, 2015.
Hierdie video kombineer lewende aksie en animasiefilmmateriaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Osborne Macharia, 'n fotograaf van Kenia, het 'n reeks foto's, genoem 'All Women',
geskep. In hierdie reeks, I am Idol, I am Nurturer and I am Warrior (Ek is Afgod,
Ek is Versorger en Ek is Kryger) stel hy vrouebemagtiging voor.
7.1 Dink jy dat die titels suksesvol in die werke (FIGUUR 7a, 7b en 7c) uitgebeeld
word?
Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys:
Styl, rekwisiete ('props') en agtergrond
Kleur
Kleredrag en liggaamstaal (6)
7.2 Analiseer die werke van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat
geslagskwessies uitbeeld.
Jy kan die volgende in jou antwoord gebruik:
Invloede
Beeldgebruik
Onderwerp/Inhoud
Medium
Styl en tegnieke
Betekenis en boodskappe (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 7a: Osborne Macharia, I am Idol (Ek is Afgod), foto, 2018.
FIGUUR 7b: Osborne Macharia, I am Nuturer (Ek is Versorger), foto, 2018.
FIGUUR 7c: Osborne Macharia, I am Warrior (Ek is Kryger), foto, 2018.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Die Zeitz Museum van Kontemporêre Kuns Afrika (Zeitz MOCAA) is by die Victoria &
Alfred Waterfront in Kaapstad gebou, die grootste museum van kontemporêre
Afrika-kuns in die wêreld. Heartherwick Studios, VDMMA- en RBA-vennote het 'n ou
historiese graansilo omskep en dit in 'n reeks galerye verander. Die museum het ses
vloere en die Royal Portfolio Hotel beslaan die gedeelte wat eens die graanhysbak-
gedeelte was, sowel as die vloere bokant die museum. Die vorm van 'n vergrote
mieliepit of graankorrel was ook die inspirasie vir die interieur van die gebou.
8.1 Verwys na FIGUUR 8a en FIGUUR 8b en beantwoord die volgende vrae:
Hoekom dink jy is die argitek geïnspireer om 'n ou, leë, historiese
graansilo vir 'n moderne kunsmuseum te gebruik?
Die ruimte van die interieur is op 'n unieke wyse geaktiveer. Hoe reageer
jy op die ruimte/skaal soos in FIGUUR 8b gesien word?
Gee redes waarom jy dink die argitek besluit het om ook 'n hotel as deel
van die algehele ontwerpplan in te sluit. (8)
8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat jy bestudeer
het.
Verwys na die volgende in jou opstel:
Funksie
Gebruik van materiaal en tegniek
Stilistiese kenmerke/Dekoratiewe kenmerke
Moontlike invloede
Omgewingskwessies (12)
[20]
Silo: Groot industriële silindriese betonstruktuur waarin graan gestoor word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2020
SS/NSS
FIGUUR 8a: Buite-aansig van die Museum van Kontemporêre Kuns Afrika
(Zeitz MOCAA), Heatherwick Studios, Van Der Merwe Miszewski- (VDMMA) en
Rick Brown-vennote (RBA), Kaapstad, 2017.
FIGUUR 8b: Interieur-aansigte van die Zeitz (MOCAA) Kunsmuseum.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum