Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VISUELE KUNSTE V1
2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 402.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 3Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word
1. Die nasiener riglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie
gevalle:
• Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
• Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
• Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoord te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as
dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte
kunstenaar en titel van kunswerk.
6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture
en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag.
Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die
nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
• Hierdie nasiener riglyn moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
dien. Daarom is die riglyn vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die riglyn kan slegs 'n
voorgestelde gids wees.
• LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
• Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
• Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
• Nasieners moet na die Visuele Kuns CAPS dokument bladsy 45 verwys om die
vlakke van prestasie te bepaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
• Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon uitstekende insig en begrip.
5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69% lewer.
• Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
50–59% lewer.
• Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
40–49% lewer.
• Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
30–39% kommentaar te lewer.
• Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 • Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
0–29% kommentaar te lewer.
• Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
TRAVEL – Edna St Vincent Millay REIS (vertaal uit Engels)
The railroad track is miles away, Die treinspoor is myle weg,
And the day is loud with voices speaking, en die dag is luid met stemme wat praat,
Yet there isn't a train goes by all day Tog gaan daar die hele dag geen trein verby nie
But I hear its whistle shrieking. Of ek hoor sy fluit skree.
All night there isn't a train goes by, Daar gaan die hele nag geen trein verby nie,
Though the night is still for sleep and dreaming, Hoewel die nag vir slaap en droom stil is,
But I see its cinders red on the sky, Maar ek sien sy roet rooi teen die hemel,
And hear its engine steaming. En hoor sy enjin stoom.
My heart is warm with friends I make, My hart is warm van vriende wat ek maak,
And better friends I'll not be knowing; en beter vriende sal ek nie ken nie;
Yet there isn't a train I wouldn't take, Tog is daar nie 'n trein wat ek nie sal neem nie,
No matter where it's going. dit maak nie saak waarheen dit gaan nie.
1.1 Kandidate moet die bogenoemde gedig visualiseer en EEN frase selekteer vir
elke kunswerk wat hulle keuse motiveer deur te verwys na die beeldgebruik,
stemming en atmosfeer van die kunswerk.
Kandidate kan enige frase selekteer, tog moet die keuse gemotiveerd moet
wees.
FIGUUR 1a: 'And the day is loud with voices speaking' OF 'My heart is warm
with friends I make'.
Die figure is weergegee in 'n staande posisie op 'n trein. Die swart en wit
figure is in gesprek met vriende.
FIGUUR 1 b: 'But I hear its whistle shrieking' OF 'Yet there isn't a train I
wouldn't take, No matter where it's going'. Die trein word gesien waar dit deur
'n dorp/landskap beweeg met stoom wat uit die skoorsteen borrel. Die
helderkleurige skildery impliseer 'n gelukkige en genotvolle stemming (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
1.2 Vergelyk die beeldgebruik in elke kunswerk deur te verwys na die
fokuspunt, komposisie en gebruik van kleur.
FIGUUR 1a: Die figuur met die handsak is die fokuspunt, tog kan die
kandidaat noem dat daar geen definitiewe fokuspunt is nie aangesien die oog
oral oor die prentvlak beweeg. Die komposisie is kloustrofobies, oorvol en
ingedruk deur die oorvleueling van die figure in die middelgrond. Die
kunswerk het 'n dramatiese kontras van swart en wit met plat toonwaardes
(geen tonale effek van kleur). Die figure is groot in vergelyking met die trein
en domineer die komposisie.
FIGUUR 1b: Die rook en trein vorm die fokuspunt in die middel van die
komposisie. Die trein is baie klein in verhouding met die res van die
komposisie. Die kunstenaar gebruik sterk, vibrerende en nie-voorstellende
(arbitrêre) kleur, wat gesien kan word in die blou dakke en rooi/pienk gras.
Een punt vir vergelyking/bespreking, een punt vir bespreking van kleur
en een punt vir fokuspunt per kunswerk. (6)
1.3 Kandidate moet die werk van EEN kunstenaar wat hulle bestudeer het
interpreteer, wat kommentaar lewer oor hulle daaglikse ondervindinge.
Hulle kan die volgende in hulle antwoorde insluit:
• Invloede
• Formele kunselemente
• Media en tegnieke
• Styl
• Moontlike boodskappe/betekenisse (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEïNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Pablo Picasso se kunswerk Les Demoiselles d'Avignon (FIGUUR 2b) word as een van
die belangrikste kunswerke van die 20ste eeu beskou en is die eerste internasionale
werk wat 'n uitgebreide Afrika-invloed toon, terwyl Irma Stern eerstehandse ervaring
van Afrika gehad het weens haar uitgebreide reise in hierdie kontinent.
2.1 Alhoewel beide kunstenaars gebruik gemaak het van die naakte figuur,
hoe verskil die komposisie en stemming van FIGUUR 2a en FIGUUR 2b?
VIR DIE ONDERWYSER: Baie van Stern se skilderye van mense het eerder
te doen met die kultuur as die individu. Die Hunt(Jag), was 'n produk van
haar reis na Swaziland en Natal gedurende die 1920's. Picasso is beïnvloed
deur Afrika beeldhouwerk en die hoofdoel van Les Demoiselles d'Avignon
was om die kyker se normale veronderstellings uit te daag.
FIGUUR 2a: Die komposisie is oorvol. Die kleiner figure in die agtergrond
skep 'n gevoel van diepte in die skildery, die perspektief is distort en daar is
baie min verskil tussen die ruimte in die voorgrond en agtergrond.
Die kleure word nie minder helder in die agtergrond en sommige figure in die
agtergrond is uit verhouding tot mekaar in die spesifieke vlak van diepte. Die
fokus area blyk te wees die drie figure in die voorgrond. Die figure is of naak
of dra slegs 'n buik kleed wat hulle baie kwesbaar maak. 'n Gevoel van
aktiwiteit is geskep deur die gebruik van hoekige lyne wat soms bymekaar
aansluit. Die gebruik van sterk kleur gee 'n genotvolle gevoel. Die figure kom
voor asof hulle onkant betrap is wat aan die gesigsuitdrukkings en
liggaamstaal gesien kan
FIGURE 2b: Les Demoiselles d'Avignon het 'n verplatte en twee
dimensionele benadering met geen perspektief. Daar is 'n ongemaklike
mosaïek van hoekige en oorvleuelende fragmente van vyf reusagtige,
opdringerige naakte vroue. Die twee sentrale vroue is uitdagend en hulle
staar sonder uitdrukking na die kyker terwyl hulle aggressief hulle naaktheid
ten toon stel. Die oorsigtelike indruk van die skildery is een van helder kleure
en patroon, maar daar is nie 'n gevoel van emosie in die vroue nie en hulle
kom voor soos verveelde modelle wat poseer vir 'n fotosessie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.2 Bespreek die style en wyse waarop die kunstenaars hulle onderwerp benader
het.
FIGUUR 2a: Irma Stern het ekspressiewe kwashale gebruik, dik verf en
helder kleure om haar geïdealiseerde seining van die wêreld te wys, eerder
as die swaarkry van Afrika. Die dik verf is met 'n palet mes opgesit en skep 'n
gevoel van emosionele intensiteit. Sy gebruik dekoratiewe, kurwes, lyne en
S-vorms. Sy gebruik arbitrêre kleure asook werklike kleure wat sy in los hale
aanwend. Die figure is gestileerd en herinner aan die hoekige vorms wat in
Afrika beeldhouwerke te sien is.
FIGUUR 2b: Picasso gebruik plat, versplinterde beelde, saam met patrone
van lig en donker (teenoor geronde volumes), om 'n gevoel van ruimte en
vorm te skep. Die figuur onder regs, is opgebou deur 'n collage van
verskillende aansigte, terwyl die ander uitgebeeld is in in plat geometriese
vorms. Die skildery se skerp, amper versplinterde piktorale komponente
verleen 'n ontstellende gevoel van geweld en seksuele mag. (4)
2.3 Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars bespreek
wie se werk bewyse toon van Afrika/Inheemse invloed.
Hulle mag die volgende riglyne gebruik:
• Invloede
• Styl en tegniek
• Afrika tekens/simbolisme
• Moontlike boodskappe/betekenisse (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Puin (gemors/rommel) en ongewenste objekte word deur beide Penny Siopis en
Fabrice Monteiro gebruik om sterk kommentaar op sosiopolitieke kwessies in hulle
kunswerke te lewer.
3.1 Kandidate moet FIGUUR 3a met FIGUUR 3b vergelyk deur te verwys na
die volgende riglyne:
• Die plasing/posisionering en betekenis van die figuur in elke
werk
FIGUUR 3a: 'n Misterieuse vroulike figuur is geplaas in die
agtergrond van 'n landskap met oormatige laag op laag komposisie.
Haar figuur is omvou met wit materiaal in 'n klassieke Griekse styl.
Sy hou die drapering op in albei hande, wat sekere objekte in die
komposisie verskuil. Perspektief is beklemtoon deur die uiterse klein
figuurtjie op 'n hoop puin en objekte wat gekompakteer is tot 'n
stortingsterrein. Die opeenstapeling van objekte genereer vrae oor
magsverhoudings asook 'n begrip van self-identiteit en kennis.
Die objekte wat Siopis gebruik het hulle eie verlede wat eens op 'n tyd
'n rol in iemand se lewe gespeel het. Besittings verpersoonlik mense
se persoonlike herinneringe en ondervindings maar word ook deel
van 'n wyer sosiale geskiedenis en simbolisme.
Siopis gebruik lukraak objekte in haar skildery wat kommentaar lewer
oor kolonialisme, geslag en ander diskriminerende praktyke. Sy
lewer ook kommentaar oor die misinterpretasie van geskiedenis deur
'n partriargale, Westerse samelewing.
FIGUUR 3b: Die groot spookagtige figuur verskyn in 'n surrealistiese
komposisie van 'n jinn (antieke bo-natuurlike genie) wat die
plundering van die moderne mens ervaar en is geplaas as 'n
fokuspunt op die stortingsterrein. Die figuur verrys van die puin,
geklee in 'n romp gemaak van rommel en plastiese sakke. Haar
hooftooisel en juwele is ook gemaak van herwonne materiale. Die
figuur beweeg in die rigting van 'n groot, oop landskap. Grys rook
kom uit die stortingsterrein wat 'n aardige atmosfeer skep.
• Die doel van die drapering/uitlaat van drapering in FIGURE 3a en
3b
Sy hou 'n groot stuk drapeersel/materiaal in albei hande wat afvloei
tot aan die onderkant van die komposisie. Die materiaal is gebruik as
'n metafoor om die kompakte en opgehoopte gemors van objekte wat
deur die gemeenskap weggegooi word, te bedek of te ontbloot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Die betekenis van die titels van die elke kunswerk
FIGUUR 3a: 'Stapeling van wrakstukke op wrakstukke'
Die titel dui aan dat die verskeie objekte gesien kan word as die
wrakstukke van 'n gemeenskap wat opgehoop is. Ons aandag word
gevestig op die idee dat ons gemeenskap opgebou is uit die puin van
ons geskiedenis van die verlede. Dit kan ook verwys na die
misinterpretasie van geskiedenis deur 'n patriargale Westerse
gemeenskap.
FIGURE 3b: 'Die Profesie'
Die titel verwys na die figuur as 'n profeet. Die profeet se funksie sal
wees om 'n boodskap te lewer aan die mense dat as hulle nie na die
planeet en hulle omgewings kyk nie dat daar niks sal oorbly vir
toekomstige generasies nie.
• Watter sosiale kwessie het die kunstenaars aangespreek in
FIGURE 3a en 3b?
Fabrice Monteiro wou 'n bewuswording skep oor die risiko van die
moderne mens se besoedeling in Afrika, deur die negatiewe gebruik
van plastiese sakke en ander ernstige omgewingsprobleme uit te lig.
• Identifiseer enige objekte wat weggegooi is in FIGUUR 3a en
herwin is in FIGUUR 3b. Motiveer jou keuse.
Kandidate kan enige objekte noem soos gesien in FIGUUR 3a soos
'n blompot, prentraam, papier rol, blomme, Venus beeldjie, kandelaar,
plastiese sakke, bottels ens. Ons leef in 'n verbruikersgemeenskap
waar items maklik weggegooi en nuwe dinge gekoop word, net om (8)
die siklus te herhaal.
3.2 Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek, wat
weerstand/sosio-politieke kwessies reflekteer. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Esther Mahlangu kom uit 'n Ndebele-agtergrond met 'n ryk tradisie van kuns en
kunsvlyt (FIGUUR 4a). Tog het sy ook 'n prysenswaardige visuele kunstenaar geword
wat reg oor die wêreld haar bekende patrone en ontwerpe op 'n kontemporêre wyse
uitstal.
4.1 Deur FIGUUR 4a en FIGUUR 4b te bespreek moet kandidate die kenmerke
van Esther Mahlangu bespreek deur te verwys na die volgende:
• Kunselemente
FIGUUR 4a: Vertikale, horisontale en diagonale lyne word gebruik
in haar kunswerke. Sy skep helderkleurige (rooi, blou, geel, groen
en pers) geometriese vorms wat omlyn word in swart. Sy maak ook
gebruik van wit in die agtergrond van haar werke. Die herhaling
van die lyne, vorms en kleure skep 'n dekoratiewe patroon. Die
komberse wat die vroue dra is verdeel in bande van rooi, bruin,
geel en blou. Hulle dra ook helderkleurige juwele om hulle nekke en
bene, wat van glas krale gemaak is.
FIGUUR 4b: Vertikale, horisontale en diagonale lyne kan gesien
word in haar kunswerk op die mure van die galery en die interieur
van die motor. Sy skep helderkleurige geometriese vorms wat die
oppervlak van die kunswerk of spesifiek die motor se interieur
bedek. Haar vorms word omlyn met swart en/of wit lyne. Sy
gebruik helder kleure bv. Geel, blou, groen, en pienk.
• Materiale en tegnieke
FIGUUR 4a en FIGUUR 4b:
Mahlangu wend verf aan op die gepleisterde oppervlak van die
muur van die huis. Swart lyne word gebruik om die helderkleurige
geometriese vorms te omlyn. Die tradisionele kralewerk word met
die hand gemaak deur verskillende kleure glaskrale in te ryg in
verskillende patrone. Die houer is 'n kalbas.
• Styl en konteks
FIGUUR 4a: Mahlangu is beïnvloed deur haar Ndebele tradisionele
kultuur wat sy oorgeërf het wat haar ma en ouma. Die huise is
geverf in die tradisionele Ndebele geometriese ontwerp. Die figure
dra tradisionele juwele gemaak van krale en koperringe. Die
houers wat gebruik word om water in te stoor staan bekend as
kalbasse, en hierdie word ook gebruik en verander in kunswerke en
alledaagse funksionele items.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
FIGUUR 4b: Mhlangu bring hulde aan haar tradisionele Ndebele
kultuur deur nog steeds 'n tradisionele Ndebele uitrusting te dra al
staan sy in 'n kontemporêre kuns galery. Sy dra 'n tradisionele
helderkleurige Ndebele kombers met 'n hooftooisel en juwele om
haar nek en enkels wat gemaak is van gekleurde glas en
geelkoper. Helderkleurige geometriese vorms en patrone is geverf
op die binne panele van die 7 reeks BMW motor.
Verfwerk/kunswerke met dieselfde ontwerpe kan gesien word waar
dit hang teen die galery se mure.
• Die kandidaat se begrip oor wat bedoel word met die
'verbinding' tussen die verlede en hede in haar kunswerke
Haar tradisionele dekoratiewe verfwerk is hergebruik en
aangewend op verskeie oppervlaktes bv. Klere, skoene/tekkies,
skaatsplanke, mure, glasbottels en motors.
FIGUUR 4a: Mahlangu is gefotografeer voor haar tradisionele
Ndebele woonhuis, geklee in 'n Ndebele uitrusting. Sy gooi water
vanuit 'n kalbas. Die Ndebele klere en die gebruik van die kalbas is
bewyse van haar verlede/tradisies en sy het nog steeds 'n
verbinding met die verlede aangesien sy steeds hierdie items
gebruik in 'n moderne samelewing.
FIGUUR 4b: Mahlangu is gefotografeer in 'n kontemporêre
kunsgalery waar haar tradisionele kunswerke uitgestal word op die
mure en op die interieur van die BMW. Die 'verbinding' hier is
gemaak met die hede. Sy kommunikeer en lig ons in oor die
gebruike en belangrikheid van haar kultuur en die bewaring
daarvan vir toekomstige generasies. (10)
4.2 Kandidate moet die werk van TWEE kuns-, vlyt of spirituele kunstenaars wie
hulle bestudeer het bespreek, wie tradisionele metodes gebruik het om hulle
kunswerke te skep.
Hulle kan na die volgende verwys in hulle bespreking:
• Materiale en tegnieke
• Moontlike invloede
• Temas/onderwerp
• Moontlike boodskappe/betekenisse
• Hoe hierdie werke beïnvloed is deur die kunstenaars se kultuur (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORêRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Die erfenis van Surrealisme word steeds deur kontemporêre kunstenaars deur hulle
jukstaposisie/kontras van verskillende materiale en onverwante beelde gebruik.
5.1 Kandidate moet die jukstaposisie/kontras in FIGURE 5 a – 5d bespreek deur
na die volgende te verwys:
• Simbolisme en beeldgebruik
FIGUUR 5a: Twee vroulike figure kyk vorentoe na die kyker in 'n
ingeslote spasie. Die geklede figuur aan die regterkant is koploos
terwyl die figuur in die middel naak is. Die sentrale figuur wat die
fokuspunt is, is verdeel in verskillende juksta geplaasde objekte wat
nie verband hou met mekaar nie. Party liggaamsdele kom uitgerafel
voor of is 'n X-straal wat die senuwee en been ontbloot. Die
liggaamsdele gee die idee van sketse uit 'n mediese/anatomiese
joernaal. Die ovaal skyf om die bene, wiskundige beelde in die buik
en meganiese objek op die linkerkant van die gesig verwys na
tegnologie, industrialisasie of die aaklighede van WW1. Twee
voëls/duiwe is bo-oor die twee figure geplaas wat reinheid,
spiritualiteit of selfs 'n godsdienstige konnotasie kan hê. Die beeld
word droomagtig/fantasie-agtig.
• Materiale en teksture
FIGUUR 5a: Die kombinasie en jukstaposisie van verskillende
meganiese, industriële en anatomiese dele is ontstellend en skep 'n
ongemaklike atmosfeer. Die gebruik van die X-straalbeelde skep
ongemak in die kyker.
FIGUUR 5b: Die kunstenaar het 'n 3-dimensionele beeldhouwerk
geskep deur gebruik te maak onverwante/ weggegooide, gevonde
objekte. Die paspop se kop en torso is gespat met verf en geplaas
in 'n baba stootwaentjie wat 'n skokkende spookagtige effek het.
Die borskas van die torso is uitgehol en 'n kruis is geplaas waar die
hart moes wees. Die paspop is teen 'n boomstomp staan gemaak.
FIGUUR 5c: Revenants III (Uit die Dode III) verteenwoordig 'n
swanger figuur met 'n kop wat uit 'n gooiing(hessian)-sak kom. Die
hessian sak is 'n grofgeweefde materiaal en word gedra as 'n
kledingstuk. Die sak, onbruikbare rubber en die paspop, impliseer
dat mense soos vuilgoed behandel word. Dit ontmens die menslike
vorm en skep 'n ontstellende werk. Die rubber stukke wat uit haar
vel kom wys dat sy uitmekaar val of besig is om van vorm te
verander. Stukke van die rubber steek uit die arms en bene van die
paspop uit. Dit lyk asof spykers deur die vel gedryf is. Dit nooi die
kyker uit om aan die teksture te vat asof om dit beter te maak. Die
rubber ketting om haar middel hang tot op die vloer en skep ook 'n
taktuele tekstuur. Dit nooi die kyker uit om die materiaal te voel en
te identifiseer. Hessian, 'n grofgeweefde materiaal, is gedraai om
die die kop van die vroulike figuur wat haar amper versmoor.
Gladde antenne kan gesien word wat by haar ore uitkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
FIGUUR 5d: Hierdie 3-dimensionele beeldhouwerk verteenwoordig
'n figuur wat voor-oor buk met sy/haar bo-lyf wat versteek is in 'n
groot sak asof hy/sy besig is om te soek vir iets. Dit lyk amper soos
'n ruspe. Die figuur is gemaak van rubberbuise so wel as sy
onderklere. Die figuur wat hoofsaaklik gemaak is van rubberbuise
dra 'n paar blou jeans wat halfpad oor sy boude hang wat die
onderbroek ontbloot en 'n verwys na seker mode giere.
• Moontlike betekenis en boodskappe:
FIGUUR 5a: Die juksta plasing van verskeie beelde om 'n fantasie,
droomagtige Surrealistiese kunswerk te skep.
FIGUUR 5b: 'n Magtige en spookagtige beeld wat 'n mens aan die
dood herinner.
FIGUUR 5c: Die menslike vorm kom onmenslik voor. Die hessian
materiaal is om die gesig gedraai wat amper die beeldhouwerk
versmoor. Die rubber ketting kan ook die naelstring verteenwoordig.
Die getekstureerde rubber stukke wat uit haar bene en arms kom
kan verwys na marteling en angs.
FIGUUR 5d: Die kunstenaar se interpretasie van die kunswerk is
die van 'n kreatuur wat 'n persoon insluk. Die idee van soek na of
versteek 'n mens se identiteit word geskep. Die idee van die
bekende en die onbekende, om verwerp te word of gebruik te word,
binne-buite, gemak, skuiling, kontras, perfeksie, heilige spasie,
plesier, fantasie, en dualiteit word geskep. Die beeldhouwerk maak
die toeskouer ongemaklik en klousterfobies voel. Die betekenis is
tweeledig en kan verwys na seksualiteit en kulturele rituele. (10)
5.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende Suid-Afrikaanse
kunstenaar/s interpreteer, wie alternatiewe/nuwe media gebruik in die soeke
om maniere te vind om oor kwessies te kommunikeer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Suid-Afrika se demokrasie is op 'n kompromie tussen diverse politieke groepe en die
aanvaarding van ons verskille gebaseer. – William Gumede
6.1 Kandidate moet bespreek hoe Witbooi Suid-Afrika se demokrasie sien deur na
die volgende te verwys:
• Kleur: Die monochromatiese gryse en swarte van die figure skep 'n
vreemde stemming. Dit kan ook die klassieke erflating en simbolisme van
Lady Justice impliseer. Die grys toonwaardes van die figuur kontrasteer
skerp met die vibrerende pienk van die graffiti in die agtergrond. Die grys
en kakie vierkante wat die agtergrond van die graffiti vorm skep 'n ritmiese
patroon. Swart is gebruik in die tipografiese teks van die graffiti en die
gemaskerde figure.
• Invloede: Die kunstenaar kon beïnvloed wees deur collage-styl
kunswerke, graffiti, pop-kuns en hip-hop kultuur.
• Betekenis en simbolisme van:
o Die geblinddoekte figuur: Die geblinddoekte vroulike figuur
(verteenwoordigend van Lady Justice) loop op 'n styf gespande tou
en probeer die skale balanseer wat sy dra. Om geblinddoek te
wees, maak dit gevaarlik om op 'n hangende spantou te loop.
Afrikaanse vrou voorstel wat blindelings in 'n nuwe demokrasie stap.
Sy is ten volle geklee en haar rok is gemaak van sagte materiaal,
en is gedrapeer in 'n klassieke Roomse mode. Die geblinddoekte
vrou verteenwoordig alle mans en vroue van die samelewing wat
geboei is deur 'n diskriminerende gereg. 'n Boei aan haar regter
gewrig kan simboliseer dat sy losgebreek het, en nou bo die gereg
is maar nog steeds op 'n gespande tou van onsekerhede is.
VIR DIE ONDERWYSER: Die blinddoek verteenwoordig
onpartydigheid, die ideaal dat gereg moet geskied sonder die
inagneming van rykdom, mag, of ander status. Die Rooms-
geïnspireerde kledingstuk simboliseer die status van die filosofiese
benadering wat geregtigheid inhou.
o Die skale: Die figuur wat die skale dra is 'n metafoor vir die mans
en vroue in Suid-Afrika wat probeer om kennis en onkunde te
balanseer in die sosiale en ras-hiërargieë van kontemporêre Suid-
Afrika. Die skale kan ook die balans tussen goed en sleg
simboliseer.
o Die gespande tou: Die regstelsel in Suid-Afrika word soms gesien
as onregverdig en onbillik. Die geblinddoekte figuur wat op die tou
loop verteenwoordig die mense in Suid-Afrika wat probeer om
balans in hulle lewens te skep.
o Beelde in die agtergrond: daar is 'n mosaïek van graffiti beelde in
die agtergrond van die kunswerk. Boesman beelde, vergete mense,
'n vloot offisier, 'n handgranaat, wat geweld voorstel, gebalde vuis
en 'n herhalende masker van die Star Wars karakter is sigbaar in
die agtergrond. Dit kan die diverse samelewing voorstel. Daar is
definitiewe woorde wat gespuitverf is oral op die kunswerk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Verskillende style in die kunswerk: Die vroulike figuur is op 'n
naturalistiese manier uitgebeeld, tog het dit stilistiese kenmerke soos
vereenvoudiging en pop/strokiesverhaal kenmerke. Stensilwerk is in die
agtergrond gebruik.
VIR DIE ONDERWYSER: Witbooi is bekend vir sy 'Afro-pop'
collage-styl skilderye. Witbooi lys Picasso en Asha Zero as sy
invloede. Hy het die woord 'pap-art' geskep – waar 'pap' die
tradisionele stapelvoedsel is van die armes in Suidelike Afrika – om
sy persoonlike benadering tot kontemporêre kuns te definieer as 'n
self-opgeleide kunstenaar.
• Lewer kommentaar oor die boodskap wat die kunstenaar wou oordra:
Lady Justice is 'n allegoriese personifikasie van die morele mag in
regstelsels. Die boodskap kan ook vroue wees wat veg vir gelykheid in
Suid-Afrika. Sy is uitgebeeld waar sy los breek van diskriminasie of dit nou
die gereg is of bevooroordeling/ tweeledigheid/ of stereotipering. Sy is
geblinddoek terwyl sy haar stem probeer vind in die samelewing en daar
word verwag dat sy die wet moet gehoorsaam. Sy balanseer al die rolle
wat van die vroue in vandag se samelewing verwag word. Dit kan ook die
balans wees tussen goed en kwaad. (10)
6.2 Kandidate moet die werk van TWEE kunstenaars analiseer wat hulle
bestudeer het wie se werk kommentaar lewer oor die post 1994 identiteit van
Suid-Afrika.
Hulle mag die volgende idees gebruik in hulle antwoord:
• Inhoud van kunswerke en beelde
• Medium, styl en tegnieke
• Hoe die kunstenaars hulle eie bevraagtekening van die wêreld en die
ruimtes wat hulle in Suid-Afrika inneem, beide fisies en emosioneel,
weerspieël. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES : MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Eerder as om tradisionele geslagsrolle te volg, interpreteer mense dit op 'n persoonlike
wyse. Geslagsrolle en stereotipering is gevolglik besig om te vervaag en dit is besig
om die grense te verskuif van wat dit beteken om vroulik of manlik te wees.
7.1 Kandidate moet die bogenoemde standpunt bepreek en 'n opstel skryf waarin
hy/sy kommentaar lewer op die wyse waarop hierdie geslagsgrense
bevraagteken/geskuif word. Die kandidaat moet verwys na FIGUUR 7a en 7b
asook enige TWEE kunstenaars wie hy/sy bestudeer het, wie kommentaar
lewer oor geslag, om sy/haar antwoord te staaf.
Jy mag die volgende as 'n riglyn gebruik in jou opstel:
• Die Betekenis van die kleur:
FIGUUR 7a: Kontrasterende kleure is gebruik in die klere van die
vroulike figuur bv. oranjes en turkoois. Die gebrande oranje/bruin panele
van die interieur en haar rok is baie dieselfde in terme van kleur. Die kleur
van turkoois linte is herhaal in die vaas aan die linkerkant van die skildery.
Die wit bloes word die fokuspunt van die skildery. Die figuur sit op 'n pienk
kussing wat vroulikheid simboliseer.
FIGUUR 7b: Die intense donker agtergrond (chiaroscuro) kontrasteer
met die ligte vel van die figuur. Die figuur is weergegee in vroue klere tog
verwys die blou kleur na manlikheid. 'n Rooi roos is aan die kledingstuk
geheg, wat gewoonlik simbolies is van liefde en maagdelikheid.
• Beeldgebruik en die moontlike interpretasies daarvan
FIGUUR 7a: Dit is 'n portret van 'n sittende dame aangetrek in 'n wit
bloes en wye bont romp. Haar refleksie wys dat sy 'n selfoon in haar
linkerhand het; tog is die selfoon afwesig in die figuur van vooraf
gesien, maar wys 'n 'n besem in die ander hand. Daar is 'n kontras
tussen die verlede en hedendaagse tegnologie. Die gebruik van
spieëls skep 'n illusie van ruimte en perspektief. Sy is ook versier met
juwele wat 'n kombinasie is van beide modern en tradisioneel. Haar
hare is netjies agtertoe gebind met 'n materiaal lint. In haar linkerhand
hou sy 'n kleinhandgemaakte gras besempie wat simbolies is van
huislikheid. 'n Geweefde tradisionele mandjie is langs die vaas wat
gewoonlik as 'n bergingsitem gebruik is. 'n Geslagte hoender hang in
die agtergrond wat nog gaargemaak en bedien moet word. Sy is
weergegee in 'n deftige interieur met goue rame en 'n versierde
muurtafel wat rykdom suggereer. Die porselein vaas aan die
linkerkant het turkoois strepe op met beelde van beeste. Beeste, wat
rykdom voorstel, word ook gebruik as lobola betaling in Afrika
huwelikseremonies. Die portret kan vergelyk word met die portrette
wat geskilder is deur die Neo-Klassieke kunstenaars.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
FIGUUR 7b: Dit is 'n selfportret deur die kunstenaar wie aangetrek is
in damesonderklere. Hy het 'n tatoe op sy linkerarm, wat lyk soos 'n
voël wat simbolies is van vryheid. Getatoeëerde mans word soms
beskou as manlik, braaf en uitdagend. Die rooi roos wat aan die
kledingstuk geheg is simboliseer maagdelikheid of vroulikheid. Die
handgebaar van die figuur herinner aan die 'St John the Baptist' van
Leonardo Da Vinci.
• Hoe die kunstenaars die eienskappe van manlikheid en/of
vroulikheid uitbeeld :
o Gee jou mening oor die woordspeling van 'chic(k): in die
titel van FIGUUR 7a
In die titel is die 'k' in Chick in hakies en kan verwys na die
hoender in die agtergrond wat nog gaar gemaak moet word.
'Chick' is 'n woord wat algemeen gebruik word deur mans om
na 'n meisie te verwys. Sy lyk 'chic' beteken dat sy deftig
aangetrek is met 'n elegante voorkoms. Alhoewel vroue chic
kan wees, word daar nog steeds van hulle verwag om hulle
daaglikse huishoudelike pligte te voltooi.
o Die betekenis van die klere:
FIGUUR 3a: Die vroulike figuur is geklee in 'n wit bloes en rooi
gebrande oranje romp. Sy het turkoois linte om haar gedrapeer
wat bydra tot haar vroulikheid. Sy dra 'n armband om elke
gewrig en 'n ring aan die linkerhand. Die juwele dra by tot die
vroulikheid.
FIGUUR 7b: Alhoewel hierdie man vroueklere dra word hy nog
steeds manlik voorgestel. Dit is asof die kunstenaar die feit wil
beklemtoon dat klere nie geslag bepaal nie. Die skouer band
aan die linkerskouer is besig om af te val wat sensualiteit
simboliseer. Die roos is ook 'n Middeleeuse simbool van
maagdelikheid. Dit lyk asof hy poseer vir 'n foto of op 'n verhoog
optree.
o Stemming geskep deur die gesigsuitdrukkings
FIGUUR 7a: Die vroulike figuur kyk na die kyker asof sy vir 'n
foto poseer. Sy is gemaklik en lyk asof sy gewoond is daaraan
om die dame van die huis te wees. 'n Sagte vroulike stemming
is verkry met haar oogkontak met die kyker.
FIGUUR 7b: Die manlike figuur het 'n effe pruil mond wat hom
selfbewus laat lyk. 'n Hartseer, melankoliese stemming is
geskep. Die onderwerp kom baie ooreen met Picasso se
sirkusmense.
• Die betekenis van die houding/handgebaar:
FIGUUR 7a: Die figuur het 'n baie ontspanne, tog sensuele
houding. Haar regter hand omraam haar gesig asof sy vir 'n
foto poseer.
FIGUUR 7b: Die figuur is staande en sy handgebare is baie
vroulik.
Chic: Baie modieus en elegant. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Elke nuwe situasie vereis 'n nuwe argitektuur. – Jean Nouvel
Behuising het die grootste sosiale probleem in Suid-Afrika geword, met baie argitekte
wat op die ontwerp van alternatiewe, bekostigbare strukture fokus.
8.1 Deur te verwys na die bogenoemde standpunt en die beelde in FIGURE 8a
en 8b, moet die kandidate 'n kort opstel skryf waarin hulle kommentaar lewer
oor hoe 'nuwe argitektuur' gebruik word vir beskutting en akkommodasie in
Suid-Afrika.
Hulle moet reageer op die volgende in hulle antwoord.
• Die positiewe en negatiewe aspekte van die gebruik van
skeepshouers as die antwoord op Suid-Afrika se behuisingskrisis.
Positiewe aspekte: In Suid-Afrika, kan die behuisings krisis opgelos word
deur die gebruik van sterk, veilige skeepshouers in landelike/dorpsareas.
Plakkerskampe kan opgradeer word deur die onvolhoubare kartonne en
plastiek te vervang met sterker strukture soos 'n staal houer.
Boukonstruksie op die terrein word uitgeskakel aangesien hierdie houers
gemodifiseer kan word en die interieur voltooi kan word voor die tyd. Die
skeepshouers is stabiel en solied en kan bo-op mekaar gestapel word.
Deurdat hierdie houers so sterk is voorsien dit 'n veilige
behuisingsoplossing.
Negatiewe aspekte: Die staal houers is baie swaar en dus moeilik om te
vervoer. Die modifikasies van die eenhede is ook baie duur. Sodra die
houer afgelewer en installeer is kan dit nie weer uitmekaar gehaal word
nie.
• Vergelyk FIGURE 8a en 8b deur die estetiese waarde van albei
geboue, weens hulle modifisering, te bespreek
FIGUUR 8a: Die gebou in FIGUUR 8a is geskep deur die modifisering
van skeepshouers en hulle op mekaar te stapel bo-op 'n ou ongebruikte
meule. Die houers is voorsien met vensters en uitgeboude balkonne. Die
dak is toeganklik en 'n sirkelvormige struktuur is sigbaar wat as 'n ekstra
leefarea gebruik kan word. Deur hulle te verf in verskeie kleure skep dit 'n
Neo-Modernistiese gevoel. Die oorhangende balkonne vorm 'n kontras
met die plat fasade, en skep ekstra spasie. Die ronde sement meulens
kontrasteer skerp met die hoekige, helderkleurige skeepshouers.
FIGUUR 8b: Dit is 'n minimalistiese huis gelig op grys sement balke. Die
gebou het 'n vry fasade, stroke vensters, en 'n verlengde balkon/stoep.
Die glas panele laat lig in die gebou en dit integreer ook die eksterieur
met die interieur. Die gebou het 'n plat dak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Indien jy die geleentheid gehad het om in 'n skeepshouer te woon,
watter modifikasies sou jy voorstel om jou woning so funksioneel as
moontlik te maak?
Skeepshouers is veelsydig en kan ingerig word om aan alle individuele
voorkeure te voldoen. Die houers kan in verskeie kleure geverf word of net
so gelaat word. 'n Daktuin kan bo-op aangebring word om groenigheid te
kweek sowel as sonpanele wat elektrisiteit kan genereer. Eenhede kan
bygevoeg word wanneer nodig. Vir veiligheid kan kleiner vensters aangebruik
word. Alternatiewelik kan groot glas mure 'n staalmuur vervang om die
eksterieur met die interieur te verbind.
Die kandidaat se eie reaksie sal in ag geneem word. (8)
8.2 Kandidate moet die werk van enige argitek wat hy/sy bestudeer het bespreek
wie se werk 'n nuwe benadering tot argitektuur reflekteer, wat die behoeftes
van 'n ewig-groeiende Suid-Afrikaanse gemeenskap kan bevredig.
Die kandidaat kan die volgende riglyne gebruik om sy/haar antwoord te
ondersteun:
• Terrein en ligging
• Gebruik van boumateriale
• Ontwerp en funksionaliteit
• Inspirasie en invloede
• Hoe die argitek spesifiek die behoeftes van 'n Suid-Afrikaanse
gemeenskap aanspreek/oorweeg. (12)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper